1989 Durban

Gerhard van der Walt wins 6 titles - 4 SA records, while Heather Park and Marianne Kriel both win 4 in the women's events.

Click here to see all the results up to 1989.


  Men       Women    

Free              
50 Gerhard van der Walt  G Rusk Alan Kelsey   Marianne Kriel (NR in heats) Nickie Goldin Robyn Bow
100 Gerhard van der walt Stephen Haupt G Rusk   Marianne Kriel Heather Park Rene Templeton
200 Gerhard van der Walt (NR) A Jacobs Stephen Haupt Heather Park Rene Templeton Lizelle Markgraaf
400 Gary Albertyn Anthony Aubin Andrew O'Flaherty Heather Park Lezelle Markgraaf S Watson
800         Heather Park Lezelle Markgraaf Natasha Figge
1500 M Lourens G Gore Anthony Aubin      

Back              
100 Carl Laubscher L Tiltman C Oosthuizen Marianne Kriel (NR) Jill Brukman Robyn Bow
200 Carl Laubscher Gary Albertyn Greg Kahn   Jill Brukman Bronwyn Bezuidenhout J Hall
 
Breast              
100 Kenneth Cawood Rory Mapstone Alan Ford   Lizelle Peacock (NR) Sheilgh Turner Julia Russell
200 Kenneth Cawood D Coetzee J Lindemeier   Lizelle Peacock  H Morris-Eyeton Penny Heyns

Fly              
100 Gerhard van der Walt (NR) Glen Hignett W Beney   Marianne Kriel N Hutchinson J van Vuuren
200 Gerhard van der Walt (NR) Martin Swan G Jones   Lee Pennefather Uta Fritsch J van Vuuren

IM               
200 Gerhard van der Walt (NR)       Heather Park Jill Brukman Rene Templeton
400 Martin Swan W Preece Rory Callahan Lezelle Markgraaf Lizelle Peacock K Nel

Free relay              
200 Western Province (NR)       Transvaal (NR)  
400 Transvaal Western Province Vaal Triangle   Natal  OFS  Transvaal
800 Transvaal Western Province Vaaldriehoek        
               
Medley relay              
200              
400 Western Province Natal Noord Transvaal Natal Transvaal Eastern Transvaal

Diving              
1m Craig Vaughn J Emmerton Trevor Vaughn Jo-Anne Hockley Margaret Linley Debbie Rivett
3m Craig Vaughn Trevor Vaughn A Mathews   Jo-Anne Hockley K Leslie-Smith Sandy Grey
               
               
Synchronised swimming            
Individual         Glynnis Wohlburg Louise Hill Deidre Rice
Groups         Natal A Natal B Transvaal
               

Water Polo Currie Cup        Northern Transvaal          
               
Ellis Brown Trophy Transvaal Natal Western Province    
 

25 Februarie

WP se swemmers het groot taak

DURBAN. - Groot belangstelling heers vir die vertonings van die Westelike Provinsie se swemmers wat van Maandag af in Durban aan Speedo se nasionale kampioenskapsbyeenkoms deelneem. Dit is die tagtigste byeenkoms om die Ellis Brown-beker en op gebruiklike wyse sal Natal en Transvaal dit seker uitveg om dié gesogte trofee. Natal het die afgelope tien jaar koning gekraai, terwyl Transvaal die kompetisie in 1983 en weer vyf jaar later gebuit het. Die WP spog met 'n paar uitstekende swemmers, onder andere Mariaan Kriel, wat einde vanjaar na Amerika vertrek, Carl Laubscher, Glen Hignett, André Stadler, Grant Jones en Pierre du Roubaix. Die WP het verlede jaar in Pretoria ses titels gebuit. Hiervoor was Kriel, Hignett, Laubscher en Sheddon Keyter verantwoordelik. Laasgenoemde het egter na Amerika verhuis. Die WP het ook die 4x100 m wisselslag-aflos vir mans gewen.

28 Februarie

WP se mans swem puik SA rekord

FOTO: S/W HET VERSKYN DURBAN. - Vier Suid-Afrikaanse rekords is gisteraand hier oortref op die eerste dag van Speedo se SA swemkampioenskapsbyeenkoms. Die Noord-Transvaalse Springbok Gerhard van der Walt het 'n tyd van 1:53,34 opgestel in die 200 m vryslag vir mans. In die 4x50 m vryslag-aflos vir mans het die span van die Westelike provinsie die vorige SA beste van 'n Transvaalse span met 'n tyd van 1:36,80 oortref. In die afdeling vir vroue het Lizelle Peacock van Natal haar eie rekord in die 100 m borsslag verbeter in 'n tyd van 1:13,44. Dit is 0,14 sek. vinniger as haar vorige beste. Die SA rekordtyd in die 4x400 m wisselslag-aflos is deur die Natalse vroue-span tot 4:26,95 verbeter. Die uitslae is: VROUE 100 m borsslag: 1. L. Peacock (N) 1:13,44 (SA rekord); 2. S. Turner (Tvl) 1:14,64; 3. J. Russell (N) 1:14,76; 4. P. Heyns (N) 1:15,19. 200 m vryslag: 1. H. Park (OT) 2:04,23; 2. R. Templeton (N) 2:06,12; 3. L. Markgraaf (OVS) 2:07,54; 4. V. Sutherland (OVS) 2:08,62. 4x400 m wisselslag-aflos: 1. Natal 4:26,95; 2. Transvaal 4:31,49; 3. Oos-Transvaal 4:34,1; 4. Vrystaat 4:34,56. MANS 100 m rugslag: 1. C. Laubscher (WP) 59,86; 2. L. Tiltman (WP) 1:00,64; 3. C. Oosthuizen (N) 1:00,68; 4. G. Hignett (WP) 1:00,69. 100 m borsslag: 1. K. Cawood (N) 1:05,79; 2. R. Mapstone (N) 1:05,89; 3. A. Ford (Tvl) 1:05,99; 4. J. LIndemeier (SWA) 1:06,61. 200 m vryslag: 1. G. van der Walt (N-Tvl) 1:53,34 (SA rekord); 2. A. Jacobs (VDH) 1:56,84; 3. S. Haupt (Tvl) 1:57,78; 4. A. Aubin (WP) 1:57,96. 4x50 m vryslag-aflos: 1. Westelike Provinsie 1:36,80 (SA rekord); 2. Transvaal 1:36,84; 3. Natal 1:38,00; 4. Vaaldriehoek 1:39,00.

1 Maart

Kriel oortref SA beste in rugslag

DURBAN. - Marianne Kriel, belowende swemster van die Westelike Provinsie, het gisteraand hier 'n Suid-Afrikaanse rekord opgestel in die 100 m rugslag op Speedo se SA swemkampioenskapsbyeenkoms. Sy het die gunsteling, Jill Brukman van Natal, geklop in 'n tyd van 1:05,18. In die afdeling vir mans het die Noord-Transvaalse Springbok Gerhard van der Walt 'n tweekuns gevoeg by die SA rekord in die 200 m vryslag wat hy eergister opgestel het. Hy het die 200 m individuele wisselslag gewen in 'n rekordtyd van 2:07,27 en daarna in die 200 m vlinderslag met 2:04,87 ook die rekordboeke herskryf. In die 4x50 m vryslag-aflos het die Transvaalse vroue-span die SA beste oortref met 'n nuwe rekord-tyd van 1:49,82. Die uitslae is: MANS 200 m vlinderslag: 1. G. van der Walt (N-Tvl) 2:04,87 (SA rekord); 2. M. Swan (N-Nat) 2:09,80; 3. G. Jones (WP) 2:10,42; 4. C. Laubscher (WP) 2:12,56. 400 m vryslag: 1. G. Albertyn (VDH) 4:05,72; 2. A. Aubin (WP) 4:08,30; 3. A. O'Flaherty (Tvl) 4:10,05; 4. P. de Roubaix (WP) 4:10,22. 200 m individuele wisselslag: 1. G. van der Walt (N-Tvl) 2:07,27 (SA rekord); 2. G. Albertyn (VDH) 2:10,80; 3. M. Swan (N-Nat) 2:12,49; 4. G. Hipper (Tvl) 2:13,96. VROUE 400 m vryslag: 1. H. Park (O-Tvl) 4:20,83; 2. L. Markgraaff (OVS) 4:21,77; 3. S. Watson (Tvl) 4:29,34; 4. A. Markgraaff (OVS) 4:30,10. 100 m rugslag: 1. M. Kriel (WP) 1:05,18 (SA rekord); 2. J. Brukman (Nat) 1:06,34; 3. R. Bow (Tvl) 1:07,17; 4. B. Bezuidenhout (Tvl) 1:08,03. 4x50 m vryslag-aflos: 1. Transvaal 1:49,82 (SA rekord); 2. Natal 1:49,88 (ook SA rekord); 3. Vrystaat 1:51,78; 4. Oos-Transvaal 1:53,46. WATERPOLO Noord-Transvaal A 11, Natal B 5; Natal A 12, Westelike Provinsie A 4; Westelike Provinsie B 17, Grens 3; Vrystaat 7, Oostelike Provinsie B 6; Oos-Transvaal A 6, Noord-Transvaal B 2; Transvaal A 10, WP B 2; OVS 13, Grens 8; Oos-Transvaal A 13, OP 4; Noord-Transvaal A 12, Oos-Transvaal B 2; WP A 14, Noord-Transvaal B 3; Natala A 13, Transvaal B 1; Natal B 7, Transvaal A 7. DUIK Vroue 1 m: 1. Jo-Anne Hockly (WP) 417,65; 2. Margaret Linley (N-Tvl) 410,30; 3. Debbie Rivett (Grens) 401,75. Mans 3 m: 1. 1. C. Vaughan (OP); 2. T. Vaughan (OP); 3. A. Mathews (OP); 4. G. Emmerton (Tvl). - (Sapa)

2 Maart

Van der Walt oortref nog 'n swemrekord

DURBAN. - Die Noord-Transvaler Gerhard van der Walt het gister sy vierde Suid-Afrikaanse rekord opgestel by Speedo se nasionale swemkampioenskapsbyeenkoms wat hier plaasvind. Van der Walt het in die 100 m-vlinderslag die ou rekord van 55,60 sekonde tot 55,49 verbeter. Die tweede nasionale rekord gister is deur Marianne Kriel van die Westelike Provinsie opgestel. Sy het gisteroggend in die uitdunne van die 50 m vryslag 'n tyd van 26,60 sekonde aangeteken. Die WP-ster het self die ou rekord van 26,86 gehou. Kriel het in die eindstryd die goue medalje gewen in 26,65 sekonde. In die mans se 4x100 wisselslag-aflos het die WP ook die titel ingepalm. Die Kaapse mans het hul kampioenskap behou met 'n tyd van 3 minute 57,10 sekonde. Die uitslae is: VROUE 200 m borsslag (troos): 1. N. Clegg (WP) 2:48,64; 2. K. Nel (T) 2:49,92; 3. 2:50,02, 4. K. Copeland (T) 2:51,16; 5. S. Sanna (OT) 2:51, 42; 6. A. Kruger (NT) 2:51,46; 7. L. Louw (NT) 2:51,83; 8. S. Bird (T) 2:52,53; 9. N. Denny (WP) 2:53,57; 10. F. Bucking (SWA) 2:58,08. 200 m borsslag: 1. L. Peacock (N) 2:38,66; 2. H. Morris-Eyton (OT) 2:42,73; 3. P. Heyns (N) 2:44,65; 4. S. Turner (T) 2:44,86; 5. J. Pienaar (OVS) 2:45,0; 6. N. Best (T) 2:47,5; 7. D. Shalkoff (T) 2:47,76; 8. J. Russell (N) 2:47,78; 9. V. Wentzel (T) 2:48,53; 10. C. Deacon (WP) 2:49,46. 200 m vlinderslag (troos): 1. S. Crampton (N) 2:28,64; 2. T. Loftus (WP) 2:31,66; 3. M. Loubser (NT) 2:33,78; 4. K. Short (N) 2:34,42; 5. K. Lockyer 2:38,91; 6. J. Mills (WT) 2:39,25. 4x100 m vryslag-aflos: 1. Natal 3:59,50; 2. OVS 4:00,10; 3. Transvaal 4:03,36; 4. Westelike Provinsie 4:07,23; 5. Oos-Transvaal 4:09,31; 6. OP/Grens 4:14,74; 7. Noord-Transvaal 4:16,40; 8. Vaal 4:21,65. 50 m vryslag: 1. M. Kriel (WP) 26,65; 2. N. Goldein (T) 27,35; 3. R. Bow (T) 27,61; 4. H. Park (OT) 27,65; 5. K. Templeton 27,79; 6. J. Drukman (N) 27,82; 7. J. Russell (N) 27,88; 8. D. Cooke (N) 27,97; 9. C. Bolton (OT) 28,00; 10. S. Williams (WP) 28,10. 50 m vryslag (troos): 1. V. Sutherland (OVS) 27,89; 2. M. Fleet (N) 28,12; 3. A. Hunter-Becrinsdal (T) 28,15; 4. K. Retief 28,39; 5. L. Heyns (T) 28,54. 200 m vlinderslag: 1. L. Pennefather (N) 2:21,77; 2. U. Fritsch (N) 2:22,46; 3. J. van Vuuren (OVS) 2:22,55; 4. K. Theron (T) 2:23,54; 5. L. Stephens (N) 2:24,02. MANS 100 m vlinderslag (troos): 1. S. Boshoff (NT) 59,02; 2. D. Brown (WP) 59,83; 3. M. Butlion 59,92; 4. D. Neiland (N) 1:00,80; 5. W. Allers (OVS) 1:02,53. 100 m vlinderslag: 1. G. van der Walt (NT) 55,49; 2. G. Hignett (WP) 56,20; 3. W. Beney (OT) 56,59; 4. A. Kelsey (T) 57,25; 5. P. Gombos (NT) 57,40; 6. F. du Toit (Vaal) 57,59; 7. M. Swan (NN), 8. M. Malan (N) 58,81; 9. A. Vides (WP) 59,21; 10. G. Albertyn (Vaal) 59,27. 1 500 m vryslag: 1. A. Aubin (WP) 16:39,04; 2. J. Coetzer (WP) 16:42,90; 3. L. Fialkov (WP) 17:02,15; 4. N. Langner (Vaal) 17:07,14; 5. B. Johnson (WP) 17:18,30; 6. A. Cloete (Grens) 17:18,70; 7. R. Callaghan (WP) 17:21,68; 8. E. Albertyn (Vaal) 17:26,44; 9. F. Lilford (N) 17:29,64; 10. D. Neilan (N) 17:32,22; 11. M. Pattle (OT) 17:34,64. 4x100 m wisselslag-aflos: 1. WP 3:57,10; 2. Natal 3:57,96; 3. N-Tvl 3:58,51; 4. Tvl 3:58,71; 5. Vaal 4:08,15, 6. N-Natal 4:10,75; 7. OVS 4:11,21; 8. OP 4:12,79; 9. O-Tvl 4:14,77. 1 500 m vryslag: 1. M. Lourens (OVS) 16:26,87; 2. G. Gore (Vaal) 16:38,06; 3. A. Aubin (WP) 16:39,0; 4. C. Lilford (N) 16:42,23; 5. J. Coetzer (WP) 16:42,90; 6. A. O'Flaherty (T) 16:48,51; 7. H. Lonsdale (N) 16:51,24; 8. A. Clake (OVS) 16:52,43; 9. G. du Plessis (Vaal) 17:01,04; 10. L. Failkov (WP) 17:02,15. SIERSWEM Individueel: 1. G. Wohlberg (N) 158,17; 2. Louise Hill (N) 158,11; 3. Deidre Rice (N) 152,12. Algeheel: 1. Natal 145; 2. Oostelike Provinsie 28; 3. Westelike Provinsie 13. Totaal Natal 295; Oostelike Provinsie 31, Westelike Provinsie 26. - (Sapa)

3 Maart

Marianne haal driekuns

DURBAN. - Marianne Kriel van die Westelike Provinsie het gisteraand hier die 100 m vlinderslag gewen in 'n tyd van 1:04,13 op Speedo se Suid-Afrikaanse kampioenskapsbyeenkoms. Haar WP-spanmaats Jacques Coetzee (400 m individuele wisselslag) en Carl Laubscher (200 m rugslag) het ook uitgeblink. Die Noord-Transvaler Gerhard van der Walt het in die 50 m vryslag sy vyfde titel van die byeenkoms gebuit. Die uitslae is: MANS 50 vryslag: 1. G. van der Walt (N-Tvl) 25,24, 2. G. Rusk (Nat) 24,16, 3. A. Kelsey (Tvl) 24,23, 4. G. Jones (WP) 24,36, 5. S. Owen (N-Nat) 24,45, 6. F. Boshoff (N-Tvl) 24,47, 7. I. Segal (Tvl) en R. Portsmouth (Nat) 24,49, 9. G. Weilert (Tvl) 24,53, 10. B. Bell (Tvl) 24,63. 400 individuele wisselslag: 1. M. Swam (N-Nat) 4:45,45, 2. A. Lonsdale (Nat) 4:57,12, 3. W. Preece (Griek) 4:58,60, 4. R. Callaghan (WP) 4:58,75, 5. L. van Greuning (N-Tvl) 5:03,66, 6. P. Freyer (Tvl) 5:03,78, en P. Freyer (Tvl) 5:03,78, 7. A. Blake (OVS) 5:05,28, 8. L. Geddie (Tvl) 5:05,89, 9. S. Burdon (Nat) 5:09,51, 10. F. Lilford (Nat) 5:09,62. 200 rugslag: 1. C. Laubscher (WP) 2:10,01, 2. G. Albertyn (VDH) 2:10,54, 3. G. Kahn (OP) 2:12,87, 4. A. Marshall (N-Tvl) 2:13,00, 5. K. Whitfield (Nat) 2:13,70, 6. C. OOsthuizen (Nat) 2:13,84, 7. P. de Roubaix (WP) 2:15,33, 8. B. Nortje (Nat) 2:17,72, 9. W. Miller (Nat) 2:19,66, 4x400 vryslag-aflos: 1. Transvaal 3:34,47, 2. Westelike Provinsie 3:36,10, 3. Vaaldriehoek 3:37,18, 4. Natal 3:37,59, 6. Noord-Natal 3:43,82, 6. Vrystaat 3:45,91, 7. Oostelike Provinsie 3:47,52, 8. Oos-Transvaal 3:55,11. VROUE 800 vryslag: 1. H. Park (O-Tvl) 8:59,38, 2. L. Markgraaff (OVS) 9:00,08, 3. N. Figge (Tvl) 9:07,49, 4. S. Watson (Tvl) 9:09,11, 5. A. Markgraaff (OVS) 9:16,03, 6. K. Matthews (OVS) 9:28,82, 7. T. Elliott (Grens) 9:29,02, 8. S. Walters (Nat) 9:30,52, 9. J. Mortimer (O-Tvl) 9:34, 98, 10. L. Pennefather (Nat) 9:36,12. 100 vlinderslag: 1. M. Kriel (WP) 1:04,13, 2. N. Hutchison (OP) 1:05,89, 3. J. van Vuuren (OVS) 1:05,97, 4. U. Fritsch (Nat) 1:05,98, 5. L. Pennefather (Nat) 1:06,07, 6. K. Theron (Tvl) 1:06,27, 7. D. Cooke (Nat) 1:06,88, 8. L. Heyns (Tvl) 1:07,36, 9. S. Williams (WP) 1:08,42, 10. K. Short (Nat) 1:08,43. 200 individuele wisselslag: 1. H. Park (O-Tvl) 2:23,65, 2. J. Brukman (Nat) 2:25,79, 3. R. Templeton (Nat) 2:26,94, 4. N. Nel (Tvl) 2:28,31, 5. L. Peacock (Nat) 2:29,0, 6. J. Hall (Nat) 2:29,87, 7. I. Allers (OVS) 2:30,52, 8. J. Russell (Nat) 2:30,88, 9. J. Fraser (Tvl) 2:30,93, 10. L. Bolton (O-Tvl) 2:33,20. WATERPOLO OP 12, OVS 11; O-Tvl B 3, Tvl B 2; N-Tvl B 10, Grens 5; Nat A 7, Nat B 3; O-Tvl A 8, N-Tvl A 6; WP A 6, Tvl A 5; OVS 9, Tvl B 6; N-Tvl B 6, WP B 5; OP 7, O-Tvl B 6; Nat B 5, O-Tvl A 4. - (Sapa)

4 Maart

Nóg 'n titel vir Kriel

FOTO: S/W HET VERSKYN (MARIANNE KRIEL) DURBAN. - Marianne Kriel van die Westelike Provinsie het gister haar vierde titel ingepalm op die laaste dag van Speedo se swemkampioenskapsbyeenkoms. Sy het die 100 m vryslag vir vroue in 'n skitterende tyd van 58,09 sek. gewen - net 0,45 sek. stadiger as die SA rekord. Die sterk Oos-Transvaler Heather Parks was tweede. Noord-Transvaal se Gerhard van der Walt het sy sesde titel van die byeenkoms gebuit, toe hy die 100 m rugslag gewen het. Teleurstellend vir hom het hy die SA beste met 0,33 sek. misgeloop. Transvaal het die Ellis Brown-trofee vir die meeste punte in die swem-afdeling behou met 'n totaal van 1 616. Natal was tweede (1 597,5) en die WP derde (1 003,5). Die uitslae is: VROUE 400 m individuele wisselslag: 1. L. Markgraaff (OVS) 5:08,01; 2. L. Peacock (Nat) 5:13,94; 3. K. Nel (Tvl) 5:14,43; 4. J. Fraser (Tvl) 5:16, 62; 5. K. Theron (Tvl) 5:19,36; 6. J. Mortimer (O-Tvl) 5:21,36; 7. K. Matthews (OVS) 5:22,80; 8. L. Pennefather (Nat) 5:23,54. 100 m vryslag: 1. M. Kriel (WP) 58,09; 2. H. Park (O-Tvl) 58,22; 3. R. Templeton (Nat) 59,03; 4. V. Sutherland (OVS) 59,79; 5. L. Heynes (Tvl) 1:00,67; 6. R. Bow (Tvl) 1:00,69; 7. M. Fleet (Nat) 1:01,08; 8. K. Retief (OVS) 1:01,24. 200 m rugslag: 1. J. Brukman (Nat) 2:25,12; 2. B. Bezuidenhout (Tvl) 2:25,12; 3. J. Hall (Nat) 2:25,83; 4. M. Kriel (WP) 2:28,79; 5. T. van Dijk (Tvl) 2:29,38; 6. R. Bow (Tvl) 2:29,47; 7. L. Bolton (O-Tvl) 2:30,50; 8. T. de Klerk (O-Tvl) 2:30,70; 9. S. Williams (WP) 2:30,85. MANS 100 m vryslag: 1. G. van der Walt (N-Tvl) 51,47; 2. S. Haupt (Tvl) 52,93; 3. G. Rusk (Nat) 53,07; 4. F. Boshoff (N-Tvl) 53,54; 5. H. Weilert (Tvl) 53,59; 6. F. Viljoen (N-Tvl) 53,94; 7. A. Kelsey (Tvl) 54,17; 8. G. Albertyn (VDH) 54,40. 200 m borsslag: 1. D. Cawood (Nat) 2:24,96; 2. D. Coetzee (Tvl) 2:25,42; 3. J. Lindemeier (SWA) 2:26,51; 4. A. Ford (Tvl) 2:26,51; 5. H. Nienaber (Tvl) 2:26,90; 6. N. Mapstone (Nat) 2:27,59; 7. A. Evans (OVS) 2:29,36; 8. M. Epstein (OP) 2:29,46. 4x200 m vryslag aflos: 1. Transvaal 7:51,98; 2. Westelike Provinsie 7:52,53; 3. Vaaldriehoek 7:55,52; 4. Natal 8:05,46; 5. Vrystaat 8:11,93; 6. Noord-Transvaal 8:22,32; 7. Oostelike Provinsie 8:25,13; 8. Noord-Natal 8:35,04. DUIK Mans 1 m: 1. C. Vaughan (OP) 502,25; 2. J. Emmerton (Tvl) 473,5; 3. T. Vaughan (OP) 453,05; 4. C. Sanding (WP) 432,60; 5. D. Turvy (N-Tvl) 393,15. Vroue 3 m: 1. J. Hockly (WP) 463,55; 2. K. Leslie-Smith (WP) 420,95; 3. S. Grey (Tvl) 418,95; 4. L. von Broempsen (N-Tvl) 413,35; 5. D. Rivett (Grens) 99,00. WATERPOLO Afdeling A: Nat B 6; N-Tvl A 5; Tvl A 4; WP A 3. Afdeling B: WP B 10; OP 8; OVS 8; Tvl B 6; N-Tvl B 6; O-Tvl B 4; Grens 0. SIERSWEM Groepe: 1. Natal A; 2. Natal B; 3. WP; 4. Tvl. - (Sapa)

 

 

__________________________________________________________________________

3 Maart

Driekamp – Many dean

Keith, Tim kan titel wen

KEITH ANDERSON en Tim Stewart van die Westelike Provinsie is onder die voorste aanspraakmakers op die Suid-Afrikaanse kampioenskap in die Perm se Swem-driekampbyeenkoms wat op Sondag 12 Maart by Benoni plaasvind. Die byeenkoms is die tweede en laaste Springbok-proef hierdie seisoen en dus die laaste kans vir deelnemers om hul plek in die nasionale span te verseker. Die eerste Springbok-proef was die interprovinsiale kompetisie wat op 12 Februarie by Port Elizabeth gehou is. Stewart het dié kompetisie gewen, maar is later gediskwalifiseer, met die gevolg dat die Natalse junior Simon Lessing as die wenner aangewys is. Stewart, Anderson en Lessing se sterkse teenstand uit Transvaal sal kom van dié provinsie se kampioen, Harald Zumpt, asook Andreas Lombardozzi en Tim Carter. Die gunsteling in die afdeling vir vroue is die Oostelike Provinsie se Mandy Dean, wat die titel in Port Elizabeth gewen het. Dean is die enigste vrou wat tot dusver Springbok-kleure in dié sport ontvang het. Die kampioenskap op 12 Maart sal bestaan uit 'n swemnommer oor 1,5 km, 'n fietswedren oor 40 km en 'n padwedloop oor 10 km. Die inskrywingsgeld is R20 vir deelnemers wat nie lid van 'n driekamp-vereniging is nie, en R15 vir lede. Inskrywings word op die dag van die kompetisie gedoen. Meer as R5 000 se pryse is op die spel.

6 Maart

Anderson wys weer sy slag in driekamp

Van Ons Korrespondent PORT ELIZABETH. - Keith Anderson van die Westelike Provinsie het Saterdag hier weer bewys dat hy een van die beste driekampatlete in die land is toe hy Blitz se swem-driekamp in 'n skitterende tyd van 1:54,56 gewen het. Die deelnemers het 1,5 km geswem, 20 km fiets gery en 10 km gehardloop. Die tyd van Anderson, 'n voormalige swemmer van die Oostelike Provinsie, is 'n nuwe OP-rekord. Die tyd van Jonathan Barber van die Universiteit van Port Elizabeth, wat tweede was in 1:59,36 is ook 'n rekord. Willem Beukes, 'n junior van die Universiteit van Port Elizabeth het ook 'n uithaler-vertoning gelewer deur algeheel negende te eindig. Sy tyd was 2:07,23. Mandy Dean van Port Elizabeth het ook weer haar stempel as die beste vroue-driekampatleet afgedruk. Sy het elfde van die 44 deelnemers geëindig en Di Sherran met sowat 30 minute geklop. Haar wentyd was 2:13,04. Peter Gillespie was die eerste meester. Sy tyd was 3:01,11.

More in this category: « 1982 Pretoria 1964 Port Elizabeth »

            NEW CONTENT

UA-55917683-1