1990 Johannesburg

Ellis Park, Johannesburg. Gerhard van der Walt (retired) and Marianne Kriel (on scholarship in USA) , who accounted for 9 titles in 1989, are not present. Natal wins the synchro for the 21st year in a row! 

An overseas team of two divers John McGhee and Danny O'Donnell, competed against a South African team at Johannesburg, East London and Newcastle in January.

In March 1990, several United States divers visited South Africa to compete in the South African championships. They included: Joe Greenwell, Sue Cribari, Leisa Johnsenn


       
  Men       Women    
 
Free            
50 Darryll Cronjé (N) Alan Kelsey (Tvl) Stephen Haupt (Tvl) Nicky Goldin (Tvl)    
100 Darryll Cronjé (N) Stephen Haupt (Tvl) S. Viljoen (NTvl) Lexi Heyns Heather Park (ETvl) Tracey elliot (Border)
200 Darryll Cronjé (N) Gary Albertyn (VT) Andrew O'Flaherty (Tvl) Lezelle Markgraaff (OVS) Heather Park (ETvl) Lexi Heyns (Tvl)
400 Gary Albertyn (VT) Andrew O'Flaherty (T) Adam Blake (OVS) Heather Park (ETvl) Lezelle Markgraaff (OVS) Janine Steenkamp (OVS)
800       Heather Park (ETvl) Lezelle Markgraaff (OVS) Natasha Figge (T)
1500 Andrew O'Flaherty (Tvl)          

Back            
100 Greg Kahn (EP) Keith Whitfield (N) L. Tiltman (Grens) Jill Brukman (N) Robyn Bow (Tvl) Zonya Kritzinger (N)
200 Andrew Marshall (NTvl) Gary Albertyn (VT) Greg Kahn (EP) Jill Brukman (N) T. van Dijk (Tvl) L. Bolton (ETvl)

Breast            
100 Kenneth Cawood (N) Allan Forn (Tvl) G Coetzee (Tvl) Lizelle Peacock (N) NR PennyHeyns (N) Sheila Turner (Tvl)
200 Kenneth Cawood (N) G Coetzee (Tvl) Herman Nienaber (Tvl)      

Fly              
100 Allen Kelsey (Tvl) Patrick GombosNTvl)     Inge Allers (OVS) Clare Bolton (ETvl) Kym Theron (Tvl)
200 Martin Swan (WP) Wayne Ferguson (ETvl) Carl Laubscher (WP)      

IM              
200 Gary Albertyn (VT) Martin Swan (WP) Darryll Cronjé (N) Jill Brukman (N) Janion Fraser (Tvl) Julie Hall (N)
400 Martin Swan (WP) Nolan Shifren (T) Wade Ferguson (ETvl)      

Free relay              
200         Natal Transvaal Northern Transvaal
400 Natal (NR)            
800 Vaal Triangle Transvaal Western Province        
             
 
Medley relay              
200              
400         Natal Transvaal Orange Free State

Diving              
1m            
3m            
         
 
Synchronised swimming       Figures      
Synchronised swimming       Duets  

Water Polo Currie Cup     Northern Transvaal        
               
Ellis Brown Trophy Transvaal          

 


26 Februarie

Groot stryd om SA swemtitels

Van MORRIS GILBERT JOHANNESBURG. - Die Ellispark-bad in Johannesburg is van vandag tot Vrydag die uitstalvenster van Suid-Afrikaanse swem wanneer 630 swemmers van regoor die land mekaar by Speedo se SA byeenkoms die stryd aansê. Met die uitsondering van Gerhard van der Walt en Marianne Kriel sal al die land se top-swemmers in aksie wees. Die feit dat Van der Walt en Kriel nie deelneem nie, bring mee dat ten minste nege SA titels vakant is. Van der Walt, die groot uitblinker by verlede jaar se SA gala met ses titels en vier rekords, het tydelik uitgetree, terwyl Kriel, die houer van drie SA titels, tans in die VSA studeer. Janine Steenkamp van die Vrystaat en Darryl Cronjé van Natal lyk op papier na die twee sterkste kandidate om vanjaar se SA byeenkoms te oorheers. Van Steenkamp word veral baie verwag. Sy het verlede jaar na 18 maande se studie in die VSA na die land teruggekeer en spog in vyf van die agt nommers waarvoor sy ingeskryf het, met die beste kwalifiserende tye. Sy lyk oorgehaal om soos met haar vorige deelname aan die SA byeenkoms in 1987 weer die kollig te steel. Toe het sy al vier die vryslag-nommers gewen en ook 'n reuse-bydrae gelewer tot haar span se oorwinnings in die twee aflosse. Steenkamp het reeds by die SA Universiteite-byeenkoms in Desember verlede jaar getoon dat sy besig is om haar beste vorm te herwin toe sy hier ses titels ingepalm en vier rekords opgestel het. Haar vernaamste teenstand sal van die Oos-Transvaler Heather Park, die verdedigende kampioen in die 200, 400 en 800 vryslag en Natasha Figge van Transvaal kom, wat tydens haar provinsie se byeenkoms skitterend gevaar het. Darryl Cronjé het soos Steenkamp in die VSA studeer en ook verlede jaar na die land teruggekeer om veral 'n aanslag op die SA rekord van Keith Amstrong in die 100 vryslag te maak. Sy beste tyd in dié nommer plaas hom tans 28ste op die wêreldranglys. Cronjé sal moeilik in die korter vryslagnommers geklop word en as die verskil in lugdruk hom nie te veel pla nie, lyk hy verseker van ten minste een nuwe SA rekord. Ander swemmers van wie baie verwag word, is Carl Laubscher van die WP, Keith Whitfield van Natal, Andrew Marshall van Noord-Transvaal, Alan Kelsey van Transvaal, Herman Nienaber van Transvaal en Rory Mapstone van Noord-Transvaal. Hoewel Transvaal nie so 'n gedugte span soos verlede jaar het nie, behoort hy die Ellis Brown-wisseltrofee vir die derde jaar agtereenvolgens te verower.

 

Laubscher staan titel af

JOHANNESBURG. - Carl Laubscher van die Westelike Provinsie het gisteraand hier op Speedo se Suid-Afrikaanse swemkampioenskapsbyeenkoms sy titel in die 100 m rugslag aan Greg Kahn van die Oostelike Provinsie afgestaan. Kahn se wentyd was 1:00,84 met Keith Whitfield van Natal (1:00,98) in die tweede plek. Lizelle Peacock van Natal het haar eie SA rekord in die 100 m borsslag met 'n tyd van 1:13,23 verbeter. Vroeër het Darryll Cronjé (Natal) 'n goeie prestasie gelewer toe hy 'n tyd van 1:55,30 in die 200 vryslag vir mans aangeteken het. Dit is net minder as twee sekondes buite die SA rekord van Keith Armstrong (1:53,34).

 

Darryll presteer

JOHANNESBURG. - Darryll Cronjé van Natal het gister op die eerste dag van Speedo se nasionale swembyeenkoms hier in die Ellispark-bad die beste prestasie in die uitdunne gelewer toe hy 'n tyd van 1:55,30 in die 200 vryslag vir mans aangeteken het. Dit is net minder as twee sekondes buite die SA rekord van Keith Armstrong (1:53,34), skryf Morris Gilbert. Cronjé se tyd was byna 5 sek. vinniger as dié van Adam Blake (Vrystaat, 2:00,35), wat die naasbeste in die uitdunne van die 200 vryslag gevaar het. In die 200 vryslag vir vroue het die twee gunstelinge, Heather Park van Oos-Transvaal en die Vrystater Jeanine Steenkamp, hul onderskeie uitdunne in presies dieselfde tyd gewen (2:10,45).

 

SPORT-UITSLAE

1. SWEM SA BYEENKOMS (Johannesburg) MANS 100 borsslag: 1. K. Cawood (Nat) 1:04,92; 2. A. Ford (T) 1:06,69; 3. G. Coetzee (T) 1:07,47; 4. H. Nienaber (T) 1:07,78. 100 rugslag: 1. G. Kahn (OP) 1:00,84; 2. K. Whitfield (Nat) 1:00,98; 3. L. Tiltman (Grens) 1:01,14; 4. A. Marshall (NT) 1:01,16. 200 vryslag: 1. D. Cronjé (Nat) 1:55,25; 2. G. Albertyn (VDH) 1:55,85; 3. A. O'Flaherty (T) 1:58,22; 4. A. Jacobs (VDH) 1:59,24. 4x50 aflos: 1. Natal 1:36,56 (ewenaar SA rekord); 2. Transvaal 1:37,22; 3. Noord-Transvaal 1:37,98; 4. Westelike Provinsie 1:39,11. VROUE 100 borsslag: 1. L. peacock (nat) 1:13,23 (SA rekord); 2. P. Heyns (Nat) 1:14,88; 3. S. Turner (T) 1:15,08; 4. J. Pienaar (OVS) 1:16,09. 200 vryslag: 1. L. Markgraaff (OVS) 2:07,70; 2. H. Park (OT) 2:08,30; 3. A. heyns (T) 2:08,50; 4. J. Brukman (T) 2:08,54. 4x100 wisselslag-aflos: 1. Natal (4:28,42); 2. Transvaal 4:34,59; 3. Vrystaat 4:35,41; 4. Oos-Transvaal 4:37,59.

 

Lizelle het nie rekord verwag

FOTO: S/W HET VERSKYN (LIZELLE PEACOCK) JOHANNESBURG. - ``Ek het nie verwag om 'n nuwe rekord op te stel nie,'' het 'n verheugde Lizelle Peacock, 18-jarige swemster van Natal, gister gesê nadat sy eergister haar eie SA rekord in die 100 m borsslag vir vroue na 1:13,23 verbeter het. Lizelle, wat deur Alistair Hatfield afgerig word, het die rekord op die Suid-Afrikaanse kampioenskapsbyeenkoms in Ellispark opgestel. Sy neem aan haar sesde nasionale swemkampioenskap deel. Ellispark is vir haar 'n gelukkige swemplek. ``Ek het vyf jaar gelede my eerste SA rekord hier opgestel. Ek tref dit baie gelukkig hier.'' Maar dit is moontlik dat sy vir Suid-Afrikaanse swem verlore is. ``Ek het verskeie aanbiedinge van oorsese universiteite gehad. Ek wil eers goed daaroor dink,'' het sy gesê. Kenneth Cawood, 'n spanmaat van Lizelle, het ook Maandag vir 'n skittervertoning gesorg. Hy het vir Springbok-kleure gekwalifiseer met sy wentyd van 1:04,92 in die 100 m borsslag vir mans - wat boonop net 0,1 sek. stadiger is as die SA rekord. Die 18-jarige Kenneth, wat al tien jaar in kompetisies swem, word ook deur Hatfield afgerig.

 

Langasem puik in swem

Van MORRIS GILBERT JOHANNESBURG. - Die superfikse Gary Albertyn van Vaaldriehoek was gister die groot uitblinker op die tweede dag van Speedo se 81ste Suid-Afrikaanse swembyeenkoms in die Ellispark-bad. Met sy skitterende seges in die 200 individuele wisselslag en 400 vryslag het Albertyn hom onteenseglik as die land se voorste langafstand-swemmer gevestig. Albertyn, die enigste swemmer wat tot dusver op een dag twee titels kon inpalm, het eers sy SA titel in die 400 vryslag met welslae in 'n tyd van 4:11,27 verdedig. Slegs 18 minute later het hy ook in die 200 individuele wisselslag koning gekraai (2:11,12). Dié titel was vakant ná die tydelike uittrede van Gerhard van der Walt van Noord-Transvaal. In sy segetog het Albertyn in die 400 vryslag met groot name soos Andrew O'Flaherty van Transvaal en die Vrystater Adam Blake afgereken, terwyl hy in die 200 individuele wisselslag 'n kwaai aanslag van Martin Swan van die WP en Darryl Cronjé van Natal afgeweer het. Albertyn is een van drie nuwe SA kampioene wat gisteraand gekroon is. Die ander is Martin Swan en die Nataller Jill Brukman. Swan het die titel in die 200 vlinderslag vir mans in 'n tyd van 2:12,28 gewen, terwyl Brukman in die 100 borsslag vir vroue koning gekraai het in 1:06,56. Die manstitel het aan Van der Walt behoort en die vrouetitel aan Marianne Kriel van die WP, wat tans in Amerika studeer. Heather Park van Oos-Transvaal het 'n veel beter vertoning as Maandagaand gelewer en haar titel in die 400 vryslag vir vroue maklik behou (4:24,51). Met dié oorwinning het sy nog 'n droom van die Vrystater Jeanine Steenkamp in skerwe laat spat. Steenkamp, die gunsteling in dié nommer, was derde en is die tweede keer in twee dae deur haar spanmaat Lizelle Markgraaff geklop. Vier voorste oorsese duikers het gister hier deelgeneem. Twee van hulle het skoonskip gemaak, hoewel hul vertonings nie amptelik erken sal word nie. Joe Greenwell het die OP-Springbok Craig Vaughan, wat die afgelope ses jaar die SA kampioen is, maklik geklop in die 1 m-spronge. Megan Meyer het weer vertoon soos 'n paar jaar gelede toe sy 'n wêreldspele-titel ingepalm het en die 3 m-nommer vir vroue gewen. Sandy Gray van Transvaal, wat tweede was, is egter die nuwe SA kampioen. Greenwell gaan na verneem word Suid-Afrikaners touwys maak oor veral hul plankbeheer, maar is ge-&cchar9;imponeer met die standaard van plaaslike duikers. Intussen is Natal die vroeë voorloper in die wedloop om die Ellis Brown-wisseltrofee, wat die afgelope twee jaar deur Transvaal gewen is. Die jongste beskikbare algehele puntestand is: 1. Natal (352); 2. Transvaal (326); 3. Vrystaat (156); 4. WP (132); 5. Noord-Transvaal (125); 6. Vaaldriehoek (112); 7. OP (98); 8. Oos-Transvaal (95); 9. Grens (59); 10. Wes-Transvaal (37); 11. Namibië (14).

 

28 Febraurie

SPORT-UITSLAE

SWEMSA BYEENKOMS (Johannesburg) MANS 200 vlinderslag: 1. Martin Swan (WP) 2:12,28; 2. Wayne Ferguson (OT) 2:12,38; 3. Carl Laubscher (WP) 2:14,12; 4. Evan Sim (Nat) 2:14,70. 400 vryslag: 1. Gary Albertyn (VDH) 4:11,27; 2. Andrew O'Flaherty (T) 4:12,85; 3. Adam Blake (OVS) 4:13,44. 200 individuele wisselslag: 1. Gary Albertyn (VDH) 2:12,11; 2. Martin Swan (WP) 2:13,67; 3. Darryl Cronjé (Nat) 2:14,28. 200 vlinderslag (troos-eindstryd): 1. Mikael Mendonca (WP) 2:19,97; 2. Warren Preece (GW) 2:21,01; 3. Alexis Akestorides (T) 2:22,33. VROUE 400 vryslag: 1. Heather Park (OT) 4:24,51; 2. Lizelle Markgraaff (OVS) 4:27,24; 3. Jeanine Steenkamp (OVS) 4:28,41. 100 rugslag: 1. Jill Brukman (Nat) 1:06,56; 2. Robyn Bow (T) 1:08,72; 3. Zonya Kritzinger (Nat) 1:08,86

Transvalers oorheers

FOTO: KLEUR HET VERSKYN Van MORRIS GILBERT JOHANNESBURG. - Transvaalse swemmers het gister die derde dag van Speedo se SA kampioenskapsbyeenkoms hier in die Ellispark-bad oorheers. Nie net het Transvaal vier SA titels ingepalm nie, maar ook vir die eerste keer in vyf jaar daarin geslaag om 'n goue medalje in 'n individuele nommer in te oes. Die Transvalers wat as SA kampioene gekroon is, is Alan Kelsey (100 vlinderslag, mans), Andrew O'Flaherty (1 500 vryslag, mans), Nicky Goldin (50 vryslag, vroue) en die span in die 4x100 wisselslag-aflos vir vroue. Die enigste SA kampioen wat onttroon is, was Jill Brukman van Natal. Sy moes plek maak vir die Vrystater Jeanine Steenkamp, wat toe tot haar reg gekom het. Lizelle Peacock van Natal het haar titel in die 200 borsslag vir vroue met welslae verdedig en haar tweede goue medalje verower. Sy het Maandagaand in die 100 borsslag 'n nuwe SA rekord opgestel. Die 100 vlinderslag vir mans het 'n skitterende tweestryd tussen Kelsey en Patrick Gombos van Noord-Transvaal gelewer. Kelsey het van die begin voorgeloop, maar moes oor die laaste 20 m alles uithaal om Gombos se aanslag af te weer. Die verskil in die tye van dié twee swemmers was slegs ,28 van 'n sekonde. Kelsey se wentyd was 56,72 en dié van Gombos 57,00. Gary Albertyn van Vaaldriehoek, wat Dinsdagaand 'n tweekuns behaal het, en Martin Swan van die Westelike Provinsie, die nuwe SA kampioen in die 200 vlinderslag, kon nie hond haar-af maak nie. Swan was vyfde, Albertyn sesde en Blackbeard agtste.

Natallers swem rekord

Van MORRIS GILBERT JOHANNESBURG. - ``n Skitterende laaste 100 meter deur Darryl Cronjé het die vryslag-aflosspan van Natal gisteraand op die voorlaaste dag van Speedo se 81ste SA swembyeenkoms in die Ellispark-bad in Johannesburg in staat gestel om 'n nuwe Suid-Afrikaanse rekord op te stel. Cronjé, Garth Akal, Quintin Cook en Stephen Owen het die 4x100 vryslag-aflos in 'n nuwe rekordtyd van 3:33,01 gewen. Hulle het Transvaal ook as SA kampioenspan onttroon. Cronjé was nie net die groot uitblinker in sy provinsie se aflosspan nie. Hy het ook die beste individuele prestasie gelewer deur met sy wentyd van 23,40 in die 50 vryslag vir Springbok-kleure te kwalifiseer. Maar die aand het ook aan minder bekende swemmers behoort. Die eerste verrassing was die oorwinning wat Inge Allers van die Vrystaat in die 100 vlinderslag vir vroue behaal het. Sy het teen alle verwagting in met haar twee spanmaats, Jeanine Steenkamp en Hannelie Vermeulen, afgereken. Steenkamp was die gunsteling, terwyl Vermeulen die houer van die SA rekord in dié nommer is. Andrew Marshall van Noord-Transvaal het verrassing nommer twee gelewer met sy skitter-sege in die 200 rugslag vir mans. Hy het met gemak met die verdedigende kampioen, Carl Laubscher van die Westelike Provinsie, afgereken. Laubscher, wat ook sy titel in die 100 rugslag moes afstaan, kon nie onder die eerste ses swemmers eindig nie. In die 200 individuele wisselslag vir vroue het Jill Brukman van Natal die derde verrassing gelewer. Sy het met gemak eerste geëindig en Heather Park van Oos-Transvaal, die verdedigende kampioen, met meer as vyf sekondes geklop. Park was vierde. Park het egter haar titel in die 800 vryslag vir vroue met welslae verdedig en is ná gisteraand een van net vyf swemmers wat twee goue medaljes gewen het. Martin Swan van die Westelike Provinsie tel ook onder dié swemmers. Hy het sy tweekuns gisteraand met 'n goeie oorwinning in die 400 individuele wisselslag behaal. Natal is steeds die voorloper in die wedloop om die Ellis Brown-wisseltrofee. Die jongste puntestand is: 1. Natal 871; 2. Transvaal 856; 3. Vrystaat 447; 4. WP 372; 5. Vaaldriehoek 360; 6. Oos-Transvaal 314; 7. Noord-Transvaal 299; 8. OP 210; 9. Grens 174; 10. Wes,Transvaal, SWA 39; 12. Griekwas 37. Gisteraand se uitslae is: EINDRONDES MANS 50 vryslag: 1. Darryll Cronjé (N) 23,40; 2. Alan Kelsey (T) 24,24; 3. Steven Haupt (T) 24,26; 4. Stephen Owen (N) en André Stadler (WP) 24,27; 6. Justin Slade 24,49. 400 individuele wisselslag: 1. Martin Swan (WP) 4:47,54; 2. Nolan Shifren (T) 4:51,82; 3. Wade Ferguson (OT) 4:52,38; 4. Warren Preece (GW) 4:53,66; 5. Paul Freyer (T) 4:57,25; 6. Alan Londsdale (N) 4:56,33. 200 rugslag: 1. Andrew Marshall (NT) 2:10,69; 2. Gary Albertyn (VDH) 2:10,72; 3. Greg Kahn (OP) 2:11,42; 4. Keith Whitfield (N) 2:12,77; 5. Barend Nortjé (N) 2:15,14; 6. Wayne Miller (N) 2:16,41. VROUE 800 vryslag: 1. Heather Park (OT) 9:09,04; 2. Lezelle Markgraaff (OVS); 3. Natasha Figge (T) 9:21,46; 4. Sharon Watson (T) 9:27,83; 5. Lindy van der Laan (T) 9:40,25; 6. Frauge BÃcking (SWA). 100 vlinderslag: 1. Inge Allers (OVS) 1:05,18; 2. Clare Bolton (OT) 1:05,67; 3. Kym Theron (T) 1:05,91; 4. Hannelie Vermeulen (OVS); 5. Susan Crampton (N) 1:06,53; 6. Lexi Heyns (T) 1:06,58. 200 individuele wisselslag: 1. Jill Brukman (N) 2:25,44; 2. Janion Fraser (T) 2:27,20; 3. Julie Hall (N); 4. Heather Park (OT). TROOSFINALE MANS 50 vryslag: 1. Franöois Viljoen (NT) 25,00; 2. Craig Soll (NT) 25,02; 3. Heinz Weilert (NT) 25,09; 4. Auron Vides (GW) 25,13. 400 individuele wisselslag: 1. Adam Blake (OVS) 4:46,62; 2. Craig Lillford (N) 4:59,12; 3. Theo Verster (N) 5:05,24; 4. Lindsay Geddie (N) 5:06,74. 200 rugslag: 1. Henry Miles (NT) 2:19,03; 2. Brendon Lyne (T) 2:19,69; 3. Grant du Plessis (VDH) 2:20,04; 4. Gavin Ord (T) 2:20,17. VROUE 100 vlinderslag: 1. Monica Dahl (SWA) 1:07,54; 2. Clare Wayne (N) 1:07,70; 3. Elize Fourie (NT) 1:07,93; 4. Leisi Stephens (N) 1:08,61. 200 individuele wisselslag: 1. Julia Russel (N) 2:29,94; 2. Lucy Saunders (WP) 2:33,49; 3. Marena Loubser (NT) 2:34,14; 4. Kirsty Albertyn (VDH) 2:34,14.

SPORT-UITSLAE

SWEMSA BYEENKOMS (Johannesburg) MANS 100 vryslag: 1. D. Cronjé (Nat) 51,50; 2. S. Haupt (T) 52,76; 3. S. Viljoen (NT) 53,58. 200 borsslag: 1. K. Cawood (NT) 2:24,47; 2. G. Coetzee (T) 2:25,35; 3. H. Nienaber (T) 2:26,22. 4x200 vryslag: 1. Vaaldriehoek 7:56,32; 2. Transvaal 8:01,50; 3. WP 8:05,58. VROUE 100 vryslag: 1. A. Heyns (NT) 59,56; 2. H. Park (OT) 59,94; 3. T. Elliot (Grens) 1:00,46. 200 rugslag: 1. J. Brukman (Nat) 2:23,89; 2. T. van Dijk (T) 2:25,53; 3. L. Bolton (OT) 2:26,80. 400 wisselslag: 1. J. Steenkamp (OVS) 5:08,56; 2. J. Fraser (T) 5:12,76; 3. H. Park (OT) 5:13,47.

Natallers oorheers laaste swemdag

FOTO: S/W HET VERSKYN (DARRYL CRONJÉ) JOHANNESBURG. - Darryl Cronjé van Natal het gisteraand ontpop as die ster van die Suid-Afrikaanse swem-kampioenskapsbyeenkoms in die Ellisparkse swembad. Hy het 'n driekuns aan titels behaal deur die 100 m vryslag te wen ná sy seges vroeër in die 50 m en 200 m vryslag. Cronjé se provinsiale spanmaat Jill Brukman is die enigste ander swemmer wat 'n driekuns kon behaal. Sy het gisteraand met welslae haar titel in die 200 m verdedig nadat sy vroeër die 100 m rugslag en 200 m wisselslag ingepalm het. In die gesinchroniseerde swem het Natal 'n merkwaardige ``mondigwording'' gevier toe hy dié afdeling die 21ste agtereenvolgende jaar gewen het. Die Natallers het 146,43 punte verwerf, teenoor die Westelike Provinsie se 132,58 en Transvaal se 126,36 punte. Cronjé het die 100 m met verbasende gemak gewen teen sterk teenstanders, onder wie Stephen Haupt van Transvaal, wat 'n Transvaalse rekord in die uitdunne opgestel het. Die grootste verrassing van die aand is gelewer deur die 15-jarige Lexi Heyns van Transvaal, wat vir die gunstelinge weggeswem het in die 100 m vryslag vir vroue om in 'n tyd van 59,56 sek. eerste die kant te raak. Sy het afgereken met Heather Park van Oos-Transvaal (59,94) en Tracey Elliot van die Grens. Drie Natallers het nà die byeenkoms hul Springbok-kleure ontvang. Hulle is Lizelle Peacock, wat in die 100 borsslag vir die enigste SA rekord gesorg het, asook Kenneth Cawood en Cronjé. Cronjé het ook die Harry Getz-trofee ontvang as die beste mans-swemmer. Die Susan Roberts-trofee vir die beste vrou het gegaan aan die Oos-Transvaler Park. Die Alex Bulley-trofee vir die beste vertoning in 1989 is toegeken aan Gerhard van der Walt van Noord-Transvaal, wat ses nasionale titels gebuit en vier rekords oortref het. Die Kitabi-trofee is ook deur Park gewen as die swemmer wat in die loop van die jaar die gereeldste aan wêreldstandaarde gebly het. Transvaal het die afdelings vir mans en vroue en ook die Ellis Brown-trofee as algehele wenner van die byeenkoms die derde agtereenvolgende jaar ingepalm. - (Sapa)


WP-swemspan vir laer skole gekies

FOTO: S/W HET VERSKYN DIE Westelike Provinsie se span wat op Saterdag, 10 Maart, in Durban aan die nasionale swemtoernooi vir laer skole deelneem, is gister bekend gemaak. Die span is: Seuns - J. Kritzinger (Rand), A. du Toit (T. Hill), G. Thom (BV), G. Oberholzer (Excel), B. Pienaar (Rand), G. Russel (S P), G. Posthumus (G S), I. Pollard (Sev), D. de Villiers (G S), S. Davies (SAKS), C. du Preez (Wyn), M. Moore (SAKS), C. Stevens (WP Prep), A. le Roux (JvR), R. van Rooyen (Eikestad), R. Neersink (Excel), K. Sinclair (Paarl), J. du Preez (Wyn), A.M.C. Donald (Rand), S. Thirsk (KB). Meisies - R. de Preez (Excel) M. Muller (S House), S. Pooley (Tamboerskoof), J. Rex (Ryns), S. du Plessis (Ryns), G. Esterhuizen (Eikestad), H. Livesey (GS), J. Thompson (Kirstenhof), M. Twomey (Duits), L. Goff (Boston), J. Mullins (Wyn), M Dosson (Boston, J. de Klerk (KB), T. Warner (Beaumont), R. Wright (KB), M. van Riet (Paarl), S. Helders (Table View), K. Miedeman (Wyn), A. Breugen (Klein Drakenstein). Duik: o.10 - Helen Wilson (Rustenburg) en Adrian Selfe (Biskoppe). o.12 - Kate Allen (Rustenburg). Spanbestuurder: L. Schultz (Beaumont). Lynn Coetzee (Boston) reis saam. Assistent-bestuurders: G. van der Walt (Sev), T. Campbell (SAKS). Duik: Karen Krause (UK).

Nuwelinge kan uitblink in swem van Wes-Kaapland

FOTO: S/W HET VERSKYN (MARTHILEZE LAUBSHER; CRAIG KEARNS) Deur CARL VAN RENSBURG TALLE goeie vertonings word Vrydagaand van die nuwelinge verwag wanneer die vyfde gala van die Wes-Kaaplandse Swemvereniging in die munisipale swembad van Manenberg gehou word. Veral onder die kleinspan in die o.10-afdeling word daar goeie vertonings van Dino Rinaldus van Westridge, Stoffels Meisel van Bellville, Brendon van Schoor (Paarl) en Zahir Votersen (Manta) in die seuns 331/3-tree vryslag verwag. Die vonke kan ook spat onder die meisies in dieselfde afdeling waar 'n opwindende stryd tussen Lynn Julie en Tracey-Ann Boer (Bellville) behoort te wees. Veral Lynn Julie, wat uitstekend in die ope kampioenskapsgala gevaar het deur kwaai teenstand aan die belowende Natasha Kruger (Paarl) en Sian Benjamin (Retreat) te bied, is 'n swemmer wat Vrydagaand haar mededingers kan ore aansit. Yacoub Hajwani is die groot gunsteling om die mans 4x662/3 individuele wisselslagnommer te wen. Hy behoort ook die 200 m-vlinderslag in te palm. 'n Taai stryd om die tweede plek kan ontwikkel tussen Garron Arendse van die Paarl en Rushdie Warley (Manta). Fatima Daniels, wat in die o.13/14-ouderdomsgroep in die afdeling vir meisies meeding en 'n kampioenswemmer is in die vlinderslag vir vroue, behoort haar segetog in die nommer oor 200 m voort te sit. Najuwa Bester van Walmers behoort weer die tweede plek in te palm, maar sy kan dalk verras deur die eerste plek voor Daniels weg te raap. Nayeed Najaar (Lotus) behoort geen probleme te ondervind om eerste oor die wenstreep te swem in die 4x662/3 individuele wisselslagnommer nie. Priscilla Neethling (Paarl), Desiree McKie (Retreat), Cheryl Braaf en Cindy Masters behoort egter goeie rekeningskap van hulself te gee. Faiez Votersen, die seuns o.13/14-borsslagkampioen van Manta, behoort sterk teenstand van Graig Kearns (Lotus) te kry in dié nommer, asook in die 400 m-vryslag. Elton Schullard (Lotus) hou ook gevaar in. Fazlin Gamieldien, Rianna Alfreds en Rafida Baker is die gunstelinge in die afdeling vir meisies o.13/14, terwyl Shamiela Orrie en Martheleze Laubscher (Paarl) in die o.11/12-afdeling mekaar goed kan opkeil. Allie Baderoen is die gunsteling in die seuns o.11/12-afdeling, maar Rowen Roberts (Manta) en Stuart du Plessis (Paarl) moet nie buite rekening gelaat word nie.

SPORT-UITSLAE

. SWEM JUNIOR LIGAS (Groote Schuur) SEUNS Rugslag: 100 m 12 jaar: 1. Angus Macdonald (Vine) 1:18,80; 2. David Brenner (Chirc) 1:27,28; 3. Willem vd Berg (Vine) 1:29,95. 11 jaar: 1. Boeta Heersink (Bell) 1:21.41; 2. David Reeves (Bell) 1:42,42; 3. Chris Thornborn (Paarl) 1:46,05. 10 jaar: 1. Craig du Preez (Chirc) 1:23,06; 2. Jeremy6 Macdonald (Vine) 1:27,89; 3. Dominique Gobat (Vine) 1:35,00. 25 m 9 jaar: 1. Ian Pollard (Stel) 20,69; 2. Daniel de Villiers (Vine) 21,64; 3. Jaco Ludick (Bell) 22,01. 8 jaar en onder: 1. Grant Kritzinger (Vine) 20,31; 2. Andre du Toit (Chirc) 21,48; 3. Jurgens Henrico (Bost) 23,56. Vryslag: 100 m 12 jaar: 1. Angus Macdonald (Vine) 1:08,92; 2. Steven Loubser (Chirc) 1:12,72; 3. Willem vd Berg (Vine) 1:18,02. 11 jaar: 1. Boeta Heersink (Bell) 1:14,55; 2. Dirco du Toit (Tyger) 1:22,36; 3. Michael Liffman (Gord) 1:26,00. 10 jaar: 1. Craig du Preez (Chirc) 1:10,48; 2. Bennie du Preez (Bell) 1:18,14; 3. Dominique Gobat (Vine) 1:19,31. 50 m 9 jaar: 1. Gerhard Posthumas (Vine) 37,25; 2. Johann Killian (Bell) 39,29; 3. Shadley Samsodien (Chirc) 39,84. 25 m 8 jaar: 1. Grant Kritziner (Vine) 16,69; 2. André du Toit (Chirc) 16,77; 3. Justin Larsen (Cons) 18,47. 7 jaar: 1. Matthew King (Cons) 18,09; 2. Grant McGilvray (Vine) 19,88; 3. James Basson (Tyger) 20,89. 6 jaar en onder: 1. Larry Hasson (Gord) 23,95; 2. Michael Posthuma 25,69; 3. Stephan Ferreira (Stel) 28,58. Individuele wisselslag: 12 jaar: 1. Angus Macdonald (Vine) 1:22,04; 2. Steven Loubser (Chirc) 1:27,66; 3. Reinhardt Gerber (Paarl) 1:41,92. 11 jaar: 1. Boeta Heersink (Bell) 1:27,17; 2. Dirco du Toit (Tyger) 1:36,80; 3. Christopher Thornbarn (Paarl) 1:40,56. 10 jaar: 1. Criag du Preez (Chirc) 1:22,75; 2. Niall Krtizinger (Vine) 1:30,08; 3. Bennie du Preez (Bell) 1:30,15. 9 jaar: 1. Daniel de Villiers (Vine) 1:34,26; 2. Ian Pollard (Stel) 1:37,89; 3. Gerhard Posthumus (Vine) 1:38,28. 8 jaar en onder: 1. Grant Kritzinger (Vine) 1:34,69; 2. André du Toit (Chirc) 1:38,04; 3. Justin Larsen (Cons) 1:55,27. MEISIES Rugslag: 100 m 12 jaar: 1. Ruth Jarvis (Cons) 1:23,01; 2. Althea Burger 1:28,97. 11 jaar: 1. Nadine Ballot (Kampsb) 1:25,00; 2. Adrienne Snyman (Vine) 1:25,91; 3. Tino Crane (Vine) 1:33,75. 10 jaar: 1. Michelle Dosson (Vine) 1:28,56; 2. Elzanne Pretorius (Bell) 1:33,33; 3. Alana McCullagh (Vine) 1:34,45. 25 m 9 jaar: 1. Julie Thomson (Chirc) 21,48; 2. Lisa Cowley (Chirc) 21,73; 3. Helene Livesey 21,89. 8 jaar en onder: 1. Renate du Plessis (Bll) 20,65; 2. Nicki Grant (Bell) 22,58; 3. Sharon Pooley (Kampsb)22,83. Vryslag: 100 m 12 jaar: 1. Tessa Hoffman (Vine) 1:12,08; 2. Althea Burger 1:16,34; 3. Ruth Jarvis (Cons) 1:16,52. 11 jaar: 1. Laura Goff (Bost) 1:08,30; 2. Jennie Mullins (Cons) 1:14,20; 3. Adrienne Snyman (Vine) 1:14,26. 10 jaar: 1. Michelle Dosson (Vine) 1:15,83; 2. Alana McCullagh (Vine) 1:18,00; 3. Claire Dorrington (Vine) 1:22,15. 50 m 8 jaar: 1. Renate du Plessis (Bell) 16,73; 2. Nicki Grant (Bell) 18,74; 3. Sharon Pooley (Kampsb) 18,75. 25 m 9 jaar: 1. Julie Thomson (Chirc) 39,1; 2. Nicole da Silva (Gord) 39,42; 3. Lisa Cowley (Chirc) 39,45. 7 jaar: 1. Liné Griffiths (Bell) 24,80; 2. Bronwyn Watney (Bell) 26,27; 3. Erica Sporri (Vine) 27,28. 6 jaar en onder: 1. Natalie du Toit (Chirc) 21,15; 2. Ciska du Plessis (Bell) 24,28; 3. Emily Swiel (Gord) 26,04. Individuele wisselslag: 4x25 m 12 jaar: 1. Tessa Hoffman (Vine) 1:23,44; 2. Ruth Jarvis (Cons) 1:26,27; 3. Althea Burger 1:27,64. 11 jaar: 1. Laura Goff (Bost) 1:22,06; 2. Adrienne Snyman (Vine) 1:23,08; 3. Jennie Mullins (Cons) 1:25,33. 10 jaar: 1. Michelle Dosson (Vine) 1:26,86; 2. Alana McCullagh (Vine) 1:31,58; 3. Elzanne Pretorius (Bill) 1:33,08. 9 jaar: 1. Julie Thomson (Chirch) 1:37,88; 2. Lisa Cowley (Chirc) 1:40,17; 3. Helen Livesey 1:41,59. 8 jaar en onder: 1. Renate du Plessis (Bell) 1:40,44; 2. Sharon Pooley (Kampsb) 1:43,64; 3. Tanya Coeshall (Chirc) 1:53,23.

Driekuns vir Dosson

MICHELLE DOSSON van die klub Vineyard en Craig du Preez van CH & RC het driekunste behaal in die junior ligaswemgala wat Saterdag in Groote Schuur se bad gehou is. Dié byeenkoms was soos gewoonlik besonder gewild onder die kampioene in die wording. Verskeie goeie tye is ook opgestel.

SPORTNUUS VAN ORAL Waterpolo-speler lewenslank uit

JOHANNESBURG. - Die Oos-Transvaalse waterpolovereniging het 'n voormalige Oos-Transvaalspeler, Andy Wood van Benoni, lewenslank geskors nadat hy 'n skeidsregter te lyf gegaan het. Wood het die skeidsregter, Phil Hellig, verlede week tydens 'n ligawedstryd langs die swembad rondgepluk nadat dié hom die trekpas gegee het.

LEWIS PUGH (20) van Kampsbaai, 'n eerstejaarstudent in die regte aan die Universiteit van Kaapstad en deeltydse menseredder by Clifton, wat gisteraand om 9.55 nm. 'n uitdaging van sy vriende suksesvol by Kaappunt voltooi het. Dié uitdaging het uit drie skofte bestaan. Pugh het van Robbeneiland na Bloubergstrand geswem - 'n afstand van sowat 10km. Daarna het hy van Bloubergstrand na Tafelberg gedraf - 'n afstand van 35 km - en toe van Tafelberg na Kaappunt fietsgery - 'n afstand van sowat 70 km. Hy was veronderstel om agtuur gisteraand sy eindbestemming te bereik. Mnr. Kevin Fialkov, sy seun Laurie, en mnr. Daniel Kantor het Pugh vergesel - Laurie het saam met hom geswem waarna hulle hom per motor gevolg het. In sy Matriekjaar (1987) het Pugh van Robbeneiland na Bloubergstrand geswem. Verlede jaar het hy van Robbeneiland na Drieankerbaai geswem en daarna na Tafelberg gedraf.

SPORT-UITSLAE

SWEMOUDERDOMSGROEP (Nuweland) MEISIES VRYSLAG: 100: 10 en jonger: 1. Michelle Dosson (Cons) 1:13,54; 11 en 12: 1. Ruth Wright (GB) 1:10,06; 13 en 14: 1. Kate Leinberger (Vine) 1:03,65; 15 en 18: 1. Siobhan Williams (Vine) 1:01,93. BORSSLAG: 100: 10 en jonger: 1. Michelle Dosson (Vine) 1:38,36; 11 en 12: 1. Laura Goff (Bost) 1:29,90. 200: 13 en 14: 1. Nicola Clegg (GB) 2:50,80; 15 en 18: 1. Rowena Hugo (Vine) 3:19,98. VLINDERSLAG: 50: 10 en jonger: 1. Michelle Dosson (Vine) 39,34; 100: 11 en 12: 1. Anna Marie Breugem (Paarl) 1:26,52; 13 en 14: 1. Kate Leinberger (Vine) 1:10,47; 15 en 18: 1. Siobhan Williams (Vine) 1:09,59. RUGSLAG: 100: 10 en jonger: 1. Michelle Dosson (Vine) 1:26,77; 11 en 12: 1. Ruth Wright (GB) 1:24,37; 13 en 14: 1. Kirsten Thaning (CH/RC) 1:14,32; 15 en 18: 1. Liana Jordaan (Bell) 1:18,58. INDIVIDUELE WISSELSLAG: 200: 10 en jonger: 1. Michelle Dosson (Vine) 3:06,24; 11 en 12: 1. Kelly Miedema (Cons) 3:01,48; 13 en 14: 1. Mia Russell (GB) 2:43,68. VRYSLAG: 11 en 12: 1. Tracey Levin (CH/RC) 6:42,19; 13 en 14: 1. Kathy Gill (CH/RC) 5:37,64; 15 en 18: 1. Liana Jordaan (Bell) 5:00,09. SEUNS VRYSLAG: 100: 10 en jonger: 1. Craig du Preez (CH/RC) 1:11,36; 11 en 12: 1. Keith Sinclair (P) 1:05,03; 13 en 14: 1. Michael Pitt (Vine) 1:02,18; 15 en 18: 1. Pierre de Roubaix (Stel) 57,54. BORSSLAG: 100: 10 en jonger: 1. Naill Kritziger (Vine) 1:34,78; 11 en 12: 1. Kenneth Sinclair (Paarl) 1:25,11; 200: 13 en 14: Hayden Paar (Vine) 3:06,82; 15 en 18: 1. Heinrich Langner (Paarl) 2:52,79. VLINDERSLAG: 50: 10 en jonger: 1. Alexander Hawkins (Vine) 43,75; 100: 11 en 12: 1. Jaso du Preez (CH/RC) 1:13,25; 13 en 14: 1. Carl Coutts-Trotter (Vine) 1:06,18; 15 en 18: 1. Mikael Mendoca (Vine) 1:01,94. INDIVIDUELE WISSELSLAG: 10 en jonger: 1. Niall Kritzinger (Vine) 3:10,38; 11 en 12: 1. Kennett Sinclair (Paarl) 2:44,40; RUGSLAG: 100: 10 en jonger: 1. Jeremy MacDonald (Vine) 1:31,31; 11 en 12: 1 Simon Thirsk (GB) 1:16,57; 13 en 14: 1. Carl Coutts-Trotter (Vine) 1:13,50; 15 en 18: 1 Anton Voslamber (CH/RC) 1:20,10. INDIVIDUELE WISSELSLAG: 200: 10 en jonger: 1. Niall Kritzinger (Vine) 3:10,38; 13 en 14: 1. Johan de Bruijn (Vine) 2:41,87; 15 en 18: 1. Mikael Mendonca (Vine) 2:26,35. VRYSLAG: 400: 11 en 12: 1. Jason du Preez (CH/RC) 5:09,54; 13 en 14: Michael Pitt (Vine) 4:54,51. VRYSLAG OPE MANS: 1. Larry Kreel (UK) 56,99

Meyer reg vir Bok-span

Van LES BARNES PORT ELIZABETH. - Trevor Meyer, 20-jarige driekampatleet van Natal, kan maar die mates laat neem vir sy Springbok-driekampbaadjie. Meyer het eergister hier geskitter en Fedlife se Suid-Afrikaanse inter-provinsiale driekamptitel in ideale weer vanaf Hobiestrand gewen. Hy het die vinnige tyd van 1:53:46 aangeteken. Meyer het baie verbeter sedert hy verlede jaar in dieselfde kompetisie in Port Elizabeth sesde was in 1:59:10. Hy was ingesluit in die Junior Springbokspan wat teen die toerspan van Frankryk en teen die Springbokke deelgeneem het. Aangesien die SA keurders gewoonlik die eerste vyf deelnemers kies vir die Springbokspan en die volgende vyf vir die Junior Bokke sal dit 'n verrassing wees as Meyer nie ingesluit word in die Springbokspan wat ná die SA kampioenskapsbyeenkoms op 17 Maart in Kaapstad gekies word nie. Meyer,'n Natalse tweekampatleet en vooormalige swemmer, het in 1986 met driekamp begin. Die Springbok Deon Steyn (OVS) was die naaswenner in 1:56:18 en Andreas Lombardozzi (Tvl) was derde in 1:56:30. Greg Liefeldt (WP), die bekende WP en SAU- droommylatleet, was vierde in 1:56:35. Keith Anderson, die WP Springbok en SA rekordhouer het as individuele inskrywing geskitter om vyfde te kom in 1:57:46. Omdat Anderson nie in die WP span was nie kon WP nie onder die eerste vier spanne eindig nie. Kevin Richards (Natal), die voormalige Springbok- en OP-swemmer, was nog los voor na die tweede been. Richards was ver voor sy teenstanders ná die 1,5 km swem wat hy in 'n blitsige 19:32 afgelê het. Vanweë die koue water het baie van die deelnemers hulle onttrek na die swemwedstryd. Meyer was vyf sekondes vinniger as Deon Steyn om die vinnigste tyd in die 40 km-fietsry, wat die tweede been was. Meyer se tyd was 59:19. Meyer het ook die vinnigste tyd in die derde been - die padwedloop oor 10 km gehad. Sy tyd was 33:15. Liefeldt was die tweede vinnigte in 33:46. Jonathan Barber (OP), is beloon vir sy harde oefening met die sewende plek in 1:58:20. Hy het byna seker sy plek beklink in die Junior Springbokspan. Robert Klok (Grens) was 14de in 2:01:00. Die 26-jarige Lou-Ann Rivett (Tvl), 'n Junior Springbok, was die eerste vrou oor die wenstreep in 2:10:09. Renee Scott (WP) was die naaswenner in 2:11:36 en derde was Sibis Mouton (WP) in 2:12:37. Wiele Wentzel (WP), die bekende oud-Springbokfietsryer, wat 39ste was in die algehele uitslag in 2:09:20, was die eerste veteraan. Byron Lunderstedt (Tvl), wat vyftiende was, was die eerste junior in 2:01:01.

Swem is belangrik

FOTO: S/W HET VERSKYN (MNR. HASSIEM BESTER) DIT is baie noodsaaklik dan kinders so vroeg as moontlik geleer word om te swem, sê mnr. Hassiem Bester van Kensington, wat reeds jare die swem-instrukteur van die Walmers-swemklub is. Mnr. Bester se kinders blink self uit in die swembad. * Volgens mnr. Bester moet swem nie net gesien word as 'n sport nie. * ``Daar is baie min kinders wat deel neem aan kompetisies. Dit is egter noodsaaklik dat ouers en kinders ingelig moet word oor die noodsaaklikheid van swemlesse.''

Swemmers praat oor voordele van swem

Deur CARL VAN RENSBURG CRAIG KEARNS, 'n dertienjarige leerling aan die Senior Sekondêre Skool Harold Cressy in Kaapstad, is een van die Kaap se beste swemmers. Hy is een van die top-rugslag-swemmers in die land. ** Craig is lid van die Lotus-swemklub, en oefen saans van Maandae tot Saterdae vir minstens twee uur. Hy oefen ook elke tweede oggend. * Dit kos baie opoffering, sê Craig. Gedurende die swem seisoen is daar baie min tyd vir vriende of iets anders. ``Wanneer ek smiddae tuisskom gaan ek ²f slaap, ²f ek doen my huiswerk - dit hang af hoe moeg ek is. Daarna gaan ek oefen. Soms gaan oefen ek eers en doen dan my huiswerk.'' * Soms is die tyd baie min om te oefen, veral as die studies en huiswerk te veel raak. * Waararom het Craig besluit om aan swem kompetisies deel te neem? ``Ek het eers sokker gespeel, maar ek hou daarvan om dinge op my eie te doen. En swem het tot dusver nog net voordele vir my ingehou. * Vololgens Craig was hy effens oorgewig en die swem het hom gewig laat verloor. Hy voel ook baie gesonder, sterker en fikser. * Craig se raad aan ander swemmers. ``Moenie moed opgee nie, werk hard en binnekort sal julle ook resultate sien.'' ** Faiez Votersen van Athlone en Fazlin Gamieldien van Retreat deel Craig se siening oor die voordele van swem. * Faiez, 'n leering aan die Senior Sekondêre Skool Belgravia, is 'n baie skaam persoon, wat nie baie praat nie. Hy sê ook dat swem die beste oefening is vir die hele liggaam. ``Ek swem nie net om aan galas deel te neem nie, maar omdat ek dit ook geniet. Vir my is dit pret om te swem.'' * Selfs wanneer die swem-seisoen oor is, spandeer Faiez tot twee dae 'n week in die swembad. Hy tel ook gewigte op om sy arms sterk te maak, en hy sorg ook dat hy gesonde kos eet, veral kos ryk aan proteiene. * Fazlin sê dit kos baie opoffering om meededingend te swem. * ``Jy spandeer die meeste van jou tyd om te oefen, te studeer en om huiswerk te doen. 'n Mens raak egter gou daaraan gewoond,'' sê hy.

Kinders kry swemlesse in Plain

FOTO: BERIG HET AS ONDERSKRIF BY FOTO VERSKYN LINKS: Mev. Priscilla Hendricks, 'n onderwyseres van Mitchell's Plain, gee drie keer 'n week swemlesse aan kinders in die swembad in Wedstridge. Sy leer hulle die noodsaaklikheid van swem en watter noodmaatreëls hulle moet tref. Hier is sy besig om 'n groep beginners te leer swem. - Foto: Carl van Rensburg.

Broer, susters nie meer klublede - swem steeds

DIE Lawrence-gesin in Strandfontein is 'n familie wat graag swem. Stephen is 'n strand-konstabel en lewensredder, terwyl Crystal en die tweeling, Arlene en Aidy, albei voorheen aan 'n swemklub behoort het. Hulle bring steeds baie tyd deur by die swembad of die see. * Volgens Stephen kom daar 'n tyd wanneer jy voel jy het genoeg gehad van kompetisies. ``Maar ek en my susters gaan nog baie see toe om te swem.'' ** Vir Stephen het swem 'n helende uitwerking. ``Dit maak my kalm veral as ek 'n bietjie neerslagtig voel. Jy voel ontspanne en goed,'' sê hy. * Crystal vertel dat hulle van Strandfontein na Retreat moes reis om soggens en saans te oefen. ``Ons moes teen halfvyf soggens al opstaan. Dit was deel van die opoffering om aan 'n swemklub te behoort. * Hoewel die sukses en die resultate lekker was, het dit later vir ons te veel geword. Dit het ook duur geword om elke dag heen en weer te reis,'' sê sy.

ONS MAATS SE HOEKIE

Dagsê Maats Het julle ook baie keer langs die swembad gestaan en gewens julle kan swem? Of dalk het julle ingeklim, maar kon net staan, terwyl die ander kinders geduik het en hele swembad vol baljaar het? Wel, dit is nie meer nodig dat julle moet stilstaan nie. Julle kan baie maklik by julle naaste munisipale swembad gaan aanklop vir lesse. Dit kos nie te veel nie. Daar is ook mense met swembaddens by hul huise wat swemlesse gee. 'n Ander, en dalk die beste alternatief, is om by 'n swemklub aan te sluit. Indien daar in julle dorp nog nie een bestaan nie, kan julle gerus by jul onderwysers gaan aanklop en by hulle hoor of daar nie so 'n klub gestig kan word nie. In Mitchell's Plain is daar 'n swem-instrukteur wat drie keer 'n week lesse in die swembad in Westridge gee. Mej. Priscilla Hendricks, was self deel van 'n swemklub wat aan wêreld kampioenskappe deelgeneem het. Mej. Hendricks sê dat sy dit baie geniet om die kinders te leer swem. Sy meen dat die ouers hul kinders moet aanmoedig om te swem, sodat daar minder kinders sal verdrink. Mev. Hendricks sê boonop is swem pret, gesond en hou dit die liggaam fiks. En hoe jonger ons begin maats, hoe beter. Wanneer 'n mens swem vind jou hele liggaam by die oefening baat. Ek hoop ek kry later briewe van maats wat besluit het om te leer swem. Groete, tot aanstaande week. TANNIE DEBBIE

Top-swemmers weer in aksie

FOTO: S/W HET VERSKYN (YACOUB HAJWANI; P. NEETHLING; SIAN BENJAMIN; N. FREDERICKS; RIFDA BAKER; MARTHILEZE LAUBSHER) Deur CARL VAN RENSBURG SWEMMERS van die Paarl en Kaapse Skiereiland sal Vrydagaand, ná 'n lang blaaskans, weer in aksie wees. Die ope toernooi van die Wes-Kaaplandse Swemvereniging vind dan in die swembad van Retreat plaas. 'n Hele paar goeie vertonings word verwag aangesien al die top-swemmers dié gala sal gebruik ter voorbereiding van die SA kampioenskapstoernooi wat binnekort in Bellville-Suid plaasvind. Daar bestaan 'n groot moontlikheid dat Yacoub Hajwani (Lotus) 'n poging sal aanwend om sy eie rekord in die 100 m-vryslag vir mans te verbeter. Die rekord staan op 58,21 sek. Hajwani kan strawwe teenstand verwag van Garron Arendse (Paarl) en Eugène Julius (Dolphin). Nizaam Fredericks word as die gunsteling beskou om die rugslag vir mans te wen. Sy spanmaat van Manta, Rushdee Wareley, hou ook in dié nommer groot gevaar in. Fredericks behoort ook die 200 m-borsslag te wen. Sy tyd in dié nommer is 3:01,74. Riaan Benjamin van Retreat en Ebrahim Ismail van Manta moet egter nie afgeskryf word nie. Priscilla Neethling, puik swemmer van die Boland, is vanjaar weer goed op stryk. Die verwagting is dat Neethling strawwe teenstand van Desirée McKie van Retreat sal kry. Dié twee meet kragte in die 200 m-borsslag. Nayeed Najaar van Lotus, wat ook deesdae goed op dreef is, behoort ook die vryslag en rugslag oor 100 m maklik te wen. Nurjhan Abader van Manta lyk ontstuitbaaar in die afdeling vir meisies onder 14. Die verwagting is dat sy al die nommers in dié afdelings sal oorheers. Natalie Kulsen en Jelhaan Ismail van die Paarl en Fazlin Gamieldien (Retreat) kan hier ook mekaar goed opdreun. Fazlin Gamieldien kan in die 662/3-vryslag weer haar staal toon. Hier behoort Fatima Daniels (Lotus) en haar spanmaat Rifda Baker ook goed te vaar. Craig Kearns (Lotus) en Faiez Votersen (Manta) kan in die afdeling vir seuns o.14 mekaar lelik opkeil. In dié afdeling kan Elton Scullard dalk vir 'n verrassing sorg. Rowen Roberts en Allie Baderoen kan in die afdeling vir seuns o.12 uitblink. Shameela Orrie en Marthileze Laubscher kan in die afdeling vir meisies die kalklig steel. Lynn Julie van Bellville, Natasha Kruger (Paarl) en Sian Benjamin (Retreat) is die ander swemmers wat op die gala kan uitblink.

Swemmers byna piekfyn

Deur Ons Swemverslaggewer LEDE van die Westelike Provinsie se Cape Investment Bank Aquatic span is tans hard besig om top- vorm te bereik vir vanjaar se Speedo se nasionale swemkampioenskapsbyeenkoms, wat van 24 Februarie tot 3 Maart op Ellispark plaasvind. Ongetwyfeld een van die besigste lede van die span sal Siobhan Williams wees. Sy is lid van die 4x100 wisselslag-aflosspan waarin sy rugslag sal swem. Die ander lede is Nicola Clegg (borsslag), Delia Hopkins (vlinderslag) en Lucy Saunders (vryslag). Sy sal ook in die 100 en 200 rugslag, 100 vry- en vlinderslag, 200 individuele wisselslag asook die 50 vryslag in aksie wees. Mej. Williams is ook lid van die 4x50- en 4x100-aflosspanne. Vir Lucy Saunders lê daar ook 'n bedrywige program voor. Sy swem in die 100 en 200 rugslag, die 50 en 100 vryslag en die 200 individuele wisselslag. Carl Laubscher, die SA 200-rugslag-kampioen, swem saam met Pierre de Roubaix en Gareth Broberg in hierdie nommer. Sy spanmaats in die 4x100 wisselslagaflos is De Roubaix (vryslag), Martin Swan (vlinderslag) en Henri van Schaik (borsslag). Die Matie span sal ook aan die 200 en 400 individuele wisselslag sowel as die 100 en 200 vlinderslag en die 100 rugslag deelneem. De Roubaix oefen kliphard vir die 50 en 100 vryslag. Hy sal saam met Laurie Fialkoy , Andre Stadler en Gary Marlou probeer om die 4x100 vryslagaflos te wen. Daarby het hy hom laat inskryf vir die 200 rugslag. Mnr. Andre Olivier het gister gesê dat dit elke swemmer R427 sal kos om per vliegtuig na die Rand te reis. Swemmers moet hulle op Vrydag 23 Februarie om 18:30 by die D.F. Malan lughawe aanmeld. Die deelnemers word ook versoek om hulle op Sondag 18 Februarie om 9:00 by die Nuwelandse swembad aan te meld vir 'n spanfoto.

Veterane swem dat water spat

VIR swem is 'n mens nooit te oud nie. Dit was gisteraand duidelik toe vier swemmers ouer as 70 jaar deelgeneem het aan die eerste van twee galas vir Meesters in die Nuwelandse swembad. Colin Cable, wat einde vanjaar 80 word, Mel Bertholonew (77), Mellville Kurland (72) en Thomas Dunlop (77) het hul slag gewys en skaflike tye behaal. Daar was ook ander bekendes soos die plaaslike afrigters Aletta Momberg, Clara Aurik en Karoly Torros. Die bekende skeidsregter Allan Duncer het ook deelgeneem. Die beste vertoning is gelewer deur die bekende Belgiese langasem Annemie Landmeters. Sy het in die afdeling van 25 tot 29 jaar die 100 vlinderslag in 1:13,36 voltooi en later ook die 400 vryslag in 4 min. 57,43 gewen.

WP-Skole kies swemspan

DIE Westelike Provinsie se skole-swemspan wat tot 17 Maart in Kimberley aan die SA kampioenskapsgala deelneem, is gisteraand ná 'n hoogs suksesvolle gala bekend gemaak. Die span is: SEUNS: o.14: Jason Padley, Neil Jooste, Johan de Bruijn, Carl Scott, Matthew Copeland, Ockert Köhne; o.16: Mikael Mendonca, Matthew Scher, Harry Bell, D. Stewart, G. Donald, C. Selbourne-Boome; o.19: Owen Brown, Justin Atkins, Tyrone Oates, Henri van Schaik, Gareth Broberg, Jason Selby, Philip Myburgh, Jaco Engelbrecht. MEISIES: o.14: Riana de Jager, Sarah Gruft, Bianca von Schumann, Lucy Saunders, Susan Kipling, Paula Barrett-Smith; o.16: Siobhan Williams, Tessa Loftus, Kate Leinburger, Nicola Clegg, Claire Amner, Sally Hannant; o.19: Liana Jordaan, Delia Hopkins, Clare Deacon, Kirsten Thaning, Nicola Denny. Die duikspan is: Seuns: Mark Stodel (o.14), Grant Clark (o.16) Robert Costa (ope). Meisies: Nicola Brunt (o.14), Jeannine Forcioli (o.16), Jacinta Ferreira (ope).

Najaar stel nuwe rekord op in swem

Deur 'n Medewerker NAYEED NAJAAR, die Suid-Afrikaanse en Wes-Kaaplandse swemkampioen van die klub Lotus, het Vrydagaand die kalklig in die Retreat-swembad gesteel toe sy die vyfjaaroue rekord van Janice Botha (Manta) in die vryslag oor 662/3-tree vir vroue met 1,7 sekondes verbeter het. Dit was in die kort Leergang-swemgala, die sesde in die reeks van die Wes-Kaaplandse Swemvereniging. Die nuwe rekordtyd is 42,34 sek. Die Wagner-susters van die swemklub Manta, Melanie en Rolene, het onderskeidelik tweede en derde geëindig. Najaar het ook haar staal getoon in die 100 m-borsslag, terwyl Fatima Daniels die 100 m-vlinderslag vir vroue in 'n skaflike tyd gewen het. Yacoub Hajwani, die belowende swemmer wat die vlinderslag oor 100 m vir mans in 1:09,21 gewen het, het baie na aan die rekord van Derek Orderson (UWK) in die 662/3-tree vryslag gekom. Die rekord staan op 36,25 sek. en Hajwani het die afstand in 37,06 sek. afgelê. Faiez Voterson (Manta) het al drie sy nommers in die seuns o.13/14-afdeling gewen. Hy het die 200 m-vryslag (2:30,40 sek.), 100 m-borsslag (1:28,52), en die 4x662/3-tree individuele wisselslag (3:57,53 sek.) gewen. Shameela Orrie het die o.11/12-afdeling oorheers. Sy het die 200 m-borsslag (3:51,40) en die 100 m-vlinderslag (1:37,56) ingepalm, terwyl Lynn Julie van Bellville in die o.10-afdeling die 100 m-rugslag in 1:46,85 gewen het. Haar spanmaat, Tracey Boer, was tweede en Sian Benjamin derde. Fazlin Gamieldien van Rereat het die 200 m-vryslag vir meisies o.13/14 ingepalm. Haar tyd was 2:37,98, terwyl Nurjah Abader (Manta) die 100 m-rugslag in 'n goeie tyd van 1:37,50 sek. ingepalm het. Sy het ook die 4x662/3-tree individuele wisselslag 4:24,95 gewen. Allie Baderoen was die groot uitblinker in die o.11/12-afdeling vir seuns. Hy het die vryslag, borsslag en individuele wisselslag gewen.

SPORT-UITSLAE

SWEMWP-SKOLEGALA (Nuweland) SWEM Seuns o.14 200m individuele wisselslag: J. de Bruijn (Bis) 2:39,03; N. Jooste (P Roos) 2:43,62; S Dosson (Fair) 2:45,55. Meisies o.14 200m individuele wisselslag: L. Saunders (P V) 2:36,75; K. Gill (Berg) 3-01,86; W. Kruger (DF M) 3:13,34. Seuns o.16 200m individuele wisselslag: M. Mendonca (Pine) 2:22,37; D Finch (Bis) 2.43,54; A. Chitty (Wyn) 2:47,80. Meisies o.16 200m individuele wisselslag: V. Cowgill (Hers) 2:38,52; T. Loftus (Rhen) 2:38,73; K. Thaning (Hers) 2:59,76. Seuns o.19 200m individuele wisselslag: J. Atkins (Bost Hse) 2:30,13; D. Hadlow (DF M) 2:54,83. Meisies o.19 200m individuele wisselslag: L. Jordaan (Bell) 2:38,82; M. Russell (S P) 2:42,28; T. Saunders (P V) 3:00,10. Seuns o.14 50m vryslag: C. Scott (Bis) 28,09; M. Copeland (PSH) 28,65; O. Kohne (P Roos) 29,02. Meisies o.14 50m vryslag: L. Saunders (P V) 28,89 (R); P. barrett-Smith (C B) 30,17; S. Kipling (West) 30,42. Seuns o.16 50m vryslag: M. Scher (Herz) 26,52; C. Selborne-Boome (Bis) 27,57; G. Donald (Berg) 27,65. Meisies o.16 50m vryslag: K. Leinberg (Rust) 29,03; C. Amner (Rhen) 29,32; S. Hannant (S P) 29,72. Seuns o.19 50m vryslag: T. Oates (SAKS) 24,94; P. Myburgh (Bis) 25,25; J. Selby (Herz) 25,77. Meisies o.19 50m vryslag: D. Hopkins (Rust) 28,79; L. Jordaan (Bell) 30,15; M. Russell (S P) 30,36. Seuns o.14 100m borsslag: N. Jooste (P Roos) 1:20,69; H. Parr (Rond) 1:23,70; S. S. Duncan-Smith (Pine) 1:40,17. Meisies o.14 100m borsslag: B. von Schumann (Rhen) 1:25,08; S.Gruft (C B) 1:26,70; S. Kipling (West) 1:28,78. Seuns o.16 100m borsslag: A. thiart (P Roos) 1:14,89; H. Bell (P Roos) 1:15,14; B. Ball (SAKS) 1:19,18. Meisies o.16 100m borsslag: N. Clegg (Hers) 1:18,47 (R); C. Deacon (HHH) 1:19,33; C. Barnard (PMH) 1:27,24. Seuns o.19 100m borsslag: H. van Schaik (HHH) 1:13,78; J. Atkins (Bos Hse) 1:14,93; T. Oates (SAKS) 1:15,01. Meisies o.19 100m borsslag: L. Jordaan (Bell) 1:22,03; M. Russell (S P) 1:22,33; M. le Roux (Bell) 1:30,32. Seuns o.14 100m rugslag: J. Padley (Pine) 1:18,31; D. de Vries (SAKS) 1:19,74; G. White (Berg) 1:21,44. Meisies o.14 100m rugslag: R. de Jager (Bloem) 1:12,13; R. Jarvis (West) 1:24,65; D. grindley (PMH) 1:24,96. Seuns o.16 100m rugslag: D. Stewart (SAKS) 1:11,95; A. Voslamber (Rond) 1:17,20; C. Prendergast (Wyn) 1:18,65. Meisies o.16 100m rugslag: S. Williams (West) 1:12,01; L. Conradie (Berg) 1:21,75; M. Cowley (Rust) 1:22,35. Seuns o.19 100m rugslag: J. Spreckley (SAKS) 1:11,90; P. de Jager (P Roos) 1:12,06; G. Spenceley (Vreden) 1:22,14. Meisies o.19 100m rugslag: R. von Schumann (Rhen) 1:20,37; M. van Zyl (PMH) 1:25,05; A. Boshoff (G S) 1:26,08. Seuns Ope 200m vryslag: J. Engelbrecht (PSH) 2:13,28; D. van Wyk (DF M) 2:21,30. Meisies Ope 200m vryslag: C. Amner (Rhen) 2:17,68; L. Bamberger (HHH) 2:22,99; A. Greyling (De Kuilen) 2:31,92. Seuns Ope 200m rugslag: G. Broberg (P Roos) 2:21,90 (R). Meisies Ope 200m rugslag: K. Thaning (Hers) 2:37,77 (R). Seuns o.14 100m vryslag: C. Scott (Bis) 1:01,66; S. Dosson (Fair) 1:04,58; J. de Bruijn (Bis) 1:05,39. Meisies o.14 100m vryslag: L. Saunders (P V) 1:02,56; B. von Schumann (Rhen) 1:06,38; P. Barrett-Smith (C B) 1:08,11. Seuns o.16 100m vryslag: M. Scher (Herz) 57,91; A. Thiart (P Roos) 59,23; M. Pitt (Pine) 1:00,94. Meisies o.16 100m vryslag: C. Amner (Rhen) 1:03,27; K. Leinberger (Rust) 1:03,70; K. Thaning (Hers) 1:06,33. Seuns o.19 100m vryslag: T. Oates (SAKS) 56,92; P. Myburgh (Bis) 58,87; E. Miller (Herz) 59,11. Meisies o.19 100m vryslag: L. Jordaan (Bell) 1:05,09; L. Bamberger (HHH) 1:07,18; A. Greyling (De Kuilen) 1:07,37. Seuns o.14 100m vlinderslag: J. de Bruijn (Bis) 1:14,22; S. Dosson (Fair) 1:16,25; O. Kohne (P Roos) 1:17,68. Meisies o.14 100m vlinderslag: L. Saunders (P V) 1:11,31; B. von Schumann (Rhen) 1:15,00; L. de Jager (Bell) 1:22,22. Seuns o.16 100m vlinderslag: M. Mendonca (Pine) 1:01,91; C. Coutts-Trotter (Rond) 1:06,50; S. Marsh (Rond) 1:07,14. Meisies o.16 100m vlingerslag: S. williams (Wes) 1:09,30; T. Loftus (Rhen) 1:09,62; K. Leinberger (Rust) 1:13,26. Seuns o.19 100m vlinderslag: O. Brown (P Roos) 1:03,82. Meisies o.19 100m vlingerslag: D. Hopkins (Rust) 1:11,29; L. Jordaan (Bell) 1:14,39; M. Keyser (T V) 1:16,99. Seuns Ope 200m borsslag: H. van Schaik (HHH) 2:40,50; J. Atkins (Bost Hse) 2:50,88; H. Langner (Hug) 2:58,64. Meisies Ope 200m borserslag: N. Clegg (Hers) 2:49,65; C. Deacon (HHH) 2:50,04; C. Barnard (PMH) 3:12,54. Seuns Ope 6x50m vryslag: Biskop 2:49,39; Wynberg 2:52,06; D.F. Malan 3:05,70. Meisies Ope 6x50m vryslag: Rhenish 3:09,72; Rustenburg 3:09,98; Wynberg 3:11,99.

Leerling swem vir die WP-span

FOTO: S/W HET VERSKYN (RIANA DE JAGER) Van Ons Korrespondent STELLENBOSCH. - Riana de Jager, 'n st. 6-leerling van die Hoër Meisieskool Bloemhof hier, het onlangs op die WP-swemkampioenskapsbyeenkoms in Nuweland geskitter . Sy het ses goue medaljes en twee silwermedaljes verwerf en daarmee haar plek in die WP-vrouespan verseker. Die dertienjarige Riana is die jongste lid van dié span, wat van 26 Februarie tot 2 Maart aan die nasionale kampioenskapsbyeenkoms op Ellispark gaan deelneem. Die goue medaljes wat sy gewen het, was vir die 100m- en 400 m-vryslag in die o.14-afdeling, die 200m- en 400 m- individuele wisselslag en die 100m- en 200 m-rugslag. Riana is tans ook die houer van die WP-rekords vir die 100 m-rugslag vir meisies o.10 en o.12.

Swemmers maak gereed

FOTO: S/W HET VERSKYN (NAYEED NAJAAR) Deur CARL VAN RENSBURG GROOT belangstelling heers in die tiende nasionale swemtoernooi van die Amateur-Swemvereniging van Suid-Afrika (ASASA) wat binnekort in die swembad van Bellville-Suid gehou word. Die weeklange kampioenskapstoernooi begin Maandag, 5 Maart en word op Saterdag, 10 Maart afgesluit. Die finale voorbereidings vir dié swemgala het reeds begin. Ernstige spanpraatjies en die laaste oefeninge is al wat oorbly vir die meeste deelnemers. Die verwagting is dat nagenoeg 200 swemmers gaan meeding. Volgens mnr. M. Warley, voorsitter van die Wes-Kaaplandse Swemvereniging, is die Wes-Kaaplandse span druk besig met voorbereiding. ``Ons swemmers behoort goed voorberei te wees. Hulle oefen twee keer per dag (Maandae tot Vrydae) en ook Saterdae.'' Hy meen dat die groot ywer waarmee die afrigters, mnre. Charley Masters, Roland Wagner en mev. Beatrice Braaf, hul werk doen en die geesdrif wat deur die swemmers aan die dag gelê word, bevredigende uitslae sal waarborg. Die provinsies wat aan dié toernooi gaan deelneem is Wes-Kaapland, Boland, Oos-Kaapland, Grens, Natal en Suid-Transvaal. Die Wes-Kaaplandse span het die afgelope paar jaar dié toernooi oorheers, maar kan vanjaar strawwe teenstand verwag van Natal. Die vertoning van gesinchroniseerde swem behoort baie gewild te wees. Hieraan neem Suid-Transvaal, die Boland en Wes-Kaapland deel. Die Wes-Kaaplandse swemmers behoort vir talle hoogtepunte te sorg. Nayeed Najaar, Cindy Masters en Desiree McKie (vroue), Yacoub Hajwani (mans), Rushdee Warley (o.16), Craig Kearns, Faiez Votersen (o.14), Shameela Orrie (o.12), Lynn Julie en Sian Benjamin (o.10) is almal swemmers van die Wes-Kaapland wat kan uitblink. Dié swemmers sal daarop uit wees om op hul vorige rekords te verbeter, maar sal nie hul teenstanders kan onderskat nie. Priscilla Neethling (vroue), Zona Anderson (o.16), Marthileze Laubscher (o.12), Stuart du Plessis (o.12) en Natasha Kruger (o.10) is die swemmers van die Boland wat vir hul span die medaljes kan inpalm. Natal behoort ook 'n baie sterk span saam te stel. Dit is veral die Meth-broers, Keith, Brenton en Rowen, wat dopgehou sal moet word. Dié drie kan kwaai teenstand bied aan Nizaam Friedericks en Yacoub Hajwani. In die afdeling vir meisies onder 14 behoort Nurjhan Abader in 'n taai tweestryd gewikkel te wees met Trichelle Glover (Natal).

De Villiers swem puik

MARGA DE VILLIERS was gisteraand op die Meesters-swemgala in die Nuwelandse swembad een van die uitblinkers. Sy het in die afdeling van 35 tot 39 jaar die 50 rugslag, 200 borsslag en 50 vlinderslag in goeie tye gewen. Die gewese Nataller Gail McCarney het ook in die borsslag vir swemmers van 35 tot 39 jaar uitgeblink. Die oud-Springbok Aletta Momberg het in die 200 individuele wisselslag van 30 tot 34 jaar 'n besonder goeie tyd van 5:56,64 opgestel.

SPORT-UITSLAE

SWEMWP JUNIOR KAMPIOENSKAPSBYEENKOMS (Groote Schuur) Meisies: Vlinderslag 12 jr: 1. Tessa Hoffman (Vine) 37,48; 2. Marna Esterhuysen (Stell) 42,12; 3. Nicole Mc Creedy (Bell) 46,94. 11 jr: 1. Laura Goff (Bost) 15,80; 2. Nadine Ballot (K Baai) 16,77; 3. Jennie Mullins (Cons) 16,78. 10 jr: 1. Amanda Clegg (K Baai) 16,69; 2. Alana McCullagh (Vine) 17,67; 3. Nicole Raubenheimer 18,58. 9 jr: 1. Julie Thomson (CH&PC) 18,59; 2. Simone Wiese (Cons) 23,75; 3. Maryanne Wegner (Cons) 24,42. 8 en onder: 1. Renate du Plessis (Bell) 19,94; 2. Nickie Grant (Bell) 19,94; 3. Kathryn Johnson (Vine) 21,52; 100 m Borsslag 12 jr: 1. Tessa Hoffman (Vine) 1:34,40; 2. Nicole Mc Creedy (Bell) 1:36,40; 3. Marna Esterhuise (Stel) 1:39,33. 11 jr: 1. Laura Goff (Bost) 2. Adrienne Snyman (Vine) 41,94; 3. Jennie Mullins (Cons) 48,83. 10 jr: 1. Amanda Clegg (K Baai) 43,89) 2. Talita Rossouw (Bell) 46,33) 3. Helen Livesey (Vine) 46,83). 25 m Borsslag, 9 jr: 1. Nicolette da Silva Gord) 23,06; 2. Gina Rodriques (CH&RC) 23,48); 3. Tarryn Hayden (Vine) 23,78. 8 en onder: 1. Renate du Plessis (BellI) 2. Nicki Grant (Bell) 24,97; 3. Sharon Pooley (K Baai) 25,42. 100 m Vryslag, 12 jr: 1. Tessa Hoffman (Vine) 1:13,31; 2. Althea Burger 1:22,42; 3. Marna Esterhuysen (Stel) 1:22,73. 50 m Vryslag, 11 jr: 1. Laura Goff (Bost) 32,67; 2. Jenie Mullins (Cons) 33,36; 3. Michelle Dosson (Vine) 33,50. 10 jr: 1. Amanda Clegg (K Baai) 34,11; 2. Elzanne Pretorius (Bell) 34,98;3. Alana Mc Cullagh (Vine) 35,78. Rugslag 25 m: 1. Julie Thomson (CH&RC); 2. Sanya du Plessis (Stel), 3. Tarryn Hayden (Vine) 22,42). 8 en onder: 1. Renate du Plessis (Bell) 22,91; 2. Anouk Miedema (Cons) 23,58; 3. Nicki Grant (Bell) 24,14. Vryslag, 7 jr: 1. Line Griffiths (Bell) 22,20; 2. Bronwyn Watney (Bell); 3. Erica Sporri (Vine) 33,17. 6 en onder: 1. Natallie du Toit (CH&RC) 21,51; 2. Ciska du Plessis (Bell) 21,77; 3. Emily Swiel (Gord) 24,37. Seuns: 50 m Rugslag, 12 jr: 1. Angus Macdonald (Vine); 2. David Brener (CH&RC) 39,92; 3. Marcel Villet (Stel) 40,61. 11 jr: 1. Andreas le Roux (Vine) 38,19; 2. Boeta Heersink (Bell) 39,19; 3. Robert Gill (CH&RC) 44,72. 25 m, 10 jr: 1. 1. Craig du Preez (CH&RC); 2. Carl Sporri (Vine) 17,91; 3. Niall Kritzinger (Vine) 19,52. 4 x 25 m Individuele Wisselslag, 12 jr: 1. Angus Macdonald (Vine) 1:24,99; 2. Steven Loubser (CH&RC) 1:30,14; 3. Marcel Villet (Stel) 1:31,03. 11 jr: 1. Andreas le Roux (Vine) 1:20,37 2. Boeta Heersink (Bell) 1:27,58; 3. Grant Mc Kinner (Vine) 1:32,85. 10 jr: 1. Craig du Preez (CH&RC) :24,86; 2. Niall Kritzinger (Vine) 1:29,00; 3. Alexander Hawkins (Vine) 1:31,21. 9 jr: 1. Daniel de Villiers (Vine) 1:32,26; 2. Gareth Russel (K Baai) 1:36,48; 3. Gerhard Posthumus (Vine) 1:43,21. 8 en onder: 1. Grant Kritzinger (Vine) 2. Andre du Toit (CH&RC) 1:39,50; 3. Justin Larson (Cons) 1:53,72. 25 m Vryslag, 9 jr: 1. Gareth Russel (K Baai) 16,80; 2. Gerhard Posthumus (Vine) 17,08; 3. Jaco Ludick (Bell) 17,39. 8 jr: 1. Grant Kritzinger (Vine) 16,84; 2. Andre du Toit (CH&RC) 16,94; 3. Gary Cornelius (Stel) 18,

Aquarama-swemklub spog met 17 provinsiale swemmers

BELLVILLE. - Mnr. Heinz Dittrich, afrigter van die swemklub Bellville-Aquarama, het vanjaar gewys daar is min afrigters wat vir hom kan kers vashou. Die klub het vanjaar skitterend gepresteer deurdat sewentien lede vanjaar provinsiale kleure verwerf het. Mnr. Dittrich se suksesresep as afrigter het jare gelede begin toe sy dogter laaste in 'n swemkompetisie geëindig het. Hy het daar en dan besluit hy beskik self oor die kennis om haar af te rig en het dit begin doen. SANLAM Hy het toe ook begin om die swemmers van Bellville se swemklub af te rig. Daarna was hy sewe jaar lank afrigter by Sanlam se swemklub. Twee jaar gelede het hy begin met die afrigting van die swemklub Bellville-Aquarama. Mnr. Dittrich het gesê hy skryf sy sukses toe aan die feit dat hy hom op hoogte hou van die nuutste afrigtingsmetodes. Hy gaan elke tweede jaar oorsee vir opleiding om sy kennis van sport te verbreed. KUSUSSE Hy volg dan in die buiteland kursusse in voeding en oefening met gewigte, en het reeds 'n sertifikaat vir swemafrigting in Engeland verwerf. Hy hou homselfs ook op die hoogte van gebeure deur gereeld die nuutste sportleesstof te bestudeer. Kennis wat hy só opdoen, gebruik hy om die swemmers beter af te rig. Mnr. Dittrich het gesê hy bestempel homself as 'n wetenskaplike afrigter. AKTIEF As 'n jong man het hy verskeie sportsoorte beoefen en vandag ishy steeds baie. Drie jaar gelede het hy die Suid-Afrikaanse rekord in die tweekamp (swem en hardloop) vir veterane verbeter. Hy was ook bevoorreg om Marianne Kriel, wat op die ouderdom van 14 die vinnigste Suid-Afrikaanse vryslag-swemster was, af te rig. 'n Foto van die klub se swemmers verskyn vandag op die sportblad.

FOTO: BERIG HET AS ONDERSKRIF BY FOTO VERSKYN SEWENTIEN lede van die swemklub Bellville-Aquarama het vanjaar provinsiale kleure verwerf. Hier is hulle by hul afrigter, mnr. Heinz Dittrich (heel regs, agter). Hulle is (agter van links) Blue Hodlow, René-Louise Heyns, Justin Atkins, Liana Jordaan, Corné van Rooy, Annemarie Greyling, Deon van Wyk, Nicky McLoughlin en mnr. Dittrich. Voor is Natalie Visagie, Pieter van Wyk, Lydia de Jager, Tertius Beneke, Mariechin Pienaar, Casper-Cobus Koorts en Nikki Purdy. Justin en Liana is in die WP se swemspan vir hoër skole opgeneem en die ander in Boland se swemspan vir hoër skole. Renate du Plessis en Boeta Heersink wat in die WP se swemspan vir laer skole opgeneem is, was afwesig toe die foto geneem is.

Drie SA rekords spat in swemtoernooi

Deur CARL VAN RENSBURG BELLVILLE-SUID. - Drie nuwe SA rekords is gister op die openingsdag van die Amateur-swemvereniging van Suid-Afrika se kampioenskapstoernooi verbeter. Dié weeklange toernooi word in die swembad van Bellville-Suid gehou. Die Bolander Stuart du Plessis het in die afdeling vir seuns 11/12 die 100 m-borsslag-rekord van Yacoub Hajwani (1:26,50) verbeter. Die nuwe rekord staan nou op 1:22,19. Craig Kearns (Wes-Kaapland) het die rekordboeke in die afdeling vir seuns 13/14 herskryf toe hy 'n nuwe rekord (27,28 sek.) in die 50 m-vryslag opgestel het. Die ou rekord was 27,54 sek. Merlin Fredericks van Natal (seuns onder 10) het ook vir 'n nuwe rekord (1:09,85) gesorg in die 100 m-vryslag. Lynne Julie (Wes-Kaapland) het goed vertoon in die 100 m-vryslag vir meisies onder 10. Sy het dié nommer in 'n tyd van 1:20,99 gewen. Krishnee Naidoo (Natal) en Belinda Coetsee (WK) was onderskeidelik tweede en derde. Julie het ook die 50 m-vryslag gewen in 'n tyd van 35,57 sek. Natasha Kruger (Boland) was tweede en Michelle Hendricks derde. In die afdeling vir seuns onder 16 het Craig Kearns die 50 m-vryslag (eerste uitdun) in 'n tyd van 27,09 sek. gewen. Garron Arendse het die tweede uitdun gewen in 'n tyd van 27,46. *Volledige uitslae: Mans ope: 200 m-rugslag: 1. N. Fredericks (WK: 2:44,30), 2. H. Barends (WK), 3. S. Elie (OK). Tweede uitdun - R. Wareley (WK: 2:35,50), E. van der Hoven (Boland), 3. A. Jagasur (Natal). 100 m-borsslag - 1. R. Meth (Natal: 1:19,79); 2. R. Benjamin (WK), 3. A.Adams (Boland). Tweede uitdun - B. Meth (Natal: 1:16,75), 2. I. Kara (Boland), 3. G. Uren (ST). 200 m-vryslag - R. Meth (Natal: 2:11,61); N. Fredericks (WK); L. van Wyk (OK). Tweede uitdun - B. Meth (Natal: 2:12,20), K. Meth (Natal), S. Fredericks (WK) *Seuns 15/16 - 800 m-vryslag - 1. D. Fredericks (Natal: 10:39,97) 2. H. Barends (WK), 3. A. Moorgas (Natal). 100-vlinderslag - 1. C. Pillay (Natal: 1:08,11); G. Arendse (Boland); S. Richard (Natal). Tweede uitdun - 1. R. Wareley (WK: 1:08,63) 2. E. van der Hoven (Boland), 3. F. Votersen (WK). 100 m-borsslag - 1. C. Pillay (Natal: 1:21,26); A. Adams (Boland), 3. G. Uren (ST). 50 m-vryslag - 1. C. Kearns (WK: 27,09), 2. S. Fredericks (WK), C. van Rensburg (OK). Tweede uitdun: 1. G. Arendse (Boland (27,46), 2. D. Fredericks (Natal), 3. R. Peters (ST) Seuns 13/14 - 50 m-vryslag - 1. C. Kearns (nuwe rekord: WK 27,28), 2. M. Husselman (OK), 3. S. Singh (Natal). Tweede uitdun - F. Votersen (WK: 27,60), 2. J. Starkey (ST), 3. G. Howard (OK). 200 m-borsslag - 1. P. Ludde (Natal: 3:11,99), 2. N. Garshon (ST), 3. D. Hendricks (Boland) Tweede uitdun - 1. E. Scullard (WK: 3:11,19), 2. G. Howard (OK), 3. S. Naidoo (Natal). Seuns 11/12 - 100 m-vryslag - 1. S. Du Plessis (Boland: 1:09,27), 2. C. Jooste (OK), 3. E. Meyer (Boland). Tweede uitdun - 1. A. Baderoen (WK: 1:09,03), 2. A. Harris (WK), 3. A. Patel (Natal). 100 m-borsslag - 1. S. Padayachee (Natal: 1:32,79), 2. C. Jooste (OK), 3. M. Fernandus (WK). Tweede uitdun - 1. S. du Plessis (Boland - nuwe rekord - 1:22,19), 2. B. Clarivette (Natal), 3. R. Bedford (WK). Seuns onder 10 - 100 m-vryslag - 1. S. Najaar (WK: 1:22,76), 2. H. Arendse (Boland). 3. A. Tennant (ST). Tweede uitdun - 1. M. Fredericks (Natal: nuwe rekord 1:09,85), 2. N. Lottering (WK), 3. V. Marimuthu (Natal). 100 m-rugslag - 1. D. Lester (Natal: 1:35,78), 2. B. van Schoor (Boland), A. Tennant (ST). Tweede uitdun - 1. M. Fredericks (Natal: 1:24,36), 2. Z. Votersen (WK), 3. H. Arendse (Boland). Meisies 11/10 - 100m vryslag - L. Julie (WK: 1:20,99), 2. K. Naidoo (Natal), 3. B. Coetzee (WK) Tweede uitdun - 1. N. Kruger (Boland: 1:19,68), 2. S. Rampersade (natal), 3. M. Hendricks (Boland). 50 m-vryslag - 1. L. Julie (WK: 35,57), 2. N. Kruger (Boland), 3. M. Hendricks (Boland). Tweede uitdun - R. Rampersade (Natal: 37,90), 2. K. Naidoo (Natal), 3. W. Tape (WK).

Swembaddens in Kimberley gou oop

Van Ons Korrespondent KIMBERLEY. - Openbare swembaddens onder die beheer van die Kimberleyse stadsraad word op 12 Maart vir alle bevolkingsgroepe oopgestel. Die stadsraad het dié aanbeveling op sy maandelikse vergadering aanvaar nadat die raad reeds voorheen in beginsel besluit het om die swembaddens oop te stel. 'n Komitee is toe aangewys om ondersoek in te stel na en aanbevelings te doen oor die inwerkingstelling van die besluit. Ná 'n beroep op lede van die Konserwatiewe Party in die stad om die openbare galery op die vergadering te vul, het net sewentien lede van die party opgedaag. Hulle het uitgestap net nadat die stadsraad die oopstelling van die swembaddens eenparig aanvaar het.

FOTO: BERIG HET AS ONDERSKRIF BY FOTO VERSKYN DIE swemspan van die Boland wat vandeesweek aan die weeklange interprovinsiale toernooi van die Amateur-Swemvereniging van Suid-Afrika (Asasa) deelneem. In die agterste ry, met die pet op, staan mnr. Reynardt van Schoor (afrigter). Die spanbestuurder, mnr. S. America, en die ander afrigter, mnr. I. Kock, staan heel regs in die agterste ry.

Swem-rekords spat op SA toernooi

FOTO: S/W HET VERSKYN Van CARL VAN RENSBURG BELLVILLE-SUID. - Stuart du Plessis (seuns o.11/12) het gister hier in die swembad van Bellville-Suid sy tweede SA rekord binne twee dae opgestel tydens die Amateur-Swemvereniging van SA se interprovinsiale kampioenskapstoernooi. Du Plessis se nuwe rekord in die 200 m-borsslag staan nou op 3:06,27. Dit was een van vyf nasionale rekords wat gister gespat het. Du Plessis het ook die eerste plek in die 200 m-indivuduele wisselslag en 100 m-vryslag behaal. In die afdeling vir mans het Brendon Meth (Natal) 'n rekordtyd van 2:11,51 in die 200 m-vryslag opgestel. Hy het die ou tyd van sy broer Keith (2:11,73) met 22,0 sek. verrbeter. In dieselfde afdeling het Yacoub Hajwani die 100 m-vlinderslag in 1:02,82 gewen. Lynne Julie van die Wes-Kaap en Natasha Kruger van die Boland het albei die rekord van Ursula Petersen (1:18,20) in die 100 m-vryslag verbeter. Julie se tyd was 1:17,23 en Kruger sy tyd 1:17,47. Die aflos-span van die Wes-Kaapland (seuns 13/14) het 'n nuwe nasionale rekord opgestel in die 400 m-wisselaflos. Die tyd van 4:21,57 het dié van Natal (4:22:17) met 0,6 sek. verbeter. Merlin Fredericks, die 10-jarige Natalse swemmer, het sy tweede nasionale rekord verower toe hy die 200 m-borsslag vir seuns onder 10 in 'n nuwe tyd van 1:34,72 gewen het. Hy het sy eie rekord van 1:36,20 verbeter. Emile van der Hoven (Boland) het 'n groot verrassing gelewer toe hy in die 400 m-individuele wisselslag vir mans met die gunsteling, Chris Pillay, afgereken het. Van der Hoven het met sy wentyd van 5:38,37 sy eerste goue medalje ingepalm. Pillay was tweede (5:43,32) en Rushdie Wareley derde. & cchar15; Die volledige uitslae: MANS 100 m-vlinderslag: 1. Y. Hajwani (WK: 1:02,82), 2. K. Meth (Natal) 3. S. Elie (OK) Tweede uitdun: 1. A. Jagasur (Natal: 1:09,56), 2. B. Meth (Natal), 3. W. Adonis (ST). 200 m-vryslag: 1. B. Meth (nuwe rekord: Natal: 2:11,51 ), 2. R. Meth (Natal), 3. B. Meth (Natal). 200 m-borsslag: 1. R. Meth (Natal: 3:04,95), 2. A. Adams (Boland), 3. M. Talliard (Boland) Tweede uitdun: 1. B. Meth (Natal: 3:01,02), 2. R. Benjamin (WK), 3. G. Uren (ST). 400 m-vryslag: 1. R. Meth (Natal: 4:43,64), 2. E. Julies (WK), 3. S. Elie (OK). Tweede uitdun: 1. K. Meth (Natal: 4:46,16), 2. B. Meth (Natal), 3. N. Fredericks (WK). 100 m-borsslag: 1. B. Meth (Natal: 1:21,72), 2. I. Khara (Boland), 3. G. Uren (ST). 200 m-vlinderslag: 1. Y. Hajwani (WK: 2:33,64), K. Meth (Natal), E. van der Hoven (Boland). VROUE 800 m-vryslag (finaal): 1. P. Neethling (Boland: 11:26,57), 2. C. Masters (WK), 3. R. Chetty (Natal). 100 m-borsslag (finaal): 1. D. McKie (WK: 1:30,75), 2. R. Naidoo (Natal), 3. E. Naicker (Natal). 200 m-vryslag (finaal): 1. N. Najaar (WK: 2:30,70), 2. P. Neethling (Boland), 3. M. Wagner (WK). SEUNS 15/16: 400 m-individuele wisselslag: 1. E. van der Hoven (Boland: 5:38,37), 2. C. Pillay (Natal), 3. R. Wareley (WK). 200 m-vryslag: 1. C. Pillay (Natal: 2:30,83), 2. D. Fredericks (Natal), 3. H. Barends (WK). Tweede uitdun: 1. E. van der Hoven (Boland: 2:40,20), 2. G. Arendse (Boland), 3. R. Wareley (WK). 200 m-individuele wisselslag: 1. A. Adams (Boland: 2:22,75), 2. H. Barends (WK), C. Pillay (Natal). Tweede uitdun: 1. S. Fredericks (WK: 2:16,23), 2. D. Fredericks (Natal), 3. G. Arendse (Boland). 400 m-vryslag: 1. H. Barends (WK: 5:09,30), 2. A. Willemse (WK), 3. R. Peters (ST). Tweede uitdun: 1. F. Rawat (Natal: 5:06,27), 2. D. Fredericks (Natal), 3. B. Meyers (Grens). SEUNS 13/14: 50 m-vryslag: 1. F. Votersen (WK), 2. C. Kearns (WK), 3. G. Howard (OK). 200 m-rugslag (finaal): 1. C. Kearns (WK: 2:44,79), 2. E. Scullard (WK), 3. M. Husselman (OK). 100 m-vryslag: 1. C. Kearns (WK: 1:03,02), 2. M. Husselman (OK), 3. J. Williams (Natal). Tweede uitdun: 1. F. Votersen (WK: 1:03,33), 2. G. Howard (OK), 3. J. Starkey (ST). 400 m-wisselslag-aflos: 1. WK (nuwe rekord: 4:21,57) 2. Oos-Kaap 3. Natal. SEUNS 11/12 100 m-vryslag (finaal): 1. S. du Plessis (Boland: 1:08,32), 2. A. Baderoen (WK), 3. A. Patel (Natal). 100 m-rugslag (finaal): 1. A. Baderoen (WK: 1:24,48), 2. R. van der Hoven (Boland), 3. P. van der Merwe (ST). 200 m-individuele wisselslag: 1. A. Baderoen (WK: 2:52,00), 2. R. Roberts (WK), 3. C. Jooste (OK). Tweede uitdun: 1. S. du Plessis (Boland: 2:59,45), 2. A. Patel (Natal), 3. A. Meyer (Boland). 200 m-borslag: 1. S. du Plessis (Boland: nuwe rekord 3:06,27), 2. M. Fernandus (WK), 3. A. Patel (Natal). Tweede uitdun: B. Clarivette (Natal: 3:18,80), 2. R. Bedford (WK), 3. C. Jooste (OK). SEUNS o.10 50 m-rugslag: 1. D. Lester (Natal: 43,46), 2. B. van Schoor (Boland), 3. C. Campbell (ST). Tweede uitdun: M. Fredericks (Natal: 38,23), 2. Z. Votersen (WK), 3. A. Tennant (ST). 100 m-borsslag (finaal): 1. M. Fredericks (Natal: nuwe rekord 1:34,72), 2. D. Jacobs (ST), 3. Votersen (WK). 100 m-vryslag (finaal): 1. M. Fredericks (Natal: 1:10,55), 2. N. Lottering (WK), 3. S. Najaar (WK). 50 m-vryslag: 1. N. Lottering (WK: 36,77) 2. A. Tennant (ST), 3. B. van Schoor (Boland). Tweede uitdun: 1. M. Fredericks (Natal: 31,01), 2. S. Najaar (WK), 3. V. Marimuthu (Natal).

Swemgala van baan oor gekleurdes

Van Ons Spesiale Verteenwoordiger CAROLUSBERG. - Groot teleurstelling heers onder onderwysers, ouers en veral leerlinge omdat die jaarlikse swemgala van die Namakwalandse laer skole, wat vandag hier sou plaasvind, afgestel is nadat deelnemers deur hul ouers onttrek is. Na verneem word, is die rede vir die onttrekkings die teenwoordigheid van 'n paar gekleurde leerlinge van die private skool van die De Beers-diamantmaatskappy op Kleinsee. GEKELDER Mnr. Johan Cronjé, skoolhoof van Carolusberg, wat as gasheer sou optree, het gesê dit is vir hom 'n ``baie hartseer storie''. Hy het gesê hulle het volgens beleid die ouers in kennis gestel van die deelname van gekleurde leerlinge. Van die ouers van kinders van sommige skole het toe beswaar gemaak en hul kinders onttrek. Op die vraag hoekom die gala nie kon voortgaan nie, het mnr. Cronjé verduidelik dat daar baie organisasie en reëlings aan verbonde is en dat dit nie die moeite werd sou wees nie. Op goeie gesag is verneem dat daar wel besluit is om met die gala voort te gaan, maar dat die skoolkomitee toe die besluit gekelder het. Die hoof van die laer skool op Springbok, dr. C. Burger, het gesê hy wil nie kommentaar lewer nie. Die skoolhoof op O'Kiep, mnr. Tinus van Zyl, het gesê: ``O'Kiep was net 'n gas. Ons sóú gaan deelneem het en nou is dit afgestel. Nou berus in die besluit.'' VOORTAAN Na verneem word, was daar van Aggeneys en Alexanderbaai besware. Die hoofde van die laer skole daar kon egter nie bereik word vir kommentaar nie. Mnr. James Stone, voorsitter van die Namakwalandse SDR en voorsitter van die skoolkomitee op Springbok, het gesê: ``Ons het alles in ons vermoë gedoen om die gala te laat voortgaan. Hierdie gala is nou afgestel, maar voortaan sal uitnodigingsbyeenkomste gehou word. En dan gaan óns voort wat geen besware daarteen het dat ons kinders teen gekleurdes deelneem nie.''

SA toernooi in Bellville Top-swemmers mik na goud

FOTO: S/W HET VERSKYN Van CARL VAN RENSBURG BELLVILLE-SUID. - Die verwagting is dat talle nasionale rekords vanaand hier in die swembad van Bellville-Suid gaan spat wanneer die interprovinsiale toernooi van die Amateur-Swemvereniging van Suid-Afrika (Asasa) sy hoogtepunt bereik. Spanne van die Boland, Wes-Kaapland, Natal, Oos-Kaapland, Suid-Transvaal en Grens neem aan hierdie kampioenskapstoernooi deel. Met die uitdunrondes nou iets van die verlede, sal die swemmers alles wil uithaal om die medaljes te verower. Drie spanne - die Wes-Kaapland, Boland en Natal - het tot dusver die toernooi oorheers. Dié drie provinsies sal vanaand weer alles in die stryd werp om bo uit kom. Die drie Meth-broers - Rowen, Keith en Brenton - sal hulle stempel in die afdeling vir mans wil afdruk. Hulle kan egter taai teenstand verwag van Yacoub Hajwani (Wes-Kaap) en Emile van der Hoven (Boland). Hajwani behoort die 100 m-vlinderslag te wen. Die verwagting is dat hy die rekord van Gavin Hendricks van die Oos-Kaapland (1:03,44) sal oortref. Hy het in die uitdunronde so byna die rekordboeke herskryf. Hy het toe die nommer in 'n tyd van 1:03,82 voltooi. Keith Meth (Natal) en Ashwin Jagasur (Natal) behoort ook in dié nommer goed te vaar. Hajwani het eergister sy eerste goue medalje verower toe hy die 200 m-vlinderslag gewen het. Sy tyd was 2:33,64. In die afdeling vir vroue behoort die kompetisie ook straf te wees. Die verwagting is dat Priscilla Neethling, Rene Chetty, Cindy Masters, Melanie Wagner en Hildegard Duimpies (Boland), en Naheed Najaar (Wes-Kaapland) in dié afdeling goed sal vaar. Riana Alfreds van die Wes-Kaaplandse span kan die afdeling vir meisies o.16 oorheers. Sy het reeds die goue medalje in die 400 m-individuele wisselslag (6:30,90) verower. Sy kan egter kwaai teenstand verwag van Shireen Harper van Natal. In die afdeling vir meisies 13/14 kan Trichelle Glover van Natal dinge oorheers. Sy sal veral in die rugslag- en vryslagnommers dopgehou moet word. Nurjhan Abader, Fazlin Gamieldien en Fatima Daniels van Wes-Kaapland is ook goed op stryk. Hulle behoort ook medaljes vir hul span in te palm. Shamiela Orrie (Wes-Kaap) sal in die afdeling vir meisies o.12 kwaai teenstand kry van Marthelize Laubscher (Boland). Donna Murray (Wes-Kaap) en Celeste Doherty (Natal) moet egter nie afgeskryf word nie. Lynne Julie van die Wes-Kaapland, Natasha Kruger (Boland) en Krishnie Naidoo van Natal behoort mekaar goed op te dreun in die 50 m-rugslag. Julie kan dalk hier die beste vaar. Haar beste tyd is 42,62 sek., terwyl Naidoo (43,30) en Kruger (44,81) ook nie onderskat kan word nie. Stuart du Plessis (Boland), wat reeds twee rekords verpletter het, gaan moeilik geklop word in die afdeling vir seuns 11/12. Hy behoort vanaand die 200 m-individuele wisselslag te wen. Hy sal egter moet lig loop vir Allie Baderoen (Wes-Kaap). Craig Kearns, Faiez Votersen en Elton Scullard (almal Wes-Kaapland) kan ook sorg vir hope aksie in die afdeling vir seuns 13/14. Haywood Barends, Rushdee Warley (Wes-Kaap), Garron Arendse, Emile van der Hoven (Boland) en Chris Pillay (Natal) behoort ook medaljes in te palm. Merlin Fredericks (Natal) kan in die afdeling vir seuns o.10 sy merk maak.

Rushdee Warley toon sy staal in swembad

Van CARL VAN RENSBURG BELLVILLE-SUID. - Die Wes-Kaaplandse swemmer, Rushdee Warley, het gister hier in die munisipale swembad van Bellville-Suid sy kritici se monde gesnoer. Hy het duidelik gewys dat hy nog nie oor die muur is nie toe hy 'n splinternuwe SA rekordtyd in die seuns o.15/16-afdeling opgestel het in die weeklange interprovinsiale kampioenskapstoernooi van die Amateur-Swemvereniging van SA (Asasa). Warley het sy eie rekord in die 100 m-rugslag (1:12,32) tot 1:11,54 verbeter. Dit is 0,78 sek. vinniger as die vorige rekord. In die ander uitdun het Emile van der Hoven (Boland) koning gekraai deur af te reken met Jason Marais (Suid-Transvaal) en Charl van Rensburg (Oos-Kaapland) in 'n tyd van 1:15,65. Eugene Julies (Wes-Kaapland) het Rowen Meth (Natal) getroef in die mans se 1 500 m-vryslagnommer. Hy het sy persoonlike beste tyd (19:08,33) behaal. Brenton Meth het die rekordboeke herskryf in die 100 m-vryslag vir mans. Hy het die tweejaaroue rekord van Yacoub Hajwani (58,45 sek). verbeter in 'n tyd van 58:41 sek. Hajwani het ook eerste geëindig in die ander uitdun, maar sy tyd was 58:73 sek. Stuart du Plessis van die Boland en Ali Baderoen (Wes-Kaapland) het die 100 m-vlinderslag vir seuns o.11/12 in 1:25,03 en 1:16,21 onderskeidelik gewen. Du Plessis het die 200 m-vryslag gewen, terwyl Rowan Roberts en Ali Baderoen in 'n wenbui was in die 200 m-rugslag. Die uitslae: & cchar15; MANS 1 500 m-vryslag (finaal): 1. E. Julies (WK, 19:08,33), 2. R. Meth (N), N. Fredericks (WK). 200 m-individuele wisselslag: 1. B. Meth (N, 2:33,81), 2. L. van Wyk (OK), 3. A. Jagasur (N). Tweede uitdun: 1. R. Meth (N, 2:38,06), M. Starsky (S-Tvl), Y. Hajwani (WK). 100 m-rugslag: 1. R. Warley (WK, 1:14,79), 2. R. MEth (N), 3. L. van Wyk (OK). Tweede uitdun: 1. K. Meth (N, 1:16, 06), 2. A. Jagasur (N), 3. E. van der Hoven (Bol). 50 m-vryslag: 1. R. Meth (N, 27,3 sek.), 2. C. Kearns (WK), 3. S. Fredericks (WK). Tweede uitdun: 1. Y. Hajwani (WK, 26,49), 2. L. van Wyk (OK), 3. A. Jagasur (N). Derde uitdun: G. Arendse (B, 26,58), 2. R. Gamiet (Grens), 3. F. Votersen (WK). 100 m-vryslag: 1. R. MEth (N, 1:02,13), 2. E. Julies (WK), 3. R. Gamiet (Grens). Tweede uitdun: 1. B. Meth (N, 58,41 nuwe rekord), 2. S. Fredericks (WK), 3. N. Fredericks (WK). Derde uitdun: 1. Y. Hajwani (WK, 58,73), 222. K. Meth (N), J. Agasur (N). SEUNS 15/16 200 m-borsslag: 1. G. Uren (S-Tvl, 3:09,44), 2. E. Ismael (WK), 3. A. van der Merwe (S-Tvl). Tweede uitdun: 1. C. Pillay (Natal 3:03,92), 2. A. Adams (Boland), 3. M. Talliard (Bol). 100 m-vryslag: 1. G. Arendse (Bol, 1:02,07), 2. F. Rowat (Natal), 3. C. van Rensburg (OK). Tweede uitdun: 1. Fredericks (Natal 1:01,27), 2. S. Fredericks (WK), 3. W. Adonis (S-Tvl). 100 m-rugslag: 1. E. van den Hoven (Bol 1:15,65), 2. J. Marais (S-Tvl), 3. C. van Rensburg (OK). Tweede uitdun: R. Wareley (nuwe rekord: WK 1:11,54), 2. B. Pennington (Natal), 3. H. Barends (WK). SEUNS 13/14 200 m-vryslag: 1. C. Kearns (WK 2:3,35), 2. G. Howard (OK), 3. S. Saharaj (Natal). Tweede uitdun: 1. F. Votersen (WK 2:24,72), 2. M. Husselman (OK), 3. J. Starkey (S-Tvl). 100 m-borslag: 1. S. Naidoo (Natal 1:30,88), 2. D. Hendricks (Bol), 3. R. Kruger (S-Tvl). Tweede uitdun: E. Scullard (WK 1:26,67), 2. P. Lubbe (Natal), 3. G. Howard (OK). SEUNS 11/12 100 m-vlinderslag: S. du Plessis (Bol 1:25,03), 2. C. Jooste (OK), 3. B. Clarivette (Natal). Tweede uitdun: 1. A. Baderoen (WK 1:16,1), 222. A. Patel (Natal), 3. A. Harris (WK). 200 m-rugslag: 1. A. Baderoen (WK 3:06,16), 2. R. van der Hoven (Bol) 3. C. Jooste (OK). Tweede uitdun: R. Roberts (WK: 2:33,45), 2. M. Fredericks (Natal), 3. S. Davids (Bol). 50 m-vryslag: 1. A. Harris (WK, 31,55), S. du Plessis (Bol), A. Patel (N). 200 m-vryslag: 1. S. du Plessis (Bol, 2:36,37), 2. A. Roberts (WK), 3. C. Jooste (OK). Tweede uitdun: A. Patel (N, 2:32,24), 2. A. Baderoen (WK), 3. S. Davids (Bol). MEISIES 15/16 400 m-individuele wisselslag: A. Alfreds (WK, 6:30,90), 2. S. Harper (N), 3. R. Chetty (N). MEISIES 13/14 200 m-rugslag: N. Abader (WK, 3:00,68), 2. S. Gamieldien (WK), 3. T. Glover (N). 50 m-vryslag: 1. F. Gamieldien (WK, 32,17), 2. F. Daniels (WK), 3. T. Glover (N). 400 m-wisselslag-aflos: 1. Wes-Kaapland (5:01,26), 2. Natal, 3. Boland. MEISIES 11/12 100 m-vryslag: 1. S. Orrie (WK, 1:13,97), 2. M. Loubscher (Bol), 3. D. Murray. MEISIES o.10 100 m-borsslag: 1. K. Naidoo (N, 1:38,66), 2. L. Julie (WK), 3. S. Ramparsad (N). 50 m-rugslag: 1. K. Naidoo (N, 43,30), 22. T. Boer (WK), 3. H. Palmer (OK). Tweede uitdun: 1. L. Julie (WK, 42,62), 2. N. Kruger (Bol), 3. S. Ramparsad (N). 50 m-borsslag: 1. K. Naidoo (N, 45,34), 2. L. Julie (WK), 3. W. Tape (WK). Tweede uitdun: 1. S. Ramparsad (N, 47,27), 2. N. Kruger (Bol), 3. M. Hendricks (Bol).

Groot swem in Nuweland

DIE Suid-Afrikaanse Meesterswemtoernooi wat van 15 tot 19 Maart in Nuweland plaasvind, het inskrywings van sewe provinsies gelok. Altesame swemmers sal aan meer as 800 wedstryde deelneem. Benewens die WP sal Transvaal, OP, Natal, Grens, Noord-Transvaal en Oos-Transvaal se mans en vroue in aksie wees. Van die deelnemers is 61 persent mans en die res vroue. Die ouderdomme van die mans strek van 25 tot 83 en die vroue van 25 tot 72 jaar. Onder die bekende WP-swemmers is Aletta Momberg, Kevin Fialkov, Gary Freeling en Paul Barrett-Smith. Fialkov het onlangs 'n SA rekord in die 4x100 individuele wisselslag opgestel. Die kleinste span is dié van die OP, wat slegs deur een man en twee vroue verteenwoordig word.

WP-swemspan na Kimberley

DIE Westelike Provinsie se junior skole-swemspan vertrek môre na Kimberley om aan die SA toernooi vir laer skole deel te neem. Die nasionale byeenkoms vir senior skole sal op 16 Maart ook in die Karen Muir-swembad in Kimberley plaasvind.

Laer skool hou swemgala

MALMESBURY. - Die Laerskool Swartland hier hou vandag van 7.45 vm. tot 1 nm. sy jaarlikse swemgala in Malmesbury se munisipale swembad. Vir volwassenes is die toegangsgeld R1. Vir kinders is dit gratis. Kafeegeriewe sal op sekere tye beskikaar wees.

Swem se uitslae

Mans: 100 m-vlinderslag: 1. Y. Hajwani (WK) 1:05,69; 2. B. Meth (Natal); 3. K. Meth. 200 m-rugslag: 1. R. Warley (WK) 2:37,41; 2. K. Meth (Natal); 3. N. Fredericks (WK). 800 m-wisselslagaflos: 1. Natal (nuwe rekord) 9:02,80; 2. Wes-Kaapland; 3. Boland. Vroue: 100 m-vlinderslag: 1. F. Daniels (WK) 1:20,80; 2. J. Adams (Boland); 3. S. Maharaj (Natal). 200 m-rugslag: 1. N. Najaar (WK) 2:52,34; 2. N. Abader (WK); 3. E. Naicker (Natal). Seuns: onder 16: 50 m-vryslag: 1. S. Fredericks (WK) 27,47; 2. C. Kearns (WK); 3. G. Arendse (Boland). 100 m-vlinderslag: 1. C. Pillay (Natal) 1:07,49; 2. R. Warley (WK); 3. F. Votersen (WK). Onder 14: 400 m-vryslag: 1. A. Willemse (WK) 5:17,28; 2. M. Husselman (OK); 3. G. Howard (OK). 400 m-individuele wisselslag: 1. F. Votersen (WK) 5:54,45; 2. E. Scullard (WK); 3. M. HUsselman (OK). Onder 12: 100 m-borsslag: 1. S. du Plessis (Boland) 1:25,81; 2. R. Bedford (WK); 3. B. Clarivette (Natal). 200 wisselslag-aflos: 1. Wes-Kaapland 2:27,22; 2. Natal; 3. Boland. Onder 10: 50 m-vlinderslag: M. Fredericks (Natal) 36,18; 2. Z. Votersen (WK); 3. V. Marimuthu (Natal). 200 m-individuele wisselslag: 1. M. Fredericks (Natal - nuwe rekord) 3:00,01; 2. V. Marimutha (Natal); 3. Z. Votersen. Meisies: o.16: 50 m-vryslag: 1. N. Najaar (WK nuwe rekord) 30,23; 2. M. Wagner (WK); 3. Z. Anderson (Boland). 100 m-vlinderslag: 1. F. Daniels (WK) 1:19,76; 2. J. Adams (Boland); 3. S. Maharaj (Natal). Onder 14: 400 m-individuele wisselslag: 1. R. Alfreds (WK) 6:43,86; 2. T. Glover (Natal); 3. K. Naicker (Natal). 400 m-vryslag: 1. R. Baker (WK) 5:39,30; 2. T. Glover (Natal); 3. F. Gamieldien (WK). Onder 12: 100 m-borsslag: 1. J. McDonald (Boland) 1:36,47; 2. M. Laubscher (Boland); 3. S. Orrie (WK). 200 m-wisselslag-aflos: 1. Natal 2:40,76; 2. Wes-Kaapland; 3. Suid-Tranvaal. Onder 10: 50 m-vlinderslag: 1. K. Naidoo (Natal) 43,28; 2. L. Julie (WK); 3. N. Kruger (Boland). 200 m-individuele wisselslag: 1. L. Julie (WK nuwe rekord) 3:14,72; 2. N. Kruger (Boland); 3. M. Hendricks (Boland).

Nayeed Najaar skitter in swembad

FOTO: S/W HET VERSKYN Van CARL VAN RENSBURG BELLVILLE-SUID. - Nayeed Najaar, puik swemmer van Wes-Kaapland, het gisteraand in die Bellville-Suidse swembad 'n nuwe nasionale rekord in die 50 m-vryslag vir meisies onder 16 aangeteken. Dit was op die kampioenskapstoernooi van die Amateurswemvereniging van Suid-Afrika (ASASA). Najaar het haar eie rekord, wat sy verlede jaar in die Paarl opgestel het, met 0,14 sek. verbeter. Die ou rekord in dié nommer was 30,37 sek. Melanie Wagner (Wes-Kaap) het die tweede plek in dié nommer ingepalm (31,94), met Zona Anderson van die Boland derde. Merlin Fredericks van Natal het sy derde nasionale rekord op dié toernooi aangeteken toe hy die 200 m-individuele wisselslag (seuns onder 10) op skitternde wyse gewen het. Die nuwe rekord staan nou op 3:00,01. Hy het die vorige rekordtyd met 0,22 sek. verbeter. Lynn Julie, die trots van die WP, het weer beïndruk. Sy het die rekordboeke in die afdeling vir meisies onder 10 herskryf toe sy 'n nuwe tyd in die 200 m-indiviuele wisselslag opgestel het. Die nuwe rekord staan nou op 3:14,72. Die vorige rekord is deur Janine Braaf van Wes-Kaapland (3:18,47) gehou. Natasha Kruger en Michelle Hendricks (albei Boland) het onderskeidelik tweede en derde geëindig. Die aflos-span van Natal (mans) het ook 'n nuwe rekord opgestel. Dié span het in die 800 m-wisselslag-aflos hul eie rekord van 9:08,10 verbeter. Die nuwe rekord staan nou op 9:04,70. Nog een van die aand se hoogtepunte was in die 100 m-vlinderslag vir mans. Hier het Yacoub Hajwani (Wes-Kaap) met die Meth-broers, Brenton en Keith, afgereken. Sy wentyd was 1:05,69. Rushdee Warley het in die 200 m-rugslag vir mans sy staal getoon. Hy het afgereken met Keith Meth en Nizaam Fredericks. Sy wentyd was 2:37,41. Fatima Daniels van Wes-Kaapland het nog 'n goue medalje verower toe sy die 100 m-vlinderslag vir vroue gewen het. Haar wentyd was 1:20,80. Nayeed Najaar het in die 200 m-rugslag weer uitgeblink. Sy het in 'n tyd van 2:52,34 gewen.

FOTO: BERIG HET AS ONDERSKRIF BY FOTO VERSKYN NAYEED NAJAAR van Wes-Kaapland, was eergisteraand een van die groot uitblinkers op ASASA se nasionale toernooi in Bellville-Suid. Sy het 'n nuwe rekord in die 50 m-vryslag vir meisies onder 16 opgestel.

Elf SA rekords spat op swemtoernooi

Van CARL VAN RENSBURG BELLVILLE-SUID. - Die swemmers van die Wes-Kaapland, Natal en die Boland het eergisteraand hier in die munisipale swembad van Bellville-Suid onder die nasionale rekords gemaai. Van die elf Suid-Afrikaanse rekords wat in die slag gebly het, het die Wes-Kaaplandse swemmers sewe verbeter tydens die kampioenskapsbyeenkoms van die Amateur-Swemvereniging van SA (Asasa). Drie nuwe rekords is deur Natal en een deur die Boland opgestel. Fatima Daniels (Wes-Kaapland) het haar eie rekord, wat sy in 1988 in Durban opgestel het (1:19,16), in die 100 m-vlinderslag vir meisies o.13/14 verpletter. Haar nuwe rekord (1:18,88) was 0,28 sek. vinniger. In die o.13/14-afdeling vir meisies het Nurjhan Abader 'n nuwe rekord in die 200 m-individuele wisselslag in 'n tyd van 2:56,65 opgestel. Trichelle Glover van Natal het ook die ou rekord oortref. Sy het tweede geëindig in 2:58,75, met Riaana Alfreds (Wes-Kaapland) derde in 3:11,50. In die meisies o.11/12-afdeling het Shameela Orrie (Wes-Kaapland) ook haar slag gewys deur 'n nuwe SA rekord (1:25,11) in die 100 m-rugslagnommer op te stel. In die 200 m-borsslag het die belowende Jadine McDonald (Boland) vir Orrie ore aangesit. Orrie kon slegs die derde plek behaal. McDonald was eerste in 'n tyd van 3:23,63 en haar spanmaat, Melanie le Roux, tweede. Nayeed Najaar (Wes-Kaapland) het ook haar eie rekord in die 100 m-vryslag (1:06,62) verbeter gedurende die 400 m-wisselslag-spanaflos. Die nuwe rekord staan nou op 1:06,50. Die Wes-Kaaplandse aflosspan - Najaar, Desiree Mc Kie, Fazlin Gamieldien en Melanie Wagner - het ook 'n nuwe SA rekord (4:46,00) opgestel. Twee nuwe nasionale rekords, in die 100 m-vlinderslag en 200 m-individuele wisselslag, is deur Faiez Votersen in die seuns o.13/14-afdeling opgestel. Sy tyd in die vlinderslag was 1:07,15. In die wisselslag het hy 'n uitstekende tyd van 2:36,39 opgestel, 3,65 sek. vinniger as die vorige rekord van 2:40,04. Stuart du Plessis (Boland) het weer die rekordboeke in die seuns o.11/12-afdeling herskryf. Hy het 'n nuwe rekord van 3:05,09 in die 200 m-borsslag behaal. Merlin Fredericks (o.10) en die Meth-broers, Brenton en Keith (mans), het rekords in die 50 m-rugslag (37,17), die 200 m-individuele wisselslag (2:29,07) en 400 m-vryslag (4:41,74) onderskeidelik verbeter.

Swem-uitslae

MANS 200 m-individuele wisselslag: 1. B. Meth (Natal 2:29,07 nuwe rekord); 2. R. Meth (Natal); 3. Y. Hajwani (WK). 400 m-vryslag: 1. K. Meth (Natal 4:41,74 nuwe rekord); 2. R. Meth (Natal); 3. E. Julius (WK). VROUE 200 m-individuele wisselslag: 1. N. Najaar (WK 2:50,95); 2. M. Wagner (WK); 3. P. Neethling (Boland). 400 m-vryslag: 1. P. Neethling (Boland 5:27,39); 2. C. Masters (WK); 3. F. Gamieldien (WK). SEUNS ONDER 15/16 100 m-vryslag: 1. D. Fredericks (Natal 1:00,38); 2. G. Arendse (Boland); 3. S. Fredericks (WK). 200 m-borsslag: 1. C. Pillay (Natal 2:58,12); 2. A. Adams (Boland); 3. M. Talliard (Boland). 400 m-wisselslag-spanaflos: 1. Wes-Kaapland (4:12,94); 2. Natal; 3. Boland. ONDER 13/14 100 m-vlinderslag: 1. F. Votersen (WK 1:07,15 nuwe rekord); 2. C. Kearns (WK); 3. T. Kannipen (Natal). 200 m-individuele wisselslag: 1. F. Votersen (WK 2:36,39 nuwe rekord); 2. C. Kearns (WK); 3. J. Williams (Natal). ONDER 11/12 100 m-rugslag: 1. R. Roberts (WK 1:21,71); 2. A. Baderoen (WK); 3. S. Davids (Boland). 200 m-borsslag: 1. S. du Plessis (Boland 3:05,09 nuwe rekord); 2. M. Fernandez (WK); 3. A. Patel (Natal). ONDER 10 50 m-rugslag: 1. M. Fredericks (Natal 37,17 nuwe rekord); 2. D. Lester (Natal); 3. B. van Schoor (Boland). 100 m-vlinderslag: 1. M. Fredericks (Natal 1:21,80); 2. Z. Votersen (WK); 3. V. Marimuthu (Natal). MEISIES ONDER 15/16 200 m-borsslag: 1. Z. Anderson (Boland 3:14,65); 23. D. McKie (WK); 3. N. Kulsen (Boland). 100 m-vryslag: 1. N. Najaar (WK 1:07,32); 2. M. Wagner (WK); 3. R. Chetty (Natal). 400 m-wisselslag-spanaflos: 1. Wes-Kaapland (4:46,00 nuwe rekord); 2. Natal; 3. Boland. ONDER 13/14 100 m-vlinderslag: 1. F. Daniels (WK 1:18,88 nuwe rekord); 2. M. Laubscher (Boland); 3. K. Naicker (Natal). 200 m-individuele wisselslag: 1. N. Abader (WK 2:56,65 nuwe rekord); 2. T. Glover (Natal); 3. R. Alfreds (WK). ODNER 11/12 100 m-rugslag: 1. S. Orrie (WK 1:25,11 nuwe rekord); 2. D. Murray (WK); 3. C. Doherty (Natal). 200 m-borsslag: 1. J. McDonald (Boland 3:23,63); 2. K. Naidoo (Natal); 3. M. le Roux (Boland). ONDER 10 50 m-rugslag: 1. L. Julie (WK) 42,63); 2. N. Kruger (Boland); 3. K. Naidoo (Natal). 100 m-vlinderslag: 1. L. Julie (WK 1:40,98); 2. N. Kruger (Boland); 3. K. Naidoo (Natal).Source: http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/1990/03/10/8/10.html (at 3/22/2014, 10:12 AM)

FOTO: BERIG HET AS ONDERSKRIF BY FOTO VERSKYN RUSHDEE WARLEY van Wes-Kaapland het 'n nuwe rekord opgestel in die 200 m-rugslag vir seuns o. 16. Hy het dit afgelê in 'n tyd van 2.36,08 by die swem-kampioenskap in Bellville-Suid. MARTILIZE LAUBSHER van die Boland, het 'n nuwe rekord opgestel in die 100 m-vlinderslag vir meisies o. 12 by die swem-kampioenskap van Asasa in Bellville-Suid. - Foto: Jack Lestrade.

Swem-kampioenskap Talle rekords bly in slag in B-Suid

FOTO: S/W HET VERSKYN Van CARL VAN RENSBURG BELLVILLE-SUID. - Jadine McDonald, die skitterende elfjarige swemmer van die Boland, het Saterdag hier in die munisipale swembad van Bellville-Suid in die 200 m-rugslag vir meisies onder 11/12 'n fantastiese vertoning gelewer deur 'n nuwe rekord op te stel op die laaste dag van die weeklange interprovinsiale kampioenskap van die Amateur-Swemvereniging van Suid-Afrika (Asasa). McDonald was in 'n spannende tweestryd gewikkel met Shameeda Orrie van die Wes-Kaap. Dit was eers oor die laaste 50 m dat hierdie Boland-swemmer haar vasberadenheid en stamina getoon het. McDonald het die rekord (3:05,89) wat Fazlin Gamieldien verlede jaar in die Paarl opgestel het, oortref met 0,91 sekondes. Haar nuwe rekordtyd is 3:04,98. Orrie het tweede geëindig (3:06,33) met Donna Murray ook van die Wes-Kaap derde (3:10,77). Dit was een van die ses nasionale rekords wat in die slag gebly het. Natasha Kruger (Boland) het ook 'n nuwe SA rekordtyd van 34,33 sek. in die 50 m-vryslag vir meisies o.10 behaal. Sy het die vorige rekord van Melissa Bailey van Natal (35,53) met 1,2 sek. verbeter. Lynn Julie (Wes-Kaap) het ook die ou rekordtyd oortref met 'n poging van 34,67 sek. Nog 'n Bolander wat rekords verbeter het, is Zona Anderson. Sy het in die 100 m-borsslag vir meisies o. 15/16 Leonie Adams se rekord van tien jaar verpletter (1:29,20). Anderson het die nommer in 'n rekordtyd van 1:27,53 geswem en die gesoute borsslag-spesialis Desirée McKei goed afgeskud. McKie moes tevrede wees met 'n silwermedalje nadat sy die tweede plek in 'n tyd van 1:31,40 gehaal het. Candice Lakay (Boland, 1:35,16) was derde. In dieselfde afdeling vir meisies o. 15/16, het Nayeed Najaar haar eie rekord (2:49,24) wat sy verlede jaar in die Paarl opgestel het, in die 200 m-rugslag met 2:48,45 verbeter. Najaar het ook twee goue medaljes in die vroue-afdeling losgeslaan deur die eerste plek in die 50 m en 100 m-vryslagnommers te behaal. Yacoub Hajwani (Wes-Kaap) was in 'n onstuitbare bui en het sy staal in die 50 m-vryslag vir mans getoon waar hy 'n nuwe SA rekordtyd van 25,65 opgestel het. Die rekord van die UWK-swemmer, Derek Orderson, (wat vir meer as drie jaar bly staan het op 25,81) is deur Hajwani met 'n 0,16 sek. verbeter. Rushdee Warley (Wes-Kaap) het ook uitgeblink. Hy het die rekord van Gavin Hendricks (Oos-Kaap) van meer as 'n tien jaar (2:37,00) in die seuns o. 15/16 200 m-rugslag met 2:36,80 verbeter. Die aflosspan van Natal, Ashwin Jagasur, Faizel Rawat, Keith Meth en Deon Fredericks, het 'n nuwe rekordtyd van 4:37,87 in die mans 400 m-wisselsslag-aflos behaal. Met dié poging het hulle op hul eie vorige rekord van 4:40,19 verbeter. Nurjhan Abader (Wes-Kaap) het weer haar krag in die meisies o. 14 bors- en rugslag-afdeling onderstreep. Sy het goue medaljes in dié nommers verower, terwyl Martileze Laubscher van die Boland ook goud gewen het deur die 100 m vlinderslagnommer in die meiseis o. 11/12 in 1:25,75 te wen. Die verrassing van die dag was Adnaan Harris. Hy het sy eerste goue medalje ingepalm toe hy 'n dramatiese sege in die seuns o. 11/12 in die 50 m-vryslag behaal het. Sy tyd was 30,72 en hy het afgereken met die gunstelinge Allie Baderoen, Merlin Fredericks en Stuart du Plessis. Ryan Benjamin (Wes-Kaap) het ook geïmponeer toe hy vir Chris Pillay (Natal) in die seuns o. 15/16 100 m-borsslag aan bande gelê het. Benjamin het eerste oor die wenstreep in 1:20,80 geswem, terwyl Pillay die tweede plek in 1:21,38 behaal het. Die uitslae is: & cchar15; MANS: 50 m-Vryslag: Y. Hajwani (W-K 25,65 nuwe rekord); B. Meth (Natal); R. Meth (Natal). 100 m-Vryslag: Y. Hajwani (W-K 57,59); B. Meth (Natal); R. Meth (Natal). 400 m-Wisselslag-spanaflos: Natal (4:37,87 nuwe rekord) Wes-Kaapland; Natal B. VROUE: 50 m-Vryslag: N. Najaar (W-K 30,08); P. Neethling (Boland); M. Wagner (W-K). 100 m-Vryslag: N. Najaar (W-K 1:07,56); M. Wagner (W-K); P. Neethling (Boland). 400 m-Wisselslag-spanaflos: Wes-Kaapland (5:26,60); Wes-Kaapland B; Boland. SEUNS o.15/16 100 m-Borsslag: R. Benjamin (W-K 1:20,80); C. Pillay (Natal); A. Adams (Boland). 200 m-Rugslag: R. Warley (W-K 2:36,80 nuwe rekord); E. van der Hoeven (Boland); B. Pennington (Natal). SEUNS o.13/14 100 m-Borsslag: P. Lubbe (Natal 1:25,95); E. Scullard (W-K); G. Howard (O-K). 100 m-Rugslag: C. Kearns (W-K 1:14,48); F. Votersen (W-K); M. Husselman (O-K). SEUNS o.11/12 50 m-Vryslag: A. Harris (W-K 30,72); A. Baderoen (W-K); M. Fredericks (Natal). 100 m-Vlinderslag: A. Baderoen (W-K 1:16,43); A. Patel (Natal); S. du Plessis (Boland). 200 m-Rugslag: R. Roberts (W-K 2:52,37); M. Fredericks (Natal); S. Davids (Boland). SEUNS o.10 200 m-Wisselslag-spanaflos: Natal (2:24,27); Wes-Kaapland; Boland. MEISIES o.15/16 100 m-Borsslag: Z. Anderson (Boland 1:27,53 nuwe rekord); D. McKie (W-K); C. Lakay (Boland). 200 m-Rugslag: N. Najaar (W-K 2:48,45 nuwe rekord); F. Gamieldien (W-K); S Harper (Natal). MEISIES o.13/14 100 m-Borsslag: N. Abader (W-K 1:30,17); T. Glover (Natal); C. Lakay (Boland). 200 m-Rugslag: N. Abader (W-K 1:22,27); K. Naicker (Natal); T. Glover (Natal). MEISIES o.11/12 50 m-Vryslag: C. Doherty (Natal 33,13); M. Laubscher (Boland); M. Bailey (Natal). 100 m-Vlinderslag: M. Laubscher (Boland 1:25,75); H. Naidoo (Natal); C. Doherty (Natal). 200 m-Rugslag: J. McDonald (Boland 3:04,98 nuwe rekord) S. Orrie (W-K); D. Murray (W-K). MEISIES o.10 200 m-Wisselslag-span-aflos: Wes-Kaapland (2:32,77); Natal; Boland.

FOTO: BERIG HET AS ONDERSKRIF BY FOTO VERSKYN LYDIA DE JAGER (links) is aangewys as die beste meisie-swemmer o.14 en Corné van Rooy as die beste o.19-swemmer onder die seuns op die Plattelandse Swemkampioenskapbyeenkoms. Hier hou hulle die trofeë vas wat hulle gewen het. Boland het sowel die afdeling vir seuns as meisies gewen op die byeenkoms wat verlede Saterdag op Oudtshoorn gehou is. Corné was kaptein van die Boland-span. Dié twee swemmers is lede van die swemklub Bellville-Aquarama.

FOTO: BERIG HET AS ONDERSKRIF BY FOTO VERSKYN DRIE leerlinge van die Hoërskool Langenhoven op Riversdal is gekies vir die Suid-Kaaplandse swemspan wat onlangs op Oudtshoorn aan 'n interprovinsiale swemtoernooi deelgeneem het. Van links is Adri Hofmeyr, A. Matthews en L. de Kock. Regs is hul afrigter, mej. A. Vivier.

Rekords toon Asasa se swem floreer tans

FOTO: S/W HET VERSKYN (NAYEED NAJAAR) Deur CARL VAN RENSBURG DIE weeklange interprovinsiale kampioenskapstoernooi van die Amateur-Swemvereniging van SA (Asasa) - wat Saterdag in Bellville ten einde geloop het - het getoon dat swem in die land floreer. Die swemmers van veral die Wes-Kaapland, Boland en Natal het talle SA rekords verpletter. Meer as 30 nasionale rekords het in die slag gebly. Verlede jaar is slegs 13 rekords in die Paarl verbeter, terwyl daar in 1988 (in Durban) 17 nuwe rekords opgestel is. Die span van Wes-Kaapland het weer die SA toernooi oorheers. Dié span het eerste geëindig met 454 punte. Die ander spanne het as volg geëindig: Natal (263), Boland (145), Oos-Kaapland (14), Suid-Transvaal (4) en Grens (0). Verskeie swemmers het puik prestasies gelewer. In die mans-afdeling het die Meth-broers - Brenton en Keith (Natal) - en Yacoub Hajwani (Wes-Kaapland) beïndruk. Brenton Meth het drie SA rekords verbeter. Hy het in die 200 m-individuele wisselslag (2:29,07), die 200 m-vryslag (2:11,57) en die 100 m-vryslag (58,41) nuwe rekordtye opgestel. Keith Meth het 'n nuwe rekord in die 400 m-vryslag (4:41,74) opgestel. Yacoub Hajwani het vyf goue medaljes ingepalm en het ook twee nuwe rekords opgestel. Rushdee Warley, wat twee rekords in die seuns o.16-afdeling opgestel het, het ook die 200 m-rugslag vir mans gewen. Onder die vroue het Nayeed Najaar (Wes-Kaapland) en Priscilla Neethling (Boland) hul staal getoon. Neethling het veral in die 800 m-vryslag verras toe sy met Cindy Masters (Wes-Kaapland) afgereken het.

Swemmers kry Boland-kleure

FOTO: BERIG HET AS ONDERSKRIF BY FOTO VERSKYN TWEE swemmers van die Hoërskool Hottentots-Holland, André Naudé en Fiona Carter, het onlangs hul Bolandkleure verwerf. André Naude is 'n seun van die oud-rugby- Springbok Tiny Naudé van Somerset-Wes.

Swemmers kry toekennings

FOTO: S/W HET VERSKYN (RUSHDIE WARLEY; FAIEZ VOTERSEN) TALLE swemmers is vereer vir hul puik prestasies op vanjaar se interprovinsiale kampioenskapstoernooi van die Amateur-Swemvereniging van Suid-Afrika (ASASA). Dié toernooi het in die naweek in die swembad van Bellville-Suid ten einde geloop. Merlin Fredericks van Natal is as die swemmer van die Jaar aangewys. Dié 10-jarige swemmer het uitstekend gevaar in vanjaar se kompetisie. Hy het verskeie goue medaljes verower en was ook een van die manne wat die rekordboeke herrskryf het in die afdeling vir seuns o.10. Fredericks is ook aangewys as die veelsydigste swemmer, asook vir die swemmer met die meeste toewyding. Hy het ook 'n spesiale toekenning ontvang vir sy vertonings in die bors-, rug- en vlinderslag. Stuart du Plessis (seuns o.12) van die Boland het 'n toekenning ontvang vir sy puik vertonings in die borsslag vir seuns o.12. Zona Anderson se goeie vertonings in die borsslag het gesorg dat sy ook 'n toekenning kry. Rushdee Warley van Wes-Kaapland (seuns 15/16) het 'n toekenning gekry vir sy uitstekende vertonings in die rugslag vir seuns onder 16. Faiez Votersen (o.13/14) het in die vlinderslag sy staal getoon en is beloon met 'n toekenning hiervoor. Die Meth-broers van Natal - Rowen en Brenton - het ook toekennings ontvang. Nayeed Najaar het toekennings verower vir die vryslag en rugslag. Jadine McDonald van die Boland het 'n spesiale toekenning gekry vir haar sege in die borsslag. Natasha Kruger (Boland) en Lynn Julie (Wes-Kaapland) is in die afdeling vir meisies o.10 aangewys as die mees toegewyde swemmers. Vyf swemmers het die Speedo Goue-toekenning ontvang. Hulle is Brenton Meth, Lynn Julie, Faiez Votersen, Nayeed Najaar en Merlin Fredericks.

Hulle is soos visse in die water

FOTO: BERIG HET AS ONDERSKRIF BY FOTO VERSKYN NAYEED NAJAAR was een van die groot uitblinkers op die toernooi van die Amateur-Swemvereniging van SA in Bellville. Sy het onder meer die 100 m-vryslag gewen. Melanie Wagner (Wes-Kaapland, links) het tweede geëindig en Priscilla Neethling (Boland, regs) derde. MARTHILEZE LAUBSHER van Boland het 'n nuwe rekordtyd in die 100 m-vlinderslag vir meisies 11/12 opgestel op die kampioenskapstoernooi van die Amateur-Swemvereniging van Suid-Afrika. Hazel Naidoo van Natal (links) het tweede geëindig en haar spanmaat, Celeste Dorethy, was derde. Die nuwe rekord staan nou op 1:25,75. YACOUB HAJWANI van die Wes-Kaapland het die 50 m-vryslag in 'n nuwe rekordtyd van (25,65 sek.) gewen. RUSHDI WARLEY van Wes-Kaapland het die 200 m-rugslag vir seuns 15/16 gewen. Emile van der Hoven (Boland, links) en Barnard Pennington (Natal, regs) was onderskeidelik tweede en derde. Warley was 'n groot uitblinker op die toenooi.

Kriel vaar goed in VSA

SEDERT die Springbok Marianne Kriel na Amerika verhuis het om haar studie voort te sit en ook op haar swemtye te verbeter is daar net goeie nuus van dié oud-leerling van die Hoërskool Bellville. Met die studie gaan dit uitstekend en daarby het sy ook drie persoonlike beste tye opgestel in die vryslag en rugslag. In die National College Amateur Aquatic-kampioenskapsbyeenkoms waaraan 200 universiteite deelgeneem het, het sy die 100 tree in 'n kort bad in 50,63 gewen. Dit is ook 'n NCAA-rekord. Omgesit in 50 m is die tyd 'n verbetering van 0,39 sekonde op Annette Cowley se SA rekord van 57,6. In die 100 m rugslag het sy die afstand in 56,68 voltooi en die 50 m vryslag in 23,52.

Driekamp by Club Mykonos

DIE beste swem-driekampers in die land takel mekaar vanmiddag by Club Mykonos in die Suid-Afrikaanse standaard swem-driekamp-kampioenskapsbyeenkoms. Die roete by Langebaan-strandmeer is ideaal vir goeie tye, mits die wind wegbly. Natal en die Westelike Provinsie is tans die voorste driekamp-provinsies en die Natallers Gary van Wyk en Trevor Meyer behoort goed te vaar. Ná sy oortuigende oorwinning in die interprovinsiale byeenkoms in Port Elizabeth verlede maand, is Meyer die gunsteling om eerste oor die wenstreep te wees. Tim Stewart, Keith Anderson en Greg Liefeldt vorm 'n gedugte WP-driemanskap, waarvan elke lid op 'n goeie dag die titel kan inpalm. In die vroue-afdeling sal Reneé Scott die titel voluit jaag ná haar verrassende nederlaag teen Lou-Ann Rivett in Port Elizabeth. Die byeenkoms begin om 14:00.

Steward stel rekord op

Deur 'n Medewerker TIM STEWARD van die Westelike Provinsie het in die naweek 'n Suid-Afrikaanse rekord in die SA driekampbyeenkoms (swem) by Club Mykonos opgestel. Transvaal se Andreas Lombardozzi, wat in 1:56,23 ``gewen'' het ná skitterende vertonings in al drie die nommers, is met 'n minuut gestraf weens 'n tegniese oortreding in die fietsry. Dit het hom na die tweede plek laat afskuif. Stewart het Lombardozzi teen die einde vinnig ingehaal. Hy het egter te lank getalm met sy eindpoging en 46 sek. ná Lombardozzi geëindig. Die WP-atleet het daarna sy sportmansgees bewys deur sy goue medalje vir Lombardozzi se silwermedalje te ruil met die prysuitdeling. ``Lombardozzi was beslis die beste. Ek kan nie die goue medalje neem nie,'' het Stewart gesê. Sy tyd van 1:57,09 is nogtans 'n nuwe SA rekord vir dié afstand. Hoewel vinniger tye al aangeteken is, is die roete by Klub Mykonos die eerste keer in Suid-Afrika as akkuraat gesertifiseer. Hoewel Lombardozzi en Stewart nie bekend staan as goeie swemmers nie, het Lombardozzi homself oortref en kon hy die Oostelike Provinsie se Kevin Richards halfpad deur die fietsry verbysteek. Stewart was ver agter toe hy op sy fiets geklim het, maar het baie tyd ingehaal en was in die tiende plek toe hy begin hardloop het. Hy het die naasvinnigste tyd in dié nommer aangeteken (35,05) ná sy spanmaat Greg Liefeldt, wat die tiende algehele plek ingeneem het. Die WP se Reneé Scott en Hanelle Steyn was nie opgewasse teen die Lou-Ann Rivett nie. Dié Transvaler het in 2:09,39 gewen. Scott het Steyn in die drafnommer ingehaal om die tweede plek in te neem. Sy het twee minute ná Rivett geëindig, met Steyn in die derde plek.

Transvaal-jonges swem goed

JOHANNESBURG. - Transvaal, wat onlangs Speedo se senior interprovinsiale SA swemkampioenskapstoernooi op Ellis Park gewen het, het op dié goeie vertonings voortgebou deur Saterdag die SA skoletitel in Kimberley te buit. Transvaal het 7101/2 punt aangeteken terwyl Natal, die kampioen, tweede was met 678. Die Westelike Provinsie het derde klaargemaak. Transvaal het ook die duik-afdeling gewen en was tweede in die sierswem. Lexie Heyns en Andrew O'Flaherty van Transvaal, wat nog op skool is en senior titels op Ellispark gewen het, het weer uitgeblink. Heyns het die 100 m vryslag vir seuns o.16 gewen in 59,66 sek en O'Flaherty die 200 m vryslag vir seuns o.19 in 1:59,53.

FOTO: BERIG HET AS ONDERSKRIF BY KLEURFOTO VERSKYN DIE Westelike Provinsie se Renée Scott (links) en Hanelle Steyn (regs) wens die Transvaler Lou-Ann Rivett (middel) geluk met haar oorwinning Saterdag in die Suid-Afrikaanse driekampbyeenkoms (swem) by Langebaan. Foto: STEPHEN GRANGER

FOTO: BERIG HET AS ONDERSKRIF BY FOTO VERSKYN DIE Hoërskool Bellville het goed gepresteer op die Bolandse swemkampioenskapsbyeenkoms. Liana Jordaan (middel) het verskeie nuwe rekords opgestel - in die 50 m vryslag, 200 m wisselslag, 100 m vlinderslag, 100 m vryslag en 100 m borsslag vir meisies o.19. Sy is verkies tot die WP-swemspan wat op 16 Maart aan die Suid-Afrikaanse kampioenskapbyeenkoms in Kimberley gaan deelneem. Lydia de Jager (naasregs) het ook nuwe rekords opgestel - in die 50 m vryslag, 100 m vlinderslag, 100 m vryslag, 200 m wisselslag en 100 m rugslag vir meisies o.14. Hier (van links) is Natalie Visagie, Mariechin Pienaar, Liana, Lydia en Madelein le Roux. Natalie, Mariechin, Lydia en Madelein is tot die Boland-span verkies.

FOTO: BERIG HET AS ONDERSKRIF BY FOTO VERSKYN DRIE leerlinge van die Hoërskool Durbanville is opgeneem in die Boland-swemspan. Hulle is (van links) Tertius Beneke (wisselslag), Willem Burger (borsslag) en René-Louise Heyns (vryslag). Hulle het op 3 Maart deelgeneem aan die Plattelandse Provinsiale Gala wat op Oudtshoorn gehou is.

Verlede herleef in Nuweland

DIE verlede het verlede naweek in die Nuweland-swembad op skouspelagtige wyse herleef toe verskeie nasionale rekords en twee wêreldrekords op die SA Meesterswem-kampioenskapsbyeenkoms gespat het. Di (Foster) Rudolph van Natal, wat die wêreldrekord in die 800 m vryslag in die ouderdomsgroep 40-44 met 'n wentyd van 10:27,08 oortref het, en Terry Downes van Noord-Transvaal was die Victrix en Victor Ludorum van die byeenkoms. Rudolph het ook nuwe SA rekords vir haar ouderdomsgroep in die 200 m wisselslag (2:46,4), die 50 m vryslag (30,85) en die 100 m vryslag (1:07,6) opgestel. Downes het dieselfde vermag in die 200 m vryslag (2:12,09) en die 100 m rugslag (1:07,6). Ander nuwe SA rekords is opgestel deur Moira Lamont (Transvaal, 50-54) in die 100 m vryslag (1:18,36), die 50 m vryslag (25,01), die 100 m rugslag (1:25,93) en die 50 m rugslag (37,91); Paul Blackbeard (Natal, 30-34) in die 100 m vryslag (55,81) en Heinz Weilert (Transvaal, 25-29) in die 50 m vlinderslag (27,08), die 50 m vryslag (25,01) en die 100 m vryslag (54,45).

Twee van WP word Bokke in driekamp

TWEE driekamp-atlete uit die Westelike Provinsie is vir die sterk Springbok-driekampspan gekies wat op 7 April te Gordonsbaai aan Longmile se swem-driekampbyeenkoms sal deelneem. Tim Stewart, kaptein van die span, is as seker keuse beskou ná sy goeie vertoning op die SA kampioenskapsbyeenkoms wat Saterdag by Club Mykonos gehou is. Reneé Scott was miskien effe gelukkig nadat sy twee maal in SA byeenkomste deur die Transvaler Lou-Ann Rivett getroef is. Scott het haar insluiting aan 'n skitterende vertoning in die WP se kampioenskapsbyeenkoms in Januarie te danke, toe sy 'n nuwe SA rekord opgstel het. Andreas Lombardozzi van Transvaal, wat verlede jaar ongelukkig geag is om nie sy Bokkleure te verwerf nie, kry sy eerste kans saam met die interprovinsiale kampioen, Trevor Meyer van Natal, Rivett en Scott. Die spanne wat in Gordonsbaai gaan meeding, is: Springbokke: Tim Stewart (WP, k), Andreas Lombardozzi (T), Trevor Meyer (Nat), Deon Steyn (OVS), Lou-Anne Rivett (T), Reneé Scott (WP) - Onderworpe aan goedkeuring deur die Springbok-Kleureraad; Junior Springbokke: Keith Anderson (WP, k), Gary van Wyk (Nat), Greg Liefeldt (WP), Kevin Richards (OP), Philip Oosthuizen (NT), Sibis Mouton (WP), Hannele Steyn (WP), Jenni Griffiths (T); Voorsitterspan: Wade Trotter (T), Jonathan Barber (OP), Harald Zumpt (T), Jaco Loots (OP), Byron Lunderstedt (T), Stephen Leigh (T), Anton Quenet (WP); Longmile-Veteranespan: Hennie Wentzel (WP), Steve Britten (T), Guy Woodhouse (WP), Tony Howe (WP), Jane Meaker (T); SA Driekampfederasie Junior Span: Ronan Coyle (T), John de Bruin (OVS), Greg Lunderstedt (T), Bryan Mellville (WP), Conrad Stoltz (NT), Marietta Kempen (NT).

FOTO: BERIG HET AS ONDERSKRIF BY FOTO VERSKYN DIÉ drie swemmers van die Hoërskool Oudtshoorn het op hul tuisdorp vir die Suid-Kaapse span teen spanne van die Boland en Oos-Kaapland meegeding. Van links is Jo-Ann Mileham, Arenhold Hooper en Annamarie Truter. Jo-Ann het daarna as kaptein van die OP-span aan die SA Kampioenskapsbyeenkoms vir hoër skole in Kimberley deelgeneem.

FOTO: BERIG HET AS ONDERSKRIF BY FOTO VERSKYN SWEMMERS van die Hoërskool McLachlan op Joubertina het vir die eerste keer in die skool se geskiedenis Suid-Kaapse swemkleure verwerf. Van links is Demarie Pfister, Nerien Grové en Reinette le Roux. Hulle het op Oudtshoorn aan 'n interprovinsiale swemgala teen Boland, Albanië, Port Elizabeth-skole en Middellande geswem.

FOTO: BERIG HET AS ONDERSKRIF BY FOTO VERSKYN SUZANNE FECHTER en Steven Banks, kapteins van die swemspan van die Hoërskool Hottentots-Holland, het onlangs die interskole-beker namens hul span in ontvangs geneem. Die Hoërskool Hottentots-Holland het die jaarlikse interskole-swemgala teen die Hoërskool Parel Vallei gewen.

FOTO: BERIG HET AS ONDERSKRIF BY FOTO VERSKYN HARRY BELL (15), WP-swemmer, WP-menseredder en st. 8-leerling aan die Hoërskool Paul Roos op Stellenbosch, is gister met die Rooi Kruis-lugambulans van die Addington-Hospitaal in Durban na die Conradie-Hospitaal in Pinelands gebring. Hy het sy nek beseer tydens die SA Mensereddings-kampioenskapstoernooi op Amanzimtoti. Hy is van sy bors na onder verlam nadat hy in 'n sandbank vasgeduik het. Hier is hy in die wagtende ambulans kort nadat die Rooi Kruis-straler op die lughawe DF Malan neergestryk het. By hom is sy ma, mev. Joy Bell, wat hom op die noodvlug vergesel het.

Verlamde wis dadelik iets was verkeerd

FOTO: S/W HET VERSKYN Deur Ons Mediese Verslaggewer ``EK het dadelik besef iets is verkeerd nadat ek in die sandbank vasgeduik het. Ek kon nie my arms en bene beweeg en my kop bo die water lig nie. Maar eers toe ek sien hoe slap my bene en arms hang terwyl twee ander deelnemers my na die strand dra, het ek besef ek is verlam.'' Só het die vyftienjarige WP-swemmer en -menseredder, Harry Bell, gister gesê nadat hy sy nek beseer het tydens die SA Mensereddings-kampioenskapstoernooi op Amanzimtoti. Harry is 'n st. 8-leerling aan die Hoërskool Paul Roos op Stellenbosch. Hy is van sy bors na onder verlam en kan net sy arms gedeeltelik beweeg. Hy is gister van die Addington-Hospitaal in Durban na die rugmurg-eenheid van die Conradie-Hospitaal in Pinelands oorgeplaas ná die ongeluk Saterdagoggend. Hy het kort ná sy aankoms met 'n Rooi Kruis-noodvlug in Kaapstad, met metaalpenne deur sy skedel en sy blonde hare langs sy slape afgeskeer, in die ambulans op die lughawe DF Malan met Die Burger gesels. Hy het sy nek beseer toe hy en ander deelnemers die branders in gehardloop het. Hy het gevoel hoe iemand in die bondel hom van agter stamp en toe hy val, het hy die branders in geduik. SLAP ``Ek kon onmiddellik glad nie beweeg nie, en het dadelik besef iets is verkeerd. Ek het kop na onder in die branders gedryf, maar kon nie omdraai of my kop bo die water lig om asem te kry nie. Gelukkig het twee ander deelnemers my sien dryf en uit die water gered. Toe ek sien hoe slap my bene en arms hang terwyl hulle my na die strand dra, het ek besef ek is verlam.'' Hy is na die Addington-Hospitaal gebring. Mev. Joy Bell van Somerset-Wes is kort ná die ongeluk na Durban om by haar seun te wees. Sy en 'n dokter van die Conradie-Hospitaal het Harry op die noodvlug vergesel. Harry is 'n WP-swemmer en het die naweek vóór die ongeluk in die o.17-borsslag aan die SA Swemkampioenskapstoernooi in Nuweland deelgeneem. Hy is die naasjongste van die vier kinders van mnr. en mev. Kevin Bell van Somerset-Wes.

FOTO: BERIG HET AS ONDERSKRIF BY FOTO VERSKYN DIÉ swemmers van mev. Santa van Jaarsveld, afrigter van die swemklub van die Universiteit van Stellenbosch, vaar uitstekend. Van links is voor Tam Esterhuysen, Sanja du Plessis, Lize van Rooyen, Genu Esterhuisen, Jeanine Rix en Christofer Twycross. In die tweede ry is Ocker Kohne, Marck Schutte, Ian Pollard, Marcelle Vellet, Riaan van Rooyen en Jenny Bayly. In die derde ry is Tapie Broadhurst, Durea Nel, Marie Esterhuysen, mev. Santa van Jaarsveld en Heinie van Schaik en heel agter Claere Amner, Lucy Saunders, Riana de Jager, Bianca von Schumanny, Tessa Lofftus en Niel Jooste.

Swemklub van US het knap afrigter

FOTO: S/W HET VERSKYN STELLENBOSCH. - As 'n mens in dié kontrei in swem wil presteer, moet jy blykbaar in die hande van mev. Santa van Jaarsveld van Stellenbosch beland. Sy is die bekende swemafrigter van die Universiteit van Stellenbosch se swemklub en was voorheen afrigter van die Otterklub in Bloemfontein. In die laerskool-afdeling het nege van haar swemmers die Bolandspan gehaal, en vyf was in die WP-span wat verlede naweek aan die interprovinsiale swemkampioenskapsbyeenkoms in Durban deelgeneem het. Gena Esterhuysen het 'n bronsmedalje vir rugslag verwerf en Riaan van Rooyen se aflosspan 'n goue medalje. Die hoërskoolspan se sewe WP-swemmers is hierdie naweek na Kimberley om aan die interprovinsiale kompetisie daar deel te neem.


Swem-uitslae

MANS 400 vryslag: 1. N. Fredericks (Manta) 4:57,62; 2. H. Barends (Bel) 5:01,23; 3. C. Murray (Retreat) 5:22,72. 200 borsslag: 1. N. Fredericks (Manta) 3:01,74; 2. R. Benjamin (Retreat) 3:04,18; 3. E. Ismail (Manta) 3:11,30. 100 vryslag: 1. Y. Hajwani (Lotus, rek) 58,21; 2. G. Arendse (Paarl) 1:01,98; 3. E. Julius (Dolphin) 1:02,14. 400 wisselslag-aflos: 1. Manta (rek) 4:50,20; 2. Paarl 5:02,51; 3. Lotus 5:08,93. 200 vryslag: 1. N. Fredericks (Manta) 2:18,39; 2. R. Wareley (Manta) 2:20,84; 3. S. Frecericks (Manta) 2:20,74. 400 individuele wisselslag: 1. N. Fredericks (Manta) 5:50,06; 2. R. Wareley (Manta) 5:54,07; 3. E. van der Hooven (Paarl) 5:54,63. 100 vlinderslag: 1. Y. Hajwani (Lotus) 1:05,34; 2. G. Arendse (Paarl) 1:09,43; 3. R. Wareley (Manta) 1:09,62. VROUE 200 borsslag: 1. D. McKie (Retreat, rek) 3:14,09; 2. P. Neethling (Paarl, rek) 3:14,96; 3. Z. Anderson (Paarl) 3:21,04. 100 vryslag: 1. N. Najaar (Lotus) 1:06,25; 2. N. Bester (Walmers) 1:12,14; 3. P. Neethling (Paarl) 1:12,22. 400 wisselslag-aflos: 1. Lotus (rek) 5:35,12; 2. Paarl (rek) 5:40,02; 3. Retreat 5:42,60. 200 vryslag: 1. N. Najaar (Lotus) 2:30,68; 2. P. Neethling (Paarl) 2:38,03; 3. C. Masters (Retreat) 2:43,11. 100 vlinderslag: 1. F. Daniels (Lotus) 1:23,38; 2. N. Bester (Walmers) 1:25,39; 3. J. Adams (Paarl) 1:25,56. SEUNS o.14: 50 vryslag: 1. F. Votersen (Manta) 28,02; 2. C. Kearns (Lotus) 28,17; 3. S. Tommy (Aurora) 29,06. 100 borsslag: 1. F. Votersen (Manta) 1:27,09; 2. C. Kearns (Lotus) 1:28,05; 3. T. Bedford (Manta) 1:29,74. 200 rugslag: 1. C. Kearns (Lotus) 2:47,87; 2. I. Fredericks (Manta) 2:56,42; 3. E. Shullard (Lotsus) 3:02,28. 400 vryslag-aflos: 1. Manta 4:37,64; 2. Lotus 4:38,50; 3. Retreat 5:03,48. 400 vryslag: 1. A. Willemse (Retreat) 5:26,15; 2. S. Tommy (Aurora) 5:30,88; 3. J. Carelse (Retreat) 5:42,09. 100 rugslag: 1. C. Kearns (Lotus) 1:14,53; 2. F. Votersen (Manta) 1:19,67; 3. I. Fredericks (Manta) 1:21,34. 200 individuele wisselslag: 1. F. Votersen (Manta) 2:41,63; 2. C. Kearns (Lotus) 2:49,92; 3. E. Scullard (Lotus) 2:55,05. o.12: 200 vryslag: 1. A. Baderoen (Lotus) 2:33,72; 2. R. Roberts (Manta) 2:37,82; 3. S. du Plessis (Paarl) 2:40,20. 50 vlinderslag: 1. A. Baderoen (Lotus) 35,66; 2. R. Bedford (Manta) 38,27; 3. S. du Plessis (Paarl) 38,58. 100 rugslag: 1. R. Roberts (Manta) 1:23,64; 2. A. Baderoen (Lotus) 1:26,24; 3. A. Meyer (Paarl) 1:29,86. 200 wisselslag-aflos: 1. Paarl 2:37,47; 2. Lotus 2:40,82; 3. Manta 2:46,73. o.10: 50 vryslag: 1. D. Rinoldus (West) 37,25; 2. N. Lottering (Bellville) 37,50; 3. S. Najaar (Lotus) 38,61. 100 rugslag: 1. B. van Schoor (Paarl) 1:40,45; 2. S. Najaar (Lotus) 1:42,57; 3. Z. Votersen (Manta) 1:43,26. 200 vryslag-aflos: 1. Bellville 2:44,53; 2. Lotus 2:54,90; Paarl 2:55,15. MEISIES o.14: 100 rugslag: 1. N. Abader (Manta) 1:25,08; 2. F. Gamieldien (Retreat) 1:27,70; 3. R. Rustin (Manta) 1:29,34. 50 vryslag: 1. F. Gamieldien (Retreat) 32,34; 2. F. Daniels (Lotus) 33,07; 3. R. Baker (Lotus) 33,92. 100 borsslag: 1. N. Abader (Manta) 1:33,17; 2. C. Lakay (Paarl) 1:35,05; 3. R. Baker (Lotus) 1:37,00. 200 rugslag: 1. N. Abader (Manta) 3:06,66; 2. F. Gamieldien (Retreat) 3:08,59; 3. R. Rustin (Manta) 3:11,80. 400 vryslag-aflos: 1. Retreat 5:18,03; 2. Lotus 5:27,48; 3. Manta 5:30,69. o.12: 100 vryslag: 1. S. Orrie (Lotus) 1:16,64; 2. M. Laubscher (Paarl) 1:16,92; 3. D. Murray (Retreat) 1:20,57. 50 rugslag: 1. D. Murray (Retreat) 40,41; 2. S. Orrie (Lotus) 40,77; 3. M. Laubscher (Paarl) 41,35. 200 individuele wisselslag: 1. S. Orrie (Lotus) 3:10,03; 2. M. Laubscher (Paarl) 3:15,28; 3. J. McDonald (Paarl) 3:20,44. 100 vlinderslag: 1. M. Laubscher (Paarl) 1:29,13; 2. J. McDonald (Paarl) 1:38,23; 3. L. Bester (Walmers) 1:40,86. 400 wisselslag-aflos: 1. Paarl 6:13,49; 2. Retreat 6:35,51; 3. Lotus 6:42,65. o.10: 100 vryslag: 1. N. Kruger (Paarl, rek) 1:18,58; 2. S. Benjamin (Retreat) 1:21,20; 3. L. Julie (Bellville) 1:22,64. 50 borsslag: 1. S. Benjamin (Retreat, rek) 47,87; 2. W. Tape (Lotus) 50,41; 3. N. Kruger (Paarl) 51,16. 100 rugslag: 1. L. Julie (Bellville) 1:34,90; 2. N. Kruger (Paarl) 1:46,54; 3. W. Tape (Lotus) 1:49,09. 50 vryslag: 1. N. Kruger (Paarl, rek) 36,14; 2. S. Benjamin (Retreat, rek) 36,30; 3. L. Julie (Bellville) 38,11. 200 vryslag-aflos: 1. Bellville 2:46,32; 2. Lotus 2:48,36; 3. Paarl 2:55,90.

http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/1990/01/23/9/6.html

More in this category: « 1991 Cape Town 1988 Pretoria »

            NEW CONTENT

UA-55917683-1