1991 Cape Town

South Africa is due to participate in the 1992 Barcelona Olympic Games - the first times competitors from South Africa would be allowed to compete since the 1960 Olympic Games in Rome.

In 1991 world record holder Peter Williams returns after completing his studies in the USA, and Craig Jackson visits to compete in nationals. Darrel Cronje, winner of thee frestyle sprints in 1990, is not here to defend his titles.

Paul Blackbeard also makes a return to the SA Swimmimng Championships - his first nationals was back in 1972.

It is also the last time the  South African Aquatic championships to be held by SAASU - at its old scenic venue in Newlands, Cape Town, where nationals was always a vibrant and exciting event. After this gala the venue has deteriorated and has never again been used to host nationals. Unfortunately the whole event seems has deteriorated, as a 2015 quote from Roland Schoeman suggests: As far as I am concerned every single nationals is an anticlimax.

Click here to see the 1991 programme and all the events pages are found here.

       
  Men       Women    
 
Free            
50 Peter Williams (EP) NR Andre Stadler (WP) Alan Kelsey (Tvl) Tracey Elliot (B) Amanda Hunter-Beckinsall (T) Lexi Heyns (N)
100            
200 Craig Jackson (Tvl) Gary Albertyn (VT) Paul Fryer (Tvl)      
400 Andrew O'Flaharty (T) Pierre de Roubaix (WP) Gary Albertyn (VT) Lezelle Markgraaff (OVS) Tracey Elliot (Border) Natasha Figge (Tvl)
800       Lezelle Markgraaff (OVS) Tracey Elliot (Border) Natasha Figge (Tvl)
1500 Craig Jackson (Tvl) Adam Blake (OFS) Andrew O'Flaharty (T)      

Back            
100 Andrew Marshall (NTvl)  NR Noel Droomer (WP) Gary Albertyn (VT) Jill Brukman (N) R. de Jager (WP) Robyn Bow (N)
200 Andrew Marshall (NTvl)  NR Greg Kahn (EP) Gary Albertyn (VT)      

Breast            
100 Kenneth Cawood (N) Nolan Shifren (Tvl) G. Coetzee (Tvl) Penny Heyns (N) NR Sheela turner (Tvl) Kerry Elliot (Border)
200       P. Heyns (N) Sheela turner (Tvl) Kerry Elliot (Border)

Fly            
100 Craig Jackson (Tvl) Alan Kelsey (Tvl) Gary Albertyn (VT) I. Allers (OVS) Lee Pennefather (N) Utta Fritsch (N)
200 Craig Jackson (Tvl) NR Martin Swan (WP) W. Fergusan (ETvl) Lee Pennefather (N) Utta Fritsch (N)  Sue Crampton (N)

IM              
200 Martin Swan (WP) G. Albertyn (VT) Nolan Shifren (Tvl) Jill Brukman (N) L. Bolton (ETvl) Kerry Elliot (Border)
400 Craig Jackson (Tvl) NR Martin Swan (WP) Nolan Shifren (Tvl)      

Free relay              
200 Eastern Province (NR) Peter Williams, Martin Epstein, Andrew Turner en Craig Bransby Transvaal Western Province Natal (NR) Transvaal Western Province
400 Eastern Province (NR) Peter Williams, Martin Epstein, Andrew Turner en Craig Bransby Transvaal Orange Free State Natal Transvaal Western Province
800            
             
 
Medley relay              
200            
400 Transvaal Natal Northern Transvaal Natal (NR) Penny Heyns Jill Brukman, Uta Fritsch en Reneé Templeton    

Diving              
1m       Sandy Grey (Tvl)    NR Debbie White (Tvl)  
3m Craig Vaughan (EP)  NR Jerry Emmerton        
         
 
Synchronised swimming       Figures      
      Duets  
      Solo Loren Wulfsohn (N) Jenny Edge (EP) A. Taylor (N)

Water Polo Currie Cup            
               
Ellis Brown Trophy            

 



25 Feb 1991

Williams en Jackson soek ook na goud

DIE terugkeer van die swemmers Peter Williams (OP) en Craig Jackson (Transvaal) na Suid-Afrikaanse water is een van die interessanthede van die Speedo SA nasionale kampioenskapsgala, wat van vandag tot Vrydag in die Nuwelandse swembad plaasvind. Albei het 'n wyle aan Amerikaanse universiteite studeer. Williams is klaar met sy graad en heeltyds terug in die Baai, terwyl Jackson sy studies in Mei voltooi. Die Nataller Daryl Cronjé, wat verlede jaar die vryslag-nommers oorheers het, verdedig nie sy titels in die 50m, 100m en 200m vryslag nie. 'n Taai stryd om die vakante goud in dié items behoort te heers tussen Williams, wat al die 50m-wêreldrekord gehou het, Jackson en die Transvaler Stephen Haupt, wat dié seisoen die nael-nommers in Suid-Afrika oorheers. Nog 'n ster wat nie aksie sal wees nie, is die Oos-Transvaler Heather Park. Park, 1990-kampioen in die 400m en 800m vryslag, se plek op die wennersrostrum kan gevul word enige van Natasha Figge (Transvaal), Lizelle Markgraaff (Vrystaat) en Tracy Elliott (Grens). Op vandag se program is dit die 200m vryslag vir mans en die 100m borsslag vir vroue wat die meeste belangstelling gaande maak. Die Transvaler Sheila Turner, SA rekordhouer in dié nommer, sal moeilik gestuit word om laasgenoemde titel. Die Westelike Provinsie-kaptein, Carl Laubscher, behoort vanaand in die 100m rugslag hond haaraf te maak. Hy is die topgekeurde in dié nommer. Alle swem-nommers en waterpolo-wedstryde word in die Nuwelandse swembad beslis, terwyl die duik in die Seepuntse bad en gesinkroniseerde swem in Bellville gehou word. Vandag se program is: 07:00: Waterpolo (Natal B t Vrystaat, Transvaal t WP B); 09:00: Gesinkroniseerde swem; 09:30: Duik (Vroue 1m-plank, Mans 3m-plank); Swem: Uitdunne: 100m borsslag (vroue), 100m rugslag (mans), 200m vryslag (vroue), 100m borsslag (mans), 200m vryslag (mans); 12:15: Waterpolo (Oos-Transvaal t Noord- Transvaal, WP A t WP B, Transvaal t Natal B); 18:00: Amptelike opening; 18:30:

 

26 Feb 1991>

Drie SA rekords verbeter

DRIE nasionale rekords het gisteraand met die intrapslag gespat op Speedo se Suid-Afrikaanse swemkampioen skapsgala in die Nuweland- swembad. Vir die Nataller Penny Heyns was daar dubbele vreugde. Nadat sy in die 100 borsslag vir 'n nuwe SA rekord gesorg het, het sy laat aand saam met Jill Brukman, Uta Fritsch en Reneé Templeton ook 'n nuwe rekord in die 4x100 wisselslag-aflos help opstel. Die ander rekord behoort aan die Oostelike Provinsie se mansspan in die 4x50 vry slag-aflos. Peter Williams, voormalige wêreldrekordhouer in dié kort afstand, het saam met Martin Epstein, Andrew Turner en Craig Bransby die aflos in 1:35,68 afgeblits. Heyns se sege om die eerste titel van die week, die 100 borsslag, het die gala op 'n hoë noot laat begin. Die Transvaler Sheela Turner was die gunsteling om dié nommer te wen. Met die draaislag was sy nog net-net voor, maar 1:12,57 ná die skoot was sy haar SA rekord sowel as die Glendenning-beker kwyt. Turner was 'n skrale vier honderdstes van 'n sekonde ná Heyns tweede. In die 200 vryslag vir vroue was daar ook 'n verrassing toe Natasha Figge (Transvaal) en Lizelle Markgraaff (Vrystaat) nie eens 'n plek op die wennersrostrum kon losswem nie. Figge se spanmaat Alexandra Heyns het dié item in 2:06,08, gevolg deur Brukman en Templeton. Craig Jackson het sy terugkeer na Suid-Afrikaanse water goed gevier deur die titel in die 200 vryslag te buit. Jackson, wat nog in Amerika studeer, het in 1:54,75 gewen, maar Gary Albertyn van Vaaldriehoek het hom enduit gejaag.


26 February 1991

SA KAMPIOENSKAPSGALA (Nuweland) Mans: 100 rugslag: 1. A. Marshall (NT) 59,57; 2. N. Droomer (WP) 1:00,51; 3. G. Albertyn (VDH) 1:00,84; 100 borsslag: 1. K. Cawood (Natal) 1:06,25; 2. N. Shifren (Tvl) 1:06,40; 3. G. Coetzee (Tvl) 1:07,09; 200 vryslag: 1. C. Jackson (Tvl) 1:54,75; 2. G. Albertyn (VDH) 1:55,81; 3. P. Fryer (Tvl) 1:57,79; 4x50 vryslag-aflos: 1. OP 1:35,68; 2. Transvaal 1:36,30; 3. WP 1:37,18. Vroue: 100 borsslag: 1. P. Heyns (Natal) 1:12,57; 2. S. Turner (Tvl) 1:12,61; 3. K. Elliot (Grens) 1:15,61; 200 vryslag: 1. A. Heyns (Tvl) 2:06,08; 2. J. Brukman (Natal) 2:07,14; 3. R. Templeton (Natal) 2:07,33; 4x100 wisselslag- aflos: 1. Natal 4:25,49; 2. Transvaal 4:31,95; 3. WP 4:32,85.

27 February1991

Nog SA rekords spat in bad

DIE slagting op nasionale rekords het gister voortgeduur op Speedo se SA kampioenskapsgala, wat tans in die Nuweland-swembad gehou word. Die Transvaler Craig Jackson het gisteroggend in die vierde uitdun van die 200-vlinderslag vir mans die ou rekord van Gerhard van der Walt met meer as twee en 'n half sekondes verpletter toe hy dié afstand in 2:02,33 kafgedraf het. Die vorige rekord was 2:03,87. In die eindstryd het Jackson dit so amper-amper weer reggekry, maar sy wentyd was 'n tiende van 'n sekonde stadiger as sy vars rekord. Die kampioen, Martin Swan van die Westelike Provinsie, was amper agt sekondes later tweede in 2:10,14. In die laaste nommer van die aand, die 4x50-vryslag-aflos vir vroue, het die kampioen, Natal, kragte gemeet met die nasionale rekordhouer, Transvaal. Reneé Templeton van Natal het die kant eerste geraak in 1:49,82, wat die SA rekord ewenaar. Die wenspan se eerste drie bene is deur Robin Bow, Jill Brukman en Tanya Stephens geswem. Vir Swan, wat vroeër sy rugslag- titel moes afstaan, het die aand in triomf geëindig toe hy die 200-individuele wisselslag-titel gebuit het om die tuisspan sy eerste goue medalje van die gala te besorg. Swan se spanmaat Noel Droomer het in die borsslag- en rugslagbene na die wenner gelyk, maar hy is oor die laaste 50 m deur Swan, Gary Albertyn en Nolan Shifren verby gesteek. Die wentyd was 2:11,91. Albertyn, verlede jaar se kam pioen in dié nommer sowel as die 400-vryslag, is ook sy ander titel kwyt. Hoewel hy vroeër in die dag die haastigste tye in albei uitdunne opgestel het, het 'n sterk eindpoging van Transvaal se Andrew O'Flaherty hom in die vryslag gefnuik. Albertyn was strykdeur voor, maar met die laaste draaislag het die Transvaler die eerste plek geneem. Albertyn se gô was dermate uit dat Pierre de Roubaix van die WP hom ook in die pylvak verby is om die silwermedalje in te palm. O'Flaherty se wentyd was 4:06,74. Ook in die 400-vryslag vir vroue moes die gunsteling die onderspit delf. Natasha Figge van Transvaal het in die oggend die haastigste uitdun afgelê, maar gisteraand was daar geen keer aan Lizelle Markgraaff van die Vrystaat nie. Markgraaff het die titel in 4:24,77 gebuit, met Tracy Elliot van die Grens tweede en Figge derde. In die 100-rugslag vir vroue het die kampioen en gunsteling, Jill Brukman, g'n plan gehad om verras te word nie. Sy was uit die staan spoor voor en het Marianne Kriel se SA rekord net-net misgeloop met 'n wentyd van 1:05,64. In die duik-nommers het twee nasionale rekords ook gespat. Sandy Grey van Transvaal het gisteroggend in Seepunt korte mette gemaak van haar teenstanders van die 1m-plank vir vroue. Grey het 440,05 punte behaal - die hoogste totaal nóg in Suid-Afrika - en met 40,25 punte voor haar tweede geplaaste provinsiale spanmaat, Debbie White, geëindig. In die mans-nommer op die 3m- plank het Craig Vaughan vir nog 'n SA rekord gesorg deur 589,55 punte aan te teken. Vaughan het 65,80 punte voor sy naaste teenstander, Jerry Emmerton, geëindig.


27 February 1991

SPORT-UITSLAE

SA KAMPIOENSKAPSGALA (Nuweland) Mans: 200 vlinderslag: 1. C. Jackson (T) 2:02,43; 2. M. Swan (WP) 2:10,14; 3. W. Fergusan (OT) 3:11,48. 200 individuele wisselslag: 1. M. Swan (WP) 2:11,91; 2. G. Albertyn (VD) 2:12,14; 3. N. Shifren (T) 2:12,79. 400 vryslag: 1. A. O'Flaharty (T) 4:06,74; 2. P. Roubaix (WP) 4:08,30; 3. G. Albertyn (VD) 4:09,03. Vroue: 100 rugslag: 1. J. Brukman (N) 1:05,64; 2. R. de Jager (WP) 1:08,00; 3. R. Bow (N) 1:08,09; 4. P. Nortjé (WP) 1:08,21. 400 vryslag: 1. L. Markgraaff (OVS) 4:24,77; 2. T. Elliot (G) 4:27,05; 3. N. Frigge (T) 4:28,51. 4x50-vryslagaflos: 1. Natal 1:49,82; 2. Transvaal 1:50,20; 3. WP 1:52,30.

28 February

Craig Jackson sit segetog voort

DIE Transvaalse swemmer Craig Jackson se segetog in die Nuweland-swembad duur voort. Gister, op die derde dag van die nasionale kampioenskapsgala, het Jackson nóg drie goue medaljes losgeswem om sy totaal tot dusver die week op vyf te staan te bring. Op 'n aand waarin die vroue- nommers deur die Natallers oorheers is, het dié provinsie se span die program gekroon deur in die 4x100-vryslag-aflos vir vroue 'n nuwe SA rekord los te swem. Die Natalse span, bestaande uit Jill Brukman, Robyn Bow, Tanya Stephens en Jill Templeton was strykdeur voor om in 3:58,92 te wen. Die ou rekord was 3:59,47. Transvaal (4:03,33) en die Westelike Provinsie (4:05,35) was tweede en derde. Jackson het gisteroggend begin deur die 1500-vryslag in 16:09,49 af te lê in die eerste van drie kragmetings om die kampioen oor dertig lengtes te bepaal. Vaaldriehoek se Gary Albertyn het die tweede been in 16:44,14 gewen, maar dit was nie goed genoeg om hom 'n medalje te besorg nie. In die derde been, die spannendste van die dag, het Adam Blake (OVS, 16:13,17), Andrew O'Flaherty (Tvl, 16:28,96) en Pierre de Roubaix (WP, 16:38,53) die algehele tweede, derde en vierde plekke verdien. Alan Kelsey, die 1990-kampioen, wou sy 100-vlinderslag-titel nie sommer prysgee nie en was met die draaislag nog voor. Oor die laaste 40 m was daar egter g'n keer aan Jackson nie en hy het in 56,21 gewen, met Kelsey tweede in 57,09. Sy laaste goue medalje van die dag het Jackson verdien vir sy aandeel in Transvaal se sege in die 4x100-wisselslag-aflos, waarin hy die rugslag gedoen het. In die 200-vlinderslag vir vroue, waarin Lee Pennefather koning gekraai het, was dit net Natallers op die rostrum. Pennefather het in 2:18,18 gewen, met haar spanmaats Uta Fritsch (2:18,99) en Sue Crampton (2:21,31) tweede en derde. In die 200-borsslag het Penny Heyns van Natal haar tweede goue verdien toe sy maklik in 2:40,83 gewen het. Kerry Elliott (Grens) en Sheila Turner (Tvl) het in die laaste lengte moedig teruggeveg, maar Heyns was nooit in gevaar nie. Sy het met die sege 'n tweekuns in die borsslag verdien nadat sy Maandag die 100-titel in 'n nuwe SA rekordtyd ingepalm het. Al nommer waarin die Natalse vroue nie gisteraand baas was nie, was die 50-vryslag, wat Tracey Elliott van Grens in 27,56 gewen het. Die Transvalers Amanda Hunter- Beckinsall en Alexandra Heyns was tweede en derde in 27,79 en 27,81 onderskeidelik. GISTER SE UITSLAE IS: Mans 100 vlinderslag: 1. C. Jackson (T) 56,21; 2. A. Kelsey (T) 57,09; 3. G. Albertyn (VD) 57,58. 4x100 Wisselaflos: 1. Transvaal 3:55,89; 2. Natal 3:58,72; 3. Noord-Transvaal 4:01,32. 1500 Vryslag: 1. C. Jackson (T) 16:09,49; 2. A. Blake (OVS) 16:13,17; 3. A. O'Flaherty (T) 16:28,96. VROUE: 4x100 Vryslagaflos: 1. Natal 3:58,92; 2. Transvaal 4:03,33; 3. Westelike Provinsie 4:05,35. 200 Vlinderslag: 1. L. Pennefather (N) 2:18,18; 2., U. Fritsch (N) 2:18,99; 3. S. Crampton (N) 2:21,31. Waterpolo: Transvaal 18, OVS 4; WP A 14, Natal B 11; Natal A 23, WP B 4; Noord- Transvaal 13, OVS 5.Vroue 200 borsslag: 1. P. Heyns (N) 2:40,83; 2. S. Turner (T) 2:41,41; 3. K. Elliot (T) 2:42,21. Gesinchroniseerde swem (solo): 1. L. Wulfsohn (N) 136,77; 2. J. Edge (OP) 133,91; 3. A. Taylor (N) 133,69.4x100 Wisselaflos: 1. Transvaal 3:55,89; 2. Natal 3:58,72; 3. Noord- Transvaal 4:01,32. 1500 Vryslag: 1. C. Jackson (T) 16:09,49; 2. A. Blake (OVS) 16:13,17; 3. A. O'Flahty (T) 16:28,96. VROUE: 4x100 Vryslagaflos: 1. Natal 3:58,92; 2. Transvaal 4:03,33; 3. Westelike Provinsie 4:05,35. 200 Vlinderslag: 1. L. Pennefather (N) 2:18,18; 2., U. Fritsch (N) 2:18,99; 3. S. Crampton (N) 2:21,31. Waterpolo: Transvaal 18, OVS 4; WP A 14, Natal B 11; Natal A 23, WP B 4; Noord-Transvaal 13, OVS 5.VROUE: 50 m Vryslag: 1. T. Elliot (B) 27,56; 2. A. Hunter-Beckinsall (T) 27,79; 3. A. Heyns (N) 27,81.


Williams oortref ou rekord in bad

TOT dusver vandeesweek het die Transvaalse swemmer Craig Jackson die nasionale kampioenskapsgala in die Nuweland-swembad oorheers. Hy het gister oudergewoonte 'n goue medalje en 'n SA rekord losgeswem, maar Peter Williams van die Oostelike Provinsie en Andrew Marshall van Noord-Transvaal het die tonge los gehad. Williams, voormalige wêreldrekordhouer oor dié afstand, het gisteraand in die 50-vryslag Keith Armstrong se sewe jaar oue SA rekord van 23,07 na 22,95 gesnipper - die eerste maal dat dié afstand in 'n Suid-Afrikaanse bad vinniger as 23 sekondes afgeblits is. In die laaste nommer van die aand, die 4x100-vryslag-aflos vir mans, het hy die toeskouers weer op hul voete gedwing. Nadat Transvaal, met Jack son, Alan Kelsey en Stephen Haupt in sy geledere, deurgaans voorgeloop het, het Williams die laaste 100 m vir die OP in 50,45 afgeblits. Dis die vinnigste 100 ooit in Suid-Afrika en het die OP in staat gestel om die nasionale rekord van 3:33,01 na 3:31,36 te verbeter. Transvaal, wat tweede geëindig het, is ook deur die ou grens in 3:31,68. Marshall het gisteroggend in die vierde uitdun van die 200-rugslag twee tiendes van 'n sekonde van Carl Laub scher se SA rekord van 2:09,79 gesny. Dit was nie genoeg vir die Noord- Transvaler nie en hy het gisteraand nogmaals daarop verbeter om sy titel in 'n blitsige 2:05,55 te behou. Om van Jackson nie te vergeet nie. Dié het gisteraand sy sesde goue medalje en tweede nasionale rekord van die week ingepalm toe hy die 400-individuele wisselslag in 4:35,10 gewen het. Graham Hill se ou rekord was 4:35,87. Vanaand pak Jackson en Williams mekaar in die 100-vryslag - 'n kragmeting wat die kroon kan span op 'n week van spattende rekords. Onder die vroue is dit Jill Brukman van Natal wat stadigaan besig is om haar reistasse vol goud te swem. Sy was gisteraand baas in die 200-individuele wisselslag in 2:21,92 - 19 honderdstes van 'n sekonde stadiger as die nasionale beste. Dié sege het die Nataller haar vyfde goue medalje van die week besorg nadat sy vroeër in die 100- rugslag geseëvier het en lid was van drie suksesvolle aflosspanne.


SA KAMPIOENSKAPSGALA (Nuweland) MANS: 50 vryslag: 1. P. Williams (OP) 22,95; 2. A. Stadler (WP) 23,76; 3. A. Kelsey (T) 24,04; 400 individuele wisselslag: 1. C. Jackson (T) 4:35,10; 2. M. Swan (WP) 4:42,84; 3. N. Shifren (T) 4:45,57; 200 rugslag: 1. A. Marshall (NT) 2:05,55; 2. G. Kahn (OP) 2:10,72; 3. G. Albertyn (VDH); 4x100 aflos: 1. OP 3:31,36; 2. Transvaal 3:31,68; 3. Vrystaat 3:37,05. VROUE: 800 vryslag: 1. L. Markgraaff (OVS) 9:02,46; 2. T. Elliot (Grens) 9:04,81; 3. N. Figge (T) 9:10,26; 100 vlinderslag: 1. I. Allers (OVS) 1:04,16; 2. L. Pennefather (N) 1:04,61; 3. U. Fritsch (N) 1:04,67; 200 individuele wisselslag: 1. J. Brukman (N) 2:21,92; 2. L. Bolton (OT) 2:26,76; 3. K. Elliott (G) 2;26,76. Waterpolo: WP B 13, Vrystaat 7; Natal B 6, Oos- Transvaal 4; WP 18, Vrystaat 6. T WP A 6, Oos-Transvaal 6; Natal A 10, Transvaal 6; Oos-Transvaal 12, WP B 6; Natal A 19, Natal B 9.


Springbok-waterpolospan wen

PORT ELIZABETH. - 'n Springbok-uitnodiging-waterpolospan het 'n uitnodigingspan van Zimbabwe met 7-5 geklop tydens die vierde Suid-Afrikaanse Meesters-waterpolotoernooi in St. Georgepark-swembad. 'n OP-span het 'n uitnodigingspan met 8-6 geklop. Neville Davies (WP) het geskitter vir die Springbokspan. Arthur Gower was Zimbabwe se uitblinker. Die OP se Meesterspan het afdeling B gewen nadat hy Noord-Transvaal in die eindstryd geklop het. Natal A, WP C, Transvaal Swaard en Transvaal Marlin was onderskeidelik derde, vierde, vyfde en sesde. Natal en Zimbabwe het afdeling A gewen. In die volgende plekke was: Transvaal Marlins, WP A, Transvaal Haaie, WP B, Transvaal Dolfyne, Transvaal Baracuda en Natal B. Ander uitslae is: Natal A 5, Tvl Swaard 4; Tvl Manta 6, Oos-Transvaal 2; WP 8, OP B 3; OP A 10, Natal A 2; Noord-Transvaal 6, Tvl Swaard 3; Tvl Manta 5, WP 3; Oos-Transvaal 9, Tvl Swaard 5; Noord-Transvaal 5, Natal A 1; Tvl Manta 5, OP B 4; Oos-Transvaal 5, WP C 4; Noord-Transvaal 5, Tvl Marlins 7; WP A 12, Tvl Swaard 2; WP B 10, Tvl Manta 3; Natal B 11, WP C 9; Tvl Baracuda 10, OP B 4; Tvl Dolfyne 10, Oos-Transvaal 5; Tvl Sharks 10, Natal A 7; OP A 12, Tvl Manta 2; N-Tvl 7, O-Tvl 2; Natal A 4; WP C 5; Tvl Swaard 7, OP B 2; OP 7, O-Tvl 3; Natal A 7, OP B 4; Tvl Swaard 6, Tvl Manta 4; OP A 7, WP C 1; N-Tvl 7, OP B 2; Natal 5, Tvl Manta 1; Tvl Swaard 5, O-Tvl 3; OP A 10, OP B 2; N-Tvl 6, Tvl Manta 4; O-Tvl 5, Natal A 5; WP C 3, Tvl Swaard 1.

Western Province Aquatic Championships

8 Januarie 1991

Puik swem verwag

Na die uitstekende gehalte van swem in eergister se WP-kampioenskapsgala, vind daar vanaand in dieselfde bad 'n tweede byeenkoms plaas. In die 200 vlinderslag vir mans ope is Carl Laubser die gunsteling, hoewel Mikael Mendonka van Vineyard hom dalk goeie teenstand kan bied. In die 100 rugslag vir seuns o.16 kan Bruce Snodgrass kwaai teenstand van Carl Coutts-Trotter en Craigh van der Vijver verwag. Snodgrass het reeds 'n goeie tyd aangeteken en kan moontlik ook op Seddon Keyter se WP-rekord van 1:03,84 verbeter. Die 100 vryslag vir meisies o.16 kan opwindend eindig. Riana de Jager, Lucy Saunders en Kate Leinberger behoort mekaar goed op te dreun. Annette Cowley is die rekordhouer met 'n tyd van 58,50. Frauke Bucking van Stellenbosch, wat so pas van Namibië verhuis het, behoort die 400 vryslag ope vir meisies te wen. Ook in hierdie wedstryd is Cowley die rekordhouer van 4:22,39. Indien Amanda Grenden en Paula Barrett-Smith alles uithaal, kan hulle Bucking jaag na 'n goeie tyd. Die 400 vryslag vir mans kan deur Pierre du Roubaix of Laurie Fialkov gewen word. Laasgenoemde swemmer het in die eerste reeks in die 200 'n naelskraapse oorwinning van 0,01 sek. oor Du Roubaix behaal. Hy gaan beslis toon dat dit nie 'n gelukskoot was nie.

 

19 Januarie 1991

Carl vier sy verjaarsdag

DIE Matie Carl Laubscher het gisteraand tydens die WP se kampioenskapsgala in die Nuwelandse swembad die Vernon Slovin-trofee behou nadat hy sy klubmaat Noel Droomer om die eerste plek geklop het in die 200 vlinderslag. Laubscher vier vandag sy 21ste verjaardag. Droomer was na die eerste 100 meter voor in 1:05,65, terwyl Laubscher die afstand in 1:07,99 voltooi het. Laubscher het egter 'n goeie pas gehandhaaf en was 'n gewilde wenner. In die 100 vryslag vir meisies o.16 het Lucy Saunders 'n goeie oorwinning oor Riana de Jager en Kirsten Thaning behaal. Mej. Saunders se tyd van 1:01,05 was veel stadiger as Annette Cowley se rekord van 58,50 wat in 1982 opgestel is. Die belowende Kelley Miedema het besonder belowend vertoon deur die Safmarine-trofee in die 200 individuele wisselslag vir meisies o.16 te wen. Haar tyd was 2:44,50. Een van die beste wedstryde van die aand was die 400 vryslag waarin Pierre de Roubaix vergoed het vir die nederlaag wat hy teen Laurie Fialkov in die 200 vryslag vroeër vandeesweek gely het. Met hierdie oorwinning het die Matie die Lieberman-beker behou. Tessa Loftus het in die 200 m vlinderslag o.16 na 'n kwaai stryd en 'n goeie eindpoging daarin geslaag om Kate Leinberger met 2,21 sek.te klop in 2:30,09. Hierdie tyd vergelyk goed met die rekord van Elizabeth Zaayman van 2:29,37. Hierdie rekord is nege jaar gelede opgestel.

 

 

WP KAMPIOENSKAPSGALA (Nuweland) MANS: 200 vlingerslag (ope): 1. Carl Laubscher (Stel) 2:16,36; 2. Noel Droomer (Stel) 2:17,50; 3. Mikael Mendonca (Vin) 2:19,36. 100 rugslag (o.16): 1. Bruce Snodgrass (Stel) 1:06,96; 2. Carl Coutts-Trotter (Vin) 1:09,54; 3. Craig van der Vijver (CH&RC) 1:10,85. 200 vryslag (o.14): 1. Simon Thirsk (Kamps) 2:12,76; 2. Jason du Preez (CH&RC) 2:13,59; 3. Riaan van Rooyen (Stel) 2:17,81. 400 vryslag (ope): 1. Pierre de Roubaix (Stel) 4:14,06; 2. Laurie Fialkov (UK) 4:16,69; 3. Matthew Scher (Vin) 4:30,89; 200 borsslag (o.16): 1. Neil Jooste (Stel) 2:48,58; 2. Craig van der Vijfer (CH&RC) 2:54,29; 3. Hayden Parr (Vin) 2:57,12. 200 rugslag (o.16): 1. Simon Thirsk (Kamps) 2:33,01; 2. Jason du Preez (CH&RC) 2:37,64; 3. Cameron Stevens (Gordons) 2:42,85. 200 individuele wisselslag (ope): 1. Noel Droomer (Stel) 2:16,79; 2. Carl Laubscher (Stel) 2:18,80; 3. Mikael Mendonca (Vin) 2:23,42. VROUE: 100 vryslag (o.16): 1. Lucy Saunders (Stel) 1:01,05; 2. Riana de Jager (Stel) 1:04,46; 3. Kirsten Thaning (CH&RC) 1:05,54. 200 individuele wisselslag (o.14): 1. Kelley Miedema (CH&RC) 2:44,50; 2. Nadine Ballot (Kamps) 2:47,92; 3. Adrienne Snyman (Vin) 2:49,36. 400 vryslag (ope): 1. Frauke Bucking (Stel) 4:37,73; 2. Amanda Grendon (Vin) 4:38,16; 3. Claire Deacon (Stel) 4:44,43; 200 vlinderslag (o.16): 1. Tessa Loftus (Stel) 2:30,90; 2. Kate Leinberger (Vin) 2:33,12; 3. Suzie Finlayson (Gordons) 2:03,30. 200 vryslag (o.14): 1. Nadine Ballot (Kamps) 2:26,66; 2. Kelley Miedema (CH&RC) 2:27,34; 3. Dossie Grindlay (Paarl) 2:33,24. 100 rugslag (ope): 1. Riana de Jager (Stel) 1:05,50; 2. Siobhan Williams (CH&RC) 1:10,50; 3. Lucy Saunders (Stel) 1:11,55.


21 Januarie 1991

SAU - Matie-swemmers wen baie WP-titels

DIE Maties se swemmers het die naweek gepresteer deur agt van die veertien nommers by die Westelike Provinsie se kampioenskapsbyeenkoms by die Nuwelandse swembad te wen. Die 15-jarige Bruce Snodgrass het twee goue medaljes in die afdeling vir seuns o.16 in die 200 m vryslag en rugslag gewen. Lucy Saunders het in die ooreenstemmende afdeling vir meisies eerste plekke behaal in die 100 m vlinderslag, 200 m vryslag en 100 m vryslag. Sy het in die 50 m vryslag ope vir Siobhan Williams in 28,89 geklop. Claude Deacon (Stel.) kon met kwaai teenstand moontlik op Irene van den Linden se rekord van 2:45,00 in die 200 m borsslag verbeter het. Sy het dit met slegs 0,55 gemis. Pierre de Raubaix van Stellenbosch het in die 1 500 m vryslag met 'n goeie eindpoging vorendag gekom om die langasem-swemmer Laurie Fialkov met 5,52 sek. te klop. Die groot uitblinker in die afdeling o.14 is ongetwyfeld Simon Thirsk van Kampsbaai, vir wie daar met harde werk 'n blink toekoms voorlê. Thirsk het sy oorwinnings in die 200 m vlinderslag, die 200 m individuele wisselslag, die 200 m vryslag en die 200 m rugslag Saterdagaand opgevolg deur nog 'n goue medalje te buit in die 200 m vryslag. Vir Nadine Ballot, ook van Kampsbaai, lê eweneens 'n goeie toekoms voor. Die gewese Paarliet Noel Droomer, wat deesdae vir Stellenbosch swem, het duidelik hard geoefen. Sy oorwinning in die 100 m vlinderslag oor Mikael Mendonca van Vineyard was puik. Sy tyd was 1:01,32.

 

WP KAMPIOENSKAPSGALA (Nuweland) MANS: 100 vlinderslag (ope): 1. Noel Droomer (Stel) 1:01,32; 2. Mikael Mendonca (Vin) 1:03,20; 3. Elan Miller (CH&RC) 1:03,88; 1 500 vryslag (ope): 1. Pierre de Roubaix (Stel) 17:03,55; 2. Laurie Fialkov (UK) 17:08,07; 3. Bevan Johnson (Stel) 17:17,82; 200 rugslag (o.16): 1. Bruce Snodgrass (Stel) 2:23,36; 2. Carl Couts-Trottes (Vin) 2:29,76; 3. Craig van der Vyfer (CH&RC) 2:31,48; 200 borsslag (o.14): 1. Kenneth Sinclair (Paarl) 2:53,11; 2. Riaan van Rooyen (Stel) 2:57,56; 3. Christopher Allflat (Vin) 3:14,85; 200 vryslag (o.16): 1. Bruce Snodgrass (Stel) 2:04,06; 2. Michael Pitt (Vin) 2:07,27; 3. Carl Scott (Vin) 2:09,15; 400 vryslag (o.14): 1. Simon Thirsk (KB) 4:43,73; 2. Jason du Preez (CH&RC) 4:52,89; 3. Mac Donald (Vin) 4:55,40. VROUE: 200 borsslag (ope): 1. Claire Deacon (Stel) 2:45,55; 2. Niki Clegg (KB) 2:48,65; 3. Liana Jordaan (Stel) 2:59,41; 100 rugslag (o.16): 1. Riana de Jager (Stel) 1:09,19; 2. Kirsten Thaning (CH&RC) 1:12,62; 3. Taryn Mellville (CH&RC) 1:16,27; 100 vryslag (o.14): 1. Ruth Wright (KB) 1:06,85; 2. Nadine Ballot (KB) 1:08,67; 3. Kelly Miedema (CH&RC) 1:09,13; 50 vryslag (ope): 1. Lucy Saunders (Stel) 28,59; 2. Siobhan Williams (CH&RC) 28,66; 3. Frauke Bucking (Stel) 28,90; 200 vryslag (o.16): 1. Paula Barrett-Smith (KB) 2:21,90; 2. Ingrid Theunissen (G) 2:23,42; 3. Lydia de Jager (Bell) 2:23,66; 200 rugslag (o.14): 1. Nadine Ballot (KB) 2:47,43; 2. Adrienne Snyman (Vin) 2:48,24; 3. Marna Esterhuizen (Stel) 2:50,63; 200 vlinderslag (ope): 1. Siobhan Williams (CH&RC) 2:29,79; 2. Nicky Kirsten (Stel) 2:31,74; 3. Tessa Loftus (Stel) 2:31,90; 400 individuele wisselslag (o.16): 1. Lucy Saunders (Stel) 5:16,26; 2. Kirsten Thaning (CH&RC) 5:33,71; 3. Tessa Loftus (Stel) 5:45,39.


5 February 1991

SAU - Maties wen baie titels

DIE aflosspanne van U. Stellenbosch het het Saterdag in Bellville se swembad gepresteer deur nie minder nie as 12 van die 27 nommers op die WP se kampioenskaps gala te wen. Altesame vyf WP-rekords is opgestel. Drie van die rekords is deur Stellenbossers behaal, terwyl Bellville Aquarama se o.12 vryslag-span vir meisies, bestaande uit Michelle Dosson, Elzanne Pretorius, Talita Rossouw en Renate du Plessis die nommer in 2 min. 13,88 sek. gewen het om op Kampsbaai se provinsiale rekord van 2:14,08 te verbeter. In dieselfde nommer vir seuns o.12 het Dominique Cobat, Nicolaas Borman, Carl Sporri en Jeremy MacDonald die ou rekord van 2:14,86 verbeter. Hulle het die afstand in 2:06,78 voltooi. Riana de Jager, Claire Deacon, Nicky Kirsten en Frauke Bucking van Stellenbosch het die 4x100-wisselslag-aflos in die rekordtyd van 4:43,69 gewen. Die Maties het die ou WP-rekord van 4:48,05 in 1989 opgestel. Noel Droomer, Pierre de Roubaix, Martin Swan en Carl Laubscher het in die 4x100-vryslagaflos vir mans die gesogte Marais-uitdaagbeker gebuit en ook 'n rekordtyd van 3:44,11 opgestel. Die vierde WP-rekord is deur die Maties se o.10-vryslag-aflosspan in die 4x50 m behaal toe Yvette Putter, Kathleen Moore, Ashly Payne en Sucari Vlok 'n tyd van 2:36,60 aangeteken het. Dit is 'n groot verbetering op die vorige rekord van 2:44,54. Vineyard se Carl Sporri, Niall Kritzinger, Nicolaas Bornman en Dominique Jobat het die provinsiale rekord van 2:28,32 in die 4x50-wisselslag vir o.12 oortref. Die vorige beste tyd was 2:32,60. 

 

5 February 1991

WP-AFLOSGALA (Bellville) Vroue-ope 5x50 vryslag: 1. Stellenbosch 1:57,44; 2. Bellville Aquarama 1:59,19; 3. Vineyard 2:00,27. Mans-ope 4x50 vryslag: 1. Vineyard A 1:41,91; 2. Bellville Aquarama 1:45,76; 3. CH&RC 1:44,73. Meisies o.10 4x50 wisselslag: 1. Stellenbosch 3:08,68; 2. Constantiaberg A 3:25,06; 3. Gordons 3:29,31. Seuns o.10 4x50 wisselslag: 1. Vineyard 2:52,46; 2. Constantiaberg A 3:07,10; 3. CH&RC 3:11,63. Meisies o.8 4x50 vryslag: 1. Gordons 3:22,60. Seuns o.8 4x50 vryslag: 1. Gordons 3:27,96; 2. Constantiaberg 3:20,35. Meisies o.16 4x100 wisselslag: 1. Stellenbosch 4:55,31; 2. Vineyard 5:08,93; 3. CH&RC A 5:10,56. Seuns o.16 4x100 vryslag: 1. Vineyard A 4:02,76; 2. Stellenbosch 4:03,74; 3. CH&RC 4:13,68. Meisies o.14 4x100 vryslag: 1. Kampsbaai 4:43,70; 2. CH&RC 4:52,56; 3. Paarl 4:53,14. Mans-ope 4x100 wisselslag: 1. Stellenbosch 4:14,73; 2. Vineyard A 4:29,33; 3. Bellville Aquarama 4:34,33. Meisies o.12 4x50 vryslag: 1. Bellville Aquarama 2:13,88*; 2. Stellenbosch 2:20,19; 3. Vineyard A 2:23,03. Seuns o.12 4x50 vryslag: 1. Vineyard A 2:06,78*; 2. Bellville Aquarama A 2:10,99; 3. CH&RC 2:13,56. Meisies o.16 4x50 vryslag: 1. Stellenbosch 2:03,89; 2. Vineyard 2:05,41; 3. CH&RC 2:07,17. Seuns 4x100 wisselslag: 1. CH&RC 4:56,93; 2. Vineyard 4:59,23. Vroue-ope 4x100 wisselslag: 1. Stellenbosch 4:43,69*; 2. Kampsbaai 4:57,57; 3. CH&RC 5:01,05. Mans-ope 4x100 vryslag: 1. Stellenbosch 3:44,11*; 2. U.Kaapstad 3:46,10; 3. Bellville Aquarama 3:59,86. Meisies o.10 4x50 vryslag: 1. Stellenbosch 2:36,60*; 2. Gordons 2:57,27; 3. Constantiaberg A 3:01,94. Seuns o.10 4x50 vryslag: 1. Vineyard 2:30,67; 2. Gordons 2:42,16; 3. CH&RC 2:48,98. Meisies o.14 4x50 vryslag: 1. Kampsbaai 2:07,75; 2. CH&RC 2:10,63; 3. Stellenbosch 2:11,94.44. Meisies o.12 4x50 wisselslag: 1. Bellville Aquarama A 2:35,67; 2. Vineyard 2:45,72; 3. Stellenbosch 2:45,720. Seuns o.12 4x50 wisselslag: 1. Vineyard A 2:28,32*; 2. Bellville Aquarama A 2:37,80; 3. CH&RC 2:42,47. Seuns o.16 4x100 wisselslag: 1. Stellenbosch 4:36,42; 2. Vineyard A 4:37,98; 3. CH&RC 5:19,28. Meisies o.16 4x100 vryslag: 1. Stellenbosch 4:31,20; 2. Vineyard 4:41,64; 3. Bellville Aquarama 4:51,39. Seuns o.14 4x100 vryslag: 1. CH&RC 4:23,35; 2. Vineyard 4:26,22. Meisies o.14 4x100 wisselslag: 1. Kampsbaai 5:20,94; 2. Paarl 5:26,50; 3. Stellenbosch 5:38,42. Vroue-ope 4x100 vryslag: 1. Stellenbosch 4:22,93; 2. Vineyard 4:28,99; 3. Kampsbaai 4:34,20. Mans-ope 4x200 vryslag: 1. Stellenbosch 8:20,63; 2. U.Kaapstad 8:26,79; 3. Bellville Aquarama 9:07,69. (* WP rekords.)

 


26 February 1991

WP-KAMPIOENSKAPSGALA (Nuweland)

MANS 400 individuele wisselslag ope: 1. Noël Dromer (Stell) 4:56,10; 2. Steven Klugman (Saks) 5:07,46; 3. Michael Mendonca (Vin) 5:13,69. 100 vryslag, 0.16: 1. Bruce Snodgrass (Stell) 55,54; 2. Carl Scott (Vin) 58,11; 3. Michael Pitt (Vin) 58,16. 100 vryslag, 0.14: 1. Kennett Sinclair (Paarl) 1:00,26, 2. Jason du Preez 1:00,39 (Ch&RC); 3. Simon Thirsk (Kampsbaai) 1:00,76. 50 vryslag, ope: 1. Larry Kreel (UK) 24,87*; 2. Tyrone Oates 24,94*; 3. Richard Opie 25,12. 400 vryslag, o.16: 1. Michael Pitt 4:33,20; 2. Carl Scott 4:36,75; 3. Johan de Bruijn 4:40,66. 100 vlinderslag, o.14: 1. Kennett Sinclair 1:06,21; 2. Jason du Preez 1:06,50; 3. Simon Thirsk 1:07,69. 200 rugslag, ope: 1. Carl Laubscher (Stell) 2:14,60*; 2. Noel Dromer (Stell) 2:14,71*; 3. Gareth Broberg (Bell) 2:20,90*. 100 borsslag, o.16: 1. Craig van der Vijver (Ch&RC) 1:18,07; 2. Niel Jooste (Stell) 1:18,28; 3. Hayden Parr (Vin) 1:18,44. VROUE 100 vlinderslag ope: 1. Siobahn Williams (CH&RC) 1:08,27*; 2. Kate Leinberger 1:08,39*; 3. Nicky Kirsten (Stell), 1:09,08*. 200 rugslag o.16: Riana de Jager (Stel) 2:26,08*; 2. Kirsten Thaning (CH&RC) 2:34,34*; Taryn Melville (CH&RC) 2:43,74. 400 individiduele wisselslag, o.14: 1. Kelly Miedema (CH&RC) 5:44,55*; 2. Nadine Ballot Kampbaai ) 5:46,77*; 800 vryslag , ope: 1. Amanda Grendon (Vin) 9:23,43*; 2. Frauke Bucking (Stell) 9:43,05*; 3. Claire Amner (Stell) 9:48,43*. 100 borsslag, o.16: 1. Nicola Clegg (Kampsbaai) 1:17,07*; Tamsin O'Hanlon (Ch&RC) 1:23,39; 3. Sarah Gruft (Kampsbaai) 1:25,54. 200 borsslag, o.14: 1. Melanie van Riet (Paarl) 3:04,17; 2. Kelly Miedema (CH&RC) 3:14,03; 3. Jeanne Odendaal (Bell) 3:15,70. 200 individuele wisselslag, ope: 1. Lucy Saunders (Stel) 2:30,65*; 2. Frauke Bucking (Stell) 2:34,07*; 3. Nicky Kirsten (Stell) 2:36,13*. * binne SA standaardtyd.

28 January 1991

Twee swemrekords bly in slag

DIE enigste twee individuele WP-rekords is Saterdagaand by die voorlaaste Westelike Provinsie-kampioenskapsbyeenkoms in die Nuwelandse swembad deur die Paarliet Kennett Sinclair en Simon Thirsk van Kampsbaai opgestel. Sinclair het dit in die 100 m borsslag vir seuns o.14 aan Riaan van Rooyen (Stellenbosch) en Chris Allfat (Vineyard) oorgelaat om dit om die tweede plek uit te veg, terwyl hy Tyrone Oakes (Vineyard) se rekord van 1:16,52 met 0,81 sek. verbeter het. Daar bestaan geen twyfel dat Sinclair met strawwer teenstand nog vinniger kon geswem het nie. Die hoogs belowende Simon Thirsk was op sy stukke in die 100 m rugslag vir seuns o.14. Hy was vasbeslote om op P. de Jager (Stel) se rekord van 1:10,02 te verbeter en die C.H. Challenge-trofee te behou, en het dit sonder moeite reggekry. Die stryd oor die eerste 50 m was taai. Angus MacDonald (Vin) kon egter nie bybly nie. Thirsk het betyds sy pas versnel om die afstand in 1:09,24 te voltooi. In die 100 m vryslag kon Matthew Soker (55,66) as wenner nie Jonty Skinner se 1974-rekord van 52,30 verbeter nie. Pierre de Roubaix en Noel Droomer, albei van Stellenbosch, het presies gelyk in 55,85 geeindig. Daar lê beslis 'n blink toekoms voor vir Nadine Ballot (Kampsbaai) en Kelly Miedema (CH&RC), wat mekaar goed opgekeil het in die 200 vlinderslag vir meisies o.14. Ballot het Miedema in 2:46,01 met 0,43 geklop. Vir Henri van Schaik was dit 'n spesiale dag. Die Matie het in die 200 borsslag daarin geslaag om binne die SA kwalifiserende tyd van 2:43,07 te swem. Sy tyd was 2:34,01. Die uitslae is: MEISIES o.14: 200 vlinderslag: 1. Nadine Ballot (Kamps) 2:46,01; 2. Kelly Miedema (CH&RC) 2:46,44. 100 rugslag: 1. Nadine Ballot (Kamps) 1:17,00; 2. Kelly Miedema (CH&RC) 1:17,61; 3. Ruth Wright (Kamps) 1:17,95. 100 borsslag: 1. Melanie van Riet (Paarl) 1:26,42; 2. Laura Goff (Bost) 1:29,08; 3. Jenni Bayley (Stel) 1:30,40. o.16: 400 vryslag: 1. Paula Barrett-Smith (Kamps) 4:55,49; 2. Tessa Loftus (Stel) 4:57,31; 3. Lydia de Jager (Bell A) 5:12,72. 200 borsslag: 1. Niki Clegg (Kamps) 2:48,69; 2. Tamsin O'Hanlon (CH&RC) 3:00,40; 3. Sarah Gruft (Kamps) 3:04,45. VROUE Ope: 400 individuele wisselslag: 1. Claire Deacon (Stel) 5:22,91; 2. Dominique Donner (CH&RC) 5:28,19; 3. Nicky Kirsten (Stel) 5:28,63. 100 vryslag: 1. Lucy Saunders (Stel) 1:01,53; 2. Frauke Bucking (Stel) 1:01,96; 3. Kate Leinberger (Vine) 1:02,98. 200 rugslag: 1. Riana de Jager (Stel) 2:28,34; 2. Kirsten Thanning (CH&RC) 2:33,64; 3. Dominique Donner (CH&RC) 2:38,69. SEUNS o.14: 100 borsslag: 1. Kennett Sinclair (Paarl) 1:15,71 (WP-rekord); 2. Riaan van Rooyen (Stel) 1:25,36; 3. Chris Allflat (Vine) 1:26,05. 100 rugslag: 1. Simon Thirsk (Kamps) 1:09,24 (WP-rekord); 2. Angus MacDonald (Vine) 1:11,09; 3. Jason du Preez (CH&RC) 1:12,87. 400 individuele wisselslag: 1. Riaan van Rooyen (Stel) 5:29,46. o.16: 200 vlinderslag: 1. Carl Coutts-Trotter (Vine) 2:19,43; 2. Michael Pitt (Vine) 2:22,84; 3. Craig van der Vijver (CH&RC) 2:27,78. 200 individuele wisselslag: 1. Carl Coutts-Trotter (Vine) 2:28,33; 2. Smittie Crouse (Stel) 2:28,89; 3. Craig van der Vijver (CH&RC) 2:30,50. MANS Ope: 100 vryslag: 1. Matthew Scher (Vine) 55,66; 2. Pierre de Roubaix (Stel) en Noel Droomer (Stel) 55,85. 200 borsslag: 1. Henri van Schaik (Stel) 2:34,01; 2. Heinrich Langner (Paarl) 2:48,52; 3. John Crook (Vine) 2:48,55.

 


26 February 1991

WP kies groot swemspan

DIE Westelike Provinsie se groot swemspan (insluitende sierswem, duik en waterpolo) vir die nasionale byeenkoms van 25 Februarie tot 2 Maart in die Nuweland, is gister bekend gemaak. Die span is:

Swem: Vroue: C. Amner (Stel), L. Damburger (Stel), F. Bucking (Stel), N. Clegg (Kamps), C. Deacon (Stel), R. de Jager (Stel), D. Donner (CH&RC), A. Grandon (Vine), N. Kirsten (Stel), K. Leinberger (Vine), T. Loftus (Stel), P. Nortier (Stel), L. Saunders (Stel), K. Thainging (CH&RC), S. Williams (CH&RC). Mans: A. Aubin (UK), G. Broberg (Bell), C. Coutts-Trotter (Vine), P. de Roubaix (Stel), N. Droomer (Stel), G. du Plessis (Stel), L. Fialkov (UK), B. Johnson (Stel), S. Klubman (SAKS), L. Kreel (UK), C. Laubscher (Stel, kapt), J. Louw (UK), M. Mendonka (Vine), E. Miller (Vine), B. Nortje (Stel), T. Oates (Vine), R. Opie (Vine), M. Pitt (Vine), M. Scher (Vine), B. Snodgrass (Stel), A. Stadler (Stel), M. Swan (Stel), C. van der Vijver (CH&RC), L. van Greenen (Bell), H. van Schaik (Stel). Bestuurder: A. Olivier.

Waterpolo: A-span: G. Patterson (SAKS), D. Sabor (Stel, kapt.), P. van Schoor (Stel), A. Stadler (Weerm), A. Botha (Weerm), P. Emsley (Vikings), R. Webb (SAKS), A. Pearse (Stel), S. Bellikoff (UK), P. Neill (Viking), B. Eckersley (Viking), W. Smith (Stel). Afrigter A. Thomas. B-span: E. Diamond (Viking), G. Hardon (Gordons), M. Voges (Gordons), I. Carr (Gordons), A. Kantor (UK), R. Lumb (Weerm), T. Redelinghuys (Viking, kapt.), S. Brorson (Viking), M. Wegener (SAKS), M. Parker (Stel), G. Hawker (SAKS), B. Lightfoot (SAKS). Afrigter A. Footman; Jongspan: S. Douglas (Viking), A. Breda (Stel, kapt), P. Sable (UK), P. Lazarus (Viking), A. Camara (Viking), A. Wolfaardt (Weerm), S. McKenzie (Weerm), C. Carroll (Stel), G. Ball (Weerm), P. Stadler (SAKS), B. Davies (Viking), N. Wallsh (Rond), C. Pearse (Weerm). Afrigter: I. Mellier.

Duik: Vroue: S. Brice (UK), M. Brunt (Gordons). Mans: D. Basson (Gordons), R. Costa (Gordons), C. Standing (W), D. Turvey (UK).

Sierswem: Sue Bernstein (Stel), L. Fortune (Vine), C. Hands (UK), A. Fletcher (Stel), K. Crause (UK), L. Townsend (UK), D. Rush (Stel), N. Upton (Stel). Afrigter: J. Horsefield.


Julie 1991 - Winter Champs

SWEM SA WINTERGALA (Sasolburg) MANS: 50 vryslag: Peter Williams (PE) 24,40; A. Kelsey (SC) 24,84; L. Tiltman (Har) 25,05; 1 500 vryslag: K. Richards (Aqua) 17:23,37; B. Johnson (Stell) 17:31,43; G. Gore (Sasol) 18:14,03; 200 rugslag: G. Kahn (Aqua) 2:16,27; C. Laubsher (Stell) 2:19,38; G. Albertyn (Sasol) 2:19,90. VROUE: 400 vryslag: T. Elliot (Har) 4:37,91; I. Allers (BS) 4:42,98; K. Allers (BS) 4:43,41; 200 rugslag: T. van Dijk (OE) 2;26,48 (rek); R. de Jager (Stell) 2:30,53; Z. Kritzinger (Seals Pmb) 2:30,81.

SWEM SA WINTERGALA (Sasolburg) MANS: 200 vryslag: P. Fryer (Wan) 2:02,21; G. Albertyn (Sasol) 2:03,00; P. de Roubaix (Stel) 2:03,38; 100 borsslag: A. Ford (Wan) 1:09,52; H. Nienaber (UP) 1:10,94; G. Walton (Aqua) 1:10,25; 400 individuele wisselslag: K. Richards (Aqua) 4:55,50; G. Kahn (Aqua) 4:59,38; C. Laubscher (Stel) 5:02,41. VROUE: VROUE: 200 vryslag: T. Elliott (Har) 2:12,18; T. Stephens (Seagulls) 2:13,01; R. Templeton (Pine) 2:14,06; 100 borsslag: S. Turner (Wan) 1:15,15 (rek); 400 individuele wisselslag: T. Elliott (Har) 5:23,38; K. Elliott (Har) 5:25,37; L. Saunders (Stel) 5:27,53.


SAU  Desember 1990

Stellenbosch baas in SAU-swemtoernooi

Van Frikkie van Rensburg
BLOEMFONTEIN. - Stellenbosch het die Jubileebeker by die afgelope
SAU-swemgala in die Stadion-bad in Bloemfontein verower. Die Maties
het in die swembad 33 medaljes gewen, wat 13 goue medaljes ingesluit
het. Hulle het ook met die hoogste louere op die duikplank weggestap
en in die waterpolobad was hulle saam met die Ikeys tweede ná die
Natalse Universiteit (Durban).
Ses SAU-swemrekords het in die slag gebly en een is geëwenaar.
Natasha Figge (Wits) se drie titels in die 100-, 200- en 800-vryslag
is die meeste deur enige swemmer by dié kampioenskapsbyeenkoms.
Sewe swemmers - Heather Price (Wits), Petro Nortjé (Maties),
Hannelie Vermeulen (Kovsies), Avril Vides (Rhodes), Stephen Haupt
(Wits), Jeanine Steenkamp (Kovsies) en Paul de Roubaix (Maties) - het
elk twee titels gewen. Die nuwe rekords is (ou rekordhouers
en -tye word tussen hakies gegee): Nicky Goldin, 27,76 in die
50-vryslag (Goldin, 27,76, 1989); Heather Price, 2:45,99 in die 200
borsslag (Dorothea Neumeister, 2:49,43, 1981); Wits, 4:18,98 in die
400 vryslagaflos vir vroue (US, 4:20,27, 1983) en 4:48,13 in die 400
wisselslagaflos vir mans (Tukkies, 4:16,20, 1978, wat die oudste
SAU-rekord was); Stellenbosch, 3:46,46 in die 400 wisselslagaflos vir
mans (Tukkies, 4:46,53).
Hannelie Vermeulen (UOVS) het Rosalie Wicht (Natal, 1982),
Springbok en gewese SA kampioen en -rekordhouer, se rekord van 30,39
sek. in die 50 vlinderslag geëwenaar.
Die Maties het 13 goue medaljes, 9 silwer- en 11 bronsmedaljes
ingepalm, gevolg deur Wits (13-7-6), Kovsies (4-6-6), Tukkies
(1-3-5), Rhodes (2-3-2), Ikeys (0-2-2) en Natal (0-0-1).


Die volgende SAU-watersportspanne is gekies:
SWEM: VROUE: Nicky Goldin (Wits), Petro Nortjé (US), Heather
Price (Wits), Hannelie Vermeulen (UOVS), Natashe Figge (Wits),
Jeanine Steenkamp (UOVS), Frauke Bicking (US), Nicky Kirsten (US),
Bronwyn Bezuidenhout (Wits);

MANS: Laurie Tiltman (Rhodes), Alan Ford
(Wits), Gary Coetzee (Wits), Martin Swan (US), Carl Laubscher (US),
Barend Nortjé (US), Avril Vides (Rhodes), Len Kreel (UK), Francois en
Johan Boshoff (UP), Vaughan Collie (UK), Herman Nienaber (UP), Paul
de Roubaix (US). Besturuder/afrigter: Mev. Santa van Jaarsveld (US).


WATERPOLO: A-span: Cameron Baylis (Durban), Anton Botha (UK - hy
is as die Beste Waterpolospeler op die SAU-toernooi aangewys),
Stanley Bellikof (UK), Darren Coetzee (Durban), Dave Axten (UPE),
André Hugo (UK), Guy Motram (Durban, kapt.), Hayden Motram (Durban),
Ashley Kantor (UK), Anthony Pearce (US), Dave Sabor (US), Warren
Smith (Pietermaritzburg), Patrick van Schoor (US).


Bestuurder/afrigter: Andrew Shedlock (Durban).


B-span: Darryl Coetzee (UOVS), Mike Beamish (Durban), DigbyGlover (Wits), Tim Jacobs (Rhodes, k), Dave Commins (Durban), Peter Ethelston (Durban), Gareth Tyler (Rhodes), André McDonald (UK), Graham Taylor (Pietermaritzburg), Craig Torr (UPE - hy is as die


Belowendste Waterpolospeler op die SAU-toernooi aangewys), Mark Parker (US), Jan Venter (UOVS), Wayne Williams (UOVS).


Bestuurder/afrigter: Hugh Farrell (Pietermaritzburg).


Bekerwenners: Fergusonbeker (mans): Stellenbposch (498), Pretoria (323), Wits (265), Rhodes (207), Vrystaat (205), Kaapstad (150), Natal (112).


Saintbeker (vroue): Wits (458), Stellenbosch (439), Vrystaat (355), Pretoria (233), Natal (116), Kaapstad (96), Rhodes (43).


Robertsbeker (spantotaal): Stellenbosch (937), Wits (723),Vrystaat (560), Pretoria (556), Rhodes (250), Kaapstad (246), Natal (228).


Honikumbeker (beste prestasie in die swembad): Nicky Goldin
(Wits - 50-vryslag - SAU-rekord van 27,66 sek.).

More in this category: « 1993 Germiston 1990 Johannesburg »

            NEW CONTENT

Click on  to turn various layers on/off. Click on  to view larger map. Zoom into each coloured dot.