1992 Durban

With SA re-admitted to the Olympic Games, many competitors return to attempt Olympic qualification, including 32 year old Paul Blackbeard – 20 years after his 1stnationals; SAASU disbanded at end of 1991 – now SAASA is thenational governing body, with Sam Ramsamy as its head.

SA Primary Schools Swimming Championships were held in PE on 16 March 1992.


  Men       Women    
               
Free              
50 Peter Williams (NR) Darryl Cronje Allan Kelsey   Marianne Kriel  Annette Cowley Nickie Goldin
100 Seddon Keyter Peter Williams Darryl Cronje   Marianne Kriel (NR) Annette Cowley Tracey Elliot
200 Craig Jackson Gary Albertyn Paul Fryer   Heather Park Lezelle Markgraaf Annette Cowley
400 Pierre de Roubaix Paul Fryer Gary Albertyn Jeanine Steenkamp Lezelle Markgraaf Heather Park
800         Jeanine Steenkamp (NR) Lezelle Markgraaf Heather Park
1500 Paul Fryer R Peacock A Blake        

Back              
100 Seddon Keyter (NR) Allan Marshall Cliffie Lyne   Marianne Kriel (NR) Jill Brukman T van Dijk
200 Andrew Marshall (NR) Gary Albertyn K Whitfield   Jill Brukman T van Dijk Tracey Elliot

Breast              
100 Kenneth Cawood (NR) Allan ford Nolan Shifren Sheila Turner Penny Heyns Lizelle Peacock
200 Kenneth Cawood (NR) Cliffie Lyne Gary Coetzee Lizelle Peacock Tanya Naude Sheila Turner

Fly              
100 Craig Jackson Gerhard van der Walt Allan Kelsey   Marianne Kriel  M Stiemans Toni Palmer
200 Craig Jackson W Ferguson Martin Swan   Jeanine Steenkamp S Crompton Toni Palmer

IM               
100              
200 Cliffie Lyne (NR) Gary Albertyn                 Theo Verster   Petra Nortje Jill Brukman Tracey Elliot
400 Cliffie Lyne (NR) Theo Verster Warren Preece Jeanine Steenkamp Jill Brukman Petro Nortje

Free relay              
200 Transvaal (NR)     Natal (NR) Rene Templeton
400         WP Robyn Bow  
800         Transvaal (NR) Marcelle Stiemens
            Taryn Stephens
Medley relay              
200              
400 Natal       Transvaal (NR) Natal Western Province

Diving              
1m              
3m              
               
               
Synchronised swimming   solo   D Harrison Loren Wulfsohn R Peslova
      duets   Loren Wulfsohn and Amanda Taylor

Ellis Brown Trophy            

(Springbok) Protea Team - Springbok colours no longer awarded to any sports beside rugby, being replaced with the new national Protea colours.

  Peter Williams     Marianne Kriel   
  Seddon Keyter     Jeanine Steenkamp  
  Craig Jackson     Petra Nortje    
  Darryl Cronje       Jill Brukman    
  Kenneth Cawood      Lezelle Markgraaf  
  Cliffie Lyne       Penny heyns  
               
Synchronised swimming       Deidre Harraison  
          Amanda Taylor  
          Lauren Wulfsohn  
               
               

Kriel en Cowley hervat stryd

DURBAN. Die twee vinnigste vroulike swemmers in Afrika, Marianne Kriel en Annette Cowley, hervat vandag hier hul stryd by die Suid-Afrikanse kampioenskapsgala met veel meer op die spel as net hul persoonlike trots. 'n Suid-Afrikaanse swemspan wat later vanjaar aan die Olimpiese Spele in Barcelona deelneem, word Saterdagaand na afloop van dié gala aangewys. Die swemmers wat die eerste twee plekke in elk van die individuele nommers inneem sal in aanmerking kom vir die span wat Suid-Afrika vir die eerste keer in 32 jaar by die Olimpiese Spele sal verteenwoordig. Die byeenkoms begin vandag met die 100 vryslag vir vroue met Kriel en Cowley wat sake om dié prestige-titel uitspook. Op 'n beter noot kan die gala beswaarlik begin. Die SA rekord van 57,64 staan reeds sedert 1984 agter die naam van Cowley, maar Kriel het in dié twee se enigste ontmoeting vanjaar met Cowley afgereken en met 'n tyd van 57,72 net-net duskant dié rekord gedraai. Hoewel aller oë op die twee blitse van die WP gaan wees is daar verskeie ander swemmers in dié nommer wat kan verras. Die Nataller René Templeton (59,44) het verlede jaar in die afwesigheid van Kriel en Cowley die SA titel ingepalm en spog met op drie na die beste tyd vanjaar in dié nommer. Die groot buiteperd is die talentvolle swemmer van die Grens, Tracey Elliott (58,59). Net Kriel het tot dusver vanjaar vinniger as Elliott geswem. Net soveel opwinding word in die 200 vryslag vir mans verwag die heel beste swemmers in die land tree vir dié nommer aan om mekaar te voel-voel vir die res van die week. Seddon Keyter het dié nommer vanjaar reeds in 1:53,20 afgelê met Mark Nieuwenhuys (1:55,97), Gary Albertyn (1:56,47), Craig Jackson (1:56,57), Darryl Cronjé (1:56,57), Peter Williams (1:56,57) en Alan Kelsey (1:57,03) wat hier die Noord-Transvaler Gerhard van der Walt se SA rekord van 1:53,34 gaan jaag. Kenneth Cawood lyk oorgehaal om sy titel in die 100 borsslag te verdedig. Die SA kampioen is goed op dreef en het dié afstand vanjaar al in 1:06,43 afgelê. Hy sal deur die Transvalers Alan Ford, Nolan Shifren en Marc Blecher gejaag word. Elliott lyk gereed om Alice Escreet se mantel as die land se voorste wisselslagswemmer oor te neem. Escreet het in 1987 die 400 wisselslag in 'n SA rekordtyd van 4:58,44 afgelê, maar sedert haar uittrede so drie seisoene gelede het die nommer slegs middelmatige vertonings opgelewer. Elliott het met 'n tyd van 5:00,90 vroeër die seisoen egter reeds 'n aanduiding gegee dat sy in dié nommer die Olimpiese span wil haal. Die WP se waterpolospan begin ook vandag sy aanslag op die Curriebeker.

Sport-uitslae

Swem SA KAMPIOENSKAPSGALA (Durban) MANS: 100 borsslag: 1. Kenneth Cawood (N) 1:04,16 (SA rekord), 2. Alan Ford (T) 1:06,09, 3. Nolan Shifren (T) 1:06,58, 4. Rory Mapstone (T) 1:07,42; 200 vryslag: 1. Craig Jackson (T) 1:53,11 (SA rekord), 2. Gary Albertyn (VDH) 1:55,43, 3. Paul Fryer (T) 1:55,51, 4. Pierre de Roubaix (WP) 1:55,74. VROUE: 100 vryslag: 1. Marianne Kriel (WP) 57,61 (SA rekord), 2. Anette Cowley (WP) 58,69, 3. Tracey Elliot (GR) 59,13, 4. René Templeton 59,52; 400 individuele wisselslag: 1. Jeanine Steenkamp (OVS) 4:56,38 (SA rekord), 2. Jill Brukman (N) 5:04,55, 3. Petro Nortjé (N) 5:04,81, 4. Tracey Elliot (GR) 5:04,98; 4x50 vryslag-aflos: 1. Natal A 1:48,87 (SA rekord), 2. WP A 1:49,00, 3. Tvl A 1:50,90, 4. Natal B 1:51,98.

Vyf SA swemrekords spat in yswater

DURBAN. Vyf Suid-Afrikaanse swemrekords het gisteraand hier op die eerste dag van die SA kampioenskapsgala in die slag gebly in 'n yskoue Kingsparkse swembad waar die wind by tye stormsterk oor die water geswiep het. En die wyse waarop Marianne Kriel, Kenneth Cawood, Jeanine Steenkamp en Craig Jackson gister in die gure weer met die SA rekords klaargespeel het, het gewys dat die land se swemmers gereed is vir die Olimpiese Spele in Barcelona. Dit is die eerste keer dat vyf nasionale rekords op die eerste dag van dié gala verbeter word. Kriel is die nuwe koningin van Suid-Afrikaanse swem. Sy het Annette Cowley se agt jaar oue SA rekord in die 100 m vryslag van die rekordboeke gevee met 'n wentyd van 57,61 sekonde. Dit is 0,03 sek. vinniger die rekord van Cowley, wat gisteraand in 'n verdienstelike 58,69 sek. tweede geëindig het. Die Suid-Afrikaanse kampioen, Kenneth Cawood, kon gisteroggend in die uitdunne van die 100 m borsslag slegs die sesde vinnigste tyd aanteken. Maar gisteraand het hy in die stadige baan agt eenvoudig onder sy teenstanders uitgetrek vir die tweede Suid-Afrikaanse rekord van die aand. Die Nataller het Rory Mapstone se SA rekord van 1:04,82 sek. tot 1:04,16 sek. laat krimp. Kriel was in die 100 m vryslag soos blits van haar blokke en het met die draaislag reeds 'n gaping van een meter opgebou. Sy het uiteindelik byna 'n meter voor haar WP-spanmaat klaargemaak. ``Marianne verdien die rekord. Miskien word ek 'n bietjie oud vir dié sport,'' het Cowley agterna speels opgemerk. Kriel was ook baie tevrede met haar vertoning in toestande wat alles behalwe ideaal vir swem was. Steenkamp, wat dié seisoen weer ernstig begin swem het ná 'n onderbreking van twee jaar, het met een van die oudste Suid-Afrikaanse rekords klaargespeel. Dié Vrystater het meer as twee sekondes van Alice Escreet se rekord in die 400 m individuele wisselslag afgeknyp om in 'n tyd van 4:56,38 te seëvier. Die kampioen, Jill Brukman, moes met die tweede plek in 'n tyd van 5:04,55 tevrede wees met Petro Nortje van Natal derde in 5:04,81. Craig Jackson van Transvaal het sy titel in die 200 m vryslag suksesvol verdedig en in die proses Gerhard van der Walt se SA rekord in die sak gesteek. Jackson was eerste in 'n tyd van 1:53,11, gevolg deur Gary Albertyn van Vaaldriehoek in 1:55,43. Seddon Keyter van die WP moes met die vyfde plek tevrede wees in 'n tyd van 1:55,95. Die Natalse viertal het vir die tweede keer binne tien uur met die SA rekord in die 4x50 m vryslag aflos klaargespeel. Die WP-span het net 'n kortkop agter Natal geëindig in 'n tyd van 1:49,00. * Die gala, wat ook dien as die SA Olimpiese proewe, is op luisterryke wyse deur die president van die Suid-Afrikaanse swemvereniging, mnr. Sam Ramsamy, amptelik geopen. Mnr. Ramsamy het gesê internasionale erkenning is die vergoeding wat Suid-Afrikaanse swem ontvang omdat hy hom tot die eenheidsproses en ontwikkeling van die sport onder alle rasse groepe verbind het. * Die gala het gister so byna sonder Kriel begin. Sy en drie van haar WP-spanmaats is sowat 'n halfuur in die hyser van hul hotel vasgekeer. Kriel, Nicky Kirsten en Lezelle Markgraaff het asem opgehou en reeds visioene gesien van hoe die gala sonder hulle begin. Vir Anneke Olivier, dogter van die WP-spanbestuurder, mnr. André Olivier, het alles net te veel geword. Sy het aanvanklik haar spanmaats probeer moed inpraat, maar haar bene het skielik onder haar padgegee. ``Ek haat sulke klein ruimtes. Ek was maar taamlik benoud. Ek weet nie eens wat het gebeur nie alles het net skielik swart geword voor my. Toe ek weer tot verhaal kom, was alles gelukkig verby,'' het 'n verligte Olivier gesê. Maar die WP-span se probleme het nie daar opgehou nie. Die span se vertrek na die Kingsparkse swembad is verder vertraag toe die spanbussie nie wou vat nie. Gelukkig het die groep darem toe betyds opgedaag.

Vuurwarm swemvertonings in ysige water

DURBAN. Natal se vroue-aflosspan het gister in 'n ysige Kingsparkse swembad die Suid-Afrikaanse rekord in die 4x50 vryslag- aflos met 'n vuurwarm vertoning verpletter. Die Natallers se A-span het dié nommer in 'n haastige 1:49,57 gewen. Maar daar was eintlik maar min te kies tussen Natal se uitsoekspan en die WP wat met Marianne Kriel en Annette Cowley in sy geledere die naasvinnigste tyd van 1:50,36 losgeswem het. Die rekord kan in die eindronde weer van eienaars verwissel, maar alle eer aan Marcelle Stieman, Tania Stephan, Robyn Bow en René Templeton wat die rekord uit die staanspoor aangeval het. Cowley het vroeër in die uitdunne van die 100 vryslag gewys dat sy steeds een van die vinnigste vroue in wêreldswem is. Cowley se 58,00 was die vinnigste tyd in dié nommer behaal met haar WP- spanmaat, Marianne Kriel, die naasvinnigste met 'n tyd 59,09. Hierdie tye is egter aansienliker stadiger as die wêreldrekord van 54,48, wat Sondag in Indianapolis deur die Amerikaner Jenny Thompson opgestel is. Die 19-jarige Thompson het daarmee die vorige rekord van 54,73 verbeter wat in 1986 deur Kristin Otto van Duitsland opgestel is. Met Cowley en Kriel albei goed op stryk, sal Cowley se agt jaar oue nasionale rekord van 57,64 waarskynlik in die eindronde uit die rekordboeke gevee word. Dit was egter duidelik dat Kriel haar kragte vir die eindronde spaar. Die eerste ses swemmers het almal onder een minuut gaan draai. Van die verwagte vuurwerke in die 200 vryslag vir mans het nie veel gekom nie. Die Transvaler Craig Jackson het in die uitdunne weliswaar die vinnigste tyd behaal. Sy tyd van 1:53,54 is net-net buite Gerhard van der Walt se SA rekord van 1:53,34. Maar die afwesigheid van Peter Williams, Daryl Cronjé en Stephen Haupt, wat hulle almal aan dié nommer onttrek het, het in 'n groot mate die fut uit dié nommer gehaal. Pierre de Roubaix van die WP was die naasvinnigste in die uitdunne met 'n tyd van 1:56,53, gevolg deur die Transvaler Paul Fryer in 1:56,95 en De Roubaix se WP-spanmaat Seddon Keyter in 1:58,64. Die veteraan Rory Mapstone, wat so vier seisoene gelede die borsslagtoneel oorheers het, het gister weer sy slag gewys om die naasvinnigste tyd in die uitdunne van die 100 borsslag opgestel. Mapstone het sy uitdun in 'n tyd van 1:07,27 gewen. Net die Nataller Scott Burdon was 'n raps vinniger met 'n tyd van 1:07,20. Kenneth Cawood (1:07,50), die Suid-Afrikaanse kampioen en gunsteling om dié titel vir die tweede agtereenvolgende jaar te wen, was op drie na die vinnigste. * Die gala het gister so byna sonder Kriel begin. Sy en drie van haar WP-spanmaats is sowat 'n halfuur in die hyser van hul hotel vasgekeer. Kriel, Nicky Kirsten en Lezelle Markgraaff het asem opgehou en reeds visioene gesien van hoe die gala sonder hulle begin. Vir Anneke Olivier, dogter van die WP-spanbe stuurder, mnr. André Olivier, het alles net te veel geword. Sy het aanvanklik haar spanmaats probeer moed inpraat, maar haar bene het skielik onder haar padgegee. ``Ek haat sulke klein ruimtes. Ek was maar taamlik benoud. Ek weet nie eens wat het gebeur nie alles het net skielik swart geword voor my. Toe ek weer tot verhaal kom, was alles gelukkig verby,'' het 'n verligte Olivier gesê. Maar die WP-span se probleme het nie daar opgehou nie. Die span se vertrek na die Kingsparkse swembad is verder vertraag toe die spanbussie nie wou vat nie. Gelukkig het die groep darem toe betyds opgedaag.

Vyf SA rekords spat in Kingsparkse bad

DURBAN. Vyf Suid-Afrikaanse rekords het eergisteraand hier op die eerste dag van die SA kampioenskapsgala in die slag gebly in 'n yskoue Kingsparkse swembad waar die wind by tye teen stormsterkte oor die swembad geswiep het. En die wyse waarop Marianne Kriel, Kenneth Cawood, Jeanine Steenkamp en Craig Jackson eergister in die gure weer met die SA rekords klaargespeel het, het gewys dat die land se swemmers gereed is vir die Olimpiese Spele in Barcelona. Dit is die eerste keer in die geskiedenis dat vyf nasionale rekords op die eerste dag van dié gala verbeter word. Kriel is die nuwe koningin van Suid-Afrikaanse swem. Sy het Annette Cowley se agt jaar oue SA rekord in die 100 vryslag van die rekordboeke gevee met 'n wentyd van 57,61 sek. Dit is 0,03 vinniger as die rekord van Cowley, wat tweede was met 'n ewe verdienstelike tyd van 58,69. Kriel en Cowley het die pas aangegee vir Kenneth Cawood. Cawood, wat eergisteroggend in die uitdunne slegs die sesde vinnigste tyd kon aanteken, het in die stadige baan agt eenvoudig onder sy teenstanders uitgetrek vir die tweede Suid-Afrikaanse rekord van die aand in die 100 borsslag. Die Nataller het Rory Mapstone se SA rekord van 1:04,82 tot 1:04,16 laat krimp. Kriel was in die 100 vryslag soos blits van haar blokke en het met die draaislag 'n gaping van een meter opgebou om uiteindelik byna 'n meter voor haar WP-spanmaat klaar te maak. ``Marianne verdien die rekord. Miskien word ek 'n bietjie oud vir dié sport,'' het Cowley speels opgemerk. Kriel was ook baie tevrede met haar vertoning in toestande wat allesbehalwe ideaal vir swem was. Steenkamp, wat die seisoen weer ernstig begin swem het ná 'n onderbreking van twee jaar, het met een van die oudste Suid-Afrikaanse rekords klaargespeel. Die Vrystater het meer as twee sekondes van Alice Escreet se rekord in die 400 individuele wisselslag afgeknip om in 'n tyd van 4:56,38 te seëvier. Die kampioen Jill Brukman moes met die tweede plek in 'n tyd van 5:04,55 tevrede wees met Petro Nortjé van Natal derde in 5:04,81. Craig Jackson van Transvaal het sy titel in die 200 vryslag suksesvol verdedig en op die koop toe Gerhard van der Walt se SA rekord in die sak gesteek. Jackson was eerste in 'n tyd van 1:53,11 met Gary Albertyn van Vaaldriehoek tweede in 1:55,43. Seddon Keyter van die WP was slegs vyfde met 'n tyd van 1:55,95. Die Natalse viertal het vir die tweede keer binne 10 ure met die SA rekord in die 4x50 vryslag-aflos klaargespeel. Die WP-span het net 'n kortkop agter Natal geëindig in 'n tyd van 1:49,00.

Ysbeerwater het swemmers aan die grom

DURBAN. Die Nataller Cliffie Lyne en die 4x200 Transvaalse aflosspan het gisteraand hier onderskeidelik nog twee SA rekords verpletter by die Suid-Afrikaanse kampioenskapsgala in die Kingsparkse swembad. Maar ysige waters het dié gala, wat ook as Olimpiese proewe dien, van nog 'n rekord-oes beroof. Nadat vyf rekords op die eerste dag gespat het, kon net Lyne en die Transvaalse aflosspan bestaande uit Craig Jackson, Paul Fryer, Alan Kelsey en Andrew O'Flaherty in die ongunstige toestande presteer. Lyne het die 400 individuele wisselslag in 'n skitter-tyd van 4 min. 35,10 sek. gewen en daarmee meer as 2 sek. van Jackson se vorige rekord afgeknip. Martin Swan, wat verlede jaar 'n silwermedalje vir die WP in dié nommer losgeswem het, moes hom weens 'n maagvirus aan die eindronde onttrek. Van die land se voorste swemmers het gisteroggend selfs gedreig om te staak indien die beamptes nie gehoor gee aan versoeke om die swemtoestande te verbeter nie. Die water in die Kingsparkse swembad, wat in die ysige koue 'n graad of wat gedaal het, het Jackson in die 100 vlinderslag waarskynlik van nog 'n SA rekord beroof. Die water was gister 'n yskoue 21 grade Celsius terwyl die minimum-temperatuur wat vir die Olimpiese Spele vereis word, 24 grade Celsius is. 'n Temperatuur van 26 grade word deur die Internasionale Swembeheerliggaam, Fina, aanbeveel. Jackson het nietemin die vlinderslag in 'n tyd van 55,85 gewen met die SA rekordhouer, Gerhard van der Walt van Noord-Transvaal, tweede in 'n tyd van 56,95. Jackson en sy ``onoorwinlike'' Transvaalse span het egter in die 4x200 vryslag-aflos vergoed en in 'n SA rekordtyd van 7:47,74 gewen. Die WP-span was tweede in 7:59,45. Craig Bransby van die WP het in die 100 vlinderslag die tiende plek ingeneem met 'n tyd van 59,92. Sy spanmaat Carl Coutts-Trotter was eerste in die troos-finaal met 'n tyd van 59,94. Heather Park van Transvaal het die SA titel in die 200 vryslag vir vroue in 'n tyd van 2:06,57 voor die neuse van die twee WP-swemmers Lezelle Markgraaff en Annette Cowley weggeraap. Markgraaff het verrassend in die tweede plek geëindig in 2:06,92 met Cowley derde in 2:07,09. Die Natalse Springbok Lizelle Peacock het die 200 borsslag met 'n tyd van 2 min. 41,30 gewen. Britt Stott van die WP was negende in 2:50,82. Die Nataller Penny Heyns, wat verlede jaar skoonskip in die borsslag gemaak het, kon nie vir die eindronde in die 200 borsslag kwalifiseer nie. Heyns het 'n stadige 2:50,76 in haar uitdun behaal. Lyne is weens sy puik vertoning as die swemmer van die dag aangewys. Die vrouespan van Natal is die voorloper in die puntekompetisie met 'n totaal van 380, met Transvaal (237) en die WP (218) wat dit nog om die tweede en derde plekke uitspook. Die Natalse mans is ook nog baas met 'n totaal van 723,5 gevolg deur Transvaal (592) en die WP (372).

Williams se visier op wêreldtyd in vryslag

DURBAN. Peter Williams wil môre die eerste Suid-Afrikaner word wat Tom Jaeger, vandeesweek sake om 'n plek in die Amerikaanse Olimpiese span uitspook. Dit was Jaeger se wêreldrekord wat in 1988 voor Williams moes swig. Biondi het op sy beurt Williams se rekord by die Olimpiese Spele in Seoel verbeter. Goeie tye in die 50 en 100 vryslag sal baie vir Williams se selfvertroue beteken, en daarom sal hy vandeesweek 'n aanslag doen op sy SA rekords in albei nommers. Hoewel die toestande hier in die Kingsparkse swembad met die tierende wind wat deur die halfvoltooide kompleks waai, nie juis geskik is vir wêreldtye nie, glo Williams dat Suid-Afrikaners vir die eerste keer gaan sien hoe 'n man die 100 vryslag in minder as 50 sekondes aflê. Die 23-jarige Williams het in 1988 'n skouerbesering opgedoen wat hom lank van werklik goeie tye weerhou het. Hy het einde verlede jaar na Johannesburg verhuis en spesialisbehandeling vir sy seer skouer gekry. ``Ek kon vir die eerste keer in drie jaar weer behoorlik oefen. Ek is weer gereed vir wêreldtye in die 50 en 100 vryslag,'' het hy gesê. ``As Peter se skouer hou, kan hy al die ander top-swemmers klop. Hy is geestelik baie sterk en volwasse,'' het Bentz van sy leerling gesê.

Sport-uitslae

SWEM AMERIKAANSE OLIMPIESE PROEWE (Indianapolis) MANS 100 vlinderslag: 1. Pablo Morales 54,05; 2. Melvin Stewart 54,06; 3. Seth Pepper 54,37; 400 individuele wisselslag: 1. Eric Namesnik 4:15,60; 2. David Wharton 4:17,58; 3. Ray Looze 4:21,51. VROUE 200 borsslag: 1. Anita Nall 2:25,35 (wêreldrekord); 2. Jill Johnson 2:28,52; Kristine Quance 2:29,89; 200 vryslag: 1. Nicole Haislett 1:58,65; 2. Jenny Thompson 1:59,98; 3. Whitney Hedgepeth 2:00,86. SA KAMPIOENSKAPSGALA (Durban) MANS 100 borsslag: 1. Kenneth Cawood (N) 1:04,16 (SA rekord); 2. Alan Ford (T) 1:06,09; 3. Nolan Shifren (T) 1:06,58; 4. Rory Mapstone (T) 1:07,42; 200 vry slag: 1. Graig Jackson (T) 1:53,11 (SA rekord); 2. Gary Albertyn (VDH) 1:55,43; 3. Paul Fryer (T) 1:55,51; 4. Pierre de Roubaix (WP) 1:55,74. VROUE 100 vryslag: 1. Marianne Kriel (WP) 57,61 (SA rekord); 2. Anette Cowley (WP) 58,69; 3. Tracey Elliot (GR) 59,13; 4. Réne Templeton 59,52; 400 wisselslag: 1. Jeanine Steenkamp (OVS) 4:56,38 (SA rekord); 2. Jill Brukman (N) 5:04,55; 3. Petro Nortjé (N) 5:04,81; 4. Tracey Elliot (GR) 59,13; 4. René Templeton 59,52; 400 individuele wisselslag: 1. Jeanine Steenkamp (OVS) 4: 56,38 (SA rekord); 2. Jill Brukman (N) 5:04,55; 3. Petro Nortjé (N) 5:04,81; 4. Tracey Elliot (GR) 5:04,98; 4x50 vryslag-aflos: 1. NatalA 1:48,87 (SA rekord); 2. WPA 1:49,00; 3. TvlA 1:50,90; 4. NatalB 1:51,98

Nóg SA rekords spat by Olimpiese proewe

DURBAN. Die Nataller Cliffie Lyne en die Transvaalse 4x200-aflosspan het eergisteraand hier by die Suid-Afrikaanse kampioenskapsgala elk nóg 'n SA rekord verpletter. Maar die ysige water van die Kingsparkse swembad het verhinder dat meer SA rekords by dié Olimpiese proewe verbeter word. Nadat vyf rekords op die eerste dag gespat het, kon net Lyne en die Transvaalse aflosspan Craig Jackson, Paul Fryer, Alan Kelsey en Andrew O'Flaherty in die ongunstige toestande presteer. Lyne het die 400 individuele wisselslag in 'n skitter-tyd van 4:35,10 gewen en in die proses meer as twee sekondes van Jackson se vorige rekord afgeknyp. Martin Swan, wat verlede jaar 'n silwermedalje vir die WP in dié nommer losgeswem het, moes hom weens 'n maagvirus aan die eindronde onttrek. Van die land se voorste swemmers het gisteroggend selfs gedreig om te staak indien die beamptes nie gehoor gee aan versoeke om die swemtoestande te verbeter nie. Die water in die Kingsparkse swembad, wat in die ysige koue 'n graad of wat gedaal het, het Jackson in die 100 vlinderslag waarskynlik van nóg 'n SA rekord beroof. Die water was gister 'n yskoue 21 grade Celsius, terwyl die minimum-temperatuur wat vir die Olimpiese Spele vereis word, 24 grade Celsius is. 'n Temperatuur van 26 grade word deur die Internasionale Swembeheerliggaam, Fina, aanbeveel. Jackson het nietemin die vlinderslag in 'n tyd van 55,85 gewen, met die SA rekordhouer, Gerhard van der Walt van Noord-Transvaal, tweede in 'n tyd van 56,95. Jackson en sy ``onoorwinlike'' Transvaalse span het egter in die 4x200 vryslag aflos vergoed en in 'n SA rekordtyd van 7:47,74 gewen. Die WP-span was tweede in 7:59,45. Craig Bransby van die WP het in die 100 vlinderslag die tiende plek ingeneem met 'n tyd van 59,92. Sy spanmaat Carl Coutts- Trotter was eerste in die troos-finaal met 'n tyd van 59,94. Heather Park van Transvaal het die SA titel in die 200 vryslag vir vroue in 'n tyd van 2:06,57 voor die neuse van die twee WP- swemmers Lezelle Markgraaff en Annette Cowley weggeraap. Markgraaff het verrassend in die tweede plek geëindig in 2:06,92 met Cowley derde in 2:07,09. Die Natalse Springbok Lizelle Peacock het die 200 borsslag met 'n tyd van 2:41,30 gewen. Britt Stott van die WP was negende in 2:50,82. Die Nataller Penny Heyns, wat verlede jaar skoonskip in die borsslag gemaak het, kon nie vir die eindronde in die 200 borsslag kwalifiseer nie. Heyns het 'n stadige 2:50,76 in haar uitdun behaal. Lyne is weens sy puik vertoning as die swemmer van die dag aangewys. Die vrouespan van Natal is die voorloper in die puntekompetisie met 'n totaal van 380, terwyl Transvaal (237) en die WP (218) nog sake om die tweede en derde plekke uitspook. Die Natalse mans is ook nog baas met 'n totaal van 723,5, gevolg deur Transvaal (592) en die WP (372). * 'n Suid-Afrikaanse swemspan gaan moontlik in Mei aan die Israeliese kampioenskapsgala deelneem as losmaker voor die Olimpiese Spele. Mnr. Sam Ramsamy, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Swemvereniging, het gister gesê die Israeliese Swemvereniging het 'n uitnodiging aan Suid-Afrika gerig om aan dié internasionale gala deel te neem. 'n Suid-Afrikaanse span wat einde Julie aan die Olimpiese Spele in Barcelona deelneem, word Saterdagaand ná die Suid- Afrikaanse kampioenskapsgala aangewys. Lande soos Bulgarye, Tsjeggo- Slowakye en Pole het reeds te kenne gegee dat hulle spanne na Israel gaan stuur. Dit is veral die wêreldklas- swemmer van Pole Artur Wojdat wat die Suid-Afrikaanse mans in die 200 en 400 vryslag goed kan opkeil. Net Giorgio Lanberti van Italië het verlede jaar vinniger as Wojdat se tyd van 1:48,10 in die 200 vryslag geswem. Die Pool spog ook met die vierde vinnigste tyd verlede jaar in die wêreld in die 400 vryslag.

Drama in Durban oor koue water

DURBAN. 'n Groot drama het hom gisteroggend hier op die derde dag van die Suid-Afrikaanse kampioenskapsgala afgespeel toe swemmers met 'n sitstaking protes aangeteken het teen die yskoue water en winderige toestande waarin hulle om hul plekke in die Olimpiese span moet veg. Die swemmers, toegewikkel is warm anorakke en windjekkers, het voor die aanvang van die uitdunne voor die persbank en losies vir eregaste saamgedrom en die gala met sowat 'n kwartier vertraag. Hoewel amptenare van die Suid- Afrikaanse Swemvereniging hulle nie gister oor die aangeleentheid wou uitlaat nie, word daar gefluister dat tugstappe teen die ``opstokers'' oorweeg word. Die swemmers, wat hier vir die eerste keer in 32 jaar aan Olimpiese swemproewe deelneem, was tot dusver slagoffers van 'n ontydige koue front wat Natal vandeesweek beetgepak het. Die swemmers moes die afgelope drie dae in temperature van tussen 19 en 21 grade swem, terwyl die minimum-vereiste vir Olimpiese water 24 grade is en 26 grade deur die Internasionale Swemvereniging (Fina) aanbeveel word. Talle van die swemmers wat in Amerika studeer moes groot onkoste aangaan om terug te keer vir die proewe en voel hulle verdien beter. ``Ons wil net hê die administrateurs moet kennis neem dat ons nie tevrede is met die toestande hier nie en dat so-iets in die toekoms vermy moet word,'' het Craig Jackson, wat reeds twee SA titels ingepalm het, gesê. Die Kingsparkse swembad is wel onder dak, maar die suidelike en noordelike kante is oop omdat bouwerk weens onvoldoende fondse stopgesit moes word. 'n Yskoue wind swiep van suid na noord deur die tonnel. Benewens die wind wat die swemmers hinder, koel die wind die water verder af. Saasa het gister egter te kenne gegee dat die tye wat die swemmers vandeesweek behaal weens die koue weer nie die oorheersende faktor by die samestelling van die Olimpiese span sal wees nie.

Blackbeard wil Olimpiese droom op 34 verwesenlik

DURBAN. Paul Blackbeard, een van die voorste swemmers wat die land nog opgelewer het, het vandeesweek op 34- jarige ouderdom hier by die Suid-Afrikaanse kampioenskapsgala 'n ou-ou droom om vir die Olimpiese Spele te kwalifiseer probeer verwesenlik. Blackbeard het in 1972 as 14-jarige skoolseun sy debuut by die nasionale kampioenskapsgala gemaak. Dit is dieselfde jaar waarin Mark Spitz, nog 'n goue oue wat 'n terugkeer probeer maak, by die Olimpiese Spele in München 'n ongeëwenaarde 7 goue medaljes verower het. Spitz en Blackbeard het nooit kans gekry om teen mekaar te swem nie, maar Blackbeard het in 1973 by die SA Spele gewys dat hy hom in só 'n kragmeting sou laat geld het. Hy het by dié spele in die 200 vryslag oortuigend afgereken met die Amerikaner Steve Gent, wat in München net deur Spitz geklop is. Blackbeard het vandeesweek 'n paar van sy jonger kolegas laat les opsê in die 100 vlinderslag. Hy het verras deur vir die eindronde te kwalifiseer en uiteindelik die 8ste plek behaal. Die Australiër Terry Gulliver, wat Blackbeard 24 jaar gelede begin afrig het, glo dat Blackbeard met sy klein liggaamsbou hom voortaan op die lang vryslagnommers moet toespits. ``Paul kan maklik 'n Suid-Afrikaanse span haal as hy hom op die 1 500 vryslag toespits,'' het Gulliver gesê. Blackbeard het in 1975 by die Suid- Afrikaanse kampioenskapsgala in Johannesburg nege titels gewen. In 1979 is hy in die eindronde van die 100 vryslag per abuis gediskwalifiseer. Die toeskouers het in opstand gekom oor die ontydige uitskakeling van hul gunsteling. Die toernooi-skeidsregter het ná 'n lang geredekawel die besluit herroep en beslis dat Blackbeard wel mag swem. Maar die drama het sy tol geëis en die Nataller moes met die tweede plek tevrede wees. Die toeskouers was egter tevrede. ``Dit was nog altyd 'n ideaal om aan die Olimpiese Spele deel te neem. Ek gaan beslis weer probeer. ``Dit het lank gevat om weer my beste vorm te bereik en ek gaan nie nou sommer weer tou opgooi nie,'' het die kaptein van die Natalse swemspan gesê. Blackbeard is in die voorlopige span ingesluit wat Suid-Afrika later vanjaar in Australië by die Wêreldbyeenkoms vir strandmenseredders sal verteenwoordig.

Marianne-hulle maai onder die SA rekords

DURBAN. Die Westelik Provinsie-swemspan met sy skitterende Springbok, Marianne Kriel, as dirigent het gisteraand twee van die vier SA rekords wat hier by die Suid-Afrikaanse kampioenskapsgala in die Kingsparkse swembad in die slag gebly het, in die sak gesteek. Kriel het met 'n skitterende nuwe SA rekord in die 100-rugslag die kroon gespan op 'n onvergeetlike aand vir die WP- swemmers. Sy het die 100-rugslag in 'n blink nuwe rekordtyd van 1:03,86 gewen en daarmee haar eie rekord met meer as 'n sekonde verbeter. Net 32 swemmers in die wêreld het verlede jaar vinniger as Kriel geswem. Janie Wagstaf het gister by die Amerikaanse Olimpiese proewe die 100-rugslag in 'n tyd van 1:00,84 gewen. Die WP se aflosspan, bestaande uit Kriel, Lezelle Markgraaff, Annette Cowley en Lucy Saunders, het die SA rekord in die 4x100- vryslag met 'n briljante tyd van 3:54,96 verpletter meer as 3 sekondes vinniger as die vorige rekord. Andrew Marshall van Noord- Transvaal het sy titel in die 200- rugslag op die beste moontlike manier behou toe hy sy eie SA rekord met 'n tyd van 2:08,76 verbeter het, met Gary Albertyn (Vaaldriehoek) tweede in 2:08,81 ook vinniger as die vorige rekord van 2:09,55. Carl Laubscher van die WP was vyfde in 2:12,12. Sy spanmaat Vaughan Collie het die troos- eindronde in 'n tyd van 2:15,41 gewen. Die Transvaalse blitse Peter Williams, Justin Slade, Alan Kelsey en Ivor Segal het met die SA rekord in die 4x50-vryslag klaargespeel. Maar dit was in die 100-vryslag vir mans waar die WP se Seddon Keyter die grootste opskudding van die week veroorsaak het. Keyter, wat verlede week uit Nebraska teruggekeer het, het van nêrens gekom om die twee gunstelinge, Williams en Darryl Cronjé, met 'n ongelooflike vaartversnelling oor die laaste 30 meter te klop. Niemand het Keyter 'n kans gegun teen twee van die wêreld se vinnigste swemmers oor 50 meter nie. Die 22-jarige Keyter het in 51,28 geseëvier met Williams 'n kortkop agter hom tweede in 51,34 en Cronjé derde in 51,39. ``Ek het vroeër die week gesukkel om aan die ysige water gewoond te raak, maar ek het geglo ek kan dié nommer wen,'' het 'n oorstelpte Keyter agterna gesê. Die Vrystater Jeanine Steenkamp het haar baasskap oor die 400-vryslag onderstreep toe sy die res van die deelnemers ver agter gelaat het om in 'n tyd van 4:19,64 te seëvier. Markgraaff het haar tweede silwermedalje ingepalm met 'n tweede plek in 4:24,01. Saunders was sesde in 4:29,55. Die Amerikaner Matt Biondi het die 100-vryslag by die Olimpiese proewe in Indianapolis in 49,31 gewen en die wêreldkampioenen wêreldrekordhouer, Janet Evans, het die 400-vryslag by die Amerikaanse proewe maklik in 'n tyd van 4:09,47 gewen. Kriel is gister as die swemmer van die dag aangewys. Riana de Jager van die WP het agtste geëindig in die 100-rugslag, wat deur Kriel gewen is in 1:08,86. Nog 'n WP swemmer, Ingrid Theunissen, het die troos-eindronde in dié nommer in 'n tyd van 1:09,74 gewen.

Sport-uitslae

SWEM SA KAMPIOENSKAPSGALA (Durban) MANS: 100-vryslag: 1. Seddon Keyter (WP) 51,28; 2. Peter Williams (T) 51,34; 3. Darryl Cronjé (N) 51,34; 4. Alan Kelsey (T) 52,13; 200-rugslag: 1. Andrew Marshall (NT) 2:08,76 (SA rekord); 2. Gary Albertyn (VDH) 2:08,81; 3. Keith Whitfield (N) 2:10,80; 4. Greg Kahn (OP) 2:11,06; 4x50-vryslag: 1. Transvaal A 1:35,37 (SA rekord); 2. Natal A 1:36,07; 3. WP A 1:36,67; 4. Noord-Transvaal A 1:36,76. VROUE: 100-rugslag: 1. Marianne Kriel (WP) 1:03,86 (SA rekord); 2. Jill Brukman (N) 1:05,67; 3. Theresa van Dijk (T) 1:06,78; 4. Zonya Kritzinger (N) 1:07,39; 400-vryslag: 1. Jeanine Steenkamp (OVS) 4:19,64; 2. Lezelle Markgraaff (WP) 4:24,01; 3. Heather Park (T) 4:24,18; 4. Tracey Elliot (GW) 4:28,80; 4x100-vryslag: 1. WP A 3:54,96 (SA rekord); 2. Natal A 4:04,34; 3. OVS A 4:00,95; 4. Transvaal A 4:03,41. PUNTESTAND: Vroue: 1. Natal 380; 2. Transvaal 237; 3. WP 218; 4. OVS 161; 5. Grens 130; 6. Noord-Transvaal; Oos-Tranvaal 79; 8. Vaaldriehoek 33; 9. OP 18; 10. Wes-Transvaal 14. Mans: 1. Transvaal 355; 2. Natal 343,5; 3. WP 154; 4. OVS 125; 5. Noord-Transvaal 111; 6. Vaaldriehoek 69; 7. Oos- Transvaal 55,5; 8. Grens 55; 9. OP 46; 10. Griekwas 10. Algeheel: 1. Natal 723,5; 2. Transvaal 592; 3. WP 372; 4. OVS 286; 5. Noord-Transvaal 190; 6. Grens 185: 7. Oos-Transvaal 134; 8. Vaaldriehoek 102; 9. OP 64; 10. Wes-Transvaal 14; 11. Griekwas 10

SA swem bereik nuwe hoogtes

DURBAN. Terwyl die temperatuur van die Kingsparkse swembad gister verder gedaal het, het Suid-Afrikaanse swem hier by Speedo se nasionale kampioenskapsgala nuwe hoogtes bereik. Twee SA rekords, een deur die Nataller Kenneth Cawood in die 200 borsslag en nog een deur die Transvaalse aflosspan in die 4x100 vryslag vir mans, is opgestel. Marianne Kriel en Sheelah Turner het ook weer vir vertonings van wêreldgehalte gesorg. Cawood het een van die oudste nasionale rekords uit die boeke gevee. Hy het in 'n pragtige rekordtyd van 2:21,64 geseëvier en daarmee die Vrystater Doug Eager se rekord, wat sedert 1980 staan, met 0,45 sek. verbeter. Peter Williams, Stephen Haupt, Allan Kelsey en Craig Jackson het die SA rekord met 'n tyd van 3:26,74 verpletter 4,26 sek. beter as die ou rekord. Die WP het gisteraand op sy skitter-week voortgebou. Pierre du Roubaix het gisteraand twaalf jaar se harde werk in goud omgetower toe hy die 400 vryslag in 'n baie goeie 4:06,06 gewen het. Dit was 'n groot oomblik vir die 20-jarige Matie, wat die laaste paar jaar telkens hartverskeurend net-net uit die medalje-wedloop gedwing is. Kriel, groot ster van die gala, het oudergewoonte met die goue medalje weggestap en daarmee haar derde titel ingepalm. Kriel het die 100 vlinderslag in 'n haastige 1:03,35 gewen dié keer weliswaar buite die SA rekord, maar haar wentyd is steeds van wêreldgehalte. Turner het in die 100 borsslag wraak geneem toe sy die SA rekordhouer Penny Heyns in 'n titaniese stryd in die 100 borsslag uitoorlê het. ``Uiteindelik. Dit is 'n groot verligting. Ek wou graag vergoed vir verlede jaar se teleurstelling,'' het Turner, wat verlede jaar in Kaapstad in die eindronde teen Heyns vasgeval het, gesê.

Twee SA rekords vir WP-span

DURBAN. Die Westelike Provinsie se swemspan, met sy skitterende Springbok Marianne Kriel die dirigent, het eergisteraand twee van die vier SA rekords wat hier by die Suid-Afrikaanse kampioenskapsgala in die Kingsparkse swembad in die slag gebly het, in die sak gesteek. Kriel het met 'n skitterende nuwe SA rekord in die 100 rugslag die kroon gespan op 'n onvergeetlike aand vir die WP-swemspan. Kriel het die 100 rugslag in 'n blinknuwe rekordtyd van 1:03,86 gewen en daarmee haar eie rekord met meer as 'n sekonde verbeter. Net 32 swemmers in die wêreld het verlede jaar vinniger as Kriel geswem. Janie Wagstaf het gister by die Amerikaanse Olimpiese proewe die 100 rugslag in 'n tyd van 1:00,84 gewen. Die WP se aflosspan, bestaande uit Kriel, Lezelle Markgraaff, Annette Cowley en Lucy Saunders, het die SA rekord in die 4x100 vryslag met 'n briljante tyd van 3:54,96 verpletter meer as 3 sekondes vinniger as die vorige rekord. Andrew Marshall van Noord- Transvaal het sy SA titel in die 200 rugslag op die beste moontlike manier behou toe hy sy eie SA rekord met 'n tyd van 2:08,76 verbeter het, met Gary Albertyn van Vaaldriehoek tweede in 2:08,81 ook vinniger as die vorige rekord van 2:09,55. Carl Laubscher van die WP was vyfde in 2:12,12. Sy spanmaat Vaughan Collie het die troos-eindstryd in 'n tyd van 2:15,41 gewen. Die Transvaalse blitse Peter Williams, Justin Slade, Alan Kelsey en Ivor Segal het met die SA rekord in die 4x50 vryslag-aflos klaargespeel. Maar dit was die 100 vryslag vir mans waar die WP se Seddon Keyter die grootste opskudding van die week veroorsaak het. Keyter, wat verlede week uit Nebraska teruggekeer het, het van nêrens gekom om die twee gunstelinge, Williams en Darryl Cronjé, danksy 'n ongelooflike vaartversnelling oor die laaste 30 meter te klop. Niemand het Keyter 'n kans gegun teen twee van die wêreld se vinnigste swemmers oor 50 meter nie. Die 22-jarige Keyter het in 'n tyd van 51,28 gewen. Met Williams 'n kortkop agter hom in die tweede plek in 51,34 en Cronjé derde in 51,39. ``Ek het vroeër die week gesukkel om aan die ysige water gewoond te raak, maar ek het geglo ek kan dié nommer wen,'' het 'n oorstelpte Keyter gesê. Die Vrystater Jeanine Steenkamp het haar baasskap in die 400 vryslag onderstreep toe sy die res van die deelnemers ver agter gelaat het om in 'n tyd van 4:19,64 te seëvier. Markgraaff het haar tweede silwermedalje ingepalm met 'n tweede plek in 4:24,01, Saunders was sesde in 4:29,55. Die Amerikaner Matt Biondi het die 100 vryslag by die Olimpiese proewe in Indianapolis in 49,31 gewen en die wêreldkampioen en wêreldrekordhouer Janet Evans het die 400 vryslag by die Amerikaanse proewe maklik in 'n tyd van 4:09,47 gewen. Kriel is gister as die swemmer van die dag aangewys. Riana de Jager van die WP het agtste geëindig in die 100 rugslag, wat deur Kriel gewen is in 'n tyd van 1:08,86. Nog 'n WP-swemmer, Ingrid Theunissen, het die troos- eindstryd in dié nommer in 'n tyd van 1:09,74 gewen.

Keyter en Kriel kan SA span haal

DURBAN. Twee swemmers van die Westelike Provinsie, Marianne Kriel en Seddon Keyter, sal waarskynlik ingesluit word in die span wat Suid-Afrika later vanjaar in Barcelona by die Olimpiese Spele gaan verteenwoordig. Die span word vanaand ná Speedo se Suid-Afrikaanse kampioenskapsgala aangekondig. Daar is vandeesweek baie bespiegel oor die samestelling van die span en die verwagting is dat net 'n handjievol swemmers in dié uitsoekgroep ingesluit gaan word. ``Ons sou graag 'n groot groep swemmers na die Spele wou stuur, maar dit sal dalk nie prakties moontlik wees nie. Net 'n sekere aantal deelnemers in al die sportsoorte sal deur die Internasionale Olimpiese Komitee (NOK) geakkomodeer kan word,'' het die president van die Suid-Afrikaanse Swemvereniging, mnr. Sam Ramsamy, gister gesê. Kriel is ná haar skittervertoning in die 100 vryslag, 100 rugslag en 100 vlinderslag 'n seker keuse vir die span. Die keurders sal moontlik voorkeur gee aan die veelsydige swemmers. Dit is hier waar Keyter sterk na vore tree. Die 21-jarige Keyter het vandeesweek 'n verrassende oorwinning in die 100 vryslag behaal en gisteroggend in die uitdunne sy eie SA rekord in die 100 rugslag met 'n wêreldtyd van 57,92 verpletter. Hy is ook 'n goeie vlinderslag-swemmer. Peter Williams het gisteroggend met sy nuwe SA rekord in die uitdunne van die 50 vryslag sy plek in die Olimpiese span beklink. Williams het sy eie SA rekord tot 22,82 laat krimp. Williams het in 1988 'n wêreldrekord met 'n tyd van 22,18 opgestel. Die land se voorste vlinderslag- swemmer, Craig Jackson, die veelsydige Cliffie Lyne, Noord-Transvaalse bobaas-rugslagswemmer, Andrew Marshall en Kenneth Cawood, wat vandeesweek twee SA rekords in die borsslag verbeter het, behoort ook op die keurders se kortlys te wees. Darryl Cronjé, Alan Kelsey en Jackson sal ook nie 'n aflosspan in die steek laat nie. Suid-Afrika se krag kan veral in die aflosse lê. Die enigste ander vroulike swemmers wat in dié stadium enigsins aanspraakmakers is, is die Vrystater Janine Steenkamp, die borsslagswemmers Sheelah Turner en Penny Heyns en Annette Cowley en Rene Templeton indien die keurders besluit om 'n aflosspan saam te stuur. Craig Vaughan en Andrew Matthew van die OP en die twee Transvalers Sandy Grey en Debbie White het hul kanse verstewig om die duikspan te haal. 'n Sierswemspan sal ook aangewys word. Die span sal hom waarskynlik in Europa vir die Spele voorberei. Mnr. Ramsamy het gister gesê dit is sy verantwoordelikheid as president van SASA om te sorg dat die swemmers hulle in die beste moontlike omgewing voorberei. ``Dit word ernstig oorweeg om die span iewers in Europa te laat oefen. 'n Aankondiging sal waarskynlik aanstaande maand gedoen word,'' het mnr. Ramsamy gesê.

uitslae

SWEM SA KAMPIOENSKAPSGALA (Durban) MANS: 100-vryslag: 1. Seddon Keyter (WP) 51,28; 2. Peter Williams (T) 51,34; 3. Darryl Cronjé (N) 51,34; 4. Alan Kelsey (T) 52,13; 200-rugslag: 1. Andrew Marshall (NT) 2:08,76 (SA rekord); 2. Gary Albertyn (VDH) 2:08,81; 3. Keith Whitfield (N) 2:10,80; 4. Greg Kahn (OP) 2:11,06; 4x50-vryslag: 1. Transvaal A 1:35,37 (SA rekord); 2. Natal A 1:36,07; 3. WP A 1:36,67; 4. Noord-Transvaal A 1:36,76. VROUE: 100-rugslag: 1. Marianne Kriel (WP) 1:03,86 (SA rekord); 2. Jill Brukman (N) 1:05,67; 3. Theresa van Dijk (T) 1:06,78; 4. Zonya Kritzinger (N) 1:07,39; 400-vryslag: 1. Jeanine Steenkamp (OVS) 4:19,64; 2. Lezelle Markgraaff (WP) 4:24,01; 3. Heather Park (T) 4:24,18; 4. Tracey Elliot (GW) 4:28,80; 4x100-vryslag: 1. WP A 3:54,96 (SA rekord); 2. Natal A 4:04,34; 3. OVS A 4:00,95; 4. Transvaal A 4:03,41. PUNTESTAND: Vroue: 1. Natal 380; 2. Transvaal 237; 3. WP 218; 4. OVS 161; 5. Grens 130; 6. Noord-Transvaal; Oos-Tranvaal 79; 8. Vaaldriehoek 33; 9. OP 18; 10. Wes-Transvaal 14. Mans: 1. Transvaal 355; 2. Natal 343,5; 3. WP 154; 4. OVS 125; 5. Noord-Transvaal 111; 6. Vaaldriehoek 69; 7. Oos- Transvaal 55,5; 8. Grens 55; 9. OP 46; 10. Griekwas 10. Algeheel: 1. Natal 723,5; 2. Transvaal 592; 3. WP 372; 4. OVS 286; 5. Noord-Transvaal 190; 6. Grens 185: 7. Oos-Transvaal 134; 8. Vaaldriehoek 102; 9. OP 64; 10. Wes-Transvaal 14; 11. Griekwas 10.

Williams weer op dreef

DURBAN. Peter Williams is met mening terug. Die voormalige wêreldrekordhouer in die 50 vryslag het sy gunsteling nommer gisteraand in die Kingsparkse swembad by Speedo se Suid- Afrikaanse kampioenskapsgala in 'n tyd van 22,71 sek. gewen. Slegs ses swemmers in die wêreld het verlede jaar vinniger as die 23-jarige Springbok geswem. Vier Suid Afrikaanse rekords is gister verbeter. Williams, Seddon Keyter van die WP, die Vrystater Janine Steenkamp en die Transvaalse span in die 4x100 wisselslagaflos vir vroue het gisteraand vir nuwe SA rekords en vertonings van wêreldgehalte gesorg. Die Transvaalse aflosspan bestaande uit Theresa van Dijk, Sheilah Turner, Toni Collins en Lexi Heyns het die nasionale rekord tot 4:21,06 laat krimp. Natal en die WP, wat onderskeidelik tweede en derde geëindig het, het ook vinniger as die vorige rekord van 4:25,40 geswem. Steenkamp se wentyd van 8:48,41 in die 800 vryslag verbeter nie net alleen haar eie SA rekord nie, maar besorg ook aan haar die 34ste plek op die wêreldranglys. Lizelle Markgraaff van die WP was tweede in 8:57,23. Keyter het gister twee keer met sy eie SA rekord in die 100 rugslag klaargespeel. Hy was eerste in 'n tyd van 57,59 met die kampioen Andrew Marshall tweede in 58,91. Carl Laubsher van die WP was negende in 1:00,75. Williams het in 1988 as student aan die Universiteit van Nabraska 'n nuwe wêreldrekord van 22,18 in die 50 vryslag losgeswem. Williams het stadig weggespring maar binne die eerste 15 meter die gaping uitgewis en die elektroniese tydapparaat uiteindelik eerste geraak. Darryl Cronjé van Natal was tweede in 'n tyd van 23,19 met Alan Kelsey derde in 23,54. Die twee swemmers van die WP - Keyter (23,90) en Larry Kriel (24,44) - was onderskeidelik vierde en negende. ``As ek net op my wegspring kan verbeter behoort ek klokslag onder 22,50 te swem,'' het Williams, wat in die uitdunne ook op sy SA rekord verbeter het, gesê. Petro Nortjé het haar Natalse spanmaat Jill Brükman net-net in die 200 individuele wisselslag geklop. Sy was eerste in 2:21,88 met Brükman tweede in 2:21,92. Lucy Saunders van die WP was vyfde in 2:28,09. Craig Jackson het gisteraand maklik die 200 vlinderslag in 2:09,11 gewen. Martin Swan van die WP was derde in 2:09,93 en sy spanmaat Carl Coitts-Trotter agtste in 2:12,12. Uitslae op bladsy 15.

uitslae

SWEM SA KAMPIOENSKAPSGALA (Durban) MANS: 200 vlinderslag: 1. Craig Jackson (Tvl), 2:03,70; 2. Wade Ferguson (OTvl) 2:09,11; 3. Martin Swan (WP) 2:09,93; 500 vryslag: 1. Peter Williams (Tvl) 2:2,71 (SA-rekord); 2. Darryl Cronjé (Natal) 2:3,19; 3. Alan Kelsey (Tvl) 2:3,54; 100 rugslag: 1. Seddon Keyter (WP) 5:7,59 (SA-rekord); 2. Andrew Marshall (NTvl) 5:8,91; 3. Clifford Lyne (Natal) 5:9,27. VROUE: 200 individuele wisselslag: 1. Petro Nortjé (Natal) 2:21,88; 2. Jill Bruckman (Natal) 2:21,92; 3. Kerry Elliot (Grens) 2:23,47; 800 vryslag: 1. Jeanne Steenkamp (OVS) 8:48,41 (SA-rekord); 2. Lizelle Markgraaff (WP) 8:57,23; 3. Heather Park (Tvl) 9:04,40; 4x100 wisselslag aflos: 1. Transvaal A 4:21,06 (SA-rekord); 2. Natal A 4:22,82; 3. WP 4:25,48. PUNTESTAND Vroue: 1. Natal 1 005, 2. Transvaal 661, 3. WP 553, 4. Vrystaat 403, 5. Grens 290, 6. Oos-Transvaal 216, 7. Noord-Transvaal 204, 8. Vaaldriehoek 121, 9. OP 82, 10. Wes-Transvaal 19, 11. Griekwas 7. Mans: 1. Transvaal 999,5, 2. Natal 928,5, 3. WP 558,5, 4. Noord-Transvaal 389,0, 5. Vaaldriehoek 245, 6. Vrystaat 233, 7. Grens 186, 8. Oos-Transvaal 138,5, 9. OP 129, 10. Griekwas 21. Algeheel: 1. Natal 1933,5, 2. Tvl 1660,5, 3. WP 1111,5, 4. Vrystaat 636, 5. Noord-Transvaal 593, 6. Grens 476, 7. Vaaldriehoek 366, 8. Oos-Transvaal 354,5, 9. OP 211, 10. Griekwas 28, 11. Wes-Transvaal 19

Twintig SA rekords tuimel in Durban

DURBAN. Nog drie SA rekords het eergister hier op die laaste dag van die Suid-Afrikaanse kampioenskapsgala in die Kingsparkse swembad in die slag gebly. Dit bring die getal nuwe rekords op 20 te staan en maak van vanjaar se nasionale gala die suksesvolste in dekades. Marianne Kriel, Springbok van die WP, het met 'n wêreldklastyd van 25,95 in die uitdunne van die 50 vryslag haar as een van die wêreld se voorste 10 swemmers in dié afstand gevestig. Kriel het in die eindronde die goue medalje met 'n tyd van 26,07 beklink. Haar spanmaat Annette Cowley was tweede met die beste tyd van haar loopbaan 26,82. Die Natalse aflosspan, bestaande uit Mark Duncan (rugslag), Kenneth Caywood (borsslag), Cliffie Lyne (vlinderslag) en Darryl Cronjé (vryslag) het die SA rekord in die 4x100 wisselslag-aflos met meer as 3 sekondes tot 3:52,12 laat krimp. Die Transvaalse span het tweede geëindig in 'n tyd van 3:52,16. Dié tyd is ook vinniger as die vorige rekord. Peter Williams het die vlinderslag-been in 54,79 afgelê en gewys dat hy as vlinderslag-swemmer ook onder die wêreld se voorstes hoort. Lyne het skoonskip gemaak in die individuele wisselslag. Lyne het Gerard van der Walt se SA rekord van 2:07,27 in die 200 wisselslag met 'n tyd van 2:05,95 verpletter. Hy het vroeër die week ook die SA rekord in die 400 wisselslag agter sy naam geskryf. Die kampioen Martin Swan van die WP was vierde in 'n tyd van 2:12,82. Die Vrystater Janine Steenkamp het haar vierde titel ingepalm met 'n verrassende oorwinning in die 200 vlinderslag. Steenkamp was eerste in 'n tyd van 2:18,06. Lezelle Markgraaff (2:25,36) van die WP en haar spanmaat Kate Leinberger (2:25,39) was onderskeidelik agtste en negende. Paul Fryer van Transvaal het in 'n naelbyt-stryd die 1 500 vryslag gewen en net-net met Adam Blake van die Vrystaat en Roy Peacock van Natal afgereken. Sy wentyd was 16:15,77. Pierre de Roubaix, 400 vryslag-kampioen van die WP, was vierde in 16:32,16, met sy spanmaat Bevan Johnson in 'n goeie sesde plek in 16:48,22. Jill Brukman van Natal het haar titel in die 200 rugslag met 'n tyd van 2:19,94 behou met die Transvaler Theresa van Dijk tweede in 2:21,54. Leana de Jager van die WP het sesde klaargemaak in 'n tyd van 2:27,10. Natal is die algehene wenner met 'n totaal van 2401,5 punte met Transvaal tweede met 2 030 en die WP in die derde plek met 1 322,5 (vroue 664 en mans 658,5).

Drie WP-swemmers in Olimpiese groep

DURBAN. Drie swemmers van die WP Marianne Kriel, Seddon Keyter en Lizelle Markgraaff is ingesluit in die Suid-Afrikaanse swemgroep wat later vanjaar aan die Olimpiese Spele gaan deelneem. Verskeie ander Olimpiese drome is egter hier by die Suid- Afrikaanse kampioenskapsgala in die Kingsparkse swembad gekelder. Daar was trane van vreugde en nog meer trane van teleurstelling toe die 15 name van die eerste watersport-span wat Suid-Afrika in 32 jaar by die Olimpiese Spele gaan verteenwoordig, uitgelees is. Kriel, Janine Steenkamp (OVS), Petro Nortjè, Jill Brükman, Penny Heyns (aldrie van Natal), Markgraaff, Keyter, Peter Williams, Craig Jackson (albei van Transvaal), Cliffie Lyne, Darryl Cronjé en Kenneth Cawood (almal van Natal) en Deidre Harrison, Amanda Taylor en Lauren Wulfsohn is in die groep ingesluit waaruit Suid-Afrika se watersport-span op 21 Maart aangewys gaan word. Die algemene verwagting is egter dat daar nie aan die groep getorring gaan word nie. Maar die groot teleurstelling was die weglating van Annette Cowley, die Noord-Transvaalse rugslag ster Andrew Marshall en die Suid-Afrikaanse kampioen in die 100 borsslag, Sheelah Turner. Cowley, wat 'n afwesigheid van 2 jaar haar terugkeer tot swem gemaak het, het weliswaar nie enige titels ingepalm nie, maar het met twee goeie tweede plekke in die 100 vryslag en die 50 vryslag die keurders beslis laat kopkrap. Cowley het veral Saterdagaand in die eindronde van die 50 vryslag met 'n tyd van 26,82 beïndruk Kriel is die enigste Suid- Afrikaner wat al vinniger geswem het. Dit was die 25-jarige Cowley se laaste probeerslag om 'n Olimpiese span te haal. Terwyl vriende en familie haar nà die aankondiging van die span getroos het, het Cowley gesê sy het nou genoeg gehad. ``Ek het hard gewerk om die span te haal. Dit was 'n droom om na Barcelona te gaan. Dit is sinneloos om nou nog aan te gaan,'' het 'n teleurgestelde Cowley gesê. Maar vir die Nataller Penny Heyns het 'n wisselvallige week op 'n hoë noot geëindig. Heyns moes met 'n tweede plek na Turner in die 100 borsslag tevrede wees. Hoewel haar tyd in die uitdunne beter was as dié van Turner, was dit die Transvaler wat die beste daaraan toe was in hulle tweestryd in die eindrondte. Marshall is die enigste van die swemmers wat vandeesweek 'n SA rekord verbeter het, maar steeds oor die hoof gesien is. Nog berigte op bladsy 19

Peter Williams die ster

DURBAN. Peter Williams, 23-jarige Springbok van Transvaal, is Saterdagaand by Speedo se Suid-Afrikaanse kampioenskapsgala as die sterswemmer van die week aangewys. Williams, wat Donderdagaand die 50-vryslag in 'n tyd van 22,71 afgeblits het, is as Game se Swemmer van die Week aangewys. Net ses swemmers ter wêreld spog met 'n beter tyd as dié voormalige wêreldrekordhouer in die 50-vryslag. Williams het vir sy prestasie oor dié kort afstand ook die Alex Bulley- trofee vir die beste vertoning van die week ontvang. Marianne Kriel, wat self met 'n plek onder die voorste tien swemmers in die kort vryslagnommer spog na haar tyd van 25,95 in die uitdunne van die 50-vryslag, het Game se toekenning as Swemmer van die Dag ontvang haar tweede toekenning van die week. Sy het ook die Susan Roberts-trofee as die beste vroueswemmer van die week ontvang. Williams en Janine Steenkamp van die Vrystaat deel die Anton van Niekerk-trofee vir hul puik sportmangees. Seddon Keyter van die WP het vroeër die week ook 'n toekenning van Game ontvang vir sy rekordpoging in die 100-rugslag.

Waterpolo maak soos krieket

WATERPOLO het in die naweek die voorbeeld van krieket gevolg en drie spelers van die minderbevoorregte gemeenskap ingesluit in die Suid- Afrikaanse waterpolospan wat later vanjaar aan 'n internasionale toernooi in Hongarye deelneem. Twee studente van die Universiteit van Wes-Kaapland, Winston Joseph en Douglas Petersen, en die Nataller Rowan Meth sal die span vergesel as deel van Suid-Afrikaanse waterpolo se ontwikkelingsprogram. Die Suid-Afrikaners sal benewens 'n internasionale toernooi in Boedapest waaraan van die voorste waterpololande in Europa gaan deelneem, ook aan oefenkampe deelneem. Volgens Karoly Toros, afrigter van die WP se swemster Seddon Keyter en groot waterpolokenner, word Hongarye lank reeds gereken as een van die voorste drie waterpololande in die wêreld. Toros het sowat agt jaar gelede van Honagarye, via België na Suid-Afrika verhuis. Suid-Afrika het weens finaniële redes besluit om nie vanjaar 'n span na die Olimpiese kwalifiserende toernooi in Calgary, Kanada, te stuur nie.

Kriel en kie. herskryf rekordboeke

DIE rekordboeke moet byna in sy geheel herskryf word nadat 20 Suid- Afrikaanse rekords verlede week by die Suid-Afrikaanse kampioenskapsgala in Durban in die slag gebly het die gure weer en ysige water van die Kingsparkse swembad ten spyt. Marianne Kriel, sterswemmer van die Westelike Provinsie, het vir drie nuwe rekords gesorg op pad na haar vier individuele titels. Kriel en nog 'n waterblits, Peter Williams, het in die kort vryslagnommer vir die beste vertonings gesorg wat nog in Suid-Afrikaanse waters gesien is. Kriel het haar eie SA rekord van 26,38 in 50 vryslag in die uitdunne van dié nommer tot 25,95 verbeter op nege na die vinnigste tyd ter wêreld en 'n tyd wat aan haar die vyfde plek by die wêreldkampioenskapsgala wat verlede jaar in Perth beslis is, sou besorg het. Williams, wat in 1988 die wêreldrekord in die 50 vryslag met 'n tyd van 22,18 agter sy naam geskryf het, het sy terugkeer tot wêreldklas- swem met 'n nuwe SA rekord van 22,71 in sy gunstelingnommer ingelui. Dié tyd besorg aan die 23-jarige Springbok die sewende plek op die wêreldranglys en hy is nog nie behoorlik fiks nie nadat hy meer as drie jaar las van 'n skouerbesering ondervind het. Net die Amerikaners Matt Biondi en Tom Jager het verlede jaar by die wêreldkampioendskapsgala vinniger as Williams geswem. Kriel het haar WP-spanmaat Annette Cowley se agt jaar oue rekord van 57,64 in die 100 vryslag in bitter koue weer tot 57,61 laat krimp. Haar nuwe SA rekord van 1:03,86 in die 100 rugslag het haar tot die 33ste plek op die wêreldranglys laat klim. Die 20-jarige Springbok het Hanlie Vermeulen se SA rekord in die 100 vlinderslag met 0,16 sekondes misgeloop met haar wentyd in 1:03,35. Seddon Keyter, sterk swemmer van die WP, het sy veelsydigheid onderstreep met 'n skitterende nuwe rekord in die 100 rugslag in 'n tyd van 57,59. Keyter het ook die 100 vryslag gewen. Die Vrystater Janine Steenkamp het soos Kriel vier titels ingepalm en ook twee SA rekords, in die 800 vryslag (8:48,41), wat aan haar die 34ste plek op die wêreldranglys besorg, en in die 200 individuele wisselslag (4:56,38). Kenneth Cawood, Suid-Afrika se borsslagkoning, het albei borsslagrekords agter sy naam geskryf. Cawood het die 100 borsslag in 1:04,16 gewen en in die 200 borsslag Doug Eager se twaalf jaar oue rekord tot 2:21,64 verbeter. Cliffie Lyne is ook goed op pad na 'n plek op die wêreldranglys ná sy twee puik rekords in die 200 (2:05,93) en 400 individuele wisselslag (4:32,84). Andrew Marshall het die 200 rugslag ook in 'n rekordtyd van 2;08,76 gewen. Al sewe aflosrekords het getuimel. Transvaal se mans het vier aflosrekords ingeoes terwyl die Natalse mans ook een keer baas was. Onder die vroue is die rekords eweredig versprei. Die WP het die 4x100 vryslag-aflos gewen. Natal het die WP in die 4x50 vryslag-aflos geklop. Transvaal se vroue het die goue medalje in die 4x100 wisselslag-aflos in 'n rekordtyd ingeplam.


Skole-Burger

Nege swemmers van Ceres in Bolandspan

Die Laerskool Gericke op Ceres het vanjaar nie minder nie as nege swemmers in die Bolandspan, wat verlede Vrydag op Worcester teen die SWD deelgeneem het. Op die foto is van links: (agter) Deidre Hage, Cindy Potgieter, Lindy Starke, (middel) Shirley Peters, mev. M. Bakkes (organiseerder), Leonard Diederichs, (voor) Tanya McPherson, Elize Fourie, Esmè Honiball en Carol du Toit.

Dié ystermanne hard aan die oefen vir langafstand-swem

Die eerste Kaaplandse langafstand-swemkampioenskapsbyeenkoms oor 25 km word op 4 April in die warm water van die Kwaggaskloofdam naby Worcester gehou. Drie deelnemers wat reeds hard aan die oefen is, is van links mnre. Barry Cutler, Lewis Pugh en Eddy Cassar. 'n Korter swem- nommer oor 5 km word ook die dag gehou. Die wegspringtyd is 7 vm. en die inskrywingsgeld vir die nommers is onderskeidelik R20 en R10.

WP Surf Life Saving Championships

THE Castle WP Championships for Surf Life Saving will be held on the Milnerton Light House Beach this Friday from 5.30 pm until sunset, and Saturday from 8.30 am onwards. Thirteen clubs will be competing for colours and will be coming from all over the Peninsula. With the unification and amalgamation of all clubs, the competition has strengthened remarkably. Directly after the prize-giving there will be a party with music and beers sponsored by Castle. The party is open to the public.

Lewensredding

Verskeie Tygerbergers is opgeneem in die WP Lewensreddingspan wat op 6 en 7 Maart in Bloemfontein aan die nasionale kampioenskapsbyeenkoms gaan deelneem. Lourens Smit en Ansoe van den Heever demonstreer hoe iemand uit die water gelig moet word.

Loots behou nasionale titel, maar haal nie SA span

Dominique Donner van die WP - derde in 2:16,03.

DIE Suid-Afrikaanse driekamp- byeenkoms Saterdag by Langebaan is deur die nasionale keurders vervlak tot 'n nikswerd-geleentheid. Jaco Loots van die Oostelike Provinsie, wat goed gewen het, en Tim Stewart (WP) met sy ewe goeie tweede plek, het nie genoeg gedoen om die nasionale span te haal nie. Driekamp is nog 'n jong sport in Suid-Afrika. Dat hy nog in sy kinderskoene staan, het die naweek maar al te duidelik geblyk. Loots het sy SA titel behou. Hy het dit boonop op indrukwekkende wyse gedoen in 'n tyd tien minute vinniger as sy vorige jaar se wentyd op dieselfde baan. Dié moedige vegter van OP het ook 'n Suid-Afrikaanse rekord van 1:54:17 opgestel. Wat moes hy meer doen om die nasionale span te haal? Die SA byeenkoms is veronderstel om die hoogtepunt van 'n seisoen te wees. Die driekampbase beskou egter hul reeks nasionale proewe en prestige-byeenkomste as veel belangriker. Dat Loots die onthaal waar die SA span aangekondig is hoogs ontsteld verlaat het, is heel verstaanbaar. Anton Quenet (WP) wat Saterdag maar 'n swak tiende plek kon behaal, maar in die proewe tweede geëindig het, is wel in die SA span opgeneem. Kan 'n mens nog standaard- driekamp (hardloop, swem en fietsry) ernstig as 'n volwaardige sport beskou? Hennie Wentzel het sy veterane-titel behou en sy WP-spanmaat Franso Calitz het 'n goeie tweede plek behaal. Ook Barbara Webb (WP) was weer 'n klas van haar eie in die afdeling vir veteraan-vroue. In die afdeling vir vroue kon Hannele Steyn (WP) nie haar titel behou nie nadat sy 'n lekband opgedoen het. Pauline Cound van Natal is as nuwe kampioen gekroon. Uitslae op bladsy 19.

Sport-Uitslae

DRIEKAMP SA STANDAARD-DRIEKAMP (Langebaan) Mans: 1. J. Loots (OP) 1:54:17; 2. T. Stewart (OP) 1:54:42; 3. Kevin Richards (OP) 1:55:25; 4. D. van Gelder (N) 1:55:58; 5. T. Meyer (N) 1:56:22; 6. C. Stoltz (NT) 1:56:25; 7. H. Zumpt (T) 1:56:34; 8. M. Maravini (Zim) 1:57:40; 9. P. Murphy (WP) 1:57:41; 10. A. Quenet (WP) 1:58:50; 11. M. Wiederkehr (WP) 1:59:00; 12. C. Bean (T) 1:59:30; 13. P. Catt (T) 1:59:38; 14. G. Thorne (WP) 2:00:20; 15. S. Kruger (NT) 2:00:21; 16. P. Seinen (WP) 2:00:40; 17. G. Lunderstedt (WP) 2:00:41; 18. J. du Toit (WP) 2:00:42; 19. B. Hughes Zim) 2:00:50; 20. B. Melville (WP) 2:00:59. Vroue: 1. P. Cound (N) 2:07:55; 2. L. Rivett (T) 2:10:46; 3. D. Donner (WP) 2:16:03. Juniors: 1. C. Stoltz (NT) 1:56:25; 2. S. Kruger (NT) 2:00:21; 3. G. Lunderstedt (WP) 2:00:41. Veterane-mans: 1. H. Wentzel (WP) 2:05:01; 2. F. Calitz (WP) 2:13:33; 3. T. Adams (WP) 2:15:38. Veterane-vroue: 1. B. Webb (WP) 2:24:04; 2. N. Nurse (WP) 2:42:19; 3. Sue  Fraenkel (WP) 2:43


Western Province news

7 Desember 1991

Marshall swem SAU-rekord

NOG 'n Suid-Afrikaanse Universiteite rekord moes gister op die laaste dag van die SA Universiteite se watersporttoernooi in die Bellvillse swembad voor die Noord-Transvaalse Springbok Andrew Marshall swig. Marshall, wat in die kleure van die Universiteit van Kaapstad geswem het, het die Matie Carl Laubscher se rekord van 2:15,18 in die 200 meter rugslag met 'n tyd van 2:12,71 verpletter. Laubscher wat die Maties aangevoer het, was derde in 'n tyd van 2:15,88. Marshall het die beste vertoning by dié toernooi gelewer. Jeanine Steenkamp, wat vandeesweek 'n alleenstryd vir die Kovsies in die water gevoer het, het gister haar sesde Universiteite-titel ingepalm met 'n oorwinning in 33,00 in die 50 meter vlinderslag. Die aspirant mediese dokter van die Maties, Martin Swan, het die toernooi met nog 'n indrukwekkende vertoning afgesluit. Swan het die 100 vlinderslag in 'n haastige 1:00,10 gewen. Petro Nortjé het ook waardevolle punte vir die Maties ingeoes met haar oorwinning in 2:34,27 in die 200 rugslag. Die Maties het skoonskip gemaak in die swem en sierswem, maar moes op die duikplank opsy staan vir die Universiteit van die Witwatersrand, wat danksy die Springbok Debbie White se skittervertoning die titel vir vroue ingepalm het. Die Ikeys het die titel vir mans verower. Alistair Andrews en die drie Springbokgimnaste, Alan Daly, Adrian Steyn en Anton Goldman was te goed vir die ander studente-duikers. 'n Suid-Afrikaanse Universiteite-swemspan kom vandag in die binnenshuise swembad van die Universiteit van Stellenbosch teen 'n span van die Westelike Provinsie te staan. Die gala begin om 11:00.

14 Desember 1991

Kriel, Williams kan rekords laat spat in bad

DIE twee vinnigste swemmers in Afrika, Marianne Kriel en Peter Williams, kan die naweek by die geborgde gala van die Port Elizabethse swemklub nog 'n handvol SA rekords laat spat. Met kontantpryse as aansporing kan verwag word dat Kriel, Williams en die Vrystaatse Springbok Jeanine Steenkamp vir vuuwerke in die Baai gaan sorg. Kriel het verlede naweek op Stellenbosch die eerste vrou in Afrika geword wat die 50 meter vryslag in minder as 26 sekondes aflê. Kriel het dié nommer in 'n tyd van 25,78 afgeblits - dié tyd sal egter nie as Suid-Afrikaanse rekord erken kan word nie omdat dit in 'n 25 meter swembad behaal is. Dit is die 20-jarige swemmer van die WP se eie SA rekord van 26,60 wat vanaand in gevaar is. Kriel het dié rekord wat sedert 1987 in die rekordboeke pryk reeds vroeër die seisoen geëwenaar. Net ses swemmers in die wêreld het vanjaar vinniger as Kriel geswem met Zhuang Yong van China wat in Januarie die wêreldtitel met 'n tyd van 25,47 opgeraap het. Ook Williams, voormalige wêreldrekordhouer in die 50 vryslag, sal na verwagting vanaand 'n aanslag maak op die Suid-Afrikaanse rekord. Williams het vroeër vanjaar by die Suid-Afrikaanse kampioenskapsbyeenkoms in die Nuwelandse swembad die 50 vryslag in 'n tyd van 22,95 gewen die 20e vinnigste tyd vanjaar in die wêreld. Williams, wat die afgelope drie jaar met 'n senuontsteking in sy skouer gesukkel het, is vinnig besig om sy beste vorm te herwin. Williams het die afgelope paar weke intensiewe behandeling vir sy seer skouer ontvang en kon vir die eerste keer in drie jaar weer na behore oefen. Hy sal ook in die 100 vryslag vir vuurwerke sorg. Kriel het benewens die 50 vryslag ook haar visier op Anette Cowley se SA rekord van 57,64 in die 100 vryslag. Albei swemmer kan nog dié seisoen dié nommer in minder as 56 sekondes aflê. Kriel sal benewens die 50 vryslag ook vanaand in die 100 vryslag, 100 rugslag en 100 vlinderslag in aksie wees. Môre spook die Suidelike Provinsies se voorste swemmers sake in dieselfde swembad uit in dié jaarlikse kragmeting. Kriel, wat die WP-span aanvoer sal môre weer die 100 vryslag en 100 vlinderslag aandurf. Steenkamp wat tydens die SA Universiteite week in Bellvile ses titels ingeoes het, kan weer waardevolle punte vir die Vrystaat teen die spanne van die WP, OP, Grens en Griekwas insamel. Die swembonanza word Sondag en Maandag met die Aquabeargala afgesluit.

SA rekord vir Kriel

PORT ELIZABETH. Marianne Kriel het gistreraand by die geborgde gala van die Baaise swemklub weer eens die Suid-Afrikaanse rekord in die 50 meter vryslag klaargespeel. Dié spogswemmer van die WP het dié nommer in ideale windlose weer in 'n tyd van 26,38 afgeblits en darmee haar eie SA rekord van 26,60 van die rekordboeke gevee. Nog net 29 swemmers het vanjaar 'n beter tyd opgestel. Die twintigjarige Kriel het sowat 'n maand gelede haar eie SA rekord in die Nuwelandse swembad geëwenaar. ``Ek het nie regtig vanaand 'n vinnige tyd verwag nie. Ek is maar nog taamlik moeg en tam ná verlede week se kragmeting teen die universiteitespan,'' het Kriel ná haar rekordpoging gesê. Sy het kort daarna die 100 vryslag in 'n tyd van 58,95 afgelê die vinnigste tyd vanjaar in Suid-Afrika. Peter Williams, SA kampioen in die 50 en 100 vryslag, het die 50 vryslag op sy gemak in 24,29 gewen. Die voormalige wêrelrekordhouer wat nog 'n seer skouer vertroetel, het ook die 100 vryslag in 'n tyd van 54,82 gewen.

WP se swemspan

DIE Westelike Provinsie het 'n sterk swemspan gekies vir die jaarlikse gala tussen die suidelike provinsies op 14 Desember in Port Elizabeth. Die Springbok Marianne Kriel (Bellville) en Carl Laubscher (Stellenbosch) is onderskeidelik as kaptein van die vroue en die mans gekies. Die spanne is: Vroue: Marianne Kriel (kapt, US), Nicola Clegg (Vin), Amanda Clegg (Vin), Lydia de Jager (Bell), Riana de Jager (US), Michelle Dossen (Bell), Dominique Donner (CH & RC), Amanda Grendon (Vin), Nicky Kirsten (US), Paula Barrett-Smith (Kamps), Kate Leinberger (Vin), Lizelle Markgraaf (US), Jenny Mullins (CH & RC), Adrienne Snyman (Vin), Barbara Trompeter (CH & RC). Mans: Carl Coutts-Trotter (Vin), Craig du Preez (Vin), Okkert Köhne (US), James Louw (UK), Carl Laubscher (US, kapt), Andre le Roux (Vin), Angus MacDonald (Vin), Kennet Sinclair (Paarl), Bruce Snodgrass (US), Simon Firth (KB), Tabe Trichardt (US), Cameron Stevens (Gordons), Matthew Scher (Vin), Riaan van Rooyen (US), Marcel Villet (US). Die WP-span wat Saterdag op Coetzenburg teen die SA Universiteite swem, is: Vroue: M. Kriel, N. Clegg, A. Clegg, K. Leinberger, R. de Jager, B. Trampiler, L. Markgraaff, I. Theunissen (Gordons). Mans: M. Scher, K. Sinclair, Len van Greunen (Bell, kapt), B. Snodgrass, C. Coutts-Trotter, S. Firth, A. MacDonald, Carl Scott (Vin). (Medewerker)

Fees van rekords

Die WP-Springbok Marianne Kriel was 'n groot uitblinker in Port Elizabeth.

PORT ELIZABETH. Die Westelike Provinsie, met sy Springbok Marianne Kriel aan die spits, het in die naweek hier by die Suidelike Provinsies se gala in die Newtonparkse swembad onder die rekords gemaai. Vyftien byeenkomsrekords en verskeie OP-rekords het in die slag gebly. Kriel het in die heel eerste nommer byna 'n sekonde van Anette Cowley se agt jaar oue byeenkomsrekord in die 100 vryslag afgeknip. Haar wentyd van 58,18 is nog nie vanjaar in Suid-Afrika oortref nie. Dit was net 'n voorspel van wat sou volg. Kriel se Springbok-spanmaat Peter Williams het kort daarna op dieselfde manier met sy eie rekord in die 100 vryslag klaargespeel en in 54,64 geseëvier. Die jong Bruce Snodgrass van die WP het in dié uitgelese geselskap die 100 vryslag vir seuns o.16 in 'n blitsige 54,63 afgelê vinniger as die beseerde Williams se tyd en gewys waarom Amerikaanse Universiteite nou reeds om sy dienste meeding. Snodgrass het ook die 100 vlinderslag in 'n skittertyd van 58,97 gewen. Die 20 jarige Kriel het ook die 100 vlinderslag op indrukwekkende wyse gewen en daarmee die Vrystater Alice Escreet se byeenkomsrekord wat sedert 1986 in die rekordboeke gepryk het met 'n tyd van 1:04,10 verpletter. Dié tyd is ook vinniger as haar eie WP-rekord van 1:04,13. Jeanine Steenkamp, wat lank buite aksie was, het in die 400 vryslag soos van ouds haar teenstanders ver agtergelaat en in 'n blinknuwe rekordtyd van 4:23,23 geseëvier. Ook Riaan van Rooyen (200 IW, o.14) en Riana de Jager (100 rugslag, o.16) het in die rekordoes gedeel.

Swemmer vereer

HARARE. -Die 16-jarige swemmer Sarah-Jane Murphy is in die naweek as Zimbabwe se Sportster van die Jaar aangewys. Murphy het vroeër vanjaar drie goue medaljes by die Afrika Spele in Kaïro ingepalm.-(Sapa)

Olimpiese swemproewe in Durban

DIE Suid-Afrikaanse swemkampioenskapsbyeenkoms sal na alle waarskynlikheid in Maart aanstaande jaar in Durban gehou word. Dit sal ook as Olimpiese proewe dien die eerste Olimpiese swemproewe in Suid- Afrika sedert 1960. 'n Voorstel om die Suid-Afrikaanse kampioenskapsbyeenkoms van Johannesburg na die kus te verskuif, is verlede week op 'n vergadering van die SA Amateur-Swemvereniging (SAASA) gedoen. Dit was veral Durban met sy warm, bedompige klimaat soortgelyk as dié van die Spaanse kusstad wat groot steun ontvang het om as gasheer by dié geskiedkundige geleentheid op te tree. Volgens mnr. Alistair Hossack, ere-sekretaris van die SAASA, geniet die voorstel om die SA kampioenskapsbyeenkoms te verskuif wye steun in die onderskeie provinsies, maar 'n finale besluit word eers in die naweek verwag. Daar is lank gegis oor waar die Olmpiese swemproewe gehou gaan word aangesien die SA kampioenskapsbyeenkoms lankal reeds aan Johannesburg toegeken is. Verskeie van die land se voorste swemmers en afrigters was ook nooit ten gunste van afsonderlike proewe nie omdat dit sou meebring dat die swemmers drie keer in 'n betreklik kort tyd vir die SA byeenkoms, die Olimpiese proewe en dan vir die Spele hul beste peil sou moes bereik. ``Durban is die aangewese plek om die Olimpiese proewe te hou. Die klimaat stem ooreen met dít wat ons in Barcelona te wagte kan wees en kan die swemmers net bevoordeel,'' het Peter Williams, gewese wêreldrekordhouer in die 50 meter vryslag, gesê. Williams was een van die swemmers wat die wenslikheid om afsondelike Olimpiese proewe kort ná die SA byeenkoms te hou, bevraagteken het. ``Dit is onregverdig om te verwag dat swemmers drie keer binne 'n paar maande op hul allerbeste moet wees,'' het Williams gesê. ``Dit is wonderlike nuus. Ons het almal gehoop dat die proewe uiteindelik in Durban gaan wees,'' het die WP-swemmer Anette Cowley gesê. Ook die Transvaalse borsslagspesialis Sheelah Turner was baie tevrede met die moontlikheid om in Durban te probeer om haar plek in die Olimpiese span oop te swem. Slegs die voorste twee swemmers in elke nommer sal vir die Spele kwalifiseer. Volgens mnr. Hossack het elke land die reg om twee swemmers in elke nommer vir die Spele in te skryf aangesien daar geen Olimpiese kwalifiserende tye is nie. Hy wou hom nie uitlaat oor die keuse van 'n Suid-Afrikaanse span nie, maar het aangedui dat daar wél na die swemmers se tye gekyk gaan word alvorens 'n finale spankeuse gedoen sal word.

12 Desember 1991

WP Ouderdomsgroupgala

(Nuweland) SEUNS: 10: 50 vryslag: 1. A. du Toit (CH&RC); 2. Grant Kritzinger (Vine); 3. D. Romburgh; 100 rugslag: 1. G. Kritzinger (Vine) 1:27,61; 2. A. du Toit (CH&RC); 3. M. Momberg (Stell); 200 IW: 1. G. Kritzinger (Vine) 3:03,54; 2. A. du Toit (CH&RC); 3. J. Larsen (Vine); 11: 50 vryslag: 1. B. Pienaar (Vine) 34,03; 2. G. Hossack (Vine); 3. S. Davies (Vine); 100 rugslag: 1. I. Pollard (Stell) 1:27,81; 2. S. Davies (Vine); 3. B. Pienaar (Vine); 200 IW: 1. D. de Villiers (Vine) 2:59,31; 2. B. Pienaar (Vine) 3. N. Scarfe (Vine); 12: 50 vryslag: C. du Preez (CH&RC) 29,83; 2. D. Gobat (Vine) 31,20; 3. N. Bornman (Vine) 31,83; 100 rugslag: 1. N. Bornman (Vine) 1:19,43; 2. S. Seddon (Gord); 3. D. Gobat (Vine); 200 IW: 1. N. Kritzinger (Vine); 2. D. Gobat (Vine) 3. J. Macdonald. MEISIES: 10: 50 vryslag: 1. R. du Plessis (Bell) 34,76; 2. S. Vlok (Stell); 3. Y. Putter (Stell); 100 rugslag: 1. R. du Plessis (Bell) 1:27,01; 2. S. Vlok (Stell); 3. N. du Toit (CH&RC); 200 IW: R. du Plessis (Bell) 3:09,26; 2. Y. Putter (Stell); 3. N. du Toit (CH&RC); 11: 50 vryslag: 1. G. Esterhuysen (Stell) 34,83; 2. H. Livesy (Vine); 3. S. du Plessis (Stell); 100 rugslag: 1. G. Esterhuysen (Stell) 1:21,30; 2. J. Thomson (CH&RC); 3. J. Turner (Gord); 200 IW: G. Esterhuysen (Stell) 3:04,43; 2. J. Thomson (CH&RC); 3. H. Livesey (Vine); 12: 50 vryslag: 1. A. Clegg (Vine) 30,59; 2. M. Dosson (Bell); 3. A. McCullagh (Vine); 100 rugslag: 1. A. Clegg (Vine) 1:16,02; 2. M. Dosson (Bell); 3. A. McCullagh (Vine); 200 IW: 1. M. Dosson (Bell) 2:49,14; 2. L. van Rooyen (Stell) 2:55,91; 3. E. Pretorius (Bell).

Talle swemrekords bly in die slag

Die Bolander Stuart du Plessis het vandeesweek reeds twee titels in die ouderdomsgroep 13/14-jaar ingepalm.

PAARL. Talle rekords het reeds in die slag gebly in die interprovinsiale swemkampioenskapstoernooi van die Suid-Afrikaanse Senior Skolesportvereniging (Sasssa) wat tans hier gehou word. Die spanne wat vanjaar deelneem is die WP, Boland, Transvaal, Natal, OP, Noordwes-Kaapland, Suidoostelike Distrikte en Suid-Kaapland. Stuart du Plessis van die Boland was tot dusver een van die groot uitblinkers in dié toernooi. Du Plessis het in die 100 m-borsslag vir seuns onder 13/14 'n nuwe rekord opgestel toe hy die uitdunronde in 'n tyd van 1:18,47 voltooi het. Die ou rekord van 1:22,96 is deur die WP se Stepen Parenzee gehou. In die finaal was Du Plessis weer onstuitbaar en het hy dié nommer in 'n tyd van 1:17,54 voltooi. Du Plessis was ook in die 200 m-borsslag op dreef toe hy dié nommer in 'n nuwe rekordtyd van 3:05,61 afgelê het. Martileze Laubsher van Boland het in die 400 m individuele wisselslag vir meisies onder 13/14 'n nuwe rekordtyd van 6:55,21 opgestel. Trichelle Glover van Natal was die vorige houer van dié rekord met 'n tyd van 6:59,46. Garron Arendse het twee nuwe rekords in die ope-afdeling opgestel. Hy het in die 100 m-vlinderslag sy staal getoon toe hy Chris Pillay (Natal) se rekord van 1:08,43 verbeter het. Die nuwe rekord staan nou op 1:05,97. Arendse het die 50 m-vryslag in 'n rekordtyd van 26,36 voltooi. Die ou rekord, wat deur Stephen Parenzee gehou is, was 26,61.

14 Desember 1991

Vrystater draai naby SA swemrekord

DURBAN. Inge Allers het in die naweek by die vriendskaplike provinsiale gala in die Kingsparkse swembad net-net die Suid-Afrikaanse rekord in die 100 vlinderslag misgeloop. Die Vrystater het dié nommer in 'n tyd van 1:04,10 afgeblits slegs 0,91 sekondes buite die Suid-Afrikaanse rekord van 1:03,19 wat agter die naam van Hanlie Vermeulen pryk. Allers moes verlede naweek in die 100 vlinderslag by die Suidelike provinsies se gala in Port Elizabeth met die tweede plek ná die Springbok van die WP, Marianne Kriel, tevrede wees. Kriel het toe ook 'n tyd van 1:04,10 aangeteken. Maar Saterdagaand was Allers, wat vroeër vanjaar by die Suid-Afrikaanse kampioenskapsbyeenkoms in Kaapstad die titel in die 100 vlinderslag verower het, weer op haar heel beste. Sy het met reuse hale eenvoudig onder haar teenstanders, die Oos-Transvaler Clare Bolton (tweede in 1:05,22) en Uta Fritsh van Natal (derde in 1:06,38), uitgetrek en haar aanspraak op insluiting in die Olimpiese span met 'n spogtyd verstewig. Allers se Vrystaatse spanmaat Jeanine Steenkamp, het ná 'n afwesigheid van twee jaar twee puik oorwinnings behaal in die 200 vryslag en die 200 individuele wisselslag. Steenkamp het in die 200 vryslag 'n kwaai aanslag van die Transvaler Natasha Figge afgeweer om in 'n tyd van 2:07,99 te seëvier met Figge tweede, twee sekondes ná haar en Lisa Bolton van Oos-Transvaal, derde in 2:10,82. Maar dit was Steenkamp se vertoning in die 200 individuele wisselslag wat gewys het dat ook sy groot planne vir die Olimpiese Spele het. Daar was ná die vlinderslagbeen bitter min te kies tussen die Vrystater en die SA titelhouer, Jill Brukman van Natal en die Transvaler Janion Fraser. Brukman was in die borslagbeen nog voor, maar Steenkamp het in die vryslag skielik vlamgevat en uiteindelik meer as 'n lengte voor Brukman klaargemaak met 'n blitsige 2:24,84 net drie sekondes stadiger as die tyd waarmee Brukman haar SA titel beklink het. Rene Templeton het die enigste individuele oorwinning vir die tuisspan se vroue behaal toe sy in die 100 vryslag met die voormalige SA kampioen van Tranvaal Lexi Heyns afgereken het. Templeton het haar pas skitterend geskat en in 59,44 geseëvier met Heyns tweede in 59,80 en Tracy Elliot van die Grens derde in 1:00,60. Stephen Haupt van Transvaal was eerste in die 50 vryslag in 'n tyd van 53,91 met die jong Nataller Mark Duncan tweede in 54,52 en Loren Tiltman van die Grens derde in 54,75. Nog 'n Transvaler Paul Fryer het in die 200 Vryslag koning gekraai met 'n tyd van 2:00,12 met die Noord-Transvaler Francois Boshoff kort op sy hakke in die tweede plek in 2:01,34. Die Natallers Barend Nortjé en Theo Verster het die 100 rugslag en die 200 individuele wisselslag onderskeidelik in 1:01,76 en 2:15,20 gewen. Die vyfmalige Suid-Afrikaanse kampioen Craig Jackson van Transvaal het 'n gemaklike oorwinning in die 100 vlinderslag behaal met 'n skaflike 57,82. Jason Fourie (1:00,00) en die veteraan Paul Blackbeard (1:00,04) het dit om die tweede en derde plekke uitgespook. Die Suid-Afrikaanse kampioen Kenneth Cawood van Natal was in 'n klas van sy eie in die 200 borsslag. Cawood het in 'n goeie 2:27,29 gewen, met Gary Coetzee van Transvaal tweede in 2:32,81. Transvaal het het spankompetisie gewen met 'n totaal van 405 punte met Natal in die tweede plek, net drie punte minder as die Transvalers. Noord-Transvaal (290) en Oos-Transvaal (261) was onderskeidelik derde en vierde. (Sapa)

SWEM SUIDELIKE PROVINSIES (Port Elizabeth) MANS: 100 vryslag: 1. P. Williams (OP) 54,64 (r); 400 vryslag: 1. J. Louw (WP) 4:23,16; 100 borsslag: 1. T. Trichardt (WP) 1:10,39; 200 rugslag: 1. C. Laubscher (WP) 1:02,25; 200 IW: 1. C. Laubscher (WP) 2:22,57; 100 vlinderslag: 1. C. Coutts-Trotter (WP) en G. Griffiths (OP) 1:01,62; 4x100 wissel slagaflos: 1. WP 4:11,47 (r); SEUNS: o.16: 100 vryslag: 1. B. Snodgrass (WP) 54,63 (r); 100 borsslag: 1. K. Sinclare (WP) 1:13,09; 100 rugslag: 1. S. Thirsk (WP) 1:05,94; 100 vlinderslag: 1. B. Snodgrass (WP) 58,97 (r); 200 IW: G. Engels (G) 2:23,73; 4x100 wisselslagaflos: WP 4:18,54; o.14: 200 vryslag: 1. L. Appelgryn (OVS) 2:14,09; 100 borsslag: 1. E. Human (OVS) 1:23,53; 100 vlinderslag: 1. R. van Rooyen (WP) 1:08,30; 100 rugslag: 1. A. le Roux (WP) 1:10,72; 200 IW: 1. R. van Rooyen (WP) 2:25,82 (r); 4x100 vryslagaflos: WP 4:12,77. VROUE: 100 vryslag: 1. M. Kriel (WP) 58,18 (r); 400 vryslag: 1. J. Steenkamp (OVS) 4:23,23 (r); 200 borsslag: 1. N. Clegg (WP) 2:48,82 (r); 200 rugslag: 1. R. Theunissen (WP) 2:29,20; 100 vlinderslag: 1. M. Kriel (WP) 1:04,10 (r); 200 IW: 1. J. Steenkamp (OVS) 2:26,79; 4x100 wisselslagaflos: 1. WP 4:36,39 (r); MEISIES: o.16: 100 vryslag: 1. M. Minnaar (OVS) 2:11,67; 100 borsslag: 1. K. Elliot (G) 1:19,18; 100 rugslag: 1. R. de Jager (WP) 1:08,94 (r); 100 vlinderslag: 1. J. Coetzer (OP) 1:09,53; 200 IW: 1. K. Elliot (G) 2:31,59; 4x100 wisselslagaflos: WP 4:51,60; o.14: 200 vryslag: 1. P. Coetzee (OVS) 2:18,87; 100 borsslag: 1. B. Austin (OVS) 1:21,70; 100 vlinderslag: 1. L. Claassens (OVS) 1:09,46 (r); 100 rugslag: 1. T. Oosthuizen (OVS) 1:14,60; 200 IW: 1. T. Oosthuizen (OVS) 2;30,64; 4x100 vryslag aflos: OVS 4:27,37.

20 Desember 1991

Beste juniors na Bloem

NAGENOEG 500 swemmers van 66 klubs van oor die hele land het hulle ingeskryf vir die Suid-Afrikaanse junior interklubgala wat van 2 tot 4 Januarie in Bloemfontein gehou word. Die jongelinge wat hier deelneem, sal waarskynlik die kern vorm van die span wat Suid-Afrika in 1996 by die Olimpiese Spele in Atlanta, Amerika, verteenwoordig. Die WP se voorste jong swemmers, wat die swemklubs Bellville, Vineyard, Stellenbosch, Kampsbaai, Cape Town Health & Racquet Club, Gordons en Paarl verteenwoordig, het vir 176 van die inskrywings gesorg. Die skitterende Stellenbosse swemmer Bruce Snodgrass sal in die afdeling vir seuns o.16 in sy gunstelingnommers, die 100 vryslag en 100 vlinderslag, in aksie wees. Hy het reeds in albei nommers vir die Suid-Afrikaanse senior kampioenskapsgala gekwalifiseer. Snodgrass het die naweek in Port Elizabeth vir 'n pragtyd van 54,63 in die 100 vryslag gesorg en dit met 'n ewe indrukwekkende 58,97 in die 100 vlinderslag opgevolg. Die Natalse klub Kloof is verlede jaar as die voorste klub by die junior kampioenskapsbyeenkoms aangewys, maar kan vanjaar veral sterk teenstand van die WP se voorste klubs, Harlequins van Oos-Londen, die Transvaalse klubs Wanderers en Old Edwardians en die ander Natalse klubs, Westville en Queenspark, verwag. Benewens Snodgrass kan die WP se ander voorste o.16-swemmers, Craig van der Vijver, in die 100 borsslag en 200 vlinderslag en Ocker Kühne in die 100 vryslag en 100 vlinderslag ook 'n paar verrassings lewer. In die afdeling vir seuns o.12 is die Kaap se hoop op Craig du Preez (CH&RC, 100 en 400 vryslag, 200 individuele wisselslag, 100 vlinderslag); Michelle Dossen (Bellville, 100 en 400 vryslag, 100 en 200 rugslag) in die afdeling vir meisies o.12; Adriane Snyman (Vineyard) en Kelly Miedema (CH&RC, meisies 13/14); Simon Thirsk (Kampsbaai), Angus McDonald (Vineyard), Jason du Preez (CH&RC) en Kenneth Sinclair (Paarl, almal seuns 13/14) kan vir hul onderskeie klubs waardevolle punte insamel. Lucy Saunders is terug uit Australië en sal in die ouderdomsgroep 15/16 deelneem. Die twee rugslagspesialiste Riana de Jager en Ingrid Theunissen se tweestryd sal in Bloemfontein op die spits gedryf word. Met Suid-Afrika se terugkeer tot internasionale swem blote formaliteit, beloof vanjaar se junior kampioenskapsbyeenkoms om die beste te wees sedert dié gala vyf jaar gelede die eerste keer in Bloemfontein gehou is. Die Oos-Londense klub Harlequins, wat die kern gevorm het van die Grensspan wat so goed gevaar het by die suidelike provinsies se gala, sal weer op die dienste van die Elliot-suster, Kerry en Tracy, asook Tyrone Green staatmaak. Tania Oosthuizen (Otters) en Karen Allers (Suid-Afrikaanse vlinderslagkampioen van Seals) en Rykie Neethling (ook van Seals) sal graag in eie waters die Natallers wil onttroon. Wanderers lyk ewe gedug met Susan Bird, Andrew Byram, Brynn Andrew en Michelle Sandeman in sy geledere.

 

24 Desember 1991

Drie swemrekords spat in Nuwelandse bad

DRIE provinsiale ouderdomsgroep rekords het gister by die senior ligagala in die Nuwelandse swembad in die slag gebly, skryf Erika Potgieter. Die Stellenbosser Riaan van Rooyen het 15 sekondes van sy vorige beste tyd in die 400 individuele wisselslag afgeknyp om in 'n nuwe o.14-rekord van 5:07,50 te seëvier. Met dié tyd kwalifiseer hy ook vir die SA senior kampioenskapsbyeenkoms. Nadine Ballot van Kampsbaai het in die 800 vryslag, wat deur nog 'n Stellenbosser Lizelle Markgraaf gewen is, vir 'n splinternuwe rekord van 10:21,09 in die ouderdomsgroep vir o.13's gesorg. Markgraaf het gemaklik vir die SA's gekwalifiseer met 'n tyd van 9:17,22 met Amanda Grendon tweede in 9:27,01 ook 'n kwalifiserende tyd. Andreas le Roux van Vineyard het in die laaste nommer van die aand ook die o.14 rekord in die 200 rugslag verpletter met sy derde plek in 2:30,22. Carl Laubsher van Stellenbosch was eerste in 'n goeie 2:17,93 met Angus Macdonald tweede in 2:24,55 albei vinniger as die kwalifiserende tyd van 2:24,55. Riana de Jager het met 'n haastige wentyd van 2:28,00 ook vinniger as die kwalifiserende tyd klaargemaak. Lucie Saunders wat eergister uit Australië teruggekeer het het die 50 vryslag in 'n tyd van 29,52 gewen. Uitslae op bl.16.

Jong skoolseun swem WP-rekord

Riaan van Rooyen, 13-jarige swemmer van Stellenbosch, het in die naweek by die senior ligagala in die Nuwelandse swembad die provinsiale o.14-rekord in die 400 individuele wisselslag met 'n tyd van 5:07,50 verpletter. Hy het terselfdertyd ook gekwalifiseer vir deelname aan die Suid-Afrikaanse senior kampioenskapsbyeenkoms.

SWEM PROVINSIALE GALA (Durban) MANS: 50 vryslag: 1. S. Haupt (Tvl) 53,91; 2. M. Duncan (Natal) 54,52; 3. L. Tiltman (G) 54,75; 200 vryslag: 1. P. Fryer (Tvl) 2:00,12; 2. F. Boshoff (NTvl) 2:01,34; 3. R. Peacock (Natal) 2:01,56; 200 borsslag: 1. K. Cawood (Natal) 2:27,29; 2. G. Coetzee (Tvl) 2:32,81; 3. C. Prozeski (NTvl) 2:36,11; 100 vlinderslag: 1. C. Jackson (Tvl) 57,82; 2. J. Fourie (Natal) 1:00,00; 3. P. Blackbeard (Natal Uit) 1:00,04; 100 rugslag: 1. B. Nortjé (Natal) 1:01,26; 2. K. Whitfield (Natal) 1:01,47; 3. H. Miles (NTvl) 1:02,20; 200 individuele wisselslag: 1. T. Verster (Natal) 2:15,20; 2. A. Marshall (NTvl) 2:17,11; 3. M. Collie (OVS) 2:18,20. VROUE: 100 vryslag: 1. R. Templeton (Natal) 59,44; 2. L. Heyns (Tvl) 59,80; 3. T. Elliott (G) 1:00,60; 200 vryslag: 1. J. Steenkamp (OVS) 2:07,99; 2. N. Figge (Tvl) 2:09,92; 3. L. Bolton (OTvl) 2:10,82; 200 borsslag: 1. K. Elliott (G) 2:45,45; 2. T. Naudé (OTvl) 2:46,24; 3. J. Russell (Natal) 2:48,91; 100 vlinderslag: 1. I. Allers (OVS) 1:04,10; 2. C. Bolton (OTvl) 1:05,22; 3. U. Fritsch (Natal) 1:06,38; 100 rugslag: 1. T. Van Dijk (Tvl) 1:06,51; 2. J. Brukman (Natal) 1:07,06; 3. I. Nortjé (Natal Uit) 1:09,50; 200 individuele wisselslag: 1. J. Steenkamp (OVS) 2:24,84; 2. J. Brukman (Natal) 2:26,74; 3. L. Bolton (OTvl) 2:28,41.

SA se groot swem-hoop vir Spele

Peter Williams, die lenige Springbok-swemmer wat in homself glo.

PETER WILLIAMS, Suid-Afrika se groot hoop om aanstaande jaar by die Olimpiese Spele in Barcelona 'n medalje los te swem, het nou ook die stophorlosie die stryd aangesê. Die voormalige wêreldrekordhouer in die 50 vryslag wil die eerste Suid-Afrikaner word om swem se prestigenommer, die 100 vryslag, in minder as 48 sekondes af te lê. Die wêreldrekord van 48,42 staan agter die naam van die groot Amerikaner Matt Biondi. Williams het in 1988 kort voor die Olimpiese Spele in Seoel as student aan die Universiteit van Nebraska, die Amerikaner Tom Jaeger se wêreldrekord in die 50 vryslag met 'n tyd van 22,18 verpletter. Williams is nie toegelaat om sy wêreldrekord by die Spele in Seoel te verdedig nie en moes op die kantlyn sit en toekyk hoe Biondi die Olimpiese titel in die 50 vryslag in 'n nuwe wêreldrekordtyd wen. Sy enigste troos sy wêreldrekord is op die amptelike Spele-program erken. Jager het verlede jaar dié rekord tot 21,81 verbeter. Jonty Skinner is nog 'n Suid- Afrikaner wat nooit die kans gegun is om 'n Olimpiese medalje te jaag nie. Slegs drie weke nadat Jim Montgomery die eerste swemmer geword het om deur die 49 sekonde grens in die 100 vryslag te breek, het Skinner die wêreldrekord tot 49,44 laat krimp 'n rekord wat byna vyf jaar in die rekordboeke gepryk het. Sedertdien het die magiese grens waardeur elke vryslagswemmer wil breek, na 48 sekondes verskuif 'n teiken wat ook Williams in sy visier het. 'n Seningontsteking in sy regterskouer het hom die afgelope drie jaar verhinder om weer binne bereik van die wêreldrekordtyd te kom. Maar die Springbok-swemmer het die afgelope maand in Johannesburg intensiewe behandeling vir dié seer skouer ontvang. Hy het die naweek in Port Elizabeth met 'n skouer wat nog erg geswel en gekneus was aan die Suidelike provinsies se gala deelgeneem. Hoewel hy nog ongerief verduur was hy optimisties dat sy skouer volkome sal herstel en dat hy binnekort weer wêreldtye in die swembad sal kan jaag. ``Ek het lanklaas beter gevoel. Die skouer het goed gereageer op die behandeling en dan is daar nog die ekstra aansporing van Barcelona en ander internasionale mededinging,'' het Williams gesê. Met die 23-jarige Williams se geestelike ingesteldheid skort daar ook niks. Anders as so baie ander Suid-Afrikaanse sportmanne glo hy in sy eie vermoëns en weet hy dat hy die wêreld se vinnigste swemmers skuim in die oë kan skop in die twee korter vryslagnommers. Hoewel hy die afgelope twee jaar weens sy besering nie behoorlik kon oefen het Williams vroeër vanjaar by die Suid-Afrikaanse kampioenskapsbyeenkoms in die Nuwelandse swembad nogtans twee individuele goue medaljes (50 en 100 vryslag) gewen albei in nuwe SA rekordtye en feitlik eiehandig nog twee goue medaljes in die aflosse vir die OP losgeswem. Hy het hom sowat 'n maand gelede by die oefengroep van die Johannesburgse afrigter Dean Price aangesluit.

3 January

Weer hoop vir Spele

JOHANNESBURG. Met die tussenkoms van die National and Olympic Sports Congress (NOSC) in die slepende vete tussen die drie nasionale atletiekliggame, lyk die kanse rooskleuriger dat Suid-Afrika se atlete stellig wel aan die Olimpiese Spele later vanjaar in Barcelona, Spanje, sal kan deelneem. Regter Deon van Zyl, voorsitter van die SA Atletiekunie (SAAAU), het gister gesê sy unie sal op 12 Januarie in Bellville saam met die bestuurslede van die SA Atletiekkongres (Saakon) en die SA Atletiekraad (SAAAR) vergader om uiteindelik eenheid in atletiek te probeer bewerkstellig. Volgens regter Van Zyl is daar die laaste ruk hard agter die skerms gewerk en lyk dit of die groot knelpunte uit die weg geruim kan word. Sake lyk baie beter nadat mnre. Mluleki George en Mtobi Tyamzashe, onderskeidelik voorsitter en hoofsekretaris van die ANC-gesinde NOSC, besluit het om tussenbeide te tree ten einde die geskille tussen die onderskeie nasionale atletiekliggame uit die weg te ruim. Daar is ook ooreengekom om voortaan op 'n konsensusgrondslag te stem. Die SAAAU het ingewillig om sy aanspraak van 'n stemverdeling van 50-50 te laat vaar. Die SAAAU het aanvanklik op só 'n stemverdeling aangedring omdat die Saakon en die SAAAR saam twee derdes van die stemme gehad het en die SAAAU gevolglik op elke punt uitgestem kon word. Deur op 'n konsensusgrondslag te stem, sal die ander twee liggame nie die SAAAU, wat meer as negentig persent van Suid-Afrika se geregistreerde atlete beheer, kan oorheers nie. Die SAAAU het reeds by 'n vorige geleentheid gesê hy vra nie om beheer nie, maar 'n gelyke stem. Regter Van Zyl sê hy het baie redelikheid by monde van senior mense van die ANC gekry. Mnre. Nelson Mandela, president van die ANC, en George het hul reeds in uitsprake verbind tot Suid- Afrika se deelname aan die Olimpiese Spele. Mnr. George het gesê 'n Olimpiese Spele sonder atletiek is ondenkbaar en hy sal self toesien dat eenheid bereik word. Atletiek is verreweg die grootste Olimpiese sportsoort. Suid-Afrikaners het in die jare toe hulle nog aan die Spele kon deelneem, die meeste goue medaljes in atletiek en boks by dié grootse sportskouspel verower. Regter Van Zyl sê Barcelona sal vanself volg indien eenheid in atletiek bereik kan word.

SA swemmers steeds in duister

JOHANNESBURG. Suid-Afrika se swemmers sal nog 'n ruk moet watertrap voordat hulle sekerheid sal hê oor deelname aan die Olimpiese Spele vanjaar in Barcelona. Ná gister se vergadering in Johannesburg tussen 'n afvaardiging van die Internasionale Swemfederasie (FINA) en die twee strydende beheerliggame van swem in Suid- Afrika, die SA Amateurswemvereniging (SAASV) en die Amateur Swemvereniging van Suid-Afrika (ASVSA), is geen amptelike verklaring uitgereik nie. Die samesprekinge, wat etlike ure geduur het, was glo té ``sensitief'' daarvoor. Uit 'n betroubare bron is egter verneem dat die FINA afvaardiging, onder leiding van sy ere-sekretaris, mnr. Ross Wales, die twee SA swemliggame ernstig aangeraai het om te verenig. Die voormalige Suid-Afrikaanse Amateurswemunie (SAASU), die sogenaamde wit swembeheerliggaam, en die SA Amateurswemkongres, gerugsteun deur die ANC, het vroeg verlede jaar saamgesmelt en die SA Amateurswemvereniging gevorm. Mnr. Sam Ramsamy, wat ook die grootbaas van die Nasionale Olimpiese Komitee van Suid- Afrika is, is aangewys as tussentydse voorsitter. Sonder algehele eenheid in SA swem sal die internasionale beheerliggaam nie die land as lid kan hertoelaat nie. Die dilemma waarmee gister waarskynlik vir die grootste gedeelte van die vergadering geworstel is, was dat sowel die SAASV as die ASVSA om lidmaatskap van FINA aansoek gedoen het. Die moontlikheid is nie uitgesluit nie dat verdere samesprekinge tussen die FINA se afvaardiging en die twee strydende partye weer voor 7 Januarie kan plaasvind wanneer dié afvaardiging na Namibië vertrek. Suid-Afrikaanse swemmers hou styf duimvas dat die drieman-feitesending van FINA die land met 'n gunstige indruk sal verlaat, anders kan die land, weer soos in die afgelope 31 jaar, van deelname aan die Olimpiese Spele ontsê word. Intussen het mnr. Ramsamy in 'n boodskap in die Aqua Focus, 'n publikasie van die SAASV, gesê hy glo 1992 sal 'n belangrike jaar vir SA swem wees, veral met toelating van die land tot die Olimpiese Beweging.

6 January

Theron wen

PRETORIA. Nicholas Theron van Noord-Transvaal het die SA tweekamp-kampioenskapstitel vir swem en hardloop verower toe hy die afgelope Saterdag oortuigend met Anton Markgraaff van die Vrystaat afgereken het in Syfrets se tweekampproewe. Theron het 2 417 punte vir die eerste plek behaal 392 meer as dié van Markgraaff. Glen Gore van Vaaldriehoek was derde met 2 332 punte. Theron en Markgraaff is albei opgeneem in die Springbok-span wat vandag en môre in Pretoria teen 'n Junior Springbok- en 'n uitnodigingspan van Noord-Transvaal deelneem. Die Springbok-span wat ná die proewe aangewys is, is: Mans: SENIORS: Nicholas Theron (NT), Anton Markgraaff (OVS), Louw Jansen (OP), Hans Scheffer (NT). Bestuurder: Mark Mountjoy (Tvl). JUNIORS: Fofo van der Merwe (VNT), Reyno Markgraaff (OVS), André Strydom (N-OVS), Francois Theron (NT). Vroue: SENIORS: Stacey Bowley (Nat), Salomie Truter (OVS), Elsmarie Louw (Grens), Melissa Davidson (Tvl). JUNIORS: Tracey Bowen (Grens), Kirsty Albertyn (VDH), Paula Humphreys (Nat), Sandy Gardiner (OP). Bob Garden van Noord-Transvaal is die bestuurder van die twee junior spanne.

8 January

Fina weg met hoop vir spoedige swem-eenheid

DIE Internasionale Swemfederasie (Fina) hoop dat daar binnekort eenheid in Suid-Afrikaanse swem sal wees. 'n Afvaardiging van Fina het die afgelope drie dae 'n vergadering van die Suid-Afrikaanse Swemvereniging (Saasa) en die Amateur- Swemvereniging van Suid-Afrika (Asasa) in Johannesburg bygewoon. Die afvaardiging, gelei deur die onder-voorsitter van Fina, mnr. Ross Wales van Amerika, het gister ná afloop van die vergadering in 'n verklaring gesê Saasa en Asasa sal hul samesprekinge voortsit ``in die hoop dat 'n verenigde liggaam sy aansoek om lidmaatskap van Fina op 'n vergadering van 6 tot 9 Februarie in Lausanne, Switserland, kan voorlê. Suid-Afrika se lidmaatskap van Fina is 'n voorvereiste vir die land se deelname aan die Olimpiese Spele later vanjaar in Barcelona. Hoewel daar steeds onsekerheid is oor Suid-Afrika se deelname aan die Spele, sal die Olimpiese proewe wat saamval met die Suid-Afrikaanse kampioenskapsbyeenkoms volgens die skakelbeampte van SAASA, Dalene du Preez, steeds in Maart in Durban gehou word. Fina het 'n kommissie afgevaardig om Suid-Afrika te besoek nadat Saasa, wat daarop aanspraak maak dat hy al Suid-Afrikaanse swemmers verteenwoordig en ASASA albei verlede jaar aansoek om lidmaatskap van Fina gedoen het. Saasa maak daarop aanspraak dat dié sport in Augustus op 'n vergadering in Johannesburg eenheid bewerkstellig het. Die president van Asasa, mnr. Michael Davy, het onmiddellik teruggekap en gesê die eenheidsvergadering het sonder dié liggaam se teenwoordigheid geskied. Asasa het homself van die vergadering verskoon toe hulle op verskeie punte nie met die ander partye teenwoordig, kon ooreenstem nie. Hoewel Saasa, onder voorsitterskap van mnr. Sam Ramsamy, onmiddellik ná afloop van die eenheidsvergadering aansoek gedoen het om Fina-lidmaatskap, het ASASA onmiddellik teruggekap en Fina versoek om nie Saasa se aansoek goed te keur, ``omdat Saasa nie verteenwoordigend van alle swemmers in Suid-Afrika is nie''.

8 January

Kriel teen Cowley!

DIE lank verwagte tweestryd tussen die twee vinnigste vroue in Suid-Afrikaanse swem, Anette Cowley en Marianne Kriel, het eindelik aangebreek. Dié twee Springbokke pak mekaar aanstaande week by die Westelike Provinsie se kampioenskapsgala wat Maandag in die Nuwelandse swembad begin. Kriel en Cowley sal Donderdagaand in die 100 vlinderslag in aksie wees, maar dit is die 100 vryslag Vrydagaand wat vir vuurwerke gaan sorg. Die Suid-Afrikaanse rekord van 57,64 pryk agter Cowley se naam, maar Kriel het vanjaar by verskeie geleenthede dié spognommer in net meer as 58 sekondes afgelê. Kriel spog op haar beurt met die SA rekord in die 50 vryslag. Haar tyd van 26,38 wag nog op erkenning. Van die ander swemmers van wie daar baie verwag word, is die Matie Martin Swann (veral in die 400 individuele wisselslag), Carl Laubscher, Bruce Snodgrass, die jong Riaan van Rooyen, Pierre de Roubaix, Simon Thirsk, Lezelle Markgraaff, Riana de Jager en Nicola Clegg.

13 January

Cowley en Hignett maak hul buiging

TWEE Springbokswemmers van die WP, Anette Cowley en Glen Hignett, maak vanaand ná 'n afwesigheid van 'n paar seisoene weer hulle verskyning by die WP se kampioenskapsgala in die Nuwelandse swembad. Hignett wat in 1987 sy Springbok-kleure as vlinderslagswemmer gekry het, tree in die 100 rugslag aan, terwyl Cowley in die 200 vryslag litte sal losmaak. Hoewel daar nie vanaand reeds vuurwerke van dié twee swemmers verwag word nie, kan Hignett nogtans in die 100 rugslag verras. Hul vertonings vanaand sal 'n aanduiding gee van wat later die week van hulle verwag kan word wanneer hulle in hul gunstelingnommers (Hignett in die 100 vlinderslag en Cowley in die 100 vryslag) in aksie sal wees. Craig van der Vijver en Martin Swann sal in die 100 rugslag sake vir die voormalige Suid-Afrikaanse kampioen 100 en 200 rugslag, Carl Laubscher, probeer moeilik maak, maar Laubscher behoort hulle aanslag af te weer. Hou egter vir Hignett dop, wat die afgelope twee maande ná 'n lang afwesigheid baie hard geoefen het. Amanda Grendon is die gunsteling in die 200 vir vroue, maar die dubbele SA kampioen Lezelle Markgraaff kan nooit afgeskryf word nie. Cowley se vertoning in dié nommer sal ook met groot belangstelling gevolg word. Pierre de Roubaix lyk na 'n seker wenner in die 200 vryslag vir mans met Laurie Fialkov en Craig Bransby wat die grootste bedreiging vir hom inhou. Die borsslagspesialiste Nicola Clegg en Thabu Trichardt sal vanaand reeds in die kort borsslagnommer hulle stempel wil afdruk en hul kleim vir die SA kampioenskapsgala wil afsteek. Van die jongelinge kan Riaan van Rooyen die eerste van 'n handvol titels wen wanneer hy vir die 200 vlinderslag en 200 individuele wisselslag vir seuns o.14 aantree. Simon Thirsk (400 individuele wisselslag, seuns o.14), Ockert Köhne (100 vlinderslag, seuns o.16), Amanda Clegg (100 vlinderslag, meisies o.14), Kelly Miedema (200 individuele wisselslag, meisies, o.16), Lydia de Jager (100 vlinderslag, meisies o.16) en Nadine Ballot (400 vryslag, meisies o.14) behoort ook op die wennerspodium te draai. Die swemmers kry Donderdag 'n ruskans voor die swem Vrydagaand hervat word. Die WP kampioenskapsgala duur tot Saterdag en begin elke aand om 19:00. Vanaand se program is: 1. Mans: 100 rugslag; 2. Seuns onder 16: 400 individuele wisselslag; 3. Meisies onder 16: 100 vlinderslag; 4. Seuns onder 14: 200 vlinderslag; 5. Meisies onder 14: 400 vryslag; 6. Vroue: 100 borsslag; 7. Mans: 100 borsslag; 8. Seuns onder 16: 100 vlinderslag; 9. Seuns onder 14: 200 individuele wisselslag; 10. Vroue: 200 vryslag; 11. Mans: 200 vryslag; 13. Meisies onder 16: 200 individuele wisselslag.


9 January

Swemfees vir die fynproewer

Carl Laubscher gewese Suid-Afrikaanse kampioen en rugslagspesialis van die WP

MET die Olimpiese proewe en SA kampioenskapsbyeenkoms net oor die bult en eenheid in swem byna 'n formaliteit, wag skitterswem aanstaande week by die Westelike Provinsie se kampioenskapsgala in die Nuwelandse swembad. Die Springbokblitse Anette Cowley en Marianne Kriel, wat in vier nommers haaks gaan wees, maak sommer groot belangstelling gaande. Cowley, wat ná 'n afwesigheid van byna twee jaar weer terug is in die water, het haar vir vyf nommers (50, 100, 200 en 400 vryslag, asook die 100 vlinderslag en 100 rugslag) ingeskryf. Daar kan egter verwag word dat Cowley, wat steeds met die SA rekord in die 100 vryslag spog, in dié nommer met 'n grootse aanslag sal kom. Dit is hierin dat Cowley Suid-Afrika in Barcelona wil verteenwoordig. Kriel het dié seisoen nie alleen haar eie rekord in die 50 vryslag verbeter nie, maar ook blink tye in die 100 vryslag behaal. Hulle pak mekaar aanstaande Saterdag in dié nommer. Dié twee spogswemmers sal ook in die 100 vlinderslag vir vuurwerke sorg, maar Kriel behoort in die 100 rugslag te sterk te wees vir Cowley. Die SA rekord in dié nommer pryk ook agter die naam van Kriel. Kriel het vroeg- vroeg in die seisoen aanduiding gegee dat dié rekord se dae getel is. Maar benewens Cowley en Kriel kan Martin Swan, wat verlede jaar die enigste SA titel vir die WP ingepalm het, ook sy aanspraak op insluiting in die Olimpiese span verstewig. Dié aspirant-dokter van Stellenbosch is die gunsteling in die 200 individuele wisselslag en 400 individuele wisselslag. Swan, die Springbok Glen Hignett en die belowende Stellenbosser Bruce Snodgrass sal vir die opwinding in die 100 vlinderslag sorg. Die voormalige SA kampioen Carl Laubscher sal ook moeilik weggehou word van die titels in die 100 en 200 rugslag. Pierre de Roubaix, wenner van die silwermedalje by die SA gala in die 400 vryslag, behoort in die korter vryslagnommers skoonskip te maak. Lezelle Markgraaff het verlede jaar in die kleure van die Vrystaat twee goue medaljes (400 en 800 vryslag) opgeraap. Sy tree aanstaande week in dié twee nommers by die WP kampioenskapsgala aan en sal moeilik gestuit word. Anders swemmer wat goed behoort te vaar, is die 13-jarige Riaan van Rooyen. Van Rooyen kan in die afdeling vir seuns o.14 maklik met nege titels wegstap, terwyl Simon Thirsk en Ockert Köhne (in die afdeling vir seuns o.16), Tyrone Oates (50 vryslag), Tabu Thomas (100, 200 borsslag), Nicola Clegg (100, 200 borsslag), Amanda Grendon (200, 400 vryslag), Riana de Jager (100, 200 rugslag) ook nie met leë hande huis toe sal gaan nie.

9 January

Swembase verbind hulle tot eenheid

DIE Suid-Afrikaanse swemvereniging (Saasa) en die Amateur swemvereniging van Suid-Afrika (Asasa) het hulle daartoe verbind om eenheid in dié sport te bewerkstellig deur voortgesette samesprekinge. Samesprekinge tussen dié twee strydende swemliggame het verlede jaar skipbreuk gelei nadat Saasa, onder voorsitterskap van mnr. Sam Ramsamy in Augustus verlede jaar in 'n persverklaring bekend gemaak het dat swem verenig is dit is egter sonder die medewete en goedkeuring van Asasa, wat tydens dié vergadering uitgeloop het, gedoen. Albei liggame het ná afloop van dié vergadering aansoek gedoen om lidmaatskap van die Internasionale beheerliggaam (Fina). Die onenigheid in Suid-Afrikaanse swem het Fina genoop om 'n afvaardiging na Suid-Afrika te stuur. Die onder-voorsitter van Fina, mnr Ross Wales van Amerika, het eergister, ná afloop van sy vergadering met Saasa en Asasa die hoop uitgespreek dat die swemliggame in Suid-Afrika hul verskille spoedig sal uitstryk. Mnr. Alistair Hossack, ere-sekretaris van Saasa, het gister gesê gesprekke tussen dié twee botsende swempartye sal voortgaan totdat eenheid bewerkstellig is. Volgens mnr. Hossack het die twee liggame ooreengekom om geen verdere verklarings uit te reik alvorens dié doel bereik is nie. ``Dan sal die hele wêreld daarvan te hore kom,'' het mnr. Hossack gesê. Suid-Afrika sal slegs aan die Olimpiese Spele in Barcelona deelneem, indien hy tot die Fina-swemfamilie toegelaat word. Die Buro van Fina sal tydens sy vergadering op 6 Februarie in Lausanne, Switserland oor dié land se swemtoekoms besluit.

swem

13 January

SWEM OUDERDOMSGROEPGALA (Nuweland) SEUNS: o.13: 400 vryslag: 1. Christopher Thorburn (Paarl) 5:18,97; 2. Cameron Stevens (Gord) 5:57,86; 50 borsslag: 1. Philip Langer (Paarl) 40,46; 2. Christopher Thorburn (Paarl) 41,94; 3. Achmat Joseph (Prim) 43,19; 50 vlinderslag: 1. Philip Langner (Paarl) 31,93; 2. Achmat Joseph (Prim) 35,21; 100 rugslag: 1. Cameron Stevens (Gord) 1:15,56; 2. Christopher Thornburn (Paarl) 1:18,40; 200 IW: 1. Achmat Joseph (Prim) 3:03,53; 2. Cameron Stevens (Gord) 3:11,22; o.14: 400 vryslag: 1. Kennett Sinclair (Paarl) 4:43,62; 50 borsslag: 1. Kennett Sinclair (Paarl) 34,70; 2. Simon Thirsk (Kbaai) 37,44; 3. Alexander Dietterle (Vine) 38,46; 50 vlinderslag: 1. Kennett Sinclair (Paarl) 28,22; 2. Jason du Preez (CH&RC) 28,48; 3. Simon Thirsk (Kbaai) 28,83; 200 IW: 1. Steven Loubser (CH&RC) 2:38,33; 2. Alexander Dietterle (Vine) 2:57,74; o.15: 400 vryslag: 1. Johan de Bruijn (Vine) 4:41,38; 50 borsslag: 1. Liayden Parr (Vine) 34,81; 2. Peter B Sumner (Gord) 38,50; 50 vlinderslag: 1. Craig Kearns (CH&RC) 29,71; 2. Carl Scott (Vine) 30,59; 100 rugslag: 1. Duncan Gutsche (CH&RC) 1:19,68; 2. Riyaad Sayed (Prim) 1:26,13;200 IW: 1. Carl Scott (Vine) 2:33,72; 2. Peter Brooke-Sumner (Gord) 2:48,54; o.16: 100 borsslag: 1. Ian Chaplin (CH&RC) 1:24,64; o.17: 200 vryslag: 1. Matthew Scher (Vine) 2:03,07; 100 borsslag: 1. Marcelo Rodriques (CH&RC) 1:22,39; 2. Sean Murray; 200 vlinderslag: 1. Anton Voslamber (CH&RC) 2:33,67; 200 IW: 1. Alan Chitty RC) 2:34,08; 2. Sean Murray (Vine) 2:38,90; 3. N. C- Hopkins (Vine) 2:49,00; o.18: 200 vryslag: 1. Laurie Fialkov (Vine) 2:02,48; 200 vlinderslag: 1. Elan Miller (CH&RC) 2:30,38; 50 rugslag: 1. Anton. Voslamber (CH&RC) 33,18; 2. Alan Chitty (CH&RC) 34,33; 3. Nicolas C-Hopkins (Vine) 37,19. MEISIES: o.13: 50 borsslag: 1. Adrienne Snyman (Vine) 40,30; 2. Jennie Mullins (CH&RC) 42,25; 3. Tracy Levin (CH&RC) 47,72; 50 vlinderslag: 1. Jennie Mullins (CH&RC) 35,32; 2. Kelly Thirsk (Kbaai) 37,66; 100 rugslag: Adrienne Snyman(Vine) 1:19,16; 2. Tracy Levin (CH&RC) 1:21,51; 3. Kelly Thirsk (Kbaai) 1:26,49; o.14: 400 vryslag: 1. Dossie Grindlay (Paarl) 5:21,10; 50 borsslag: 1. Nicolette Muller (Stell) 47,08; 50 vlinderslag: 1. Kelly Miedema (CH&RC) 33,63; 2. Anna-Marie Breugen (Paarl) 33,69; 100 rugslag: 1. Kelly Miedema (CH&RC) 1:16,69; 2. Dossie Grindlay (Paarl) 1:20,43; 3. Nicola Colussi (Gord) 1:33,42; o.15: 50 borsslag: 1. Sarah Gruft (Kbaai) 40,03; 2. Tamsin O'Hanlon (CH&RC) 40,75; 3. Rifda Baker (Prim) 47,41; 50 vlinderslag: 1. Sarah Gruft (Kbaai) 34,14; 2. Taryn Mellville (CH&RC) 36,19; 3. Tamsin O'Hanlon (CH&RC) 37,24; 100 rugslag: 1. Taryn Mellville (CH&RC) 1:18,16; 2. Annerleigh Bartlett (CH&RC) 1:25,96; 3. Shameela O)rrie (Prim) 1:31,85; o.16: 200 vryslag: 1. Ingrid Theunissen (Gord) 2:24,44; 50 rugslag: 1. I. Theunissen (Gord) 32,77; 2. Tracy Godfrey (CH&RC) 38,72; 200 vlinderslag: 1. Ingrid Theunissen (Gord) 2:49,78; 200 IW: 1. Ingrid Theunissen (Gord) 2:41,14; o.17: 200 vryslag: 1. Sally Hannant (Kbaai) 2:24,82; 100 borsslag: 1. Justine Lacy (Cberg) 1:35,26; 50 rugslag: 1. Sally Hannant (Kbaai) 35,60; 200 IW: 1. Justine Lacy (Cberg) 3:10,00.

 

14 January

McGregor wen titel

PORT ELIZABETH. Die Springbok- menseredder Lee McGregor het eergister hier Bonnita se Ystermantitel maklik gewen. McGregor het van die derde been, 'n branderroei-wedvaart oor 2 km, die eerste plek geneem. Hy het die hele kompetisie, oor 10 km, in 1:03:16 gewen, gevolg deur die verdedigende kampioen, Herman Chalupsky (1:05:33). Christian Callebaut (1:06:06) was derde. (Sapa)

14 January

SWEM WP-KAMPIOENSKAPSGALA (Nuweland) MANS: 200 vryslag: 1. P de Roubaix (Stel) 1:59,83; 2. L. Fialkov (UK) 2:00,27; 3. M. Swan (Stel) 2:02,19; 100 borsslag: 1. J. Hendriksz (Stel) 1:10,55; 2. H. van Schaik (Stel) 1:13,81; 3. K. Sinclair (Paarl) 1:13,86; 100 rugslag: 1. C. Laubscher (Stel) 1:01,22; 2. G. Hignett (CH&RC) 1:02,81; 3. M. Swan (Stel) 1:03,78. SEUNS: o.16: 400 vryslag: 1. D. Douglas (Vine) 5:13,29; 100 vlinderslag: 1. O. Köhne (Stel) 1:03,77; 2. S. Thirsk (Kbaai) 1:04,38; 3. J. du Preez (CH&RC) 1:06,63; 400 individuele wisselslag: 1. S. Thirsk (Kbaai) 5:02,84; 2. A. Macdonald (Vine) 5:14,85; 3. J. de Bruijn (Vine) 5:28,02; o.14: 200 vlinderslag: 1. R. van Rooyen (Stel) 2:31,36; 2. B. du Preez (Bell) 3:06,71; 200 individuele wisselslag: 1. R. van Rooyen (Stel) 2:26,18; 2. A. le Roux (Vine) 2:30,30; 3. M. Villet (Stel) 2:42,49. VROUE: 200 vryslag: 1. A Cowley (CH&RC) 2:06,61; 2. L. Saunders (Stel) 2:09,23; l. Markgraaff (Stel) 2:09,90; 100 borsslag: 1. N. Clegg (Vine) 1:17,93; 2. B. webb (Vine) 1:21,04; 3. B. Stott (Vine) 1:23,54. MEISIES: o.16: 100 vlinderslag: 1. L. de Jager (Bell) 1:12,18; 2. K. Miedema (CH&RC) 1:14,04; 3. S. Gruft (Kbaai) 1:14,44; 200 individuele wisselslag: 1. R. de Jager (Stel) 2:36,20; 2. K. Miedema (CH&RC) 2:41,05; 3. L. de Jager (Bell) 2:41,77; o.14: 400 vryslag: 1. N. Ballot (Kbaai) 4:54,58; 2. S. nel (Stel) 5:20,33; 3. T. Levin (CH&RC) 5:29,91; 100 vlinderslag: 1. A. Clegg (Vine) 1:11,62; 2. M. Dosson (Bell) 1:14,36; 3. N. Ballot (Kbaai) 1:15,04.

 

14 JanuarySport

Cowley is terug

Riaan van Rooyen op pad na een van sy twee WP-titels gisteraand in Nuweland.

ANETTE COWLEY is met mening terug! Dié Springbokswemmer het gisteraand by die Westelike Provinsie se kampioenskapsgala in die Nuwelandse swembad gewys dat sy reg is om eersdaags die wêreld se bestes te pak. Cowley, wat sowat ses maande gelede ná 'n lang onderbreking weer begin swem het, het die 200 vryslag in 'n haastige tyd van 2:06,61 gewen. Sy is drie weke gelede deur klierkoors platgetrek wat haar voorbereiding erg geknou het. ``Ek is tevrede met my tyd. Ek het nie verwag dat dit so goed sou gaan nie. Ek kon die afgelope drie weke nie voluit oefen nie, maar hoop nogtans dat ek later in die week in die 50 en 100 vryslag goeie vertonings sal lewer,'' het Cowley gesê, wat steeds met die SA rekord van 2:03,73 in die 200 vryslag spog. Sy is ook die SA rekordhouer in die 100 vryslag. Die Stellenbosse Springbok Lezelle Markraaff, wat die heeltyd in Cowley se nek geblaas het, was derde in 'n tyd van 2:09,90. Lucy Saunders het die vinnige uitdun in 2:09,23 gewen vir die tweede plek. Pierre de Roubaix het in die 200 vryslag vir mans 'n groot aanslag van Laurie Fialkov oor die laaste 20 meter afgeweer en in 1:59,83 geseëvier. Fialkov was tweede in 2:00,27 met die SA kampioen in die 200 individuele wisselslag, Martin Swan, derde in 2:02,19. Carl Laubscher het sy baasskap in die 100 rugslag met 'n oorwinning in 1:01,22 onderstreep. Glen Hignett, Springbok- vlinderslagswemmer wat ook sy terugkeer gemaak het, was tweede in 1:02,81 met Swan weer eens in die derde plek. Nicola Clegg het die 100 borsslag vir vroue in 'n tyd van 1:17,93 gewen. In die 100 borsslag vir mans het Justin Hendriksz van Stellenbosch op verrassende wyse in 'n tyd van 1:10,55 geseëvier. Die gunsteling, Tabu Trichardt, het hom aan dié nommer onttrek. Die belowende Stellenbosse swemmer Bruce Snodgrass het hom gisteraand weens 'n skouerbesering aan die 100 rugslag en 200 vryslag onttrek. Snodgrass sal vir twee maande buite aksie wees en sal dus nie beskikbaar wees vir die WP-span vir die Suid-Afrikaanse kampioenskapsbyeenkoms nie. Riaan van Rooyen, 13-jarige ster van Stellenbosch, het die 200 vlinderslag en 200 individuele wisselslag gewen. Amanda Clegg (100 vlinderslag o.14), Lydia de Jager (100 vlinderslag o.16), Simon Thirsk (400 individuele wisselslag o.16), Riana de Jager (200 individuele wisselslag o.16), Ocker Köhne (100 vlinderslag o.16) en Nadine Ballot (400 vryslag o.14) het ook goue medaljes huis toe geneem. Die gala word vanaand om 19:00 voortgesit. Die hoofnommer vanaand is ongetwyfeld die 100 rugslag vir vroue. Marianne Kriel, Suid- Afrikaanse rekordhouer met 'n tyd van 1:05,18 in dié nommer, het vroeg in die seisoen reeds gewys dat sy reg is vir nuwe hoogtes in die 100 rugslag. Sy het verlede jaar in Amerika dié afstand in 'n tyd van 1:04,30 afgelê op 49 na die vinnigste tyd wat verlede jaar in die wêreld behaal is. Vir 'n aptytwekker pak Amanda Grendon, Markgraaff en Saunders mekaar in wat beloof om 'n vuurwarm 400 vryslag vir vroue te wees. Die 400 vryslag vir mans beloof ewe veel opwinding met Pierre de Roubaix wat sal probeer om sy Stellenbosse spanmaat Bevan Johnson om die gesogte goue medalje te klop. Swan kan die aand op nog 'n groot hoogtepunt afsluit wanneer hy in sy gunstelingnommer, die 200 individuele wisselslag, aantree.

15 January

Kriel draai naby rekord

Martin Swan, SA kampioen in die 200 wisselslag, op pad na 'n tweede oorwinning.

TWEE junior WP-rekords het gisteraand by die WP se kampioenskapsgala in die Nuwelandse swembad in die slag gebly, maar dit was weer die WP se Springbok Marianne Kriel wat die kollig gesteel het met 'n skittertyd in die 100 rugslag. Kriel het dié nommer in 'n tyd van 1:05,21 afgelê en die Suid-Afrikaanse rekord van 1:05,18 met 'n haarbreedte misgeloop. Haar eie SA rekord het nog 'n gala oorleef, maar haar ``aartsvyand'' Annette Cowley het haar so byna-byna tot nog 'n rekordtyd aangespoor. Kriel het die eerste ronde van haar tweestryd teen Cowley gewen, maar Cowley het self gemponeer met haar tweede plek in 'n tyd van 1:07,18. 'n Onstuimige 50 vryslag wag vanaand wanneer dié twee top- swemmers mekaar pak. ``Ek het nie só 'n vinnige tyd verwag nie. Ons het die afgelope tyd baie hard geoefen en ek is doodmoeg,'' het Kriel gesê. Kriel het verlede jaar in Amerika dié afstand in 'n tyd van 1:04,30 afgelê die 50ste vinnigste tyd verlede jaar in die wêreld. Die Stellenbosser Riaan van Rooyen en Andreas le Roux van Vineyard het gewys dat die toekoms van WP-swem in baie vinnige en talentvolle hande is. Van Rooyen het sy derde titel ingeoes met 'n nuwe o.14 WP-rekord van 2:08,65 in die 200 vryslag. Le Roux het op sy beurt Carl Laubscher se o.14 WP-rekord van 2:32,92 met 'n tyd van 2:28,18 verpletter. Martin Swan, Suid-Afrikaanse kampioen in die 200 individuele wisselslag, het eers die 200 vlinderslag in 2:12,60 gewen en kort daarna, met die smaak van oorwinning nog in sy mond ook die 200 wisselslag in 'n goeie 2:15,96 gewen. Sy Stellenbosse spanmaat, Carl Laubscher moes albei kere tweede viool speel. Die twaalfjarige Amanda Clegg van Vineyard was skoon aangedaan na haar 2:35,03 'n kwalifiserende tyd vir die SA kampioenskapsbyeenkoms in die 200 individuele wisselslag vir meisies o.14. Pierre de Roubaix het in 'n opwindende 400 vryslag net te veel stoom gehad vir sy spanmaat van Stellenbosch Bevan Johnson. De Roubaix het in 'n tyd van 4:16,09 geseëvier met Johnson tweede in 4:20,16. Lezelle Markgraaff het haar eerste titel verower met 'n oorwinning in die 400 vryslag vir vroue in 'n tyd van 4:29,59. . Kriel en Cowley pak mekaar vanaand in die lank verwagte tweestryd in die 50 vryslag. Kriel, Suid-Afrikaanse rekordhouer in dié nommer, is die gunsteling, maar Cowley kan self met 'n blitstyd verras. Die langasem van Stellenbosch Bevan Johnson gaan moeilik geklop word in die 1 500 vryslag. Met Bruce Snodgrass puik jong swemmer van Stellenbosch op die kantlyn weens 'n skouerbesering, behoort die oud-Springbok Glen Hignett in die 100 vlinderslag koning te kraai. In die 200 vlinderslag vir vroue sal Nicky Kirsten, Kate Leinberger en Ingrid Theunissen sake om die eerste drie plekke uitspook. Die byeenkoms begin om 19:00.

15 January

Springbok swimmers of B'ville compete on Saturday

THE battle for supremacy between Springboks Marianne Kriel and Annette Cowley of Bellville will reach a climax in the Newlands pool on Saturday when these two national swimmers meet in the 100 freestyle. Tonight Miss Kriel, the former Sanlam ace who spent some time in America and is presently training at Stellenbosch under the watchful eyes of well-known national coach Mrs Santa van Jaarsveld, will be making an all-out effort to break her best time of 26,38 in the 50 freestyle. She certainly has the physique and ability to improve on this time, which she obtained a month ago in Port Elizabeth. It still has to be ratified as a national record. Tomorrow night Annette Cowley, who now swims for CH & RC and is being trained by Tom Fraenkel, will oppose Marianne Kriel in the 100 butterfly. Miss Kriel holds the WP record of 1:04,13, which is 0,94 outside the SA record held by H. Vermeulen of OFS. Miss Cowley is making a comeback and could be seen at her best on Saturday night when she will swim in lane 6 between Lizelle Markgraaf and Marianne Kriel of Stellenbosch in the women's open 100 freestyle. She swam for Gordons when she set the SA record of 57,64 in 1984. Lucy Saunders and Markgraaf could suprise with a faster time. The men's 100 butterfly event which will be swum tonight should provide an exciting finish, with WP record holder Glen Hignett of CH & RC a possible winner. The Springbok can, however, expect strong opposition from Bruce Snodgrass and Martin Swan of Stellenbosch. Hignett's WP record time is 56,20. Pierre de Roubaix will be attempting to improve on his WP best time of 16:38,53 in the 1 500 freestyle. Long distance swimmer Laurie Fialkov (UCT) and Bevan Johnson of Stellenbosch will be making an all-out effort for the gold medal tonight. On Friday night the favourite for the 400 individual medley is Martin Swan of Stellenbosch. Swan has been training hard and could snatch a few seconds off his WP-record of 4:43,84, especially if Mikael Mendonca and Craig van der Vyver remain within striking distance. A host of promising swimmers, including Nicole Clegg, Kate Leinberger, Nicky Kirsten, Riana de Jager, Lydia de Jager, Michelle Dosson, Carol Watney, Amanda Clegg, Okkert Köhne, Carl Scott, Simon Thirsk, Henri van Schaik and Bennie du Preez will be seen in action. There will be no swimming tomorrow, but the Friday and Saturday galas will start as usual at 7 pm.

15 January

SA swem oor ses dae beslis

DIE Suid-Afrikaanse kampioenskapsgala word vanjaar vir die eerste keer oor ses dae beslis dié program stem ooreen met dié wat swemmers later vanjaar by die Olimpiese Spele in Barcelona te wagte kan wees. Die SA kampioenskapsgala word van 2 tot 7 Maart in die Kingsparkse swembad in Durban gehou. Die vyfdaagse program wat die afgelope klompie jare gevolg is, is gewysig om plaaslike swemmers die geleentheid te bied om aan die omstandighede wat in Barcelona op hulle wag, gewoond te raak,'' het Daléne du Preez, skakelbeampte van die Suid-Afrikaanse swemvereniging (Saasa), gister gesê. Dié gala, wat beloof om die beste in jare in Suid-Afrika te wees, word deur die vinnigse vroueswemmers in die land, die twee WP-sterre, Marianne Kriel en Anette Cowley, die Suid-Afrikaanse kampioen René Templeton van Natal, die Transvaler Alexandra Heyns en Tracey Elliot van die Grens, in die 100 vryslag ingelui. Die 100 vryslag vir mans word Woensdag beslis. Kriel sal op dié dag ook in die 100 rugslag in aksie wees. Die Nataller Penny Heyns en Sheelah Turner van Transvaal sal Donderdag in die 100 borsslag sake om 'n plek in die Olimpiese span uitspook. Peter Williams, 'n gewese wêreldrekordhouer in die 50 vryslag, kan Vrydag in dié nommers sy plek na Barcelona bespreek. Die skitterende Transvaalse swemmer Craig Jackson kry in eie waters kans om die eerste Suid-Afrikaner te word wat die 200 vlinderslag in minder as 2 minute aflê. Kriel en Cowley kry Saterdagaand die geleentheid om die kampioenskapsgala op 'n hoogtepunt af te sluit wanneer hulle in die 50 vryslag slaags raak. Die SA en WP- kampioen Martin Swan verdedig sy titel in die 200 individuele wisselslag ook op die laaste dag. Die swemprogram is: Die uitdunne word daagliks van 09:30 in die Kingsparkse swembad beslis. Maandag (2 Maart): 09:30 uitdunne; 18:00 amptelike opening en eindrondes: vroue 100 vryslag, mans 100 borsslag; vroue 400 individuele wisselslag; mans 200 vryslag; vroue 4x50 vryslag-aflos. Dinsdag (3 Maart): 09:30 uitdunne; 18:30 eindrondes: mans 100 vlinderslag; vroue 200 vryslag: mans 400 individuele wisselslag; vroue 200 borsslag; mans 4x200 vryslag-aflos. Woensdag (4 Maart): 09:30 uitdunne; 18:30 vroue 400 vryslag; mans 100 vryslag; vroue 100 rugslag; mans 200 rugslag; vroue 4x100 vryslag aflos; mans 4x50 vryslag-aflos. Donderdag (5 Maart): 09:30 uitdunne; 18:30 mans 400 vryslag; vroue 100 vlinderslag; mans 200 borsslag; vroue 100 borsslag; mans 4x100 vryslag-aflos. Vrydag (6 Maart): 09:30 uitdunne; 17:30 mans 200 vlinderslag; vroue 200 individuele wisselslag; mans 50 vryslag; vroue 800 vryslag: mans 100 rugslag; vroue 4x100 wisselslag-aflos. Saterdag (7 Maart): 09:30 uitdunne; 18:00 vroue 200 vlinderslag; mans 200 individuele wisselslag; vroue 50 vryslag; mans 1 500 vryslag; vroue 200 rugslag; mans 4x100 wisselslag-aflos.

16 January

Kriel steeds vinnigste in SA waters

Marianne Kriel, Springbok-swemster van die Kaap, wat gisteraand op die WP-kampioenåskapså gala die 50 vryslag gewen het.

MARIANNE KRIEL is steeds die vinnigste vrou in Suid-Afrikaanse waters. Kriel het gisteraand by die Westelike Provinsie se kampioenskapsgala in die Nuwelandse swembad haar kragmeting in die 50 vryslag teen Annette Cowley gewen, maar dit was 'n 14-jarige skoolseun van Stellenbosch wat by dié geleentheid sy twee glansryke kollegas vir 'n wyle in die skadu gestel het. Riaan van Rooyen, standerd ses-leerling aan die Paul Roos Gimnasium het gisteraand sy vyfde titel by vandeesweek se gala ingepalm en vir die derde keer die week 'n ou-ou WP juniorrekord uit die rekordboeke gevee. Van Rooyen, wat sowat 1,80 meter in sy sokkies staan, het die 400 vryslag in 'n skitterende 4:32,24 afgelê en daarmee byna ses sekondes van Pierre de Roubaix se o.14- rekord wat sedert 1985 in die rekord boeke gepryk het, afgeknyp. Hy het ook die 200 borsslag in 'n tyd van 2:48,21 gewen. Die tweestryd tussen Cowley en Kriel in die 50 vryslag het die toeskouers na hulle asems laat snak. Eers het een van die swemmers langs Cowley te vroeg gebreek en toe raak die kruit van die afsetter ook nog nat. Maar Cowley het dit alles oorleef en haar uitdun in 'n tyd van 27,34 gewen Dié tyd is haar beste nóg oor dié afstand, maar dit was nie goed genoeg om Kriel, die Suid-Afrikaanse rekordhouer te klop nie. Kriel het 'n tyd van 26,86 in haar uitdun behaal dit was goed genoeg vir die goud! Die Springbok Glen Hignett en Martin Swan, SA kampioen in die 200 individuele wisselslag, het sommer van meet die pas warm gemaak in die 100 vlinderslag. Hignett het net-net met 59,11 met die aspirant dokter van Stellenbosch wat in 59,28 klaargemaak het, afgereken. Die gunsteling Bruce Snodgrass kon weens 'n seer skouer nie deelneem nie. Die 200 vlinderslag het vir ewe veel opwinding gesorg. Die 16-jarige Kate Leinberger van Vineyard en die Springbok van Stellenbosch Lezelle Markgraaf het haal vir haal saam geswem in dié moordende nommer, maar dit was Leinberger wat die onderonsie in 'n tyd van 2:28,19 gewen het, Markraaff was tweede in 2:28,33! Pierre de Roubaix het skoonskip gemaak in die langer vryslagnommers. Hy het die 1 500 vryslag in 'n tyd van 17:07,30 afgelê en daarmee sy derde titel ingeoes. Nicky Clegg se tyd van 2:48,11 was goed genoeg om aan haar die titel in die 200 borsslag te besorg. Sy het Maandagaand reeds die 100 borsslag gewen. Kleinsus Amanda het haar indrukwekkende vertoning voortgesit met 'n derde en vierde titel in die 100 vryslag vir meisies o.14 asook die 200 rugslag. Ook Riana de Jager se se medaljetelling staan nou op vier ná oorwinnings in die 100 rugslag en 500 wisselslag vir meisies o.16. Simon Thirsk van Kampsbaai het vir die derde keer op die wennerspodium gaan draai met 'n sege in die 200 rugslag terwyl Ockert Köhne die 200 vryslag vir seuns o.16 gewen het.

SWEM WP-KAMPIOENSKAPSGALA (Nuweland) DINSDAG MANS: 400 vryslag: 1. P. de Roubaix (Stel) 4:16,09; 2. B. Johnson (Stel) 4:20,16; 3. L. Fialkov (UK) 4:21,40; 200 vlinderslag: 1. M. Swan (Stel) 2:12,60; 2. C. laubscher (Stel) 2:16,59; 3. C. Coutts-Trotter (Vine) 2:17,25; 200 individuele wisselslag: 1. M. Swan (Stel) 2:15,96; 2. C. Laubscher (Stel) 2:17,86; 3. V. Collie (UK) 2:21,60; SEUNS: o.16: 100 vryslag: 200 borsslag: 1. K. Sinclair (Paarl) 2:43,85; 2. N. Jooste (Stel) 2:44,29; 3. H. Parr (Vine) 2:52,46; 100 rugslag: 1. S. Thirsk (Kbaai) 1:05,17; 2. A. Macdonald (Vine) 1:07,39; 3. C. Kearns (CH&RC) 1:12,58; o.14: 200 vryslag: 1. R. van Rooyen (Stel) 2:08,65 (WP o.14 rekord); 2. C. du Preez (CH&RC) 2:16,91; 3. M. Villet (Stel) 2:22,36; 200 rugslag: 1. A. le Roux (Vine) 2:28,18 (WP o.14 rekord); 2. M. Villet (Stel) 2:39,15; 3. C. Stevens (Gordons) 2:40,83. VROUE: 400 vryslag: 1. L. Markgraaff (Stel) 4:29,56; 2. L. Saunders (Stel) 4:31,51; 3. A. Grendon (Vine) 4:35,05; 100 rugslag: 1. M. Kriel (Stel) 1:05,21; 2. A. Cowley (CH&RC) 1:07,18; 3. I. Theunissen (Gordons) 1:08,32; MEISIES: o.16: 100 vry slag: 1. R. de Jager (Stel) 1:03,91; 2. L. de Jager (Bell) 1:04,92; 3. N. Visagie (Bell) 1:08,99; 200 vlinderslag: 1. K. Miedema (CH&RC) 2:40,22; 2. L. de Jager (Bell) 2:41,98; 3. S. Gruft (Kbaai) 2:47,16; o.14: 200 vryslag: 1. N. Ballot (Kbaai) 2:23,46; 2. M. Dosson (Bell) 2:23,73; 3. L. van Rooyen (Stel) 2:29,63; 200 individuele wisselslag: 1. A. Clegg (Vine) 2:35,03; 2. M. Dosson (Bell) 2:45,27; 3. N. Ballot (Kbaai) 2:45,53.

17 January

WP-gala hervat

RIAAN VAN ROOYEN, 14-jarige swemmer van Stellenbosch, kan vanaand op die voorlaaste dag van die Westelike Provinsie se kampioenskapsgala in die Nuwelandse swembad nog drie titels voeg by die vyf wat hy reeds vroeër die week ingepalm het. Martin Swan, SA kampioen in die 200 wisselslag, jaag sy derde titel in die 400 wisselslag. In die 100 vlinderslag kom Marianne Kriel en Annette Cowley weer eens teen mekaar te staan. Kate Leinberger, wat eergister 'n goeie oorwinning in die 200 vlinderslag behaal het, behoort ook in dié korter nommer goed te vaar. Carl Laubscher kan skoonskip maak wanneer hy vanaand in die 200 rugslag aantree. Die Westelike Provnsie se swemspan soek nog borge vir die span wat in Maart aan die Suid-Afrikaanse kampioenskapsgala in Durban gaan deelneem. Voornemende borge kan mnr. André Olivier by tel. 9472939 (w) of 99 1626 (h) skakel. Die gala begin om 19:00. Vanaand se program is: 400 wisselslag (mans); 100 vlinderslag (vroue); 100 vryslag (seuns o.16); 200 rugslag (meisies o.16); 100 vryslag (seuns o.14); 400 wisselslag (meisies o.14); 50 vryslag (mans); 800 vryslag (vroue); 400 vryslag (seuns o.16); 100 borsslag (meisies o.16); 100 vlinderslag (seuns o.14); 200 borsslag (meisies o.14); 200 rugslag (mans); 200 wisselslag (vroue); 100 borsslag (seuns o.16).

18 January

Riaan verower sewende swemtitel

MARIANNE KRIEL en Riaan van Rooyen het gisteraand by die WP se kampioenskapsgala in die Nuwelandse swembad weer die hoofrolle vertolk. Kriel het in die 100 vlinderslag haar eie WP-rekord met 'n tyd van 1:04,10 verbeter. Dit was die 20-jarige Springbok se derde titel. Kate Leinberger van Vineyard was tweede in 'n haastige 1:06,32. ``Dit was heeltemal onverwags. Ek het baie ontspanne gevoel en nie regtig 'n vinnige tyd gejaag nie,'' het Kriel gesê. Van Rooyen het die 100 vlinderslag vir seuns o.14 in 'n skittertyd van 58,58 afgelê sy vierde WP o.14- rekord dié week. Hy het dié afstand ook vir die eerste keer in minder as een minuut afgelê. Die 13-jarige skoolseun van Stellenbosch, het 'n sewende WP-titel gewen toe hy enkele minute ná sy spogvertoning in die vryslag ook die 100 vlinderslag ingepalm het. Die byspelers het hulle rolle ewe goed vertolk. Carl Laubsher het skoonskip gemaak in die rugslag vir mans met 'n oorwinning in 'n tyd van 2:14,22. Martin Swan, die SA kampioen in die 200 wisselslag, het egter self 'n goeie oorwinning in die 400 wisselslag in 'n tyd van 4:52,79 behaal. Larry Kreel van die Ikeys het in die stryd van die blitse net-net met sy spanmaat Tyrone Oates afgereken. Kreel was eerste in 24,80 met Oates in die tweede plek in 24,83. In die afdeling vir meisies o.16 het Riana de Jager van Stellenbosch haar vyfde goue medalje ingepalm met 'n oorwinning in 'n tyd van 2:26,15 in die 200 rugslag. Ockert Köhne het ook in die medaljefees gedeel. Hy het in die 100 vryslag vir seuns o.16 koning gekraai in 'n tyd van 57,05 en daarná ook die 400 vryslag in 'n tyd van 4:25,67 gewen. Die dubbele SA kampioen Lezelle Markgraaff het die 800 vryslag in 'n goeie 9:10,68 gewen met Amanda Grendon tweede in 'n ewe goeie 9:22,29. Lucy Saunders het Markgraaff in die 200 vlinderslag in die tweede plek gedwing met haar wentyd in 2:29,27 teenoor Markgraaff se 2:32,16. Die uitslae is: MANS: 50 vryslag: 1. L. Kreel (UK) 24,80; 2. T. Oates (UK) 24,83; 3. G. Hignett (CH&RC) 25,34; 200 rugslag: 1. C. Laubscher (Stel) 2:14,22; 2. M. Swan (Stel) 2:17,68; 3. B. Melville (CH&RC) 2:22,08; 400 individuele wisselslag: 1. M. Swan (Stel) 4:52,79; 2. B. Melville (CH&RC) 5:05,12; 3. C. van der Vijver (CH&RC) 5:05,73. SEUNS: o.16: 100 vryslag: 1. O. Köhne (Stel) 57,05; 2. C. Scott (Vine) 57,16; 3. A. Macdonald (Vine) 58,14; 400 vryslag: 1. O. Köhne (Stel) 4:25,67; 2. S. Thirsk (Kbaai) 4:31,43; 3. A. Macdonald (Vine) 4:39,81; 100 borsslag: 1. K. Sinclair (Paarl) 1:12,31; 2. H. Parr (Vine) 1:16,39; 3. N. Jooste (Stel) 1:16,72; o.14: 100 vryslag: 1. R. van Rooyen (Stel) 58,58 (WP-rekord); 2. A. le Roux (Vine) 59,48; 3. C. du Preez (CH&RC); 100 vlinderslag: 1. R. van Rooyen (Stel) 1:06,17; 2. A. le Roux (Vine) 1:06,81; 3. C. du Preez (CH&RC) 1:11,31; 100 borsslag: 1. R. Gerber (Paarl) 1:38,57. VROUE: 800 vryslag: 1. L. Markgraaff (Stel) 9:10,68; 2. A. Grendon (Vine) 9:22,29; 3. P. Barrett-Smith (Kbaai) 10:05,44; 100 vlinderslag: 1. M. Kriel (Stel) 1:04,08 (WP- rekord); 2. K. Leinberger (Vine) 1:06,32; 3. L. Saunders (Stel) 1:09,30; 200 individuele wisselslag: L. Saunders (Stel) 2:29,27; 2. L. Markgraaff (Stel) 2:32,16; 3. K. Leinberger (Vine) 2:34,15. MEISIES: o.16: 100 borsslag: 1. R. de Jager (Stel) 2:26,15; 2. K. Miedema (CH&RC) 2:40,57; 3. L. de Jager (Bell) 2:45,93; 200 rugslag: o.14: 200 borsslag: 1. A. Snyman (Vine) 2:59,65; 2. C. Douglas (Vine) 3:04,44; 3. S. Nel (Stel) 3:06,48.

20 January

Williams swem rekord

PETER WILLIAMS, voormalige wêreldrekordhouer in die 50 vryslag, wat deesdae in die kleure van Transvaal swem, het Saterdag in die uitdunne van die Transvaalse swemkampioenskapsbyeenkoms 'n Transvaalse rekord in die 50 meter opgestel. Williams het Allan Kelsey, wat tans in Amerika woon, se rekord van 24,04 sekondes na 23,91 sekondes verbeter. Die Suid-Afrikaanse rekord van 22,95 in dié nommer staan agter die naam Williams. Hy het dié tyd verlede jaar by die SA kampioenskapsgala in Kaapstad opgestel. Williams het Saterdagmiddag net sowat 0,40 sekondes van die Transvaalse rekord in die 100 meter vryslag gedraai deur 'n tyd van 53,03 aan te teken. Marjolein van der Stad

20 January

Marianne Kriel bo in stomende stryd

DIE Springbok-swemmer Marianne Kriel het Annette Cowley Saterdagaand by die Westelike Provinsie se kampioenskapsgala in 'n vuurwarm stryd in die 100 vryslag geklop. En wat 'n stomende vertoning was dit nie deur die twintigjarige Springbok nie. Kriel het Cowley voor 'n paar honderd jillende toeskouers in dié tweestryd in 'n skittertyd van 57,72 geklop die eerste keer dat sy dié afstand in minder as 58 sek. afgelê het, met Cowley 'n kortkop agter haar in die tweede plek in 58,91. ``Ek is baie tevrede. Alles het volgens plan verloop,'' het 'n uitgelate Kriel ná haar oorwinning gesê. Vir Cowley was daar darem die troos dat haar Suid-Afrikaanse rekord van 57,64 dié aanslag oorleef het. Maar nie een van die twee Springbokke het 'n rekord in gedagte gehad nie dit was dié nommer wat albei ten alle koste wou wen. Albei swemmers het van meet af die pas warm gemaak aangehelp deur 'n paar honderd opgewonde toeskouers het hulle haal vir haal saamgeswem en byna gelyk gedraai. Met die skare op hulle voete het Kriel oor die laaste 50 meter geleidelik die gaping groter gemaak en uiteindelik 'n redelik maklike oorwinning behaal. Lanklaas was daar soveel opwinding by 'n plaaslike gala. Kriel het met dié vertoning waarskynlik haar plek in die Olimpiese span verseker, maar Cowley se Olimpiese drome is nie aan skerwe nie. ``Ek is baie tevrede met my vertoning. Ek oefen nou nog net sowat vyf maande en het nie verwag om nou reeds vinniger te swem nie. Ek is op die regte pad en sien met vertroue uit na die Suid-Afrikaanse kampioenskapsgala,'' het Cowley gesê. En dit was maar net 'n voorsmakie van wat op swempuriste wag wanneer dié twee spogswemmers mekaar oor bietjie meer as 'n mand by die SA kampioenskapsgala in Durban pak. Maar ook die jong sterre van die toekoms het vir oulaas uitgeblink. Terwyl die 13-jarige Riaan van Rooyen sy negende titel verower het met oorwinnings in die 100 borsslag vir seuns o. 14 in 'n tyd van 1:19,77 en die 400 individuele wisselslag in 5:10,11, het Andreas le Roux van Vineyard die o.14-rekord in die 100 rugslag met 'n tyd van 1:07,69 verpletter. Matthew Scher het die 100 vryslag vir mans in 'n goeie 54,84 gewen. Nog 'n puik 13-jarige, Amanda Clegg, het haar vyfde titel verower met 'n oorwinning in 'n tyd van 1:13,83 in die 100 rugslag vir meisies o.14. Die Stellenbosser Ockert Köhne het ook sy vyfde titel opgeraap nadat hy in die 200 vlinderslag (2:20,59) vir seuns o.16 koning gekraai het. Riana de Jager was die groot uitblinker in die afdeling vir meisies o.16. Sy het haar sesde titel ingepalm met 'n oorwinning in die 200 rugslag vir vroue in 'n tyd van 2:25,13. Simon Thirsk van Kampsbaai het ook op die wennersverhoog gaan draai nadat hy die 200 wisselslag vir seuns o.16 in 'n tyd van 2:20,47 gewen het sy vierde titel van die week.

WP KAMPIOENSKAPSGALA (Nuweland) MANS: 100 vryslag: 1. M. Scher (Vine) 54,84; 2. L. Fialkov (UK) 55,38; 3. J. Hendriksz (Stel) 55,44; 200 borsslag: 1. J. Hendriksz (Stel) 2:38,71; 2. H. van Schaik (Stel) 2:40,19; 3. C. van der Vijver (CH&RC) 2:42,56. SEUNS: o.16: 200 vlinderslag: 1. O. Köhne (Stel) 2:20,59; 2. S. Thirsk (Kbaai) 2:21,84; 3. A. Baderoen (CH&RC) 2:30,85; 200 individuele wisselslag: 1. S. Thirsk (Kbaai) 2:20,47; 2. K. Sinclair (Paarl) 2:21,96; 3. A. Macdonald (Vine) 2:27,48; o.14: 100 borsslag: 1. R. van Rooyen (Stel) 1:19,77; 2. N. Kritzinger (Vine) 1:26,78; 3. C. Thorburn (Paarl) 1:26,78; 100 rugslag: 1. A. le Roux (Vine) 1:07,69; 2. C. Stevens (Gordons) 1:12,72; 3. C. Twycross (Stel) 1:14,05; 400 individuele wisselslag: 1. R. van Rooyen (Stel) 5:10,11; 2. B. du Preez (Bell) 6:10,98. VROUE: 100 vryslag: 1. M. Kriel (Stel) 57,72; 2. A. Cowley (CH&RC) 58,91; 3. L. Saunders (Stel) 1:00,73; 200 rugslag: 1. R. de Jager (Stel) 2:25,13; 2. I. Theunissen (Gordons) 2:32,21; 3. K. Miedema (CH&RC) 2:37,94; 400 individuele wisselslag: 1. I. Theunissen (Gordons) 5:33,11; 2. N. Clegg (Vine) 5:37,05. MEISIES: o.16: 400 vryslag: 1. P. Barrett-Smith (Kbaai) 4:53,38; 2. L. de Jager (Bell) 5:01,59; 3. K. Miedema (CYH&RC) 5:05,79; 200 borsslag: 1. M. van Riet (Paarl) 3:02,53; 2. S. Gruft (Kbaai) 3:04,64; 3. T. O'Hanlon (CH&RC) 3:10,98; o.14: 100 borsslag: 1. C. Douglas (Vine) 1:23,81; 2. A. Snyman (Vine) 1:26,18; 3. L. van Rooyen (Stel)n 1:27,58; 200 vlinderslag: 1. N. Ballot (Kbaai) 2:44,11; 100 rugslag: 1. A. Clegg (Vine) 1:13,83; 2. N. Ballot (Kbaai) 1:16,34; 3. M. Dosson (Bell) 1:16,90.

 DUIK WP KAMPIOENSKAPSBYEENKOMS (Nuweland) MANS: Een meter: o.16: 1. Grant Clark (G) 296,00, 2. Mark Stodel (G) 256,60. o.14: 1. Grant Sakinofsky (G) 168,75, 2. Rowan Bryant (G) 128,85. Ope: 1. Robert Costa (G) 439,00; 2. Neil Duveen (CH&RC) 340,88, 3. Grant Clark (G) 338,10, 4. Mark Stodel (G) 270,28. VROUE: Drie meter: o.14: Jane Woodard (G) 235,15, 2. Kate Allan (G) 173,25. o.16: 1. Jane Woodard (G) 255,65, 2. Kate Allan (G) 192,90, 3. Jeannine Farcioli (G) 168,20. Ope: 1. Beverley Savage (G) 298,46, 2. Jeannine Farcioli (G) 212,20.

21 January

Drie rekords tuimel in Bellville-swembad

Priscilla Neethling (regs) het die 100 m-vryslag gewen. Melanie Wagner (links) was tweede en Fazlin Gamieldien derde.

DRIE rekords is in die naweek in die Bellville-Suidse swembad verpletter ten tyde van die Westelike Provinsie se swemkampioenskapstoernooi. Die span van Manta het in die 400 m-vryslag 'n nuwe rekord van 4 min. 9,94 sek. opgestel. Rushdi Warely het 'n groot rol vir Manta gespeel. Hy is egter goed bygestaan deur Faiz Votersen, Salie Fredericks en Nizaam Fredericks. Die ou rekord was 4 min.57,86 sek. Die span van Bellville het egter nie op hulle laat wag nie. Dié span het in die afdeling vir seuns 11/12 'n nuwe rekord in die 200 m-vryslag aangeteken. Die nuwe rekord staan nou op 2 min. 40,84 sek. Stuart du Plessis van Paarl Achilles was weer eens skitterend op dreef. Hy het in die afdeling vir seuns 13/14 uitgetroon en 'n nuwe rekord in die 100 m-borsslag aangeteken. Sy tyd was 'n vinnige 1 min.14,90 sek. Die ou rekord het op 1:15:56 gestaan. Priscilla Neethling van Paarl Aquarius was weer eens een van die groot sterre op dié byeenkoms. Sy het met ses goue medaljes weggestap. Melanie Wagner van Dolphins het die 50 m-vryslag vir vroue in 'n vinnige 31,63 sek. gewen. Lynn Julie en haar suster Almarie het saam nege goue medaljes ingepalm. Lynn Julie het ondermeer die 200 m-vryslag vir meisies 11/12 in 'n tyd van 2:37,86 gewen. Garron Arendse van Paarl Achilles het ook goed vertoon. Hy het in die afdeling vir mans gewys wat in hom steek. Arendse het die 50 m-vryslag in 'n tyd van 26,48 sek. gewen. Die swemmers van die WP is tans hard besig met voorbereiding vir die nasionale toernooi wat in Februarie gehou gaan word. Die WP-swemmers het in die naweek gewys dat hulle slaggereed is vir dié nasionale toernooi. Hulle sal egter hier moet lig loop vir die Bolanders, wat die naweek gewys het dat hulle groot gevaar inhou.

Bellville swimmers win seven medals

The captains and vice-captains of the Bellville Aquarama Swimming Club are (from left) Carol Watney, captain of the junior side, Lydia de Jager, vice-captain of the senior side, Len van Greuning, captain of the seniors, and Elzanne Pretorius, vice-captain of the juniors.

The Bellville Aquarama swimming club was well represented at the recent SA Junior championships held in Bloemfontein. Most of the sixteen competitors swam their best times. There were 1 457 entries, and in some events as many as fifteen heats were necessary to decide the eventual winners and placings. Sixty-six clubs from all over the country took part. Lydia de Jager Lydia de Jager, Michelle Dosson, Elzanne Pretorius, Hendrik Odendaal and Wimpie Meyers all took part in various finals. In total they represented Bellville in fifteen finals. Bellville Aquarama returned home with seven medals. Michelle Dosson won four in her age group of 12 and under 400 free, 100 butterfly, 100 backstroke (all bronze) and 200 individual medley (silver). Lydia de Jager received a bronze medal as captain of the girls' 15/6 4x50 freestyle relay team. Hendrik Odendaal and Bennie du Preez, members of the boys' 4x100 medley relay 12 and under team were presented with bronze medals.

28 January

Seddon Keyter kom wys sy slag

SEDDON KEYTER, skitterende rugslagswemmer van die WP, keer aanstaande maand terug Kaap toe om sy kleim vir 'n plek in die Olimpiese span af te steek. Oud-studente aan die Amerikaanse universiteit Nebraska gaan goed verteenwoordig wees by die Suid-Afrikaanse kampioenskapsbyeenkoms wat vroeg in Maart in Durban beslis word. Benewens Keyter, wat steeds met die Suid-Afrikaanse rekord in die 100 rugslag (59,15) spog, keer die Noord-Transvaler Gary Albertyn en Allan Kelsey van Transvaal wat die afgelope paar maande in Nebraska oefen saam met Keyter terug om hulle plekke in die Olimpiese span te probeer beklink. Peter Williams en Jaco Kruger, wat verlede week twee van die uitblinkers was by die Transvaalse kampioenskapsgala, is albei Nebraska oud-studente. Die rugslagnommers vir mans gaan waarskynlik een van die groot hoogtepunte in Durban wees. Verskeie huidige en gewese Suid-Afrikaanse kampioene gaan sake om die vier vakante plekke (twee in die 100 rugslag en twee in die 200 rugslag) uitspook. Benewens Keyter sal Albertyn, die gewese SA kampioen van die WP, Carl Laubsher, die dubbele SA kampioen, Andrew Marshall van Noord-Transvaal, nog 'n voormalige SA kampioen, Greg Kahn van die OP, en Glen Hignett van die WP sake om die vakante plekke in die Springbokspan uitspook. Keyter het net meer as 'n jaar gelede by die Amerikaanse kampioenskapsgala die 100 rugslag in 'n tyd van 58,25 afgelê die beste vertoning nog deur 'n SA rugslagswemmer. Sy terugkeer is ook 'n groot inspuiting vir die WP-span, wat vanjaar weer een van die sterkste spanne by die nasionale kampioenskapsgala behoort te wees. Die 21-jarige student in die argitektuur sal egter nie net in die rugslag in aksie wees nie. Hy sal ook in die 50 en 200 vryslag en 200 individuele wisselslag in aksie wees. Hy sal net drie weke in Suid- Afrika wees voor hy na Amerika terugkeer.

30 January

Sterk WP-span na nasionale gala

Nicola Clegg, dubbele WP-kampioen in die borsslag.

TWEE Suid-Afrikaanse kampioene, drie SA rekordhouers en verskeie gewese SA kampioene is in die Westelike Provinsie se swemspan ingesluit vir die nasionale kampioenskapsgala, wat van 2 tot 9 Maart in Durban beslis word. Martin Swan, mediese student in sy derde jaar aan die Universiteit van Stellenbosch, verdedig sy titel in die 200 individuele wisselslag waar hy strawwe teenstand van die twee Noord-Transvalers Gerard van der Walt en Gary Albertyn kan verwag. Die Stellenbosser Lezelle Markgraaff het verlede jaar in die kleure van die Vrystaat die 400 en 800 vryslag gewen. Sy kan vanjaar baie punte vir die WP insamel. Die WP se blitse Marianne Kriel en Annette Cowley behoort die korter vryslagnommer te oorheers. Cowley is die SA rekordhouer in die 100 (57,64) en 200 vryslag (2:03,73), terwyl Kriel die vinnigste Suid-Afrikaner nog in die 50 vryslag (26,38) en die 100 rugslag (1:05,18) is. Seddon Keyter, skitterende rugslagswemmer van die WP, word ook aanstaande maand in die Kaap terugverwag. Keyter is op grond van sy prestasies die afgelope seisoen in Amerika, waar hy aan die Universiteit van Nebraska studeer, in die WP-span ingesluit. Die SA rekord van 59,15 in die 100 rugslag behoort ook aan die 21-jarige Keyter. Keyter sal in die rugslag gejaag word deur sy spanmaat en gewese SA kampioen Carl Laubscher, wat ook weer reg is vir vinnige tye. Die vlinderslag-Springbok Glen Hignett gaan ook in die medalje- wedloop wees, maar sal eers met Van der Walt en die blitsige Transvaler Craig Jackson moet afreken. Die span is: PROVINSIALE KLEURE: Mans: Carl Coutts-Trotter (Vine), Pierre de Roubaix (Stel), Laurie Fialkov (UK), Justin Hendriksz (Stel), Glen Hignett (CH&RC), Bevan Johnson (Stel), Seddon Keyter (Vine), Ockert Köhne (Stel), Larry Kreel (UK), Carl Laubscher (Stel), Bryan Melville (CH&RC), Tyrone Oates (UK), Martin Swan (Stel), Simon Thirsk (Kbaai), Tabu Trichardt (Stel), Craig van der Vijver (CH&RC). Vroue: Nicola Clegg (Vine), Annette Cowley (CH&RC), Riana de Jager (Stel), Amanda Crendon (Vine), Nicky Kirsten (Stel), Marianne Kriel (Stel), Kate Leinberger (Vine), Lezelle Markgraaff (Stel), Lucy Saunders (Stel), Britt Stott (Vine), Ingrid Theunissen (Gordons), Brenda Webb (Stel). TOERNOOIKLEURE: Mans: Craig Bransby (Vine), Vaughan Collie (UK), Julian Hansen (UK), Angus Macdonald (Vine), Mikael Mendonca (Vine), James Louw (UK), Elan Miller (CH&RC), Michael Pitt (Vine), Matthew Sher (Vine), Kennet Sinclair (Paarl), Len van Greuning (Bell), Anton Voslamber (CH&RC). Vroue: Amanda Clegg (Vine), Sally Hannant (Kbaai), Kelley Miedema (CH&RC), Anneke Olivier (Bell), Adrienne Snyman (Vine). André Olivier (spanbestuurder), Rob Snodgrass (onderbestuurder), Kay Bales (chaperone), Ian Mather (spanbestuurder, waterpolo). Waterpolo: PROVINSIALE KLEURE: Stan Belikoff (UK), Anton Botha (Rbosch), Grant Eckersley (Viking), Paul Harley (Viking), Ashley Kantor (UK), Graham Patterson (SAKS), Brett Redelinghuys (Viking), David Sabor (Stel), André Stadler (SAKS), Richard van der Schyff (UK), Garrun Walker (SAKS), Russel Webb (SAKS). Alistair Thomas (afrigter). TOERNOOIKLEURE: Nigel Brown (Viking), Bramley davies (Viking), Chris Carroll (Stel), Greg Flynn (Rbosch), Gustav Klohn (Stel), Paul Lazarus (Viking), Mike Kane-Smith (Viking), Sean Mulvey (Viking), Chris Rightford (SAKS), Paul Sabor (UK), Roderick van Breda (Stel), Mark Voges (Gordons), Stewart Webb (SAKS). Ian Melliar (afrigter). Duik: PROVINSIALE KLEURE: Mans: Robert Costa (Gordons), Grant Clark (Gordons). TOERNOOIKLEURE: Vroue: Beverly Savage (Gordons). Gesinchroniseerde swem: PROVINSIALE KLEURE: Su Bernstein (Stel), Lara Fortune (Vine), Tricia Hands (UK), Elke Krause (Viking), Karen Krause (UK), Didy Rush (Stel), Lucille Townsend (UK), Nicky Upton (Stel). TOERNOOIKLEURE: Kirsten Walker (Viking), Gabi Christie (CH&RC). Roma Schkolne (afrigter).


Keyter reg geskool vir spele

Eben Human

DIE Hoër Seunskool Wynberg in die Kaap het heel gepas ook vanjaar 'n lid van die Olimpiese span gelewer wat in Barcelona gaan deelneem. Die swemmer Seddon Keyter sal voortbou op 'n skool se trotse tradisie wat puik sportsterre soos die toetskrieketspeler Allan Lamb, die Springbok-seiljagvaarder John Martin en die Springbok-rugbyspeler Rob Louw gelewer het. 'n Mens kan al hierdie genoemde sportlui ook avonturiers noem. Lamb het groener weivelde in Engeland gaan soek en 'n wêreldreisiger as lid van die Engelse krieketspan geword. Louw is 'n man wat op sy dag onder meer in Nieu-Seeland rugby gespeel en in Italië en Engeland gewoon het, maar wat deesdae meer bekend as een wat in die branders baljaar in rubberboot-wedvaarte. Martin het die oseane nog verder verken met sy alleenvaarte om die wêreld, terwyl Keyter op sy beurt na die Universiteit van Nebraska in Amerika is om voort te bou op sy swemloopbaan. Nog 'n lid van die Olimpiese span, die verspringer Karen Botha, is 'n paar jaar gelede aan dieselfde Amerikaanse universiteit afgerig. Keyter het groot lof vir die swem- afrigting wat hom gehelp het om die afgelope drie jaar te ontwikkel in die SA rekordhouer in die 100-rugslag. Vir Keyter was dit geen aanpassing om die afgelope winter in Kaapstad te kom oefen nie. ``Die toestande is wonderlik vergeleke met die winters van Nebraska, waar die temperatuur tot 30 grade onder vriespunt kan daal,'' het Keyter vandeesweek gesê. Keyter sal kort ná die Olimpiese Spele sy 22ste verjaardag vier. Hy wil nog sy studie in die argitektuur in Amerika voltooi en hoop dat die politieke en ekonomiese toestande sodanig sal verbeter dat hy hom weer permanent hier kan kom vestig. ``Ek het baie goed geoefen en hoop om op my beste tyd in die 100-rugslag te verbeter. Dit kan my 'n plek in die eindronde besorg,'' het die jong swemmer gesê. Intussen tuimel die rekords steeds by die Suid-Afrikaanse Wintergala op Sasolburg. Die plaaslike held, Gary Albertyn, het gister op die vierde dag sy sesde titel ingepalm en sy vierde rekord in die slag laat bly. Albertyn het die nasionale rekord in die 50-vlinderslag gister twee keer oortref in die oggend se uitdunne en in die eindstryd, waar hy die nommer in 48,7 sekondes gewen het. Dit was egter nie die einde van sy aanslag nie en ook die rekord in die 400-vryslag het gespat toe hy dié in 4:11,80 gewen het. Albertyn het in die proses met verlede jaar se nasionale kampioen, Andrew O'Flaherty, afgereken. Drie rekords is ook in die aflosnommers opgestel. Nadat aanvanklik verwag is dat Peter Williams en Penny Heyns hul voorbereiding vir die Olimpiese Spele by die Wintergala sou afsluit, het hulle besluit om eerder hul program in Durban af te rond. Uitslae op bladsy 14.


 

More in this category: « 1987 Cape Town 1995 Durban »

            NEW CONTENT

UA-55917683-1