1993 Germiston

Delville swembad, Germiston - 8 Maart 1993

       
  Men       Women    
 
Free            
50            
100            
200            
400            
800            
1500            

Back            
100            
200            

Breast            
100            
200            

Fly            
100            
200            

IM              
200            
400            

Free relay              
200            
400            
800            
             
 
Medley relay              
200            
400            

Diving              
1m            
3m            
         
 
Synchronised swimming       Figures      
Synchronised swimming       Duets  

Water Polo Currie Cup     Northern Transvaal        
               
Ellis Brown Trophy            

 


Warm swem met die intrap

JOHANNESBURG. Die nasionale kampioenskapsgala in die Dellville- swembad in Germiston begin vandag op 'n hoë noot met die 100 vryslag vir vroue. Marieke Theunissen van Noord- Transvaal is die eerste gekeurde swemmer vir die nommer met die vinnigste ingeskrewe tyd van 58.87 sek. Die Westelike Provinsie se spogswemmer Marianne Kriel (58.90), is die tweede gekeurde swemmer gevolg deur Monica Dahl (Namibië, 59.05), Rene Templeton (Natal, 59.57), Tracy Elliot (Grens, 59.59) en Tanja Stephens (Natal, 59.62). Twee swemmers wat Suid-Afrika by die Olimpiese Spele in Barcelona verteenwoordig het, Kenneth Cawood en Jill Brukman, albei van Natal, behoort in onderskeidelik die 100 borsslag vir mans en 400 individuele wisselslag vir vroue met die louere weg te stap. Die 200 vryslag vir mans sal vanjaar 'n nuwe titelhouer kry, aangesien Craig Jackson nie sy titel verdedig nie. Gary Albertyn, wat die eerste keer vir die Grens sal deelneem, is die gunsteling. Môre behoort daar ook genoeg opwinding in die water te wees met die 100 vlinderslag vir mans en 200 vryslag vir vroue. Bruce Snodgrass (WP, 58.56) is die eerste gekeurde swemmer, gevolg deur André Eerenstein (Natal 58.68), Herman Louw (NTvl, 59.21), Manie Wessels (Tvl, 59.27), Mark Duncan (Natal, 59.79) en Barend Nortjé (Natal, 59.79). Heather Park, wat vanjaar weer vir Oos-Transvaal swem, is die eerste gekeurde swemmer in die 200 vryslag vir vroue met 'n tyd van 2:06.00 gevolg deur Karen Allers (OVS, 2:07.00). Die Vrystater Jeanine Steenkamp, houer van vier nasionale titels, het haar onttrek.

Marianne lei aanslag op rekords

GERMISTON. Die Westelike Provinsie se Olimpiese swemmer Marianne Kriel het gisteraand hier in die Delville-swembad op die eerste dag van die Suid-Afrikaanse kampioenskapsgala die eerste van 'n rits Afrika-rekords verpletter. Die Natallers Kenneth Cawood en Jill Brukman, Kriel se spanmaats by verlede jaar se Olimpiese Spele in Barcelona, het onderskeidelik met die Afrika-rekords in die 100 borsslag en die 400 wisselslag klaarge speel. Verskeie Afrika-rekords sal na verwagting die volgende vyf dae in die slag bly. Kriel het die 100 vryslag in die eerste nommer van die aand in 'n blitsige 57.49 afgelê. Sy het 'n honderdste van 'n sekonde van haar eie SA rekord afgeknyp en die Tunisiër Sandra Gharbi se Afrika-rekord met 'n yslike 0.23 sek verbeter. Tracy Elliot van die Grens het die silwermedalje opgeraap met 'n tyd van 58.16, met die Noord-Transvaler Marieke Theunissen derde in 58.92. Cawood het die titel wat hy verlede jaar in Durban voor sy tuisskare verower het, met die grootste gemak in 1:04.41 verdedig. En in die proses het hy die Namibiër Joerg Lindemaier se Afrika-rekord met meer as twee sekondes verbeter. Brukman het in die 400 wisselslag onder haar teenstanders uitgetrek en in 5:02,63 3,87 sek vinniger as Tunisië se Faten Ghattas se vorige Afrika-rekord gewen. Dit was haar beste tyd nóg oor dié afstand, maar net buite Jeanine Steenkamp se SA rekord van 4:56,38, wat die Vrystater verlede jaar in Durban aangeteken het. Cawood se SA rekord van 1:04.02, wat hy verlede jaar in Durban opgestel het, is steeds vinniger as sy nuwe Afrika-rekord. Lindemaier het dié rekord opgestel toe Suid- Afrika hom nog in die swemwildernis bevind het en Cawood se rekord, soos dié van talle ander Suid-Afrikaners, nie erken kon word nie. Uitslae op bladsy 15.

10  Maart

Tanya Naudé verpletter rekord weer

Jill Brukman van Natal is hier onderweg na 'n Afrika-rekord van 5:02.63 in die 400 wisselslag by die SA kampioenskapsgala in Germiston.

GERMISTON. Tanya Naudé van Oos-Transvaal het gisteraand by die nasionale kampioenskapsgala in die Dellville-swembad hier die Afrika-rekord in die 200 borsslag vir vroue die tweede keer verbeter. Die 15-jarige Naudé het die Afrika-rekord in die oggend in die uitdunne tot 2 min. 40.47 sek. verbeter. Gisteraand in die eindstryd het sy nog 2 sekondes op haar oggend-tyd verbeter om in 2:38.35 te wen. Sy is die tweede vrou in Afrika om dié nommer onder 2:40:00 te swem. Die houer van die Suid- Afrikaanse rekord, Lezelle Peacock van Natal, wat uitgetree het, was die eerste vrou wat dié prestasie vermag het. Haar SA rekord van 2:36.88 is nog nie verbeter nie. Julia Russel van Natal wat die vinnigste ingeskrewe tyd van 2:40.09 vir die nommer gehad het, was tweede in 2:40.51, gevolg deur Tania Oosthuizen van die Vrystaat in 2:43.89 en die 12-jarige Mia van Biljon van Transvaal in 2:44.25. Dit was Van Biljon se eerste senior kampioenskapsgala. Twee Afrika-rekords het gisteraand in een nommer gespat. Gary Albertyn, wat aan die Universiteit van Nebraska in Amerika studeer en eers eergister in Suid- Afrika aangekom het, het die Afrika-rekord in die 200 vryslag vir mans verbeter toe hy in die eerste been van die vryslag-aflos geswem het. Hy het die Afrika-rekord vir die 200 vryslag wat deur Egipte opgestel is, van 1:54.66 tot 1:54.17 verbeter. Hy het ook vroeër die aand die 100 vlinderslag in 56.91 sek. gewen. Die Transvaalse A-span wat uit Paul Fryer, Andrew Biram, Manie Wessels en Tamas Hortobagyi bestaan het, het die Afrika-rekord in die 200 vryslag-aflos vir mans van 7:51.07 tot 7:49.39 verbeter. Fryer se span is strykdeur gejaag deur Albertyn se Grens- span, maar het nietemin 'n skitterende oorwinning behaal. Die Egiptenare het die vorige rekord gehou. Albertyn, wat die eerste 200 geswem het, het die swemmers van Oos-Londen 'n sensasionele voorsprong besorg. Maar daarna het die Transvalers hul Oos-Kaapse teenstanders ingehaal. Seker een van die opwindendste tweestryde het in die 400 individuele wisselslag tussen Theo Verster van Natal en Warren Preece van die Vrystaat plaasgevind. Peerce het die hele wedstryd voorgeswem. Toe hy vir die laaste 50 meter vryslag draai, was hy 1.35 sekondes voor Verster, wat in die laaste 10 meter die krane oopgedraai het om in 4:42.63 te wen. Peerce was net 0,57 van 'n sekonde ná Verster in 4:42.63 in die tweede plek. 'n Opwindende stryd het in die 100 vlinderslag vir mans plaasgevind. Die eerste gekeurde swemmer, Bruce Snodgrass van die Westelike Provinsie, het die vinnigste tyd van 57.18 in dié nommer opgestel. Natal was ná gisteraand se swem die voorloper van die gala met 600 punte, gevolg deur Transvaal (510), Grens (300), Noord- Transvaal (238), Westelike Provinsie (200), die Vrystaat (106), Oos-Transvaal (100), Vaaldriehoek (44), Oostelike Provinsie (33) en Griekwaland-Wes (11).

10 Maart

Gary Albertyn vat goud Grens toe

GERMISTON. Gary Albertyn het gisteraand die 100 vlinderslag hier in die Delville-swembad in 'n tyd van 59.91 gewen en aan die Grens sy eerste goue medalje by vanjaar se Suid-Afrikaanse kampioenskapsgala besorg. Die Noord-Transvaler Herman Louw was tweede in 57.52, met André Eerenstein van Natal 'n kortkop agter hom derde in 57.84. Bruce Snodgrass van die Westelike Provinsie het 'n medalje net- net misgeloop met sy vierde plek in 'n tyd van 57.86. Heather Park van Transvaal het Tracy Elliott van die Grens in 'n titaniese stryd in die 200 vry slag uitoorlê om die titel wat sy twee jaar gelede afgestaan het, te herwin. Elliott was tweede in 2:06.79. Die Vrystater Karen Allers het die bronsmedalje verower met haar tyd van 2:07.82. Theo Verster het die titel in die 400 individuele wisselslag, wat deur sy Natalse spanmaat Cliffie Lyne vakant gelaat is, met 'n tyd van 4:42.63 gewen. Warren Preece, wat die vinnigste tyd in die uitdunne aangeteken het, het Verster goed opgekeil, maar moes uiteindelik oor die laaste 100 meter bes gee toe Verster in die vry slagbeen onder sy teenstanders uitgeseil het. Preece moes met die tweede plek tevrede wees in 4:42.63. Wade Ferguson van Oos-Transvaal was derde in 4:47.90. In gisteroggend se uitdunne het Tanya Naudé van Oos-Transvaal skitterend geswem en die Afrika-rekord in die 200 borsslag vir vroue verbeter. Naudé het die Afrika-rekord van 2:42.00 tot 2:40.47 verbeter. Sy het beter gevaar as die eerste gekeurde, Julia Russel van Natal, wat 'n tyd van 2:41.27 aangeteken het. Dié Afrika-rekord is vroëer vanjaar in Zimbabwe deur Russel opgestel, maar moet nog bekragtig word. Russel se ingeskrewe tyd was 2:40.09, maar is aangeteken voordat Suid-Afrika se rekords in Afrika aanvaar is. Elzette Jordaan van Natal en die 12-jarige Mia van Biljon van Transvaal het mekaar behoorlik in die uitdunne van díe nommer opgekeil. Dit was Jordaan wat eerste aan die elektroniese tydopnemer geraak het en Van Biljon met 0.03 van 'n sekonde geklop het. Jordaan se tyd was 2:45.22, vergeleke met Van Biljon se 2:45.25. 'n Opwindende stryd het in die 100 vlinderslag vir mans plaasgevind. Die eerste gekeurde swemmer, Bruce Snodgrass van die Westelike Provinsie, het die vinnigste tyd van 57.18 in dié nommer opgestel. Gary Albertyn van die Grens was tweede in 57.80, net 0.01 voor Herman Louw van Noord-Transvaal, wat 'n tyd van 57.81 aangeteken het. Tamas Hortonagyi, die Hongaarse swemmer wat vanjaar vir Transvaal swem, was vierde met 'n tyd van 58.08 sek. Heather Park van Oos-Transvaal het die 200 vryslag vir vroue in 2:09.75 gewen, maar was net 'n kortkop voor haar naaste teenstanders. Die tye van die eerste drie swemmers in dié nommer het net met 0.04 verskil. Karen Allers van die Vrystaat was tweede in 2:09.77 en Tracy Elliot van die Grens derde in 2:09.79. Transvaal was ná eergisteraand se swem die vroeë voorloper van die gala met 301 punte, gevolg deur Natal (291), die Grens (148), die Westelike Provinsie (118), Noord-Transvaal (109), die Vrystaat (81), Oos-Transvaal (32), Oostelike Provinsie (28), Vaaldriehoek (28). Uitslae op bladsy 19.

12 Maart

Jong Tanya probeer Marianne se kalklig steel

GERMISTON. Die Oos-Transvaler Tanya Naudé wat hier hard probeer om die Westelike Provinsie se Olimpiese swemmer Marianne Kriel te onttroon as die ster onder die vroue by die nasionale kampi oenskapsgala in die Delville-bad, het gisteraand nog 'n Afrika-rekord opgestel. Nadat Naudé in die oggend die Afrika-rekord in die 100 borsslag oortref het, het sy die aand nog 'n keer daarop verbeter met 'n tyd van 1:13.42. Die Nataller Julia Russell wat die vorige rekord met 'n tyd van 1:15.17 gehou het, het die kant geraak in 1:14.26 in die tweede plek. Nog 'n Nataller, Jacqui Rankin, was derde in 1:14.35. Die 15-jarige Naudé het ook reeds die 200 borsslagtitel gewen. Die Nataller Kenneth Cawood het steeds die borsslagnommers vir mans oorheers op die vierde aand van die kampioenskapsgala. Die sterkgeboude ster, nie afgeskrik deur die Transvaler Gary Coetzee se rekordpogings in die oggend se uitdunne nie, het sy beste gehou vir die eindronde in die 200 borsslag. Cawood het sterk geswem vir die titel in 'n nommer wat hy die afgelope vyf jaar oorheers het en 'n nuwe Afrika-rekord van 2:21.69 opgestel. Hy het die rekord van 2:24.41 oortref wat Coetzee die oggend opgestel het. Met hierdie vertoning het die Nataller nog 'n titel gevoeg by sy goue medalje wat hy 48 uur vantevore in die 100 borsslag verower het. Coetzee, wat tot die laaste lengte nog in die vierde plek geswem het, het daarna vorentoe gebeur om tweede te eindig in 2:24.98, met die Noord-Transvaler Herman Louw derde in 2:26.02. Voor Cawood en Coetzee se vertonings is die Afrika-rekord in dié nommer deur Joerg Lindemeier (2:24.88) van Namibië gehou. 'n Derde Afrika-rekord het in die 4x100-vryslagaflos in die slag gebly. Transvaal (Andrew Biram, die Hongaar Tamas Hortobagyi, Rowan Wittels en Paul Fryer) het meer as 'n sekonde verbeter op Egipte se rekord van 3:33.45 met hul wentyd van 3:33.45. Die uitslae is: Mans: EINDSTRYD: 400 vryslag: 1. Gary Albertyn (Grens) 4:03.63; 2. Paul Fryer (Tvl) 4:07.72; 3. Roy Peacock (Natal) 4:10.67; 4. Ryk Neethling (OVS) 4:11.73; 5. Pierre de Roubaix (WP) 4:12.43; 6. Ryan Logie (Natal) 4:14.96; 7. Lourens Appelcryn (OVS) 4:18.81; 8. Wade Ferguson (OTvl) 4:21.00; TROOSFINAL: 1. Grant Engels (Grens) 4:16.51; 2. Warren Preece (OVS) 4:17.55; 3. Matthew Gibbs (Natal) 4:18.92; 4. Brynn Andrew (Tvl) 4:20.74; 5. Ockert Kohne (WP) 4:21.64; 6. Wayne Delport (Tvl) 4:22.23; 7. Evan Albertyn (NTvl) 4:22.26; 8. Conrad Meyer (Natal) 4:24.80; 200 borsslag: 1. Kenneth Cawood (Natal) 2:21.69 (Afrika-rekord); 2. Gary Coetzee (Tvl) 2:24.98; 3. Herman Louw (NTvl) 2:26.02; 4. Gary Munro (OVS) 2:28.15; 5. Craig Read (Tvl) 2:29.01; 6. Daniel Vorenburg (Natal) 2:29.51; 7. Karl Rogers (Tvl) 2:30.15; 8. Adrian Bosch (Tvl) 2:30.40; TROOSFINAAL: 1. Alan Ford (Tvl) 2:29.84; 2. Corne Prozesky (NTvl) 2:30.73; 3. Roelof Rossouw (OVS) 2:31.91; 4. Marcel da Ponte (NTvl) 2:32.25; 5. Simon Peterson (Tvl) 2:32.53; 6. Ray Smith (NTvl) 2:33.27; 7. Johannes Erasmus (NTvl) 2:36.27; 8. Rory Mapstone (Tvl) 2:36.88; 4x100 vryslag aflos: 1. Transvaal A (Andrew Biram, Tamas Hortobagyi, Rowan Wittels, Paul Fryer) 3:32.36 (Afrika-rekord); 2. Grens A (Laren Tiltman, Donald Morrison, Gary Albertyn, Peter Williams) 3:32.62; 3. Natal A (Andrew Stephenson, Mark Brown, Mark Duncan, Warren Patterson-Roberts) 3:34.33; 4. Westelike Provinsie A 3:36.60; 5. Natal B 3:39.09; 6. Noord-Transvaal A 3:39.55; 7. Transvaal B 3:42.46; 8. Zimbabwe 3:45.20. Vroue: EINDSTRYD: 100 vlinderslag: 1. Marianne Kriel (WP) 1:04.27; 2. Joannie Coetzer (OP) 1:04.76; 3. Inge Allers (OVS) 1:05.31; 4. Kate Leinberger (WP) 1:05.39; 5. Claire Bolton (Tvl) 1:05.75; 6. Marcelle Stiemens (Natal) 1:06.47; 7. Liza Marie Claassens (OVS) 1:06.48; 8. Tanya Stephens (Natal) 1:06.53; TROOSFINAAL: 1. Leezan Senekal (NTvl) 1:06.13; 2. Susan Crampton (Natal) 1:06.40; 3. Michelle Sandeman (Tvl) 1:07.25; 4. Megan Bydawell (Natal) 1:07.30; 5. Laura Smith (Zim) 1:07.52; 6. Kirsten van Heerden (Natal) 1:07.54; 7. Amanda Loots (Tvl) 1:08.08; 8. Leana van der Bank (NTvl) 1:08.38; 100 borsslag: 1. Tanya Naude (OTvl) 1:13.42 (Afrika-rekord); 2. Julia Russell (Natal) 1:14.26; 3. Jacqui Rankin (Natal) 1:14.35; 4. Tania Oosthuizen (OVS) 1:16.05; 5. Kerry Elliott (Grens) 1:16.06; 6. Elzette Jordaan (Natal) 1:16.20; 7. Mia van Biljon (Tvl) 1:16.69; 8. Brenda Webb (WP) 1:16.75; TROOSFINAAL: 1. Kirsty Nethercott (Tvl) 1:17.55; 2. Liane Venter (Tvl) 1:17.80; 3. Brenda Austin (OVS) 1:17.86; 4. Nicola Clegg (WP) 1:18.62; 5. Claire Lane (Tvl) 1:19.00; 6. Susan Bird (Tvl) 1:19.91; 7. Pierrette Brouwer (NTvl) 1:20.00; 8. Zachia Eloff (NTvl) 1:20.87.

13 maart

Karen Allers verpletter Afrika-rekord weer in 800 vryslag

Die 15-jarige Karen Allers van die Vrystaat het gisteraand 'n nuwe Afrika-rekord in die 800 vryslag vir vroue aangeteken. Die jong Vrystater het haar eie Afrika-rekord van 9:13.17 wat sy eergister opgestel het met meer as 'n minuut verebeter. Die nuwe rekord staan nou op 9:11.72.

Jill Brukman mors met Afrika-rekord

GERMISTON. Die Nataller Jill Brukman het gister nie minder nie as twee keer met die Afrika-swemrekord in die 200 individuele wisselslag vir vroue klaargespeel hier by die Suid-Afrikaanse kampioenskapsgala. Brukman het gister die titel gewen in die afwesigheid van die kampioen, Petro Nortjé, in die uitstekende binnelandse tyd van 2 minute 22.79 sekondes. In gisteroggend se uitdunrondes het die Nataller die moordende nommer in 2:25.20 voltooi om die Afrika-rekord van 2:25.31 van die Algeriër Insaf Hemch van die boeke te vee. Die Elliot-susters van die Grens het die minder belangrike medaljes gewen. Kerry het die silwer ingepalm met 'n tyd van 2:24.08, terwyl Tracy die brons huis toe geneem het in 2:24.24. Nortjé, ook van Natal, het nie haar titel verdedig nie nadat sy besluit het om 'n jaar voltyds aan haar studies te wy. Die Noord-Transvaler Leezan Senekal was in die eindstryd van die 200 inviduele wisselslag die verrassende voorloper ná die vlinderslag oor 50 m, wat sy in 30.45 afgelê het. Maar Brukman, wat bitter sterk is in die rugslag, het haar neus voor gekry in die volgende been en is nooit weer bedreig nie. Die Transvaler Andrew Brynne, wat slegs 16 jaar oud is, was die verrassende kampioen in die mans se 200 vlinderslag. Hy het die muur eerste geraak in die relatief stadige tyd van 2:05.99 om die aanslag van die vlinderslag-spesialis Theo Verster van Natal suksesvol af te weer. Tamas Hortobagyi van Hongarye, wat ná die eerste lengte voor was, het die bronsmedalje ingepalm. Verster se tyd vir die silwermedalje was 2:07.43, terwyl Hortobagyi 2:08.57 aangeteken het. Byrne moes by die onlangse Transvaalse kampioenskapsgala met die tweede plek ná die Hongaar tevrede wees en daar is glad nie verwag dat hy sy meer ervare teenstander gisteraand sou troef nie. Laren Tiltman van die Grens het die 50 vryslag in 23.84 ingepalm, met sy provinsiale maat Gary Albertyn tweede. Uitslae op bladsy 16.

Jong Vrystater laat tweede rekord spat

GERMISTON. Die 15-jarige Karen Allers van die Vrystaat het gisteraand laaste gelag in die 800-vryslag by die nasionale kampioenskapsgala hier in die Delville- swembad. Sy het nou altesame twee Afrika-rekords verbeter en eindelik as wenner uit die stryd getree teen Heather Park van Oos-Transvaal, nadat dié twee mekaar vandeesweek in drie nommers behoorlik opgekeil het. Allers het Faten Ghattas van Tunisië se rekord van 9 min. 19.58 sek. met 7,86 sekondes verbeter tot 9:11.72. Park, wat eergister in die uitdunne 'n tyd van 9:14.00 aangeteken het, was gisteraand stadiger en het tweede geëindig in 9:17.84. Gary Albertyn van die Grens is egter steeds besig om die titels die een ná die ander voor sy teenstanders op te raap. Hy het gisteraand nóg een, dié in die 100 rugslag, by sy ander drie (200 rugslag, 100 vlinderslag en 400 vryslag) gevoeg. Andrew Marshall van die Westelike Provinsie, wat die uitdunne van die 100 rugslag gisteroggend gewen het, het die eerste 50 m voor geswem. Albertyn en Marshall was vroeër vandeesweek in die 200 rugslag ook slaags. Die twee swemmers het teen die end saam-saam op die muur afgepyl, maar Albertyn het sterker geëindig in 59.16. Marshall het net 0.21 van 'n sekonde ná Albertyn geëindig in 59.37. Vroeër die aand het Albertyn sy tweede silwermedalje gewen toe hy tweede in die 50 vryslag in 23.84 sekondes klaargemaak het. Sy spanmaat Laren Tiltman was eerste in 23.84 en André Stadler van die WP derde in 24.05. Jill Brukman van Natal het gisteraand haar tweede wisselslag-titel in 'n nuwe Afrika-rekord gewen. Sy het vroeër vandeesweek ook die Afrika-rekord in die 400 wisselslag verbeter. Sy het gisteraand 'n wentyd van 2:22.79 in die 200 individuele wisselslag aangeteken. Die Elliot-susters van die Grens, Kerry en Tracy, het dit om die tweede en derde plekke uitgespook. Uitslae op bladsy 16.

WP se Marianne beloon vir skitter-prestasies by Suid-Afrikaanse gala

Marianne Kriel van die Westelike Provinsie is eergister by die Delville-swembad in Germiston as die beste swemmer in die afdeling vir vroue aangewys. Die Kaapse ster het die afgelope week vier titels by dié nasionale kampioenskapsgala ingepalm. Sy is beloon vir haar uitstekende prestasie met 'n plek in die Suid-Afrikaanse swemspan wat in Mei aan drie internasionale galas in Europa gaan deelneem.

15 maart

Muller verras met plek in nasionale span

GERMISTON. Gary Albertyn van die Grens en Marianne Kriel van die Westelike Provinsie is opgeneem in die Suid-Afrikaanse swemspan wat in Mei in Europa aan drie internasionale byeenkomste gaan deelneem. Hulle is Saterdagaand ná die Suid- Afrikaanse kampioenskapsgala hier in die Delville-swembad ook as onderskeidelik die beste manlike en die beste vroulike swemmer aangewys. Albertyn het by die gala vyf titels verower en Kriel vier. Hul spanmaats is Kenneth Cawood van Natal, Jill Brukman van Natal, Tanya Naudé van Oos-Transvaal, Tracy Elliot van die Grens en Helene Muller van die Vaaldriehoek. Die keuse van Muller is 'n yslike verrassing. Sy het plek gekry op grond van haar tweede plek in die 50 m-vryslag in 26.97. Dit is een van die 150 vinnigste tye ter wêreld. Die 150ste tyd ter wêreld is as afsnytyd gebruik en net die swemmers wat verlede week vinniger tye behaal het, is vir die span gekies. Die span sal tussen einde Mei en middel Junie aan byeenkomste in Canet, Frankryk, Rome en Monaco deelneem. * Albertyn het Saterdagaand die Harry Getz-trofee vir die beste swemmer by die gala ontvang. Hy het ook die Zvi Katabi-trofee vir die beste uithouvermoë ontvang. Kriel is as die beste vroulike swemmer met die Susan Roberts-trofee vereer. Sy en René Templeton, kaptein van Natal, deel ook die Anton van Niekerk-trofee vir die beste sportvrou van die byeenkoms. Peter Williams van die Grens het die Alex Bully-trofee ontvang vir die beste prestasie deur 'n swemmer in 1992. Hy het by die Olimpiese Spele verlede jaar in Barcelona vierde in die 50 vryslag geëindig. Hy het onlangs 'n skouer-operasie ondergaan en het vanjaar net aan twee aflosnommers (4x50 en 4x100 vryslag) deelgeneem. Natal se span was die provinsiale wenners en hul mans en vroue het ook in die onderskeie afdelings eerste geëindig. Transvaal het die provinsiale skild vir vroue-duik verower en die WP dié vir mans. Transvaal se duikspan is as die algehele wenner aangewys. Debbie White van Transvaal en Andrew Mathew van die OP is as die beste duikers aangewys. Nog 'n berig op bladsy 11.

15 Maart

Hongare leer SA 'n waterpolo-les

DIE Suid-Afrikaanse waterpolospan het hom Saterdagaand in die Dellville-swembad in Germiston in diep waters bevind met sy terugkeer tot internasionale waterpolo. Hongarye het Suid-Afrika 'n deeglike les geleer en hom met 196 geklop. Die besoekers was reeds ná die eerste speeltydperk met 81 voor. Hongarye se doele is behaal deur Robert Molnër (2), Tibor Pardi, Robert Lovanyi (4), Zsolt Urögi, Lajos Vad (4), Aron Regos, Matyas Petrovics en Attila Biró (5). Vir Suid-Afrika was Tommy Osborne, Craig Roy, Guy Mottram, Patrick van Schoor en Peter van der Schyff in die kol. Die Suid-Afrikaanse o.21-span het vroeër die aand teen Israel beter vertoon. Israel het dié kragmeting met 107 gewen. Ook hier het die Suid- Afrikaners se gebrek aan internasionale ervaring opgeval. Israel se doele is deur Yonnai Ben-Gal, Rami Parizer (4), Uzi Hadar en Tal Snunit aangeteken. Suid-Afrika se doele is deur Simon Daley (2), Craig Hinds, Jean Oosthuizen, Neville Watt (2) en Wayne d'Elboux behaal. Die internasionale waterpolo- reeks wat op 'n rondomtalie-basis beslis sal word, begin vanaand om 18:30 in die Dellville-swembad in Germiston. Die bepalings is: Vandag: 18:30: Uitnodigingspan t SA o.21; 19:30: Hongarye t Red Stars; 20:30: SA t Israel. Môre: 18:30: Uitnodigingspan t Israel; 19:30: SA o.21 t Red Stars; 20:30: SA t Hongarye. Woensdag: 18:30: SA o.21 t Uitnodigingspan; 19:30: Israel t Hongarye; 20:30: SA t Red Stars.

15 Maart

Nog rekords tuimel in Germiston

JOHANNESBURG. Een Suid-Afrikaanse en vyf Afrika-rekords is Saterdag op die laaste aand van die Suid-Afrikaanse kampioenskapsgala in die Dellville-swembad in Germiston verbeter. Dit bring die getal Suid-Afrikaanse individuele rekords by die gala op drie te staan. Twee aflos-rekords is ook by die gala opgestel. Altesame 22 Afrika-rekords 16 individuele en 6 aflos-rekords is ook geslaan. Die rede vir die meer Afrika- as SA rekords is dat die meeste SA rekords opgestel is in die era toe Suid-Afrika nog uit internasionale swem geskors was. Gary Albertyn was sonder twyfel die grootste uitblinker. Hy het Saterdagaand die kampioenskapstitel in die 200 individuele wisselslag by sy ander vier titels (400 vryslag, 100 rugslag, 200 rugslag en 100 vlinderslag) gevoeg. Hy het in die proses die Afrika-rekord van Ibaraham Tamar van Egipte van 2:12.08 tot 2:08.39 verbeter. Dit was Albertyn se derde Afrika-rekord. Marianne Kriel van die Westelike Provinsie was die uitblinker onder die vroue. Sy het Saterdagaand haar vierde titel, die 50 vryslag, in 'n nuwe Afrika-rekordtyd gewen. Kriel, wat een Suid-Afrikaanse en vier Afrika-rekords opgestel het, het die Tunisiër Senda Gharbi se rekordtyd met 0.02 tot 26.30 verbeter. Jill Brukman van Natal het ook skitterend geswem en haar eie Suid-Afrikaanse en Afrika-rekord in die 200 rugslag van 2:18.56 tot 2:17.36 verbeter. Dit was haar derde titel. Sy het vroeër in die week ook in die 200 wisselslag en die 400 wisselslag eerste geëindig. Joannie Coetzer het haar en die Oostelike Provinsie se eerste titel by die byeenkoms verower toe sy die 200 vlinderslag in 2:22.35 gewen het. Haar tyd oortref die Afrika- rekord van Faten Ghattas van Tunisië met 0.33 sek. In die 1 500 vryslag vir mans moes verlede jaar se kampioen, Paul Fryer van Transvaal, met die derde plek tevrede wees. Roy Peacock van Natal het oor die laaste 100 meter verseker dat hy die nuwe kampioen word. Sy wentyd was 16:23.74. Ryk Neethling van die Vrystaat het oor die laaste 50 meter sy houvas verloor en moes met die tweede plek en 'n tyd van 16:24.00 tevrede wees. Die Afrika-rekord is ook in die 4x100 individuele wisselslag vir mans deur Natal se A- span oortref. Barend Nortjé, Kenneth Cawood, André Eerenstein en Warren Patterson- Roberts het die Egiptiese span se rekord van 3:58.25 tot 3:55.15 verbeter.


22 November 1993

Grens Age Group

Grens-gala lewer goeie vertonings

OOS-LONDEN. Verskeie goeie vertonings is hier gelewer in die Grens- gala in die Joan Harrison-swembad. Seuns 10 jaar en onder: Corné Strydom (Harlequins) - 100m vryslag (1:18,83), 50m rugslag (44,99s); James Groom (Vikings) - 50m vlinderslag (42,83s), 50m borsslag (44,98s), 200m borsslag (3:37,73). 11 jaar: Phillip Pratt (V) - 100 borsslag (1:42,67); Kenneth Friend (H) - 50m vlinderslag, 100m rugslag (1:35,09). 12 jaar: Matthew Palmer (V) - 50m vlinderslag (34,28s), 100m vryslag 1:06,44, 100m borsslag (1:31,57). 13 jaar: Julian Bax (V) - 200m borsslag (3:01,29). 16 jaar: Kevin Hughes (H) - 400m vryslag (4:41,38), 100m rugslag (1:15,55), 200m borsslag (2:53,93). 17 jaar: Tyrone Green (H) - 400m vryslag (4:23,58), 100m borsslag (1:23,90). 18 jaar en ouer: Gary Albertyn (H) - 100m vlinderslag (1:00,83), 100m borsslag (1:16,50), 200m borsslag (2:48,58). Meisies 10 jaar en onder: Vicki Jordaan (H) - 50m vlinderslag (54,43s), 100m vryslag (1:25,76), 50m borsslag (50,86). 11 jaar: Carriane Brits (H) - 50m vlinderslag (39,08s), 100m vryslag (1:13,98), 100m borsslag (1:29,45); R. Kellerman (V) - 100m vlinderslag. 12 jaar: L. van Onselen (V) - 100m vryslag (1:07,20), 100m rugslag (1:26,65). 17 jaar: Kerry Elliot (H) - 400m vryslag (4:37,14), 100m rugslag (1:11,95), 200m borsslag (2:53,09) 18 jaar en ouer: Terry Elliot (H) - 100m vlinderslag (1:07,62), 100m borsslag (1:24,49); Megan Rees (V) - 400m vryslag (4:37,53), 200m vlinderslag (2:32,18).

Durbanville Swimming Club very active

Members of the Durbanville Swimming Club recently took part in their first Western Province Junior League gala. About 80 children have been taught to swim, and they are now competing in galas. The club, which uses the Durbanville High School swimming pool, aims to provide training to all Durbanville children who want to take up swimming as a sport. A competition to raise funds was held recently, and the first prize, a weekend for two at De Overberger in Caledon, was won by Mrs Mary Freelander. Here Mrs Freelander (second from left, on photo above) is congratulated by club treasurer Mr Charles Smedley (left), while coach Mrs Lassie Farrell and committee member Mr Guy Brown look on. Club members who took part in the junior league gala are (photo below, front, from left) Nathanael Hastings, Adriaan Pienaar, Simon Brown, Mathew Hastings, Stephan Smit, Casey Wolters, Dennis Farrell and Gavin Nichol, and (middle) Clair Garrett, Lauren Phillips, Cora Visser, Kim Brown, Lisa Smedley, Anthea Moore, Lindie Everingham and Danita Farrell. At the back are coaches Mmes Jan Brown, Barbara Everingham, Lassie Farrell, Becky Hastings and Janet Nichol.

|

More in this category: « 1994 Durban 1991 Cape Town »

            NEW CONTENT

UA-55917683-1