1994 Durban

21 March 1994 - Kings Park Pool, Durban

       
  Men       Women    
 
Free            
50            
100            
200            
400            
800            
1500            

Back            
100            
200            

Breast            
100            
200            

Fly            
100            
200            

IM              
200            
400            

Free relay              
200            
400            
800            
             
 
Medley relay              
200            
400            

Diving              
1m            
3m            
         
 
Synchronised swimming       Figures      
Synchronised swimming       Duets  

Water Polo Currie Cup     Northern Transvaal        
               
Ellis Brown Trophy            

22 February

WP-swemmers leer baie van Hongare in die Strand

Lianne Steele en Alan van Gysen, belowende swemmers van die Westelike Provinsie, word hier touwys gemaak deur die Hongaarse nasionale afrigter, Laszlo Kiss. Kiss en die driedubbele Olimpiese kampioen, Krisztina Egerszegi, wat aanstaande maand in Florida in die Heldesaal ingelyf word, is reeds die afgelope week kliphard aan't oefen in die Strand.

 

28 February

Swemmers wys hul slag in die water

OOS LONDEN. Die uitslae van die Grens se ouderdomsgroepgala wat in Februarie gehou is, is: Seuns: 10 jaar en jonger: 100 m vryslag: Linden Emmerson 1:15,98; 100 m vlinderslag: Ryan Galpin 1:42,33; 100 m borsslag: Ashley Horsecroft 1:45,85. 11 jaar: 200 m vryslag: Shaun Barson 2:55,41; 200 m individuele medley: Shaun Barson 3:29,44; 100 m borsslag: Phillip Pratt 1:41,72. 12 jaar: 200 m vryslag: Hayden Nel 2:43,75; 200 m individuele medley: Byron Emmerson 2:57,23; 100 vlinderslag: Byron Emmerson 1:18,65; 100 m borsslag: Lodi van Dalen 1:29,96. 13 jaar: 200 m vryslag: Dale Williams 2:19,80; 100 m borsslag: Dale Williams 1:21,26; 100 m rugslag: Shaun Venter 1:21,85; 100 m vlinderslag: Wesley Walker 1:12,21. 14 jaar: 200 m vryslag: Julian Bax 2:15,33; 100 m borsslag: Julian Bax 1:20,00; 100 m rugslag: Mark Trenchard 1:19,48; 100 m vlinderslag: Russel Kellerman 1:12,21. 16 jaar: 100 m borsslag: Morne Booysen 1:30,68. 17 jaar: 200 m vryslag: Brett Petersen 2:07,56; 100 m borsslag: Brett Petersen 1:11,75; 100 m rugslag: Tyrone Green 1:09,37; 100 m vlinderslag: Grant Engels 1:05,00. 18 en ouer: 200 m vryslag: Gary Albertyn 1:57,84; 100 m rugslag: Darren Sanders 1:04,72; 100 m vlinderslag: Gary Albertyn 1:00,08. Meisies: 10 jaar en jonger: 100 m vryslag: Viki Jordaan 1:22,32; 200 m individuele medley: Viki Jordaan 3:27,11; 100 m borsslag: S Mountford 1:41,62 11 jaar: 200 m vryslag: Carianne Brits 2:46,50; 100 m borsslag: Carianne Brits 1:29,02. 12 jaar: 200 m vryslag: Liezl Cloete 2:421,00; 200 m individuele medley: Liezl Cloete 3:00,90; 100 m borsslag: Mandy van Huysteen 1:34,52 13 jaar: 200 m vryslag: Louise van Onselen 2:26,49; 100 m borsslag: Ashleigh Emmerson 1:29,83; 100 m rugslag: Louise van Onselen 1:25,21; 100m vlinderslag: Ashleigh Emmerson 1:27,19. 14 jaar: 200 m vryslag: Ingrid Laughlin 2:23,55; 100 m rugslag: Jolene Halkema 1:25,26; 100 vlinderslag: Donna Engels 1:14,07. 15 jaar: 200 m vryslag: Robyn Petersen 2:24,91; 100 m borsslag Luzelle Haw 1:28,10; 100 m rugslag Robyn Petersen 1:19,10; 100 m vlinderslag Marelise le Roux 1:28,71. 18 en ouer: 200 m vryslag: Megan Rees 2:10,51; 100 m rugslag: Tracy Elliott 1:10,95; 100 m vlinderslag: Tracy Elliott 1:09,59.

Marianne slag die rekords

KAAPSTAD. Suid-Afrika se swemrekords is selfs in vreemde water nie meer veilig nie. Die Springbok Marianne Kriel het in die naweek by 'n Amerikaanse universiteitsgala drie SA rekords verpletter. Kriel het by die Southern Conference-gala in Austen, Texas, vir vier nommers aangetree en net een maal in die 50 vryslag het die SA rekord die aanslag oorleef van Kriel, deesdae weer student aan die Southern Methodist University (SMU) in Dallas. Kriel het die 100 vryslag in 56.49 byna 'n sekonde vinniger as haar eie Suid-Afrikaanse rekord van 57.46 afgelê. Sy was tweede in die 100 rugslag ná Barbara Bedford (kampioen by die Wêreld-Studentespele), maar haar tyd van 1:02.21 het haar eie SA rekord van 1:03.12 uit die rekordboeke gevee. Haar tyd van 1:02.21 in die 100 vlinderslag identies aan haar tyd in die rugslag is ook vinniger as die nasionale rekord. Boonop het die WP se ster swemmer, wat eersdaags terug verwag word vir die nasionale kampioenskapsgala, in al vier individuele nommers vir die gesogte NCAA-gala gekwalifiseer. Die Transvaler Lexi Heyns het tot die troosfinal van die 200 vry slag deurgedring. Maar die grootste verrassing was die vertoning van die WP se borsslag-ster Nicky Clegg. Clegg, wat haar onlangs by die Universiteit van Texas ingeskryf het, het haar tweestryd loshande gewen met die SA borsslagkampioen, Sheelah Turner, wat die afgelope drie jaar aan SMU studeer. Howel nie een van dié twee swemmers vir die NCAA-gala kon kwalifiseer nie, het Clegg in albei nommers met haar beste vertoning nóg vorendag gekom.

21 Maart 1994

SA swemmers soek plek in span vir wêreldgala

Peter Williams

DURBAN. Die gespartel om 'n plek in die span wat Suid-Afrika einde September in Rome op die wêreldkampioenskapsgala in Rome sal verteenwoordig, begin vandag hier by die nasionale kam pioenskapsgala in die Kingsparkse swembad. Dis 'n yslike taak wat op die land se voorste swemmers wag in tien van die 26 individuele nommers waarin die swemmers die week in aksie gaan wees, is die kwalifiserende tyd wat verlang word, vinniger as die bestaande nasionale rekords. Net 'n handvol swemmers, onder wie Marianne Kriel, Peter Williams, Grant Ferguson en Gary Albertyn, is in dié stadium binne bereik van dié teiken. Kriel, die Westelike Provinsie se groot hoop op goud, word eers vandag uit Amerika terug verwag en sal nie vandag haar titel in die 100 vryslag verdedig nie. Kriel het die Southern Methodist University gister nog in Indianapolis by die NCAA-gala (Amerika se Universiteite gala) verteenwoordig. Die Vrystater Karen Allers is in die afwesigheid van Kriel die gunsteling om haar rekening by vanjaar se nasionale gala met haar eerste van 'n handvol moontlike goue medaljes te open. Allers sal vandag die kwalifiserende tyd (vir Rome) van 57.55 jaag. Maar Allers sal deeglik getoets word deur Teresa Moodie, een van 'n handvol talentvolle Zimbabwiese swemmers wat die week na Durban opgeruk het. 'n Nuwe kampioen sal ook in die 100 borsslag vir mans gekroon word. Die Olimpiese swemmer en dubbelse SA kampioen Kenneth Cawood sal nie dié week hier in aksie wees nie. Ferguson het tot dusver dié seisoen die septer geswaai in die borsslag en die swemmer van die Vaaldriehoek behoort vandag met die SA titel in die korter borsslagnommer beloon te word. Vandag se program: Swem (uitdunne en eindrondes): 100 vry slag (vroue); 100 borsslag (mans); 400 wisselslag (vroue); 200 vryslag (mans); Duik: 3 m uitdunne (vroue); 1 m uitdunne (mans); Waterpolo; Gesinchroniseerde Swem (sier-afdeling).

Gary haastig in Durban

DURBAN. Gary Albertyn het gister hier by die nasionale kampioenskaps gala in die Kingsparkse swembad Suid-Afrika se aanslag op die kontinent se rekords met 'n skitterende vertoning in die 200 vryslag gelei. Nóg twee Afrika-rekords het gisteraand in die slag gebly. Amanda Loots het reeds gisteroggend die vinnigste vrou in Afrika in die 400 wisselslag geword met haar tyd van 4:58.69 in die uitdunne. Die Transvaalse span het 'n derde rekord bygevoeg met sy tyd van 8:34.89 in die eindronde van die 4x200 vry slag-aflos vir vroue. Albertyn het sy puik vertoning verlede jaar in Germiston - toe hy vyf nasionale titels ingeoes het - gister hier voortgesit met 'n blinknuwe Afrika - en Suid-Afrikaanse rekord van 1:52.36. Die 25-jarige veteraan van Oos-Londen het meer as 'n sekonde van Craig Jackson se Suid-Afrikaanse rekord afgeknyp. Sy eie Afrika-rekord het ook in die slag gebly. Die kampioen, Paul Fryer van Transvaal, het gisteroggend in die uitdunne van die 200 vryslag die pas aangegee. Maar gisteraand was dit eenrigting- verkeer met Albertyn wat uiteindelik meer as twee sekondes voor Fryer geëindig het. Albertyn het ook gerieflik gekwalifiseer vir die groep waaruit Suid-Afrika se span wat einde September na Rome gaan vir die Wêreld-kampioenskaps gala, Saterdagaand aangewys sal word. Peter Williams, voormalige wêreldrekordhouer in die 50 vryslag, het sy lyf gisteraand borsslagswemmer gehou en so byna 'n groot opskudding veroorsaak. Die Transvaler Hermann Louw het Williams in 'n titaniese stryd in die eindronde van die 100 borsslag met 'n haarbreedte geklop. Louw se tyd van 1:05.17 is ook goed genoeg om hom 'n plek te besorg in die groep waaruit die span na Rome later aangewys sal word.

23 Maart

Nasionale swemgala dalk ingekort tot vier dae

Die veelsydige swemmer Gary Albertyn van die Grens, een van die groot uitblinkers by die nasionale gala in Durban.

Die Suid-Afrikaanse nasionale gala, wat nou oor ses dae in die Kingspark-swembad in Durban aangebied word, sal straks aanstaande jaar tot vier dae ingekort word mits die provinsies die voorstel gunstig aanvaar. Die motivering is dat die uitdunne en die eindstryde maklik op vier dae ingepas kan word. Die goeie nuus vir Durban is dat die gala sal beslis weer by Kingspark aangebied word, wat teen sowat R22 miljoen opgegradeer is. Nog ontwikkelinge word in die vooruitsig gestel. kompleks beskik onder meer ook oor 'n duikbad, wat vir waterpolo gebruik kan word. Dit voldoen aan internasionale standaarde en word beslis as die beste in Suid-Afrika beskou. Die nasionale junior gala vir aanstaande jaar is aan Bloemfontein toegeken, die kortbad-byeenkoms aan Johannesburg, die Ontwikkelingsgala aan Kaapstad en die Wintergala weer aan Sasolburg.

Durban steel swem-glorie by Kaapstad

DURBAN. Durban het die wedloop om Suid-Afrika se Olimpiese benoeming verloor, maar dis die Olimpiese stad Kaapstad en Johannesburg wat droëbek toekyk hoe Durban die een groot swembyeenkoms na die ander voor die ander twee grotes wegraap. Die nasionale kampioenskapsgala word vandeesweek die tweede keer in drie jaar in Durban gehou. En eergister het swem se ringkoppe besluit om aanstaande jaar weer so te maak. Johannesburg kry as troosprys die nasionale kortbadgala en Kaapstad die ontwikkelingsgala. Maar dis die grote waarom Kaapstad vanjaar gevry het . . en in die stof moes byt. Die rede is eenvoudig. Geen ander stad kan meeding met Kingspark se spoggerige nuwe swembad en duik- en waterpolo-kompleks - opgegradeer teen sowat R22-miljoen - nie. En dis maar net die begin, sê die mense hier. By voltooiing sal 'n hotel en restaurants ook deel uitmaak van dié kompleks wat met die bestes ter wêreld vergelyk. ``Kaapstad en Johannesburg kan op dié gebied nie met Durban meeding nie,'' het Sam Ramsamay, voorsitter van NOKSA en president van die Suid- Afrikaanse swemvereniging (Saasa), gesê. ``Wat Durban kan doen, kan Johannesburg en Kaapstad ook doen. Hopelik dien dit as aansporing vir ander om met soortgelyke projekte te begin.'' Die Kingsparkse swembad het die afgelope paar maande 'n gedaanteverwisseling ondergaan. Twee jaar gelede is die nasionale kampioenskapsgala deur ysige koue, onverhitte water en wind wat deur die halfvoltooide kompleks geswiep het, ontwrig. Die probleme bestaan nie meer nie. Kingspark is deesdae onderdak, maar glaspanele wat bedags genoeg lig inlaat om die illusie te skep dat die gala in die buitelug plaasvind, is aangebring.

23 maart

Williams jaag wêreldtyd, maar Albertyn kry slae

DURBAN. Peter Williams is terug met 'n Afrika-rekord in die 100 vlinderslag, maar belangriker nog, die voormalige wêreldrekordhouer in die 50 vryslag het weer sy aptyt vir wêreldtye herwin. Williams het, het ontslae geraak van die Nataller Theo Verster, wat in sy nek geblaas het. Hy het ook klaargespeel met André Eerenstein se kraakvars Afrika-rekord van 56.86, wat hy gisteroggend in die uitdunne opgestel het. Williams het in 55.94 geseëvier. Hy het haastig begin, te haastig en oor die laaste paar meter het sy arms begin moeg word. Hy het die eerste 25 meter in 25.7 afgelê, maar Verster het die gaping geleidelik begin toemaak en uiteindelik net 'n honderdste van 'n sekonde agter Williams geëindig. ``Ek het nie met vreeslike verwagtinge hierheen gekom nie. Maar my vertonings tot dusver gee my baie hoop en ek glo ek kan weer my beste peil herwin,'' het Williams, wat met 'n swaar verkoue sukkel, gesê. Maar Williams se skittervertoning was net 'n voorsmakie. Karen Allers (17) van die Vrystaat, Theo Verster, Penney Heyns én die Grens-mansspan in die 4x200 vryslag-aflos het ook onder die rekords gemaai. Allers het die 200 vryslag in 'n skittertyd van 2:03.81 'n nuwe Afriak-rekord gewen. Haar tyd is net 8/100stes van 'n sekonde buite Annette Cowley se tien jaar oue Suid-Afrikaanse rekord en boonop kwalifiseer sy outomaties vir die SA span wat einde September aan die Wêreldgala in Rome deelneem. Verster wat gister twee keer eers in die uitdunne en toe in die eindronde die Afrika-rekord in die 100 vlinderslag met 'n haarbreedte misgeloop het, het in die eindronde van die 200 wisselslag vergoed. Hy het die grootste verrassing tot dusver hier gelewer deur met die groot gunsteling, Gary Albertyn, af te reken. Albertyn het die pas aangegee, maar Verster het oor die laaste 20 meter verby 'n moeë Albertyn geskuif en die kant eerste in 4:33.45 geraak. Albertyn was tweede in 4:33.74, met Michael Windisch van Zimbabwe derde in 4:39.60. Al drie het met die ou Afrika-rekord van 4:42.08 klaargespeel. Albertyn en Verster het hul plekke beklink in die voorlopige groep waaruit die SA span vir Rome aangewys sal word. Heyns het in die eindronde eenvoudig onder haar teenstanders uitgeseil en nog 'n sekonde van die Afrika- en SA rekord afgeknyp en in 2:32.62 klaargemaak. Ook sy is op pad na Rome. Die Grens-mansspan (Donald Morrison, Laren Tiltman, Greg Kahn, Albertyn) het Transvaal in nog 'n rillerstryd in die 4x200 vry slag-aflos geklop. Die tyd van 7:44.91 is ook 'n nuwe SA en Afrika- rekord.

24 maart

Moeë Marianne Kriel spring weg met 'n rekord

Karen Allers het binne twee dae twee Afrika-rekords oortref.

DURBAN. - Marianne Kriel het haar opwagting hier twee dae laat gemaak, maar die wag was die moeite werd. Die Springbokswemmer van die Westelike Provinsie, wat eers gisteroggend via Johannesburg uit Amerika hier aangekom het, het die Suid-Afrikaanse en Afrika-rekord in die 100 rugslag gisteraand hier in die Kingsparkse swembad met 'n wêreldklas tyd verpletter. Kriel se tyd van 1:03.05 in die eindronde van die 100 rugslag is op agtien na die vinnigste tyd verlede jaar in die wêreld en maak haar 'n vanselfsprekende keuse vir die Suid-Afrikaanse span wat September aan die wêreld-kampioen skapsgala in Rome gaan deelneem. Die Vrystaatse langasem Karen Allers het haar derde titel ingepalm met 'n nuwe Afrika-rekord in die 400 vryslag, terwyl Peter Williams in die 100 vryslag met die Afrika- rekord klaargespeel het. Williams het Grens tot nog 'n SA en Afrika-rekord in die 4x100 vry slag geloods. Kriel het gister die nagevolge van 'n harde week gevoel. Die 22-jarige Kapenaar het laat Maandagaand in Kaapstad aangekom nadat sy die Southern Methodist University in die naweek by die Amerikaanse Universiteite-kampioenskapsgala in Indianapolis verteenwoordig het en binne drie dae in sestien nommers moes swem. ``Dit is 'n yslike verrassing, ek het geweet dit is 'n goeie tyd, maar ek het nie 'n SA rekord verwag nie. Ek is baie moeg en teen die einde het my bene amper meegegee,'' het Kriel gesê. Allers het haar heerskappy in die vryslag gister beklemtoonm met nog 'n skitter-vertoning, dié keer in die 400 vryslag. Die 17-jarige Vry stater het dié nommer afgeblits in 4:19.79 twee sekondes buite Jeanine Steenkamp se SA rekord. Williams het gisteraand op meer bekende terrein aangetree en gewys dat hy in die korter vryslagnommers nie sy gelyke in Suid- Afrika of Afrika het nie. Hy het net-net na die eindronde deurgedring, maar het in dié teen 'n geweldige tempo weggespring en gemaklik onder sy teenstanders uitgetrek om in 51.53 te seëvier. Gary Albertyn het Grens se derde goue medalje van die aand ingeoes met 'n blink sege in 2:06.38 (vinniger as die minimum kwalifiserende tyd vir Rome) in die 200 rugslag. Williams, Albertyn, Donald Morrison en Laren Tiltman het 'n volmaakte aand vir Grens met 'n dubbele rekord in die 4x50 vryslag in 1:33.18 afgerond.

swem

25 maart

Sport

Penny laat haarself geld

Erika Potgieter

DURBAN. Penny Heyns het gisteraand hier in die Kingsparkse swembad 'n plek onder die wêreld se top- tien borsslagswemmers losgeswem. Haar eerste mikpunt nou is die wêreldrekord en dalk 'n medalje by die wêreldbyeenkoms in Rome. Heyns, wat haar eie Suid-Afrikaanse rekord in die uitdunne met twee sekondes tot 1:10.57 verbeter het, het gisteroggend in die uitdunne nóg beter vertoon en die afstand in 'n verbysterende 1:09.97 afgelê. Dié tyd sou aan haar twee jaar gelede in Barcelona by die Olimpiese Spele 'n sewende plek besorg het. Sy wás in Barcelona. Dit is egter 'n episode wat sy liefs wil vergeet. Die besluit twee jaar gelede om Heyns ten koste van die destydse Suid-Afrikaanse kampioen, Sheelah Turner, in Suid-Afrika se Olimpiese span in te sluit, het wye kritiek uitgelok. ``Dit was dié laagtepunt in my loopbaan. Ek het half skuldig gevoel om in die span te wees. My gesindheid was nie reg nie en swem was nie my eerste prioriteit nie. ``Al dié teleurstellings het my egter net meer vasberade gemaak en deesdae is swem my eerste prioriteit,'' het die boorling van Amanzimtoti gesê. Die ommekeer in haar loopbaan het gekom toe Heyns 18 maande gelede sak en pak Amerika toe is om aan die Universiteit van Nebraska te studeer. ``Ek het baie geleer in Amerika. Ek werk nou harder as in enige stadium van my loopbaan en pluk nou die vrugte daarvan. Ek weet ek kan nog verder verbeter,'' het sy gesê. Tanya Naudé van Oos-Transvaal het gisteraand moedig probeer byhou en het uiteindelik tweede klaargemaak in 1:12.91 met Jacqueline Rankin van Natal derde in 1:13.37. Marianne Kriel en Grens se aflosspan vir mans het die kollig met Heyns gedeel met nog twee Afrika- rekords. Die gala is egter ontsier met die diskwalifikasie van die Transvaler Hermann Louw, wat die Nataller Kenneth Cawood se Suid-Afrikaanse en Afrika-rekord in die 200 borsslag met 'n spogtyd van 2:20.39 verpletter het. Die beamptes was van mening dat Louw van 'n onwettige vlinderslagdraai gebruik gemaak het. Louw is enkele minute voor hy vir die aflosse sou aantree deur die beamptes van dié besluit in kennis gestel. ``Dit is jammer dat dit moes gebeur. Ek was glad nie daarvan bewus dat hy van 'n onwettige draai slag gebruik gemaak het nie,'' het Louw se Transvaalse spanmaat, Gary Coetzee, wat uiteindelik tweede geplaas is ná Corné Prozesky van Noord-Transvaal, gesê. 'n Vlugflou Kriel het gister deur die tamheid van 'n marathonvlug uit Amerika na Kaapstad en Johannesburg baklei om die 100 vlinderslag in 1:02.61 net kort van haar SA rekord te wen. Kriel is hard gejaag deur die 15- jarige Transvaler Amanda Loots, tweede in 1:02.90, en Amanda Hunter-Beckinsall, wat derde geëindig was in 1:03.61. Gary Albertyn van die Grens het sy vierde titel ingeoes met 'n naelbyt- sege in die 400 vryslag. Ryk Neethling, 16-jarige skoolseun van Bloemfontein, het die gaping oor die laaste 20 meter vinnig toegemaak, maar dit was Albertyn wat die wand eerste geraak het in 4:02.89 met Neethling tweede in 4:03.28.

25 maart

Vier kan pak vir Rome

DURBAN. Vier swemmers almal vroue het reeds hier by die nasionale kampioenskapsgala in die Kingsparkse swembad seker gemaak dat hulle einde September na Rome gaan vir die Wêreld gala. Karen Allers (OVS, 100, 200 en 400 vryslag), Marianne Kriel (WP, 100 vryslag, 100 rugslag en 100 vlinderslag), Penny Heyns (100 en 200 borsslag) en Jill Brukman (100 rugslag) het reeds voldoen aan die vereiste 'n plek onder die voorste 75 swemmers ter wêreld vir 'n outomatiese plek in die Suid-Afrikaanse span. Heyns en Kriel het met wêreldklas- vertonings hier in Durban albei spog met tye onder die top-twintig ter wêreld gewys dat Suid-Afrika sy man in Rome kan staan. Kriel het die 100 rugslag eergisteraand in 1:03.05 gewen. Net agtien swemmmers het verlede jaar beter gevaar. Heyns het gisteroggend in die uitdunne van die 100 borsslag twee sekondes van haar eie SA rekord in dié nommer afgeknyp. Haar tyd van 1:10.57 is op sewentien na die beste ter wêreld en die Duitser Silke Horner se wêreldrekord van 1:07.91 lyk skielik nie meer ligjare ver nie. ``Dit is die beste vertoning in jare in Suid-Afrika,'' het Peter Williams, self op sy dag 'n wêreldrekordhou er, Heyns se vertoning opgesom. Williams kan vanaand sy plek in die Rome-span beklink wanneer hy in sy spesialis-nommer, die 50 vry slag, aantree. Die 25-jarige swemmer van Oos- Londen het met goeie seges in die 100 vryslag en 100 vlinderslag genoeg gedoen om ingesluit te word in die groep waaruit die finale span vir Rome later aangewys sal word. Maar hy sal graag vanaand doodseker wil maak dat hy ook na Italië gaan. ``Ek wil probeer om my vir die 50 vryslag en 100 vlinderslag te kwalifiseer,'' het Williams gister gesê. Swemmers wat die minimum-vereiste vir insluiting in die SA groep behaal, sal tot Junie kans kry om hulle vir die finale span te kwalifiseer. Gary Albertyn (200 vryslag, 200 rugslag), 400 wisselslag) Amanda Loots (400 wisselslag en 100 vlinderslag), Theo Verster (100 vlinderslag en 400 wisselslag), Tracy Elliott (400 wisselslag) en Hermann Louw (100 borsslag) is binne bereik en het ook reeds aan die minimum-vereiste ('n plek onder die voorste 150) voldoen. Die onus rus nou op hulle om 'n plek onder die top-75 los te swem.

28 maart

Vyf al seker van vliegkaartjie na Rome

DURBAN. Net sewentien swemmers het die siftingsproses om die elite te vind wat Suid-Afrika in September by die Wêreld- gala in Rome sal verteenwoordig, oorleef. Vyf van hulle Penny Heyns, Marianne Kriel, Karen Allers, Jill Brukman en Gary Albertyn het hul plekke in die span beklink met spogvertonings by die Suid-Afrikaanse kampioenskapsgala, wat eergister hier ten einde geloop het. 'n Verdere twaalf het nog tot Junie kans om aan die vereiste ('n plek onder die voorste 75 swemmers in die wêreld) te voldoen. ``Net die elite sal na Rome gegaan. Ons is ingestel op kwaliteit eerder as kwantiteit,'' het Sam Ramsamay, president van die Nasionale Olimpiese Komitee en voorsitter van die Suid-Afrikaanse Swemvereniging (Saasa), gesê. Heyns en Kriel tel onder dié elite. Heyns, wat ook as die beste vroue-swemmer by vanjaar se gala aangewys is, het die 100 borsslag in 'n skitterende 1:09.97 gewen op agt na die vinnigste verlede jaar ter wêreld en 'n tyd wat aan haar 'n sewende plek by die Olimpiese Spele in Barcelona sou besorg het. Kriel het 'n ewe indrukwekkende 1:03.05 in die 100 rugslag behaal. Ook sy sou hiermee sewende klaargemaak het in Barcelona. Dit lyk of Suid-Afrika met Amanda Loots (vlinderslag), Brukman (rugslag), Heyns (borsslag) en Kriel (vryslag) die wêreld se bestes in die 4x100 wisselslag-aflos ook deeglik sal kan opkeil. Loots, Tracy-Lee Elliott, Mandy Hunter- Beckinsall, Tanya Naudé, Kerry Elliott, Jacqueline Rankin, Elzette Jordaan, Peter Williams, Theo Verster, Hermann Louw, Ryk Neethling, Roy Peacock kan ook in die volgende paar maande seker maak dat hulle ook na Rome gaan. Die land se voorste duikers sal in Julie hier in Durban aan proewe deelneem om te bepaal wie na Rome sal gaan. Die sier swemspan sal soos die swemmers aangewys word uit 'n groep wat Saterdag bekend gemaak is. Die Suid-Afrikaanse waterpolo-span moet oor 'n week in Ka ro met Egipte afreken vir die voorreg om Afrika in Rome te verteenwoordig. Die groepe wat eergister aangewys is verskyn op bladsy 16.

28 maart

Dis Gary en Peter se gala in Durban

DURBAN. As die diewe wat verlede week by die twee swemsterre van die Grens, Peter Williams en Gary Albertyn, se huis in Oos-Londen ingebreek het 'n week later toegeslaan het, het hulle 'n sak vol goud gebuit. Albertyn, wat eergisteraand as die beste swemmer by die nasionale kampioenskapsgala aangewys is, en Williams het die afgelope week saam 14 goue medaljes in indivi duele nommers en aflosse ingepalm. Die 25-jarige Albertyn het sy vyfde individuele goue Saterdagaand met 'n skitterende oorwinning in die 200 wisselslag ingeoes. Albertyn se tyd van 2:05.20 in die eindronde van dié nommer het ook sy plek beklink in die Suid-Afrikaanse span wat September in Rome aan die Wêreld-gala sal deelneem. Hy het in die proses ook sy eie Afrika- en Suid-Afrikaanse rekord verpletter. En Albertyn, Williams en hul spanmaats Laren Tiltman en Brett Petersen het die Grens se oorheersing in die mans-aflosse met nóg 'n goue medalje en 'n Suid-Afrikaanse en Afrika-rekord van 3:51.71 in die 4x100 wisselslag-aflos onderstreep. Die Grens se mans het skoonskip gemaak in die aflosse - Albertyn het 'n aandeel in al vier medaljes gehad, terwyl Williams, wat goud in die 100 vlinderslag en 100 vryslag gewen het, ook drie goues in die aflosse ingesamel het. Die Vrystaatse langasem Ryk Neethling moes tot Saterdagaand wag om heel bo op die wennerspodium te gaan staan, maar vir hom was die lang wag die moeite werd. Die 16-jarige leerling van die Bloemfonteinse spogskool Grey het vroeër vanjaar net die tweede Suid- Afrikaner geword wat die 1 500 vryslag in minder as 16 minute kon aflê. Eergister het hy dit weer gedoen. . . en die Nataller Roy Peacock gehelp om ook deur dié magiese grens te breek. Neethling is 'n jaar gelede in Germiston met 16 honderdstes van 'n sekonde deur Peacock om die Suid- Afrikaanse titel geklop. Dié keer het hy die bordjies verhang en in 15:56.66 geseëvier. Peacock was tweede in 15.57.35. Die Olimpiese swemmers Marianne Kriel en Jill Brukman het vir die ander hoogtepunte gesorg. Kriel het haar derde agtereenvolgende titel in die 50 vryslag verower. Brukman het in die 200 rugslag 'n groot aanslag van Tracy Elliott van die Grens afgeweer en uiteindelik net-net daarin geslaag om voor te bly. Die Nataller was eerste in 2:18.21 met Elliott 'n kortkop ná haar in die tweede plek in 2:18.34. Amanda Loots van Transvaal was eerste in die 200 vlinderslag in 2:18.99 haar tweede titel.

28 maart

Groepe bekend gemaak vir internasionale swemgalas

DURBAN. Die Suid-Afrikaanse Swemvereniging het eergister ná afloop van die nasionale kampioenskapsgala die groepe en spanne bekend gemaak waaruit die land se verteenwoordigers vir internasionale kompetisies later vanjaar gefinaliseer sal word. Die groepe is: Swem (die groep waaruit die span wat Suid-Afrika in Rome sal verteenwoordig, aangewys sal word): VROUE: Penny Heyns (N), Marianne Kriel (WP), Karen Allers (OVS), Jill Brukman (N), Amanda Loots (T), Tracy-Lee Elliott (G), Mandy Hunter-Beckinsall (T), Tanya Naudé (OT), Kerry Elliott (G), Jacqueline Rankin (N), Elzette Jordaan (N). MANS: Ryk Neethling (OVS), Roy Peacock (N), Gary Albertyn (G), Peter Williams (G), Theo Verster (N), Hermann Louw (T). Waterpolo (die span wat Egipte pak in 'n uitspeel-wedstryd wat sal bepaal watter land Afrika in Rome sal verteenwoordig): Gus Woolridge (NT), Roy Norris (NT), Anton Botha (WP), Guy Mottram (NT), Ashley Kantor (WP), Craig Roy (NT), Vladimir Trninic (OT, k), Stan Bellikof (WP), Arno de Noon (T), Chris Reardon (NT), Jean Oosthuizen (NT), Patrick van Schoor (WP), Simon Daly (OT); Billy Otto (afrigter); Goran Tanaskevitch (afrigter); Doug Sabor (spanbestuurder). Sierswem (die groep waaruit 'n span vir Rome aangewys sal word): A-GROEP: Loren Wulfsohn (N), Renata Peslova (T), Amanda Taylor (N), Glenys Smith (N), Deiore Harrison (N), Didi Rush (T), Su Bernstein (WP), Judi van Niekerk (N), Nicky Upton (WP); B-groep: Carolyn Greig (N), Donna Dippenaar (N), Lauren Curtis (N), Derryn Bond (N), Brita Muddiman (T), Anne Small (N), Tricia Hands (WP), Leigh-Ann Hutton (N), Gabi Christie (WP), Lisa Muddiman (T). B-GROEP: Dowell, K. de Jong (spanbestuurders); Terri Wulfson, Elaine Buck, Beattie Braaf (afrigters). Duik (die volgende duikers sal in Julie in Durban aan proewe deelneem wat sal bepaal wie Rome toe gaan): VROUE: Heather McGregor (T), Cathy Mitchell (T), Dominique Philippopoulos (T), Fiorelle Raccanello (T), Debbie White (T), Jennifer Wilson (OP), Jane Woodard (WP); MANS: Alistair Andrews (N), Robert Arendt (NT), Grant Clark (WP), Robert Costa (WP), Eddie Galpin (OP), Mark

29 April

SA span swem in Junie teen Hongarye se bestes

Krisztina Egerszegi dubbele wêreldkampioen in die rugslag.

SUID-AFRIKAANSE swem maak in Junie, ná 'n afwesigheid van meer as dertig jaar, sy terugkeer tot die internasionale waters wanneer 'n Suid-Afrikaanse span in Hongarye aan dié land se Olimpiese proewe deelneem. 'n Suid-Afrikaanse span, bestaande uit swemmers wat nie vir die Olimpiese span kon kwalifiseer nie, gaan in Boedapest teen een van van die wêreld se swemreuse kragte meet. ``Die toer bied aan die swemmers wat net-net nie die Olimpiese span gehaal het nie, die geleentheid om hulle in internasionale geselskap te bewys. Die swemmers kan waardevolle ondervinding opdoen in dié uitgelese geselskap,'' het mev. Mo Lamont, wat die span saam met mnr. Karolyi Toros as afrigter en bestuurder sal vergesel, gister gesê. Die Suid-Afrikaanse span sal waarskynlik vandag bekend gemaak word. Hongarye het verlede jaar by die wêreldkampioenskapsbyeenkoms in Perth drie wêreldrekords opgestel meer as elke ander land en vyf goue, drie silwer- en een bronsmedalje ingeoes ondanks die feit dat hy net 11 swemmers na Wes-Australië gestuur het. Annette Cowley wat op omstrede wyse weggelaat is uit die Suid- Afrikaanse span wat later vanjaar aan die Olimpiese Spele in Barcelona gaan deelneem, sal een van die eerstes wees wat vir dié toer nader geroep gaan word hoewel sy vroeër aangedui het dat sy nie vir verdere swemtoere beskikbaar is nie. Die Suid-Afrikaanse kampioen in die 100 borsslag, Sheelah Turner, sal haar groot kans kry om met die wêreld se voorste borsslag-eksponente kragte te meet. En die man agter die Hongare se sukses is Tamas Szechy wat die nasionale span reeds die afgelope drie dekades afrig. Hongarye het 'n ryk sportgeskiedenis. Van die 122 goue medaljes wat die Magjaars in Olimpiese kompetisie ingeoes het, het sy swemmers 12 gewen. Die Hongare werk hard vir dié sukses. Hulle oefen tot sewe uur per dag, vyf dae van die week. Saterdae en Sondae is ``rusdae'' en pas hulle 'n enkele oefensessie van sowat drie uur in. Waar die Suid-Afrikaanse swemkalender om die nasionale kampioenskapsgala draai, beskou die Hongare húlle kampioenskapsgala en enige ander gala benewens die wêreldkampioenskapsgala, die Europese gala en die Olimpiese Spele, as bloot nog 'n oefensessie. Daarom het sy twee groot sterre, Krisztina Egerszegi en Tamas Darnyi, elk aan sestien nommers deelgeneem by verlede jaar se nasionale gala. Die 23-jarige Darnyi het in Perth wêreldrekords in die 200 en 400 individuele wisselslag opgestel en is as die beste swemmer by dié gala aangewys. Darnyi is nog nooit in die 200 wisselslag geklop nie en daar is ook nie in Suid-Afrika 'n swemmer wat hoegenaamd 'n bedreiging vir dié begaafde swemmer inhou nie. Die petite Egerszegi, 'n dubbele wêreldkampioen in die rugslag, was in Seoel die kleinste en jongste Olimpiese kampioen. Norbert Rosza het in Australië as onbekende 18-jarige swemmer die wêreldrekord in die 100 borsslag verpletter. Dit was Szechy wat Rosza vier jaar gelede by 'n piepklein klub op die Hongaarse platteland ontdek en na wêreldroem gelei het. Die Suid-Afrikaners sal veral baie kan leer by die Hongaarse borsslagswemmers. Dit is die Hongare wat verantwoordelik was vir die revolusie in dié nommer soos sy wêreldkampioene Rosza en Joszef Szabo kan getuig.

Hongaarse swemmers kom na SA

BOEDAPEST. Suid- Afrika is hier by Hongarye se Olimpiese swemproewe genooi om aanstaande jaar weer 'n span hierheen te stuur, terwyl die Hongaarse swem- en waterpolospan genooi is om Suid-Afrika vroeg in 1993 te besoek, berig Erika Potgieter. Die span sal wêreldkampioene soos Krisztina Egerszegi, Norbert Rosza, Jozef Szabo en Tamas Darnyi insluit en kan baie vir plaaslike swem beteken. Dr. Janos Konrad, afrigter van die Hongaarse waterpolospan, het reeds hier te kenne gegee dat hy sy span na Suid-Afrika gaan bring. Suid-Afrika is ook genooi om aanstaande week hier aan 'n internasionale gala deel te neem, maar die uitnodiging moes van die hand gewys word.

Drie van WP haal swemspan vir fees

Peter Williams

DURBAN. Drie swemmers van die Westelike Provinsie is ingesluit in die span wat op 7 April aan die Nasionale Olimpiese Komitee (Noksa) se Olimpiese Fees in Port Elizabeth deelneem. Marianne Kriel, wat eergister ná afloop van die nasionale kampioenskapsgala in Durban die Alex Bulley-trofee vir die beste prestasie in 1993 ontvang het, en die WP se ander twee medalje-wenners in Durban, Carl Coutts-Trotter (in die 200 vlinderslag) en Simon Thirsk (derde in die 100 rugslag), sal die land se swem-elite by Suid-Afrika se eerste Olimpiese Fees verteenwoordig. ``Ons wil graag 'n kern opbou waaruit ons Olimpiese atlete van die toekoms gaan kom - die Olimpiese Fees (waar ander Olimpiese sportsoorte ook verteenwoordig sal word) is die eerste tree in dié rigting,'' het die president van Noksa, Sam Ramsamay, die belangrikheid van die geleentheid opgesom. Maar minstens vier swemmers wat binnekort na Amerika terugkeer om hul studies te hervat, sal hulle aan die span moet onttrek. Dis hoogs onwaarskynlik dat Kriel (Southern Methodist University, Dallas), Penny Heyns (Nebraska), Laren Tiltman (Nebraska) en Sheelah Turner (SMU) in Port Elizabeth in askie sal wees. Die span is: Mans: Peter Williams (G), Gary Albertyn (G), Ryk Neethling (OVS), Roy Peacock (N), Paul Fryer (T), Brett Petersen (G), Theo Verster (N), Hermann Louw (T), Donald Morrison (G), André Eerenstein (N), Michael Windisch (NT), Laren Tiltman (G), Richard Henderson (N), Corné Prozesky (NT), Gary Coetzee (T), Gary Munro (OVS), Justin Fourie (N), Carl Coutts-Trotter (WP), Andrew Biram (T), Simon Thirsk (WP). Vroue: Marianne Kriel (WP), Jill Brukman (N), Tracy Elliott (G), Amanda Loots (T), Elzette Jordaan (N), Tanya Naudé (OT), Karen Allers (OVS), Kerry Elliott (G), Marika Theunissen (NT), Penny Heyns (N), Mandy Hunter-Beckinsall (T), Jacqueline Rankin (N), Elzette Jordaan (N), Tanya Oosthuizen (OVS), Mia van Biljon (T), Sheelah Turner (T), Natasha Figge (T), Theresa van Dijk (T), Robyn Bradley (N), Joannie Coetzer (OP). Plaasvervangers: Lezaan Senekal (NT), Taryn Ternant (T).

10 Oktober 1993

Bestes in kortbad

Marianne Kriel in die oefenbad.

JOHANNESBURG. Die meeste van Suid-Afrika se topswemmers sal van môre tot Sondag by die Wanderers hul slag toon by die land se eerste nasionale kortbad-kampioenskapsgala. Die veelsydige Gary Albertyn van Oos-Londen se Harlequins en Marianne Kriel van die Universiteit van Stellenbosch is die room van die oes. Albei het uitgetroon by die SA gala vroeër vanjaar in Germiston en het onderskeidelik vyf en vier goue medaljes gewen. Albertyn was die top-swemmer by die SA wintergala en by die onlangse Sharper Image-kortbadgala het hy nog ses goue medaljes ingeoes. Hy gaan aan vyf nommers deelneem 50, 100 en 200 vryslag, 200 rugslag en 200 aflos. Kriel gaan haar op drie nommers toespits die 50 en 100 vry slag en die 100 rugslag. Haar grootste teenstand oor die korter afstand kan kom van Karen Allers (Bloemfontein Seals), wenner van twee nasionale titels, en Tracey Elliot (Harlequins). Kriel kry in die rugslag ook te doen met nog 'n heldin van die somer-byeenkoms, Jill Brukman van Pietermaritzburg Seals. Brukman het drie goues gewen in Germiston. Tanya Naudé is eerste gekeur in die 100 en 200 borsslag en lyk skerp genoeg om weer haar Germiston-oorwinnings te herhaal. Roy Peacock van Natal kan sy baasskap in die 150 vryslag herbevestig. (Sapa)


Lewis Pugh  swims Cape Ahullas  and David Reeves swims to Robben Island

 

More in this category: « 1999 Durban 1993 Germiston »

            NEW CONTENT

UA-55917683-1