1995 Durban

South African Aquatic Championships - 23 March 1995 - Kings Park, Durban

  Men       Women    
 
Free            
50            
100            
200            
400            
800            
1500            

Back            
100            
200            

Breast            
100            
200            

Fly            
100            
200            

IM              
200            
400            

Free relay              
200            
400            
800            
             
Medley relay              
200            
400            

Diving              
1m            
3m            
         
Synchronised swimming       Figures      
Synchronised swimming       Duets  

Water Polo Currie Cup     Northern Transvaal        
               
Ellis Brown Trophy            

Durbanse SA gala gaan straf wees

VERSKEIE internasionale swemmers sal aanstaande week verseker dat die kompetisie by Absa Trust se nasionale kampioenskapsgala straf gaan wees. Dié byeenkoms vind van Woensdag tot Saterdag in die King's Park-swembad in Durban plaas. Swemmers van Namibië en Zimbabwe, asook twee van Nieu-Seeland se top-swemmers, Craig Ford en Jonathan Winter, sal in aksie wees. Verskeie Suid-Afrikaanse swemmers wat tans in Amerika studeer, sal ook deelneem. Hulle is Penny Heyns, wat 'n bronsmedalje by die Statebondspele gewen het, Darryl Cronjé, Cliffie Lyne en Jill Brukman. Vanjaar is daar meer op die spel as net medaljes. Die top-swemmers kan vir hulself 'n plek in die nasionale span oopswem, wat later vanjaar aan die Pan-Pacific-kampioenskapsbyeenkoms en die Afrika Spele gaan deelneem. Hoewel verskeie swemmers hul reeds met goeie tye vir dié span gekwalifiseer het, sal alleenlik swemmers gekies word wat wel aanstaande week aan die nasionale byeenkoms deelneem. Swemmers wat hul reeds vir die Pan-Pacific-byeenkoms gekwalifiseer het, is Penny Heyns (Natal, 100 en 200 borsslag), Jill Brukman (Natal, 100 rugslag), Peter Williams (Natal, 50 vryslag) en Ryk Neethling (Vrystaat, 1500 vryslag). Die afsnytye vir die Pan Pacific-byeenkoms is: Mans: 50m vryslag: 23.24 sek. 100m vryslag: 51.16. 200m vryslag: 1:51.78. 400m vryslag: 3:56.36. 1500m vryslag: 15:42.50. 100m rugslag: 57.47. 200m rugslag: 2:03.28. 100m borsslag: 1:03.66. 200m borsslag: 2:17.62. 100m vlinderslag: 55.41. 200m vlinderslag: 2:02.46. 200m individuele wisselslag: 2:05.58. 400m individuele wisselslag: 4:26.03. Vroue: 50m vryslag:: 26.63. 100m vryslag: 57.03. 200m vryslag: 2:03.67. 400m vryslag: 4:18.80. 800m vryslag: 8:54.26. 100m rugslag: 1:04.16. 200m rugslag: 2:17.18. 100m borsslag: 1:12.01. 200m borsslag: 2:34.63. 100m vlinderslag: 1:02.62. 200m vlinderslag: 2:16.33. 200m individuele wisselslag: 2:19.97. 400m individuele wisselslag: 4:54.09.

Amanda Loots en Gary Albertyn moet dopgehou word in SA gala

ILLUSTRASIE:foto: Amanda Loots van Transvaal wat deeglik dopgehou sal moet word by die SA swembyeenkoms wat vandag in Durban begin.

Marjolein van der Stad

DURBAN. Amanda Loots van Transvaal en Gary Albertyn van die Grens is die swemmers om dop te hou by Absa Trust se nasionale swembyeenkoms wat vandag hier in die King's Park-swembad begin. Die twee swemmers is gesamentlik vir elf nommers gekeur. Albertyn, wat die afgelope twee jaar die top-swemmer by die nasionale byeenkoms was, spog met die Afrika-rekords in die 200 meter vryslag, die 100 en 200 meter rugslag en die 200 meter individuele wisselslag. Hy is vanjaar 'n gekeurde swemmer vir ses nommers. Die nommers waarvoor hy gekeur is en sy inskrywingstye is: 200 meter vryslag (3de gekeur, 1:55.32), 100 meter rugslag (4de, 59.72), 200 meter rugslag (2de, 2:08.11), 100 meter vlinderslag (4de, 58.60sek.), 200 meter individuele wisselslag (2de, 2:08.51) en 400 meter individuele wisselslag (5de, 4:48.61). Loots, wat Suid-Afrika by die Wêreldbyeenkoms en die Statebondspele verteenwoordig het, is vanjaar vir vyf nommers gekeur. Vir drie van dié nommers het sy die beste inskrywingstyd gelewer. Sy is 'n gekeurde swemmer vir die 100 meter rugslag (4de, 1:07.68), 100 meter vlinderslag (1ste, 1:03.92), 200 meter vlinderslag (1ste, 2:20.39), 200 meter individuele wisselslag (7de, 2:26.06) en 400 individuele wisselslag (1ste, 5:04.41). Maar dié twee swemmers is nie die enigste wat skitterprestasies kan lewer nie. Peter Williams, die voormalige wêreldrekordhouer in die 50 meter vryslag, is met mening terug. Hy swem vanjaar vir Natal en dit kan vanjaar die tweestryd tussen die twee top-provinsies, Natal en Transvaal, selfs strawwer maak. Williams, wat vierde by die Olimpiese Spele in Barcelona in die 50 meter vryslag geëindig het, is vanjaar vir twee nommers 'n gekeurde swemmer. Hy is die top-gekeurde vir die 50 meter vryslag (23.16) en is die tweede gekeurde swemmer vir die 100 vlinderslag (56.86). Williams hou die Afrika-rekord vir albei dié nommers. Om die kompetisie strawwer te maak is daar verskeie internasionale swemmers wat ingeskryf het. Craig Ford en John Winter, die Nieu-Seelandse kampioene in die rugslag, het saam met Albertyn by die Grens geoefen en is die top-gekeurde swemmers in die rugslag. Marianne Kriel, die SA en Afrika-rekordhouer in die 50 meter vryslag, die 100 meter rugslag en die 100 meter vlinderslag, gaan vanjaar veral sterk teenstand in die vryslag van Monica Dahl van Namibië kry. Dahl is die top-gekeurde swemmer vir die 50 en 100 meter vryslag. Penny Heyns, wat verlede jaar 'n nuwe Afrika-rekord by die Wêreldbyeenkoms in Rome vir die 100 meter borsslag opgestel het kort nadat sy 'n bronsmedalje by die Statebondspele gewen het, verdedig haar titels in die 100 en 200 meter borsslag. Sy het verlede jaar by die nasionale byeenkoms in Durban geskitter deur albei die Suid-Afrikaanse rekords in dié nommers te oortref.

1995/03/29/20/6

Swem

SA kampioenskapsgala, Durban Mans: 100 vlinderslag: 1. Theo Verster (N) 55.82; 2. André Eerenstein (N) 55.85; 3. Andrew Bradley (N) 56.06; 4. Barend Nortjé (N) 56.19; 5. Peter Williams (N) 56.27; 6. Mark Bowler (N) 56.42; 7. Michael Windisch (NT) 56.94; 8. Justin Fourie (N) 57.23. 200 vryslag: 1. Gary Albertyn (G) 1:53.78; 1. Mark Jollands (N) 1:53.78; 3. Ryk Neethling (OVS) 1:54.21; 4. Andrew Stephenson (N) 1:54.62; 5. Craig Ford (G) 1:54.84; 6. Mark Collie (OVS) 1:55.58; 7. Glen Walshaw (Zim,) 1:55.62; 8. Sven Hackman (T) 1:56.65. 400 individuele wisselslag: 1. Craig Ford (G) 4:30.72; 2. Michael Windisch (NT) 4:31.86; 3. Wade Ferguson (OT) 4:37.09; 4. Louwrens Appelcryn (OVS) 4:38.59; 5. Anthony Rocchi (T) 4:39.36; 6. Terence Parkin (N) 4:44.14; 7. Roelof Rossouw (OVS) 4:45.97; 8. Mark Nortjé (WP) 4:46.32. 4x400 afslag: Grens A 3:50.14; 2. Natal B 3:52.99; 3. NoordTransvaal A 3:54.90; 4. Transvaal A 3:55.28; 5. Natal A 3:56.85; 6. Oostelike Provinsie A 3:59.47; 7. Westelike Provinsie A 3:59.93; 8. Transvaal B 4:01.27. Vroue: 200 vlinderslag: 1. Leezan Senekal (NT) 2:19.99; 2. Megan Bydawell (N) 2:21.87; 3. Bianca Duxbury (T) 2:22.49; 4. Lee Pennefather (N) 2:23.35; 5. Joannie Coetzer (OP) 2:23.83; 6. Candice Crafford (N) 2:25.38; 7. Natasha Figge (T) 2:28.35; 8. Wendy Normanton (Zim) 2:28.60. 100 vryslag: 1. Marieka Theunissen (N) 57.35; 2. Marianne Kriel (WP) 57.88; 3; Helene Muller (VD) 58.02; 4. Monica Dahl (Nam) 58.18; 5. Karen Allers (OVS) 58.22; 6. Kerry Elliott (G) 58.26; 7. Kirsty Albertyn (NT) 58.74; 8. Megan Rees (G) 58.93. 400 individuele wisselslag: 1. Tania Oosthuizen (OVS) 4:57.50; 2. Tracy Lee Elliott (G) 4:58.90; 3. Janion Fraser (T) 5:06.72; 4. Theresa van Dijk (T) 5:09.16; 5. Lynne Rutherford (T) 5:09.38; 6. Lindsey Mooney (N) 5:10.51; 7. Kelly Miedema (WP) 5:17.20; 8. Nicky Clegg (WP) 5:20.26. 4x200 aflos: 1. Natal A 8:33.91; 2. Grens 8:39.26; 3. Transvaal A 8:44.48; 4. Vrystaat 8:48.40; 5. Westelike Provinsie A 8:49.62; 6. Natal B 8:50.35; 7. Noord Transvaal 8:56.40; 8. Transvaal B 8:58.84. (Sapa).

Tvl se span sukkel kwaai in bad

ILLUSTRASIE:foto: Tania Oosthuizen van die Vrystaat in aksie by die SA swembyeenkoms wat gister in Durban begin het. Sy het die tweede vinnigste tyd (5:06.49) in die uitdun vir die 400 meter individuele wisselslag aangeteken. Tracy-Lee Elliott (Grens) het die beste tyd van 5:05.09 aangeteken.

DURBAN. Die eerste oggend van Absa Trust se nasionale kam pioenskapswemgala het gister hier verskeie verrassings opgelewer, veral vir die Transvaalse span toe twee van sy top-swemmers, Amanda Loots en Paul Fryer, nie vir die eindstryde gekwalifiseer het nie. Loots, die Afrika-rekordhouer in die 200 meter vlinderslag, se byeenkoms het nie goed begin nie. Sy het die beste inskrywingstyd vir die byeenkoms in die 100 en 200 meter vlinderslag en 400 meter individuele wisselslag gelewer. Maar gisteroggend moes 'n teleurgestelde Loots met die tiende plek in die 200 meter vlinderslag vir vroue (2:28.90) tevrede wees. Megan Bydawell van Natal het eerste in die uitdun in 'n tyd van 2:23.69 geëindig. Om sake vir Loots te vererger, het sy haar onttrek aan die 400 meter individuele wisselslag vir vroue. Die tweede skok vir die Transvalers was toe Paul Fryer nie gekwalifiseer het vir die 200 vryslag vir mans nie. Fryer, wat ook vir die beste inskrywingstyd vir dié nommer verantwoordelik was, het in die twaalfde plek (1:57.69) geëindig. Mark Jollands van Natal het in 1:55.16 geseëvier. Die Suid-Afrikaanse en Afrika- rekordhouer in dié nommer, Gary Albertyn van die Grens, het in die sesde plek geëindig in 1:56.34. Die oggend het goed vir Natal begin met skittertye in die 100 vlinderslag vir mans. Die Natallers het hier uitgeblink en net een van die voorste agt swemmers is nie van dié provinsie nie. Andrew Bradley van Natal het in 56.08 gewen, met die Afrika- houer, Peter Williams, in die agtste plek (57.55). Craig Ford van Nieu-Seeland, wat vir die Grens swem, het gister gewys hy gaan moeilik geklop word. Hy het die 400 individuele wisselslag in 4:35.55 gewen met die Noord-Transvaler Michael Win disch tweede. Helene Muller van die Vaaldriehoek het die 100 vryslag vir vroue in 57.88 gewen, net 0.80 van 'n sekonde buite die Afrika-rekord, en net 0.42 van 'n sekonde buite Marianne Kriel van die Westelike Provinsie se SA rekord. Kriel was vyfde, maar sy sukkel steeds met 'n skouerbesering. ''Ek het sowat drie maande gerus met die hoop dat die skouer sal herstel, maar dit pla my steeds,'' het sy gesê.

Dag van drama en rekords in swem

ILLUSTRASIE:foto: Tania Oosthuizen van die Vrystaat in aksie by die SA swembyeenkoms wat gister in Durban begin het. Sy het die tweede vinnigste tyd (5:06.49) in die uitdun vir die 400 meter individuele wisselslag aangeteken.

DURBAN. Drama. Dit is hoe die eerste dag van Absa Trust se nasionale kampioenskapsgala hier in die King's Park-swembad beskryf kan word. Maar tussen die drama deur het die SA- en Afrika- rekords steeds gespat. Twee van Transvaal se top- swemmers was gisteroggend reeds vir drama verantwoordelik toe hulle hul nie vir die eindstryde gekwalifiseer het nie. Hulle het gisteraand dié drama vereger deur beter tye in die troosfinaal aan te teken as die wenners in die eindstryde. Amanda Loots van Transvaal het gisteroggend verbasend nie tot die eindstryd van die 200 meter vlinderslag vir vroue deurgedring nie, maar het gisteraand in die troosfinaal die beste tyd van 2 minute 19.79 sekondes aangeteken. Sy kon nie die titel wen nie en Lezaan Senekal het met die louere in 2:19.99 weggestap. Om sake vir Loots te vererger, het sy haar vroeër aan die 400 individuele wisselslag vir vroue onttrek, waarvan sy die titelhouer was. Die sestienjarige Tania Oosthuizen van die Vrystaat het dié nommer in 'n Afrika-rekordtyd van 4:57.50 gewen. Maar kort daarna is die gebeure weer herhaal. Dié keer was dit die beurt van die ander Transvaler, Paul Fryer. Fryer het hom in die oggend ook nie vir die eindstryd van die 200 vryslag vir mans gekwalifiseer nie, maar moes in die troosfinaal swem. Weer was dit die wenner van die troosfinaal wat die beste tyd in dié nommer aangeteken het. Fryer het 'n tyd van 1:53.29 behaal. Gary Albertyn van die Grens, die SA- en Afrika-rekordhouer in dié nommer saam met Mark Jollands van Natal, het in 1:53.78 gewen. Die aand het op 'n hoogtepunt begin met die Nataller Theo Verster, wat die eerste van die Afrika- rekords verbeter het. Verster het Peter Williams se Afrika-rekord van 55.94 in die 100 vlinderslag tot 55.82 verbeter. Dit was egter nie die einde van die rekords nie. Marieka Theunissen van Natal het kort daarna toegeslaan en Marianne Kriel se rekord in die 100 meter vryslag vir vroue van 57.46 tot 57.35 verbeter. Kriel was tweede in 57.88. Craig Ford, die Nieu-Seelandse swemmer wat in Suid-Afrika oefen en geregistreer is as 'n swemmer van die Grens, het gisteraand die Suid-Afrikaanse ope rekord in die 400 meter individuele wisselslag tot 4:30.72 verbeter. Maar die Noord-Transvaler Michael Win disch spog egter met die SA- en Afrika-rekord. Die ander Kiwi wat ook vir die Grens swem, John Winter, het daarna in die 4x100 meter wisselslagaflos nog 'n Suid-Afrikaanse rekord laat spat.

RUBRIEK: Uitslae wêreldwyd

Swem

SA kampioenskapsgala, Durban Vroue 50 m vryslag: 1. Helene Muller (VD) 26,76 sek; 2. Marianne Kriel (WP) 26,78; 3. Charlene Wittstock (OTvl) 27,19; 4. Tanya Stephens (Natal) 27, 20; 5. Liska Dedekind (Natal) 27,30; 6. Monica Dahl (Natal) 27,35; 7. Theresa Moodie (Zim) 27,44; 8. Kerry Elliott (Grens) 27,69. Bfinaal: 9. Taryn Ternent (Tvl) 27, 47; 10. Claire Bolton (Tvl) 27,58; 11. Ancheri Luus (Natal) 27,78; 12. Amanda HunterBeckinsall (Tvl) 27,85; 13. Sarah Wyllie (Natal) 27,95; 14. Shelley Dodds (Zim) 28,01; 15. Tanya Gurr (Zim) 28,17; 16. Kirsty Albertyn (Natal) 29,08. Mans 100 m borsslag: 1. Brett Peterson (Grens) 1 min 05,21 sek; 2. Herman Louw (Tvl) 1:05,60; 3. Adrian Bosch (Tvl) 1:06,14; 4. Anthony Shuttleworth (Natal) 1:06,56; 5. Simon Daley (OTvl) 1:06,84; 6. Cliff Lyne (Tvl) 1:06,86; 7. Simon Peterson (Tvl) 1:06,88; 8. Simon Frost (Natal) 1:07,47. Bfinaal: 9. Peter Chilcott (Natal) 1 min 07,38 sek; 10. Corne Prozesky (Natal) 1:07,48; 11. Leon Weed (Tvl) 1:07,60; 12. Chris Read (Natal) 1:08,19; 13. Stuart du Plessis (WP) 1:08,25; 14. Christopher Stewart (Tvl) 1:08,92; 15. Marcel da Ponte (Natal) 1:09,24; 16. Graham Walton (OP) 1:09,40. Vroue 200 m borsslag: 1. Penny Heyns (Natal) 2 min 29,20 sek; 2. Julia Russell (Natal) 2:35,73; 3. Viki van den Barselaar (OTvl) 2:37,03; 4. Leanne van der Walt (Tvl) 2:37,05; 5. Tania Oosthuizen (OVS) 2:38,08; 6. Elzette Jordaan (Natal) 2:39,29; 7. Claire Lane (Tvl) 2:41, 82; 8. Tanya Naude (Grens) 2:43,13. Bfinaal: 9. Kirsty Nethercott (Tvl) 2:42,91; 10. Keryn Krynauw (Natal) 2:43, 22; 11. Jacqueline Rankin (Natal) 2:43, 25; 12. Mia van Biljon (Tvl) 2:45,22; 13. Brenda Austin (OVS) 2:45,72; 14. Linnelle Tannock (Zim) 2:46,02; 15. Kirsten Clark (Natal) 2:4816; 16. Pierrette Brouwer (Natal) 2:4992. Mans 400 m vryslag: 1. Ryk Neethling (OVS) 4:00,95; 2. Mark Jollands, (N) 4:03,53; 3. Mark Collie (OVS) 4:05,45; 4. Roy Peacock (Natal) 4:06,80; 5. Louwrens Appelcryn (OVS) 4:06,97; 6. Angus MacDonald (WP) 4:09,92; 7. Sven Hackman (Tvl) 4:10,39; 8. Anthony Rocchi (Tvl) 4:10,71. Bfinaal: 9. Ryno Markgraaff (OVS) 4:05,62; 10. Henk Markgraaff (OVS) 4:08, 81; 11. Wayne Canning (Tvl) 4:09,88; 12. Clinton Holroyd (Tvl) 4:09,90; 13. Craig du Preez (WP) 4:11,47; 14. Conrad Meyer (Natal) 4:13,19; 15. Robert Mackay (Tvl) 4:14,95; 16 Brynn Andrew (Tvl) 4:20,47. Vroue 200 m vryslag: 1. Karen Allers (OVS) 2:02,39; 2. Marieka Theunissen (Natal) 2:04,48; 3. Kirsten van Heerden (Natal) 2:07,18; 4. TracyLee Elliott (Grens) 2:07,47; 5. Megan Rees (Grens) 2:07,48; 6. Kirsty Albertyn (Natal) 2:07, 52; 7. Kim van Selm (Natal) 2:07,62; 8. Helene Muller (VD) 2:08,35. Bfinaal: 9. Amanda HunterBeckinsall (Tvl) 2:10,38; 10. Bronwynn Roux (OTvl) 2:10,46; 11. Sarah Wyllie (Natal) 2:10,95; 12. Shelley Dodds (Zim) 2:11,01; 13. Donna Leslie (Natal) 2:11,82; 14. Anel Swanepoel (Tvl) 2:11,89; 15. Yolandi Taljard (Tvl) 2:11,93; 16. Sheona Lottering (Natal) 2:16,71. Mans 200 m rugslag: 1. Jonathon Winter (Grens) 2:04,26; 2. Gary Albertyn (Grens) 2:06,94; 3. Michael Windisch (Natal) 2:08,69; 4. Lyle Wilkens (OVS) 2:08,71; 5. Simon Thirsk (WP) 2:09,71; 6. Andrew Biram (Tvl) 2:10,28; 7. Greg MainBaillie (Natal) 2:10,36; 8. Michiel Smits (Tvl) 2:11,83. Bfinaal: 9. Matthew Wilson (Natal) 2:12,69; 10. Richard Speirs (Natal) 2:14, 28; 11. Brett Rogers (Tvl) 2:14,29; 12. Glen Walshaw (Zim) 2:14,60; 13. Iain Schutte (Tvl) 2:14,63; 14. Christopher Twycross (WP) 2:14,85; 15. John Booth (OP) 2:19,90; 16. Leon Breytenbach (Natal) 2:21,66. Vroue 100 rugslag: 1. Marianne Kriel (WP) 1:03,60; 2. Jill Brukman (Natal) 1:05,57; 3. Amanda Loots (Tvl) 1:06, 11; 4. Theresa van Dijk (Tvl) 1:07,13; 5. Taryn Ternent (Tvl) 1:07,17; 6. Ingrid Theunissen (WP) 1:07,26; 7. Amanda Clegg (WP) 1:07,80; 8. Liska Dedekind (Natal) 1:09,38. Bfinaal: 9. Janion Fraser (Tvl) 1:07, 79; 10. Tanya Stephens (Natal) 1:07,79; 11. Mandy Leach (Zim) 1:08,05; 12. Lauren BuchanSwanson (Natal) 1:08,37; 13. Claire Lourens (Tvl) 1:08,49; 14. Hannelie Vermeulen (OVS) 1:08,55; 15. Kelly Miedema (WP) 1:08,61; 16. Megan Bowler (Natal) 1:08,83. Mans 4 0 m vryslag aflos: 1. Transvaal A 7:43,54; 2. OP 7:48,57; 3. Natal A 7:49,39; 4. Grens 7:51,15; 5. OVS 7: 54,53; 6. Natal B 8:04,06; 7. WP A 8:13,58. Vroue 800 m vryslag: 1. Robyn Bradley (Natal) 8:53,78; 2. TracyLee Elliott (Grens) 9:09,04; 3. Natasha Figge (Tvl) 9:09,78; 4. Kim van Selm (Natal) 9:15,67; 5. Megan Rees (Grens) 9:15,94; 6. Alison Walker (Natal) 9:22,83; 7. Sheona Lottering (Natal) 9:26,18; 8. Lize van Rooyen (WP) 9:27,71; 9. Robyn McCarthy (Natal) 9:31,08; 10. Anita Kruger (Natal) 9:36,82; 11. Michelle Costa (Natal) 9:37,31; 12. Yolande van Lochem (Natal) 9:38,22; 13. Leane Pienaar (Natal) 9:41,46; 14. Wendy Normanton (Zim) 9:50,00; 15. Michelle Dosson (WP) 9:58, 21. (Sapa).

Swem

SA kampioenskapsgala, Durban Mans: 100 vlinderslag: 1. Theo Verster (N) 55.82; 2. André Eerenstein (N) 55.85; 3. Andrew Bradley (N) 56.06; 4. Barend Nortjé (N) 56.19; 5. Peter Williams (N) 56.27; 6. Mark Bowler (N) 56.42; 7. Michael Windisch (NT) 56.94; 8. Justin Fourie (N) 57.23. 200 vryslag: 1. Gary Albertyn (G) 1:53.78; 1. Mark Jollands (N) 1:53.78; 3. Ryk Neethling (OVS) 1:54.21; 4. Andrew Stephenson (N) 1:54.62; 5. Craig Ford (G) 1:54.84; 6. Mark Collie (OVS) 1:55.58; 7. Glen Walshaw (Zim,) 1:55.62; 8. Sven Hackman (T) 1:56.65. 400 individuele wisselslag: 1. Craig Ford (G) 4:30.72; 2. Michael Windisch (NT) 4:31.86; 3. Wade Ferguson (OT) 4:37.09; 4. Louwrens Appelcryn (OVS) 4:38.59; 5. Anthony Rocchi (T) 4:39.36; 6. Terence Parkin (N) 4:44.14; 7. Roelof Rossouw (OVS) 4:45.97; 8. Mark Nortjé (WP) 4:46.32. 4x400 afslag: Grens A 3:50.14; 2. Natal B 3:52.99; 3. NoordTransvaal A 3:54.90; 4. Transvaal A 3:55.28; 5. Natal A 3:56.85; 6. Oostelike Provinsie A 3:59.47; 7. Westelike Provinsie A 3:59.93; 8. Transvaal B 4:01.27. Vroue: 200 vlinderslag: 1. Leezan Senekal (NT) 2:19.99; 2. Megan Bydawell (N) 2:21.87; 3. Bianca Duxbury (T) 2:22.49; 4. Lee Pennefather (N) 2:23.35; 5. Joannie Coetzer (OP) 2:23.83; 6. Candice Crafford (N) 2:25.38; 7. Natasha Figge (T) 2:28.35; 8. Wendy Normanton (Zim) 2:28.60. 100 vryslag: 1. Marieka Theunissen (N) 57.35; 2. Marianne Kriel (WP) 57.88;3; Helene Muller (VD) 58.02; 4. Monica Dahl (Nam) 58.18; 5. Karen Allers (OVS) 58.22; 6. Kerry Elliott (G) 58.26; 7. Kirsty Albertyn (NT) 58.74; 8. Megan Rees (G) 58.93. 400 individuele wisselslag: 1. Tania Oosthuizen (OVS) 4:57.50; 2. TracyLee Elliott (G) 4:58.90; 3. Janion Fraser (T) 5:06.72; 4. Theresa van Dijk (T) 5:09.16; 5. Lynne Rutherford (T) 5:09.38; 6. Lindsey Mooney (N) 5:10.51; 7. Kelly Miedema (WP) 5:17.20; 8. Nicky Clegg (WP) 5:20.26. 4 0 aflos: 1. Natal A 8:33.91; 2. Grens 8:39.26; 3. Transvaal A 8:44.48; 4. Vrystaat 8:48.40; 5. Westelike Provinsie A 8:49.62; 6. Natal B 8:50.35; 7. NoordTransvaal 8:56.40; 8. Transvaal B 8:58.84. (Sapa).

1995/03/31/21/6.html (at 21/11/2013, 14:43)

Penny gee pas aan in uitdunne

ILLUSTRASIE:foto: 'n Ingenome Penny Heyns word deur 'n teenstander gelukgewens kort nadat sy gisteroggend haar eie Suid-Afrikaanse en Afrika-rekord in die 200 meter borsslag vir vroue in Durban oortref het.

DURBAN. Penny Heyns van Natal het gisteroggend by Absa Trust se nasionale kampioenskapsgala in die King's Park-swembad die pas aangegee in die uitdunne van die 200 meter borsslag vir vroue. Sy het nie net haar eie Suid- Afrikaanse en Afrika-rekord oortref nie, maar het ook die Olimpiese kwalifiserende tyd oortref, in 'n wentyd van 2 min. 31.31 sekondes. Die kwalifiserende tyd vir die Olimpiese Spele is 2:32.34. Heyns se vorige prestasies sluit 'n bronsmedalje by die Statebondspele in. Sy studeer tans aan die Universiteit van Nebraska in Amerika en het verlede jaar haar vierde posisie op die wêreldranglys in die 100 meter borsslag behou. Sy het vanjaar geskitter by NCAA se kampioenskapsbyeen koms in Amerika waar sy tweede in die 100 meter borsslag en derde in die 200 meter borsslag geëindig het. Die 14-jarige Vicky van den Barselaar van Oos-Transvaal het tweede in 2:35.36 geëindig en het vir die meer ervare swemmers soos Julia Russel en Tanya Naude weggeswem. Marianne Kriel van die Westelike Provinsie het ten spyte van haar skouerbesering op koers gebly om twee van haar titels suksesvol te verdedig. Sy het die uitdunne van die 50 meter borsslag (26.91) en die 100 meter rugslag (1:05.11) gewen. Sy is die houer van die Suid- Afrikaanse en Afrika-rekords vir albei dié nommers. Gary Albertyn van die Grens het gisteroggend vir sy Nieu-Seelandse spanmaat, John Winter, gewys dat hy nie maklik van sy titel in die 200 meter rugslag gaan afstand doen nie. Albertyn het die uitdunne in 2:08.67 gewen met Winter tweede in 2:09.34. Brett Peterson van die Grens was gisteroggend ongelukkig om nie die Afrika-rekord in die 100 meter borsslag vir mans te oortref nie. Hy het sy uitdun in 1:04.86 gewen, net 0.45 van 'n sekonde buite die rekord. Herman Louw (T), die titel houer in dié nommer was tweede in 1:05.79, gevolg deur nog 'n Transvaler Adrian Bosch in 1:06.05.

Penny laat een rekord ná die ander in die slag bly

ILLUSTRASIE:foto: Marianne Kriel, Springbok-swemmer van die WP, in Durban afgeneem waar sy by die SA byeenkoms vir die Pan-Pasifiese Spele gekwalifiseer het. Volledige uitslae op bladsy 14.

DURBAN. Alweer Penny Heyns! Dié Nataller is besig om amok te maak met haar eie rekords in die borsslag by Absa Trust se nasionale swembyeenkoms hier in die King's Park-swembad. Sy het eergister binne tien uur twee keer in die uitdunne in die oggend en die eindstryde in die aand haar eie rekords verbeter. Gisteroggend het sy weer haar eie Suid-Afrikaanse en Afrika-re kords in die 100 meter borsslag verbeter en weer vir die Olimpiese Spele in Atlanta gekwalifiseer. Heyns het die uitdun in 1 min. 9.11 sek. gewen en haar eie SA en Afrika-rekord verbeter. Dié sielkunde-student aan die Universiteit van Nebraska in Amerika het ná haar oorwinning in die 200 meter borsslag gesê die 100 meter borsslag is haar gunsteling-nommer. Heyns het verlede jaar haar vierde plek op die wêreldranglys in die 100 meter borsslag vir vroue behou. Haar tyd wat sy gisteroggend aangeteken het, plaas haar nou in die derde plek op die wêreldranglys. Net twee swemmers van Australië, die wêreldrekordhouer, Samantha Riley (1:07.69), en Rebecca Brown, het reeds vinniger tye aangeteken. Tanya Naudé van die Grens, wat twee jaar gelede die titelhouer van albei die borsslagnommers was, het tweede geëindig in 1:13.03. Kort op haar hakke was 'n spanmaat en mede-student van Heyns, Julia Russel, in 1:13.53. Francois Boshoff van Noord- Transvaal het gisteroggend in die 100 meter vryslag vir mans die Afrika-rekord laat spat. Hy het Salim Iles van Algerië se rekord van 51.48 tot 51.19 verbeter. Boshoff was met sy oorwinning in die uitdunne net 0.24 van 'n sekonde buite Peter Williams se Suid-Afrikaanse rekord van 50.95 wat hy in 1991 in Kaapstad opgestel het. Williams het nie vir die nommer ingeskryf nie. Amanda Loots van Transvaal het gister die 100 meter vlinderslag vir vroue gewen, nadat sy op die eerste dag nie na die eindstryd van die 200 vlinderslag kon deurdring nie. Haar wentyd was 1:03.92. Die Nataller Theo Verster is ook op koers om sy tweede titel in te palm met 'n naelskraapse oorwinning in die 200 meter vlinderslag vir mans. Hy het in 2:06.34 geseëvier met die Nieu-Seelandse swemmer van die Grens kort op sy hakke met 2:06.63.

Heyns wil in Suid-Afrika aanslag doen op rekord

ILLUSTRASIE:foto: Marianne Kriel, Springbok-swemmer van die WP, in Durban afgeneem waar sy by die SA byeenkoms vir die Pan-Pasifiese Spele gekwalifiseer het.

DURBAN. ''Durban is goed vir my, volgende jaar is ek hopenlik terug om hier my aanslag op die wêreldrekord te doen.'' Dít was gisteraand die woorde van Penny Heyns nadat sy weer eens die Suid-Afrikaanse en Afrika-rekord in die 100 meter borsslag hier in die King's Park- swembad by Absa Trust se nasionale kampioenskapsgala verbeter het. Sy het weer vir die Olimpiese Spele in Atlanta gekwalifiseer toe sy in 1 min. 8.48 sek. gewen het. Heyns, wat verlede jaar die vierde plek op die wêreldranglys beklee het, se vertoning gisteraand het haar tot die derde plek laat opskuif. In die proses het sy byna op een na die beste swemmer ter wêreld in dié nommer geword, want haar wentyd is net 0.03 sek. stadiger as dié van Rebecca Brown van Australië, wat tweede op die wêreldranglys is. Die wêreldkampioen in dié nommer is Samantha Riley van Australië, wat die rekord (1:07.69) verlede jaar by die Wêreldbyeenkoms in Rome opgestel het. ''Ek dink ek swem goed in Suid- Afrika omdat ek hier meer ontspanne is. Ek dink ek moet my aanslag hier in Suid-Afrika doen as ek 'n goeie seisoen handhaaf. ''Voor vandeesweek het die wêreldrekord nog baie ver gelyk, maar ek dink dit is nou binne my bereik,'' het sy gesê. Een van Heyns se mede-studente aan die Universiteit van Nebraska, Francois Boshoff van Noord-Transvaal, het gister die Afrika-rekord in die 100 meter vryslag vir mans twee keer verbeter. Hy het gisteraand dié nommer in 51.17 gewen en kan homself ongelukkig ag as hy nie vir die Suid- Afrikaanse span geskies word wat aan die Pan-Pasifiese Spele gaan deeneem nie, omdat hy net 0.01 sek. buite die kwalifiserende tyd geëindig het. Mandy Loots van Transvaal het gister haar eerste goue medalje gewen nadat sy nie vroeër vandeesweek vir die 200 vlinderslag- eindstryd kon walifiseer nie. Sy het in 1:03.46 geseëvier. Net drie swemmers het vir die span gekwalifiseer wat aan die Pan-Pasifiese Spele gaan deel neem. Hulle is Penny Heyns (100 en 200 meter borsslag, Marianne Kriel (100 meter rugslag) en Karen Allers (200 en 400 meter vryslag).

Swem

SA Swembyeenkoms, Durban Uitslag: Mans 50 m vryslag:1. Darryl Cronje (Ilel) 23.59; 2. Peter Williams (N) 23.62; 3. Donald Morrison (N) 23.76; 4. Brendon Dedekind (N) 23.79; 5. James Simpson (T) 23.91; 6. Richard Thompson (N) 24.06; 7. Andrew Thompson (N) 24.28; 8. Andrew Turner (EP) 24.31; BEindstryd: 9. Michael Wright (T) 24.05; 10. Francois Boshoff (NT) 24.07; 11. Paul Fryer (T) 24.22; 12. Michael Benjamin (T) 24.33; 13. Mark Duncan (N) 24.51; 14. Andrew Bradley (N) 24.59; 15. Johan Boshoff (NT) 24.61; 16.Laurens Vosloo (N) 24.71. Individuele vroue wisselslag: 1. Tania Oosthuizen (VS) 2:19.17; 2. Kerry Elliott (B) 2:22.68; 3. Amanda Clegg (WP) 2:24.04; 4. Julia Russell (N) 2:24.25; 5. Amanda Loots (T) 2:25.62; 6. Lindsey Mooney (N) 2:26.47; 7. Janion Fraser (T) 2:26.83; 8. Leezan Senekal (NT) 2:27.47; BEindstryd: 9. Mandy Leach (Zim) 2:25.56; 10. Elzette Jordaan (N) 2:26.64; 11. Candice Crafford (N) 2:28.20; 12. Renette van Rooyen (NT) 2:29.32; 13. Lynne Rutherford (T) 2:30.14; 14. Leanne Van Der Walt (T) 2:30.54; 15. Candice Nethercott (T) 2:30.71; 16. Nicky Clegg (WP) 2:33.77. Mans individuele wisselslag: 1 Craig Ford (B) 2:06.24; 2. Theo Verster (N) 2:06.91; 3. Gary Albertyn (B) 2:08.07; 4. Herman Louw (T) 2:08.60; 5. Cliff Lyne (T) 2:08.63; 6. Paul Fryer (T) 2:09.63; 7. Michael Windisch (NT) 2:09.83; 8. Mark Collie (VS) 2:10.59; B Eindstryd: 9. Riaan Van Rooyen (WP) 2:13.28; 10. Mark Jollands (N) 2:13.33; 11. Adrian Bosch (T) 2:13.61; 12. Marc Nortje (WP) 2:13.99; 13. Warren Pearson (T) 2:14.44; 14. Wade Ferguson (OT) 2:14.45; 15. Stefan Bolling (T) 2:15.67; 16. Andrew Sexton (OP) 2:17.29. Vroue 200m rugslag:1 Marianne Kriel (WP) 2:16,23; 2. Jill Brukman (N) 2:18, 93; 3. Theresa van Dijk (T) 2:19,83; 4 Tracy Lee Elliott (B) 2:21,27; 5 Claire Lourens (T) 2:24,26; 6 Karien Vermaak (T) 2:24,99; 7 Janion Fraser (T) 2:25,52; 8 Kelly Miedema (WP) 2:27,62; BEindronde: 9 Lauren BuchanSwanson (N) 2:26,66; 10 Megan Bowler (N) 2:26,92; 11 Ancheri Luus (NT) 2:27,90; 12 Nicola Dorrestein (T) 2:27,93; 13 Heather Erickson (B) 2:28,42; 14 Joanne Shuttleworth (T) 2:29,70; 15 Ingrid Theunissen (WP) 2:29,72; 16 Cheyne Bees (N) 2:31,16. Mans 100 m rugslag: 1. Jonathon Winter (B) 57,02; 2 Craig Ford (B) 57,82; 3 Barend Nortje (N) 58,63; 4 Gary Albertyn (B) 58,91; 5 Andrew Biram (T) 59,20; 6 Simon Thirsk (WP) 59,46; 7 Richard Speirs (N) 59,61; 8 Henry Miles (NT) 59,94; BEindronde: 9 Lain Schutte (T) 59,39; 10 Greg MainBaillie (N) 59,82; 11 Lyle Wilkens (FS) 1:00,01; 12 Cliff Lyne (T) 1:00,58; 13 Andreas Le Roux (WP) 1:00,79; 14 Michael Benjamin (T) 1:01, 47; 15 Leon Breytenbach (NT) 1:01,74; 16 Justin Fourie (N) 1:01,88. Mans 1500 m vryslag: 1 Ryk Neethling (FS) 15:36,74; 2 Louwrens Appelcryn (FS) 16:02,80;3 Roy Peacock (N) 16:06,80;4 Ryno Markgraaff (FS) 16:10,57; 5 Anthony Rocchi (T) 16:13,88; 6 Robert Mackay (T) 16:21,60; 7 Henk Markgraaff (FS) 16:23,99; 8 Angus MacDonald (WP) 16:38,26; 9 Alistair Douglas (WP) 16:39, 86; 10 Clinton Holroyd (T) 16:42,72; 11 Conrad Meyer (N) 16:48,86; 12 Gustav Stander (FS) 16:49,51; 13 Wayne Canning (T) 17:02, 97; 14 Ryan Northgrave (T) 17:07 ,08; 15 Mark Harris (EP) 17:09,42; 16 Gareth Fowler (N) 17:11,23. Vroue 4 x 100 wisselslag aflosse:1 Natal A 4:16,55;2 Natal B 4:25,98;3 Border 4:26,90;4 Free State 4:30,60;5 Transvaal B 4:31,26;6 Eastern Transvaal 4:32,57;7 Western Province A 4:32,65;8 Zimbabwe 4:32,76;9 Northern Transvaal 4:32,97;10 Western Province 4:41,17;11 Vaal Triangle 4:45,51; Transvaal A Dis. Mans 4 x 100 vryslagaflosse:1 Natal A 3:27,99;2 Border 3:30,54;3 Transvaal A 3:30,68;4 Natal B 3:33, 14;5 Northern Transvaal A 3:33,20;6 Eastern Province 3:33,93;7 Transvaal B 3:34,70; 8 Free State 3:36,01;9 Western Province A 3:37,01;10 Zimbabwe 3:43,81. (Sapa).

Kriel laat Afrika- en SA rekord spat in rugslag

DURBAN. Die goue meisie van Suid- Afrikaanse swem, Marianne Kriel, het op die laaste aand van Absa Trust se nasionale kampioenskapsgala die Suid-Afrikaanse en Afrika-rekords in die 200 meter rugslag verbeter. Kriel, wat laas in 1988 dié nommer geswem het, het gemaklik in 2 min. 16.23 sek. gewen. Sy het Jill Brukman, gewese rekordhouer in die 200 m rugslag, met 2.70 sekondes geklop en het met haar oorwinning weer vir die Pan Pasifiese Spele gekwalifiseer. ''Ek het die 200 rugslag al voorheen geswem, maar het lui geword om dit te swem en het my afrigter oorreed dat ek beter oor korter afstande is. Maar ek het las van my skouerbesering as ek vryslag en vlinderslag swem en gaan my nou net toespits op die rugslag en dalk die 100 vryslag,'' het Kriel gesê. ''Ek wil graag vir die Olimpiese Spe le in Atlanta kwalifiseer en as ek daar deelgeneem het sal ek waarskynlik uittree,'' het die 23-jarige swemmer gesê. Dit is egter nie waar die puik prestasies vir die laaste aand van die byeenkoms opgehou het nie. Twee Vrystaters het hulle krag in die water getoon. Ryk Neethling het in die 1 500 vryslag probeer om die kwalifiserende tyd vir die Olimpiese Spele te oortref. Hy het net met homself meegeding en het sy eie Suid-Afrikaanse en Afrika-rekords van 15:41.03 tot 15:36.74 verbeter. Sy naaste teenstander en spanmaat, Louwrens Appelcryn, het in 26.06 tweede geëindig. Hoewel hy nie die Olimpiese kwalifiserende tyd van 15:28.57 oortref het nie, het hy vir die Pan Pasifiese byeenkoms gekwalifiseer en kan hy daar probeer om vir die Olimpiese Spele te kwalifiseer. Die ander Vrystater wat in die water geskitter het is die 16-jarige Tania Oosthui zen. Oosthuizen het Jill Brukman se Suid- Afrikaanse en Afrika- rekords in die 200 meter individuele wisselslag vir vroue laat spat. Sy het in 2:19.17 gewen. Die twee Nieu-Seelandse swemmers wat in Suid-Afrika oefen en vir die Grens geswem het, het Saterdag gesamentlik drie medaljes ingepalm en het die toeskouers vermaak met die All Blacks se oorlogsdans. Craig Ford het die 200 individuele wisselslag in 2:06.91 gewen en het tweede in die 100 rugslag geëindig. Jonathan Winter het die 100 rugslag in 57.02 gewen en het daardeur 'n Suid- Afrikaanse Ope rekord opgestel. Darryl Cronjé, die Nataller wat vir die Deense klub Helsingör swem, is as die vinningste man in die water gekroon. Hy het die 50 meter vryslag in 23.59 gewen en het die Suid-Afrikaanse titelhouer, Peter Williams, geklop, wat tweede in 23.59 geëindig het. Die Natalse vroue-span Jill Brukman, Penny Heyns, Kirsten van Heerden en Marieka Theunissen het die Suid-Afrikaanse provinsiale rekord in die 4x100 meter wisselslag-aflos tot 4:19.42 verbeter. Altesame twaalf Suid-Afrikaanse-, agttien Afrika- en vyf Suid-Afrikaanse Ope rekords is by die byeenkoms verbeter. Natal is weer as die sterkste swemprovinsie gekroon met 2 215 punte, gevolg deur Transvaal (1 639), Grens (821), die Westelike Provinsie (780.5) en die Vrystaat (648).

Net ses SA swemmers kry plek in span na buiteland

DURBAN. Net ses swemmers kon daarin slaag om die kwalifiserende tye te oortref om die span te haal wat van 10 tot 13 Augustus aan die Pan Pacific-byeenkoms gaan deelneem. Die span wat ná die nasionale byeenkoms hier aangekondig is, is: Penny Heyns (Natal, 100 en 200 meter borsslag), Karen Allers (OVS, 200 en 400 meter vryslag), Marianne Kriel (WP, 100 en 200 meter rugslag), Tania Oosthuizen (OVS, 200 meter individuele wisselslag), Robyn Bradley (Natal, 800 meter vryslag) en Ryk Neethling (OVS, 1500 meter vryslag). ''Die kwalifiserende tye wat vir ons daargestel is, was baie straf en ek dink daar is 'n paar swemmers wat dié tye net nie gemaak het nie, maar wat werklik verdien het om in die span te wees,'' het Kriel gesê Een van die swemmers wat hom werklik ongelukkig kan ag dat hy nie in die span opgeneem is nie, is die Noord-Transvaalse swemmer Fran cois Boshoff. Boshoff was net 0.01 van 'n sekonde buite die kwalifiserende tyd in die 100 meter vryslag wat hy in 51.17 sekondes gewen het. 'n Punt van kritiek dat so min swemmers vanjaar die span kon haal is omdat die byeenkoms oor vier dae gestrek het pleks van ses dae soos die Olimpiese Spele se program. Maar nie almal stem saam nie. ''Ek dink die vier dae werk beter omdat die titels nou verdeel word onder die swemmers. Voorheen het 'n mens gekry dat die top-swemmers met al die titels wegstap en dit kan nie goed wees vir Suid-Afrikaanse swem nie,'' het Kriel gesê Swem Suid-Afrika het Saterdag ná die byeenkoms ook 'n voorlopige span vir die Afrikaspele gekies. Die span is: Mans: Peter Williams (N), Darryl Cronje (N), Francois Boshoff (NT) Donald Morrison (N), Mark Duncan (N), Paul Fryer (T), Mark Jollands (N) , Gary Albertyn (Grens), Ryk Neethling (OVS), Michael Windisch (NT), Brett Peterson (Grens), Herman Louw (T), Adrian Bosch (T), Theo Verster (N), Andre Eerenstein (N), Brynn Andrew (T), Wade Ferguson (OT) en Lourens Appelcryn (OVS). Vroue: Helene Muller (Vaal), Marianne Kriel (WP), Marieka Theunissen (N), Karen Allers (OVS), Kirsten van Heerden (N), Tracy-Lee Elliot (Grens), Robyn Bradley (N), Jill Brukman (N), Penny Heyns (N), Julia Russel (N), Amanda Loots (T), Lezaan Senekal (NT), Megan Bydawell (N), Tania Oosthuizen (OVS) en Kerry-Lee Elliot.

Uitslae en nuus van swem, duik en waterpolo vir 1995

Figge wen weer

BENONI. Natasha Figge, wat gaan probeer om die Midmar-myl 'n sewende keer ('n rekord) te wen, het gister in die Voltaren-swemkompetisie oor 1500meter in die Kleinfonten-dam by Benoni geseëvier. Paul Fryer was eerste in die mansafdeling in 20:18. Uitslae in Uitslae Wêreldwyd.

Noorde se swemgala kan vroeg vlamvat

MET onder andere Michael Windisch skitterend op dreef en buitelanders wat die eerste keer nog deelneem, kan die Noord-Transvaalse senior, junior en sub-junior kampioenskapsgala reeds vanaand verskeie glanspunte lewer wanneer dit in die Hillcrest-swembad in Pretoria begin. In die afwesigheid van Marieka Theunissen kan Windisch die groot uitblinker van die byeenkoms wees. Hy het die afgelope paar maande sterk op die voorgrond getree en by die onlangse Transvaalse kampioenskapsgala gewys dat sy visier baie hoog gestel is. Theunissen, vyfdubbele Noord-Transvaalse senior kampioen, het Natal toe verhuis en sal voortaan vir die klub Queenspark beskikbaar wees. Die deelname van swemmers van die sterk Duitse klub Essen behoort die beste uit die plaaslike swemmers te haal. Die gala begin om 18:00. Vanaand se program (gunstelinge in hakies) is: Senior mans: 100 vlinderslag (Michael Windisch, Henry Miles, Johan Boshoff); 200 vryslag (Michael Windisch, Jan Menninger, Kai Kroker);400 individuele wisselslag (Jan Menninger, Johan Boshoff, Michael Windisch, Oliver Gründmann, Patrick Schiller). Junior mans: 100 vlinderslag (Eugene da Ponte, Marnus Marx); 200 vryslag (Eugene da Ponte, Marnus Marx); 400 individuele wisselslag (Marnus Marx). Seuns (12jaar): 50 borsslag (Ferdinand Postma); 100 vryslag (Ferdinand Postma). Senior vroue: 200 vlinderslag (Leezan Senekal); 100 vryslag (Ancheri Luus, Tina Lauerer, Adri Mulder, Kirsty Albertyn); 400 individuele wisselslag (Jasmin Peeters) Junior vroue: 200 vlinderslag (Leané Pienaar, Toni Duncan); 100 vryslag (Katja Haller, Mia Blignaut, Verena Grünberg, Evette Victor); 400 individuele wisselslag (Mia Blignaut, Anne Reuter, Swantje Bergmann). Meisies (12 jaar): Hilde de Beer, Emdi Geringer); 100 vryslag (Marizanne Grundlingh, Inette Swart).

Michael Windisch skitter in Noord-Transvaal se swemgala

DIE Noord-Transvaalse senior, junior, en subjunior kampioenskapsgala het gisteraand op 'n hoë noot afgeskop in die Hillcrest-swembad in Pretoria. Die Tukkie Michael Windisch het die groot glanspunt met 'n uitmuntende driekuns gelewer. Windisch het in die 100 vlinderslag mans vir die SA senior gala gekwalifiseer met sy wentyd van 59.01. Hy was ook eerste in die 200 vryslag (2:00.95) en 400 individuele wisselslag (4:53.83). Leezan Senekal en Mia Blignaut, albei van PAC, was die twee ander groot uitblinkers. Albei het twee titels gebuit: Senekal in die 200 vlinderslag (2:24.83) en 400 individuele wisselslag vroue (5:26.50) en Blignaut in die 100 vryslag (1:02.03) en 400 individuele wisselslag junior vroue (5:17.88). Gisteraand se uitslae is (*dui aan SA A-kwalifiserende tye): Senior mans: 100 vlinderslag: 1. Michael Windisch (UP) 59.01*; 2. Jacques van Heerden (L) 59.16*; 3. Johan Boshoff (UP) 1;00.24. 200 vryslag: 1. Michael Windisch (UP) 2:00.95; 2. Jan Menninger (Essen) 2:02.73; 3. Kai Kroker (Essen) 2:05.24. 400 individuele wisselslag: 1. Michael Windish (UP) 4:53.83; 2. Jan Menninger (Essen) 4:55.77; 3. Carl Zimmerman (UP) 5:08.98. Junior mans: 100 vlinderslag: 1. Eugene da Ponte (PAC) 1:03.37; 2. Marnus Marx (UP) 1:04.18; 3. Christopher Mason (PAC) 1:05.70. 400 individuele wisselslag: 1. Marnus Marx (UP) 5:09.21; 2. Adriaan Lombaard (Hc) 5:21.87; 3. Phil van Heerden (PAC) 5:57.95. 200 vryslag: 1. Derek Craven (PAC) 2:07.99; 2. Eugene da Ponte (PAC) 2:08.24; 3. Marnus Marx (UP) 2:08.28. Seuns 12 jaar: 100 vryslag: 1. Ferdinand Postma (UP) 1:04.88; 2. Jacques Maritz (Tz) 1:08.92; 3. Rickus van der Hoven (UP) 1:09, 24. 50 borsslag: 1. James Lee (Pb) 38.75; 2. Kyle Bulkin (PAC) 39.92; 3. Ferdinand Postma (UP) 40.27. Senior vroue: 200 vlinderslag: 1. Leezan Senekal (PAC) 2:24.83*; 2. Nicole Bulkin (PAC) 2:37.21; 3. Jasmin Peeters (Essen) 2:38.72. 400 individuele wisselslag: 1. Lizanne Senekal (PAC) 5:26.50; 2. Renette van Rooyen (PAC) 5:33.24; 3. Tammy Bulkin (PAC) 5:39.78. 100 vryslag: 1. Ancheri Luus (PAC) 1:00.06*; 2. Kirsty Albertyn (UP) 1:00.14*; 3. Candice Rutledge (PAC) 1:02.20. Junior vroue: 200 vlinderslag: 1. Toni Duncan (Pb) 2:33.90; 2. Leane Pienaar (PAC) 2:34.98; 3. M. van Heerden (PAC) 2:36:97. 100 vryslag: 1. Mia Blignaut (PAC) 1:02.03; 2. Evette Victor (Brits) 1:03.65; 3. Katje Haller (Essen) 1:04.07. 400 individuele wisselslag: 1. Mia Blignaut (PAC) 5:17.88*, 2. L Pienaar (PAC) 5:27.89; 3. M de Beer (PAC) 5:34.02. Meisies 12 jaar: 100 vryslag: 1. Ilandi van der Merwe (L) 1:08.74, 2. Marizanne Grunlingh (PAC) 1:09.18; 3. A Norton (RSA) 1:10.89. 50 borsslag: 1. Hilda de Beer (PAC) 38.47; 2. E Geringer (Bton) 41.29; 3. M Grundlingh (PAC) 42.91. Die kampioenskapsgala word vanaand om 18:00 voortgesit. Die program is (gunstelinge tussen hakies): Senior mans: 100 borsslag (Jan Menninger, Corne Prozesky, Johannes Erasmus); 400 vrysslag (Patrick Schiller, Antoni Ebert-Simons); 200 rugslag (Michael Windisch, Antoni Ebert-Simons, Henry Miles). Junior mans: 100 borsslag (Harold Stevens, Christopher Mason, Antonie Lombard); 400 vryslag (Eugene da Ponte, Derek Craven, Marnus Marx); 200 rugslag (Marnus Marx, Antonie Lombard, Jaco Pelser). Seuns 12 jaar: 50 vryslag (Ferdinand Postma, Jacques Maritz, Adriaan du Plessis); 100 rugslag (Ferdinand Postma, Michael Kelleher). Senior vroue: 50 vryslag (Anja Schweer, Tina Lauerer, Ancheri Luus); 200 borsslag (Rebecca Hartmann, Anet Kruger, Pirette Brouwer); 200 vryslag (Leezan Senekal, Ancheri Luus, Candice Rutledge); 100 rugslag (Jasmin Peeters, Sabine Isermann, Ancheri Luus). Junior vroue: 50 vryslag (Evette Victor, Louise van Niekerk, Marzelle de Beer); 200 borsslag (Leigh-Anne Rutledge, Swantje Bergmann, Inga Wickerkamp); 200 vryslag (Anne Reuter, Leane Pienaar, Katja Haller) ; 100 rugslag (Katja Haller, Mia Blignaut, Toni Duncan). Meisies 12 jaar: 50 vryslag (Inette Swart, Ilandi van der Merwe, Marizanne Grundlingh). 100 rugslag (Cristelle Krevits, Alexandra Norton, Ilani van der Merwe).

Michael Windisch ryg titels in

MICHAEL WINDISCH van die Tukkies het gisteraand reeds sy vyfde titel op die Noord-Transvaalse kampioenskapsgala in die Hillcrest- swembad in Pretoria ingepalm. En met nog twee aande oor kan hy sy aantal goue medaljes nog verder opstoot. Windisch was eerste in die 200 rugslag (2:18.71), en 400 vryslag (4:22.39) senior mans. Ancheri Luus het haar in die afwesigheid van Marika Theunissen as die Noorde se voorste vryslag-swemmer onderskei met goeie oorwinnings in die 50 vryslag (27.67) en 200 vryslag (2:12.02) senior vroue. Sy het in albei nommers vir die SA senior gala gekwalifiseer. Luus het ook die titel in die 100 rugslag vroue gebuit hoewel sy hier tweede na Jasmin Peeters, 'n nie-amptelike inskrywing van die Duitse klub Essen, geëindig het. Sy spog na gisteraand met vier senior titels. Mia Blignaut van PAC het haar derde titel van die byeenkoms gewen met 'n oorwinning in die 200 vryslag junior vroue (2:13.37). Ook Marnus Marx het 'n goeie aand beleef en goue medaljes in die 200 rugslag (2:21.95) en 400 vryslag (4.26.51) verower. Gisteraand se uitslae is (* dui aan kwalifiserende tyd): Senior mans: 400 vrysslag: 1. Michael Windisch (UP) 4:22.39; 2. Henry Miles (PAC) 4:24.19; 3. Alexander Ebert-Simons (Essen) 4:24.54. 200 rugslag: 1. Michael Windisch (UP) 2:18.71; 2. Henry Miles (PAC) 2:19.40; 3. Alexander Ebert-Simmons (Essen) 2:22.11. 100 borsslag: 1. Corné Prozesky (UP) 1:09.00; 2. Jan Merringer (Essen) 1:09.23; 3. Ray Smith (PAC) 1:09.46. Junior mans: 400 vryslag: 1. Marnus Marx (UP) 4:26.51; 2. Eugene da Ponte (PAC) 4:27.13; 3. Derek Craven (PAC) 4:43.45. 200 rugslag: 1. Marnus Marx (UP) 2:21.95; 2. Antonie Lombard (HC) 2:22.41; 3. Jacques Pelser (PAC) 2:37.46. 100 borsslag: 1. Christopher Mason (PAC) 1:13.67; 2. Antonie Lombard (HC) 1:13.84; 3. Marnus Marx (UP) 1:14.62. Seuns 12 jaar: 50 vryslag: 1. Ferdinand Postma (UP) 28.80; 2. Adriaan du Plessis (PAC) 30.26; 3. Jacques Marx (Tz) 30.39. 100 rugslag: 1. Ferdinand Postma (UP) 1:18.02; 2. Michael Kelleher (NS) 1:18.98; 3. M. Koekemoer (HM) 1:22.76. Senior vroue: 50 vryslag: 1. Ancheri Luus* (PAC) 27.67; 2. Anja Schweer (Essen) 27:95; 3. Kirsty Albertyn (UP) 28.21. 200 vryslag: 1. Ancheri Luus* (PAC) 2:12.02; 2. Kirsty Albertyn (UP) 2:12.59; 3. Leezan Senekal (PAC) 2:13.21. 100 rugslag: 1. Jasmin Peeters (Essen) 1:09.73; 2. Ancheri Luus (PAC) 1:10.99; 3. Renette van Rooyen (PAC) 1:11.79. 200 borsslag: 1.Pierette Brouwer* (UP) 2:47.07; 2. Rebecca Hartmann (Essen) 2:50.48; 3. Anette Kruger (Essen) 2:53.81. Junior vroue: 50 vryslag: 1. Evette Victor (Brits) 28.85; 2. Mia Blignaut (PAC) 29:22; 3. Vicky Faul (Hc) 29.40. 200 vryslag: 1. Mia Blignaut (PAC) 2:13.37; 2. Leane Pienaar (PAC) 2:16.20; 3. Katje Haller (Essen) 2:17.80. 100 rugslag: 1. Mia Blignaut (PAC) 1:11.67; 2. Louise van Niekerk (Pb) 1:12.70; 3. Toni Duncan (Pb) 1:13.22. 200 borsslag: 1. Marzelle de Beer (PAC) 2:57.25; 2. Swantje Bergmann (Essen) 3:01.42; 3. A. Dippenaar (Hc) 3:03.58. Die gala begin vanaand om 18:00.

Windisch wen 8 goue medaljes by Hillcrest

MICHAEL WINDISCH se agt goue medaljes, die twee provinsiale rekords van Derek Craven en die geskiedkundige deelname van die Essen-swemklub uit Duitsland was die groot glanspunte van die Noord-Transvaalse kampioen skapsgala wat Saterdagaand in die Hillcrest-swembad in Pretoria ten einde geloop het. Windisch het hom na dese as die Noorde se voorste mans-swemmer gevestig. Sy aanwysing as senior victor ludorum het die kroon op 'n uitmuntende vier dae in die swembad gespan. Derek Craven het die enigste nuwe Noord-Transvaalse rekords van die gala opgestel. Die naweek se uitslae is (* dui aan SA A kwalifiserende tyd): Senior mans 50 vryslag: 1. Johan Boshoof (Tuks) 24.58*; 2. H. Miles (PAC) 25.33; 3. T. Downes (Mas) 25.50. 100 vryslag: 1. Jan Menninger (Essen) 54.52; 2. J. Boshoff (Tuks) 54.93; 3. M. Windisch (Tuks) 55.29. 100 rugslag: 1. Henry Miles (PAC) 1:00.40*; 2. M. Windisch (Tuks) 1:01.21*; 3. P. Southey (PAC) 1:03.99. 200 vlinderslag:1. Michael Windisch (Tuks) 2:10.72*; 2. J. van Heerden (Lions) 2:17.63; 3. C. Zimmerman (Tuks) 2:21.02. 200 borsslag: 1. Corné Prozesky (Tuks) 2:30.28*; 2. L. Janse van Rensburg (Har) 2:33.33*; 3. M. da Ponte (PAC) 2:38.06. 200 individuele wisselag: 1. Michael Windisch (Tuks) 2:16.25*; 2. J. Boshoff (Tuks) 2:17.95; 3. J. Menninger (Essen) 2:18.15. 1500 vryslag: 1. Jan Menninger (Essen) 17:24.27*; 2. M. Windisch (Tuks) 17:48.03; 3. R. de Jongh (Har) 59.83. Junior mans 50 vryslag: 1. Derek Craven (PAC) 25.46 *NTR; 2. M. Marx (TUks) 25.81; 3. C. Mason (PAC) 27.03. 100 vryslag: 1. Derek Craven (PAC) 55.40 *NTR; 2. M. Marx (Tuks) 56.38; 3. E. da Ponte (PAC) 57.40. 100 rugslag: 1. A. Lombard (Hilc) 1:05.16; 2. M. Marx (Tuks) 1:05.55; 3. G. Bosman (Wat) 1:15.72. 200 vlinderslag: 1. Marnus Marx (Tuks) 2:23.77; 2. E. da Ponte (PAC) 2:27.24; 3. J. Pienaar (Ptr) 2:39.54. 200 borsslag: 1. C. Mason (PAC) 2:41.25; 2. A. Lombard (Hilc) 2:41.67; 3. H. Stevens (Bts) 2:48.09. 200 individuele wisselslag: 1. Marnus Marx (Tuks) 2:19.74; 2. A. Lombard (Hilc) 2:23.94; 3. C. Mason (PAC) 2:25. 1500 vryslag: 1. Eugene da Ponte (PAC) 17:52.45; 2. M. Marx (Tuks) 18:02.32; 3. J. Pelser (PAC) 18:55.40. 83. Seuns 12 jaar 50 vryslag: 1. A. du Plessis (PAC) 33.11; 2. J. Grobler (Lions) 35.09); 3. K. Bulkin (PAC) 35.31. 50 rugslag: 1. Ferdinand Postma (Tuks) 35.62; 2. A. du Plessis (PAC) 35.71; 3. S. Blomerus (Har) 36.56. 100 borsslag: 1. James Lee (Ptb) 1:27.29; 2. F. Postma 1:29.41; 3. M. Zsilavecz (Tuks) 1:29.56. 200 individuele wisselslag: 1. Ferdinand Postma (Tuks) 2:41.68; 2. A. du Plessis (PAC) 2:49.90; 3. K. Bulkin (PAC) 2:50.84. Senior vroue 100 vlinderslag: 1. Leezan Senekal (PAC) 1:06.52*; 2. A. Schweer (Essen) 1:08.12; 3. T. Bulkin (PAC) 1:08.97. 100 borsslag: 1. Pierette Brouwer (Tuks) 1:17.81*; 2. I. Brouwer (NAQ) 1:18.40; 3. P. Swartz (Hilc) 1:19.38. 200 rugslag: 1. Jasmin Peeters (Essen) 2:31.65; 2. K. Albertyn (Tuks) 2:33.87; 3. A. Luus (PAC) 2:35.41. 200 individuele wisselslag: 1. Renette van Rooyen (PAC) 2:29.35*; 2. L. Senekal (PAC) 2:31.98; 3. A. Luus (PAC) 2:34.57. 400 vryslag: 1. Yolanda van Lochem (Lions) 4:39.91; 2. L. Senekal (PAC) 4:42.40; 3. C. Routledge (PAC) 4:44.25. 800 rugslag: 1. Yolanda van Lochem (Lions) 9:33.15*; 2. C. Routledge (PAC) 9:55.39; 3. K. Epbinder (Essen) 10:34.39. Junior vroue 100 vlinderslag: 1. M. van Heerden (PAC) 1:07.84; 2. T. Duncan (Ptb) 1:08.84; 3. M. de Beer (PAC) 1:10.16. 100 borsslag: 1. Marzelle de Beer (PAC) 1:20.72; 2. A. Bergmann (Essen) 1:22.63; 3. T. Wickenkamp (Essen) 1:23.64. 200 rugslag: 1. Mia Blignaut (PAC) 2:33.30; 2. T. Duncan (Ptb) 2:34.20; 3. K. Haller (Essen) 2:42.06. 200 individuele wisselslag: 1. Mia Blignaut (PAC) 2:29.88; 2. L. Pienaar (PAC) 2:32.42; 3. M. de Beer (PAC) 2:34.58. 400 vryslag: 1. Mia Blignaut (PAC) 4:38.93; 2. A. Reuter (Essen) 4:45.95; 3. L. Pienaar (PAC) 4:45.99. 800 vryslag: 1. Leané Pienaar (PAC) 9:49.18; 2. A. Reuter (Essen) 9:51.87; 3. A. Bergmann (Essen) 10:03.46. Meisies 12 jaar: 50 vryslag: 1. J. Lombaard (PAC) 33.58; 2. I. Swart (Wat) 34.72; 3. T. Victor (Bts) 35.27. 50 rugslag: 1. Ilandi van der Merwe (Lions) 36.67; 2. K. Crevits (Mbh) 37.16; 3. K. von Mollendor (Wdg) 37.44. 100 borsslag: 1. Hilde de Beer (PAC) 1:26.61; 2. M. Grundlingh (PAC) 1:32.15; 3. J. Lombaard (PAC) 1:32.76. 200 individuele wisselslag: 1. Ilandi van der Merwe (Lions) 2:50.31; 2. H. de Beer (PAC) 2:53.44; 3. M. Grundlingh (PAC) 2:53.69.

Tweekamp se uitslae

PIETERMARITZBURG. Die uitslae in die Voltaren-swemtweekamp (5k swem , 10 km hardloop) by die Midmardam is: Mans: 1. Glen Gore (Tvl) 1;37,08; 2. Glen Errington (Tvl) 1:42,25; 3. Martin Hagger UK) 1:44,26; 4. Carl Storm (Natal) 1:39,00. Vroue: 1. Natalie Best (Tvl) 2:07,06; 2. Debbie Lyn Jessop (Natal), 3. Angela Wheatley (Natal). (Sapa).

Hou Ryk dop

BLOEMFONTEIN. Hou Ryk Neethling, Springbok-swemmer, Suid-Afrikaanse kampioen en rekordhouer in die 1500 vryslag, dié seisoen dop. Hierdie leerling van Grey-kollege in Bloemfon tein, wat deur mnr. Simon Gray afgerig word, het verlede naweek in Durban die vinnigste tyd nóg in dié nommer op die vasteland aangeteken toe hy 'n tyd van 15:42.73 gewen het. Mnr. Gray, se Suid-Afrikaanse rekord van 15:58.10, het sedert 3 Maart 1976 in die rekordboeke gepryk, voor Neethling dit verlede jaar op 'n byeenkoms in die buiteland tot 15:41.82 verbeter het. (Johan de Wet).

Top-swemmer

MICHAEL WINDISCH van die Tukkies en Ancheri Luus van Pretoria Aquatic Club is Saterdagaand ná die Noord-Transvaalse kampioenskapsgala as onderskeidelik senior victor ludorum en senior victrix ludorum aangewys. Windisch het agt titels ingepalm en Luus vier. Mia Blignaut van PAC, wenner van ses goue medaljes, het die toekenning van junior victrix ludorum ontvang. Marnus Marx is aangewys as junior victor ludorum. Die twee subjuniors wat vereer is, is Ferdinand Postma van Tukkies en Ilandi van der Merwe van Lions.

NTvl kies span

NOORD-TRANSVAAL het 'n baie sterk span gekies vir die Suid-Afrikaanse swem-driekampbyeenkoms, wat op 11 Februarie in Mosselbaai gehou word. Conrad Stolz (21), die huidige Suid-Afrikaanse kampioen, Shamus Kreugert die Transvaalse kampioen, en Raynard Tissink, die Natalse kampioen, is al drie in die elite-mansspan ingeluit. Die ander drie lede van die elite-span is Deon Swart, Christiaan Joubert en Greg Lundersted. Natalie Best is die enigste lid van die elite-vrouespan. Anke Erlank, 'n sewentienjarige Pretorianer wat tans met die beste tyd vir 'n junior in die land spog, is die enigste lid van die junior span en het 'n goeie kans om die junior titel te wen. Jacques Hugo, Gawie Joubert, Gavin Paul, Bret Faure en Jaco Smit is die juniors in die Noord-Transvaalse span vir die byeenkoms in Mosselbaai.

Swem

Transvaalse ouderdomsgroepgala, Johannesburg Seuns: 100 vryslag: 14 jaar: 1. R. Maxwell (SI) 1:00.08; 2. Sean Oxley (OE) 1:00.10; 3. Adam Goldin (WA) 1:01.25. 15 jaar: 1. L. Nieuwenhuys (LR) 56.41; 2. J. Slabbert (WA) 57.75; 3. Anthony Rocchi (LR) 58.55. 16 jaar: 1. Craig Dukes (GE) 59.40; 2. Jamie Morgan (FL) 59.75; 3. R. Verschoor (WA) 59.88. 17 jaar: 1. W. Flekser (OE) 57.84; 2. T. Watson (GE) 1:00.45; 3. David Bain (OE) 1:01.09. 18 jaar: 1. Brynn Andrew (OE) 56.94; 2. Martin Sim (KP) 58.46; 3. Richard de Wet (WA) 59.12. 19 jaar: 1. Rowan Wittels (OE) 55.10; 2. C. Holroyd (LR) 56.47; 3. W. Pearson (LR) 56.98. 50 meter rugslag: 14 jaar: 1. R. Maxwell (SI) 32.55; 2. Ryan Maroney (LR); 3. J. Lwarence (LR) 56.98. 15 jaar: 1. M.. Smits (LR) 31.45; 2. G. Billington (SI) 33.82; 3. J. Lawrance (LR) 33.76. 16 jaar: 1. P. du Plessis (KP) 32.66; 2. C. Visser (BH) 33.67; 3. S. Parkinson (LR) 33.79. 19 jaar: 1. Andrin Milan (OE) 32.67; 2. M. Buettcher (BH) 36.98. 200 rugslag: 14 jaar: R. Maxwell (SI) 2:30.92; 2. J. Lawrance (LR) 2:39.25; 3. Ryan Maroney (LR) 2:39.99. 15 jaar: 1. M. Smits (LR) 2:21.85. 16 jaar: 1. P. du Plessis (KP) 2:30.40; 2. C. Visser (BH) 2:31.85; 3. S. Parkinson (LR) 2:34.21. 19 jaar: 1. Lain Schutte (BH) 2:19.93; 2. Milan Andrin (OE) 2:28.24. 50 borsslag: 1. Grant Ansell (WA) 33.73; 2. S. Peacock (MP) 35.72; 3. G. Hubbard (ED) 36.60. 15 jaar: 1. Grant Tungay (LR) 34.63; 2. James Greef (LR) 37.84; 3. G. Williams (SI) 37.94. 16 jaar: 1. C. Stewart (LR) 31.92; 2. S. Mommsen (BH) 34.06; 3. Jamie Morgan (FL) 36.14. 17 jaar: 1. Mark Buckley (FL) 31.52; 2. T. Watson (GE) 33.58; 3. R. Stewart 34.73. 18 jaar: 1. 1. S. Peterson (WA) 31.95; 2. D. Fraser (BH) 35.16; 3. Shaun Boyd (BH) 35.76. 19 jaar: 1. W. Pearson (LR) 32.96; 2. M. Buettcher (BH) 35.06. 50 vlinderslag: 14 jaar: 1. S. Hamilton (FL) 29.92; 2. R. Maxwell (SI) 29.93; 3. Van der Walt (LR) 31.03. 15 jaar: 1. G. Williams (SI) 27.97; 2. Josh Adler (LR) 29.05; 3. Gavin Povall (SI) 31.69. 16 jaar: 1. R. Verschoor (WA) 28.51; 2. A. Maletti (MP) 28.71; 3. Jamie Morgan (FL) 30.03. 17 jaar: 1. W. Flekser (OE ) 26.77; 2. S. Gerber (SI) 30.20; 3. R. Stewart (BH) 31.77. 18 jaar: 1. R. de Wet (WA) 27.94; 2. Martin Sim (KP) 29.56; 3. D. Fraser (BH) 31.17. 19 jaar: 1. W. Pearson (LR) 27.90; 2. Wayne Adonis (LR) 32.10. 200 meter vlinderslag: 14 jaar: 1. S. Hamilton (FL) 2:30.68; 2. S. Matulovich (KP) 3:02.92; 3. J. Kieser (SI) 3:07.89. 15 jaar: 1. R. Chalmers (BH) 2:34.71; 2. A. Rocchi (LR) 2:34.80; 3. Gavin Povall (SI) 2:40.05. 16 jaar: 1. Craig Dukes (GE) 2:24.78. 18 jaar: 1. Brynn Andrew (OE) 2:14.50; 2. R. de Wet (WA) 2:21.48. 3. Shaun Boyd (BH) 2:24.36. 19 jaar: 1. R. Wittels (OE) 2:20.09; 2. Wayne Adonis (LR) 2:39.23. Meisies: 100 vryslag: 14 jaar: 1. N. Lourens (KP) 1:03.28; 2. Jackie May (LR) 1:03.85; 3. Y. Taljard (KP) 1:03.91. 15 jaar: 1. N. Orban (LR) 1:05.68; 2. Va Schalwyk (KP) 1:07.50; 3. Lauren Dwyer (LR) 1:07.50. 16 jaar: 1. C. Tremeer (WA) 1:03.78; 2. L. Corazza (SI) 1:09.21; 3. M. Barsdorf (SI) 1:10.27. 17 jaar: 1. L. Stothert (BH) 1:05.17; 2. A. Pulker (MW) 1:06.41. 50 meter rugslag: 1. D. Robinson (FL) 35.52; 2. Y. Taljard (KP) 36.04; 3. B. Noble (KP) 36.98. 15 jaar: 1. Angela Stout (LR) 34.20; 2. K. Nel (GE) 35.11; 3. Lauren Dwyer (LR) 37.34. 16 jaar: 1. C. Lourens (KP) 33.78; 2. Julie Steyn (MP) 40.22. 17 jaar: L. Stothert (BH) 35.62. 18 jaar: 1. N. Dorrestein (WA) 34.59. 200 rugslag: 14 jaar: 1. S. Millman (SI) 2:48.37; 2. J. Glunz (KP) 3:02.71. 15 jaar: 1. A. Stout (LR) 2:37.68; 2. K. Nel (GE) 2:40.50. 18 jaar: 1. N. Dorrestein (WA) 2:37.35. 50 meter borsslag: 14 jaar: 1. M. van Biljon (KP) 37.80; 2. Jackie May (LR) 38..07; 3. Kerry White (KP) 38.53. 15 jaar: 1. C. Lane (LR) 36.56; 2. C. Cayakis (GE) 38.82; 3. H. Noble (KP) 40.64. 16 jaar: 1. M. Barsdorf (SI) 38.56; 2. L. Corazza (SI) 39.51; 3. J. Doyle (LR) 40.84. 17 jaar: 1. L. Rutherford (KP) 39.76. 50 vlinderslag: 14 jaar: 1. Jackie May (LR) 31.56; 2. M. van Bil jon (KP) 33.66; 3. Y. Taljard (KP) 33.75. 15 jaar: 1. N. Orban (LTR) 31.05; 2. Kate Body (MP) 34.96; 3. C. Cayanis (GE) 35.13. 16 jaar: 1. L. Corazza (SI) 33.99; 2. M. Barsdorf (SI) 36.52. 200 vlinderslag: 17 jaar: 1. L. Rutherford (KP) 2:32.71.

Driekamp

OOS-TRANSVAAL se dubbele standaard-driekamp word môre by die Middelburg-dam gehou. Twee byeenkomste vind om 08:00 plaas. Die een byeenkoms is 'n dubbele standaard-driekamp, en die afstande van die verskillende bene is: 16km kanovaart, 80km fietsry, 20km padwedloop of 3km swem, 80km fietsry en 'n 20km padwedloop. Die ander byeenkoms is 'n standaard-driekamp en die afstande is 8km kano, 40km fietsry, 10km padwedloop of 1.5km swem, 40km fietsry, 10km padwedloop. Vir nadere besonderhede kan Johan Stofberg by (0132) 431130 (w) of Stefan van der Merwe by (0132) 442102 (h) opgebel word.

Ferdinand Postma en Anita Vrba is kapteins

FERDINAND POSTMA en Anita Vrba is aangewys as kapteins van Noord-Transvaal se swemspan, wat op 10 en 11 Maart in Bloemfontein aan die Suid-Afrikaanse gala vir laer skole deelneem. En welverdiend ook, want albei het vier titels by die Noord-Transvaalse gala in die Hillcrest-swembad in Pretoria verower. Die Noord-Transvaalse rekords wat opgestel is, is: Seuns: Ope: 50 vlinderslag: Ferdinand Postma 32.47. 50 borsslag: Renier Grobler 37.02. 11 jaar: 50 borsslag: Tommy Barnard 41.38. Meisies: Ope: 50 borsslag: Marli Hoffman 38.00. Die ander top-prestasies van die gala was: 50 vryslag: Meisies 11 jaar: Gisela Schröder 33.50. Seuns 12 jaar: Kyle Bulkin 31.35. Meisies 12 jaar: Inette Swart 30.35. Seuns ope: Ferdinand Postma 29.82. 50 vlinderslag: Seuns 10 jaar: Lieben Botha 39.38. Meisies 10 jaar: Sharon Read 44.24. Seuns 11 jaar: Emile de Bruin 36.04. Meisies 11 jaar: Gisala Schröder 37.45. Seuns 12 jaar: Kyle Bulkin 34.95. Meisies 12 jaar: Inette Swart 33.62. Meisies ope: Anita Vrba 35.97. 50 borsslag: Meisies 9 jaar: Astrid Zsilavecz 45.01. Meisies 11 jaar: Nicola Blignaut 44.05. Meisies 12 jaar: Nicci Cuyper 38.94. 50 rugslag: Seuns 9 jaar: Rudi Venter 42.76. Seuns 11 jaar: Peet Bothma 39.06. Meisies 12 jaar: Louise Bircumshaw 38.10. Seuns ope: Ferdinand Postma 34.80. Meisies ope: Anita Vrba 37.38. Die Noord-Transvaalse span wat aan die SA gala vir laer skole in Bloemfontein deelneem, is: Seuns: o.9: Emile Verster, Rudi Venter, Francesco Griesel, Tielman Roos, Peet Victor. o.10: Pieter Steyn, Gary-John Bircumshaw, Francois Roos, Davydd Jenkins, Lieben Botha, D.J. Solomon (duik). o.11: Ian Swart, Emile de Bruin, Charl Marais, Peet Bothma, Tommy Barnard. o.12: Kyle Bulkin, Stephanus Blomerus, Gerhard Zandberg, Daniël Arlow, Julian Grobler, D.V. Inggs (duik). o.14: Ferdinand Postma (k), Adriaan du Plessis, André Visser, Jan Withaar, Renier Grobler, L. Inggs (duik). Meisies: o.9: Astrid Zsilavecz, Nicole Kartsens, Drieni van Mollendorff, Christine Gioia. o.10: Sharon Read, Jan Wentzel, Jodi du Buisson, Matalie Perreira, Marissa Janse van Vuuren, J. Inggs (duik). o.11: Tamaryn Laubscher, Gisela Schröder, Candice Dumas, Tracey Haupt, Carin Lötter, Nicola Blignaut. o.12: Inette Swart, Marizanne Grundlingh, Bronwyn Logan, Isabel Janse van Vuuren, Nicci Cuyper, Louise Bircumshaw, M. du Preez (duik). o.14: Anita Vrba (k), Marli Hoffman, Thilde Victor, Mia van Mollendorff, Angie Harding. (Morris Gilbert).

Swem

Transvaalse geslote kampioenskapsgala, Germiston Mans: 200 vryslag: 1. Paul Fryer (SI) 1:57.36; 2. Clinton Holroyd (LR) 2:00.02; 3. Wayne Canning (OE) 2:00.36; 4. Iain Stewart (SI) 2:01.41. 50 borsslag: 1. Leon Weed (LR) 31.82; 2. Grant Ansell (WA) 32.63; 3. Paul Drury (KP) 33.86; 4. Greg Hack (OE) 34.00. 100 vlinderslag: 1. Herman Louw (OE) 59.09; 2. W. Pearson (LR) 59.45; 3. M. Stewart (OE) 1:00.09; 4. Richard de Wet (WA) 1:00.30. 400 individuele wisselslag: 1. Wayne Delport (KP) 4:57.45; 2. Adrian Bosch (SI) 5:00.20; 3. C. Visser (BH) 5:12.93; 4. Mark Payne (GE) 5:29.219. Junior mans: 200 vryslag: 1. Anthony Rocchi (LR) 2:01.24; 2. L. Nieuwenhuys (LR) 2:05.60; 3. James Grebe (LR) 2:08.84; 4. J. Slabbert (WA) 2:11.65. 50 borsslag: 1. Herman Louw (OE) 30.71; 2. Mark Buckley (FL) 31.22; 3. W. Pearson (LR) 31.39; 4. C. Stewart (LR) 31.50. 100 vlinderslag: 1. Gavin Williams (SI) *180 spasie te groot 1:02.98; 2. Shaun Hamilton (FL) 1:04.73; 3. Josh Adler (LR) 1:05.35; 4. Richard Maxwell (SI) 1:05.76. 400 individuele wisselslag: 1. Anthony Rocchi (LR) 4:50.19; 2. Brett Rogers (SI) 4:54.90; 3. R. Chalmers (BH) 5:23.90; 4. Zach de Beer (WA) 5:25.53. Vroue: 100 vryslag: 1. Taryn Ternent (OE) 1:00.79; 2. Sally Jansen (LR) 1:01.37; 3. Annel Swanepoel (SI) 1:01.86; 4. J. Fraser (BH) 1:02.36. 50 borsslag: 1. Kirsty Nethercott (WA) 34.19; 2. Claire Lane (LR) 34.51; 3. L. Corazza (SI) 37.41; 4. C. Cayanis (GE) 37.77. 200 vlinderslag: 1. Mandy Loots (SI) 222.99; 2. Bianca Duc****** Kolom Einde 0 bury (GE) 2:28.69; 3. Lynne Rutherford (KP) 2:30.37; 4. J. Jansen (KP) 2:58.97. 400 individuele wisselslag: 1. Amanda *180 spasie te groot Loots (SI) 5:11.90; 2. Theresa van Dijk (SI) 5:22.64; 3. Mia van Biljon (KP) 5:26.43; 4. Leanne Foley (SI) 5:33.48. Junior vroue: 100 vryslag: 1. Lisa Botha (LR) 1:02.34; 2. N. Lourens (KP) 1:02.99; 3. Candice Nethercott (WA) *180 spasie te groot 1:03.54; 4. Jackie May (LR) 1:03.70. 50 borsslag: 1. L. van der Walt (WA) 35.50; 2. M. van Biljon (KP) 35.54; 3. Canidce Nethercott (WA) 37.49; 4. Kerry White (KP) 37.51. 200 vlinderslag: 1. Candice Nethercott (WA) 2:31.85; 2. Yolandi Taljard (KP) 2:47.71; 3. T. di Blasio (SI) 2:54.35; 4. Angela Fonda (WA) 3:00.02.

Kampioen 'hou van pyn'

SUIKER, pyn en baie sweet is waaraan Anke Erlank, Suid-Afrikaanse junior swemdriekamp-kampioen, haar sukses toeskryf. Dié drie bestanddele mag nie op alle ''langafstandvrate'' se spyskaart vir sukses verskyn nie, maar dié matrikulant aan Hoërskool Die Wilgers sweer daarby. Die ongelowige Thomasse wat hul bedenkinge oor dié suksesresep het, hoef net na Anke se vertonings van die naweek te kyk om hulle daarvan te oortuig dat dit werk. Die skraalgeboude brunet het Saterdagoggend op die A-bond se interhoërbyeenkoms 'n bronsmedalje in die 1500m (5:01,9) en 'n silwermedalje in die 3000m (10:29.4) vir meisies o.19 gewen. Die meeste mense beskou dit as genoeg oefening vir die dag, maar vir Anke was dit net ''ligte oefening''. Skaars 'n paar uur later het dié 17- jarige atleet by Leeuwkop vir die wegspring van die Suid-Afrikaanse junior swemdriekampkampioenskap aangetree. Sy het die driekamp (600m swem, 18km fietsry en 4km draf) in die ouderdomsgroep vir meisies van 16 tot 17 in 'n tyd van 73 minute en 26 sekondes gewen. Twee weke gelede het Anke op Mosselbaai ook die junior afdeling van die Suid-Afrikaanse senior kampioenskap (1,5km seeswem, 40km fietsry en 10km draf) gewen. Anke het gesê haar belangstelling in driekamp het twee jaar gelede begin nadat sy met Conrad Stoltz, 'n oud- leerling aan Die Wilgers en nou een van Suid-Afrika se voorste driekampatlete, gesels het. Toe sy die eerste driekamp wen waaraan sy deelgeneem het, was die koeël deur die kerk. Anke was 'n ''langafstand-junkie''. Om 'n uur elke dag, vyf dae van die week, te draf en te swem het tweede natuur geword. Asof dit nie genoeg is nie, ry sy ook twee keer 'n week twee uur lank fiets. Volgens Anke was sy nog nie een oomblik spyt dat sy haar aan dié strawwe roetine onderwerp het nie. Dan lap sy haar groot geheim uit. ''I love pain. Sugarloading is ook belangrik.'' Sy is, in haar eie woorde, aan gemorskos verslaaf veral roomys. Anke het onder meer verlede jaar in Desember in Tasmanië op die wêreld- kampioenskapsbyeenkoms (draf en fietsry) die sesde plek in haar ouderdomsgroep verower. Haar groot droom is om vanjaar weer aan die wêreldkampioenskapsbyeenkoms deel te neem. Sy het egter 'n probleem. Dié byeenkoms is in November in die middel van die matriekeindeksamen. ''Ek sal maar by die hoof gaan soebat, dalk kan hy aan 'n plan dink.''

Swembad se nuwe vere kos R10. 

BOKSBURG. Die opgradering van die Boksburg-Noord-swembad is pas voltooi nadat 'n bedrag van R5miljoen bestee is om die swembad toe te bou. Die swembad voldoen aan Olimpiese standaard en het by voltooiing sowat R10miljoen gekos. Die swembad met sy twaalf bane word reeds jare lank gebruik vir die Issy Kramer-waterpoloweek. Dit is reeds in September 1993 verhit en met die nuwe koepeldak sal daar nou regdeur die jaar geswem kan word. Die dak is deursigtig. Daar is in April 1983 met werk aan die swembad begin. Die swembad is toe tot Olimpiese standaard vergroot. Die totale uitgawe was toe sowat R320000. Dié swembad is nou die enigste van sy grootte in Gauteng met 'n toegeboude dak. Die enigste ander soortgelyke swembad is in Durban. Panele aan die noorde- en suidekant kan oopskuif om te verseker dat lug kan deurtrek sodat die swembad in die somer nie te warm word nie. Die swembad beskik ook oor moderne elektroniese tydtoets- toerusting en plek vir 3000 toeskouers. Daar is ruim voorsiening gemaak vir 3000 toeskouers. In November 1989 is opknappingswerk aan die manskleedkamers gedoen teen sowat R150000. Die dameskleedkamers is in November 1991 opgeknap en sowat R180000 is aan die opknappingswerk bestee. Die verhittingspompe is in Julie 1993 ge nstalleer teen sowat R325000. Die kragtoevoer na die verhittingspompe was egter nie voldoende nie en 'n nuwe substasie moes gebou word. 'n Bykomende bedrag van R65000 is in 1993 aan die beplanners bestee nadat die stadsaad besluit het om die swembad in 'n binnenshuise swembad om te skep. Nóg R140000 is gespandeer om plaveisel en wegspringplekke, wat met die bouery beskadig is, te vervang. 'n Nuwe elektroniese telbord is ook teen sowat R110 000 aangekoop.

Projek van R5miljoen by swembad amper klaar 'n Deursigtige dak is aangebring

ILLUSTRASIE:foto: Die Boksburg-Noord-swembad, waar werk teen middel Maart afgehandel behoort te word. Die swembad word toegebou teen 'n koste van sowat R5miljoen.

BOKSBURG. Die opgradering van die Boksburg-Noord-swembad nader nou vinnig voltooiing en behoort teen middel aanstaande maand voltooi te wees. 'n Bedrag van R5miljoen word bestee om die swembad toe te bou, wat dit een van die grootste en beste swembaddens van Olimpiese standaard in die land sal maak. By voltooiing sal die swembad sowat R10miljoen kos. Die swembad, met sy twaalf bane, word reeds jare lank gebruik vir die Issy Kramer- waterpolo week. Dit is reeds in September 1993 verhit en na voltooiing sal daar deur die jaar geswem kan word. Die dak sal deursigtig wees. Werk aan die swembad het in April 1983 begin toe die swembad vergroot is tot Olimpiese standaard. Die totale uitgawe was toe sowag R320000. Wanneer dit voltooi is, sal Boksburg die enigste swembad van sy grootte in Transvaal met 'n toegeboude dak wees. Die enigste ander soortgelyke swembad is in Durban. Panele aan die noorde- en suidekant sal kan oopskuif om te verseker dat lug kan deurtrek sodat die swembad in die somer nie te warm word nie. Daar word ruim voorsiening gemaak vir kleedkamers en die swembad het moderne elektroniese tyd-apparaat. Die swembad sal nou sitplek vir drieduisend toeskouers hê. In November 1989 is opknappingswerk aan die manskleedkamers gedoen wat sowat R150000 gekos het. Die vroue se kleedkamers het in November 1991 aan die beurt gekom en sowat R180000 is hieraan bestee. In Julie 1993 is die verhittingspompe ge nstalleer teen sowat R325000. Die kragtoevoer na die verhittingspompe was egter nie voldoende nie en 'n nuwe substasie moes gebou word, wat sowat R106000 gekos het. 'n Bedrag van R65000 is in 1993 aan beplanners bestee nadat die stadsaad besluit het om die swembad in 'n binnenshuise swembad te omskep. Nog R140000 is bestee om plaveisel en wegspringplekke wat met die bouery beskadig is, te vervang. 'n Nuwe elektroniese telbord is vir sowat R110000 aangekoop. Volgens mnr. Nico Badenhorst, hoof van parke en ontspanning van die stad, is die publiek wat die swembad besoek ''maar min''. Hy het gesê die grootste swemkompetisie wat sedert 1988 in die swembad gehou is, was die Oos-Transvaalse swemkampioenskapstoernooi.

Verrassings in swem Fryer staan titel aan Clinton Holroyd af

DIE aand van verrassings. So kan die tweede aand van die Transvaalse geslote kampioenskapsgala in die Delville-swembad in Germiston beskryf word. Een van die grootste verrassings van die aand het gekom toe Paul Fryer (SI), Transvaal se top-swemmer in die vryslag-nommers, gisteraand sy titel in die 400 meter vryslag vir mans aan Clinton Holroyd (LR) afgestaan het. Maar Holroyd het die oorwinning beslis nie op 'n skinkbord gekry nie. Fryer het gesorg dat dit in 'n taai tweestryd ontaard het, wat Holroyd in 4 min. 13.32 sek. gewen het, net sowat 'n sekonde voor Fryer. Maar dit is nie waar die verrassings vir die aand opgehou het nie. Die 13-jarige Leanne van der Walt (Wa) het in die 200 meter borsslag vir junior vroue ook verras deur die onder 14 en onder 16-rekordhouer in die nommer, Mia van Biljon (KP, 14), met sowat drie sekondes te klop. Van Biljon het egter vir die eerste 150 meter voor geswem. Van der Walt het in die laaste 50 meter die nommer in 2:41.11 gewen, gevolg deur Van Biljon in 2:44.01. Die 15-jarige Taryn Ternent het ook verras toe sy die Transvaalse rekordhouer in die 100 meter rugslag vir vroue, Theresa van Dijk, geklop het. Sy het ook Mandy Loots, wat Suid-Afrika onlangs by die Statebondspele en die Wêreldbyeenkoms verteenwoordig het, geklop. Ternent het in 1:07.41 geseevier, gevolg deur Loots (1:08.08) en Van Dijk (1:08.62). Maar die grootste verrassing van die aand het gekom toe die 26-jarige Craig Jackson hom weer in die water bevind het. Hy het in 1992 ná die Olimpiese Spele uitgetree, maar gisteraand weer die swembroek aangetrek en aan die 50 meter vlinderslag deelgeneem en gewen.

Top-duikers slaags in Pta

ILLUSTRASIE:foto: Mark Heslop is hard aan die oefen vir die SA duikbyeenkoms wat vandag in Pretoria begin. Dit is die eerste keer dat Noord-Transvaal die gasheer is.

ROBERT COSTA en Andrew Matthey, wat Suid-Afrika by die Statebondspele in Victoria, Kanada, verteenwoordig het, is twee van die land se top-duikers wat vandag tot Sondag aan die SA senior en junior duikkampioenskapsbyeenkoms in die De Jongh-duikbad in Pretoria deelneem. Dit is die eerste keer dat Noord-Transvaal dié byeenkoms aanbied. Dit is ook die eerste keer dat 'n SA junior kampioenskapsbyeenkoms gehou word. Dit word saam met die senior byeenkoms beslis. Van die ander voorste duikers wat in aksie sal wees, is Heather McGregor, Gareth Kemp, Eddie Galpin, Jan Woodard, Cathy Mitchell en Grant Clark. Die ses duikers wat oor die volgende vyf dae die beste vertoon, sal aanstaande maand by die SA senior swemgala in Durban teen 'n internasionale uitnodigingspan deelneem. Nog 'n eerste vir Pretoria is die duikvertoning wat môre aand gehou word. Dit sal etlike gevaarlike toertjies insluit. In een van die toertjies sal die duiker aan die ''brand gesteek'' word voordat hy sy duikslag uitvoer. Die byeenkoms begin vandag met die uitdunronde van die vroue 1m en die mans 3m.

Swem

Transvaalse geslote kampioenskapsgala, Germiston Mans: 400 vryslag: 1. Clinton Holroyd (LR) 4:13.32; 2. Paul Fryer (SI) 4:14.74; 3. Brynn Andrew (OE) 4:17.79; 4. Rowan Wittels (OE) 4:19.73. 200 rugslag: 1. Andrew Biram (WA) 2:14.71; 2. Michiel Smits (LR) 2:15.35; 3. Wayne Delport (KP) 2:19.05; 4. Lain Schutte (BH) 2:20.77. 100 borsslag: 1. Herman Louw (OE) 1:07.38; 2. Adrian Bosch (SI) 1:09.43; 3. Cliff Lyne (BH) 1:09.43; 4. Mark Buckley (FL) 1:09.65. 50 vlinderslag: 1. Craig Jackson (BH) 26.85; 2. Herman Louw (OE) 26.92; 3. Michael Benjamin (SI) 26.93; 4. Stefan Bolling (WA) 27.12. Junior mans: 400 vryslag: 1. Anthony Rocchi (LR) 4:13.70; 2. Leon Nieuwenhuys (LR) 4:22.63; 3. Sean Oxley (OE) 4:39.30; 4. Ryan Chalmers (BH) 4:41.02. 200 rugslag: 1. Brett Rogers (SI) 2:19.08; 2. Richard Maxwell (SI) 2:26.54; 3. Ryan Moroney (LR) 2:26.72; 4. Stephen Kaspersen (FL) 2:33.34. 100 borsslag: 1. Leon Weed (LR) 1:09.80; 2. Grant Ansell (WA) 1:13.56; 3. Paul Drury (KP) 1:13.90; 4. Greg Hack (OE) 1:14.25. 50 vlinderslag: 1. Gavin Willams (SI) 27.84; 2. Josh Adler (LR) 28.17; 3. Jacobus Slabbert (WA) 29.17; 4. Shaun Hamilton (FL) 29.38. Vroue: 50 vryslag: Taryn Ternent (SI) 27.96; 2. Claire Bolton (SI) 28.17; 3. Sally Jansen (LR) 28.62; 4. Cheryl Tremeer (WA) 28.78. 200 vryslag: 1. Natasha Figge (SI) 2;10.45; 2. Janion Fraser (BH) 2:11.37; 3. Yolandi Taljard (KP) 2:11.89; 4. Anel Swanepoel (SI) 2:12.98. 100 rugslag: 1. Taryn Ternent (OE) 1:07.41; 2. Amanda Loots (SI) 1:08.08; 3. Theresa van Dijk (SI) 4. Claire Lourens (KP) 1:08.98. 800 vryslag: 1. Natasha Figge (SI) 9:46.48; 2. Cheryl Mackay (WA) 9:47.71; 3. Leanne Foley (SI) 10:10.40; 4. Belinda Ehlers (AL) 10:25.98. 100 borsslag: 1. Claire Lane (LR) 2:45.06; 2. Kirsty Nethercott (WA) 2:47.85; 3. Jacqueline Larsen (SH) 2:53,84; 4. Catherine Cayanis (GE) 2:56.44. 50 vlinderslag: 1. Kirsty Nethercott (WA) 29.97; 2. Natalie Orabn (LR) 30.70; 3. Taryn Ternent (30.83; 4. Michelle Sandeman (SI) 31.29. Junior vroue: 50 vryslag: 1. Lisa Botha (LR) 28.97; Jackie May (LR) 28.97; 3. Candice Nethercott (WA) 29.13; 4. Michelle Fick (SI) 29.61. 200 vryslag: 1. Nicola Lourens (KP) 2:12.31; 2. Michelle Fick (SI) 2:16.46; 3. Mia van Biljon (KP) 2:19.78; 4. Sherilee Millman (SI) 2:23.13. 800 vryslag: 1. Mia van Biljon (KP) 9:55.00; 2. Mandy Foley (SI) 10:26.46; 3. Sherilee Millman (SI) 10:35.03; 4. Samantha Jelley (FL) 11:04.09. 100 rugslag: 1. Lisa Botha (LR) 1:09.57; 2. Karien Vermaak 1:11.21; 3. Justine Hunt (WA) 1:11.38; 4. Sandra Fletcher (WA) 1:12.66. 100 borsslag: 1. Leanne van der Walt (WA) 2:41.11; 2. Mia van Biljon (KP) 2:44.01; 3. Kerry White (KP) 2:54.98; 4. Jackie May (LR) 2:57.24. 50 vlinderslag: 1. Canice Nethercott (WA) 29.33; 2. Leanne van der Walt (31.78; 3. Jackie May (LR) 32.24; 4. Deborah Robinson (FL) 32.63.

Interhuis-swemgala

ILLUSTRASIE:foto: Aitsa, kyk hoe lyk die Egiptenare van die Pretoria High School for Girls. Dié uitrustings was ten tyde van dié skool se interhuis-swemgala oral te sien. Links is Lisca Nel, agter is Nikki Procter en voor Clair Gilberson. In die middel is Henk Buchel, wat die ''koninginne'' vergesel het. Elke jaar kies die leerlinge self 'n tema vir hul swemgala en vanjaar het die Connaught-koshuis die asem weggeslaan met hul kleredrag.

Sewe skolerekords spat in Bloemfonteinse swembad

BLOEMFONTEIN. Sewe rekords het Saterdag die kroon gespan op die laaste dag van die SuidAfrikaanse interprimêre skoleswem kampioenskapsbyeenkoms wat hier gehou is. Twaalf spanne het aan die byeenkoms deelgeneem en Transvaal het die spankompetisie met 799 punte gewen. Natal was tweede met 794 gevolg deur die Westelike Provin sie (733,5) en die Vrystaat (698). In die afdeling vir meisies het drie rekords in die slag gebly waarvan Nicola du Toit van die Westelike Provinsie twee ingepalm het. Sy het die 50 vryslag en die vlinderslag vir meisies onder 11 in tye van onderskeidelik 31,03 en 34,81 sek. gewen. Die ander rekord is deur W. Janse van Rensburg van die Oostelike Provinsie opgestel toe sy die 50 vryslag vir meisies onder 14 in 29,41 gewen het. Vier rekords het in die seunsaf deling in die slag gebly. Die nuwe rekordhouers is D. Durham (WP, 50 vlinderslag, o.11 32,84), A. Horsecroft (50 rugslag, o.11 35,90), W. Williams (Tvl, 50 vlinderslag, o.14 30,71), D. Glover (OP, 50 rugslag, o.14 32,91).

1995/03/13/12/6.html (at 21/11/2013, 13:42)

Vernuftige Steenkamp volg in die rugbyvoetspore van sy pa en legendariese oupa

BLOEMFONTEIN. Met die insluiting van die vernuftige Johan Steenkamp, losvoorspeler van OudGreys, in die Vrystaat se rugbytoerspan na Australië en NieuSeeland, is net die tweede oupapakleinseunkombinasie die afgelope honderd jaar in Vrystaatrugby voltooi. Johan se pa, Stonie, het in die jare vyftig flank en agtsteman vir Wes Transvaal en die Vrystaat gespeel, terwyl sy oupa sy ma Colleen se pa Les WilloughbyWilliams, in die jare dertig as slot vir die Vrystaat diens gedoen het. Mnr. Stonie Steenkamp, wat ook die Vrystaatse Curriebekerspan afgerig het, het in Augustus 1974 die eerste SA Skolerugbyafrigter geword. Hy het dié span tot in 1982 afgerig. Hy het ook 46 eersterangse wedstryde as rugbyskeidsregter beheer. Die sportbloed loop sommer baie dik in Johan se familie. Sy suster, Jeanine, is 'n Springbokswemmer en tweekampatleet en het in haar swemloopbaan veertien SuidAfrikaanse senior titels ingepalm. Sy is ook 'n skitterende hokkiespeler en driekampatleet. Johan se jongste broer, Leslie, het die Vrystaat al in tweekamp en skolekrieket verteenwoordig. Ma Colleen was op haar dag die Kovsies se tamboernooientjieleidster en het jare die Vrystaat in hokkie verteenwoordig. Oupa Les was eintlik die groot sportman van die familie. Hy het die Vrystaat in rugby, waterpolo, duik (hy was 'n SA kampioen), swem, rolbal en boks (hy het elke Vrystaattitel tussen weltergewig en swaargewig ingepalm) verteenwoordig en het ook eersteligahokkie gespeel. Oupa Les se ouers, John en Bessie, was die stigterslede van die Orangiarolbalklub in Bloemfontein en het diep spore in Vrystaatse rolbal getrap. Bessie WilloughbyWilliams en haar broer Eddie Stuart was Springbokrolbalspelers. Eddie Stuart het SuidAfrika ook in vyftien sokkertoetse verteenwoordig. Johan se oom Ben Steenkamp, pa Stonie se broer, is 'n Springbok skut. Die eerste oupapaseunkombinasie was dié van JanPen Fourie (1927), Nic (1965) en Louis Bojé (1990) . JanPen Fourie was Louis Bojé se ma, Chrissie, se pa. Al drie was losskakels en net soos die Steenkamps/WilloughbyWilliamskombinasie produkte van Greykollege in Bloemfontein. Veertien Vrystaters se seuns het ook vir die senior provinsiale span uitgedraf. Hulle is: Gubbie (1903) pa van Henry Barlow (1932) ; Jan (1906) pa van Chris/Boepie Richter (1943); M.C. (1909) pa van Angel/Heyns Engelbrecht (1943); Johan (1919) pa van Klein Kaspaas/Kootjie Serfontein; Cliff (1924) pa van Dickie Campbell (1957); Danie (1925) pa van Travers Jordaan (1961); Japie (1934) pa van Johan Jacobsz (1957); Hendrik (1941) pa van Dirk de Vos (1965); Piet (1949) pa van Koos du Plooy (CollegiansWTvl/OP 1967) ; Koos (UOVS/Odendaalsrus 1952) pa van Japie Wessels (1978); Gerald (1952) pa van Bees Steyn (1983); Gerard (1963) pa van Pieter de Haas (1988); Nic (1965) pa van Louis Bojé (1990); Stonie (1957) pa van Johan Steenkamp (1995).

KATEGORIE: rugby

1995/03/14/12/7.html (at 21/11/2013, 13:45)

Swem, klavierspel twee van Inette se groot liefdes

INETTE SWART (11) is 'n veelsydige leerling van die Laerskool Meyerspark in Pretoria wat nie net 'n groot musiekbeurs verwerf het nie, maar ook uitblink op sportgebied. Die musiekbeurs wat Inette van die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge gewen het, is nog net die begin van vanjaar se mooi prestasies. Sy het verlede Saterdag op die SuidAfrikaanse Skoleswemkampioenskapsbyneenkoms in Bloemfontein twee goue medaljes gewen in die 50x20m vlinder en die 50x20m vryslag. Vanjaar is die derde agtereenvolgende jaar dat Inette NoordTransvaalkleure in swem verwerf. Sy het in 1993 vir die eerste keer provinsiale kleure as swemmer gekry. Buiten swem is Inette se groot liefde klavierspel. Sy doen albei sedert sy in gr.x202 is. Sy het al verskeie pryse en medaljes ontvang vir haar klavierspel. Ds. Henno Cronjé, hoof uitvoerende beampte van die FAK, het verlede Maandag die FAK Junior Musiekbeurs by die skool aan Inette oorhandig. Dié beurs, in die vorm van 'n kontantbedrag, is net vir laerskoolleerlinge. Inette weet nog nie wat sy met die geld gaan doen nie, maar wik en weeg tussen 'n fiets en 'n dwarsfluit. Sy neem dwarsfluitklasse, maar huur nou 'n fluit en sal graag haar eie wil hê. Sy verteenwoordig haar skool in atletiek en neem deel aan die 100x20m en verspring. Op akademiese vlak vorder Inette net so goed. Sy het verlede jaar 'n gemiddelde persentasie van 91 gehad. ''My boodskap aan leerlinge wat goed wil vaar, is om hard te oefen en te volhard. Hulle moet doelwitte stel en streng wees met hulself,'' sê dié tenger meisie. Haar ma, mev. Riette Swart, was in 1969 hoofmeisie van die Laer skool Meyerspark. Sy gee musiek aan die Hoërskool Verwoerdburg.

Durbanse SA gala gaan straf wees

Marjolein van der Stad

VERSKEIE internasionale swemmers sal aanstaande week verseker dat die kompetisie by Absa Trust se nasionale kampioenskapsgala straf gaan wees. Dié byeenkoms vind van Woensdag tot Saterdag in die King's Park-swembad in Durban plaas. Swemmers van Namibië en Zimbabwe, asook twee van Nieu-Seeland se top-swemmers, Craig Ford en Jonathan Winter, sal in aksie wees. Verskeie Suid-Afrikaanse swemmers wat tans in Amerika studeer, sal ook deelneem. Hulle is Penny Heyns, wat 'n bronsmedalje by die Statebondspele gewen het, Darryl Cronjé, Cliffie Lyne en Jill Brukman. Vanjaar is daar meer op die spel as net medaljes. Die top-swemmers kan vir hulself 'n plek in die nasionale span oopswem, wat later vanjaar aan die Pan-Pacific-kampioenskapsbyeenkoms en die Afrika Spele gaan deelneem. Hoewel verskeie swemmers hul reeds met goeie tye vir dié span gekwalifiseer het, sal alleenlik swemmers gekies word wat wel aanstaande week aan die nasionale byeenkoms deelneem. Swemmers wat hul reeds vir die Pan-Pacific-byeenkoms gekwalifiseer het, is Penny Heyns (Natal, 100 en 200 borsslag), Jill Brukman (Natal, 100 rugslag), Peter Williams (Natal, 50 vryslag) en Ryk Neethling (Vrystaat, 1500 vryslag). Die afsnytye vir die Pan Pacific-byeenkoms is: Mans: 50m vryslag: 23.24 sek. 100m vryslag: 51.16. 200m vryslag: 1:51.78. 400m vryslag: 3:56.36. 1500m vryslag: 15:42.50. 100m rugslag: 57.47. 200m rugslag: 2:03.28. 100m borsslag: 1:03.66. 200m borsslag: 2:17.62. 100m vlinderslag: 55.41. 200m vlinderslag: 2:02.46. 200m individuele wisselslag: 2:05.58. 400m individuele wisselslag: 4:26.03. Vroue: 50m vryslag:: 26.63. 100m vryslag: 57.03. 200m vryslag: 2:03.67. 400m vryslag: 4:18.80. 800m vryslag: 8:54.26. 100m rugslag: 1:04.16. 200m rugslag: 2:17.18. 100m borsslag: 1:12.01. 200m borsslag: 2:34.63. 100m vlinderslag: 1:02.62. 200m vlinderslag: 2:16.33. 200m individuele wisselslag: 2:19.97. 400m individuele wisselslag: 4:54.09.

Amanda Loots en Gary Albertyn moet dopgehou word in SA gala

ILLUSTRASIE:foto: Amanda Loots van Transvaal wat deeglik dopgehou sal moet word by die SA swembyeenkoms wat vandag in Durban begin.

Marjolein van der Stad

DURBAN. Amanda Loots van Transvaal en Gary Albertyn van die Grens is die swemmers om dop te hou by Absa Trust se nasionale swembyeenkoms wat vandag hier in die King's Park-swembad begin. Die twee swemmers is gesamentlik vir elf nommers gekeur. Albertyn, wat die afgelope twee jaar die top-swemmer by die nasionale byeenkoms was, spog met die Afrika-rekords in die 200 meter vryslag, die 100 en 200 meter rugslag en die 200 meter individuele wisselslag. Hy is vanjaar 'n gekeurde swemmer vir ses nommers. Die nommers waarvoor hy gekeur is en sy inskrywingstye is: 200 meter vryslag (3de gekeur, 1:55.32), 100 meter rugslag (4de, 59.72), 200 meter rugslag (2de, 2:08.11), 100 meter vlinderslag (4de, 58.60sek.), 200 meter individuele wisselslag (2de, 2:08.51) en 400 meter individuele wisselslag (5de, 4:48.61). Loots, wat Suid-Afrika by die Wêreldbyeenkoms en die Statebondspele verteenwoordig het, is vanjaar vir vyf nommers gekeur. Vir drie van dié nommers het sy die beste inskrywingstyd gelewer. Sy is 'n gekeurde swemmer vir die 100 meter rugslag (4de, 1:07.68), 100 meter vlinderslag (1ste, 1:03.92), 200 meter vlinderslag (1ste, 2:20.39), 200 meter individuele wisselslag (7de, 2:26.06) en 400 individuele wisselslag (1ste, 5:04.41). Maar dié twee swemmers is nie die enigste wat skitterprestasies kan lewer nie. Peter Williams, die voormalige wêreldrekordhouer in die 50 meter vryslag, is met mening terug. Hy swem vanjaar vir Natal en dit kan vanjaar die tweestryd tussen die twee top-provinsies, Natal en Transvaal, selfs strawwer maak. Williams, wat vierde by die Olimpiese Spele in Barcelona in die 50 meter vryslag geëindig het, is vanjaar vir twee nommers 'n gekeurde swemmer. Hy is die top-gekeurde vir die 50 meter vryslag (23.16) en is die tweede gekeurde swemmer vir die 100 vlinderslag (56.86). Williams hou die Afrika-rekord vir albei dié nommers. Om die kompetisie strawwer te maak is daar verskeie internasionale swemmers wat ingeskryf het. Craig Ford en John Winter, die Nieu-Seelandse kampioene in die rugslag, het saam met Albertyn by die Grens geoefen en is die top-gekeurde swemmers in die rugslag. Marianne Kriel, die SA en Afrika-rekordhouer in die 50 meter vryslag, die 100 meter rugslag en die 100 meter vlinderslag, gaan vanjaar veral sterk teenstand in die vryslag van Monica Dahl van Namibië kry. Dahl is die top-gekeurde swemmer vir die 50 en 100 meter vryslag. Penny Heyns, wat verlede jaar 'n nuwe Afrika-rekord by die Wêreldbyeenkoms in Rome vir die 100 meter borsslag opgestel het kort nadat sy 'n bronsmedalje by die Statebondspele gewen het, verdedig haar titels in die 100 en 200 meter borsslag. Sy het verlede jaar by die nasionale byeenkoms in Durban geskitter deur albei die Suid-Afrikaanse rekords in dié nommers te oortref.

RUBRIEK: Uitslae wêreldwyd

Swem

SA kampioenskapsgala, Durban Mans: 100 vlinderslag: 1. Theo Verster (N) 55.82; 2. André Eerenstein (N) 55.85; 3. Andrew Bradley (N) 56.06; 4. Barend Nortjé (N) 56.19; 5. Peter Williams (N) 56.27; 6. Mark Bowler (N) 56.42; 7. Michael Windisch (NT) 56.94; 8. Justin Fourie (N) 57.23. 200 vryslag: 1. Gary Albertyn (G) 1:53.78; 1. Mark Jollands (N) 1:53.78; 3. Ryk Neethling (OVS) 1:54.21; 4. Andrew Stephenson (N) 1:54.62; 5. Craig Ford (G) 1:54.84; 6. Mark Collie (OVS) 1:55.58; 7. Glen Walshaw (Zim,) 1:55.62; 8. Sven Hackman (T) 1:56.65. 400 individuele wisselslag: 1. Craig Ford (G) 4:30.72; 2. Michael Windisch (NT) 4:31.86; 3. Wade Ferguson (OT) 4:37.09; 4. Louwrens Appelcryn (OVS) 4:38.59; 5. Anthony Rocchi (T) 4:39.36; 6. Terence Parkin (N) 4:44.14; 7. Roelof Rossouw (OVS) 4:45.97; 8. Mark Nortjé (WP) 4:46.32. 4x400 afslag: Grens A 3:50.14; 2. Natal B 3:52.99; 3. NoordTransvaal A 3:54.90; 4. Transvaal A 3:55.28; 5. Natal A 3:56.85; 6. Oostelike Provinsie A 3:59.47; 7. Westelike Provinsie A 3:59.93; 8. Transvaal B 4:01.27. Vroue: 200 vlinderslag: 1. Leezan Senekal (NT) 2:19.99; 2. Megan Bydawell (N) 2:21.87; 3. Bianca Duxbury (T) 2:22.49; 4. Lee Pennefather (N) 2:23.35; 5. Joannie Coetzer (OP) 2:23.83; 6. Candice Crafford (N) 2:25.38; 7. Natasha Figge (T) 2:28.35; 8. Wendy Normanton (Zim) 2:28.60. 100 vryslag: 1. Marieka Theunissen (N) 57.35; 2. Marianne Kriel (WP) 57.88; 3; Helene Muller (VD) 58.02; 4. Monica Dahl (Nam) 58.18; 5. Karen Allers (OVS) 58.22; 6. Kerry Elliott (G) 58.26; 7. Kirsty Albertyn (NT) 58.74; 8. Megan Rees (G) 58.93. 400 individuele wisselslag: 1. Tania Oosthuizen (OVS) 4:57.50; 2. Tracy Lee Elliott (G) 4:58.90; 3. Janion Fraser (T) 5:06.72; 4. Theresa van Dijk (T) 5:09.16; 5. Lynne Rutherford (T) 5:09.38; 6. Lindsey Mooney (N) 5:10.51; 7. Kelly Miedema (WP) 5:17.20; 8. Nicky Clegg (WP) 5:20.26. 4x200 aflos: 1. Natal A 8:33.91; 2. Grens 8:39.26; 3. Transvaal A 8:44.48; 4. Vrystaat 8:48.40; 5. Westelike Provinsie A 8:49.62; 6. Natal B 8:50.35; 7. Noord Transvaal 8:56.40; 8. Transvaal B 8:58.84. (Sapa).

Tvl se span sukkel kwaai in bad

ILLUSTRASIE:foto: Tania Oosthuizen van die Vrystaat in aksie by die SA swembyeenkoms wat gister in Durban begin het. Sy het die tweede vinnigste tyd (5:06.49) in die uitdun vir die 400 meter individuele wisselslag aangeteken. Tracy-Lee Elliott (Grens) het die beste tyd van 5:05.09 aangeteken.

Marjolein van der Stad

DURBAN. Die eerste oggend van Absa Trust se nasionale kam pioenskapswemgala het gister hier verskeie verrassings opgelewer, veral vir die Transvaalse span toe twee van sy top-swemmers, Amanda Loots en Paul Fryer, nie vir die eindstryde gekwalifiseer het nie. Loots, die Afrika-rekordhouer in die 200 meter vlinderslag, se byeenkoms het nie goed begin nie. Sy het die beste inskrywingstyd vir die byeenkoms in die 100 en 200 meter vlinderslag en 400 meter individuele wisselslag gelewer. Maar gisteroggend moes 'n teleurgestelde Loots met die tiende plek in die 200 meter vlinderslag vir vroue (2:28.90) tevrede wees. Megan Bydawell van Natal het eerste in die uitdun in 'n tyd van 2:23.69 geëindig. Om sake vir Loots te vererger, het sy haar onttrek aan die 400 meter individuele wisselslag vir vroue. Die tweede skok vir die Transvalers was toe Paul Fryer nie gekwalifiseer het vir die 200 vryslag vir mans nie. Fryer, wat ook vir die beste inskrywingstyd vir dié nommer verantwoordelik was, het in die twaalfde plek (1:57.69) geëindig. Mark Jollands van Natal het in 1:55.16 geseëvier. Die Suid-Afrikaanse en Afrika- rekordhouer in dié nommer, Gary Albertyn van die Grens, het in die sesde plek geëindig in 1:56.34. Die oggend het goed vir Natal begin met skittertye in die 100 vlinderslag vir mans. Die Natallers het hier uitgeblink en net een van die voorste agt swemmers is nie van dié provinsie nie. Andrew Bradley van Natal het in 56.08 gewen, met die Afrika- houer, Peter Williams, in die agtste plek (57.55). Craig Ford van Nieu-Seeland, wat vir die Grens swem, het gister gewys hy gaan moeilik geklop word. Hy het die 400 individuele wisselslag in 4:35.55 gewen met die Noord-Transvaler Michael Win disch tweede. Helene Muller van die Vaaldriehoek het die 100 vryslag vir vroue in 57.88 gewen, net 0.80 van 'n sekonde buite die Afrika-rekord, en net 0.42 van 'n sekonde buite Marianne Kriel van die Westelike Provinsie se SA rekord. Kriel was vyfde, maar sy sukkel steeds met 'n skouerbesering. ''Ek het sowat drie maande gerus met die hoop dat die skouer sal herstel, maar dit pla my steeds,'' het sy gesê.

1995/03/30/22/5.html (at 21/11/2013, 14:38)

Dag van drama en rekords in swem

ILLUSTRASIE:foto: Tania Oosthuizen van die Vrystaat in aksie by die SA swembyeenkoms wat gister in Durban begin het. Sy het die tweede vinnigste tyd (5:06.49) in die uitdun vir die 400 meter individuele wisselslag aangeteken.

Marjolein van der Stadt

DURBAN. Drama. Dit is hoe die eerste dag van Absa Trust se nasionale kampioenskapsgala hier in die King's Park-swembad beskryf kan word. Maar tussen die drama deur het die SA- en Afrika- rekords steeds gespat. Twee van Transvaal se top- swemmers was gisteroggend reeds vir drama verantwoordelik toe hulle hul nie vir die eindstryde gekwalifiseer het nie. Hulle het gisteraand dié drama vereger deur beter tye in die troosfinaal aan te teken as die wenners in die eindstryde. Amanda Loots van Transvaal het gisteroggend verbasend nie tot die eindstryd van die 200 meter vlinderslag vir vroue deurgedring nie, maar het gisteraand in die troosfinaal die beste tyd van 2 minute 19.79 sekondes aangeteken. Sy kon nie die titel wen nie en Lezaan Senekal het met die louere in 2:19.99 weggestap. Om sake vir Loots te vererger, het sy haar vroeër aan die 400 individuele wisselslag vir vroue onttrek, waarvan sy die titelhouer was. Die sestienjarige Tania Oosthuizen van die Vrystaat het dié nommer in 'n Afrika-rekordtyd van 4:57.50 gewen. Maar kort daarna is die gebeure weer herhaal. Dié keer was dit die beurt van die ander Transvaler, Paul Fryer. Fryer het hom in die oggend ook nie vir die eindstryd van die 200 vryslag vir mans gekwalifiseer nie, maar moes in die troosfinaal swem. Weer was dit die wenner van die troosfinaal wat die beste tyd in dié nommer aangeteken het. Fryer het 'n tyd van 1:53.29 behaal. Gary Albertyn van die Grens, die SA- en Afrika-rekordhouer in dié nommer saam met Mark Jollands van Natal, het in 1:53.78 gewen. Die aand het op 'n hoogtepunt begin met die Nataller Theo Verster, wat die eerste van die Afrika- rekords verbeter het. Verster het Peter Williams se Afrika-rekord van 55.94 in die 100 vlinderslag tot 55.82 verbeter. Dit was egter nie die einde van die rekords nie. Marieka Theunissen van Natal het kort daarna toegeslaan en Marianne Kriel se rekord in die 100 meter vryslag vir vroue van 57.46 tot 57.35 verbeter. Kriel was tweede in 57.88. Craig Ford, die Nieu-Seelandse swemmer wat in Suid-Afrika oefen en geregistreer is as 'n swemmer van die Grens, het gisteraand die Suid-Afrikaanse ope rekord in die 400 meter individuele wisselslag tot 4:30.72 verbeter. Maar die Noord-Transvaler Michael Win disch spog egter met die SA- en Afrika-rekord. Die ander Kiwi wat ook vir die Grens swem, John Winter, het daarna in die 4x100 meter wisselslagaflos nog 'n Suid-Afrikaanse rekord laat spat.

RUBRIEK: Uitslae wêreldwyd

Swem

SA kampioenskapsgala, Durban Vroue 50 m vryslag: 1. Helene Muller (VD) 26,76 sek; 2. Marianne Kriel (WP) 26,78; 3. Charlene Wittstock (OTvl) 27,19; 4. Tanya Stephens (Natal) 27, 20; 5. Liska Dedekind (Natal) 27,30; 6. Monica Dahl (Natal) 27,35; 7. Theresa Moodie (Zim) 27,44; 8. Kerry Elliott (Grens) 27,69. Bfinaal: 9. Taryn Ternent (Tvl) 27, 47; 10. Claire Bolton (Tvl) 27,58; 11. Ancheri Luus (Natal) 27,78; 12. Amanda HunterBeckinsall (Tvl) 27,85; 13. Sarah Wyllie (Natal) 27,95; 14. Shelley Dodds (Zim) 28,01; 15. Tanya Gurr (Zim) 28,17; 16. Kirsty Albertyn (Natal) 29,08. Mans 100 m borsslag: 1. Brett Peterson (Grens) 1 min 05,21 sek; 2. Herman Louw (Tvl) 1:05,60; 3. Adrian Bosch (Tvl) 1:06,14; 4. Anthony Shuttleworth (Natal) 1:06,56; 5. Simon Daley (OTvl) 1:06,84; 6. Cliff Lyne (Tvl) 1:06,86; 7. Simon Peterson (Tvl) 1:06,88; 8. Simon Frost (Natal) 1:07,47. Bfinaal: 9. Peter Chilcott (Natal) 1 min 07,38 sek; 10. Corne Prozesky (Natal) 1:07,48; 11. Leon Weed (Tvl) 1:07,60; 12. Chris Read (Natal) 1:08,19; 13. Stuart du Plessis (WP) 1:08,25; 14. Christopher Stewart (Tvl) 1:08,92; 15. Marcel da Ponte (Natal) 1:09,24; 16. Graham Walton (OP) 1:09,40. Vroue 200 m borsslag: 1. Penny Heyns (Natal) 2 min 29,20 sek; 2. Julia Russell (Natal) 2:35,73; 3. Viki van den Barselaar (OTvl) 2:37,03; 4. Leanne van der Walt (Tvl) 2:37,05; 5. Tania Oosthuizen (OVS) 2:38,08; 6. Elzette Jordaan (Natal) 2:39,29; 7. Claire Lane (Tvl) 2:41, 82; 8. Tanya Naude (Grens) 2:43,13. Bfinaal: 9. Kirsty Nethercott (Tvl) 2:42,91; 10. Keryn Krynauw (Natal) 2:43, 22; 11. Jacqueline Rankin (Natal) 2:43, 25; 12. Mia van Biljon (Tvl) 2:45,22; 13. Brenda Austin (OVS) 2:45,72; 14. Linnelle Tannock (Zim) 2:46,02; 15. Kirsten Clark (Natal) 2:4816; 16. Pierrette Brouwer (Natal) 2:4992. Mans 400 m vryslag: 1. Ryk Neethling (OVS) 4:00,95; 2. Mark Jollands, (N) 4:03,53; 3. Mark Collie (OVS) 4:05,45; 4. Roy Peacock (Natal) 4:06,80; 5. Louwrens Appelcryn (OVS) 4:06,97; 6. Angus MacDonald (WP) 4:09,92; 7. Sven Hackman (Tvl) 4:10,39; 8. Anthony Rocchi (Tvl) 4:10,71. Bfinaal: 9. Ryno Markgraaff (OVS) 4:05,62; 10. Henk Markgraaff (OVS) 4:08, 81; 11. Wayne Canning (Tvl) 4:09,88; 12. Clinton Holroyd (Tvl) 4:09,90; 13. Craig du Preez (WP) 4:11,47; 14. Conrad Meyer (Natal) 4:13,19; 15. Robert Mackay (Tvl) 4:14,95; 16 Brynn Andrew (Tvl) 4:20,47. Vroue 200 m vryslag: 1. Karen Allers (OVS) 2:02,39; 2. Marieka Theunissen (Natal) 2:04,48; 3. Kirsten van Heerden (Natal) 2:07,18; 4. TracyLee Elliott (Grens) 2:07,47; 5. Megan Rees (Grens) 2:07,48; 6. Kirsty Albertyn (Natal) 2:07, 52; 7. Kim van Selm (Natal) 2:07,62; 8. Helene Muller (VD) 2:08,35. Bfinaal: 9. Amanda HunterBeckinsall (Tvl) 2:10,38; 10. Bronwynn Roux (OTvl) 2:10,46; 11. Sarah Wyllie (Natal) 2:10,95; 12. Shelley Dodds (Zim) 2:11,01; 13. Donna Leslie (Natal) 2:11,82; 14. Anel Swanepoel (Tvl) 2:11,89; 15. Yolandi Taljard (Tvl) 2:11,93; 16. Sheona Lottering (Natal) 2:16,71. Mans 200 m rugslag: 1. Jonathon Winter (Grens) 2:04,26; 2. Gary Albertyn (Grens) 2:06,94; 3. Michael Windisch (Natal) 2:08,69; 4. Lyle Wilkens (OVS) 2:08,71; 5. Simon Thirsk (WP) 2:09,71; 6. Andrew Biram (Tvl) 2:10,28; 7. Greg MainBaillie (Natal) 2:10,36; 8. Michiel Smits (Tvl) 2:11,83. Bfinaal: 9. Matthew Wilson (Natal) 2:12,69; 10. Richard Speirs (Natal) 2:14, 28; 11. Brett Rogers (Tvl) 2:14,29; 12. Glen Walshaw (Zim) 2:14,60; 13. Iain Schutte (Tvl) 2:14,63; 14. Christopher Twycross (WP) 2:14,85; 15. John Booth (OP) 2:19,90; 16. Leon Breytenbach (Natal) 2:21,66. Vroue 100 rugslag: 1. Marianne Kriel (WP) 1:03,60; 2. Jill Brukman (Natal) 1:05,57; 3. Amanda Loots (Tvl) 1:06, 11; 4. Theresa van Dijk (Tvl) 1:07,13; 5. Taryn Ternent (Tvl) 1:07,17; 6. Ingrid Theunissen (WP) 1:07,26; 7. Amanda Clegg (WP) 1:07,80; 8. Liska Dedekind (Natal) 1:09,38. Bfinaal: 9. Janion Fraser (Tvl) 1:07, 79; 10. Tanya Stephens (Natal) 1:07,79; 11. Mandy Leach (Zim) 1:08,05; 12. Lauren BuchanSwanson (Natal) 1:08,37; 13. Claire Lourens (Tvl) 1:08,49; 14. Hannelie Vermeulen (OVS) 1:08,55; 15. Kelly Miedema (WP) 1:08,61; 16. Megan Bowler (Natal) 1:08,83. Mans 4 0 m vryslag aflos: 1. Transvaal A 7:43,54; 2. OP 7:48,57; 3. Natal A 7:49,39; 4. Grens 7:51,15; 5. OVS 7: 54,53; 6. Natal B 8:04,06; 7. WP A 8:13,58. Vroue 800 m vryslag: 1. Robyn Bradley (Natal) 8:53,78; 2. TracyLee Elliott (Grens) 9:09,04; 3. Natasha Figge (Tvl) 9:09,78; 4. Kim van Selm (Natal) 9:15,67; 5. Megan Rees (Grens) 9:15,94; 6. Alison Walker (Natal) 9:22,83; 7. Sheona Lottering (Natal) 9:26,18; 8. Lize van Rooyen (WP) 9:27,71; 9. Robyn McCarthy (Natal) 9:31,08; 10. Anita Kruger (Natal) 9:36,82; 11. Michelle Costa (Natal) 9:37,31; 12. Yolande van Lochem (Natal) 9:38,22; 13. Leane Pienaar (Natal) 9:41,46; 14. Wendy Normanton (Zim) 9:50,00; 15. Michelle Dosson (WP) 9:58, 21. (Sapa).

RUBRIEK: Uitslae wêreldwyd

Swem

SA kampioenskapsgala, Durban Mans: 100 vlinderslag: 1. Theo Verster (N) 55.82; 2. André Eerenstein (N) 55.85; 3. Andrew Bradley (N) 56.06; 4. Barend Nortjé (N) 56.19; 5. Peter Williams (N) 56.27; 6. Mark Bowler (N) 56.42; 7. Michael Windisch (NT) 56.94; 8. Justin Fourie (N) 57.23. 200 vryslag: 1. Gary Albertyn (G) 1:53.78; 1. Mark Jollands (N) 1:53.78; 3. Ryk Neethling (OVS) 1:54.21; 4. Andrew Stephenson (N) 1:54.62; 5. Craig Ford (G) 1:54.84; 6. Mark Collie (OVS) 1:55.58; 7. Glen Walshaw (Zim,) 1:55.62; 8. Sven Hackman (T) 1:56.65. 400 individuele wisselslag: 1. Craig Ford (G) 4:30.72; 2. Michael Windisch (NT) 4:31.86; 3. Wade Ferguson (OT) 4:37.09; 4. Louwrens Appelcryn (OVS) 4:38.59; 5. Anthony Rocchi (T) 4:39.36; 6. Terence Parkin (N) 4:44.14; 7. Roelof Rossouw (OVS) 4:45.97; 8. Mark Nortjé (WP) 4:46.32. 4x400 afslag: Grens A 3:50.14; 2. Natal B 3:52.99; 3. NoordTransvaal A 3:54.90; 4. Transvaal A 3:55.28; 5. Natal A 3:56.85; 6. Oostelike Provinsie A 3:59.47; 7. Westelike Provinsie A 3:59.93; 8. Transvaal B 4:01.27. Vroue: 200 vlinderslag: 1. Leezan Senekal (NT) 2:19.99; 2. Megan Bydawell (N) 2:21.87; 3. Bianca Duxbury (T) 2:22.49; 4. Lee Pennefather (N) 2:23.35; 5. Joannie Coetzer (OP) 2:23.83; 6. Candice Crafford (N) 2:25.38; 7. Natasha Figge (T) 2:28.35; 8. Wendy Normanton (Zim) 2:28.60. 100 vryslag: 1. Marieka Theunissen (N) 57.35; 2. Marianne Kriel (WP) 57.88;3; Helene Muller (VD) 58.02; 4. Monica Dahl (Nam) 58.18; 5. Karen Allers (OVS) 58.22; 6. Kerry Elliott (G) 58.26; 7. Kirsty Albertyn (NT) 58.74; 8. Megan Rees (G) 58.93. 400 individuele wisselslag: 1. Tania Oosthuizen (OVS) 4:57.50; 2. TracyLee Elliott (G) 4:58.90; 3. Janion Fraser (T) 5:06.72; 4. Theresa van Dijk (T) 5:09.16; 5. Lynne Rutherford (T) 5:09.38; 6. Lindsey Mooney (N) 5:10.51; 7. Kelly Miedema (WP) 5:17.20; 8. Nicky Clegg (WP) 5:20.26. 4 0 aflos: 1. Natal A 8:33.91; 2. Grens 8:39.26; 3. Transvaal A 8:44.48; 4. Vrystaat 8:48.40; 5. Westelike Provinsie A 8:49.62; 6. Natal B 8:50.35; 7. NoordTransvaal 8:56.40; 8. Transvaal B 8:58.84. (Sapa).

Penny gee pas aan in uitdunne

ILLUSTRASIE:foto: 'n Ingenome Penny Heyns word deur 'n teenstander gelukgewens kort nadat sy gisteroggend haar eie Suid-Afrikaanse en Afrika-rekord in die 200 meter borsslag vir vroue in Durban oortref het.

Marjolein van der Stad

DURBAN. Penny Heyns van Natal het gisteroggend by Absa Trust se nasionale kampioenskapsgala in die King's Park-swembad die pas aangegee in die uitdunne van die 200 meter borsslag vir vroue. Sy het nie net haar eie Suid- Afrikaanse en Afrika-rekord oortref nie, maar het ook die Olimpiese kwalifiserende tyd oortref, in 'n wentyd van 2 min. 31.31 sekondes. Die kwalifiserende tyd vir die Olimpiese Spele is 2:32.34. Heyns se vorige prestasies sluit 'n bronsmedalje by die Statebondspele in. Sy studeer tans aan die Universiteit van Nebraska in Amerika en het verlede jaar haar vierde posisie op die wêreldranglys in die 100 meter borsslag behou. Sy het vanjaar geskitter by NCAA se kampioenskapsbyeen koms in Amerika waar sy tweede in die 100 meter borsslag en derde in die 200 meter borsslag geëindig het. Die 14-jarige Vicky van den Barselaar van Oos-Transvaal het tweede in 2:35.36 geëindig en het vir die meer ervare swemmers soos Julia Russel en Tanya Naude weggeswem. Marianne Kriel van die Westelike Provinsie het ten spyte van haar skouerbesering op koers gebly om twee van haar titels suksesvol te verdedig. Sy het die uitdunne van die 50 meter borsslag (26.91) en die 100 meter rugslag (1:05.11) gewen. Sy is die houer van die Suid- Afrikaanse en Afrika-rekords vir albei dié nommers. Gary Albertyn van die Grens het gisteroggend vir sy Nieu-Seelandse spanmaat, John Winter, gewys dat hy nie maklik van sy titel in die 200 meter rugslag gaan afstand doen nie. Albertyn het die uitdunne in 2:08.67 gewen met Winter tweede in 2:09.34. Brett Peterson van die Grens was gisteroggend ongelukkig om nie die Afrika-rekord in die 100 meter borsslag vir mans te oortref nie. Hy het sy uitdun in 1:04.86 gewen, net 0.45 van 'n sekonde buite die rekord. Herman Louw (T), die titel houer in dié nommer was tweede in 1:05.79, gevolg deur nog 'n Transvaler Adrian Bosch in 1:06.05.

Penny laat een rekord ná die ander in die slag bly

ILLUSTRASIE:foto: Marianne Kriel, Springbok-swemmer van die WP, in Durban afgeneem waar sy by die SA byeenkoms vir die Pan-Pasifiese Spele gekwalifiseer het. Volledige uitslae op bladsy 14.

Marjolein van der Stad

DURBAN. Alweer Penny Heyns! Dié Nataller is besig om amok te maak met haar eie rekords in die borsslag by Absa Trust se nasionale swembyeenkoms hier in die King's Park-swembad. Sy het eergister binne tien uur twee keer in die uitdunne in die oggend en die eindstryde in die aand haar eie rekords verbeter. Gisteroggend het sy weer haar eie Suid-Afrikaanse en Afrika-re kords in die 100 meter borsslag verbeter en weer vir die Olimpiese Spele in Atlanta gekwalifiseer. Heyns het die uitdun in 1 min. 9.11 sek. gewen en haar eie SA en Afrika-rekord verbeter. Dié sielkunde-student aan die Universiteit van Nebraska in Amerika het ná haar oorwinning in die 200 meter borsslag gesê die 100 meter borsslag is haar gunsteling-nommer. Heyns het verlede jaar haar vierde plek op die wêreldranglys in die 100 meter borsslag vir vroue behou. Haar tyd wat sy gisteroggend aangeteken het, plaas haar nou in die derde plek op die wêreldranglys. Net twee swemmers van Australië, die wêreldrekordhouer, Samantha Riley (1:07.69), en Rebecca Brown, het reeds vinniger tye aangeteken. Tanya Naudé van die Grens, wat twee jaar gelede die titelhouer van albei die borsslagnommers was, het tweede geëindig in 1:13.03. Kort op haar hakke was 'n spanmaat en mede-student van Heyns, Julia Russel, in 1:13.53. Francois Boshoff van Noord- Transvaal het gisteroggend in die 100 meter vryslag vir mans die Afrika-rekord laat spat. Hy het Salim Iles van Algerië se rekord van 51.48 tot 51.19 verbeter. Boshoff was met sy oorwinning in die uitdunne net 0.24 van 'n sekonde buite Peter Williams se Suid-Afrikaanse rekord van 50.95 wat hy in 1991 in Kaapstad opgestel het. Williams het nie vir die nommer ingeskryf nie. Amanda Loots van Transvaal het gister die 100 meter vlinderslag vir vroue gewen, nadat sy op die eerste dag nie na die eindstryd van die 200 vlinderslag kon deurdring nie. Haar wentyd was 1:03.92. Die Nataller Theo Verster is ook op koers om sy tweede titel in te palm met 'n naelskraapse oorwinning in die 200 meter vlinderslag vir mans. Hy het in 2:06.34 geseëvier met die Nieu-Seelandse swemmer van die Grens kort op sy hakke met 2:06.63.

Heyns wil in Suid-Afrika aanslag doen op rekord

ILLUSTRASIE:foto: Marianne Kriel, Springbok-swemmer van die WP, in Durban afgeneem waar sy by die SA byeenkoms vir die Pan-Pasifiese Spele gekwalifiseer het.

Marjolein van der Stad

DURBAN. ''Durban is goed vir my, volgende jaar is ek hopenlik terug om hier my aanslag op die wêreldrekord te doen.'' Dít was gisteraand die woorde van Penny Heyns nadat sy weer eens die Suid-Afrikaanse en Afrika-rekord in die 100 meter borsslag hier in die King's Park- swembad by Absa Trust se nasionale kampioenskapsgala verbeter het. Sy het weer vir die Olimpiese Spele in Atlanta gekwalifiseer toe sy in 1 min. 8.48 sek. gewen het. Heyns, wat verlede jaar die vierde plek op die wêreldranglys beklee het, se vertoning gisteraand het haar tot die derde plek laat opskuif. In die proses het sy byna op een na die beste swemmer ter wêreld in dié nommer geword, want haar wentyd is net 0.03 sek. stadiger as dié van Rebecca Brown van Australië, wat tweede op die wêreldranglys is. Die wêreldkampioen in dié nommer is Samantha Riley van Australië, wat die rekord (1:07.69) verlede jaar by die Wêreldbyeenkoms in Rome opgestel het. ''Ek dink ek swem goed in Suid- Afrika omdat ek hier meer ontspanne is. Ek dink ek moet my aanslag hier in Suid-Afrika doen as ek 'n goeie seisoen handhaaf. ''Voor vandeesweek het die wêreldrekord nog baie ver gelyk, maar ek dink dit is nou binne my bereik,'' het sy gesê. Een van Heyns se mede-studente aan die Universiteit van Nebraska, Francois Boshoff van Noord-Transvaal, het gister die Afrika-rekord in die 100 meter vryslag vir mans twee keer verbeter. Hy het gisteraand dié nommer in 51.17 gewen en kan homself ongelukkig ag as hy nie vir die Suid- Afrikaanse span geskies word wat aan die Pan-Pasifiese Spele gaan deeneem nie, omdat hy net 0.01 sek. buite die kwalifiserende tyd geëindig het. Mandy Loots van Transvaal het gister haar eerste goue medalje gewen nadat sy nie vroeër vandeesweek vir die 200 vlinderslag- eindstryd kon walifiseer nie. Sy het in 1:03.46 geseëvier. Net drie swemmers het vir die span gekwalifiseer wat aan die Pan-Pasifiese Spele gaan deel neem. Hulle is Penny Heyns (100 en 200 meter borsslag, Marianne Kriel (100 meter rugslag) en Karen Allers (200 en 400 meter vryslag).

RUBRIEK: Uitslae wêreldwyd

Swem

SA Swembyeenkoms, Durban Uitslag: Mans 50 m vryslag:1. Darryl Cronje (Ilel) 23.59; 2. Peter Williams (N) 23.62; 3. Donald Morrison (N) 23.76; 4. Brendon Dedekind (N) 23.79; 5. James Simpson (T) 23.91; 6. Richard Thompson (N) 24.06; 7. Andrew Thompson (N) 24.28; 8. Andrew Turner (EP) 24.31; BEindstryd: 9. Michael Wright (T) 24.05; 10. Francois Boshoff (NT) 24.07; 11. Paul Fryer (T) 24.22; 12. Michael Benjamin (T) 24.33; 13. Mark Duncan (N) 24.51; 14. Andrew Bradley (N) 24.59; 15. Johan Boshoff (NT) 24.61; 16.Laurens Vosloo (N) 24.71. Individuele vroue wisselslag: 1. Tania Oosthuizen (VS) 2:19.17; 2. Kerry Elliott (B) 2:22.68; 3. Amanda Clegg (WP) 2:24.04; 4. Julia Russell (N) 2:24.25; 5. Amanda Loots (T) 2:25.62; 6. Lindsey Mooney (N) 2:26.47; 7. Janion Fraser (T) 2:26.83; 8. Leezan Senekal (NT) 2:27.47; BEindstryd: 9. Mandy Leach (Zim) 2:25.56; 10. Elzette Jordaan (N) 2:26.64; 11. Candice Crafford (N) 2:28.20; 12. Renette van Rooyen (NT) 2:29.32; 13. Lynne Rutherford (T) 2:30.14; 14. Leanne Van Der Walt (T) 2:30.54; 15. Candice Nethercott (T) 2:30.71; 16. Nicky Clegg (WP) 2:33.77. Mans individuele wisselslag: 1 Craig Ford (B) 2:06.24; 2. Theo Verster (N) 2:06.91; 3. Gary Albertyn (B) 2:08.07; 4. Herman Louw (T) 2:08.60; 5. Cliff Lyne (T) 2:08.63; 6. Paul Fryer (T) 2:09.63; 7. Michael Windisch (NT) 2:09.83; 8. Mark Collie (VS) 2:10.59; B Eindstryd: 9. Riaan Van Rooyen (WP) 2:13.28; 10. Mark Jollands (N) 2:13.33; 11. Adrian Bosch (T) 2:13.61; 12. Marc Nortje (WP) 2:13.99; 13. Warren Pearson (T) 2:14.44; 14. Wade Ferguson (OT) 2:14.45; 15. Stefan Bolling (T) 2:15.67; 16. Andrew Sexton (OP) 2:17.29. Vroue 200m rugslag:1 Marianne Kriel (WP) 2:16,23; 2. Jill Brukman (N) 2:18, 93; 3. Theresa van Dijk (T) 2:19,83; 4 Tracy Lee Elliott (B) 2:21,27; 5 Claire Lourens (T) 2:24,26; 6 Karien Vermaak (T) 2:24,99; 7 Janion Fraser (T) 2:25,52; 8 Kelly Miedema (WP) 2:27,62; BEindronde: 9 Lauren BuchanSwanson (N) 2:26,66; 10 Megan Bowler (N) 2:26,92; 11 Ancheri Luus (NT) 2:27,90; 12 Nicola Dorrestein (T) 2:27,93; 13 Heather Erickson (B) 2:28,42; 14 Joanne Shuttleworth (T) 2:29,70; 15 Ingrid Theunissen (WP) 2:29,72; 16 Cheyne Bees (N) 2:31,16. Mans 100 m rugslag: 1. Jonathon Winter (B) 57,02; 2 Craig Ford (B) 57,82; 3 Barend Nortje (N) 58,63; 4 Gary Albertyn (B) 58,91; 5 Andrew Biram (T) 59,20; 6 Simon Thirsk (WP) 59,46; 7 Richard Speirs (N) 59,61; 8 Henry Miles (NT) 59,94; BEindronde: 9 Lain Schutte (T) 59,39; 10 Greg MainBaillie (N) 59,82; 11 Lyle Wilkens (FS) 1:00,01; 12 Cliff Lyne (T) 1:00,58; 13 Andreas Le Roux (WP) 1:00,79; 14 Michael Benjamin (T) 1:01, 47; 15 Leon Breytenbach (NT) 1:01,74; 16 Justin Fourie (N) 1:01,88. Mans 1500 m vryslag: 1 Ryk Neethling (FS) 15:36,74; 2 Louwrens Appelcryn (FS) 16:02,80;3 Roy Peacock (N) 16:06,80;4 Ryno Markgraaff (FS) 16:10,57; 5 Anthony Rocchi (T) 16:13,88; 6 Robert Mackay (T) 16:21,60; 7 Henk Markgraaff (FS) 16:23,99; 8 Angus MacDonald (WP) 16:38,26; 9 Alistair Douglas (WP) 16:39, 86; 10 Clinton Holroyd (T) 16:42,72; 11 Conrad Meyer (N) 16:48,86; 12 Gustav Stander (FS) 16:49,51; 13 Wayne Canning (T) 17:02, 97; 14 Ryan Northgrave (T) 17:07 ,08; 15 Mark Harris (EP) 17:09,42; 16 Gareth Fowler (N) 17:11,23. Vroue 4 x 100 wisselslag aflosse:1 Natal A 4:16,55;2 Natal B 4:25,98;3 Border 4:26,90;4 Free State 4:30,60;5 Transvaal B 4:31,26;6 Eastern Transvaal 4:32,57;7 Western Province A 4:32,65;8 Zimbabwe 4:32,76;9 Northern Transvaal 4:32,97;10 Western Province 4:41,17;11 Vaal Triangle 4:45,51; Transvaal A Dis. Mans 4 x 100 vryslagaflosse:1 Natal A 3:27,99;2 Border 3:30,54;3 Transvaal A 3:30,68;4 Natal B 3:33, 14;5 Northern Transvaal A 3:33,20;6 Eastern Province 3:33,93;7 Transvaal B 3:34,70; 8 Free State 3:36,01;9 Western Province A 3:37,01;10 Zimbabwe 3:43,81. (Sapa).

Kriel laat Afrika- en SA rekord spat in rugslag

DURBAN. Die goue meisie van Suid- Afrikaanse swem, Marianne Kriel, het op die laaste aand van Absa Trust se nasionale kampioenskapsgala die Suid-Afrikaanse en Afrika-rekords in die 200 meter rugslag verbeter. Kriel, wat laas in 1988 dié nommer geswem het, het gemaklik in 2 min. 16.23 sek. gewen. Sy het Jill Brukman, gewese rekordhouer in die 200 m rugslag, met 2.70 sekondes geklop en het met haar oorwinning weer vir die Pan Pasifiese Spele gekwalifiseer. ''Ek het die 200 rugslag al voorheen geswem, maar het lui geword om dit te swem en het my afrigter oorreed dat ek beter oor korter afstande is. Maar ek het las van my skouerbesering as ek vryslag en vlinderslag swem en gaan my nou net toespits op die rugslag en dalk die 100 vryslag,'' het Kriel gesê. ''Ek wil graag vir die Olimpiese Spe le in Atlanta kwalifiseer en as ek daar deelgeneem het sal ek waarskynlik uittree,'' het die 23-jarige swemmer gesê. Dit is egter nie waar die puik prestasies vir die laaste aand van die byeenkoms opgehou het nie. Twee Vrystaters het hulle krag in die water getoon. Ryk Neethling het in die 1 500 vryslag probeer om die kwalifiserende tyd vir die Olimpiese Spele te oortref. Hy het net met homself meegeding en het sy eie Suid-Afrikaanse en Afrika-rekords van 15:41.03 tot 15:36.74 verbeter. Sy naaste teenstander en spanmaat, Louwrens Appelcryn, het in 26.06 tweede geëindig. Hoewel hy nie die Olimpiese kwalifiserende tyd van 15:28.57 oortref het nie, het hy vir die Pan Pasifiese byeenkoms gekwalifiseer en kan hy daar probeer om vir die Olimpiese Spele te kwalifiseer. Die ander Vrystater wat in die water geskitter het is die 16-jarige Tania Oosthui zen. Oosthuizen het Jill Brukman se Suid- Afrikaanse en Afrika- rekords in die 200 meter individuele wisselslag vir vroue laat spat. Sy het in 2:19.17 gewen. Die twee Nieu-Seelandse swemmers wat in Suid-Afrika oefen en vir die Grens geswem het, het Saterdag gesamentlik drie medaljes ingepalm en het die toeskouers vermaak met die All Blacks se oorlogsdans. Craig Ford het die 200 individuele wisselslag in 2:06.91 gewen en het tweede in die 100 rugslag geëindig. Jonathan Winter het die 100 rugslag in 57.02 gewen en het daardeur 'n Suid- Afrikaanse Ope rekord opgestel. Darryl Cronjé, die Nataller wat vir die Deense klub Helsingör swem, is as die vinningste man in die water gekroon. Hy het die 50 meter vryslag in 23.59 gewen en het die Suid-Afrikaanse titelhouer, Peter Williams, geklop, wat tweede in 23.59 geëindig het. Die Natalse vroue-span Jill Brukman, Penny Heyns, Kirsten van Heerden en Marieka Theunissen het die Suid-Afrikaanse provinsiale rekord in die 4x100 meter wisselslag-aflos tot 4:19.42 verbeter. Altesame twaalf Suid-Afrikaanse-, agttien Afrika- en vyf Suid-Afrikaanse Ope rekords is by die byeenkoms verbeter. Natal is weer as die sterkste swemprovinsie gekroon met 2 215 punte, gevolg deur Transvaal (1 639), Grens (821), die Westelike Provinsie (780.5) en die Vrystaat (648).

Net ses SA swemmers kry plek in span na buiteland

DURBAN. Net ses swemmers kon daarin slaag om die kwalifiserende tye te oortref om die span te haal wat van 10 tot 13 Augustus aan die Pan Pacific-byeenkoms gaan deelneem. Die span wat ná die nasionale byeenkoms hier aangekondig is, is: Penny Heyns (Natal, 100 en 200 meter borsslag), Karen Allers (OVS, 200 en 400 meter vryslag), Marianne Kriel (WP, 100 en 200 meter rugslag), Tania Oosthuizen (OVS, 200 meter individuele wisselslag), Robyn Bradley (Natal, 800 meter vryslag) en Ryk Neethling (OVS, 1500 meter vryslag). ''Die kwalifiserende tye wat vir ons daargestel is, was baie straf en ek dink daar is 'n paar swemmers wat dié tye net nie gemaak het nie, maar wat werklik verdien het om in die span te wees,'' het Kriel gesê Een van die swemmers wat hom werklik ongelukkig kan ag dat hy nie in die span opgeneem is nie, is die Noord-Transvaalse swemmer Fran cois Boshoff. Boshoff was net 0.01 van 'n sekonde buite die kwalifiserende tyd in die 100 meter vryslag wat hy in 51.17 sekondes gewen het. 'n Punt van kritiek dat so min swemmers vanjaar die span kon haal is omdat die byeenkoms oor vier dae gestrek het pleks van ses dae soos die Olimpiese Spele se program. Maar nie almal stem saam nie. ''Ek dink die vier dae werk beter omdat die titels nou verdeel word onder die swemmers. Voorheen het 'n mens gekry dat die top-swemmers met al die titels wegstap en dit kan nie goed wees vir Suid-Afrikaanse swem nie,'' het Kriel gesê Swem Suid-Afrika het Saterdag ná die byeenkoms ook 'n voorlopige span vir die Afrikaspele gekies. Die span is: Mans: Peter Williams (N), Darryl Cronje (N), Francois Boshoff (NT) Donald Morrison (N), Mark Duncan (N), Paul Fryer (T), Mark Jollands (N) , Gary Albertyn (Grens), Ryk Neethling (OVS), Michael Windisch (NT), Brett Peterson (Grens), Herman Louw (T), Adrian Bosch (T), Theo Verster (N), Andre Eerenstein (N), Brynn Andrew (T), Wade Ferguson (OT) en Lourens Appelcryn (OVS). Vroue: Helene Muller (Vaal), Marianne Kriel (WP), Marieka Theunissen (N), Karen Allers (OVS), Kirsten van Heerden (N), Tracy-Lee Elliot (Grens), Robyn Bradley (N), Jill Brukman (N), Penny Heyns (N), Julia Russel (N), Amanda Loots (T), Lezaan Senekal (NT), Megan Bydawell (N), Tania Oosthuizen (OVS) en Kerry-Lee Elliot.

Van derde plek tot honderd medaljes Rekord van ouer as 20j. verbeter

'N PAAR jaar gelede op Tzaneen het 'n klein donkerkop meisie haar eerste mededingende ''sprong'' in die swembad gegee en 'n derde plek losgeswem. Dit was 'n nederige begin vir 'n onervare swemmer, maar dié dag op Tzaneen het 'n nuwe ster op die Suid-Afrikaanse swemtoneel ver skyn. Ancheri Luus (15) van die Hoërskool Garsfontein vertel skaam hoe sy 'n paar weke na haar ''brons-sukses''gekies is om Noord-Transvaalse skolespan op die nasionale kampioenskapsbyeenkoms te verteen woordig. Van dié byeenkoms onthou sy nie veel nie, maar die sowat honderd medaljes wat in haar ouers se eetkamer uitgestal word, wys dat Ancheri die afgelope vier jaar feitlik 'n instelling op die wennerspodium geword het. Op die onlangse Suid-Afrikaanse kampioenskapsbyeenkoms vir se niors in Durban het sy met Karen Muir se Suid-Afrikaanse ouder domsgroeprekord in die 100m-rugslag klaargespeel. Dié rekord vergader al meer as twintig jaar stof in die rekordboeke. Dit was nie Ancheri se enigste sukses vanjaar nie. Op die Noord- Transvaalse hoërskoolkampioen skap het sy drie goue, 'n silwer- en 'n bronsmedalje gewen. 'n Paar weke later op die Noord- Transvaalse kampioenskapsbyeen koms vir seniors het sy nog vier goue medaljes by haar versameling gevoeg, asook 'n silwer- en bronsmedalje. Ancheri is ook aangewys as die beste senior meisieswemmer van dié byeenkoms. Dié st.8-leerling is een van twee Noord-Transvalers in die Suid-Afrikaanse hoërskoolspan wat in Oktober in die buiteland gaan deelneem. Sy het geen towerformule vir sukses nie. Harde werk en lang oefenure in die somer tot ses uur ses dae per week is al wat werk, sê sy.

Sportlui vereer

PRES. NELSON MANDELA het gisteraand verskeie sportsterre met die President se sporttoekennings vir 1993 en 1994 vereer. Die oorhandiging van die toeken nings is by 'n banket in Tuynhuys in Kaapstad deur pres. Mandela aan die presteerders op die gebied van sport oorhandig. Die sportsterre wat vereer is, is: Goue toekenning: 1993: Jacob Matlala (boks); Gregory Ian Albertyn (motorfietssport); Shaun Glen Ferry (seiljagvaart); Shelly Ann Polson (seiljagvaart). 1994: Jacob Matlala (boks); Vuyani Bungu (boks), Elana Meyer (atletiek) en Theodorus Ernest Els (gholf). Silwertoekenning: 1993: Tadhg Slattery (Sport vir die ligaamlik gestremdes); Marianne Kriel (swem). 1994: Okkert Cornelius Brits (atletiek); Jonathan Neil Rhodes (krieket); Chester Mornay Williams (rugby); Philemon Raul Masinga (sokker); Penelopy Heyns (swem); Amanda Coetzer (tennis). Spanne 1994: Colleen Grondein, Hester Aletta Bekker, Lorna Marie- Therese Trigwell, Anna Pretorius (rolbal, vroue); Neil Burkett, Alan Lofthouse, Robert Rayfield, Donald Piketh (rolbal, mans). Afrigter 1993: Theophilus Somtseu Mthembu (boks). 1994: Mzi Mnguni (boks). Sportadministrateur 1993: Sambasivan Ramsamy (Nasionale Olimpiese komitee); Mluleki Editor George (Nasionale sportraad). 1994: Krish Mackerdhuj (krieket); Michael Gifford (lewensredding); Mortimer (boks).

Swem

Suid-Afrikaanse winter-kampioen skapsgala, Sasolburg Mans: 50 vryslag: 1.Brendon Dedekind (PS) 24.41 sek.; 2.Herman Louw (LR) 24.41; 3.Andrew Thompson (PS) 24.84. 200 rugslag: 1.Greg Main-Baillie (PS) 2:12.10; 2.Lyle Wilkens (BS) 2:15.26; 3.Matthew Wilson (SG) 2:15.79. Seuns: 100 vryslag: 14-15 jaar: 1.Jacobus Slabbert (WA) 56.81; 2.Leon Nieuwenhuys (LR) 57.00; 3.Terrence Parkin (SG) 57.04. 200 wisselslag: 11-12 jaar: 1.Darian Townsend (PS) 2:46.89; 2.Michel du Toit (BO) 2:47.48; 3.Etienne Botha (BL) 2:53.24. Vroue: 400 vryslag: 1.H. Muller (Ver) 4:42.23; 2.Taryn Smyth (BS) 4:43.00; 3.Alison Walker (KL) 4:43.98. 200 rugslag: 1.Claire Lourens (KP) 2:28.47; 2. Janion Fraser (BH) 2:29.74; 3.Cheryl Tremeer (WA) 2:31.93. Meisies: 100 vryslag: 14-15 jaar: 1.Ancheri Luus (L) 1:00.81; 2.Sheona Lottering (PP) 1:01.43; 3.Candice Crafford (SG) 1:02.41. 200 individuele wisselslag: 10-11 jaar: 1.Jade Matthews (SI) 2:42.36; 2.Kirsty Coventry (PZ) 2:42.55; 3.Taryn Cokayne (AL) 2:465.14.

1995/07/12/15/9.html (at 21/11/2013, 20:52)

Swem

SA winter-kampioenskapsgala, Sasolburg Mans: 200 vryslag: 1. Ryk Neethling (BS) 1:55.50*; 2. Mark Collie (BS) 1:58.33; 3. Andrew Stephenson (PS) 1:59.91. 100 borsslag: 1. Herman Louw (LR) 1:07.21; 2. Tony Shuttleworth (PP) 1:08.43; 3. Grant Ferguson (Sasol) 1:08.77. Seuns: 100 vryslag: 10-11 jaar: 1. Etienne Botha (BL) 1:06.55; 2. Darian Townsend (SP) 1:07.13; 3. Sean Molyneaux (SG) 1:08.98. 200 rugslag: 14-15 jaar: 1. David Nel (SP) 2:17.96; 2. Terrance Parkin (SG) 2:22.34; 3. Steven Forson (SP) 2:23.20. 200 individuele wisselslag: 12-13 jaar: 1. Zach de Beer (WA) 2:33.15; 2. George du Rand 2:35.91; 3. Byron Jeffers (SG) 2:37.66. Vroue: 200 vryslag: 1. Karen Allers (BS) 2:07.17*; 2. Helene Muller (V) 2:09.10; 3. Tanya Stephens (SG) 2:14.24. 100 borsslag: 1. Claire Lane (LR) 1:15.24; 2. Elzette Jordaan (PS) 1:15.93; 3. Leanne van der Walt (WA) 1:18.08. Meisies: 100 vryslag: 10-11 jaar: 1. Kirsty Conetry (PZ) 1:05.81; 2. Jade Matthews (SI) 1:05.92; 3. Robyn Bees (PP) 1:07.71. 200 rugslag: 14-15 jaar: 1. Karien Vermaak (LR) 2:27.78*; 2. Cheyne Bees (PP) 2:29.59; 3. Ancherie Luus (L) 2:31.65. 200 individuele wisselslag: 12-13 jaar: 1. Taryn Smith (BS) 2:33.17; 2. Chanelle Moolman (BO) 2:36.57; 3. Donna Leslie (KL) 2:38.40.

RUBRIEK: Uitslae Wêreldwyd

Uitslae Wêreldwyd

Swem Winterbyeenkoms, Sasolburg Mans: 200 vryslagaflos: 1. Pmb Seals A 1:38.03; 2. Wanderers A. 3. Bloem Seals A. 400 vryslag: 1. Ryno Markgraaf (Bloem Seals) 4:12.76; 2. Mark Jollands; 3.Mark Collie. 100 vlinderslag: 1. Herman Louw (Linrand) 59.30; 2. Richard de Wet; 3 Brendon Ward. Seuns (10-11): 50 vlinderslag: 1. Etienne Botha 34.20; 2. Michel du Toit; 3. Tyler Morrison. (12-13) 100 vryslag:1. Kenneth Smith (Old Eds) 1:00.99; 2. George du Rand; 3. David Krawitz. (14- 15) 200 borsslag: 1. Terrence Parkin (Seagulls) 2:31.12 (rekord); 2. Pierre van Zyl; 3. Greg Owen. (9 en onder) 200 individuele wisselslagaflos: 1. Troy Prinsloo (Kloof) 3:16.54; 2 Marc Kourie; 3. William Deiring. (10-11) 100 borsslag: 1. Ian Cluttem (Bedfordview) 1:26.74; 2. Michel du Toit; 3. Nico Minnie. (14-15) 100 rugslag: 1. David Nel (Pmb Seals) 1:03.14; 2. Steven Forson; 3. Scott Hobson. (12-13) 200 wisselslagaflos: 1. Seagulls A 2:14.92; 2 Sharper Image A; 3. Bedfordview A. Vroue: 100 vlinderslag: 1. Helene Muller (Vereeniging) 1:07.18; 2 Lize-Marie Claasen; 3 Candice Crafford. 200 wisselslagaflos: 1. Seagulls A 2:09.83; 2 Pmb Seals A; 3.Wanderers A. Meisies: (14 en ouer) 50 vryslag: 1. Helene Muller (Vereeniging) 27.38; 2. Tanya Stephens; 3. Ancheri Luus. (10- 11) 50 vlinderslag: 1. Taryn Cokayne (Alberton) 33.70; 2. Kirsty Coverntry; 3.Renate Viba. (12-13) 100 vryslag: 1. Donna Leslie (Kloof) 1:01.37 (rekord); 2. Michelle Fick; 3 Taryn Smith. (14-15) 200 borsslag: 1. Leanne van der Walt (Wanderers) 2:43.96 (rekord); 2. Elzette Jordaan; 3. Melissa Bester. (9 en ouer) 200 individuele wisselslag: 1. Jolani Oosthuizen (Bloem Seals) 3:06.00; 2. Melissa Corfe. 3 Sara Reith. (10-11) 100 borsslag: 1. Taryn Cokayne (Alberton) 1:28.62; 2. Wendy Nicholls; 3. Liana Cas tellani. (14-15) 100 rugslag: 1. Karien Vermaak (Linrand) 1:10.02; 2. Cheyne Bees; 3. Ancheri Luus. (12-13) 200 wisselslagaflos: 1. Pmb Seals A 2:17.28; 2. Bloem Seals A; 3. Kloof A. (Sapa71-75). Kon nie kwalifiseer nie: 147: Wayne Westner (SA, 71-76). 148: Ian Palmer (SA, 74-74). 149: John Bland (SA, 75- 74). 154: Gavin Levenson (SA, 76-78). (Sapa-AFP).

RUBRIEK: Uitslae wêreldwyd

Swem

Nasionale winterkampioenskapsgala, Sasolburg Mans: 200 vlinderslag: 1. Brynn Andrew (LR) 2:11.72; 2. Henk Markgraaf (BS) 2:13.85; 3. Ryno Markgraaf (BS) 2:17.43. 200 individuele wisselslag: 1. Herman Louw (LR) 2:13.57; 2. Mark Collie (BS) 2:15.51; 3. Terence Parkin (SG) 2:17.12. Seuns: 200 vlinderslag: 12-13 jaar: 1. Kenneth Smith (OE) 2:11.33; 2. George du Rand (BS) 2:11.45; 3. David Krawitz (SI) 2:16.38. 100 rugslag: 10-11 jaar: 1. Jacques du Toit (BS) 1:20.62; 2. Michael Francis (KL) 1:22.71; 3. Ettienne Botha (BL) 1:23.07. 100 borsslag: 14-15 jaar: 1. Terrence Parkin (SG) 1:09.31*; 2. Pierre van Zyl (BS) 1:10.40; 3. Greg Hack (OE) 1:14.16. Vroue: 200 vlinderslag: 1. Sheona Lottering (PP) 2:31.26; 2. Alison Walker (KL) 2:36.37; 3. Taryn Smith (BS) 2:36.54. 200 individuele wisselslag: 1. Tania Oosthuizen (BS) 2:24.28; 2. Janion Fraser (BH) 2:30.55; 3. Liska Dedekind (PS) 2:31.91. Meisies: 200 vryslag: 12-13 jaar: 1. Donna Leslie (KL) 2:14.65; 2. Taryn Smith (BS) 2:16.32; 3. Bronwyn Dedekind (PS) 2:19.67. 100 rugslag: 10-11 jaar: 1. Taryn Cokayne (AL) 1:15.70*; 2. Kirsty Coventry (PZ) 1:18.67; 3. Robyn Bees (PP) 1:19.22. 100 borsslag: 14-15 jaar: 1. Elzette Jordaan (PS) 1:48.88*; 2. Leanne van der Walt (WA) 1:17.50; 3. Keryn Krynauw (PS) 1:17.78.

on-swembad in Bloemfontein vir die Spele voor. Van links (agter) is: Tania Oosthuizen (VS), Karen Allers (VS), Marianne Kriel (WP, k) en Robyn Bradley (Natal); Voor is Ryk Neethling (VS). Die sesde lid van die span, Penny Heyns (Natal), is reeds in Amerika, waar sy studeer.

Jong Renate waarsku SA se top-swemmers

KAAPSTAD. Renate du Plessis kwalifiseer skaars om in senior geselskap te swem, maar eergister het dié jong swemmer van die Westelike Provinsie met 'n skitter-vertoning by die Britse junior gala in Leeds 'n voortydige waarskuwing aan die land se top-seniors gerig. Du Plessis, wat twee weke gelede veertien geword het, het Suid-Afrika se tweede goue medalje by dié gala gewen met 'n spogtyd van 1:04.41 in die 100 vlinderslag. 'n nuwe SA ouderdomsrekord en op drie na die vinnigste tyd nóg vanjaar. Anthony Rocchi van Transvaal het Suid-Afrika se derde goue gewen met 'n tyd van 4:08.01 in die 400 vryslag. En ná drie dae se kompetisie staan Suid-Afrika se medalje-kre diet op drie goues, drie silwer en drie brons medaljes. Dis nou as die vier goues en 'n silwer medalje wat die Nataller Terence Parkin nie 'n amptelike lid van die Suid-Afrikaanse span buite rekening gelaat is. Parkin, wat sy klub Segulls in Leeds verteenwoordig, het in die afdeling vir 15-jariges byna skoonskip gemaak met goue medaljes in die 100 en 400 vryslag, 100 borsslag en 400 wisselslag. Hy het silwer in die 200 vryslag gewen. Wat sy prestasie des te merkwaardig maak is dat Parkin, wat van geboorte doof is, hom op die handgebare van sy afrigter, Graham Hill, moet verlaat om te kan wegspring. Nog 'n Kapenaar, Sarah Poewe, was tweede in die 200 wisselslag vir o.12's, terwyl Michael Smits van Transvaal (2:36.20) silwer in die 200 rugslag vir seuns o.16 gewen het.

Sewe goues vir SA in Leeds Natalse fenomeen Terence Parkin skitter met ses goues

KAAPSTAD. Suid-Afrika het die laaste dag van die Britste junior gala in Leeds met sewe goue medaljes én die belofte van 'n paar toekomstige wêreldsterre afgesluit. Die Durbanse fenomeen Terence Parkin het met 'n skitterende 2:11.85 in die ouderdomsgroep vir onder 16's sy sesde goue medalje die week verower. Die Vrystater Pierre van Zyl was in dieselfde nommer sewende in 'n tyd van 2:21.83. Parkin, wat van geboorte doof is, het kort ná sy sege in die wisselslag die grootste verrassing gelewer toe hy ook in die 50 vryslag geseëvier het. Parkin het ondanks dié struikelblok in 'n nommer waar die wegspring van kritieke belang is (hy maak gebruik van handgebare met die wegspring) in 'n blink 25.43 geseëvier. Parkin se spanmaat van die Seagulls-klub in Durban Byron Jeffers het in die 200 wisselslag vir onder 12's 'n ewe imponerende oorwinning in 2:28.74 behaal. Maar dit is Suid-Afrika se oorheersing van die borsslagnommers wat die Britte laat kennis neem het van die land se ontluikende krag in wêreldswem. Eers het die Kapenaar Sarah Poewe, wat die afgelope klompie weke in die mekka van borsslagswem, Hongarye, geoefen het, die 100 borsslag vir onder 12's in 'n spoggerige 1:15.30 'n SA ouderdomsrekord gewen. Poewe het met dié tyd vir die SA senior gala gekwalifiseer. Leanne van der Walt het daarna in die afdeling vir onder 14's ook só gemaak en in 1:15.79 die elektroniese tydapparaat eerste geraak. Die Transvaler Vicki van den Barselaar, een van die blinkste jong sterre op die swemhorison, het een van die beste prestasies van die week gelewer met haar tyd van 1:12.69 (ook in die 100 borsslag). Net Penny Heyns, wat tans die eerste plek op die wêreldranglys in dié nommer beklee, spog vanjaar met 'n vinniger tyd in Suid-Afrika. Clare Lane het gesorg dat die besoekers skoonskip in die borsslag maak met háár eerste plek (1:14.71) in die afdeling vir onder 16 en daarmee vergoed vir die teleurstelling toe sy vroeër die week in die 200 borsslag gediskwalifiseer is. Peter Chilcott van Natal was vierde in die 200 wisselslag (onder 16) in 2:15.17, terwyl Kirsten Clark 'n sesde plek (1:18.44) in die 100 borsslag (onder 14) losgeswem het. Parkin is as die beste swemmer in sy ouderdomsgroep aangewys, terwyl Jeffers die beste in die onder 12- afdeling was.

Heyns swem goud en rekord los in VSA

KAAPSTAD. Penny Heyns het Vrydagnag (SA tyd) goud in die 100 borsslag gewen by die Pan Pasifiese Spele in Atlanta, maar die sterswemmer van Natal was dit 'n ''hol oorwinning'' sy sou met leë hande tevrede wees as sy maar net 'n kans teen die wêreldkampioen en wêreldrekordhouer in dié nommer, Samantha Riley, kon kry. Riley is Vrydagoggend in die uitdunne van die 100 borsslag vir 'n ontoelaatbare dolfynskop gediskwalifiseer. Maar Heyns het gisternag (SA tyd) tóg haar kans teen teen Riley gekry in die 200 borsslag. Heyns was in die uitdunne van die 100 borsslag vinniger as die Aussie, maar Riley (2:27.00) het in die 200 die bordjies verhang en as gunsteling weggespring. Heyns was naasvinnigste in 2:29.99 en behoort silwer te wen. ''Ek sal graag in die eindronde die SA rekord in die 200 wil verbeter. Maar Riley behoort te wen. Ek het die afgelope paar maande op die 100 gekonsentreer die 200 is nie regtig in die stadium prioriteit nie,'' het Heyns voor gisteraand se eindronde gesê. Heyns het Vrydag op vyf na die vinnigste swemmer nóg in die 100 borsslag geword toe sy dié nommer in 1:08.09 afgeblits het. Heyns se eie Suid-Afrikaanse en Afrika rekord en die Pan Pasifiese en Amerikaanse ope rekords (van Anita Nall) het in die proses in die slag gebly. Heyns was egter nie die enigste uitblinker onder die Suid-Afrikaners nie. Marianne Kriel het haar eie SA en Afrika rekord in die 200 rugslag met 'n skitterende tyd van 2:14.50 meer as twee sekondes vinniger as die vorige rekord en gerieflik binne die kwalifiserende tyd vir aanstaande jaar se Olimpiese Spele. Die Vrystater Ryk Neethling, met 'n puik sesde plek in die eindronde van die 400 vryslag, het ook sy eie eie SA en Afrika rekord tot 3:58.00 laat krimp. Tania Oosthuizen het 'n plek in die troosfinaal van die 200 wisselslag losgeswem met 'n tyd van 2:23.92, terwyl Robyn Bradley van Natal algeheel dertiende geëindig het in die 800 vryslag.

Penny is top-swemmer

KAAPSTAD. Penny Heyns het in die naweek uiteindelik gekry wat haar toekom toe sy by 'n geselligheid in Johannesburg deur die land se top-swemafrigters as die Swemmer van die Jaar aangewys is. Maar Heyns het dié toekenning in absentia ontvang sy was die naweek nog in Atlanta waar sy by die Pan Pasifiese Spele haar status as die land se voorste swemmer gestand gedoen het met 'n goue en silwermedalje in die borsslagnommers. Die Nataller is in Johannesburg vereer vir haar prestasies verlede jaar toe sy by die Statebondspele in Victoria 'n bronsmedalje in die 100 borsslag gewen het en ook 'n sesde plek in die eindronde van dié nommer by die wêreldbyeenkoms in Rome behaal het. Peter Williams, wat in Kanada derde was in die 50 vryslag, is as die voorste manswemmer aangewys. Simon Gray, verlede week aan die stuur van die SA span in Atlanta, is as die Afriger van die Jaar aangewys. Die afrigters Brian Graham, Alistair Hatfield, Simon Gray, Dean Price en Wayne Riddon is met spesiale toekennings beloon deur die SA swemafrigtersvereniging. (Erika Potgieter).

Jong swemmers in nasionale oefengroep

KAAPSTAD. 'n Handvol van die land se top jong swemmers wat die volgende jaar of vier vir Suid-Afrika medaljes in internasionale waters moet wen, is in die naweek in 'n nasionale swem-oefengroep opgeneem. Die oefengroep ''Target 2000'' met sy mikpunt die Olimpiese Spele in 2000 in Sydney word deur Speedo geborg. Die borgskap van sowat R200000 sal aangewend word om oefenkampe hier én in die buiteland aan te bied en om die top jong swemmers in die land die geleentheid te gee om ondervinding van internasionale galas op te doen. Volgens die Aussie John Wright, deesdae afrigter in Gauteng, is die voorste jong swemmers in Suid-Afrika by dié oefengroep betrek, maar word die deur oopgelaat vir enigiemand wat prestasies van internasionale gehalte lewer. Kriel en Heyns is die senior lede van dié oefengroep en het hul plekke in die jonger geselskap te danke aan hul skitterprestasies die afgelope week by die Pan Pasifiese Spele in Atlanta. Die jongelinge Ryk Neethling en Tania Oosthuizen was ook in Atlanta, waar Neethling vir aanstaande jaar se Olimpiese Spele gekwalifiseer het, maar die kern van die span bestaan uit swemmers wat 'n week of twee gelede in Leeds opslae by die Britse junior gala gemaak het. ''Ons het die kern van die oefengroep gekies, maar enige swemmer wat 'n uitstaande prestasies lewer, hetsy by die Afrika Spele of die nasioanle kortbadgala of enige ander top gala, sal vir dié groep oorweeg word,'' het Wright gesê. Dié meevallertjie kan Kriel dalk laat besluit dat daar nog lewe in haar swembene is ná die Olimpiese Spele aanstaande jaar in Atlanta. ''Ek sal dalk aanstaande jaar ná die Spele so jaar of wat 'n blaaskans neem en dan miskien weer begin swem. ''Maar daaroor sal ek later besluit, '' het Kriel gesê. Heyns het aanvanklik oorweeg om ná Atlanta háár swemkêps op te hang, maar sy geniet haar swem en haar jagtog na die wêreldrekord in die 100 borsslag tans só dat sy in 1998 nog na die wêreldbyeenkoms en die Statebond Spele wil gaan. Die oefengroep is: Amanda Loots (T), Ryk Neethlingh (V), Herman Louw (T), Tania Oosthuizen (V), Terrance Parkin (N), Anthony Rocchi (T), Leanne van der Walt (T), Vicki van den Barselaar (OT), Sarah Poewe (WP), Renate du Plessis (WP), Michael Smits (T), Greg Main-Bailey (N).

Oorplantingspan reg vir spele

ILLUSTRASIE:foto: ''Oorplantingskampioen'' Monique Wilke en mnr. Walter Msimang, uitvoerende direkteur van Satoer, met die sweetpakbaadjie wat Suid-Afrika se spanlede by die Wêreld-oorplantingspele in Manchester, Engeland, gaan dra. Monique het by die vorige wêreldspele vir oorplantingspasiënte in 1993 in Vancouver, Kanada, twee goue medaljes verower.

TERWYL die relletjie rondom die H.F. Verwoerd-Hospitaal se hartoorplantings voortwoed, het 'n groep van dertig nier-oorplant ingspasiënte hulle gereed gekry om aan die Wêreld-oorplantingspele te gaan deelneem. Die spele word van 14 tot 20 Augustus in Manchester in Engeland gehou. Hulle gaan ook probeer om die organiseerders te oorreed om die volgende oorplantingspele in 1997 in Suid-Afrika aan te bied. Indien dit gebeur, kan Suid-Afrika 'n groot toerismeslag slaan omdat so wat 1500 atlete jaarliks aan die spele deelneem. Die Suid-Afrikaanse groep vertrek eersdaags na Manchester om teen 38 ander spanne te gaan meeding. Die span sal ook die kans gebruik om Suid-Afrika as toerismeland in die buiteland te bevorder. Die Suid-Afrikaanse Toerismeraad (Satoer), wat die span met hul reëlings gehelp het, het in Pretoria bemarkingsmateriaal aan die spanlede en hul beamptes oorhandig. Mnr. Walter Msimang, uitvoerende direkteur van Satoer, het gesê die span se deelname aan die spele sal ook aan die wêreld wys hoe gevorderd Suid-Afrika reeds is op die gebied van oorplantingstegnologie. Mnr. Glen Spolander, onder voorsitter van die SA Oorplantingspele-vereniging, sê die span is ná strawwe proewe in verskeie provinsies gekies en talle goeie sportmanne en -vroue is in die proewe uitgeskakel. Die span gaan deelneem aan baan- en velditems, swem, gholf, fietsry, muurbal, tafeltennis, pluimbal, tennis en rolbal. Monique Wilke het op die vorige spele in 1993 in Kanada twee goue medaljes (balgooi en gewigstoot) verower. Sy gaan nou deelneem aan muurbal en baan- en velditems.

RUBRIEK: Uitslae wêreldwyd

Spele

Oorplanting-Spele, Manchester (SA uitslae) Vroue: Seniors: Swem: 50m vryslag: June Jenkinson (goud); Veterane: 100m vryslag: Hilary Fincham (brons); 4x50m aflos: Fincham, Jenkinson, Tanya-Lisa Coucourakis en Sharron Tuffek (brons). Mans: Seniors: Swem: 400m vryslag: Harold Moore (brons). Span wen 4 goue, 5 silwer- en 8 bronsmedaljes. (Sapa).

Swemrekord spat

FUKUOKA (Japan). Corné Prozesky van die Universiteit van Pretoria het die Suid-Afrikaanse- en Afrika-rekord in die plaatfinaal van die 200meter borsslag tydens die eerste dag van die swem by die Wêreld se Studente- Spele verbeter. Sy tyd van 2 minute, 19:19 sekondes het Herman Louw se rekord met 0.15 van 'n sekonde verbeter. Hy het algeheel vierde geeindig. Die vroue-aflosspan van Theresa van Dyk, Kirsty Albertyn, Megan Rees en Leezan Senekal het die eindronde bereik van die 4x200meter en sewende klaargemaak. (Sapa).

1995/08/25/15/14.html (at 21/11/2013, 23:25)

Haastige afsetter kos Penny 'n wêreldrekord

ILLUSTRASIE:foto: 'n Glimlaggende Heyns nadat sy die goue medalje gewen het.

KAAPSTAD. Penny Heyns het die wêreldrekord in die 100 borsslag gister in die uitdunne van dié nommer by die Wêreld-Studentespele met vyftien honderdstes van 'n sekonde misgeloop net 'n oorywerige elektroniese afsetter het die Nataller in die eindronde van die wêreldrekord beroof. Heyns se tyd van 1:07.84 in die uitdunne is op die Australiër Samantha Riley se wêreldrekord van 1:07.69 na, die vinnigste nóg in die nommer. Die 20-jarige Heyns spog egter met die drie vinnigste tye vanjaar in die wêreld in die 100 borsslag. Die Suid-Afrikaner het gister, soos Vrydag in die 200 borsslag, goud gewen. Maar dié keer het sy, ook soos Vrydag, in die eindronde stadiger as in die oggendsessie geswem. En hoewel die swem-afrigter van die Universiteit van Michigan reg gestaan het met 'n wetenskaplike verduideliking oor ''bioritmes, tydverskil en liggame wat nog nie by die verandering van kontinente aangepas het nie'', was dit 'n oorhaastige afsetter wat vir Heyns se ''stadige tyd'' in die eindronde geblameer moet word. ''Ek was nog besig om te sak in die blokke, toe die gonser afgaan. Ek het als ingesit om vir die swak weg spring te vergoed, maar dít het my ritme versteur en veroorsaak dat ek 'n ekstra slag oor die eerste vyftig moes inpas. ''Ek was net ongelukkig dat ek so sleg weggekom het, maar is nie teleurgesteld met die tyd nie. Ek voel goed, ek weet nou ek kan die (wêreld)rekord verbeter,'' het Heyns gister uit Japan gesê. ''My mikpunt was eintlik om in Maart by die Olimpiese proewe in Durban 'n aanslag op die wêreldrekord te maak. Ek het maar sewe weke van harde oefen agter die rug - ek weet daar lê nog baie werk voor en miskien verdien ek nog nie in dié stadium die rekord nie,'' het Heyns gesê. Sy het in gister se uitdunne haar eie SA en Afrika-rekord verbeter en ook meer as twee sekondes van die Bulgaar Tanis Bogomilova se Spele-rekord afgeknyp.

1995/08/28/

Nog 'n rekord spat

DIE Suid-Afrikaanse swemmers is besig om die Afrika-rekords een vir een by die Wêreld-Studentespele in Japan te verbeter. Nie net Penny Heyns is besig om die rekordboeke te herskryf nie. Andrew Bradley het Sondagaand die Afrika-rekord in die 100 meter vlinderslag tot 55.59 sekondes verbeter. Bradley, 'n student aan die Universiteit van Natal, het Theo Verster se Afrika-rekord van 55.82 verbeter, maar kon net-net nie daarin slaag om Craig Jackson se Suid-Afrikaanse rekord van 55.45 te oortref nie.

Danksy Penny stuur SA span

KAAPSTAD. Suid-Afrika gaan ter wille van of te danke aan Penny Heyns tóg einde vanjaar 'n span na die wêreld-kortbadgala stuur, ondanks 'n besluit vroeër dat hy liefs nie na Brasilië gaan nie. Suid-Afrika wou, vanwëe leë geldkoffers, sy internasionale swem-bedrywighede vanjaar beperk het tot die Pan-Pasifiese- Spele en die Afrika-Spele, maar Heyns se skitter-prestasies die afgelope week of drie in swembaddens van Amerika tot Japan, het die land se swem-wyses tot ander insigte gedwing. Heyns het by die Pan-Pasifiese- Spele goud (100 borsslag) en sil wer (200 borsslag) gewen en op die koop toe 'n rits rekords opgestel. En gister het dié student aan die Universiteit van Nebraska by die Wêreld se Studente-Spele in Fukuoka, Japan, nog 'n goue medalje in die 200 borsslag gewen en weer haar eie SA en Afrika-rekord en die Spele-rekord verbeter. Heyns en die ander uitblinkers by die Pan-Pasifiese-Spele wat reeds vir aanstaande jaar se Olimpiese Spele in Atlanta gekwalifiseer het, Marianne Kriel en Ryk Neethling, kwalifiseer outomaties vir die span wat na Rio de Janeiro gaan. Julia Russel het eergister in die 200 borsslag by die Studente- Spele ook vir Atlanta gekwalifi seer en hoef ook nie op 6, 7 en 8 Oktober by die SA kortbad-gala by die Wanderers in Johannesburg vir die wêreldbyeenkoms te probeer kwalifiseer nie. Benewens die viertal swem mers wat reeds aan die kwalifiseringsvereistes vir Rio voldoen, sal enige swemmer wat van 1 Augustus vinniger as die A kwalifiserende tye vir die Olimpiese Spele swem na die Copacabana Beach kan gaan. Die ander vereistes is 'n eerste plek by die Wanderers in 'n tyd vinniger as die kwalifiserende tyd deur die SA Swemraad daargestel. Daar word ook voorsiening gemaak vir 'n junior element in die span. Seuns moet in 1977 en later gebore word en meisies in 1978.

1995/08/29/22/5

Winia swem, redeneer, speel en wil graag sien wat mense se dryfvere is

VANDERBIJLPARK. Winia Fischer (18), junior Springbok en hoofmeisie van die Hoërskool Transvalia op dié dorp, is nog 'n deelnemer van Beeld en Volkskasbank se wedstryd Matrikulant van die Jaar, wat met die samewerking van die Universiteit van Pretoria gehou word.
Haar buitengewone naam is 'n verkorte weergawe van 'n baie lang erfstuk wat haar ouma aan haar bemark het, skerts sy.
Haar naam het ook niks te doen met win of wen nie, al is sy volgens haar eie beskrywing 'n uithouer wat nie maklik van 'n ding afsien as sy eers daarop besluit het nie.
Mense is die grootste liefde in haar lewe en dit is elke keer vir haar 'n ontdekking om te sien hoe hulle dink, redeneer en wat hul dryfvere is.
Dis een van die redes hoekom sy van geskiedenis hou. Sy kan nog net nie besluit wie haar gunsteling-held of -skurk onder die geskiedkundige figure is nie. Sy voel die meeste aangetrokke tot wyle genl. Smuts al is daar volgens haar swart by al sy wit.
Die grootste held in haar persoonlike lewe is mnr. Kobie Louw, haar swemafrigter, wat glo kan ''toor'' met atlete. Hy het haar gehelp om haar doelwit te be reik: om gekies te word vir die Springbokspan in tweekamp.
Met ses onderskeidings in haar ses vakke is sy een van haar skool se akademiese presteerders.
Maar sy is veral versot op redenaarswedstryde. Haar guntsteling-onderwerp is dat Afrikaans sy ampstatus behou en dit is vir haar lekker om Afrikaans se saak te stel.
Wanneer Winia tyd kry, speel sy graag kitaar, veral langs 'n kampvuur of in die kerk waar sy soms die gemeente begelei. Haar kop staan na die Universiteit van Pretoria, maar wat sy aanstaande jaar daar gaan studeer, hou sy op die oomblik nog dig.

Afrika Spele

Afrika-Spele, Harare

Swem
Mans: 4x200 vryslag-aflos: 1. Suid-Afrika 7:36.95; 2. Egipte 7:55.25; 3. Algerië 8:04.63; 4. Zimbabwe 8:15.26; 5. Mauritius 8:25.11; 6. Nigerië 8:47.93.
100 vlinderslag: 1. Tamir Zinhoum (Egipte) 55.75; 2. Theo Verster (SA) 56.52; 3. Salah Kalef (Alg) 57.57; 4. Andre Eerenstern (SA) 57.65; 5. Brendon Ward (Zim) 57.74; 6. Haitham Hazim (Egipte) 58.25; 7. Musa Bakare (Nig) 58.49; 8. Vurie Badenhorst (Nam) 58.95. 400 individuele wisselslag: 1. Michael Windish (SA) 4.40.40; 2. Wade Ferguson (SA) 4.43.34; 3. Christopher Shaw (Zim) 4.45.14; 4. Mohamad Abd El Hamid (Egipte) 4.48.68; 5. Mohamed Safy (Egipte) 4.55.70; 6. Flavio Pellegatta (Zim) 5.03.26.
Vroue: 200 borsslag: 1. Penny Heyns (SA) 2:30.63; 2. Julia Russell (SA); 2:33.33; 3. Linelle Tannock (Zim) 2:46.71; 4. Jacqueline Forbes (Zim) 2:47.13; 5. Mahdia Bella (Alg) 2:47.34; 6. Seremian Faiez (Egipte) 2:48.48;

Afrika Spele

Afrika-Spele, Zimbabwe
Swem
Mans: 1500 vryslag: 1. Ryk Neethling (SA) 15:54.18; 2. Hatef Seif (Egip) 16:32.09; 3. Louwrens Appelcrayn (SA) 16:51.49; 4. Christopher Shaw (Zim) 17:34.00. Eindrondes: Mans: 100 rugslag: 1. Barend Nortjé (SA) 58.08, 2. Gary Albertyn (SA) 59.49, 3. Mohamed el Medany (Egip) 59.73. 200 vlinderslag: 1. Brynn Andrew (SA) 2:04.78, 2. Theo Verster (SA) 2:06.03, 3. Hesham Roshdy (Egip) 2:07.44. 50 vryslag: 1. Peter Williams (SA) 23.14, 2. Donald Morrison (SA) 23.46, 3. Tamir Zinhoum (Egip) 23.64. Vroue: 4x100 wisselslag-aflos: 1. Suid-Afrika 4:12.03, 2. Zimbabwe 4:29.92, 3. Egipte 4:30.02. 200 individuele wisselslag: 1. Kerry-Anne Elliot (SA) 2:24.04, 2. Tania Oosthuizen (SA) 2:26.88, 3. Mandy Leach (Zim) 2:30.14.

Peter Williams verpletter rekord

HARARE. Die Suid-Afrikaner Peter Williams, in 'n stadium die wêreld se vinnigste man in die water, het gister 'n dramatiese terugkeer gemaak in die swembad hier by die Afrika-Spele.
Williams het die Spele-rekord in die 50meter vryslag in gisteroggend se uitdunne verpletter met 'n tyd van 22.92 sekondes die vinnigste wat hy dié afstand nog afgelê het sedert die Olimpiese Spele in 1992 in Barcelona.
En hy het laat blyk dat hy dit nóg haastiger kan doen in die eindronde, wat later gisteraand beslis is. Die Suid-Afrikaanse blits het in sy uitdun kennelik stadiger geswem toe hy naby die eindpunt gekom het.
Williams, wat van Oos-Londen na Durban verhuis het om heeltyds aan sy oefenprogram aandag te skenk, het die Egiptenaar Tamir Zinhoum heeltemal oorskadu. Zinhoum is op een na die wêreld se vinnigste vanjaar in die 50- sowel as die 100 vryslag.

Suid-Afrika swem nog ses goues los

HARARE. Ses swemnommers. Ses goue medaljes. Ses nuwe rekords.
Dít was gister weer die suksesverhaal van die Suid-Afrikaanse swemmers hier in die bad van Chitungwiza by die Afrika-Spele.
Die gimnaste het self vyf goue medaljes gewen om saam met nog goues in die fietsry en mans-hokkie die dag af te sluit met 'n oes van dertien.
Hierdie sterk eindpoging deur die Suid-Afrikaanse span, met nog net twee dae oor, het hom die eerste keer gerieflik voor begin plaas in die wedloop om goue medaljes teen 'n Egiptiese span wat nog lank nie gaan lê het nie.
Suid-Afrika se 50 goues teenoor Egipte se 39 verander die prentjie egter nou dramaties.
Suid-Afrika het ook 'n algehele oes van 126 medaljes, teenoor Egipte se 109 en dit begin al meer duidelik blyk watter land daarop kan aanspraak maak dat hy die sterkste in sport op die vasteland is.
Die Suid-Afrikaanse mans-hokkiespan het gisteraand ook die goue medalje verower, maar kan van geluk spreek nadat hy met 3-3 gelykop gespeel het teen Egipte in die finale wedstryd. Net die briljante doelwagter Brian Myburgh kon die Suid-Afrikaners in die laaste minuut red.
Die swemmer Peter Williams het in die oggend reeds in die uitdunne die Spele-rekord na 22.92 verbeter in die 50 vryslag voordat hy gisteraand in 23.14 gewen het.
Andrew Brynn (2:04.78 in die 200 vlinderslag), Kerry-Ann Elliott (2:24.04 in die 200 individuele wisselslag vir vroue), Ryk Neethling (1500 vryslag) en Herman Louw (1:04.20 in die 100 borsslag) het ook in rekord-tye gewen.
Met sterre soos Penny Heyns en Marianne Kriel in hul geledere was dit natuurlik ook geen verrassing nie dat die Suid-Afrikaanse vroue met hul tyd van 1:03.54 'n nuwe rekord behaal het in die 4x100 wisselslag.
.

Tissink wen weer

DIE tweede byeenkoms in 5FM en Energade se driekampreeks van vyf byeenkomste is in die naweek by die Roodeplaatdam buite Pretoria gehou.
Raynard Tissink, wat twee weke gelede die eerste byeenkoms in Port Elizabeth gewen het, het weer gewen deur die 600meter swem, 20km fiets ry en 5km hardloop in 56min. en 56sek af te lê.
Greg von Holdt moes net soos in Port Elizabeth met die tweede plek tevrede wees toe hy 3sek. ná Tissink oor die eindstreep is.
Harald Zumpt was derde in 57:14, terwyl Fiddey Gey von Pittius die afdeling vir vroue in 64:53 gewen het.
Die volgende byeenkoms is op 8 Oktober by die Kleinfonteindam in Benoni. (Sarel van der Walt).

Swem

Voltaren-gala, Benoni 1500m: Mans: Paul Fryer 20:18, Oliver Schmitz 21:10, Clayton Cummings 22:31. Vroue: Natasha Figge 20:22, Katherine Groves 24:48, Kate Wylie 24:49. 600m: Mans: Gary Kurth 13:08, Oliver Schmitz 13:10. Vroue: Katherine Groves 14:46, Taryn-Lee Andrew 15:07.

Figge wen weer

BENONI. Natasha Figge, wat gaan probeer om die Midmar-myl 'n sewende keer ('n rekord) te wen, het gister in die Voltaren-swemkompetisie oor 1500meter in die Kleinfonten-dam by Benoni geseëvier. Paul Fryer was eerste in die mansafdeling in 20:18. Uitslae in Uitslae Wêreldwyd.

SA gala vir kort swembaddens, Johannesburg

Mans: 50 borsslag: 1. Herman Louw (Linrand) 28.90 (SA rekord); 2. Brett Peterson (Harlequins, Border) 29.01; 3. Anthony Shuttleworth (Stewp) 29.64. 100 rugslag: 1. Andrew Biram (Wand) 57.07
(Afrika-rekord); 2. Greg Main- Baillie (SPM) 57.67; 3. Lyle Wilkens (BLSFS) 57.90. 100 vlinderslag: 1. Herman Louw (LRD) 56.97; 2. Michael Windisch (UPTNT) 57.03; 3. Justin Fourie (PPM) 57.53. 200 vryslag: 1. Mark Jollands (Kloof) 1:51.41; 2. Paul Fryer (Sharper Image) 1:52.34; 3. Gary Albertyn (Jakaranda) 1:52.50. 400 individuele wisselslag: 1. Anthony Rocchi (LRD) 4:39.31; 2. Lourens Appelcryn (Bloem) 4:42.40; 3. Wade Ferguson (BK) 4:42.88. 400 wisselslag-aflos: 1. Linrand Transvaal A 3:54.41 (SA rekord); 2. Jakaranda 3:54.56; 3. Seals Pietermaritzburg 3:58.52.

Vroue: 100 vryslag: 1. Helene Muller (VRN) 57.84; 2. Charlene Wittstock (BENET) 58.01; 3 Ancheri Luus (Lion) 58.40. 50 rugslag: 1. Liska Dedekind (Seals Pmb) 30.18 (SA rekord); 2. Theresa van Dijk (Sharper Image) 30.51; 3 Tanya Stephens (Seagulls) 31.00. 200 borsslag: 1. Leanne van der Walt (Wand) 2:33.56; 2. Elzette Jordaan (Seals) 2:33.88; 3. Viki van den Barselaar (Benet) 2:36.21. 200 vlinderslag: 1. Amanda Loots (Sharper Image) 2:18.71; 2. Candice Crafford (Seagulls) 2:25.28; 3. Candice Nethercott (Wand) 2:26.06. 400 individuele wisselslag: 1. Amanda Loots (Sharper Image) 4:58.07; 2. Tracy-Lee Elliott (Hel) 5:01.60; 3. Lynne Rutherford (KPK) 5:04.21. 400 vryslag-aflos: 1. Seals Pietermaritzburg 4:02.46; 2. Jakaranda 4:04.76; 3. Seagulls Natal 4:04.85. (Sapa).

Afrika- en SA rekord vir Andrew Biram

ANDREW BIRAM van die klub Wanderers het gister die eerste Afrika-rekord in die 100 meter rugslag laat spat by Absa Trust se nasionale kampioenskapsgala vir kort swembaddens in die Wanderers-bad in Johannesburg.
Hy het terselfdertyd ook sy eie Suid-Afrikaanse rekord verbeter.
Biram, die titelhouer in dié nommer, het Amer Amin se Afrika-rekord van 57.92 tot 57.07 verbeter. Sy vorige SA rekord was 58.12. Maar dit was nie net Biram wat die Afrika-rekord oortref het nie.
Die eerste drie swemmers in dié nommer het ook Amin se Afrika-rekord oortref. Greg Main-Bailie (Pietermaritzburg Seals) was tweede in 57.69 en Lyle Wilkens (Bloemfontein Seals) derde in 57.90. Herman Louw van Linrand het voortgebou op sy goeie vertonings onlangs by die Afrika-Spele in Harare toe hy die Afrika-rekords in die 100 en 200 borsslag oortref het. Hy het gister twee titels ingepalm.
Hy het sy krag in die borsslag gewys toe hy sy eie Suid-Afrikaanse rekord in die 50 meter borsslag van 30.10 tot 28.90 verbeter het. Brett Peterson (Harlequins Grens) was tweede in 29.01, gevolg deur Anthony Shuttleworth (US).
Kort daarna het Louw Michel Windiesh (UP) in die 100 vlinderslag met seshonderdste van 'n sekonde geklop om dié nommer in 56.97 te wen. Peter Williams, die Suid-Afrikaanse rekordhouer in dié nommer, het hom nie vanjaar vir die byeenkoms ingeskryf om sy titel te verdedig nie.
Amanda Loots (Sharper Image) het ook twee titels ingepalm en terselfdertyd vir haar teenstanders in albei nommers weggeswem. Loots, 'n vlinderslag-spesialis, het die 200 vlinderslag in 2:18.71 gewen sowat sewe sekondes vinniger as haar naaste teenstander, Candice Crafford van Seagull.
In die 400 individuele wisselslag was Loots in 'n titaniese stryd met die Afrika- en Suid-Afrikaanse rekordhouer, Tracey-Lee Elliot van Harlequins, gewikkel. Loots en Elliot het saam geswem oor die eerste 50 meter van die vlinderslag waarna Loots die voortou geneem het.
Elliot het egter met 'n sterk eindpoging vorendag gekom, maar dit was Loots wat in 4:58.07 geseëvier het met Elliot tweede in 5:01.60. Liska Dedekind van Pietermaritzburg Seals spog ook met 'n Suid-Afrikaanse rekord in die 50 meter rugslag. Sy het Taryn Ternent van Shaper Image, wat nie vir die eindstryd gekwalifiseer het nie, se Suid-Afrikaanse rekord in die 50 meter rugslag van 30.94 tot 30.18 verbeter.

Absa Trust se kampioenskapsgala vir kort swembaddens, Johannesburg

Saterdag: Mans: 50m vryslag: 1.Herman Louw (Linrand) 23.21 sek; 2.Andrew Stephenson (Seals Pmb) 23.65; 3.Michael Wright (Old Edwardians) 23.74. 400m vryslag: 1.Mark Jollands (Kloof) 3:58.50; 2.Ryno Markgraaff (Bloem) 4:04.28; 3.Anthony Rocchi (Linrand) 4:06.54. 50m rugslag: 1.Andrew Biram (Wanderers) 26.72 sek; 2.Greg Main-Baillie (Seals Pmb) 26.88; 3.Henry Miles (PAC Nt) 27.08. 100m borsslag: 1.Herman Louw (Linrand Tvl) 1:01.88 (Afrika-rekord); 2.Brett Peterson (Harlequins) 1:02.82; 3.Anthony Shuttleworth (Stew) 1:04.47. 50m vlinderslag: 1.Justin Fourie (PPM Natal) 25.87 sek; 2.Kenton Kirkwood (Ste WP) 26.61; 3.Dylan du Bruin (Seagulls) 26.66. 200m ind wisselslag: 1.Gary Albertyn (Jacaranda) 2:04.58; 2.Herman Louw (Linrand) 2:05.06; 3.Michael Windisch (Jacaranda) 2:08.17. 800m vryslag-aflos: 1.Seals Pietermaritzburg 7:45.72; 2.Linrand Tvl 7:49.53; 3.Jacaranda SC 7:55,57.

Sondag: 100m vryslag: 1.Paul Fryer (Sharper Image) 50.92 sek; 2.Mark Jollands (Kloof) 51.25; 3.Andrew Stephenson (Seals Pmb) 51.26. 1500m vryslag: 1.Anthony Rocchi (Linrand) 16:06.27; 2.Rob Mackay (Wanderers) 16:08.65; 3.Ryno Mark graaf (Bloem) 16:11.97. 200m rugslag: 1.Greg Main-Baillie (Seals Pmb) 2:02.98; 2.Andrew Biram (Wanderers) 2:03.55; 3.Michiel Smits (Linrand) 2:06.16. 200m borsslag: 1.Herman Louw (Linrand) 2:15.34 (Africa-rekord); 2.Corne
Prozesky (Jacaranda) 2:20.12; 3.Terence Parkin (Seagulls) 2:22.13.
200m vlinderslag: 1.Gary Albertyn (Jacaranda NT) 2:05.70; 2.Andrew
Brynn (Linrand) 2:06.69; 3.Wade Ferguson (Boksburg) 2:08.49. 400m
vryslag- aflos: 1.Seals Pietermaritzburg 3:30.14 (Afrika-rekord);
2.Wanderers Trans vaal 3:32.35; 3.Linrand Transvaal 3:32.64.
Vroue:
Saterdag: 50m vryslag: 1.Charlene Wittstock (Benoni) 26.89 sek; 2.Liska Dedekind (Seals Pmb) 27.11; 3.Taryn Ternent (Sharper Image) 27.12. 200m vryslag: 1.Tracy-Lee Elliott (Harle quins OL) 2:06.23; 2.Kirsty Albertyn (Jacaranda NT) 2:07,98; 3.Charlene Wittstock (Benoni) 2:08.00. 800m vryslag: 1.Tracy-Lee Eliott (Harlequins OL) 9:08.09; 2.Natasha Figge (Sharper Image) 9:11.34; 3.Alison Walker (Kloof) 9:26.71. 100m rugslag: 1.Theresa van Dijk (Sharper Image) 1:04.37; 2.Liska Dedekind (Seals Pmb) 1:05.71; 3.Taryn Ternent (Sharper Image) 1:06.30. 50m borsslag: 1.Tanya Naude (Harlequins) 33.07; 2.Elzette Jordaan (Seals Pmb) 33.19; 3.Viki van den Barselaar (Benoni) 33.32. 50m vlinderslag: 1.Candice Nethercott (Wanderers) 29.40; 2.Claire Bolton (Sharper Image) 29.47; 3.Kirsty- Lee Nethercott (Wanderers) 2.57. 200m ind wisselslag: 1.Amanda Loos (Sharper Image) 2:19.93; 2.Tracy-Lee Eliott (Harlequins OL) 2:23.02; 3.Amanda Clegg (VIN WP) 2:23.02. 400m vryslag-aflos: 1.Seals PMB 4:24.79; 2.Sharper Image Transvaal 4:28.18; 3.Wanderers Transvaal 4:29.85.

Sondag: 400m vryslag: 1.Tracy-Lee Elliott (Harlequins OL) 4:26.34; 2.Donna Leslie (Kloof) 4:29.65; 3.Natasha Figge (Sharper Image) 4:30.74. 200m rugslag: 1.Theresa van Dijk (Sharper Image) 2:17.61; 2.Tracy-Lee Eliott (Harlequins OL) 2:21.59; 3.Janion Fraser (Mus) 2:22.77. 100m borsslag: 1.Elzette Jordaan (Seals Pmb) 1:11.01 (Afrika- rekord); 2.Tanya Naude (Harlequins OL) 1:11.26; 3.Viki van den Barselaar (Benoni) 1:11.43. 100m vlinderslag: 1.Amanda Loots (Sharper Image) 1:02.38; 2.Michelle Sandeman (Sharper Image) 1:04.44; 3.Candice Nethercott (Wanderers) 1:04,61. 800m vryslag-aflos: 1.Sharper Image Transvaal 8:48.33; 2.Seals Pietermaritzburg 8:52.52; 3.Seagulls Natal (Seagulls) 8:53.93. Spanafdeling: 1.Linrand 530 punte; 2.Sharper Image 511,5; 3.Seals Pietermaritzburg 400; 4.Wanderers 297; 5.Seagulls 264; 6.Jacaranda 253. (Sapa).

Herman Louw baas in swembad

DIE nasionale kampioenskapsgala vir kort swembaddens van Absa Trust in die Wanderers-swembad in Johannesburg kon maar hernoem word na die Herman Louw-byeenkoms.
Louw het weer gister in die swembad geskitter deur op die laaste dag van die byeenkoms die enigste swemmer te word wat twee kwalifiserende tye behaal het vir die wêreldbyeenkoms, wat in November in Rio de Janeiro plaasvind.
Louw, wat Saterdag die eerste swemmer geword het om vir die wêreldbyeenkoms te kwalifiseer in die 100 meter borsslag, het gister weer só gemaak in die 200 meter borsslag. Dié 19-jarige swemmer van Linrand het dié nommer in 2min. 15.34s gewen en vir Corné Prozesky (2:20.12) en Terence Parkin (2:22.13) weggeswem. Hy het terselfdertyd ook die Afrika- en Suid-Afrikaanse rekords van Adrian Bosch van 2:22.29 verbeter.
Dit was sy tweede Afrika-rekord nadat hy Saterdag ook die Afrika-rekord in die 200 meter borsslag verbeter het. Dit was sy vyfde individuele titel by dié byeenkoms.
Een van die hoogtepunte van gister se byeenkoms was die 1500 meter vryslag. Die titel het nie aan Louw gegaan nie, maar aan die 16-jarige standerd agt-leerling, Anthony Rocchi. Hy is in die span ingesluit wat Suid-Afrika by die wêreldbyeenkoms sal verteenwoordig.
Die klein geboude Rocchi het in die afwesigheid van Ryk Neethling vir sy naaste teenstanders, Rob Mackay van Transvaal en Ryno Markgraaff van die Vrystaat, teen die einde van die sestig lengtes weggeswem. Hy het sy beste tyd in dié nommer opgestel deur in 16:06.27 te seëvier, gevolg deur Mackay in 16:08.65 en Markgraaff in 16:11.97.
Amanda Loots het ook weer sukses behaal. Dié vlinderslag-spesialis, wat haar hare kort gesny het vir die byeenkoms, het die 100 meter vlinderslag in 1:02.38 gewen en só vir die wêreldbyeenkoms gekwalifiseer. Dit was Loots se vierde titel nadat sy reeds die 200 vlinderslag en die 200 en 400 individuele wisselslag gewen het.
Die enigste ander kwalifiserende tyd vir die wêreldbyeenkoms het van die Natalse swemmer Elzette Jordaan in die 100 meter borsslag gekom. Sy het in 1:11.01 geseëvier.
Die span is:
Marianne Kriel (WP), Leanne van der Walt (Tvl), Elzette Jordaan (Natal), Herman Louw (Tvl), Greg Main-Baillie (Natal), Amanda Loots (Tvl), Tanya Naude (Grens) en Brett Peterson (Grens). (Sapa).

1995/10/9

Ses provinsies by gala in aksie

SES provinsies neem môre in die Hillcrest-swembad in Pretoria aan die jaarlikse Noord-Transvaalse senior provinsiale swemgala deel.
Behalwe die gasheerunie, neem Oos- Transvaal, die Vrystaat, Transvaal, Vaal driehoek en Wes-Transvaal se spanne ook aan dié gala deel.
Hoewel dit nog vroeg in die swemseisoen is, word verskeie goeie vertonings verwag. Verskeie van die voorste swemmers in Suid-Afrika
sal in aksie wees.
Die Lane 5-wisseltrofee is op die spel. Dit word tans deur
Transvaal gehou, wat weer die gunsteling is. Die Transvalers se
kwaaiste teenstand behoort van Noord- Transvaal en die Vrystaat te
kom.
Hoewel daar geen medaljes op die spel is nie, kan verskeie
kontantpryse losgeswem word R150 vir 'n eerste, R100 vir 'n tweede
en R50 vir 'n derde plek. Die uitdunne vind môreoggend plaas en die
eindrondes môremiddag.
Die nommers waarin deelgeneem word, is (mans en vroue): 50 en 200 vryslag, 100 vlinderslag, 100 borsslag, 200 rugslag, 200 individuele wisselslag en 4x100 wisselslag-aflos.

1995/10/27

Oorsese tydskrif kyk na SA swem

BLOEMFONTEIN. Suid-Afrika is terug in wêreldswem met meer as net blote deelname aan wêreldkompetisie.
Dit is duidelik wanneer daar geblaai word in die jongste uitgawe van die gesaghebbende Amerikaanse swemtydskrif Swimming World.
Daar word in 'n artikel oor die jongste Pan Pasifiese Spele byna drie bladsye afgestaan aan die 100- borsslag vir vroue op die byeenkoms waarin die Australiër Samantha Riley gediskwalifiseer is en deur Penny Heyns van Suid-Afrika geklop is.
Die artikel, wat uit 'n Amerikaanse oogpunt geskryf is en impliseer dat Australië besig is om Amerika na die kroon te reik in swem, het weliswaar min te sê oor Heyns se prestasie behalwe om te meld dat sy die eerste goue medalje in internasionale swem in twee dekades vir Suid-Afrika gewen het.
Daar word egter gemeld dat sy die byeenkoms-rekord sowel as die nasionale rekord in dié nommer met haar tyd van 1:08.09, die vinnigste in die wêreld vanjaar, verbeter het. In die 200 het sy ook met haar tweede plek 'n nasionale rekord van 2:27.68 sek. opgestel wat aan haar die derde plek in die wêreld vanjaar besorg.
Vir Heyns was haar wêreldklas- oorwinning getemper deur die feit dat sy nie teen Riley kon swem nie. Riley het daarna die 200 gewen met 'n tyd wat binne vyf honderdstes van die wêreldrekord was.
''Die oorwinning was nie so goed as wat dit sou gewees het as Samantha ook geswem het nie. Dit was vir my belangrik om teen haar te swem. As sy vanaand teen my geswem het, sou die pas vinniger gewees het,'' het Heyns volgens die tydskrif ná die nommer gesê.
Heyns is verlede naweek in Sandton as Noksa se Sportster van die Jaar aangewys. Die ander kandidate was Okkert Brits (paalspring) en Jill Borreson (boogskiet).

1995/11/29/21/4.html (at 23/11/2013, 03:36)

Telkom wil 5000 kinders leer swem, belkaarte gebruik

TELKOM wil in een jaar 5000 st.3-leerlinge leer swem én leer hoe om 'n belkaart te gebruik.
Die program ''Telkom-belkaart leer Suid-Afrika om te swem'' is deel van die maatskappy se belkaart-borgskap van swem wat volgens Telkom 'n nuwe era vir die ontwikkeling van dié sportsoort inlui.
''Swem Suid-Afrika'' sal deur die Suid-Afrikaanse Swemafrigters en -onderwysersvereniging bestuur word.
Wanneer lede van die Telkom-belkaart-Doelwit 2000-swemspan oorsee gaan, sal Telkom aan hulle belkaarte gee sodat hulle ''in kontak met hul wêrelde kan bly''.
Met die kaart sal swemmers by enige foon in meer as 59 lande na enige plek ter wêreld kan bel en hulle sal nie bykomende tariewe vir oproepe hoef te betaal nie.
Telkom se borgskap vir die 1995/'96-somer beloop sowat R220000 en sal die top-swemmers in die land vir opleiding by oefenkampe bymekaarbring, het die maatskappy bekend gemaak.
Dié swemmers sal onder toesig van voorste Suid-Afrikaanse en ervare internasionale afrigters oefen met die oog op die Olimpiese Spele in die jaar 2000 in Sydney, Australië.
Telkom voorsien klinieke, hospitale, skole en gemeenskapsentrums van belkaarte as deel van sy verbintenis om mense toegang tot telekommunikasie te gee.

Wêreld-gala in kort swembad, Rio de Janeiro

Mans: 200 vryslag (eindronde): 1. Gustavo Borges (Bras) 1:45.55, 2. Trent Bray (NS) 1:46.18, 3. Michael Klim (Aus) 1:46.44, 4. Yuri Mukhin (Rus) 1:48.33, 5. Rotislav Svanidze (Oek) 1:48.72, 6. Daniel Kowalski (Aus) 1:48.94, 7. Cassiano Leal (Bras) 1:49.19, 8. Mark Jollands (SA) 1:50.18.

Waterpolo
DIE jaarlikse provinsiale Kra mer-waterpolotoernooi vind van 14 tot 17 Desember in die Boksburg-Noord-swembad plaas.
Vier internasionale wedstryde sal ook tydens die toernooi gespeel word.
Die Suid-Afrikaanse skolespan sal kragte meet teen hul eweknie van Australië en Zimbabwe en 'n span uit Hongarye.
Die Suid-Afrikaanse span wat in Februarie teen Kuba speel, sal ná afloop van die toernooi aangewys word.

Waterpolo

TRANSVAAL het Kramer se interprovinsiale waterpolo-toer nooi in Boksburg die eerste keer in jare gewen toe hy danksy 'n beter doelgemiddeld vir Oos- Transvaal en die Westelike Provinsie van die trofee weerhou het.
Drie Transvalers is ook in die nasionale span ingesluit wat aanstaande jaar teen Wallis en moontlik ook Kuba te staan gaan kom.
'n Suid-Afrikaanse onder 18- groep waaruit die span gekies gaan word wat aanstaande jaar in Pole aan die onder 19-kampioenskapstoernooi deelneem, is ook gekies.
Die spanne is:
Suid-Afrika: H. Basel, A. Botha, P. Sandstrom (Tvl), D. Commins, W. D'elboux, C. Roy, C. Reardon (Natal), C. Weise, P. van Schoor, M. Harrison (WP) , B. Kloss, V. Trninic, S. Standfest (OTvl).
SA o.18: G. Gruben, M. Seipp, B. Manson, C. Bird, N. Morris, M. Allan (Natal), C. Melck, J. Penton, M. Rivington, P. Venter, T. Knickelbein, S. Bachar (Grens), M. Mcewan (WP), M. Carter, D. Woods,
M. Stewart, M. Thorpe, L. Hawkins, M. Bond (Tvl), P. Gething (OP).
(Sapa).

1995/12/20/17/1.html (at 23/11/2013, 05:34)

1995/12/8/18/1.html (at 23/11/2013, 04:33)

Springbok-besluit 'Maart geneem'

KAAPSTAD. Die kommissie wat deur die National Sports Council (NSC) aangestel is om die toekoms van die Springbok-embleem te bepaal, is verteenwoordigend van 'n breë spektrum sporte in Suid-Afrika en sal 'n ewewigte besluit kan neem.
Só het die hoof- uitvoerende beampte van die NSC, mnr. Mvuso Mbebe, gister gesê.
Die kommissie moet teen einde Maart 1996 sy verslag aan die NSC voorlê. Volgens mnr. Mbebe sal die toekoms van die Spring bok-embleem reeds in April bekend wees.
Die kommissie bestaan uit twee lede van die NSC naamlik dr. Willie Basson en adv. Rob Wise. Die ander vier lede is mnre. Krish Mackerdhuj, president van die Verenigde Krieketraad van Suid-Afrika, Solomon Morewa, president van die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging, Gideon Sam, vise-pres. van Swem Suid- Afrika en Garry Boshoff, 'n sportadministrateur van die Universiteit van Wes-Kaapland.

Herman kan water warm swem

ILLUSTRASIE:foto: Drie van Suid-Afrika se voorste swemmers onlangs in Johannesburg afgeneem. Van links is Herman Louw, Mark Jollands en Anthony Rocchi.

DIE Transvaalse kampioenskapsgala begin vandag in die Germistonse swembad en alle oë sal op Herman Louw van Linrand wees, wat vanjaar 'n briljante seisoen beleef.
Louw is die voorste swemmer in ses nommers by die gala, wat soos die Olimpiese program oor ses dae strek en Donderdag ten einde loop.
Dit is die laaste groot byeenkoms om vir die nasionale byeenkoms te kwalifiseer, wat aanstaande jaar van 4 tot 9 Maart in Durban plaasvind en as Olimpiese proewe sal dien.
Louw is die voorste gekeurde swemmer in die 200 meter individuele wisselslag, die 50, 100 en 200 meter borsslag, 50 meter vlinderslag en die 100 meter vryslag.
Amanda Loots van Sharper Image is die voorste swemmer in die vroue-afdeling en sy kan vyf titels by die byeenkoms inpalm. Sy is die voorste gekeurde swemmer in die 100 en 200 vlinderslag, die 200 en 400 meter individuele wisselslag en die 100 meter rugslag. Sy kan dalk verras en die 50 meter vlinderslag ook wen.
Anthony Rocchi van Linrand, wat verlede jaar as die beste junior swemmer by die byeenkoms aan gewys is, kan vanjaar weer drie titels inpalm. Hy het dié seisoen die beste tye in die 400 en 1500 meter vryslag en die 400 meter individuele wisselslag aangeteken.
Die byeenkoms spog ook met 'n internasionale swemmer. Michael Wright van Hongkong, wat vir Germiston swem, is die voorste swemmer in die 50 meter vryslag.
Paul Fryer, een van die voorste swemmers in Transvaal, neem nie vanjaar aan die byeenkoms deel nie.
Gary Albertyn van Pretoria Harlequins het hom net vir die 200 meter vryslag ingeskryf en met Fryer buite aksie, is hy die gunsteling om die titel te wen.
Yolandi Talljard van Kempton Park gaan moeilik geklop word in die langer vryslag-nommers.
Sy het vanjaar die beste tye in die 200 en 800 meter vryslag aangeteken.
Brynn Andrew van Linrand is die voorste gekeurde swemmer in die 100 en 200 vlinderslag.
Sy spanmaat Michiel Smits is die voorste gekeurde swemmer in dié twee afstande in die rugslag.
Die uitdunne vind om 09:00 plaas en die eindstryde sal om 17:00 begin.

Driekuns vir Louw

HERMAN LOUW het gister op die tweede dag van Telkom se Transvaalse swemgala sy derde titel verower.
Die swemmer van Linrand het die 100 meter vlinderslag in 'n Suid-Afrikaanse kwalifiserende tyd van 58.06 sekondes gewen. Hy het op die eerste dag eerste plekke in die 100 borsslag en die 50 vlinderslag behaal.
Leanne van der Walt van Wanderers het haar tweede junior titel in die borsslag gewen toe sy die 200 in 2 minute 42.20 sekondes afgelê het. Sy het 'n beter tyd as Sheila Turner (2:42.94) in die senior afdeling behaal.
Anthony Rocchi het die 400 wisselslag in 'n kwalifiserende tyd van 4:42.16 afgelê. Hy het so pas van Rio de Janeiro in Brasilië teruggekeer waar hy aan die wêreldgala vir kort swembaddens deelgeneem het.
In nog 'n senior nommer het Janion Fraser van Mustangs die goue medalje in die 200 vryslag losgeswem. Sy het dit in 2:10.46 gewen.
Michelle Fick het haar tweede goue medalje verower toe sy die 200 vryslag in 2:14.70 gewen het. Sy was Saterdag ook eerste in die 100 vryslag.

1995/12/19/17/2.

Transvaalse kampioenskapsgala, Germiston

Mans
50 meter vryslag: 1. Herman Louw 23.89; 2. James Simpson 24.59; 3. Rowan Wittels 24.81.
100 meter rugslag: 1. Lain Schutte 1:01.23; 2. Michiel Smits 1:01.52; 3. Leonard Boyd 1:03.23
200 meter vlinderslag: 1. Brynn Andrew 2:09.45; 2. Wade Ferguson 2:11.66; 3. Rowan Wittels 2:13.31.
Junior mans
50 meter vryslag: 1. Leon Nieuwenhuys 26.02; 2. Bart Dorrestein 26.40; 3. Brett Labuschagne 26.67.
100 meter rugslag: 1. Richard Maxwell 1:04.89; 2. Ryan Moroney 1:05.07; 3. Stephen Kaspersen 1:06.04.
200 meter vlinderlsag: 1. Kenneth Smith 2:22.48; 2. Kevin Stout 2:28.06; 3. Zach de Beer 2:32.70.
Vroue
800 meter vryslag: 1. Yolandi Taljaard 9:21.62; 2. Belinda Ehlers 9:49.33; 3. Nicola Lourens 9:49.34.
200 meter individuele wisselslag: 1. Amanda Loots 2:24.63; 2. Janion Fraser 2:24.88; 3. Candice Nethercott 2:30.13.
Junior vroue
800 meter vryslag: 1. Michelle Fick 9:42.54; 2. Anita Virba 9:56.36; 3. Jade Matthews 10:08.43.
200 meter individuele wisselslag: 1. Leane van der Walt 2:32.89;
2. Veronica Diering 2:33.53; 3. Toni Duncan 2:36.18. (Sapa).

1995/12/21/21/5.html (at 23/11/2013, 05:41)

Transvaalse kampioenskapsgala, Germiston
Mans
1500 vryslag: 1. Anthony Rocchi 16:19:04, 2. Clinton Holroyd 17:01:73, 3. Brynn Andrew 17:12:46.
200 individuele wisselslag: 1. Herman Louw 2:08:46, 2. Warren Pearson 2:13:75, 3. Anthony Rocchi 2:15:87.
Seuns
1500 vryslag: 1. Kennenth Smith 17:53:60, 2. Marco Corazza 18:00:26, 3. C Jooste 18:45:36.
200 individuele wisselslag: 1. Richard Maxwell 2:23:55, 2. Adam Goldin 2:25:76, 3. Paul Drury 2:26:41.
Vroue
50 vryslag: 1. Charlene Wittstock 27:42, 2. Taryn Ternent 27:60, 3. Cheryl Tremeer 27:88.
200 rugslag: 1. Janion Fraser 2:24:37, 2. Theresa van Dijk 2:24:87, 3. Angela Stout 2:31:22.
200 vlinderslag: 1. Amanda Loots 2:23:56, 2. Lynn Rutherford 2:26:28, 3. Bianca Duxbury 2:27:48.
Meisies
50 vryslag: 1. Lisa Botha 28:44, 2. B. Baumgart 29:50, 3. Michelle Fick 29:73.
200 rugslag: 1. Justine Hunt 2:28:63, 2. Michelle Fick 2:29:57, 3. Leanne van der Walt 2:35:36.
200 vlinderslag: 1. Toni Duncan 2:30:95, 2. Candice Little 2:44:82, 3. Talia di Blasio 2:45:15.

1995/12/23/14/3.html (at 23/11/2013, 05:51)

Swem

REKORDS vir Theo Verster (100 vlinderslag) en Marieka Theunissen (100 vryslag) by die SA senior gala in Durban in Maart asook 'n SA ope rekord vir die Nieu-Seelander Craig Ford (400 individuele wisselslag).
By die SA senior gala in Durban word Penny Heyns die eerste vrou in Afrika wat die 200 borsslag in minder as 2:30.00 voltooi. Sy stel 'n nuwe Afrika- en SA rekord op. Haar tyd is 2:29.20. Sy wen ook die 100 borsslag in 1:08.48.
In Lincoln, Nebraska, wen sy die 100 borsslag in 1:09.70 op twee na die vinnigste tyd vanjaar.
Karen Allers verbeter die SA en Afrika- rekord in die 200 vryslag.
In Augustus wen Heyns die 100m borsslag by die Pan Pasifiese toernooi in Atlanta. Haar tyd was 1:08.09. Dit is op vyf na die vinnigste tyd nóg, en nuwe SA, Afrika, Amerikaanse Ope en Pan Pasifiese rekords.
Sy kom tweede in die 200m borsslag in 2:27.60 ('n SA en Afrika-rekord).
By dieselfde byeenkoms kom Marianne Kriel sesde in die 100m rugslag in 1:02.71. Haar tyd in die 200m rugslag is 2:14.50 'n SA en Afrika-rekord.
Ryk Neethling eindig sesde in die 1500 vryslag in 15:27.50. Hy eindig ook sesde in die 400vryslag in 3:58.
By die Wêreld-studentespele in Fukuoka, Japan, stel Heyns nog 'n rekord op met nog 'n goue medalje 2:28.44 in die 200 borsslag.
Julia Russell van SA eindig derde in 2:32.00. Heyns wen ook die 200
borsslag in 1:07.84.

Swart swaeltjie' duik 'n plek los in SA byeenkoms

ILLUSTRASIE:foto: Luzuko Ngqakayi (15), die eerste swart duiker wat aan 'n Suid Afrikaanse duikkampioenskapsbyeenkoms deelneem.

MET sy klein lyfie lyk Luzuko Ngqakayi (15) soos 'n swaeltjie tussen die meer bonkige lywe van sy mededingers. Luzuko is die eerste swart SuidAfrikaner wat aan 'n Suid Afrikaanse duikkampioenskapsbyeenkoms deelneem. Die byeenkoms word in die De Jonghduikbad in Pretoria gehou. Dit duur tot Sondag. Die skamerige seun het skaars vyftien maande gelede begin duik en is reeds een van die top nege junior seuns (jonger as sestien) in SuidAfrika. Die senior groep duikers is ouer as sestien ''Ander duikers begin al duik as hulle ses jaar oud is,'' het mev. Nona Keet, Luzuko se afrigter, gesê. ''Hy het werklik bogemiddelde talent om so vinnig te vorder.'' Wanneer Luzuko op die 3 m hoë duikplank klim, lyk hy bitterlik klein daar bo. Dan duik hy met 'n sierlike boog soos 'n swaeltjie deur die lug. Sy toontjies is gepunt, sy hande reguit voor hom en sy lyf gestrek. Byna sonder 'n druppeltjie water wat plons, tref hy die oppervlak. Mev. Keet, afrigter van die Oos Londense duikklub, het die skraal seun eendag dopgehou terwyl hy in die swembad gebaljaar het. ''Ek het dadelik gesien hy het talent en hom begin afrig. Hy is baie pligsgetrou en oefen elke middag ná skool van halfdrie tot halfses. Ek hoef nie te vra waar is Luzuko nie. Hy is altyd daar.'' Om te kwalifiseer vir deelname aan die SuidAfrikaanse duik kampioenskapsbyeenkoms, moet 'n duiker in duikbyeenkomste 'n gesamentlike puntetotaal van minstens driehonderd behaal indien dit die eerste jaar is wat hy of sy wil deelneem. ''Luzuko het by die 350 behaal,'' het mev. Keet gesê. ''Hy het wel nog afrondingswerk nodig, maar dit is glad nie onmoontlik dat hy SuidAfrika nog eendag by die Olimpiese Spele sal verteenwoordig nie.'' Luzuko het SuidAfrika reeds verlede jaar verteenwoordig toe 'n SuidAfrikaanse span teen Zimbabwe meegeding het. Hy het 'n silwermedalje losgeduik.

Costa word nuwe SA kampioen

Les Barnes

PORT ELIZABETH. Rob Costa van die Westelike Provinsie is die nuwe
Suid-Afrikaanse duikkampioen oor drie meter. Hy het Saterdag hier
dié titel verower. Mark Hislop van Transvaal, die verdedigende
kampioen, het nie sy titel verdedig nie.
Costa, wat ook gister die Oostelike Provinsie se titel gewen het,
het Andrew Matthew, ook van die OP en die SA kampioen oor een meter,
geklop.
Costa is eerste geplaas met 'n telling van 344.30 punte. Matthew
was die naaswenner met 309.75. Kemp was derde met 323.75, met Eddie
Galpin van die OP vierde met 304.15.
Dié telling is behaal toe hy teen Costa geduik het. Hy het dus
bewys dat hy eintlik die naaswenner moes gewees het.
Debbie White van Transvaal het verras deur Jane Woodard die WP, die
SA en Afrika-kampioen oor drie meter, om die vroue-titel te klop.
Tandi Gerrard van Transvaal was derde met 286.00 punte en haar
spanmaat Donna Williamson vierde met 235.40.
Adrienne Wilson, 'n gewese nasionale duiker van Zimbabwe, het gesê
dat die gehalte besonder hoog was.
Peter Wilson sal die toernooi-direkteur wees as Suid-Afrika se
aansoek om die wêreld se ouderdomsgroep-duiktoernooi in 1997 in
Durban te hou, suksesvol is.

15 April 1995

SA se top-swemmers meen die Strand kan pronk

Erika Potgieter

KAAPSTAD. As dit van die Strand afhang, het die Wes-Kaap sommer binnekort 'n swembad wat die wêreld se voorste swemmers in 2004 vir ons Olimpiese Spele kan huisves. Byna seshonderd swemmers onder wie sewe wat Suid-Afrika Augustus in Harare by die Afrika Spele sal verteenwoordig het die afgelope drie dae op die Strand toegesak vir dié Bolandse dorp se jaarlike interklub-gala. En as dit van die land se top-swem mers afhang, gaan daar aanstaande jaar nóg meer wees. Om sy nuwe status as die mekka van winterswem in Suid-Afrika te vier, beoog die Strand om binnekort omvangryke verbouings aan dié spogswembad, wat oor Valsbaai uitkyk, te maak. ``Dit is 'n fantastiese swembad en saam met dié in Durban die top-baddens in Suid-Afrika. ``Dis veel beter as Sasolburg (waar die nasionale wintergala die laaste paar jaar gehou is). Eerstens is dit binnenshuis en die temperatuur word gereguleer. Die atmosfeer hier binne is ongelooflik en die beamptes is baie doeltreffend.'' het John Wright, vooraanstaande gewese Australiese afrigter (deesdae 'n Gautenger) gister gesê. ``Ek sal in die vervolg veel eerder my swemmers hierheen wil bring eerder as om na Sasolburg te gaan,'' het Wright bygevoeg. Twee swemmers uit die Wright stal, Herman Louw en Bryn Andrew, het hulle hier kom kompetisietaai maak voor hulle na Zimbabwe opruk. Marianne Kriel, Peter Williams, Kerry Elliott en Donald Morrison, wat ook na Zimbabwe gaan, het ook van die geleentheid gebruik gemaak om onder die rekords te maai én hulle slaggereed te kry vir die Afrika Spele. ``Die groot pluspunt van die Strand se swembad is dat dit die monopolie wat Durban die laaste paar jaar op die nasionale kampioen skapsgala gehad het, kan beëndig,'' het Wright, wat die wêreld se top- langasem Kieren Perkins toendertyd in Brisbane sy eerste swemles gegee het, gesê. Anton Muller, president van die Westelike Provinsie Swemvereni ging, het gesê daar gaan so gou moontlik met die uitbreiding van die swembad begin. ``Die planne is reeds in 'n gevorderde stadium. Ons sal begin sodra ons borge kry om die bouwerk te finansier,'' het Muller gese. ``Ons wil die nasionale gala weer Kaap toe bring.'' Maar dis nie al nie. Muller en sy span het hul visier op groot internasionale galas ``sodat ons aan Marianne Kriel en kie die geleentheid kan bied om hulle teen top-internasionale swemmers op groot byeenkomste voor te berei,'' het Muller bygevoeg.

|

More in this category: « 1992 Durban 1996 Durban »

            NEW CONTENT

UA-55917683-1