1996 Durban

3 Februarie

       
  Men       Women    
 
Free            
50            
100            
200            
400            
800            
1500            

Back            
100            
200            

Breast            
100            
200            

Fly            
100            
200            

IM              
200            
400            

Free relay              
200            
400            
800            
             
 
Medley relay              
200            
400            

Diving              
1m            
3m            
         
 
Synchronised swimming       Figures      
Synchronised swimming       Duets  

Water Polo Currie Cup     Northern Transvaal        
               
Ellis Brown Trophy            

WP swemmers protesteer oor span

KAAPSTAD. Marianne Kriel en mede-swemmers het hul swemlewe gisteraand by 'n geselligheid in Constantia gewaag met 'n protesaksie teen die weglating van van die WP se top-swemmers uit die span vir die nasionale gala volgende maand in Durban. Maar wat gedreig het om in die grootste krisis nóg van swem in die WP te ontaard, het in 'n sege vir Kaapse swemmers geëindig. Hulle was bereid om hulle aan die WP te onttrek uit protes teen die beleid van die uitvoerende komitee van die WP Swemvereniging dat slegs swemmers wat minstens twee keer die WP kwalifiserende tyd oortref, Durban toe kan gaan. Die WP kwalifiserende tyd is heelwat taaier as die SA kwalifiserende tyd wat as kriteria vir ander provinsies dien. Toe Kriel se naam gisteraand as kaptein eerste uitgelees is, het sy bly sit. Die ander 23 uitverkorenes het hulle by Kriel geskaar. Die geskil is op 'n ``krisis-vergadering'' besleg en dié wat die SA kwalifiserende tyd behaal, sal die naweek op die lys van 24 kom. Die voorlopige span is: Vroue: Marianne Kriel (k), Ingrid Theunissen (ok), Amanda Clegg, Michelle Dosson, Renate du Plessis, Sanja du Plessis, Loren Jordan, Kelly Miedema, Kathleen Moore, Tracy Telford, Sarah Poewe en Lize van Rooyen. Mans: Laurie FIalkov (k), Stuart du Plessis (ok), David Bloom, Alistair Douglas, Graig du Preez, Andreas le Roux, Angus MacDonald, Brendan Pienaar, Hendrik Odendaal, Anthony Shuttleworth, Simon Thrisk en Riaan van Rooyen.

 

Kriel steek nek uit vir WP spanmaats

KAAPSTAD. Nog ses swemmers is danksy die ingryping van Marianne Kriel en haar makkers in die Westelike Provinsie span ingesluit vir aanstaande maand se nasionale gala in Durban. Kriel het haar eie swemloopbaan in die naweek op die spel geplaas met 'n protes-aksie teen die weglating van 'n handvol van die WP se top-swemmers uit die span vir aanstaande maand se nasionale gala, wat ook as Olimpiese proewe dien. Danksy Kriel en haar spanmaats se onselfsugtige optrede sal Carl Coutts-Trotter, Karl Thaning (wat die seisoen agt keer die SA kwalifi serende tyd oortref het), Christopher Twycross, Kathryn Nurse, Claire Douglas en Talia den Dulk, almal ook in Durban in aksie wees. Toe Kriel se naam Vrydagaand as kaptein uitgelees is by die geselligheid waar die spanne vir die swemgala aangewys is, het sy bly sit. Haar spanmaats het dieselfde gedoen. Hulle was van plan om aan die WP span te onttrek uit protes teen die beleid van die uitvoerende komitee van die WP Swemvereniging dat slegs swemmers wat minstens by twee geleenthede die WP kwalifiserende tyd oortref het, Durban toe kan gaan. Die WP se kwalifiserende tyd is heelwat strawwer as die SA kwalifiserende tyd, wat as kriteria vir die ander swem-provinsies dien. Bo wendien moet die swemmers hul eie kostes vir die reis na Durban betaal wat die belaglikheid van die keurders se besluit verder onderstreep. 'n Vroeëre petisie wat teen dié kwalifiseringsproses kapsie gemaak het en deur die meeste van die provinsie se swemmers en afrigters onderteken is, het op dowe ore geval en dit het die uiterste optrede van Kriel gekos om swem se besluitnemers tot hul sinne te bring. 'n ``Krisis-vergadering'' is kort ná die bekendmaking van die span deur die president van Swem WP, Anton Muller, belê en dié keer is gehoor gegee aan die versoek van die swemmers en afrigters, en is die SA kwalifiserende tyd as kriteria vir die saamstel van die span aanvaar. Kriel het haar vernuf as diplomaat, wat haar reeds handig te pas gekom het as kaptein van die Suid- Afrikaanse spanne by die Statebond Spele in Kanada en verlede jaar se Afrika Spele in Harare, ingespan om reg te laat geskied. Die WP se swemspan is: Vroue: Marianne Kriel (k), Ingrid Theunissen (ok), Amanda Clegg, Michelle Dosson, Renate du Plessis, Sanja du Plessis, Loren Jordan, Kelly Miedema, Kathleen Moore, Sarah Poewe, Tracy Telford, Lize van Rooyen, Kathryn Nurse, Claire Douglas, Talia den Dulk. Mans: Laurie Fialkov (k), Stuart du Plessis (ok), David Bloom, Alistair Douglas, Craig du Preez, Andreas le Roux, Angus Macdonald, Hendrik Odendaal, Brendon Pienaar, Anthony Shuttleworth, Simon Thirsk, Riaan van Rooyen, Carl Coutts-Trotter, Karl Thaning

 

Duitse langasem durf SA dalk in swembad aan

KAAPSTAD. Jorg Hoffmann van Duitsland, een van die groot langasems van alle tye, het die groen lig gekry om aanstaande week in Durban aan die Suid-Afrikaanse kampioenskapsgala deel te neem. Nasionale galas word wêreldwyd as geslote eerbiedig, of eindrondes is ten minste taboe vir uitlanders. Maar Ryk Neethling, president van die Suid-Afrikaanse swemraad, het bevestig dat die gala voortaan as 'n ope byeenkoms beskou sal word. Die nasionale gala wat Maandag in die Kings Parkse swembad begin, het 25 inskrywings uit die buiteland gelok met Zimbabwe wat die grootste afvaardiging na Durban stuur. Swemkrag sal toets Egipte sal vanjaar die eerste keer verteenwoordig wees, terwyl Namibië (5) en Duitsland (2) ook Suid- Afrika se swemkrag sal toets. Maar ofskoon Hoffmann, 'n voormalige wêreldkampioen in die 1500 vryslag, ingeskryf is vir die 400 en 1500, mag die 26-jarige student in die Natuurkunde dalk net besluit om weens die kat-en-muis-spelery die afgelope klompie weke aan die Durbanse gala te onttrek. ``Niemand kon sedert my aan koms drie weke gelede in Suid-Afrika met sekerheid sê of ek toegelaat gaan word om in Durban te swem nie. Die onsekerheid en ja's wat oornag weer nee's geword het, het my laat besluit om liewers op my oefenprogram vir Atlanta te konsentreer. ``Juis daarom is ek miskien nie so skerp as wat ek sou wees as ek my spesifiek op kompetisie voorberei het nie,'' het Hoffmann gister gesê. Hoffman het besluit om na Johan nesburg te kom om hom hoog bo seevlak vir die Duitse Olimpiese proewe in Mei en die Olimpiese Spele in Atlanta, voor te berei. ``Ek het tot dusver min geluk gehad met die gure weer hier aan die Hoëveld wat dit vir my moeilik maak om buitenshuis te oefen. Hier is ongelukkig nie veel binnenshuise geriewe beskikbaar nie,'' het die hoogaangeskrewe Duitser gesê. Oor sy kanse teen Suid-Afrika se Ryk Neethling, het Hoffmann gesê: ``Ek het hom nog nooit sien swem nie. Ek weet hy is goed, maar enigiets kan in Durban gebeur.''

 

Swem se Penny Heyns mik na wêreldrekord by SA byeenkoms in Durban

KAAPSTAD. Penny Heyns, Suid- Afrika se groot hoop op Olimpiese goud later vanjaar in Atlanta, het gister in Suid-Afrika aangekom vir die eerste deel van haar groot sending in 1996 die wêreldrekord in die 100 borsslag. Heyns het verlede jaar as die wêreld se nommereen-swemmer in die 100 borsslag afgesluit, danksy 'n tyd van 1:07.84 'n skamele vyftien honderstes van 'n sekonde buite die wêreldrekord. Heyns het ná dié skitter-vertoning in Fukuola, Japan, laat blyk dat sy bitter graag die wêreldrekord in haar ``tuisbad'' in Durban wil verbeter. Aanstaande week kry sy haar groot kans by die Suid-Afrikaanse kampioenskapsgala in die King's Park swembad. Heyns het gister kort ná haar aankoms in sonnige Johannesburg na die Ellisparkse swembad afgesit om te gaan litte losmaak. Heyns is skerper as ooit. Verlede week het die 21-jarige Nataller op die Top Agt se kortbad-gala (waaraan net die voorste Amerikaanse swem-universiteite deelneem) haar vinnigste tyd ooit in die 100 én 200 borsslag behaal. Boonop het die Amerikaanse kortbad-rekord in die 200 in die slag gebly. Ofskoon die wêreldrekord in die 100 Heyns se groot ideaal is, is die rekord in die langer borsslagnommers beslis ook in gevaar. ``Ek het lank hiervoor gewag en gewerk,'' het Heyns gesê. Die wêreldrekord is maar net die beginpunt van die reënboog... Heyns soek die Olimpiese goud wat aan die end begrawe is.

 

Borg vir Penny

KAAPSTAD. Penny Heyns, Suid- Afrika se voorste swemmer en grootste hoop op 'n goue medalje by die Olimpiese Spele in Atlanta vanjaar, het gister 'n borgskap ter waarde van R200000 van ABSA Trust ontvang om haar te help met haar voorbereiding vir die Olimpiese Spele. Die boorling van Natal is tans die voorste swemmer in die 100 meter borsslag ter wêreld en in in die tweede posisie in die 200 meter borsslag. Heyns het verlede jaar by die Studentespele die 100 meter borsslag in 1:07.84 gewen, net 0.15 buite die wêreldrekord.Die borgskap wat die 21- jarige swemmer gister ontvang het, sluit vliegkaartjies tussen Suid-Afrika en Amerika en bonusse in. (Erika Potgieter)

Source: http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/1996/02/29/22/9.html (at 3/17/2014, 11:06 AM)


Ryk spring weg met SA rekord

DURBAN. Ryk Neethling het gisteraand hier op die eerste dag van die nasionale kampioenskapsgala in die Kings Parkse swembad met 'n nuwe Afrika en Suid-Afrikaanse rekord in die 200 vryslag getoon dat sy vliegkaartjie na die Olimpiese Spele in Atlanta reeds bespreek is. Nog twee SA en twee Afrika rekords het gisteraand gespat. Die 17-jarige Helene Muller van die Vaaldriehoek het 'n nuwe SA rekord van 57.28 in die 100 vryslag vir vroue opgestel en ook nader aan haar droom van 'n Olimpiese kwalifiserende tyd van 56.19 gevorder. Brett Pertersen is op sy beurt nou die vasteland se vinnigste swemmer in die 200 borsslag. Neethling, 'n produk van Grey Kollege in Bloemfontein, het reeds verlede jaar by die Pan Pasifiese Spele die Olimpiese kwalifiserende tyd in die 1500 vryslag, sy gunsteling nommer, oortref. Swem se wyses het egter besluit dat Neethling en kie vandeesweek hul enigste kans kry om vir die Olimpiese Spele later vanjaar in Atlanta te kwalifiseer. Dié besluit het Neethling nie van stryk gebring nie en hy het in die korter vryslagnommer eenvoudig die krane oopgedraai om Gary Albertyn se rekord met 0.33 sek. te verbeter na 1:52.42. Die Olimpiese kwalifiserende tyd van 1:50.13 lyk nou heeltemal binne sy bereik. Die Kapenaar Amanda Clegg (5:00.36) het in die eindronde van die 400 wisselslag een van die beste vertonings van haar loopbaan gelewer toe sy die silwermedalje voor gedugte teenstanders soos Janion Fraser en Heather Park weggeraap het. Tania Oosthuizen het aan die Vrystaat sy tweede titel besorg met haar wentyd van 4:57.00 vir 'n nuwe Afrika rekord in die 400 wisselslag. Marianne Kriel van die WP het gister net litte losgemaak in die 100 vryslag en 'n verdienstelike derde plek behaal in 57.86. Groot vuurwerke word vandag van Penny Heyns verwag. Die beloofde tweestryd tussen die super-langasems Jorg Hoffmann van Duitsland en Neethling het daar ongelukkig niks van gekom nie. Hoffmann, wat die afgelope drie weke in Suid-Afrika oefen, het hom gisteroggend aan die 200 vryslag onttrek. Die voormalige wêreldkam pioen in die 1500 vryslag het vanuit die paviljoen die swem dopgehou.

 

Heyns kan sorg vir vuurwerke

DURBAN. Die Suid-Afrikaanse kampioenskapsgala het gister hier in die King's Parkse swembad effens besadig begin, maar vuurwerke word vandag verwag wanneer Penny Heyns jag maak op die Aussie Samantha Riley se wêreldrekord in die 100 borsslag. Marianne Kriel, wat vanjaar die laaste keer aan die nasionale gala deelneem, het gisteroggend in haar ysbreker-nommer, die 100 vryslag, maklik vir die eindronde gekwalifiseer. Kriel was op twee ná die vinnigste in die uitdunne met 'n tyd van 58.59. Helene Muller het haar onlangse insluiting in die Nasionale Olimpiese Komitee van Suid-Afrika (Noksa) se nasionale oefengroep met die vinnigste kwalifiserende tyd in 57.79 gevier. Maryke Theunissen (58.58) en Kim van Selm (58.59) hou saam met Kriel die grootste bedreiging vir Muller in. Super-langasems Van die beloofde tweestryd tussen die super-langasems Jorg Hoffmann van Duitsland en die Vrystater Ryk Neethling het daar toe niks van gekom nie. Hoffmann, wat die afgelope drie weke in Suid-Afrika oefen, het hom gisteroggend aan die 200 vryslag onttrek. Die voormalige wêreldkam pioen in die 1500 vryslag het vanuit die paviljoen toegekyk hoe die Transvaler Paul Fryer die pas in die 200 vryslag aangee met die vinnigste kwalifiserende tyd in 1:52:42. Neethling se 1:53.61 was op Fryer se tyd ná die vinnigste, maar Fryer sal op sy allerbeste moet wees as hy Neethling, wat die week wil skoonskip maak in die vryslag, te stuit. Drie swemmers van die WP, Laurie Fialkov (1:57.47), Angus MacDonald (1:58,01) en Craig du Preez (1:58.06), het tot die troosfinaal deurgedring. 'n Titaniese stryd word in die eindronde van die 100 borsslag vir mans verwag met net 'n haarbreedte wat Brett Petersen van die Grens (1:04.77) en die Gautenger Herman Louw (1:04.95) in gisteroggend se uitdunne geskei het. Heather Park van Oostelike (5:00.65) het die pas in die 400 wisselslag aangegee. Tanie Oosthuizen (5:04.94), Janion Fraser (5:05.93) en die Kapenaar Amanda Clegg (5:09.13) gaan sake uitspook om die ander plekke op die podium.

p>

Penny jag wêreldrekord

DURBAN. Penny Heyns het lank vir dié dag gewag om in haar ``tuisbad'' in Durban 'n aanslag op die wêreldrekord in die 100 borsslag te maak vandag kry dié skitterende swemmer eindelik haar kans, skryf Erika Potgieter. Heyns het, sedert sy in Augustus in Japan so amper Samantha Riley se wêreldrekord in die 100 borsslag verbeter het, geen geheim gemaak van haar groot begeerte om die rekord (1:07.69) in Durban, voor haar tuisskare, haar eie te maak nie. ``Ek is oorgehaal vir die rekord. Ek het baie hard hiervoor gewerk,'' het Heyns verlede week gesê kort na haar terugkeer uit Amerika, waar sy die afgelope drie jaar aan die Universiteit van Nebraska studeer. En dis nie sommer net groot praat nie. Heyns het by die Wêreld Studente Spele in Fukuoka Riley se wêreldrekord met 'n skrale 15 honderdstes van 'n sekonde misgeloop. Dit nadat sy net twee weke vroeër 'n ``tegniese oorwinning'' oor Riley behaal het by die Pan Pasifiese Spele toe die Aussie voor die eindronde gediskwalifiseer is. Riley het sedertdien (in Heyns se afwesigheid) die wêreldrekords in die 100 en 200 borsslag by die wêreldkortbadgala in Rio de Janeiro verpletter. Maar Riley het ook teenspoed gekry toe sy na die wêreldkortbadgala positief getoets is vir 'n verbode middel wat sy ingekry het toe haar afrigter 'n hoofpynpil aan haar gegee het. Die Internasionale Swem-beheerliggaam, Fina, het aanvaar dat Riley dié middel per abuis ingeneem het, en haar van enige vervolging vrygespreek. ``Ek is baie bly sy is onskuldig bevind. Atlanta sou nie dieselfde gewees het sonder haar nie,'' het Heyns gesê. Maar nou wil Heyns eers die wêreldrekord agter haar naam skryf voor die Spele op 19 Julie begin.

Volle R30000 vir Penny

DURBAN. 'n Ronde R30000. Dit is wat Penny Heyns gisteroggend hier in die King's Park swembad by die Absa Suid-Afrikaanse kampioenskapsgala binne net 1min. 07.46sek. verdien het. Haar tyd in die uitdun van die 100-m-borsslag is 'n nuwe wêreldrekord. Dit oortref die vorige re kord van haar groot mededinger, die Australiër Samantha Riley, met 0.23sek. Absa het Penny verlede week R30000 belowe vir elke wêreldrekord wat sy die volgende twaalf maande opstel. En sy het nie op haar laat wag nie. 'n Uur ná die vertoning het die besef dat sy die nuwe rekordhouer is, nog nie deurgedring nie. ``Dit voel maar net of ek nog 'n Suid- Afrikaanse rekord opgestel het. ``Maar ek weet as ek hard probeer, sal ek die wêreldrekord weer oortref. Ek voel ek het nog nie my beste gelewer nie,'' het die 21-jarige Nataller gesê. In die eindronde gisteraand het sy 1:08.16 geswem om die eerste plek te verwerf. ``Dit was 'n buitengewoon lang en uitputtende dag. Ek kan dit in my bene voel. ``Vanaand was teleurstellend, maar dit sal my nie onderkry nie.''


Wêreldrekord vir Heyns

DURBAN. Penny Heyns het gister met 'n blink wêreldrekord in die 100 borsslag slegs die vyfde Suid-Afrikaner geword wat dié prestasie kon behaal. Heyns het reeds in Augustus verlede jaar by die Wêreld Studente Spele in Fukuoka, Japan, gedreig om met die Australiër Samantha Riley se wêreldrekord van 1:07.69 klaar te speel toe sy binne 15 sekondes van dié rekord gedraai het. Maar eintlik wou sy die rekord voor haar tuisskare in Durban verbeter. En gister het sy in die gelaaide atmosfeer voor 'n fanatieke swemskare Riley se rekord met 'n tyd van 1:07.46 verpletter. Heyns was totaal en ingestel op dié rekord. Haar afrigter, Jan Biedeman, het haar uit Nebraska, waar sy die afgelope drie jaar studeer, vergesel om haar in haar aanslag op die rekord by te staan. En die 21-jarige boorling van Amazimtoti in Natal het hom én die skare nie teleurgestel nie. Heyns is slegs die vyfde Suid-Afrikaner om 'n wêreldrekord in die swembad te verbeter. Ann Fairlie en Karen Muir het die wêreld se rugslag-toneel in die sestigerjare oorheers. Maar politieke isolasie sou weldra sy tol eis. R30000 ryker Vir haar moeite het Heyns R30000 ryker geword, danksy haar borg, Absa. Oor die volgende twaalf maande sal die borg haar elke keer soveel betaal, as sy weer 'n wêreldrekord laat spat. In 1976 het Jonty Skinner die kans ontneem om by die Olimpiese Spele in Montreal 'n aanslag op Olimpiese goud in die 100 vryslag en die wêreldrekord van Jim Montgomery te maak. Montgomery het in Montreal goud gewen en die eerste swemmer geword om die 100 vryslag in minder as 50 sekondes af te lê. Maar net meer as twee weke ná die Spele het Skinner die wêreldrekord in 'n manjifieke 49.44 verpletter. Dieselfde lot het Peter Williams in 1988 getref. Williams, soos Skinner van die Oos-Kaap, het kort voor die Olimpiese Spele in Seoel die wêreldrekord in die 50 vryslag tot 22.18 verbeter. Die antagonasee jeens Suid-Afrika se apartheidspolitiek het in dié tydperk 'n hoogtepunt bereik en Williems se rekord, is anders as dié van Skinner, nie amptelik erken nie. Suid-Afrika het intussen sy muishond-beeld afgeskud en dis in internasionale waters dat Heyns tot dusver gefloreer het.


Aan uittree wil Marianne Kriel nie meer dink nie

Erika Potgieter DURBAN. Aan uittree wil Marianne Kriel nie meer dink nie nie ná haar skitterende Olimpiese kwalifiserende tyd en amperse rekord in die 100 rugslag gisteraand hier by ABSA Bank se Suid-Afrikaanse kampioenskapsgala nie. Die 24-jarige Kriel het vroeër dié seisoen laat blyk dat sy ná die Olimpiese Spele in Atlanta wil uittree. Maar Kriel het gisteraand met soveel gemak die Olimpiese kwalifiserende oortref, dat sy nou aanstaande jaar hierheen wil terugkeer. Soos die Kaap se ander bekende uitvoer-produk word Kriel elke jaar net beter. Sy het in Julie verlede jaar by die Pan Pasifiese Spele in Atlanta die Suid-Afrikaanse rekord in die 100 rugslag tot 1:02.71 verbeter. Gisteraand het haar eie rekord so byna in die slag gebly. Maar veel belangriker vir die Kapenaar is haar Olimpiese kwalifiserende tyd van 1:02.79. En as sy nie so op haar eie moes swem nie, het die Afrika en SA rekord gisteraand getuimel. Verskriklik geniet Kriel het munt geslaan uit 'n blitsige wegspring en die res van die pak eenvoudig agtergelaat. Van haar verwagte tweestryd met Jill Brukman het nie veel gekom nie. Die Nataller was derde in 'n teleurstellende 1:06.00. ``Ek het dit verskriklik geniet. Ek het geweet as ek goed wegspring behoort ek die kwalifiserende tyd te haal. ``Ek het nooit besef ek is so naby aan die rekord nie. ``As ek dit geweet het, sou ek myself harder gedruk het,'' het Kriel gisteraand gesê. ``Dis groot verligting dat dit (die kwalifiserende tyd) agter die rug is. Nou kan ek ontspan in die 200 en dit net geniet,'' het 'n verheugde Kriel gesê. Amanda Clegg het 'n goeie vyfde plek in 1:07.45 behaal. Ingrid Theunissen, ook van die WP, was agste in 1:08.23. Paul Fryer van Transvaal was in die 100 vryslag baie sterk. Hy het met sy kragtoer die verwoede aanslag van die Natallers Brendon Dedekind en Donald Morrison afgeweer. Dedekind was tweede in 51.54 en Morrison derde in 51.72, In die 200 vlinderslag het Theo Verster sy tweestryd met Michael Windisch gewen. Verster het in 2:03.07 geseëvier, terwyl Windisch die silwer in 2:03.29 gewen het. Heathet Park het verras toe sy Kim van Selm en Karen Allers om die SA titel in die 400 vryslag geklop het. Park het die eerste plek in dié stryd lossgeswem in 4:21.67.


Duitser spoor Ryk aan tot rekord

Marjolein van der Stad

DURBAN. Die Duitse swemmer Jorg Hoffmann en Ryk Neethling van die Vrystaat was gisteraand hier by ABSA Trust se nasionale swembyeenkoms in 'n hewige tweestryd betrokke wat tot Suid-Afrikaanse ope en die Suid-Afrikaanse en Afrika rekords in die 400 meter vryslag gelei het. Die 26-jarige Duitse swemmer het sy uitdun in die nommer in die oggend gemaklik in 4:2.94 gewen, maar in die gisteraand in die eindstryd was dit 'n ander saak. Neethling het van die begin af voor geswem, maar Hoffmann was deurentyd binne trefafstand. Die Duitser het egter sy staal oor die laaste 50 meter getoon en het in 3:55.19 gewen, net 0.14 voor Neethling. Neethling het sy eie Suid-Afrikaanse en Afrika-rekord van 3:58.00 met 2.67 sek. verbeter tot 2:55.33. Penny Heyns van Natal het gisteraand in die 200 meter borsslag vir vroue weer gewys sy het nie werklik teenstanders in Suid-Afrika in die borsslag nie. Heyns het die nommer gemaklik in 2:27.33 gewen, maar die verbetering van die wêreldrekord vroeër vandeesweek het sy tol geëis want dié tyd is buite haar beste tyd in die nommer van 2:26.98, asook Rebecca Brown se wêreldrekord (2:24.76) Die 14-jarige Renate du Plessis het nog 'n opwindende vertoning in die 100 vlinderslag gelewer.

Source: http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/1996/03/07/22/6.html (at 3/17/2014, 8:42 PM)

Windisch dalk verlore

Erika Potgieter

DURBAN. Oostenryk is oorgehaal om Michael Windisch, een van die uitblinkers hier by die nasionale kampioenskapgala in die Kings Parkse swembad vir sy Olimpiese span op te raap sou Suid-Afrika sy neus optrek vir dié belowende Noord-Transvaler. Windisch is 19 jaar gelede in Pretoria gebore, maar beskik oor dubbel burgerskap danksy sy ouers se Oostenrykse herkoms. ``Ek verkies natuurlik om vir Suid-Afrika te swem. ``Maar die Olimpiese kwalifiserings-vereistes wat aan Suid-Afri kaanse swemmers gestel word, mag my dalk dwing om my heil in Oostenryk te gaan soek,'' het Windisch, wat reeds met die SA titel in die 400 wisselslag spog, gister gesê. Dit is opvallend dat die kwalifiserings-vereistes van tradisionele swemreuse soos Duitsland en Australië nie naastenby so straf is nie soos die van Suid-Afrika. Oostenryk, nie bekend as 'n swemland nie, vry lank reeds ná dié lenige Pretorianer. ``Ek het reeds verskeie oproepe asook 'n uitnodiging na die Oostenrykse Olimpiese proewe in April ontvang. 'n Voorlopige Olimpiese swemgroep word Saterdagaand hier aangewy

Marianne Kriel maak dubbeld seker van deelname aan Spele

DURBAN. Marianne Kriel het gisteraand hier in die King's Park swembad by Absa Trust se Suid- Afrikaanse kampioenskapsgala dubbeld seker gemaak dat sy later vanjaar Olimpiese Spele toe gaan toe sy die 100 rugslag die tweede keer binne 48 uur binne die kwalifiserende tyd vir die Atlanta Spele afgelê het. Kriel het in die wisselslag-aflos vir die WP weggespring en alleen teen die horlosie baklei om die rugslagbeen in 1:03.20 af te lê. Die WP is weens foutiewe inskryf-tye in die swakker eindronde geloot. Maar dit het nie Kriel en haar makkers, Sarah Poewe (2:20.31), Renate du Plessis (3:23.66) en Amanda Clegg (4:24.02) te erg geknou nie. Die Kapenaars het die bronsmedalje in 'n puik 4:24.02 ingepalm. Natal se superspan bestaande uit Jill Brukman, Penny Heyns, Julia Russell en Kim van Selm het in 'n nuwe Natalse rekordtyd van 4:16.54 gewen. Vlugvoosheid Julia Russell se poging om die Olimpiese kwalifiserende tyd in die 200 wisselslag te behaal, het nie gematerialiseer nie. Russell, wat verlede Donderdag saam met Penny Heyns uit Nebraska na Suid- Afrika teruggekeer het, is die afgelope twee dae deur vlugvoosheid lamgelê. Russell het reeds in die 100 bors slag vir die Spele gekwalifiseer. ``Ek was nie in die 200 (borsslag) op my beste nie. Ek was vanaand ook net te moeg en tam, ek het gisteraand skaars 'n oog toegemaak. Die vlugvoosheid haal ons gewoonlik eers na 'n week behoorlik in,'' het Russel gisteraand gesê. Russell het nogtans die titel in die 200 wisselslag in 'n goeie 2:19.73 ingeoes dit is net-net buite Tania Oosthuizen se SA rekord van 2:19.17. Die Nataller Theo Verster had 'n bietjie meer geluk. Hoewel Verster nie heeltemal binne bereik van die magiese tyd vir Atlanta kon kom nie, het hy sy spanmaat Andrew Bradley (55.59) se Afrika rekord met 'n tyd van 55.53 gekaap. In die 200 borsslag het die Transvaler Herman Louw 'n verwoede aanslag van die Natalse tiener Terence Parkin afgeweer en in 2:19.03 geseëvier. Die 15-jarige Parkin wat die gaping oor die laaste 50 meter haal vir haal laat krimp het, was tweede in 'n skitterende 2:20.00.

Atlanta, hier kom ek!

Die Kaap se spog-swemmer, Marianne Kriel (24), die ene konsentrasie in haar gunsteling-nommer, die 100-m-rugslag, by die nasionale gala in Durban. Net mooi 1:02.71 later het sy die nommer voltooi en haar vliegkaartjie na die Olimpiese Spele in Atlanta bespreek nadat sy vroeër haar uittrede oorweeg het.

Dedekind beklink sy plek in Spele span

DURBAN. Brendon Dedekind het gisteraand hier by Absa Trust se nasionale kampioenskapsgala in 22.78 sekondes van pure lekkerte sy plek in die Olimpiese span beklink. Die 19-jarige het gister, in die afwesigheid van sy groot inspirasie, Peter Williams, net die tweede Suid-Afrikaner geword om swem se spog-nommer in minder as 23 sekondes af te lê. Dedekind het reeds gisteroggend in die uitdunne die kwalifiserende tyd vir die Spele van 22.90 oortref met 'n skitterende 22.86. Maar hy het nog so ietsie oorgehou vir die eindronde en gisteraand het hy niemand teleurgestel nie. Hy was gisteraand in die eindronde eerste uit die wegspringblokke en eenvoudig met elke haal onder die ander finaliste uitgetrek om in 'n manjefieke 22.78 te wen. Met dié vertoning het hy seker gemaak dat hy nie weggelaat kan word uit die voorlopige Olimpiese span wat vanaand hier aangewys word nie. Dedekind se vertoning gisteraand besorg hom die sewentiende plek op die jongste wê reldranglys. Die tyd was goed ge noeg vir die derde plek in die troosfinaal by die Barcelona Spele en is ook op vyf na die vinnigste nog deur 'n Suid-Afrikaner die ander staan almal agter die naam van Peter Williams. Maar Williams was gisteraand nie daar nie. Die voormalige wêreldrekordhouer in die 50 vryslag (22.18) moes hom gister weens 'n enkelbesering onttrek. Dit was Williams se laaste kans om vir die Spele later vanjaar in Atlanta te kwalifiseer. ``Ek is biotter spyt Peter was nie vanaand hier nie. Hy was nog altyd my groot inspirasie. Hy is wêreldklas moet wees om 'n vierde plek by die Olimpiese Spele te kan behaal.'' Marianne Kriel het haar tweede titel gisteraand ingepalm toe sy die 200 rugslag in 2:15.39 net- net buite die kwlifiserende tyd vir Atlanta gewen het. Vier van Kriel se WP spanmaats was indie eindronde. Amanda Clegg het vyfde klaargemaak in 2:25.24, Kelley Miedema was sewende in 2:26.11 en die 15-jarige Sonya du Plessis agtste in 2:26.75. Theo Verster van Natal het sy derde titel verower toe hy 'n opwindende 200 wisselslag in 2:06.27 gewen het. Michael Windisch (2:06.70) en Herman Louw (2:07.31) het die ander medaljes ingepalm.


Williams se loopbaan in weegskaal

KAAPSTAD. Peter Williams wou nou nog een keer na die Olimpiese Spele, maar dié voormalige wêreldrekordhouer in die 50 vryslag se loopbaan is in die weegskaal nadat hy 'n maand gelede sy enkel ernstig beseer het. Die Spele later vanjaar in Atlanta is vir Williams ligjare ver hy gee homself net 'n vyftig persent kans om aanstaande week by die nasionale kampioenskapsbyeenkoms in Durban (wat ook as die Olimpiese proewe sal dien) om sy plek in die span na Atlanta te beklink. ``Ek gaan beslis nie swem as ek voel ek sal nie 'n berhoorlike vertoning kan lewer nie,'' het die 26-jarige Williams gister gesê. Williams, 'n bronsmedalje-wen ner in die 50 vryslag twee jaar gelede by die Statebond Spele in Victoria het in 1992 in Barcelona, in sy Olimpiese debuut 'n skitterende vierde plek (uit meer as 130 deelnemer in die 50 vryslag) behaal. Hy het in Augustus verlede jaar by die Afrika Spele in Harare die kwalifiserende tyd vir Atlanta met twee honderstes van 'n sekonde misgeloop. Maar selfs sy skitter-vertoning hoog bo seevlak het nie die swemguru's oortuig dat die veteraan sy plek in Suid-Afrika se Olimpiese span verdien nie. ``Ek wou in Januarie by 'n gala in Durban vir die Spele probeer kwalifiseer, ongelukkig het die swembase toe besluit ons kry net een kans by die nasionale gala in Durban. ``Ek het altyd gevrees só iets (dat een van ons sou seerkry) sou gebeur, daarom wou ek so gou as moontlik die kwalifiserende tyd agter die rug kry,'' het Williams gister gesê. Die ironie is dat Williams die afgelope klompie maande die eerste keer sedert sy rekord-poging van 22.18 in 1988 sonder 'n seer skouer kon oefen. ``Ek was nog nooit só goed voorberei soos vir vanjaar se gala nie. Ek het by die Natalse gala my vinnigste tyd nóg (23.30) geswem, terwyl ek nog in my volle oefenprogram was. Alles was op skedule vir Atlanta tot dié besering.'' Williams het ligamente in sy linker-enkel 'n maand gelede beseer. En hoewel hy die afgelope maand elke dag in die water was, kon hy geen skopwerk doen nie. ``Die 50 m is so vinnig verby en die wegspring is van allergrootste belang daarom kan ek nie behoorlik wegspring met 'n voet waarmee ek nie behoorlik kan vastrap nie,'' aldus Williams.

Williams se loopbaan eindig op hartseernoot

DURBAN. Daar was geen storieboek-einde vir Peter Williams nie. Die goue seun van Suid-Afrikaanse swem het gister hier by ABSA Trust se nasionale kampioenskapsgala stil-stil en vanuit die paviljoen afskeid geneem van die sportsoort wat van hom 'n wêreldster gemaak het. Williams het hom gisteroggend weens 'n enkelbesering onttrek aan die 50 vryslag, die nommer waarin hy in 1988 'n wêreldekord van 22.18 opgestel het. Maar hy was daar om te sien hoe 'n nuwe ster, Brendon Dedekind, verrys en in die uitdunne van sy nommer die Olimpiese kwalifiserende tyd oortref. Williams self was goed op dreef om vir hom 'n plek in die Olimpiese span los te swem. Maar ligamente wat hy vier weke gelede in sy regterenkel beseer het, het hom bly knelter en hom gedwing om gister die moeilikste besluit van sy kleurryke loopbaan te neem om hom aan die 50 vryslag te onttrek en daarmee effektief 'n einde te bring aan sy swemloopbaan. Williams se afrigter, Allisdair Hatfield, het die enkel die week beproef, maar eergister het hulle besluit om tou op te gooi toe Wil liams eenvoudig nie met sy regtervoet kon vastrap nie. ``Dit is nie hoe ek dit wou gehad het nie. Ek was reg vir 'n tyd in die omgewing van 22.5 (die Olimpiese kwalifiserende tyd is 22.90). Maar dis nou verby. Dis die laaste keer dat ek hier gaan wees. Dis hartseer, maar dis die einde vir my,'' het Williams, wat sprakeloos van teleurstelling was, gesê. Die 27-jarige Williams het in 1988 die wêreldrekord verbeter. In 1992 was hy een van Suid-Afrika se groot uitblinkers by die Olimpiese Spele in Barcelouna waar hy die bronsmedalje net-net misgeloop het. ``Dis 'n hartseer-einde. Ons weet hy sou kon kwalifiseer. Peter het ontsettend hard hiervoor gewerk. Hy was só goed voorberei. Ons het geweet hy kon kwalifiseer en gerieflik ook,'' het Hatfield met trane in sy oë gesê. Heel gepas was Cal Bentz, die afrigter van die Universiteit van Nebraska wat Williams in 1988 in sy rekord-poging bygestaan het, gister daar om 'n vertroostende skouer aan te bied. ``Ek het baie vertroue in Peter se oordeel. As hy sê hy is reg vir groot tye kan jy hom maar glo. Hy het in die lente van 1987 na Nebraska gekom en 'n maand ná sy aankoms gesê hy gaan die wêreldrekord verbeter. En hy het.''


Marianne groet bad met kwalifiserende tyd

DURBAN. Marianne Kriel wou op 'n hoogtepunt afskeid neem van swem in Suid-Afrika en sy het ... met 'n verrassende Olimpiese kwalifiserende tyd in die 50 vryslag. Kriel, wat reeds vroeg in die week haar plek in die Olimpiese span na Atlanta bespreek het met 'n kwalifiserende tyd in die 100 rugslag, het eergisteraand hier op die laaste dag van ABSA Trust se nasionale kampioenskapsgala een van die groot verrassings van die week gelewer toe sy die 50 vryslag in 26.16 afgeblits het op 16 na die beste tyd in die wêreld. Blitsige Kapenaar Die Transvaalse vryslag-spesialis, Helene Muller, was die gunsteling, maar Kriel het so vinnig weggespring dat Muller en kie nooit kans gekry het om die blitsige Kapenaar, wat die nommer ``vir die pret'' geswem het, in te haal nie. Maar anders as vir die 24-jarige Kriel, wat vandeesweek in haar laaste gala in Suid-Afrika geswem het, moes haar Olimpiese spanmaats Ryk Neethling en Amanda Loots eergister naels kou voor die span uiteindelik aangekondig is. Neethling het reeds verlede jaar by die Pan Pasifiese Spele in Atlanta die kwalifiserende tyd in die 1500 oortref, maar volgens bepalings van Swem Suid-Afrika, moet 'n swemmer by die nasionale gala die kwalifiserende tyd oortref om in aanmerking te kom vir die Olimpiese span. Die Vrystaatse langasem moes eergister stokalleen probeer om dié mylpaal te haal. Hy het minder as 'n sekonde buite die kwalifiserende tyd (15:28.57) klaargemaak. Gelukkig het die keurders kopgehou en hom op grond van sy skitterende 15:27.50 by die Pan Pasifiese Spele, ingesluit in die span wat in Julie na Atlanta terugkeer. Loots sal Suid-Afrika in Atlanta in die wisselslag-aflos verteen woordig. Hiervoor het haar sege in die eindronde van die 100-vlinderslag gesorg. Maar sy het haar eergisteraand in die 200-vlinderslag onverwags teen die 15-jarige Nataller Candice Crafford vasgeloop. Crafford, wat verlede week die naasvinnigste tyd ooit (2:17.79) in die 200-vlinderslag behaal het, het die senior titel by haar junior titel gevoeg met 'n wentyd van 2:18.72.

 

Groot geld wink vir Penny-hulle

DURBAN. Penny Heyns kan Suid-Afrika se eerste swemmiljoenêr word as sy vanjaar goud by die Olimpiese Spele in Atlanta wen en só haar wêreldrekord in die 100- borsslag verbeter, skryf Erika Potgieter. Steve Tshwete, Minister van Sport en Ontspanning, het hier by ABSA Trust se Suid-Afrikaanse kampioenskapsgala aangekondig dat die regering atlete wat in Atlanta medaljes wen ruim vir dié prestasie sal vergoed. 'n Goue medalje-wenner sal R150000 ontvang en 'n silwermedalje-wenner R100000. 'n Bronsmedalje sal swemmers R50000 in die sak bring. Heyns is saam met die Australiër Samantha Riley die gunsteling om die 100-borsslag in Atlanta te wen, terwyl die twee waarskynlik ook in die 200-borsslag sake om die Olimpiese titel sal uitspook. Die 21-jarige Nataller se borg, ABSA Trust, sal ook moet opdok as Heyns in Atlanta op die wenners- podium beland. Goud kan haar borg R50000 kos, silwer R20000 en brons R10000. Dít is bo en behalwe die R30000 wat sy sal wen as nóg 'n wêreldrekord voor haar swig.

 

Heyns sal SA se aanslag in bad lei

DURBAN. Penny Heyns, Suid- Afrika se nuwe wêreldrekord houer in die 100 borsslag, sal die land se aanslag later vanjaar in die Olimpiese swembad in Atlanta lei. Die 21-jarige Heyns is een van sewe swemmers wat eergisteraand hier by ABSA Trust se nasionale kampioenskapsgala in die Olimpiese swemgroep ingesluit is. Die groep sal aan die nasionale olimpiese komitee voorgelê word vir goedkeuring. Heyns sal Suid-Afrika in die 100 en 200 borsslag verteenwoordig. Die Nataller, wat deesdae in Nebraska studeer is die gunsteling om goud in die 100 borsslag te wen en behoort ook in die 200 borsslag onder die medalje-wenners te eindig. 'n Besige tyd wag in Atlanta op die Kaapse ster-swemmer Marianne Kriel. Die 24-jarige Kriel het die week in haar afskeidsgala in Suid-Afrika in die 100 rugslag en die 50 vryslag die Olimpiese kwalifiserende tyd oortref. Kriel sal in Atlanta ook in die 200 rugslag in aksie wees toe sy in die nommer ook die kwalifiserende tyd behaal het. Kriel het egter verlede jaar by die Pan Pasifiese Gala in Atlanta die kwalifiserende tyd in die 200 oortref met 'n tyd van 2:14.51. Bredon Dedekind het uit die niet gekom om sy plek in die span te beklink met 'n skouspelagtige 22.78 in die eindronde van die 50 vryslag. Die Vrystater Ryk Neethling kon hier nie vinniger as die kwalifiserende tyd in die 1500 swem nie. Helene Muller (vryslag) en Amanda Loots (vlinderslag) gaan Suid-Afrika help om saam met Heyns en Kriel die eindronde in die 4x100 wisselslagaflos te haal. 'n Span wat later vanjaar aan die Meditereense Grand Prix reeks sal deelneem, is ook aangewys. Die spanne is: OLIMPIESE SPAN: Mans: Brendon Dedeking, Ryk Neethling; Vroue: Penny Heyns, Marianne Kriel, Julia Russell, Helen Muller, Amanda Loots. MEDITEREENSE GRAND PRIX: Paul Fryer (T), Theo Verster (N), Brett Petersen (G), Herman Louw (T), Andrew Bradley (N), Donald Morrison (N), Michael Windisch (NT), Tanya Naude (T), Mark Duncan (N), Kim van Selm (N).

 

Renate puik, asemteug van Atlanta

KAAPSTAD. Renate du Plessis was verlede week net 'n asemteug weg van 'n Olimpiese droom, maar dié skitterswemmer van die Westelike Provinsie huil nie oor die nege honderstes van 'n sekonde wat haar 'n plek in die span na Atlanta gekos het nie sy weet sy kry oor vier jaar nóg 'n kans. Dit was so hittete of Du Plessis het al wat swemmer (insluitende Penny Heyns, nuwe wêreldrekordhouer in die 100 m borsslag) by verlede week se nasionale gala in Durban in die skadu gestel met 'n sensasionele vertoning in die 100 m vlinderslag. Du Plessis, wat net 'n week vroeër in Oos-Londen die SA junior titel in die 100 vlinderslag in 'n ouderdomsrekord (vir 14-jariges) gebuit het, het in Durban 'n manjifieke tweede plek behaal en met al wat 'n senior is, behalwe die Gautenger Amanda Loots, afgereken. Loots het die jong Kapenaar met nege honderdstes van 'n sekonde geklop om die goue medalje en 'n plek in die wisselslag aflosspan wat Suid- Afrika in Atlanta by die Olimpiese Spele sal verteenwoordig. Ander sou teleurgesteld gewees het om só naby aan hul Olimpiese droom te kom en dan agtergelaat te moet word wanneer die span Julie vir dié groot sportskouspel na Amerika vertrek. Nie Du Plessis nie. Sy weet sy gaan in 2000 in Sydney nóg 'n kans kry. Dan is sy sterker, ouer, wyser en hopelik ook onstuitbaar. ``Dit sou fantasties gewees het om Spele toe te kon gaan, maar ek gaan weer 'n kans kry,'' het die standard sewe-leerling aan die Hoërskool Bellville ná haar skittervertoning in Durban gesê. Du Plessis het verlede jaar by die Britse juniorgala in Leeds gewys dat sy besig is om as swemmer volwassenheid te bereik.''Renate wil alles stap vir stap neem. Dit sou dalk te vroeg vir haar gewees het om nou Spele toe te gaan. ``Ek dink sy verkies ook om op meriete in die span ingesluit te word eerder as om te gaan omdat die span 'n vlinderslagswemmer vir die aflosse benodig,'' het haar ma, Jeanette, gesê.


Verskeie goeie prestasies van Grens swemmers

OOS-LONDEN. - In die Grens-afdeling van die Suid-Afrikaanse Ouderdomsgroep Swemreeks, wat verlede week in die Joan Harrison swembad gehou is, het die volgende swemmers eerste plekke behaal: Seuns : 100 m Vryslag: 10 jaar en onder: A. Rheeder (Vikings) 1:19,78; 11 jaar: D. Born (Harlequins) 1:12,29; 12 Jaar: C. Hannah (Harlequins) 1:11,94; 13 jaar: M. Piater (Harlequins) 1:40,22; 14 jaar: L. van Daalen (Harlequins) 1:17,78; 16 jaar: J. Bax (Vikings) 1:16,75; Ope: B. Petersen (Harlequins) 1:10,49. 100 m Rugslag: 10 jaar en jonger: L. Strydom (Harlequins) 1:56,75; W. Dennyschen (Harlequins) 1:40,94; 12 jaar: C. Hannah (Harlequins) 1:29,15; 16 jaar: L. Rawlins (Harlequins) 1:17,30. 100 Vlinderslag: 12 jaar: E. Solomons (Aqua Atlantis) 1:52,60; 15 jaar: R. Kellerman (Vikings) 1:05,55; 200 m Individuele wisselslag: 10 jaar en jonger: C. Bastenie (Vikings) 3:55, 32; 11 jaar: D. Born (Harlequins) 3:02,52; 12 jaar: C. Strydom (Harlequins) 3:13, 16; 13 jaar: S. Barston (Vikings) 2:49,75; Ope: G. Engels (Harlequins) 2:29,18. Dogters: 100 m Vryslag: 10 jaar en jonger: J. Johnson (Vikings) 1:25,02; 11 jaar: C. Fischer (Harlequins) 1:19,15; 12 jaar: N. Bastenie (Vikings) 1:14,73; 13 jaar: S. Rawling (Harlequins) 1:13,41; 14 jaar: M. van Huyssteen (Harlequins) 1:13,12; 15 jaar: L. van Onselen (Vikings) 1:06,14; 16 jaar: J. Kleynhans (Harlequins) 1:11,79; Ope: T. Bowen (Vikings) 1:04,97. 100 m Borsslag: 10 jaar en jonger: J. Olckers (Harlequins) 1:55,27; 11 jaar: R. le Roux (Harlequins) 1:37,51; 12 jaar: N. Bastenie (Vikings): 1:36,69: 14 jaar: L. Cloete (Harlequins) 1:23,12; 15 jaar: A. Emmerson (Harlequins) 1:24,54; 16 jaar: J. Kleynhans (Harlequins) 1:28,28; 100 m Rugslag: 10 jaar en jonger: C. Steyn (Harlequins) 1:34,32; 11 jaar: C. Fischer (Harlequins) 1:29,84; 13 jaar: T. van Daalen (Harlequins) 1:22,57; 15 jaar: A. Lottering (Harlequins) 1:29,61; Ope: T. Bowen (Vikings) 1:21,62; 100 m Vlinderslag; 11 jaar: C. Fischer (Harlequins) 1:37,42; 12 jaar: V. Jordaan (Harlequins) 1:39,23; 200 m Individuele wisselslag: 10 jaar en jonger: J. Poulton (Harlequins) 3:55,16; 11 jaar: R. le Roux (Harlequins) 3:04,06; 12 jaar: N. Bastenie (Vikings) 3:06,25; 14 jaar: L. Cloete (Harlequins) 2:42, 08; 15 jaar: A Emmerson (Harlequins) 2:51, 00.

Atlete van WP en Boland blink by somerspele

Die seëvierende swemspan van Boland by die Ellisparkse swembad.

DIE USSASA swemspanne van die WP en die Boland het hulself op verskillende gebiede onderskei by die afgelope somerspele wat in Pretoria en Johannesburg gehou is. Die toernooi, wat vanaf 6 tot 12 Desember gehou is, het sport gebied aan meer as 2000 leerlinge van altesame 20 provinsiale eenhede in krieket, swem, bofbal, sagtebal, basketbal en tennis. Die Boland het vriend en vyand verras deur die swemkompetisie vir beide laer skole en hoër skole te wen. Aan die einde van die eerste dag van die swemgala, wat in die Ellisparkse swembad gehou is, het die Boland se hoër skole reeds 'n geringe voorsprong geniet terwyl die laer skole van die Boland maar in die vierde plek was. Op die tweede dag het die swemmers van Bolandse laer skole by die spanmaats van die hoër skole aangesteek en die een titel na die ander gewen om uiteindelik 'n skrale punt voor Suid Gauteng in die eerste plek te eindig. Die OP was derde met KZ Natal vierde. Die swemspan van die Bolandse hoër skole het die OP (tweede) en Noordwes-Kaap (derde) om die goue medalje geklop. Die WP het die bofbal oorheers deur beide die o.19 en die o.13 afdelings te wen. In albei gevalle was Suid Gauteng tweede met Noord Gauteng in albei gevalle derde. Die sportsoort wat egter vir die meeste opwinding gesorg het, was basketbal. Na die tweede dag het die organiseerders besluit om die basketbal, wat in die binnenshuise sportsentrum van die Wits Universiteit gespeel is, saans te laat plaasvind om deelnemers aan die ander sporte kans te gee om die basketbal-wedstryde by te woon. Die WP het 'n sterk uitdaging van die Gautengse spanne afgeweer en die goue medaljes vir beide die seuns o.19 en meisies o.19 in te palm. Die spanne van Noord Gauteng het in albei afdelings die silwer medalje ingepalm met Suid Gauteng derde in albei kompetisies. Die Boland het verras met 'n vierde plek. Die Vrystaat het die kriekettoernooi gewen deur die span van Suid Gauteng in die eindstryd te klop. Hoewel die Boland al sy wedstryde gewen het, kon hy net nie genoeg bonuspunte insamel om die eindstryd te haal nie. Transkei is aangewys as die span wat die beste vordering getoon het en het 'n volledige krieketstel van dr. Ali Bacher van die VKRSA ontvang. KZ Natal het die tennis gewen met SWD in die tweede plek en Suid Gauteng derde.

 

WP stuur 69 swemmers na junior gala

KAAPSTAD. Hoewel hulle nie die Westelike Provinsie sal verteenwoordig nie, is 'n groep van 69 in die naweek by 'n geselligheid by Groot Constantia aangewys om die Kaap se swem-eer aanstaande maand by die nasionale junior gala in Oos-Londen te verteenwoordig. Die swemmers sal vir hul onderskeie klubs by die Joan Harrison swembad swem. Die puik veelsydige Renate du Plessis behoort goud werd te wees vir haar klub, Bellville. Sy kan goeie ondersteuning van haar sus ter Ciska, Gerta Calitz, Nerine Ferreira, Michelle Veldhuizen, Jo hann Killian en Howard Newman verwag. Maar die groot aanslag uit die Kaap word van Vineyard met sy agtien kwalifiseerders verwag. Die skitterende jong borsslagswem mer Sarah Poewe, Grant Kritzinger, die broers MacDonald Jeremy en David, Brendon Pienaar, James Wilcox en kie kan dié span help om onder die top-klubs te eindig. CH&RC, met die broers Taariq en Raazik Nordien in sy geledere, die Tygervallei Health & Raquet Club, Stellenbosch, die Strand, die Paarl en Paarl Aqarius behoort ook goed te vaar. Die juniors is: Meisies: Heather Ball (Vine), Gerta Calitz (Bell), Tanya Cecil (Wal), Shirley Coxon (Vine), Nicky la Silva (CH&RC), Lize Daneel (TH&RC), Marietjie de Jong (Paarl), Talia den Dulk (Stell), Natalie du Toit (CH&RC), Ciska du Plessis (Bell), Renate du Plessis (Bell), Sanja du Plessis (Stell), Merisa Ehlers (TH&RC), Gena Esterhuizen (Stell), Nerine Ferreira (Bell), Ziada Jardine (CH&RC), Natasha Kruger (Paarl Aqua), Alana McCullagh (Vine), Anouk Miedema (Vine), Kathleen Moore (Strand), Jaqui Newling (CH&RC), Rebecca Newson (CH&RC), Kathryn Nurse (Vine), Esri Pieterse (TH&RC), Sarah Poewe (Vine), Monique Pollard (Strand), Jeanine Rix (Strand), Stefanie Steel (Stell), Julie Thomson (CH&RC), Eloise van Gysen (Vine), Michelle Veldhuizen (Bell), Belinda Wood (Strand). Seuns: Damon Ball (Vine), Justin Blij (CH&RC), Gustaff Boshoff (Strand), Ricardo Davey (Paarl Aqua), Andre du Toit (CH&RC), Riaan Ferreira (Stell), Wilhelm Fismer (Paarl), Alex Hawkins (Vine), Ryan Heydenrych (Stell), Philip Hough (Strand), Jonathan Hugo (Vine), Andre Jonker (Strand), Daniel Kiepfer (Vine), Johann Killian (Bell), Grant Kritzinger (Vine), Niklaus Kruger (Paarl Aqua), Jeremy MacDonald (Vine), David MacDonald (Vine), Marius Momberg (Strand) , Marc Moore (Vine), Howard Newman (Bell), Taariq Nordien (CH&RC), Raazik Nordien (CH&RC), Hendrik Odendaal (Stell), Dylan Onraet (Strand), Brendon Pienaar (Vine), Ian Pollard (Strand), Jaco Rossouw (TH&RC), Jean Smyth (Vine), Justin Thane (CH&RC), Christopher Thorburn (Paarl), Heinrich Ungerer (TH &RC), Andre van Niekerk (Stell), Alan van Gysen (Vine), Marcel Villet (Stell), James Wilcox (Vine), Brett Wood (Strand).

Sport

Jonges kan wen

PORT ELIZABETH. Eerskomende Sondag se Continetal Redhouse riviermyl kan deur opkomende jong swemmers oorheers word. Verlede jaar het Elzet Pretorius (11) kort op die hakke van gesoute swemmers soos Joannie Coetzer, Lauren McLeod en Tracy Barber geëindig. Ander jong swemmers wat hul stempel kan afdruk, is Chantelle Pryce (PEA), Lizelle Groenewald (albei 12), Anneke Hofmeyr (17) en Charlene Palmer (15) van Oudtshoorn, wat verlede jaar sewende was. Mark Harris (18), wat verlede jaar saam met Greg Kahn eerste geëindig het, is 'n gunsteling om vanjaar weer die mans-afdeling te wen.

Twee sterk spanne vir Oos-Kaap gekies

Medewerker

PORT ELIZABETH. Die keurders van die Oos-Kaap se Mensereddersvereniging het twee sterk spanne aangewys om aanstaande naweek aan die Castle provinsiale toernooi in Durban deel te neem. Die nuwelinge in die span is Nigel Tebb, Daniel Conradie, Antonelle Grobler, Tyrone Wicomb, Graham Hayes en Richard Seymour. Vanjaar se program sal dieselfde patroon as die Rescue '96 wêreldbyeenkoms aanneem en sluit agt swembadnommers en 22 strandnommers in. Die keurders het twee sterk spanne gekies om op 16 en 17 Februarie in Durban teen agt ander provinsiale spanne mee te ding. Elke span bestaan uit ses mans, vier vroue en 'n vyfman- bootbemanning. Oos-Londen se klubvoorsitter, Richard Tebbutt, sal die A- span aanvoer. Gary Fouche, Keith Fenn, Cassie van Heerden en Alan Poulton sal as die res van sy bemanning diens doen. Die lede van die A-span is Haydn Holmes en Tebb (Koningstrand), Michael Harrison, Julian Callebaut en Darrin Tommy (Oos-Londen) en Conradie (Plettenbergbaai). Die vier vroue in die Oos- Kaap se A-span is Joannie Coetzer en Sandy Gardiner (Koningstrand), Michele Eray (Plettenbergbaai) en Sunelle Coetzer (Somerstrand). Die B-span word deur die Blouwaterbaai se voorsitter, Rodney Anderson, gelei wat ook die leier van die bootbemanning is. Die res van die bemanning is David van Staden, Donovan Mansfield, Graham Hayes en Richard Seymour jr.

 

Bloemfonteiner wen Redhouse Riviermyl

PORT ELIZABETH. Meer as 900 swemmers het gister die jaarlikse Redhouse Riviermyl aangedurf. 'n Vrystater, Ryno Markgraaff (21) van Bloemfontein, het vanjaar eerste by die eindpunt aangekom. Maar sy wentyd van 16:29,18 was 9 sekondes stadiger as verlede jaar se wentyd. Mark Harris het tweede geëindig en Haydon Holmes derde. Die 14-jarige Honey King van Kaapstad het die afdeling vir vroue gewen met Joannie Coetzer (19) tweede. Charlene Palmer was derde. Die oudste man wat deelgeneem het, was Frank McLachlan (76). Die sewejarige Richard Bjoberg was die jongste.

Sport

Coetzer, King sorg vir groot opwinding

PORT ELIZABETH. Joannie Coetzer van die Aquabear Swemklub en die 14-jarige Honey King van Vishoek in die Kaap het die naweek vir die eerste keer in die geskiedenis van Continental Redhouse se riviermyl saam in die voorste plek geëndig in die afdeling vir vroue. Die twee het in 'n tyd van 19:32:46 saam oor die wenstreep geswem. Dit was 2:16:00 stadiger as verlede jaar se wentyd. Die koel weer en ligte reën het sowat 65 deelnemers tuis gehou en slegs 900 swemmers (307 vroue en 593 mans) het vir die stryd opgedaag. Dit is 70 inskrywings minder as verlede jaar. Coetzer en King het oor die laaste 200 m die toeskouers op agter voete gehad. King, wat een van die jongste inskrywings in die vroue-afdeling was, is 'n lid by Vishoek se Mensereddersklub en ook 'n lid van die Vineyard Swemklub in die Kaap. Ryko Markgraaff van Bloemfontein het die afdeling vir mans in 'n tyd van 16:29:18 gewen. Die verdedigende kampioen, Mark Harris, was vanjaar tweede met Haydn Holmes derde. Harris en Holmes het waardevolle tyd verloor toe hulle eers van koers geswem en op 'n sandbank beland het. Aquabear se mans en vroue-span het die spantrofee gewen. Die vroue het uit Coetzer, Elzet Pretorius, Michelle Esterhuizen, Antionelle Grobler en Michaelle von Romburgh bestaan, terwyl Harris, Holmes, Andrew Turner, Christopher Mowbray en Dino Driussi die trofee vir die mans ontvang het.

Gelvandale swemgala

*Die oefening vir die jaarlikse Gelvandale swemgala is aan die gang. Van links is Leroy Dimitri van Gelvandale Primêr, Lance Koopman van die Laerskool Alpha, Selwyn Doughlas van Papenkuil Primêr en Ashton Booysen, ook van Papenkuil Primêr. * Van links is Tracey Booysen, Lee-Anne Neff en Raazeeia Landis van Papenkuil Primêr wat ook reeds vir die gala begin oefen het.

M'ton High back with a splash

IN 1987 Milnerton High School hosted its final interhouse swimming gala... or, so everyone thought. In January 1994 swimming made a powerful comeback at the school due to the enthusiasm of a handful of swimmers (about twenty) and their coach. Initial training took place in the lagoon and in the sea. Today the team consists of almost one hundred swimmers, with training taking place in the Milnerton Primary School pool. The swimmers started out on the competitive circuit amid cynicism and pessimism, but have made their mark. They have shown a steady improvement due to their loyalty, perserverance and keen spirit. A stylish new costume was acquired and at last year's interhouse gala thirteen records were smashed. The same can be expected this year. There has been a large intake of keen and talented Std 6 swimmers this year and this guarantees a bright future for the sport at school. At the end of the term swimmers can look forward to various rewards including certificates, first team badges, colours of merit and trophies. Swimmers have already participated in three galas this term, and another five lie ahead, including an important league gala at Newlands pool on Wednesday, February 21, and the annual interhouse gala on Friday, February 23, at the Milnerton Primary School pool. The first splash will take place at 2.30pm and all interested parties are invited to attend

 

Source: http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/1996/02/14/14/2.html (at 3/17/2014, 10:23 AM)

 

UWK swemklub hou marathon

KAAPSTAD. Die UWK swemklub hou weer vanjaar 'n swemmarathon in die oriënteringstyd van die universiteit. Dié swemathon is al die afgelope drie jaar die hoogtepunt van die normaalweg bedrywige oriënteringsweek. Tot dusver is die swemathon gereël om op die laaste Vrydag van die oriëntering by die UWK swembad plaas te vind. Aangesien herstelwerk aan dié swembad nog nie voltooi is nie, word die marathon voorlopig op 1 Maart om twaalfuur die middag by Bellville-Suid se munisipale swembad aangebied. Swemlesse vir junior en volwasse lede van die UWK swemklub word ook tans hier aangebied. Alle studente, UWK personeel en belangstellendes word na die swemathon genooi. Vanjaar se doelwit is om die 50km wat verlede jaar afgelê is, te verbeter en 'n nuwe doelwit vir 1997 te stel. Elke deelnemer mag net 100 m (twee lengtes van die swembad) aflê, dit wil sê die afstand word op 'n aflos-grondslag voltooi. Die enigste reël is dat daar voortdurend 'n swemmer in die water op pad moet wees, en dié stroom mag nie versteur word nie. Benewens die swemathon sal daar kanovaart, videovertonings en talle speletjies aangebied word. Verversings sal te koop wees. Die ledetal van die UWK swemklub het sedert sy ``uitreikpro gram'' in 1993 van stapel gestuur is tot meer as 200 uitgebrei. Al dié lede sal aan die swemathon deelneem. Twee van die klub se junior lede is by die WP se swemspan ingesluit, en drie het WP kleure in waterpolo verwerf. Die juniors neem aanstaande maand aan die Nasionale Ontwikkelingsgala in Port Elizabeth deel. Die klub se grootste prestasie tot dusver is dat twee van sy junior waterpolo-spelers gekies is om Suid-Afrika in April in Mosambiek te verteenwoordig. Mense wat in die klub se swemlesse of ander bedrywighede belang stel, kan Zanta Hanevil by 952-4510 of Erich Harley by 959- 4355 bel.

SAU swem universiteite

 

Kinders leer swem

KAAPSTAD. Die hoë verdrinkingsyfer onder kinders in veral agterblewe gemeenskappe het Telkom, een van Swem Suid-Afrika se groot weldoeners, genoop om kinders by klinieke te leer swem en meer bewus te maak van die gevare van water. Die klinieke, wat reeds met groot sukses op Malmesbury, Atlantis, Distrik Ses, Maitland en Kensington aangebied is, word in samewerking met Swem Suid-Afrika en die Suid-Afrikaanse Swem afrigtersvereniging (SASCATA), Telkom en Speedo, aangebied. Onderwysers en leerlinge in Grassy Park, Retreat, Wynberg, Gugulethu en die Paarl kan hulself die volgende paar weke met die hulp van ontwikkelingsbeamptes in die Westelike Provinsie waterwys maak. Belangstellende onderwysers kan Hassiem Bester, nasionale ontwikkelingsbeampte, bel by (021) 5937531. (Erika Potgieter)

 

Sewe Cradockers in NOK span

CRADOCK. Sewe plaaslike swemmers is ingesluit in die NOK swemspan wat die naweek teen Albanie op Grahamstad kragte gemeet het as deel van die OP proewe. Hulle is: Werner Mulder, Charmè Holmes, Christine Odendaal, Maura Robinson, Beyers Oosthuizen, Adele Botha (almal van die Hoërskool Cradock) en Nico Calitz van Marlow Landbouskool. Op die Hoërskool Cradock se jaarlikse swemgala wat verlede week gehou is, is twaalf rekords verbeter. Die nuwe rekordhouers in swem is: Andele Botha, Maura Robinson, Tony del Guidice, Werner Mulder en Charmè Holmes.

Boland swemstryd: 77 skole neem deel

Die Boland A-span wat Saterdag gekies is.

HONDERDE jong Wes-Kaapse swemmers van 77 genooide skole in die Boland en die Skiereiland het eergister op Malmesbury saamgetrek vir Schwarzland Auto Haus se USSASA Boland Aquatics swemkampioenskap wat deur die Hoërskool Swartland aangebied is. Die gala is om 10vm. amptelik geopen en het tot 6nm geduur. Afdelings waarin meegeding is, is die vryslag oor 50 en 100m, die borsslag, rugslag en vlinderslag oor dieselfde twee afstande, en die individuele wisselslag oor 200m. vir seuns en meisies o.14, o.16 en o.19. Ná afloop van die gala is drie spanne saamgestel wat aan groot interprovinsiale gala's gaan deelneem. Die Boland se USSASA Aquatics swemspan sal op 15 en 16 Maart in Johannesburg aan vanjaar se SA Skolekampioenskap deelneem. Boland se USSASA plattelandse span sal aan die SA Plattelandse gala in Newcastle deelneem. 'n Boland USSASA ontwikkelingspan word ook gekies om aan die SA Ontwikkelingskampioenskap in die Paarl deel te neem. Bel Irna Louw by (0224) 21469 vir meer inligting.

Hudson Park swem eerste plek los in waterpolotoernooi

OOS-LONDEN. - Die Hudson Park senior waterpolospan het sy oorheersing in die Grens se waterpololigas bevestig toe hy die twaalfspan interskole Vides waterpolotoernooi in die Joan Harrison swembadkompleks gewen het. Dale Kollege het na vore gekom as dié span wat die beste kans staan om Hudson Park se oorheersing in die Grens streek te verpletter. Die gasheerskool, Selborne Kollege, wat op sy beurt waterpolo in die Grens vir verskeie jare oorheers het, moes met 'n derde plek op die punteleer tevrede wees. Ná afloop van die toernooi het Hudson Park 21 punte op die telbord gehad, Dale Kollege 19, Selborne Kollege 18; Grey Kollege van Bloemfontein en Wynberg Seuns Hoër van Kaapstad saam op 15 punte, Pinetown Hoër van Natal 12, Queen's Kollege 10, Selborne se tweede span 9, St. Andrew Kollege van Grahamstad 7 en Port Rex Hoërskool 4 punte. Stirling Hoër en Alexander Road van Port Elizabeth het 'n plek gedeel met 2 punte elk.

Uitenhage swemgala

Die Uitenhage swemgala is pas in die Uitenhage swembad gehou. Al die skole in die gebied asook ander swemmers het daaraan deelgeneem. Marvin White van die Laerskool Alpha het die eerste plek in die 200 m ingepalm en was ook die naaswenner van die swemgala.

Swemrekords

PORT ELIZABETH. Die Suid-Afrikaanse junior swemgala het gister hier op 'n hoë noot begin met twee rekords in die o.12-afdeling wat verbeter is. Byron Jeffers van Natal het 'n rekord van 2:08.35 (ou rekord 2:08.80) in die 200 vryslag opgestel, terwyl Gareth McGee van Gauteng die 100 rugslag in 1:05.71 afgelê het teenoor die vorige rekord van 1:06.85. (Sapa)

Hudson Park klop Selborne

OOS-LONDEN Hudson Park se eerste waterpolo-span het 'n opwindende 6-4 oorwinning oor Selborne College die afgelope naweek by die Joan Harrison swembadkompleks behaal. Orrin Leighton (2), Nick Horne (2), Gregg Audie en David Moore het doele vir Hudson Park aangeteken. Shamai Bacher (2), Bradley Stark en Jason v/d Walt was almal in die kol vir Selborne. Drie lede van die Grens se waterpolo-span wat aan die onlangse Suid Afrikaanse o.16 kampioenskappe in Germiston deel geneem het, is ná die toernooi in die nasionale span ingesluit. Die spelers is Matthew Bind van Selborne, Peter Minnie van Dale en Andrej Nikolic van Stirling. Nog vier spelers almal van Selborne is in die SA o.16B span opgeneem. Hulle is Bevan Bryer, Matthew Palmer, Tim Wright en Dale Williams. Die A-span sal aanstaande Maandag en Dinsdag in Durban teen 'n Poolse o.17 span te staan kom. Albei spanne (SA A en B) vertrek eersdaags om aan die o.20 wêreldkampioenskappe, wat op 26 Junie in Hongarye plaasvind, deel te neem.

Splashing for WP

Std 6 pupil Kim Germishuys (13) of Milnerton High School has been chosen as a member of the Western Province High School's swimming team which tours to Gauteng next month. Kim is a member of the Boston Swimming Club, trained by former Springbok Lynn Coetzee.

Redders spook sake uit

Dié ses leerlinge van die Jan Kriel Skool in Kuilsrivier is lede van die WP se mensereddingspanne wat vandeesweek aan die SA kampioenskapsbyeenkoms in Nuweland en die Strand deelneem. Hulle is (agter, van links) Alex van Zyl, Jan de Villiers, Eugene Meyer en Philip Cilliers. Voor is Lizelle Snyman en Cyril Helfrich.

DIE SA mensereddingskam pioenskapsbyeenkoms word môre (Donderdag) en Vrydag in die Nuweland swembad gehou en Saterdag in die Strand. Die WP spanne wat deelneem, is: Ope afdeling: H. Putter, L. Smith, B. Brink, P. Cilliers, M. Jackson, A. Wilson, K. Lewis, C. Barnard en L. Snyman. Die o.18-span is J. Rossouw, S. du Plessis, J. Putter, C. Helfrich, D. du Toit, W. Bader, C. Watney, B. Visser, T. Rossouw en B. Hindle. Die o.16-span is H. Kruger, D. Kiepfer, W. Wilson, A. van Zyl, R. Stedall, D. du Plessis, E. Meyer, L. Daneel, Y. Putter, T. Maztheze en A. Kiepfer. Voornemende borge kan Hanlie Ochse by 903-6470 bel.

Junior swemmers rig waarskuwing met top-tye

KAAPSTAD. Die land se voorste junior swemmers het die naweek met wêreldklas-vertonings by die nasionale junior gala in Oos-Londen die opkoms van Suid-Afrika as super swemmoondheid aangekondig. 'n Groep van 32, onder wie die Westelike Provinsie se jong turke Renate du Plessis, Sarah Poewe, Grant Kritzinger, James Wilcox, Nathalie du Toit, Kathleen Moore, Belinda Wood en Brandon Pienaar, is ná afloop van die gala opgeneem in Telkom se oefengroep, wat einde Maart in Johanesburg saamtrek vir 'n oefenkamp. Hulle kom ook in aanmerking vir die Teiken 2000 groep, wat gekies gaan word met die oog op die Olim piese Spele in 2000 in Sydney. Candice Crafford (15) en die ewe jong Du Plessis asook Poewe, het die swem-wêreld in Oos-Londen geskud met puik vertonings. . Die oefengroep is: Candice Crafford (N), Renate du Plessis (WP), Sarah Poewe (WP), Vicki van den Barselaar (T), Anthony Rocchi (T), Terence Parkin (N), Brendon Pienaar (WP), George du Randt (T), Taryn Cokayne (T), Scott Hobson (N), Gareth McGee (T), Tracey Spires (N), Donna Leslie (N), Kathleen Moore (WP), Byron Jeffers (N), Grant Kritzinger (WP), James Wilcox (WP), Adriaan Venter (T), Michelle Fick (T), Zachde Beer (T), Sheona Lottering (N), Stephan Kaspersen (T), Ferdinand Postma (T), Desire Martin (N), Belinda Wood (WP), Anthony Colia (T), June Backhoose (T), Nathalie du Toit (WP), Jade Mathews (T).

Sport

Swemmers reis

KAAPSTAD. Tien swemmers van die Westelike Provinsie is ingesluit in die Suid-Afrikaanse Ontwikkeling span wat op 15 en 16 Maart in Windhoek aan die Namibiese nasionale gala deelneem. Die span is: Derrick Albany, Morgan Burton (T), Carl Jordaan, Malika Gaidien, Fadia Votersen, Juanita Stier, Tracy Martheze, Jenino Masters, Melrick Samuels, Ricardo Davey, Nicky Kruger, Jonathan Cecils, Tyrell Adams (almal WP). Spanbestuurder en afrigters: Ivan Benjamin, Charles Wentzel, Greg Masters, Isaac Kock.

17 new records on gala books

SEVENTEEN records were broken at the Durbanville swimming gala held at home on Saturday. Judging by the perfor mances of the young competitors there are many champions in the making. In the girls' section Lauren McGeorge was voted the most improved swimmer while Damien de Waal proved to be the most dedicated in the section for 9-year-old boys and Carrie- Anne Chapman was named the most dedicated girl in the 13-year-old group. Winners of the va rious events were: Boys: 25m open Munro Marx 15.65; 10 yrs David Watson 23.30; 25m backstroke 9 yrs Johan Loubser 22.69; 50m breaststroke, open Munro Marx 39.65; 25m breaststroke 7 yrs Keith Patrick Crowley 31.34; 50m crawl, open Munro Marx 30.58; 25m crawl 9 yrs Damien de Waal 18.88; 7 yrs Bryce West 20.48. Girls: 25m fly, open Ilsa le Roux 17.03; 11 yrs Rita Louw 19.24; 25m backstroke, 9 yrs Amy Gimm 24.22; 6 yrs Jacqui Watson 33.05; 50m breaststroke, open Corne Brink 44.47; 50m crawl, open Ilse le Roux 35.03; 11 yrs Caroline Theron 37.72; 25m crawl, 9 yrs Tarien Markwat 18.68; 6 yrs Candice Ward 25.20.

Durban gunsteling in Baaise branders

PORT ELIZABETH. Durban Surf is die gunsteling om die senior mans-afdeling in aanstaande naweek se Castle Lager nasionale menseredders-kampioenskapsbyeenkoms hier in die Baai te wen. Durban oorheers die afdeling die afgelope 29 jaar en het ook onlangs die Natalse kampioenskap by Addington Strand gewen. By die Natalse byeenkoms het Durban Surf 10 van die 21 manstitels gewen om 371 punte op te stapel met Marine Klub (273) tweede, byna 'n 100 punte na hom. Pirates (95) was nog verder agtertoe in die derde plek, gevolg deur Um hlanga Rocks (83), Scottburgh (60) en Warnadoone (54). Brett Challenor van Durban Surf het die Victor Ludorum ingepalm met oorwinnings in die malibu-redding, swem, swemspan en ook vir 'n tweede plek in die hardloop-swem- hardloop en die taplin-aflos. Challenor kon slegs 'n derde plek in die Ysterman kompetisie behaal, 'n nommer wat hy by die Castle Lager provinsiale byeenkoms op Durban se Batterystrand gewen het. Die Victor Ludorum word die afgelope ses jaar deur Durban Surf oorheers. Marine, wat in 1994 vyfde by Margate geëindig het, het ook by die Natalse byeenkoms sy staal getoon en behoort onder die eerste drie klubs in die Baai te eindig. Die byeenkoms begin aanstaande Donderdag.

Puik swemmers

Hierdie leerlinge van die Hoërskool Bellville is in die Bolandse Junior A en C swemspanne opgeneem. Van links is Gary Andrew, Gerta Calitz, Johann Killian, Gielie Oberholzer, Carol Whatney, Merise Ehlers (almal A-span) en Alicia Conradie (C-span). Hulle neem in die April vakansie aan interprovinsiale kampioenskapsbyeenkomste deel.

Groot gala begin

PORT ELIZABETH. Absa Trust se nasionale ontwikkeling-swemtoer nooi begin vandag in die Newton Park swembad. Meer as 700 deelnemers, die meeste wat die toernooi nog gelok het, sal aan swem, waterpolo en sierswem deelneem. Onder die deelnemers is swemmers van Namibië, wat na verwagting hul stempel deeglik gaan afdruk. Don Edge, die toernooidirekteur, sê die groot aantal verdrinkings jaarliks in Suid-Afrika is 'n groot bron van kommer en daarom moet die sport reeds op laerskoolvlak aangemoedig word. Veral in die onderontwikkelde gebiede is 'n groot behoefte vir die sport, sê hy.

Eray bedreig Bowley op Koningstrand

PORT ELIZABETH. Vroue neem dié naweek op Koningstrand die vyfde keer aan Castle Lager se nasionale kampioenskapsbyeenkoms vir menseredders deel. Strand-menseredding is tot 1992 beperk tot mans, waarna vroue in vier kategorië teen mans begin meeding het. Uta Fritsch (Pirates) het die eerste Victrix Ludorum-titel in dieselfde jaar gewen, terwyl Nikki Hutchison (Somerstrand) die swem-item en L. Cutis (Durban Surf) die strandnaelloop gewen het. Debbie McCullum, dogter van die voormalige Springbok skrumskakel Roy McCullum, het die batonne-titel en Beryl Blaeser (Durban Surf) die branderry-titel gewen. Stacey Bowley (Scottsburgh) het by dieselfde byeenkoms sterk na vore getree. Sy het die senior en die junior Victrix Ludorum-titel gewen. Tydens die kampioenskapsbyeenkoms in Margate in 1994 het die sterk seestrome en groot branders konsternasie veroorsaak. Dié jaar het Sarah Walter (Umhlanga Rocks) en Nadine Fowler (Marine) die senior Victrix Ludorum-titel gedeel. Bowley het daar haar junior titel behou. Michele Eray van Plettenbergbaai is vanjaar Bowley se sterkste teenstander. Sy sal by die kampioenskapsbyeenkoms vir Somerstrand deel neem. Eray het vroeër vanjaar as junior deelnemer die senior én junior bord- en ski-titel tydens die Oos- Kaapse kampioenskapsbyeenkoms gewen. Die nasionale keurders sal Saterdag hul span vir die wêreldkampioenskapsbyeenkoms in Mei in Durban aankondig.

Kim skitter met rekord

PORT ELIZABETH. Kim Gardner van die Oostelike Provinsie het hier by die nasionale senior swemkampioenskapsgala vir gestremde atlete 'n Suid-Afrikaanse rekord in die 50m vryslag verbeter toe sy die afstand in 50.86 afgelê het. Ander SA rekords is opgestel deur: Suzanne Meyer (Sentraal-Gauteng, klas S6) o.21 50m vryslag 51.12; Nadine van Niekerk (Vrystaat, klas S8), o.21 50m vryslag 52.80; Henry Coetzee (Griekwas, klas S4) o.21 50m vryslag 1:16.46 asook 100m borsslag 2:54.65; Sentraal-Gauteng o.21-meisies 4x50m aflos 2:53.51; Sentraal-Gauteng seuns o.21 4x50m aflos 2:19.09; Petro Barnard (kwaZulu-Natal, klas S9) o.18 50m vryslag 38.71; Peter Fleming (KwaZulu-Natal, klas S8) o.18 50m vryslag 36.47; Robert Patley (kwaZulu-Natal, klas B1) 50m vryslag 35.35; Ebert Kleynhans (Noord-Gauteng, klas B3) 4x50m individuele wisselslag) 2:37.43; Wendy Olivier (Sentraal- Gauteng, klas S5) 50m vryslag 50.47; Antoinette Tolmay (Griekwas, klas S8) 50m vryslag 44.34; Mark Nilsen (kwaZulu-Natal, klas S6) 50m vryslag 35.93; Steven van Kraayenburg (Sentraal-Gauteng, klas S7) 50m vryslag 34.70; Jea-Jacques Terblanche (Noord-Gauteng, klas S8) 50m vryslag 31.19; Lisa Buisansky (kwaZulu-Natal, klas S3) 50m rugslag 1:41.28; Ntombomhontlo Somtswayi (Transkei, klas S4) 50m rugslag 1:12.08; Wendy Olivier 50m rugslag 1:05.19; Tadgh Slattery (Sentraal-Gauteng, klas SM6) 4x50m individuele wisselslag 3:08.61; Jean-Jacques Terblanche 4x50m individuele wisselslag 2:45.90.

WP duo puik in Durban

KAAPSTAD. Twee lede van die Westelike Provinsie se duikspan het onlangs by die nasionale swemgala in Durban uitstekend gevaar en gewys dat Suid-Afrika wel sy stempel kan afdruk by die Olimpiese Spele later vanjaar in Atlanta. Die 22-jarige Rob Costa, die nasionale duikkampioen op die eenmeter- en driemeter-plank, het sy titels suksesvol verdedig. Hy het in die driemeter-item uitgeblink en met dertig punte voor sy naaste teenstander geëindig. Die duik-afdeling het, soos die swem, as proewe vir die Olimpiese span getel, en Costa, wat met 565 punte klaargemaak het, het met gemak met dertig punte aan die Olimpiese kwalifikasie voldoen. Sy kop is deur om die SA Olimpiese span te haal, wat einde vandeesmaand aangewys sal word. Jane Woodard (16) het tweede klaargemaak in die driemeter-item en met meer as 40 punte aan die Olimpiese kwalifikasie voldoen. Die kanse is goed dat sy ook benoem sal word vir 'n plek in die span. Albei WP duikers het Suid-Afrika al in die buiteland verteenwoordig. Costa was 19de by 'n internasionale byeenkoms in Japan verlede jaar en het in dieselfde jaar derde geëindig by die Afrika Spele 'n kortkop agter die wêreldkampioen, Evan Stewart van Zimbabwe. Woodard het verlede jaar sewende in haar ouderdomsgroep geëindig by 'n byeenkoms in China.

Redders sorg vir aksie

Vier van Koningstrand Colibri se menseredders, van links, Brad Potgieter (manskaptein), Mark Filby, Jackie Dowdle (vroue-kaptein) en Shane Kilfoil, hoop om 'n paar titels die naweek te wen.

PORT ELIZABETH. Die Castle Lager nasionale mensereddersbyeenkoms skop vandag op Koningstrand af met waarskynlik die opwindendste nommer van die byeenkoms, naamlik die batonne. Twee honderd senior mans het vir dié nommer ingeskryf. Hulle sal in veertien uitdunne, vier kwarteindstryde en die halfeindstryd mekaar die stryd aansê voor die finale tien deelnemers bekend sal wees. Elke finalis sal reeds dertig keer vir 'n plek in die eindronde die afstand genael het. Michael Ryan (Oos-Londen) is die verdedigende kampioen in die nommer. Hy het sy klubmaat Darrin Tommy verlede jaar in Kampsbaai geklop. Ryan was derde in 1994 by Margate. Tommy, wat derde in 1993 in die Baai was, het onlangs vir Ryan om die Oos-Kaapse titel uitgestof en was derde in die Kaapse byeenkoms nadat hy die titel in 1995 gewen het. Brian Breetzke, ook van Oos- Londen, kan nie ge gnoreer word nie. Dié voormalige kampioen van 1992 het 'n derde plek in 1990 en vierde plek in 1994 behaal. Breetzke kan maklik die titel weer inpalm. Dié klompie aanspraakmakers sal egter eers verby Justin Potgieter (Koningstrand) moet kom. Potgieter het in 1992 die wêreldkroon in dié nommer verower. Hy en Peter Whiting (Warnadoone) het albei al Suid-Afrika in dié nommer verteenwoordig. Potgieter het die batonne-titel vier keer agtereenvolgens (1988 tot 1991) gewen. 'n Besering het hom in 1992 geknou, maar hy het weer in 1993 die kroon gedra. Whiting moes vir vier jaar agtereenvolgens met die tweede plek tevrede wees voor hy in 1994 die kroon kon dra. Hy was verlede jaar buite aksie. Die program vir vandag is: ARENA 1: 10:00: Redding en resussitering (seniors en juniors); 12:30: katrol-alarm; 13:15: vaartuigredding; 15:00: junior katrol-alarm; 15:45: gordelwedloop; ARENA 2: 10:00: junior gordelwedloop; 10:30: vroue-ski's; 11:30: malibu-bordwedloop (senior en junior mans en vroue); 16:30: senior ski-resies; ARENA 3: 10:00: tweeman-bootresies; 10:30: strandnaelloop (senior en junior vroue en mans); 13:00: bootredding-resies; 13:30: batonne (senior en junior mans en vroue); 17:00: see-bootresies.

Gestremdes laat rekords spat

PORT ELIZABETH. Verskeie Suid-Afrikaanse rekords is verbeter in die swem-, baan- en velditems by die 1996 Pick 'n Pay Junior Kampioenskapstoernooi wat vandag hier op die sportterrein van die Universiteit van Port Elizabeth ten einde loop. Die wêreldrekordhouer in spiesgooi, Tom Petranoff, het kleur verleen aan dié kampioenskappe vir gestremde mense waaraan ongeveer 450 atlete deelgeneem het. Mnr. Andy Scott, uitvoerende direkteur van die Suid-Afrikaanse Sportvereniging vir Gestremdes, het gesê sport vir gestremde mense beleef 'n ongekende groei. Dié vereniging is veral trots dat hy 'n sportman van Petranoff se gehalte hierheen kon lok. Atletiek kon baat vind by sy ondervinding en ywer, het mnr. Scott gesê. Die kampioenskappe het onder meer atletiek, swem, fietsry, tafeltennis, basketbal en hokker ('n mengsel van sokker en hokkie wat spesiaal vir ernstig serebraal verlamde mense ontwerp is) ingesluit.

atletiek gestremdes rekords

Hy's myne!

Karen Roberts (Clifton) is net betyds om die stokkie voor haar teenstanders te gryp op die eerste dag van die nasionale kampioenskapsbyeenkoms vir menseredders by Koningstrand in Port Elizabeth. Die byeenkoms word vandag voortgesit.

Kapenaars het hef in die hand

PORT ELIZABETH. Die Kaaplandse klubs het gister op die eerste dag van Castle Lager se nasionale mensereddingsbyeenkoms op Koning strand die gordel resies oorheers. Van die sestien spanne wat tot die halfeindstryd deurgedring het, is dertien van Kaapland. Die ander drie spanne, Pirates, Durban Surf en Umhlanga Rocks, is van Natal. Die Natallers het in die verlede dié nommer oorheers, maar vanjaar het veral Vishoek, Clifton, Oos-Londen en Koningstrand Colibri, die Piesangboere op hul eie skille laat gly. Daar is min te kies tussen die klubs in die bootreddingsnommer. Al die top-spanne het vir die halfeindronde gekwalifiseer. Vandag behoort 'n goeie kragmeting te wees en enige van die klubs kan hier die kroon dra. In die afdeling vir enkelkano's het die Oos-Kapenaars goeie rekenskap van hulself gegee. Dit was veral Daniel Conradie (Knysna) wat vir die Strand deelneem, wat be ndruk het. Hy het ook in die vaartuig redding aan die Strand 'n eerste plek besorg. Conradie het verlede naweek tweede na Mark Perrow van Gauteng op die Oranjerivier in die Suid- Afrikaanse K1 byeenkoms geëindig en sal sy stem veral in die enkelski wil dik maak om vanjaar 'n goue medalje te wen. Michael Zoetmulder van Blouwaterbaai en Gary Shaw (Somer strand) het ook na die volgende ronde in die enkelski's deurgedring. Die gunstelinge in die item is Herman Chalupsky en Matthew Bowman (Marine) met Brett Pengelly (Durban Surf) 'n ewe sterk teenstander. Die meeste van die uitdunne is afgehandel en vandag sal die deelnemers in die kwart- en halfeind rondes hul plekke in die eindrondes kan bespreek.

Groot kans

Renate du Plessis (14), leerling van die Hoërskool Bellville, wat die swemtrofeë dié seisoen behoorlik inryg. Sy verteenwoordig vandeesweek die WP by die SA senior kampioenskapsbyeenkoms, wat tot Saterdag in Durban plaasvind. Sy is ook vanjaar saam met Sarah Poewe as Wes-Kaap se Junior Sportvrou van die Jaar aangewys. Sy het onlangs die WP verteenwoordig by die SA junior kampioenskapsbyeenkoms in Oos-Londen, waar sy baie goed presteer het. Op 16 Maart neem sy aan die SA skolekampioenskapsbyeenkoms in Gauteng deel. Sy is ook haar skool sowel as die Bellville Sportfederasie se Sportmeisie van die Jaar.

 

Klublede kloof die water in UWK se 'swemathon' Altesame 1415 lengtes is afgelê in 24 uur

Karen November, senior afrigter by die UWK swemklub, is nie bietjie trots op dié twee swemmers, Randal Jones en Marvin Killian, nie. Albei klublede het elk 60 lengtes (3km) in die pas afgelope swemmarathon van die UWK swemklub afgelê.

BELLVILLE. 'n Onophoudende motreën die nag van Vrydag 1 Maart kon nie die geesdrif vir vanjaar se ``swemathon'' in die UWK swembad demp nie. Nadat daar 24 uur lank aanhoudend geswem is, het UWK se swemklub en sy ondersteuners daarin geslaag om 70 tot 75km. af te lê. Altesame 1415 lengtes van die swembad is deur hulle afgelê. Van die 177 swemmers wat aan hierdie ``grootswem'' deelgeneem het, was die jongste 2 jaar oud, teenoor mnr. Alec Noble wat 70 is. Volgens mnr. Erich Harley, hoofafrigter van die UWK swemklub en organiseerder van die swemathon, hoort Suid-Afrika in die internasionale sportarena en is die swemathon daarom belangrik. ``Kaapstad is steeds 'n aanspraakmaker op 2004 se Olimpiese Spele. Wat dan ook aanleiding gee tot die UWK klub se primêre lang-termyn- doelwitte naamlik om die swemmers, duikers en waterpolo-spelers in ons gemeenskap stelselmatig tot die uiterste van hul vermoë te ontwikkel. ``Hierbenewens moet die klub ook gelyktydig daarin slaag om ons gemeenskappe se bewustheid van waterveiligheid te verbreed,'' het hy gesê. Die klub is daarvan oortuig dat indien hy waterveiligheid en swemlesse in die gemeenskap kan inskerp, die swemathon 'n jaarlikse instelling kan word. ``Derhalwe is die 'grootswem' 'n hereniging van al die potensiaal in ons gemeenskappe. Dit dien as maatstaf waarteen die swemmers kan meet waar hulle tans is, teenoor waarvandaan hul kom en waarheen hulle op pad is,'' het hy gesê. Hy het bygevoeg dat die klub by 'n grootskaalse ``uitreikingsprogram'' betrokke is. Die klub is ook afhanklik van geldinsameling. ``Die grootste kopseer is die afwesigheid van wintergeriewe in die noordelike stadsgebiede hier. Tydens verlede jaar se wintermaande moes die klub nagenoeg R9000 opdok om 'n verhitte swembad te huur en lede daarheen te vervoer. ``Dit is 'n onvermydelike uitgawe, aangesien swemkompetisies nie meer tot die somermaande beperk is nie,'' het hy gesê. Hoewel nog nie al die besonderhede van 1996 se winterprogram in dié stadium bekend is nie, sal die program heel waarskynlik onder meer die volgende insluit: Fiksheidsoefeninge op die UWK kampus: Woensdae van 5.30 tot 6.30nm. Swem- en waterpolo-oefeninge op Vrydae. 'n Spesiale bus vertrek om 5.30nm. van die UWK se swembad na 'n verhitte swembad in Kaapstad of in die Strand. Die oefeninge duur van 6.30 tot 7.30nm. Die bus laai lede om 8.30nm. by die UWK se hoofingang af. Swemlesse en oefeninge op Sondae om 2.30nm. by die Strand se swembad (eie vervoer). Belangstellendes kan Elezanne Haneville by 952-4510 of Erich Harley by 959-4355 bel. Mnr. Harley wil namens die UWK swemklub se bestuur dankie sê aan al hul deelnemers en ondersteuners, sowel as die UWK se sportadministrasie. Die wonderlike samewerking en geduld van die personeel wat by die swembad self aan diens was, word ook waardeer. Volgens mnr. Harley sou die swemklub nie kon bestaan sonder dié ondersteuning nie.

More in this category: « 1995 Durban 1997 Germiston »

            NEW CONTENT

UA-55917683-1