1997 Germiston

12 - 15 March - Delville Pool

       
  Men       Women    
 
Free            
50            
100            
200            
400            
800            
1500            

Back            
100            
200            

Breast            
100            
200            

Fly            
100            
200            

IM              
200            
400            

Free relay              
200            
400            
800            
             
 
Medley relay              
200            
400            

Diving              
1m            
3m            
         
 
Synchronised swimming       Figures      
Synchronised swimming       Duets  

Water Polo Currie Cup     Northern Transvaal        
               
Ellis Brown Trophy            

 


Women Men

50 FREE

26.27    Helene Muller

26.40    Charlene Wittstock

26.71    Christine Cech

100 FREE

57.75    Helene Muller

58.01    Charlene Wittstock

58.05    Kim van Selm

200 FREE

2:04.60 Kim van Selm

2:06.19  Helene Muller

2:06.82  Kirsten van Heerden

400 FREE

4:27.20 Kim van Selm

4:29.94 Kirsty Coventry

4:29.95 Donna Leslie

800 FREE

9:11.55 Donna Leslie

9:14.66 Robyn Bradley

9:24.53 Alison Walker

1500 FREE

17:43.18 Robyn Bradley

17:51.68 Alison Walker

18:14.85 Yolandi Taljard

100 BACK

1:05.17  Charlene Wittstock

1:05.96  Taryn Ternent

1:06.38  Ingrid Theunissen

200 BACK

2:20.10 Charlene Wittstock

2:24.21 Ingrid Theunissen

2:24.87 Taryn Cokayne

100 BREAST

1:09.43 Penny Heyns

1:11.71 Julia Russell

1:12.52 Tanya Naude

200 BREAST

2:36.57 Julia Russell

2:37.43 Sarah Poewe

2:41.12 Tanya Naude

100 FLY

1:03.00 Candice Nethercott

1:03.06 Renate du Plessis

1:03.69 Kirsten van Heerden

200 FLY

2:22.79 Mandy Loots

2:23.09 Renated du Plessis

2:23.80 Taryn Smith

200 IM

2:22.56 Julia Russell

2:25.25 Lindsey Mooney

2:27.38 Chanelle Moolman

400 IM

5:09.24 Mandy Loots

5:09.38 Lindsey Mooney

5:16.08 Chanelie Moolman

50  FREE

22.62    Brendan Dedekind

23.56    Nicholas Folker

23.58    Laurens Vostoo

100 FREE

50.77'    Brendan Dedekind

52.00    Paul Fryer

52.21    Mark Duncan

200 FREE

1:54.01 Paul Fryer

1:56.64 Mark Duncan

1:57.84 Adrian Bosch

400 FREE

4:00.54 Ryk Neethling

4:07.72 Gustav Stander

4:08.17 Henk Markgraaff

800 FREE

8:17.03 Ryk Neethling

8:31.47 Gustav Stander

8:35.77 Anthony Rocchi

1500 FREE

15:50.74 Ryk Neethling

16:09.36 Gustav Stander

16:10.11 Anthony Rocchi

100 BACK

58.79 Greg Main-Baillie

1:00.12 Barend Nortje

1:01.13 David Nel

200 BACK

2:07.50  Greg Main-Baillie

2:08.29  Barend Nortje

2:12.33  Michielle Smits

100 BREAST

1:05.04 Peter Chilcott

1:05.06 Herman Louw

1:05.20  Christopher Stewart

200 BREAST

2:21.11 Terence Parkin

2:21.41 Peter Chilcott

2:22.74 Herman Louw

100 FLY

55.90    Theo Verster

57.00    Andrew Bradley

57.09    Justin Fourie

200 FLY

2:04.90 Theo Verster

2:08.65 Brynn Andrew

2:08.70 Gregg Pietersen

200 IM

2:07.28 Theo Verster

2:08.96 Adrian Bosch

2:10.90 Terence Parkin

400 IM

4:37.80 Adrian Bosch

4:39.05 Laurens Applecryn

4:40.23 Gustav Stander

 


13 Maart – Delville Swembad

Swemmers stel teleur in Germiston

GERMISTON. Miskien was dit die gure weer hier of dalk die berugte lugdruk wat verhinder het dat nie een van die swemmers gister by Absa se nasionale byeenkoms in die Delville swembad hier kon kwalifiseer nie vir die Pan Pasifiese byeenkoms wat in Augustus in Japan plaasvind.

Die Olimpiese swemmer Ryk Neethling van die Vrystaat, wat deesdae in Arizona, Amerika studeer, het in die 800 vryslag vir mans die krane oopgedraai, maar moes tevrede wees met 'n wentyd van 8 minute 17.03 sekondes - so wat 1.43 sekondes buite die kwalifiserende tyd vir die Pan Pasifiese byeenkoms.

Hy het egter gewys hy het nie sy gelyke in die lang-afstand vryslagnommers in Suid-Afrika nie deur sy spanmaat Gustav Stander met 14.43 sekondes te klop.

Stander was tweede in 8:31.47 met Anthony Rocchi van Transvaal derde in 8:35.77.

Kim van Selm van Natal het in die tweede nommer van die aand vir 'n verrassing gesorg toe sy die Olimpiese swemmer Helene Muller van Vaaldriehoek in die 200 vryslag geklop het.

Haar wentyd was 2:04.60, met Muller tweede in 2:06.19, gevolg deur Kirsten van Heerden (Natal) in 2:06.82.

Een van die swemmers wat baie teleurgesteld was dat hy nie vir die Pan Pasifiese byeenkoms kon kwalifiseer nie, is Paul Fryer. Hy het die 200 vryslag in 1:54.01 gewen, maar dit was nog 2 sekondes buite die kwalifiserende tyd.

Greg Main-Baillie (Natal) het in die 100 rugslag voetsole gewys en maklik in 58.79 gewen.

Mandy Loots van Transvaal het haar titel in die 200 vlinderslag verdedig deur in 2:22.79 te seëvier. Sy het die 15-jarige Renate du Plessis van die Westelike Provinsie met 'n skrale .30 van 'n sekonde geklop.

swem

 

Source: http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/1997/03/13/23/6.html (at 3/15/2014, 2:20 PM)

 

Sport

Brendon land se vinnigste swemmer en Penny puik

Marjolein van der Stad

GERMISTON. Met 'n Suid-Afrikaanse rekord wat gespat het en 'n wêreldkampioen in aksie, was daar gisteraand hier oorgenoeg opwinding by Absa Trust se nasionale swembyeenkoms in die Delville- swembad.

Die Natallers Penny Heyns en Brendon Dedekind was gisteraand die groot sterre, maar altesame ses swemmers het ook vir die Pan Pasifiese byeenkoms, wat in Augustus in Japan plaasvind, gekwalifiseer.

Dedekind het gisteraand onteenseglik bewys dat hy die vinnigste man in Suid-Afrikaanse water is, deur die Suid-Afrikaanse rekord in die 100 meter vryslag tot 50.77 sek. te verbeter. Fryer was tweede in 52.00.

Dedekind, 'n tweedejaar student in elektriese ingenieurswese aan die Florida State University in Amerika, was die gesamentlike houer van dié rekord (50.95) met Peter Williams en Paul Fryer.

Williams het dié rekord in 1991 by die nasionale byeenkoms in Kaapstad opgestel en Fryer het die rekord verlede jaar by die nasionale byeenkoms in die aflosnommer geëwenaar, terwyl Dedekind die rekord ook by die Olimpiese Spele in Atlanta geëwenaar het.

``Ek is verras met die tyd veral as 'n mens die koue toestande in ag neem. Ek is baie gelukkig met die tyd en omdat ek vir die Pan Pasifiese Spele gekwalifiseer het,'' het die beskeie swemmer gisteraand gesê.

Hy het gesê hy het verlede jaar die 100 meter verkeerd benader, maar vanjaar presies geweet wat om te doen. ``Verlede jaar het ek die oggend te vinnig probeer swem, wat my tyd in die aand geknou het. Vandag (gister) het ek die oggend net seker gemaak ek kwalifiseer vir die eindstryd en in die aand het ek alles ingesit en dit het gewerk,'' het hy gesê.

Heyns, die wêreldrekordhouer in die 100 meter borsslag en wenner van twee goue medaljes by die Olimpiese Spele, het gisteraand weer haar klas in die 100 meter borsslag getoon toe sy dit gemaklik in 1:09.43 gewen het.

Sy het egter die oggend in die uitdunne 'n vinniger tyd van 1:09.11 aangeteken. Met dié tyd het Heyns haar ook vir die wêreldbyeenkoms gekwalifiseer.

Haar spanmaat van Natal, Julia Russel, was tweede in 1:11.71, gevolg deur Tanya Naude (Tvl) in 1:12.52 en die 14-jarige Sarah Poewe (WP) in 1:12.65. Al vier dié swemmers het vir die Pan Pasifiese byeenkoms gekwalifiseer.

swem

 

Source: http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/1997/03/14/23/4.html (at 3/15/2014, 2:52 PM)

Sport

Heyns in swemspan vir Pasifiese Spele in Japan

Marjolein van der Stad

JOHANNESBURG. Suid-Afrika se Olimpiese heldin Penny Heyns is in die nasionale swemspan ingesluit vir die Pan Pasifiese gala van 10 tot 13 Augustus in Fukuoko, Japan.

Sy is een van vyf swemmers wat Suid-Afrika verlede jaar in Atlanta by die Olimpiese Spele verteenwoordig het, wat Saterdag in die Delville swembad in Germiston ná afloop van Absa Trust se nasionale gala die span gehaal het.

Die ander vier Olimpiese swemmers wat hul land in Japan sal verteenwoordig, is Brendon Dedekind, Ryk Neethling, Julia Russell en Helene Muller.

Dedekind en Neethling het Saterdag verseker dat die SA gala op 'n hoogtepunt eindig met hul vertonings in die kortste en langste vryslag-nommers.

Dedekind het die 50 m vryslag in 22.62 sekondes gewen en hom daarmee nie net vir die Pan Pasifiese gala nie, maar ook vir die Wêreldbyeenkoms in Januarie in Perth gekwalifiseer.

Neethling het hom in die 1500 vryslag vir die Pan Pasifiese gala gekwalifiseer deur heeltemal vir sy teenstanders weg te swem. Hy het in 15 minute 50.74 sekondes gewen. Neethling het drie titels (400-, 800- en 1500 vryslag) gewen.

Verster en Neethling is saam as die beste man-swemmers van die byeenkoms aangewys.

In die 50 vryslag vir vroue het die voorste drie swemmers die kwalifiserende tyd vir die Pan Pasifiese gala oortref. Muller het dié nommer in 26.27 gewen en haar tweede titel van die byeenkoms verower. Wittstock is as die beste vroue-swemmer van die byeenkoms aangewys.

Die Suid-Afrikaanse span is:

Mans: Brendon Dedekind (KZN), Ryk Neethling (VS), Theo Verster (KZN).

Vroue: Penny Heyns (KZN), Julia Russell (KZN), Sarah Poewe (WP), Tanya Naude (T), Helene Muller (Vaal), Charlene Wittstock (T), Christine Cech (KZN), Renate du Plessis (WP), Candice Nethercott (T).

swem

 

Source: http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/1997/03/17/11/11.html (at 3/15/2014, 3:42 PM)


WP se swemspan

Lede van die Aquarama swemklub in Bellville wat WP by die nasionale Varswater Menseredders kampioenskappe in Maart gaan verteenwoordig, is agter van links Christelle van Rensburg van die Laerskool Eversdal, Katherine Rabie van die Hoërskool Rustenburg in Rondebosch, en Jennifer Swanepoel van die Hoërskool Durbanville. Voor is Lisa-Ahn Loubser en Line Griffiths, albei van die Hoërskool Stellenberg in Bellville.

Pieter van der Vyver

swem

 

Source: http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/1997/02/10/9/4.html (at 3/15/2014, 4:28 PM)

 

Fairmont blink in bad op Ussasa kampioenskap

Mareza van Heerden van die Hoërskool Durbanville in aksie * Christelle Kanenberg van Durbanville wys haar slag in die bad. * Die tyd word geneem in die borsslag vir meisies o.16.

MEER as duisend jong swemmers van 40 Bolandse skole het die afgelope Saterdag op Malmesbury saamgetrek vir die Ussasa Boland skoleswemkampioenskap wat deur die Hoërskool Swartland by die dorp se munisipale swembad aangebied is.

Vanjaar se gala, wat in ideale weersomstandighede gehou is, is deur swemprestasies van besondere hoë gehalte gekenmerk. Nie minder nie as 22 rekords is vanjaar oortref, wat 'n weerspieëling is van die hoë standaard wat die jong swemmers gehandhaaf het. Juan- Pierre Reinecke van Paul Roos Gimnasium, Sanja du Plessis van Rhenish en Ezette Underhay van Stellenberg Hoër was drie van die grootste uitblinkers by vanjaar se gala. Reinecke het vier rekords laat spat en Du Plessis en Underhay elkeen drie. Die Hoërskool Fairmont van Durbanville se swemmers was die toppresteer ders, met dié van D.F. Malan tweede en HJS Paarl derde.

Ná afloop van die gala is twee spanne saamgestel wat aanstaande maand aan nasionale gala's sal deelneem. 'n Ussasa A-span sal op 7 en 8 Maart in Bloemfontein aan vanjaar se Ussasa skolekampioenskappe deelneem en 'n B-Ontwikkeling-span sal op 15 Maart aan 'n streekgala op Oudtshoorn deel neem. Die name van die spanlede sal eersdaags bekend gemaak word.

Johann van Tonder.

skole swem

 

Source: http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/1997/02/24/9/15.html (at 3/15/2014, 8:12 PM)

 

Heelwat juniors ingesluit in WP se swemspanne

DIE WP se swemspanne wat in Maart aan vanjaar se nasionale kampioenskapsgalas deelneem, is pas bekend gemaak. Ná hul skitterprestasies by vanjaar se WP junior en ope kampioenskappe in die Strand, is 'n groot aantal juniors in die WP se duik-, gesinchroniseerde swem en swemspanne ingesluit. Hulle is: DUIK: (Ellispark, 12-15 Maart): Grant Clark (Jesters), Rob Costa (Jesters) Rowan Bryant (Jesters), Imraan Mess (Jesters), Julie Matthew (Jesters) en Jane Woodward (Jesters). Bestuurder/afrigter: Linda Woodaard. GESINCHRONISEERDE SWEM: (Wanderers, Johannesburg: 12-15 Maart): Nikki Allen (Vineyard), Janine Braaf (Retreat), Gabi Christie (UK), Tarryn Hayden (Viking), Dominique Hector (Retreat), Tarryn Joshua (Retreat), Tasneem Kagee (Manta), Miche Masters (Retreat), Kim McGregor (Retreat), Donna Muller (Retreat), Jade Peters (Viking), Melody Robertson (Retreat), Lucille Townsend (Vineyard) en Carla Wichman (Retreat). Bestuurder: Sue Manners- Wood; Afrigter: Trish Hands. SWEM: (Germiston: 12-15 Maart): Michelle Dosson (Vineyard), Renate du Plessis (Bellville Aquarama), Natalie du Toit (Const. H&R), Gena Esterhuysen (St'bosch), Kathleen Moore (Vineyard), Sarahn Poewe (Vineyard), Belinda Wood (Strand), David Bloom (Vineyard), Alistair Douglas (Vineyard), Craig du Preez (Vineyard), Ryan Heydenrych (Strand), Daniel Kiepfer (Vineyard), Marius Momberg (Strand), Hendrik Odendaal (St'bosch), Brendon Pienaar (Vineyard), Christopher Twycross (Vineyard), Riaan van Rooyen (St'bosch), James Willcox (Vineyard) en Brett Wood (Strand). Bestuurder: Hugh Pollard; Assistent- bestuurder: Pierre de Roubaix; Chaperon: Jeanette du Plessis.

skole swem

 

Source: http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/1997/02/03/8/15.html (at 3/15/2014, 2:10 PM)

 

Sport

Driekamp kan opwindend verloop

Les Barnes

PORT ELIZABETH. Saterdag se nuwe ope driekampkompetisie wat om 09:00 by die hotel Gamtoos Ferry begin, kan heelwat opwinding verskaf.

William Beukes, die organiseerder, het besluit om drie kort kompetisies aan te bied. In die eerste been sal die deelnemers 200 m swem, 5 km fiets ry en 5 km hardloop. Tien minute ná die laaste deelnemer die stryd voltooi het, sal die tweede been begin. Dit begin met die 5 km hardloop. Daarna volg die 20 km fietsry en 200 m swem. Die derde en laaste been begin met die fietsry en dan volg die swem en hardloop.

Daar word uitgesien na 'n taai stryd tussen David Hyam en Jaco Loots, twee van Suid-Afrika se voorste driekampatlete.

Nic van der Berg (Kaapstad) en Craig Black (UPE) kan ook onder die voorstes eindig.

Die veteraan Kevin Richards, wat Springbok kleure ontvang het vir swem, menseredding en driekamp, tel ook onder die inskrywings. Richards, wat die laaste jare in Londen woon, is hier met vakansie. Nader inligting is beskikbaar by William Beukes (041)56-2856 of Roger Bezuidenhout by 082-574-1993.

sport

 

Source: http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/1997/02/05/12/5.html (at 3/15/2014, 2:16 PM)

 

Sport

Penny die beste

KAAPSTAD. Penny Heyns, Suid- Afrika se goue meisie van die swembad, is deur die gesaghebbende Amerikaanse swemtydskrif Swimming World as die beste swemster ter wêreld in 1996 bekroon.

Heyns, wat ook teen die einde verlede jaar as Suid-Afrikaanse Sportster van die Jaar aangewys is, moes meeding met sterre soos Michelle Smith en Amy van Dyken. Teen Heyns se wêreldrekord in die 100 borsslag (1:07.02) en haar Olimpiese rekord in die 200 borsslag (2:26.63) in Atlanta was dié Ier en Yank se aansprake egter nie bestand nie.

Wat Heyns se prestasie in Atlanta nog indrukwekkender gemaak het, is dat sy die eerste vrou was om dié gesogte dubbel by dieselfde Spele te behaal.

swem

 

Source: http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/1997/02/05/18/6.html (at 3/15/2014, 2:17 PM)

 

Sport

Turner beloon vir oefening

Andrew Turner (Aquabear), 23-jarige swemmer van die OP en Suid-Afrika swemmer wat aanstaande Sondag aan Valor se jaarlikse Redhouse Riviermylswem sal deelneem. Links is sy afrigter, oud-Springbok Brian Elliot wat die Redhouse myl in 1966'67'69 en 1970 gewen het.

Les Barnes

PORT ELIZABETH. Andrew Turner, 23-jarige swemmer van die Oostelike Provinsie en die klub Aquabear is beloon vir sy harde oefening en vordering die afgelope jaar met insluiting in die nasionale span wat van 17 tot 20 Februarie in Göteborg, Swede, aan die Wêreld kortbadgala sal deelneem.

Turner het sy plek beklink met sy goeie vertonings by die Suid- Afrikaanse kortbadgala vroeër vanjaar in Kaapstad.

Dit is 'n skitterende prestasie deur Turner om die nasionale span te haal as dit in ag geneem word dat hy weens sy studies jare laas 'n volle seisoen geoefen het. Turner het besluit om die volgende paar jaar voltyds te oefen. Sy mikpunt is 'n plek in die Suid-Afrikaanse span na die Olimpiese Spele in 2000 in Sydney, Australië.

Toekie Eckley, een van die OP se mees ervare beamptes, is uiteindelik beloon vir sy harde werk en getroue diens as 'n beampte.

Hy is gekies om in Göteborg op te tree as beampte. Eckley, wat verlede jaar in Zimbabwe opgetree het as beampte by die Afrika Spele, is die sameroeper van die OP se keurkomitee.

Die knap jong OP swemmers, Tracy Pretorius en Kyle Main was albei pragtig opstryk by die jaarlikse interprovinsiale gala tussen die Grens en OP in Oos-Londen. Pretorius en Main het albei nuwe OP rekords in die 400m-vryslag opgestel met tye van 4:39.9 en 4:30.12 onderskeidelik.

Die OP het toekomstige uitblin kers in in die belowende jong Jesica Romer, Velia Janse van Rensburg, Megan Bell, Dominque Montenari en Jamie Lee.

swem

 

Source: http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/1997/02/08/13/13.html (at 3/15/2014, 4:25 PM)

 

Sport

Kaap keer rug na sy top-vroue

Eben Human

KAAPSTAD. Die Kaap het sy rug gekeer na sy twee grootste vroulike sportsterre, die swemmer Marianne Kriel en die atleet Elana Meyer. Meyer mag as geskorste Bolandse atleet nie aan byeenkomste deelneem nie, terwyl Kriel nie as chaperone aanvaar is vir 'n Suid- Afrikaanse swemspan nie nadat daar glo besware was uit geledere van die Westelike Provinsie.

Niemand kan Meyer nou blameer dat sy reeds besluit het om geen baanwedlope meer vanjaar in Suid- Afrika te hardloop nie en liewer net oorsee sal deelneem indien sy toegelaat word.

Die Matie se aanvanklike plan was om kwalifiserende tye te probeer behaal vir vanjaar se Wêreld byeenkoms in Augustus in Athene. Haar planne is nou heeltemal in die wiele gery deur die Bolandse atletiekbase wat die afgelope twee jaar saam met Atletiek Suid-Afrika en die National Sports Council geen oplossings kon vind vir die provinsie se administratiewe probleme nie.

Kriel het reeds haar uittrede aangekondig uit swem nadat sy verlede jaar 'n bronsmedalje verower het by die Olimpiese Spele in Atlanta. Sy mik nou na 'n plek in die Suid- Afrikaanse menseredderspan wat in Australië gaan deelneem. Geliefde sportsoort ********************** Dié sportster van Bellville wil graag 'n verdere bydrae lewer tot haar geliefde sportsoort, maar is nou op haar beurt nie deel van die bestuur van die Westelike Provinsie se swemspan wat aanstaande maand aan die nasionale kampioenskapsgala in Germiston gaan deelneem nie.

Judy Slade, skakelbeampte vir die byeenkoms, het gister bevestig dat Kriel intussen saam met nog 'n Olimpiese swemheld, Penny Heyns, genooi is om as gaste van Transvaal die geleentheid by te woon.

Daar was gister ook gerugte dat Kriel ná besware van haar tuisprovinsie nie as chaperone vir die Suid- Afrikaanse span aanvaar is nie wat aan die kortbad-wêreldgala in Göteborg, Swede, gaan deelneem.

``Daar is glo mense wat gesê het ek is te jonk en nog te onervare om in die spanbestuur te dien,'' het Kriel gister gesê.

'n Woordvoerder van die nasionale beheerliggaam het gister bevestig dat die Olimpiese swemmer benoem is vir die spanbestuur. ``Daar is uiteindelik om finansiële redes besluit om haar nie saam te neem nie,'' was gister die amptelike verklaring. Meyer wil nou vroeg aanstaande maand aan 'n halfmarathon in Japan gaan deelneem en sal daarna in April saam met die Nataller Colleen de Reuck in die Boston marathon hardloop.

Michael Meyer het gister gesê sy vrou se deelname aan hierdie oorsese wedlope is steeds in die weegskaal terwyl sy geskors is. Intussen mag sy nie eens op haar eie tuisbaan aan 'n byeenkoms deelneem nie.

'n Mens wonder wat Suid-Afrika se Olimpiese sportheldinne ge sondig het om sulke behandeling te verdien.

atletiek

 

Source: http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/1997/02/13/26/4.html (at 3/15/2014, 4:40 PM)

 

Sport

Stander, Steenkamp gunstelinge in myl

Les Barnes

PORT ELIZABRETH. Gustav Stander en Janine Steenkamp, albei lede van Bloemfontein Seals se swemklub, gaan Sondag moeilik geklop word in Valor se Redhouse Riviermylswem. Die vroue sal om 11:15 swem en die mans om 12:00. Meer as eenduisend swemmers word verwag. 'n Rooskleurige swemtoe koms word voorspel vir Stander. Hy het die 1500m al in 16:05 geswem, en word deur die bekende OP swemafrigter Mark Edge beskou as die vinnigste 16-jarige swemmer in die wêreld oor 1500 meter. Hy is 'n sterk kandidaat vir die SA swemspan wat in die jaar 2000 in Sydney aan die Olimpiese Spele deelneem.

Simon Gray, Stander se afrigter, is daarvan oortuig dat die 16-jarige die potensiaal het om bo uit te kom.

Hy verwag dat Stander sal kwalifiseer vir die Wêreldbyeenkoms.

Stander, 'n lid van die nasionale span wat in April in Göteborg, Swede, aan die wêreld se kortswembadbyeenkoms sal deelneem, het verlede jaar in Brittanje die Britse junior rekord in die 400m verbeter.

Hy is ook die Suid-Afrikaanse ouderdomsgroepwenner in die 400m en 800m.

Die OP se Tracy Barber en die belowende Elzette Pretorius sal Steenkamp, 'n vorige wenner van die riviermyl, deeglik toets.

Steenkamp, wat dikwels lid was van die nasionale swemspan, het al baie Suid-Afrikaanse vryslagtitels gewen.

Sy is onlangs gekies vir die SA waterpolospan.

Laatinskrywings vir die mylnommers, teen R30 elk, en R5 vir die junior nommers, sal by die wegspring aanvaar word.

Meer inligting is beskikbaar by Linda Sjoberg (041) 34-2557 of Brian Elliot (041) 31-3626.

swem

 

Source: http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/1997/02/14/14/8.html (at 3/15/2014, 4:43 PM)

 

Aktueel

Swemsterre

Die Redhouse Riviermyl het gister onder groot opgewondenheid plaasgevind. Hayden Holmes (links) van die Aquabear Swemklub en Carl Main (13) van die PE Amateur Swemklub was onderskeidelik eerste en tweede in die mansafdeling. Andrew Turner van Aquabear het die derde plek behaal. In die vroue-afdeling het Tracey Barber van die PE Amateur Swemklub gewen, Tracey Pretorius, van dieselfde klub, het die tweede plek behaal en Julie Thompson, 'n individuele inskrywing, die derde.

Faizel Felix

swem

 

Source: http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/1997/02/17/3/4.html (at 3/15/2014, 6:07 PM)

 

Sport

Swem vir WP

Sestien van die Bellville Aquarama swemmers is in die WP laerskolespan opgeneem. Die kampioenskapsbyeenkoms was verlede naweek in Nuweland. Daar het hulle vyf vlinderslag-rekords opgestel. Die swemmers gaan in Maart in Durban (A-span) en Oos-Londen (B-span) deelneem aan die SA laerskole kampioenskapsbyeenkoms. Hulle is (agter, van links) Kishan Kalan, Carien Pieters (twee rekords, 50 en 100 m vlinderslag), Lee-Lanie Bothma, Mischa Kajee, Esmeralda Brettenny, David Durham (twee rekords, 50 en 100 m vlinderslag), Rykie Heyns en Jarred Larkin. Voor is Anesh Kalan, Harold Brettenny, Kenneth Brettenny (rekord 50 m vlinderslag), Adam Kajee, Manitz du Plessis, Warren Lilley en Claire van der Westhuizen. Hulle word afgerig deur Heinz Dietrich.

swem

 

Source: http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/1997/02/19/39/5.html (at 3/15/2014, 6:46 PM)

 

WP swimmers

Four pupils of Table View Primary School were chosen to represent their school for WP primary schools swimming. Pamela Darlington (u12) and Damon Ball (u12) were chosen for the A team and Angela Craemer (u13) and Shira Pooley (in front, u10) for the B team. The A team will compete at the SA championships in Durban and the B team in East London. Both events are held next month. With the swimmers are Mrs Pam Ritchie and Mr Chris Dippenaar (headmaster).

swem

 

Source: http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/1997/02/26/4/40.html (at 3/15/2014, 8:18 PM)

 

Competing for WP

Juannel Brits of the De Grendel School in Milnerton will be competing in the SA swimming championships in Bloemfontein next month. He has been chosen to represent the WP team after acquiring the highest score for his school in various heats at an inter-school competition in Newlands.

swem

 

Source: http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/1997/02/26/25/16.html (at 3/15/2014, 9:21 PM)

 

Sport

Leier van WP swemspan

Angela Kiepfer, 'n st. 6-leerling aan die Springfield Klooster, gaan die WP span aanvoer na die nasionale Varswater Menseredders kampioenskappe wat van 13-15 Maart in Kroonstad gehou word. Angela (14) van Constantia word deur haar sweminstrukteur, Karoly von Toros, in Kenilworth afgerig. Sy is ook vir Ussassa se WP watersportspan (swem, duik en sinchro-swem) gekies, wat van 7-8 Maart in Bloemfontein gaan deelneem. Angela het onlangs tweede geëindig in die 200m wissel-aflos vir o.14's tydens die WP kampioenskappe vir hoër skole by die swembad in Nuweland.

Pieter van der Vyver

swem

 

Source: http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/1997/02/10/8/11.html (at 3/15/2014, 4:28 PM)

 

Lynton wys sy swemslag

Die 15-jarige Lynton Radloff van Kaap Recife Skool in die Baai is 'n knaap met deursettingsvermoë. Hy het die Oostelike Provinsie swemspan gehaal deur slegs pouses by die skool te oefen. Lynton het verlede jaar ook die SA Somer Spele in Gauteng en die SA Ontwikkeling Spele in die Baai deelgeneem. Hy is veral goed in bors- en vryslag.

swem

 

Source: http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/1997/02/17/6/2.html (at 3/15/2014, 6:08 PM)

 

Port Alfred se swemmers bobaas

PORT ALFRED Hoërskool Port Alfred se 33 swemmers het goed gevaar in die interskole swemkompetisie om die Dolfyne skild in Grahamstad.

Van Port Alfred se uitblinkers is: David Krige (wen rugslag en borsslag en tweede in vlinderslag), Sandra Knight (wen rugslag), Angela Harris (tweede in vryslag), Nicole Howard (wen rugslag en vryslag en derde in borsslag), Kelly Gardner (derde in vryslag), John-Luke Collyer (wen rugslag en vryslag en tweede in borsslag), Greg Kieck (wen vlinderslag, rugslag en vryslag), Warren Vermaak (wen borsslag en tweede in rugslag en vryslag), Derryn Howard (derde in rugslag en borsslag), Gavyn Letley (tweede in vryslag en derde in rugslag) en Mark Kieck (wen vlinderslag en tweede in borsslag).

Port Alfred se o.10 meisies en o.12 seuns het die kompetisie vir hul onderskeie ouderdomsgroepe gewen. Phyl Cook.

swem

 

Source: http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/1997/02/17/7/1.html (at 3/15/2014, 6:08 PM)

 

Zaida swem sterk

Die 12-jarige Zaida Jardine van Athlone wat verlede week aan die WP swemuitdunne by die Nuweland swembad deelgeneem en die o.13-borsslag in 'n tyd van 1 min. 29,27 sek gewen het.

Pieter van der Vyfer

swem

 

Source: http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/1997/02/17/11/1.html (at 3/15/2014, 6:09 PM)

 

Superbok

Marianne Kriel het vir die derde keer Springbok geword. Sy is gekies vir die Suid-Afrikaanse Lewensreddingspan, wat aan die Wêreld Lewensredding Kampioenskapstoernooi gaan deelneem. Kriel, ook 'n Springbok in swem en tweekamp, oefen hier saam met Tracey Telford (middel) en Jacqueline King (regs).

Roger Sedres

Sport

 

Source: http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/1997/02/20/1/8.html (at 3/15/2014, 6:46 PM)

 

Sport

Marianne en Gary die Sterre

Die Olimpiese swemmer Marianne Kriel (naasregs), wenner van 'n bronsmedalje verlede jaar in Atlanta, en die krieketspeler Gary Kirsten (naaslinks), kolfheld van die Westelike Provinsie en Suid-Afrika, is gisteraand aangewys as die Wes-Kaaplandse Sportsterre van die Jaar. By dieselfde spogdinee van die Wes-Kaaplandse Sportskrywersvereniging en Sanlam in 'n vyfster hotel in Kaapstad, is Malcolm Pringle, wenner van 'n goue medalje by die Paralimpiese Spele in Atlanta, en Nadene de Kock, die land se voorste vroulike gimnas, vereer as die junior sportsterre van 1996. Die gasspreker gisteraand was Sydney Maree, gewese wêreldrekordhouer in die 1500 meter.

Johann van Tonder

sport eretoekennings

 

Source: http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/1997/02/21/22/7.html (at 3/15/2014, 6:53 PM)

 

Sport

Só lyk OP laer skole se swemspan

DIE Oostelike Provinsie se laer skole A-swemspan wat op 8 en 9 Maart in Durban aan die Suid-Afrikaanse gala vir laerskoolswemmers sal deelneem, is: Meisies: o.9: K. van Antwerpen (Lorraine), R. Green (Clarendon), C. Sansom (Erica). J. Rogers (Sondagsrivier). o.10: A. Greeff (Fort Beaufort). M. van Onselen (Lorraine), J. Kilian (Collegiate), J. Saunders (Lorraine). o.11: D. Montanari (Kabega), J. Bothwell (Riebeek), J. Römer (Erica), V. Janse van Rensburg (Collegiate). o.12: L. Terblanche (Erica), C. Brown (Collegiate), N. Price (Lorraine), Y. Pretorius (Summerwood) .o.13: E. Scheepers (Kabega), L. Groenewald (Handhaaf), C. Kilian (Collegiate), C. Chowles (Herbert Hurd). Seuns: o. 9: J. Koekemoer (Kingswood), C. Mitchell (Summerwood), G. Oosthuizen (Summerwood), L. Crawford. o.10: J. Tarr (Priory), J. Smith (Herbert Hurd), C. Brown (Grey), P. Kuhn (Frans Conradie) o.11: N. Lavery (Grey), T. Botha (Summerwood), C. Pasio (Grey), T. Oosthuizen (Summerwood). o.12: M. Reddering (Summerwood), M. Bateman (Grey), G. Kieck (Port Alfred), H. Engelbrecht (Kabega), C. Scholtz (Fort Beaufort). o.13: D. Coetzee (Sunridge), M. Potgieter (St Augustines), T. de Lange (Kabega), M. van der Westhuizen (Summerwood), W. Terblanche (Clarendon).

Die B-span, wat op 8 en 9 Maart in Oos-Londen sal deelneem, is: Meisies o.9: A. Bester (Kingswood), M. Lange (Collegiate), E. Simpson (Herbert Hurd), D. Fensham (Collegiate). o.10: J. Sonneman (Herbert Hurd), L. Blom (Fort Beaufort), C. Clohessy (Riebeek), N. Daniel (Kirkwood). o.11: L. van Jaarsveld (Lorraine), M. J. van Rensburg (Summerwood), M. Bell (Collegiate), M. Oosthuizen (Summerwood). o.12: L. Wood (Clarendon), C. Loft (Riebeek), C. Delmar (Sondagsrivier), N. Whyte (Sondagsrivier), C. Bezuidenhout (Lorraine).

u.13: C. Malherbe (Summerwood), N. Snodgrass (Clarendon), C. Norman (Erica), N. Bouwer (Summerwood), D. Loots (Summerwood).

Seuns: o.9: D. Muller (St. George), R. Sjoberg (Grey), D. Shaw (Grey), L. Cothill (Grey). o.10: C. Malan (St. George), D. Cothill (Grey), R. Greyvenstein (Summerwood), M. Tayler-Smith (Sondagsrivier). o.11: G. Scheepers (Kabega), M. McClelland (Muir), T. Sjoberg (Grey), C. de Zitter (Sunridge), o.12: C. Stottelaar (Clarendon), R. Matthee (Kabega), D. Leo (Muir), S. Bradshaw (Grey). o.13: R. Rieder (Sunridge), N. Sjoberg (Grey), J. Steinbach (Grey), R. Broekman (Herbert Hurd). Die duikspan is: meisies: o.10: S. Wright (St Georges). o.12: J. Dreyer (Collegiate), o.14: L. Killian (Lorraine). Seuns: o.12: G. Powell (Grey), o.14: W. York (Clarendon). (Les Barnes).

swem

 

Source: http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/1997/03/03/6/6.html (at 3/15/2014, 10:22 AM)

 

Sport

OP junior swemmers vereer

PORT ELIZABETH Die Oostelike Provinsie se voorste junior swemmers is soos volg vereer op die OP- skolebyeenkoms by Newton Park se swembad: Victrix Ludorum o.14: Elzet Pretorius (Collegiate), Chantal Pryce-Lewis; o.16: Tracey Pretorius (Collegiate), Lindsay-Rae Hitzeroth (Collegiate); o.19: Tanya Kemp (Alexander Road).

Victor Ludorum, o.14: Ricardo Lindsay (Grey); o.16: Kevin Bareira (VP); o.19: Gary Carter (Grey).

Finale puntestand: meisies o.14: Collegiate 134, Alex 116, Union High 60; o.16: Collegiate 191, Alex 92, Framesby 79; o.19: Collegiate 167, DSG (Grahamstad) 106, Alex 96. Totaal: Collegiate 457, Alex 316, Woodridge 180.

Seuns o.14: Grey 138, Alex 98, St. Andrews 84; o.16: Grey 129, VP 121, Alex 83; o.19: Grey 147, Woodridge 120, Alex 74. Totaal: Grey 441, Woodridge 271, Alex 260.

Seuns- en meisieskole: Alex 576, Woodridge 451, Victoria Park 234.

Die OP span vir die SA Skolegala op 7 en 8 Maart in Bloemfontein is: Swem: Ryan Brooks (Alex), Dino Druissi (Alex), Kirsten Hayselden (Alex), Tanya Kemp (Alex), Richard Massenkamp (Alex), Richard Rigelink (Alex), Lindsay-Rae Hitzeroth (Coll), Lindi McNaughton (Coll), Emily Naylor (Coll), Elzet Pretorius (Coll), Tracey Pretorius (Coll), Tarryn Tjasink (Coll).

Lindsay Watson (Coll), Marisa Woolley (Coll), Chantal Pryce-Lewis (Comm), Murray Bailes (DP), Adrienne Muller (DSG), Gayle Rutherford (DSG), Anna-Mart Coetzee (Fram), Antonela Grobler (Fram), M. Jamneck (Fram), Danie Slabbert (Fram), Ruan Vorster (Fram), Stephen Bekker, Gary Carter, Grant Galloway, Kyle Main, Daniel Watson, Roth Watson, S. Watson, Valance Watson (almal Grey), Shaun Harris (Kabega), Daven Raepsaet (Muir), M. Kieck (Port Alfred, Riana Greyvenstein, Wicus Malherbe (albei Pearson), Melissa Gamble (Riebeek), Kevin Bareira, Gerard Forlee, Dean Nolte, Amy Stottelaar (almal Vic toria Park), Vincent Kruse (Woodridge).

Sierswem: Bridey-Lee Sharp (Alex), Lucille Bowman, Melanie Norden, Diane Smit, Pamela Vale (almal Collegiate), Tammy Bradfield, Jillian Powell (albei Woodridge) en Tracy Masters (Alex).

Duik: Marc Dreyer, Ian Norden, Adam Powell, Eddie Galpin (almal Grey), Kate O'Neill (VP), Claire Scott, Natasha Thompson (albei Collegiate).

B-span na interprovinsiale gala op 14 en 15 Maart op Oudtshoorn: Alica Alfonsos, Nicholas Broekma, Kurt Cain, Megan Greeff, Julie Rudman, Deneal van Onselen, Debbie Wallace (almal Alex), Natalie Groenewald (Brandwag), Lauren Nasmith (Collegiate), Lisa Theron (Collegiate), Jessica McComb (Cradock), Raymond Roesstorff (DF Malherbe), Nicky Bretherick, Debbie Pococ, Vanessa Randon (almal DSG), Janine Gardiner, R. Lingenfelder, Yolande Mathee (almal Framesby), Jaco Bekker, Duncan Groves, Amore Nel (almal Gill), Garreth Burmeister, A. Ebert, Bruce Hilligan, Kurt Hitzeroth, Ryan Holmes, Scott Holmes, Mark Jordan, Garreth Reeves, Anthony Stott (almal Grey), D. de Wet Steyn, J. Fetting, P. Hattingh, J. Soden, J. Thomas (almal Kingswood), Liesl Norman (Lawson Brown), D. Barsman, E. Rothman Adien Lawson (almal Muir), Peet Brink, Clinton Johnson (albei Newton Tech), Claire Alexander, Karen Burmeister, Bernard Jansen, Matt Kritziger, Eugene McCall, M. van Deemter (almal Pearson), Tarryn Gillmer, Leigh-Ann McLaughlin, Tammy McNicoll, Samantha Vaghi, Teresa Vaghi (almal Riebeek), M. Muller, A. Scallan, R. Wallis (almal St. Andrews), Garreth Horrocks (Theodor Herzl), F. Botes, C. Weyer, L. Weyer (almal Union), C. Seach (Alex), J. Crichton (VG), T. Ridden (VG), O. Dippenaar (Volkskool), Kerry Breetzke (VP), Jenny Minnaar (VP), Abigail Theron (VP), A. Bezuidenhout (Winterberg), C. Briggs, Steven Kempton-Jones, Andrew Perkins, Craig Taylor, Grant White, Megan Wittet, Nuno Xavier (almal Woodridge). Les Barnes.

swem

 

Source: http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/1997/03/03/7/17.html (at 3/15/2014, 10:23 AM)

 

Sport

Swemproewe

Die WP swemproewe is onlangs in die Nuweland swembad gehou, waar die 12-jarige Zaida Jardine van Athlone die borsslag vir meisies o.13 in 1 min. 29,27 sek gewen het.

Pieter van der Vyver

swem

 

Source: http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/1997/03/03/11/15.html (at 3/15/2014, 10:25 AM)

 

Hulle swem vir Boland

Nege swemmers van Tygervallei swemklub is gekies om Boland te verteenwoordig by die SA Skolekampioenskappe wat in Maart gehou word. Hulle is v.l.n.r. agter: Merise Ehlers, Marissa Rossouw, Louise Coetzee en Marzanne le Roux. Hulle afrigters is die voormalige WP swemmer en SA rekordhouer Bruce Snodgrass.

swem

 

Source: http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/1997/03/10/11/10.html (at 3/15/2014, 12:42 PM)

 

 

Kabega swemmers kook

Die Laerskool Kabega se swemmers het die afgelope seisoen so presteer dat hulle voortaan in die gevorderde galas sal deelneem waar hulle vroeër in die C-groep galas deelgeneem het. Vyf swemmers is in die OP se A-span opgeneem wat in Durban aan die nasionale byeenkoms deelgeneem het, terwyl twee ook in die B-span was wat in Oos-Londen teen die res van Suid-Afrika geswem het. Agter is van links Clinton Deysel, Shaun Harris, Chantal Galwas, Cindy Meyer, Erika Scheepers, Danelle Leach, Alison Dawson en Theuns de Lange. In die middel is Riaan Pretorius, Adri du Plessis, Danillo van Eck, Gavin Scheepers, Alheit Bezuidenhout, Rosché Matthee en Jacqueline Greyling. Voor sit Charl Bezuidenhout, Hannes Engelbrecht, Melissa Gerber, Pauline Janse van Rensburg, Dominique Montanari en Nicole Vongers. Herman, Dominique, Erika, Theuns en Shaun is die OP verteenwoordigers in die A-span terwyl Gavin en Rosché die OP B span verteenwoordig het.

swem

 

Source: http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/1997/03/17/7/19.html (at 3/15/2014, 3:35 PM)

 

Swemsensasie

Die 11-jarige Carien Pieters van die Bellville Aquarama klub in aksie by een van die talle gala's waartydens sy al vanjaar haar uitsonderlike talent bevestig het. Carien, 'n leerling van die Laerskool Eversdal, het in Januarie vanjaar drie goue medaljes (100 m vryslag, 100 m vlinderslag en 50 m vryslag) en 'n silwermedalje (100 rugslag) by die WP Jack Currie junior kampioenskapsbyeenkoms in die Strand verower. In die 100 m vlinderslag het sy 'n WP rekord van 1:13.16 vir meisies o.12 opgestel en in die 50 m vryslag 'n nasionale ouderdomsrekord van 31.36 sek vir meisies o.11. By die SA laerskole-kampioenskapsbyeenkoms vroeër vandeesmaand in Durban, het sy twee goue medaljes (50 m vlinderslag en 100 m vlinderslag) verower. Haar afrigter is Heinz Dittrich. Foto:

Pieter van der Vyver

swem skole

 

Source: http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/1997/03/17/10/10.html (at 3/15/2014, 3:40 PM)

Swemgala in Gelvandale

Tarryn Booysen maak gereed vir die 50m-vryslag vir meisies o.10. * Mev. Ilona Marriott hou tyd vir een van die swemitems wat by die swemgala gehou is. * Candice Schamdreel het op 'n swemgala wat onlangs by die Gelvandale swembad plaasgevind het, aan die 50m-vryslag vir meisies o.13 deelgeneem.

Beresford Bruiners

swem

 

Source: http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/1997/03/18/12/3.html (at 3/15/2014, 4:03 PM)

 

swem vroue winkels

 

Source: http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/1997/02/06/13/4.html (at 3/16/2014, 12:16 PM)

 

Sport

Duisende swem

DURBAN. Die Midmar Myl is waarskynlik die wêreld se grootste swemnommer nadat 9225 inskrywings ontvang is vir die byeenkoms by die Midmardam naby Howick. Sowat 4000 deelnemers sal van Gauteng reis om aan te meld vir die groot geleentheid.

 

More in this category: « 1996 Durban 1998 Durban »

            NEW CONTENT

UA-55917683-1