1998 Durban

1 - 6 April - Kings Park

       
  Men       Women    
 
Free            
50            
100            
200            
400            
800            
1500            

Back            
100            
200            

Breast            
100            
200            

Fly            
100            
200            

IM              
200            
400            

Free relay              
200            
400            
800            
             
 
Medley relay              
200            
400            

Diving              
1m            
3m            
         
 
Synchronised swimming       Figures      
Synchronised swimming       Duets  

Water Polo Currie Cup     Northern Transvaal        
               
Ellis Brown Trophy            

Ryk Neethling


Ryk en Brendon kan skitter in bad

KAAPSTAD. Ryk Neethling en Brendon Dedekind wenners van vier titels by die pas afgelope Amerikaanse Universiteitegala sal die hoofrolle vertolk by die nasionale kampioenskapsgala en Olimpiese proewe wat vandag in die King's Park swembad in Durban begin.

'n Vlugvoos Neethling het gister in Suid-Afrika aangekom nadat hy die afgelope naweek die een titel ná die ander by die NCAA (National Collegiate Athletic Association) gala in Auburn, Michigan ingeryg het.

Dedekind, wenner van die glansnommer, die 50 vryslag, word egter eers vanaand in Durban verwag en sal sy rol as top-gekeurde vir vandag se 100 borsslag moet prysgee.

Neethling het in Auburn 'n ongeëwenaarde prestasie behaal deur drie titels (in die 200, 500 en 1650 tree vryslag) in te palm. Die 21-jarige Neethling sal op dié segetog wil voortbou, maar hy sal ook sy plek wil beklink in die Suid-Afrikaanse span vir die Statebond Spele in Maleisië.

Netdie swemmers wat in Durban goud of silwer wen en binne die kwalifiserende vereistes vir die Statebond Spele klaarmaak, sal vir Kuala Lumpur oorweeg word.

Zaida Jardine van die Westelike Provinsie het dié seisoen groot op gang gemaak en is byna 'n seker keuse om as ontwikkelingswemmer in die span ingesluit te word. Renate du Plessis begin vandag die WP swemmers se aanslag op 'n verwagte groot medalje-oes in die 100 vryslag. Die 16-jarige Bellvilliet is vierde gekeur in die nommer. Helene Muller van die Vaaldriehoek is die gunsteling om die openingsnommer van vanjaar se gala te wen.

Die Kaapse span is goed verteenwoordig in die 400 wisselslag vir vroue, met vier swemmers onder die voorste tien gekeurdes. Amanda Clegg, deesdae 'n student in Amerika, en die 14-jarige opkomende ster Natalie du Toit is onderskeidelik tweede en derde gekeur.


Du Toit skitter met Afrika rekord

KAAPSTAD. Die 14-jarigeNatalie du Toithet gisteraand in die Kings Park swembad by die nasionale kampioenskapsgala 'n nuwe goue era vir swem in die Westelike Provinsie ingelui met 'n skitterende nuwe Suid-Afrikaanse en Afrika rekord in die 400 wisselslag. As bonus het sy ook vir die Statebond Spele gekwalifiseer!

Die leerling in graad nege aan die Wynberg Girls High was die groot verrassing op 'n aand waarop ses swemmers die kwalifiserende tyd vir die Statebond Spele later vanjaar in Kuala Lumpur oortref het.

Swem in die WP, uitgehonger vir nuwe helde ná die uittrede van Marianne Kriel en voor haar Annette Cowley en kie, het gisteraand onverwags in Du Toit iemand ontdek wat dié rol kan vertolk.

Du Toit was die naasvinnigste kwalifiseerder in gisteroggend se uitdunne, waar die Gautenger Mandy Loots die pas aangegee het. Du Toit het egter in die eindstryd te veel skietgoed vir die ervare Gautenger gehad.

Loots het oor die eerste 100 meter (rugslag) die pas aangegee, met die borslagbeen het sy die gaping toegemaak en toe die swemmers draai vir die vryslag en laaste 100 was hulle kop-aan-kop.

``Dit was so onverwags. Alles het volgens plan verloop, maar ek het glad nie só 'n vinnige tyd verwag nie,'' het 'n oorstelpte Du Toit gisteraand uit Durbangesê. Ryk Neethling, pas terug van 'n driekuns by die moordende NCAA gala in Michign, het soos verwag op sy gemak die 200 vryslag gewen. Sy tyd van 1:51.60 is ook gerieflik binne die Statebond Spele vereiste. James Wilcox van die WP was vierde in 1:55.28.

Die 20-jarige Chris Stewarthet vir die teleurstelling om die eindronde van die 100 borsslag mis te loop vergoed. Maar sy skittertyd van 1:03.71 in die troosfinaal was eintlik skrale troos. Dié tyd sou hom nie alleen goud besorg het nie, maar dié tyd is ook ver duskant die kwalifiserende tyd vir Kulala Lumpur. Ongelukkig vir Stewart sal netdie swemmers wat die kwalifiserende tyd in die eindstryde oortref oorweeg word.

Brett Peterson het in die eindstryd die kwalifiserende tyd oortref met 'n wentyd van 1:04.14. Die Kaapse span het in die 800 vryslag aflos vir vroue 'n welverdiende tweede plek behaal in 8:36.72, met die twee Natalse spanne wat die ander podium-plekke ingeneem het.

Die skitterende jong swemmers van die Kaap, Sarah Poewe en Julia Russell, sal vandag in die afwesigheid van die wêreldrekordhouer, PennyHeyns, sake om die goue medalje en 'n plek in die Statebond Spele span uitspook in die borsslag.

 


Poewe naelskraap geklop om titel

KAAPSTAD. Sarah Poewe het gisteraand by die nasionale kampioenskapsgala in die Kingsparkse swembad goud met haar heel laaste haal verloor, maar die 14-jarige swemmer van die Kaap kan danksy 'n spogtyd in die 200 borsslag solank haar tasse vir die Statebond Spele pak.

Die onttrekking van die dubbele Olimpiese kampioen Penny Heyns aan vandeesweek se nasionale proewe wat ook as proewe vir die Statebond Spele dien, het die gala baie van sy glans ontneem.

Maar Heyns se kroonprinsesse, Poewe en die ervare Julia Russel het vir groot opwinding gesorg in een van die taaiste tweestryde tot dusver die week.

Poewe was met enkele meters oor nog voor haar gesoute teenstander, maar die uitgeslape Russel het met die einde in sig met 'n enkele haal vir die muur gereik, terwyl Poewe nog 'n ekstra haal wou inpas.

Dié enkele klein glipsie het die jong Kapenaar goud gekos.

Russel was eerste in 2:33.56, Poewe, wat Suid-Afrika saam met Russel in die borsslag verteenwoordig het by die wêreldgala vroeër vanjaar in Australië, het ses honderdstes van 'n sekonde ná Russel klaargemaak in 233.62.

Tanya Maude van Gauteng het brons gewen in 2:35.02 ook vinniger as die kwalifiserende vereiste. Net die eerste twee swemmers in elke nommer sal egter vir die span na Kuala Lumpur oorweeg word.

``Sarah het net daardie ekstra haal te veel gegee, maar sy het fantasties geswem. Dit is haar naasbeste tyd nóg in die nomme. Ek glo sy gaan in die 100 (borsslag) selfs nog beter doen,'' het haar afrigter Karolyi von Torros, gisteraand gesê.

Sewe swemmers het gister die kwalifiserende vereiste vir die Statebond Spele oortref. Die 17-jarige Terence Parkin van Kwazulu-Natal het die 400 wisselslag in 'n tyd van 4:29.29 gewen, met die Vrystater Ryk Neethling, meer bekend as Suid-Afrika se vryslag-koning 'n haarbreedte agter hom in die tweede plek in 4:29.75 albei het binne die kwalifiserende tyd klaargemaak.

Kim van Sel het 'n suksesvolle aand vir die gasheerspan afgesluit met nog 'n kwalifiserende tyd en goud in 2:03.05 in die 200 vryslag. Renate du Plessis, die WP se vlinderslagspesialis, was sewende in 2:07.75.

Theo Verster, nog 'n lid van Suid- Afrika se span vroeër vanjaar by die wêreldgala in Perth, het sy plek na Kuala Lumpur bespreek met 'n puik wentyd van 55.39 in die 100 vlinderslag. Verster se spanmaat van Kwazulu-Natal, Andrew Bradley was tweede in 56.02.


Penny wil ná Spele groet

DURBAN. Penny Heyns, wenner van twee Olimpiese goue medaljes, wil ná die volgende Spele in 2000 in Sydney nie meer aan swem deelneem nie.

Heyns het gesukkel met haar motivering, was byna uitgebrand en het selfs uittrede oorweeg. Die 23-jarige Christen sê egter God is haar inspirasie om nog twee jaar deel te neem.

``Ek gaan beslis ophou ná die Spele. Ek sal nie daarna aanhou nie,'' het sy gesê hier by die Absa nasionale swembyeenkoms.

Die Nataller sê sy geniet dit steeds om mee te ding.

``Ek geniet dit om te reis. Ek geniet dit ook om ander swemmers te ontmoet. Ek glo nie ek is al reg om tou op te gooi nie,'' het Heyns gesê.

Die Olimpiese en wêreldrekordhouer in die 100 en 200 borsslag het gesê sy het haar aan die nasionale byeenkoms onttrek om haar meer kans te gee om oor haar toekoms te dink al het dit beteken dat sy haar kans verspeel om in aanmerking te kom vir die span wat in September aan die Statebond Spele in Maleisië gaan deelneem.

``Ná die Spele was alles net 'n wilde jaagtog. Ek wou almal net tevrede hou. Ek het net geswem omdat dit van my verwag is.''

Heyns sê sy moet nou eers weer begin fokus. Sy sê sy wil nie meer na 'n byeenkoms gaan en net nog 'n middelmatige vertoning lewer nie.

``Ek is nou 'n bietjie moeg daarvoor,'' het Heyns gesê, wat verlede jaar nie oorwinnings kon behaal by die top-byeenkomste nie.

Die Nataller kon by vanjaar se Wêreldbyeenkoms nie 'n medalje wen nie en by verlede jaar se Studentespele kon sy net silwer verower.

Heyns gaan binnekort terugkeer na haar ou afrigter, Jan Birdman in Calgary, Kanada. Sy hoop om dan weer haar voete te vind. (Sapa)


Thirsk kwalifiseer ook vir Spele

KAAPSTAD. Simon Thirsk het die Westelike Provinsie se swem renaissance gisteraand hier by die nasionale kampioenskapsgala in die Kingsparkse swembad tot nog 'n nuwe hoogtepunt gevoer toe hy die derde Kaapse swemmer geword het om die kwalifiserende vereiste vir die Statebond Spele te oortref.

Thirsk, deesdae 'n studentin Hawaii, het die 200 rugslag gisteraand in 'n skitterende 2:04.68 gewen gerieflik binne die kwalifiserende vereiste vir Kuala Lumpurvan 2:05.37.

Die 20-jarige Thrisk het Gary Albertyn se SA rekord (2:04.36) ook net-net misgeloop. Thirsk se span maat Christophe Twycrosse het 'n goeie sewende plek in die eindronde behaal met 'n tyd van 2:09.91.

``Ek was 'n bietjie senuagtig. Ek was desperaat om die kwalifiserende tyd te haal. Ek moes iets begin doen om my internasionale loopbaan aan die gang te kry. Ek is baieopgewonde oor my tyd,'' het 'n verheugde Thirsk gisteraand gesê.

Die spoedvraat, Brendon Dedekind, pas terug in Suid-Afrika nadat hy verlede naweek by die Amerikaanse Studente gala in Michigan goud in die 50 vryslag gewen het, het Herman Louw se aanslag in die 100 vryslag afgeweer om in 51.33 te wen. Louw, net ses honderdstes van 'n sekonde agter Dedeking, in die tweede plek in 51:39 is ook goed genoeg om hom op die kortlys na Kuala Lumpur te plaas.

Hendrik Odendaal van die WP het die troosfinaal in 53.24 gewen.

Taryn Ternent van Gauteng het vir 'n effense verrassing gesorg toe sy die gunsteling, Charlene Wittstock, om die goue medalje geklop het. Ternent het in 1:04.55 geseëvier met Wittstock tweede en Ingrid Theunissen van die WP derde in 1:05.97.

Kim van Selm se wentyd van 4:20.79 is net agt honderdstes van 'n sekonde stadiger as die kwalifiserende tyd wat vir Kuala Lumpur benodig word, maar vir die KwaZulu- Nataller is daar darem die troos dat sy reeds vroeër vandeesweek in die 200 vryslag só gemaak het.


Thirsk verpletter sy held se rekord in bad

KAAPSTAD. Nie so lank gelede nie het Simon Thirsk byna die grond aanbid waarop Seddon Keyter geloop het gisteraand het Thirsk by die nasionale swemgala in Durban sy eertydse held se Suid-Afrikaanse rekord in die 100 rugslag verpletter en weer eens vir die Statebond Spele gekwalifiseer.

Die blonde Kampsbaaier se skittertyd van 57:03, wat ook Gary Albertyn se Afrikarekord uit die boeke gevee het, was een vandie groot hoogtepunte op die voorlaaste dag van die nasionale gala wat ook as proewe vir die Statebond Spele dien.

Keyter se rekord het ses jaar byna onaantasbaar gelyk voor Thrisk sy aanslag gister geloods het. Keyter het Suid-Afrika in 1992 by die Olimpiese Spele in Barcelona verteenwoordig. Die 20-jarige studentaan die Universiteit van Hawaiihet reeds in die oggend se uitdunne sy eerste proesel van Keyter se rekord gehad met 'n puik 57.53. Maar hy het geweet hy moet dié vertoning in die eindronde herhaal om sy tweede kwalifiseren de tyd van die byeenkoms te behaal. Hy het ook in die 200 rugslag gekwalifiseer.

``Ek onthou hoe ek destyds opgesien het na Seddon. Hy was so groot en sterk (oor die ses voet). Hy was ongetwyfeld my groot swemheld in Suid-Afrika, wat dit soveel lekkerder maak om sy rekord te verbeter.

``Ek is absoluut in ekstase. Ek is baiein my noppies met die tyd, maar ek gaan môre (vandag) probeer om in die wisselslag-aflos die rekord verder te verbeter hopelik tot onder 57 sekondes,'' het 'n uitgelate Thirsk gisteraand uit Durban gesê. Goue aand Die WP kwartet bestaande uit Ingrid Theunissen, Sarah Poewe, Renate du Plessis en Natalie du Toithet 'n goue aand vir die Kaapse span met 'n goue medalje in die 4x100 wisselslag-aflos in 'n haastige 4:21.10 afgesluit, nadat die tuisspan gedisikwalifiseer is. Du Plessis het Saterdag haar groot droom verwesenlik toe sy in die 100 vlinderslag vir die Statebond Spele gekwalifiseer het. Sy het met 'n wentyd van 1:07.71 haar eie SA en Afrika rekord verpletter.


Ses van Kaap haal span vir Spele in Kuala Lumpur

Brendon Dedekind

KAAPSTAD. Ses swemmers van die Westelike Provinsie is gisteraand ná afloop van die Nasionale gala in Durban in die voorlopige uitsoekgroep vir die Statebond Spele opgeneem.

Renate du Plessis, wenner van twee vlinderslagtitels in Durban, Natalie du Toit, Shara Poewe en Simon Thirsk behoort almal in die finale span opgeneem te word wat aanstaande maand deur die Statebond Spelekomitee aangewys sal word. Die groep van 26 swemmers wat gisteraand aangewys is, sal op 30 April deur Swem Suid-Afrika aan die spelekomitee vir finale goedkeuring voorgelê word. Die verwagting is dat swem 17 verteenwoordigers by die spele in Kuala Lumpur sal hê. Raazik Naude en Zaida Jardine, albei van die WP, sal as ontwikkelingswemmers die reis na Maleisië meemaak. Hul plek in die span is verseker.

Du Toit het haar plek in die elite- groep verseker met blink vertonings in die 400 en 200 vlinderslag, terwyl Poewe haar stempel in die 100 en 200 borsslag afgedruk het.

Simon Thirsk het hom die afgelope week as SA se top rugslagswemmer gevestig en sal nie by die huis gelaat kanword nie.

Brendon Dedekind en Ryk Neethling Suid-Afrika se suksesvolste swemmers by die wêreldgala vroeër vanjaar in Perth , sal die landse aanslag in Maleisië teen die magtige Australiërs lei.

Neethling sal Suid-Afrika in Kuala Lumpurin die 200, 400 en 1500 vryslag, asook sy verrasingsnomer, die 400 wisselslag, vetrteenwoordig.

Dedekind is die groot hoop om goud in die 50 vryslag te wen, maar hy kan ook in die 100 borsslag verras.

Die Vrystater Denis Sirringhaus het gister in die afwesigheid van Neethling, wat reeds terug is in Amerika, die 1500 vryslag in 'n kwalifiserende tyd gewen. Passkatting misgis

Sy vorige assosiasie met die Duitse swemspan diskwalifiseer hom egter van deelname in Kuala Lumpur.

Chris Stewart het hom in die uitdunne van die 100 borsslag effens met sy passkatting misgis en die eindronde misgeloop dit het hom 'n plek in die uitsoekgroep gekos.

Die span is: Mans: Brett Peterson (Grens), Ryk Neethling (VS), Theo Verster (KZN), Terence Parkin (KZN), Herman Louw (Sentraal- Gauteng), Brendon Dedekind (KZN), Simon Thirsk (WP), Wayne Fleckser (Sentraal- Gauteng) Roland Schoeman (NTvl), Gustav Stander (VS), Raazik Nordien (WP). Vroue: Helena Muller (VS), Mandy Loots (Sen-Gaut), Natalie du Toit (WP), Kim van Selm (KZN), Julia Russel (KZN) Sarah Poewe (WP), Taryn Ternent (Sen-Gaut), Renate du Plessis (WP), Candice Nethercrott (Sen- Gaut), Tanya Naude (Sen-Gaut), Christine Cech (KZN), Charlene Wittstock (KZN), Zaida Jardine (WP).


WP sluit af met ryk oes medaljes

KAAPSTAD. Die Westelike Provinsie het sy suksesvolste nasionale gala in jare gisteraand in die King's Park swembad in Durban met 'n ryk medalje oes afgesluit. Renate du Plessis, Natalie du Toiten Amanda Clegg het in die 200 vlinderslag skoonskip gemaak vir die Kaapse span.

Die skitterende Du Plessis het haar eie Afrika rekord met 'n puik vertoning verbeter. Haar wentyd was 2:15.76 en dit was en net buite Alice Escreet se elfjaar oue nasionale rerkod van 2:15.38.

Die 14-jarige Du Toit het ook Du Plessis se vorige rekord oortref met haar uitstekende tweede plek. Sy het die silwermedalje verower in 'n tyd van 2:16.22.

Albei het die kwalifiserende vereiste vir die Statebond Spele behaal.

Clegg se derde plek in 2:17.95 is net stadiger as die kwalifiserende tyd vir Kuala Lumpur.

Om die Westelike Provinsie se krag in die nommerte onderstreep het Belinda Wood boonop 'n sewen de plek (2:21.k93) in die eindronde losgeswem. Die WP het in die 4x100 wisselslag-aflos vir mans silwer gewen in 'n haastige 3:53.30.

Simon Thirsk het egter misluk in sy poging om weer die nasionale rekord in die 100 rugslag te verbeter.

Die vroue-kwartet het in die 4x50 vryslagaflos 'n verdienstelike vyfde plek behaal.

Die Vrystaters Denis Sirringhaus en Gustav Stander het in die afwesigheid van hul wêreldklas spanmaat, Ryk Neethling wat weer terug is in Amerika albei vir die Statebond Spele gekwalifiseer in die 1500 vryslag.

Sirringhaus, wat egter nie vir Suid-Afrika in die Statebond Spele kandeelneem nie asgevolg van sy vorige verbintenis met Duitsland, het in 15:39.39 geseëvier.

Stander was tweede in 15:49.72, terwyl Alistair Douglas van die WP in die sewende plek klaargemaak het. Sy tyd was 16:39.68.

Die Natallers Theo Verster en Terrence Parkin het in die 200 wisselslag ook weereens vir die Spele gekwalifiseer.

Verster het oortuigend in 2:05.78 gewen met Parkin tweede in 2:07.72.

Die WP se Brendon Pienaar was sesde in 2:12.10, terwyl sy spanmaat Daniel Kiepfer die troosfinaal in 2:13.10 gewen het.

Charlene Wittstock (26.34), Helene Muller (26.44) en Christene Cech (26.57) het in die 50 vryslag almal vir die Spele in Maleisië gekwalifiseer.

Renate du Plessus (27.25) moes die keer met die sesde plek tevrede wees. Mandy Loots het in die 200 rugslag geseëvier in 22.66. Sanja du Plessis was die WP se besteswemmer met sesde plek in 2:23.43.

 


OP/WP Plaaslike nuus

Klein swemspan dalk gekies

PORT ELIZABETH. Die Oostelike Provinsie se swemspan wat van 1 tot 6 April in Durban aan die Suid-Afrikaanse gala deelneem, sal ná die tweede helfte van die provinsie se kampioenskapsgala aanstaande naweek aangekondig word.

Tensy puik vertonings eerskomende en aanstaande naweek gelewer word, gaan vanjaar se span baie klein wees.

Die belowende jong Kyle Main (PE Amateur en HS Grey) wat aan die 400 en 1500 sal deelneem, is die enigste OP swemmer wat tot dusver dié seisoen gekwalifiseer het.

Tracy Barber (PE Amateur) en Tracey Pretorius (PE Amateur en HS Collegiate), wat net-net nog nie daarin kon slaag om te kwalifiseer nie, sal byna verseker hul plek in die OP span be klink. Barber, wat die klub Koning Strand Colibri in Australië sal verteenwoordig by die wêreld se klubtoernooi vir menseredders, is nog nie seker of sy betyds terug sal wees vir die SA byeenkoms nie.

Die OP keurders sal ook ná aanstaande naweek se galas die groot OP span kies wat op 7 Februarie in die Newton Park swembad teen die Grens sal swem in die jaarlikse provinsiale gala.

Die keurders sal vier swemmers per nommer kies in die vol program vir senior mans en vroue, seuns en meisies o.12, o.14 en o.16.

Kwalifiserende tye wat hier opgestel word, sal ook in aanmerking geneem word vir die span aan die nasionale gala sal deelneem.


Vrystaatse Keevey haal OP span

PORT ELIZABETH. Samantha Keevey, die Vrystaatse swemmer wat nou Knysna verteenwoordig, is die enigste nuweling in die span van drie lede wat deur die Oostelike Provinsie se keurders gekies is vir die nasionale gala wat van 1 tot 6 April in Durban plaasvind.

Keevey het haar plek in die OP span beklink deur die afgelope naweek nuwe rekords op te tel in die 100 en 200 borsslag.

Sy was verlede jaar in Vrystaatse span. Die jong Kyle Main (400 en 1500) en Tracy Pretorius (800 vryslag) is soos verlede jaar weer in die senior span van die Oostelike Provinsie.

Albei is lede van die plaaslike swemklub.

John Lindsay is die spanbestuurder en Lorraine Deasy die chaperone.

Die afrigters is Mark Edge en Brian Elliot.

Tracey Barber (PE Amateur), wat ook gekwalifiseer het, is nie beskikbaar nie. Barber sal in Australië wees vir die Wêreldtoernooi vir menseredders.

Swemmers kan tot die einde van Februarie probeer om te kwalifiseer vir insluiting in die OP span.

Jennifer Wilson, die SA o.21-hokkiespeler, wat Vrydag na Durban verhuis om haar studies voort te sit, is een van vyf duikers wat die OP in Durban sal verteenwoordig.

Die ander is die Springbok Eddie Galpin, Marc Dreyer, Ian Norden en Claire Scott.

Almal is lede van die Neptune Duikklub.

Adrienne Wilson is afrigter/bestuurder.


Rekords

Renate du Plessis van die Bellville Aquarama Klub wat by die nasionale gala in Durban 'n goue medalje gewen het in die 100 m vlinderslag vir vroue in 1:07.71 en só haar eie SA en Afrika rekord verbeter het. Sy het ook die 200 m-vlinderslag gewen in 2:15.76, 'n tyd wat ook beter was as haar Afrika rekord. Albei prestasies was beter as die kwalifiserende vereiste vir die nommers om deel te neem aan die Statebondspele in Kuala Lumpur. Sy het ook saam met Ingrid Theunissen, Sarah Poewe en Natalie du Toit die goue medalje vir die WP gewen in die 4x100 m-wisselslagaflos.


WP Skole swem

Swem vir WP

Hierdie swemmers van die Hoërskool  Bellville , Ciska du Plessis, Gerta Calitz, Johan Killian, Gielie Oberholzer, Lee-Lanie Bothma en Merise Ehlers, is gekies vir die WP Ussasa swemspan. Hulle het aan die Suid-Afrikaanse kampioenskap in Durban deelgeneem.


 

Oostelike Provinsie se sierswemspan

PORT ELIZABETH. Bridey Lee Sharp en Katherine Smith is die nuwelinge in die Oostelike Provinsie se sierswemspan wat van 24-29 Maart in Durban aan die nasionale toernooi deelneem.

Die ander spanlede is Tracy Masters (k), Melanie Norden, Diane Smit en Lucille Bowman.

Moira Norden is die afrigter/bestuurder.

Almal is lede van die Port Elizabeth se vroue-swemklub.

 


Lifesaving - Lewensredding

Swem, Jannie, swem

Hierdie o.16 swemmers van die Tyger Aquaties en Bellville  Aquarium swemklub het die algehele titel van die beste span in hul ouderdomsgroep by die onlangse Suid-Afrikaanse Varswater Lewensreddingskampioenskap in Durban gewen. Voor is Line Griffiths (2 . goud en 2 silwer), Jenifer Swanepoel (I goud en 1 silwer) van Belville Aquarama en Louise Coetzee (I goudd van Tygerberg Aquatics. Agter staan Jadine Louw (5 goud, 5 silwer en 1 brons), Katherine Rabie (silwer), Marguerite Morkel (goud en 3 silwer) van Lellville Aquarama, Marzanne le Roux . (silwer) en Lize Daneel (goud en silwer) van Tygerberg Aqautics..


Matthew skitter

Matthew Bouman, wat Springbok kleure verwerf het in swem, waterpolo en lewensredding, het gister by Hobie Strand uitgeblink deur die Vodacom Oseane se ystermankompetisie te wen.

Natalkus kook op strand

PORT ELIZABETH. - Die sterk span van Natalkus was te goed vir Oos Kaapland in die Nasionale Junior Menseredders kampioenskapsbyeenkoms Saterdag by Koningstrand. 1. Natalkus 254; 2. Oos-Kaap 157; 3. Suid-Natal 105; 4. WP 97. Die byeenkoms eindig vandag met die eindstryde wat om 8 vm. begin.


T'bergers wys hul slag by red-gala

Medaljewenners van die Tygerberg Aquatics swemklub is (voor, van links) Ziane le Roux, Louise Coetzee, Jani Coetzee, Daniel Erasmus, Marzanne le Roux, Francois du Toit en Taryn Consani. Middel: Marissa Rossouw, Gerhard Visser, Jadine Louw en Lize Daneel. Agter: Shaun Brooking, Ruald Louw, Jaco Rossouw en Heinrich Putter.

TYGERBERGSE swemmers was van die grootste uitblinkers by vanjaar se Varswater Lewensredding-kampioenskapsgala wat einde verlede maand in Durban gehou is. Vyf jong swemmers van die Tygerberg het by die geleentheid bestaande SA rekords oortref. Hulle is Daniel Erasmus (seuns o.10, 50 m hindernis en 50 m popred ding) en Jadine Louw (meisies o.16, gekombineerde redding en 50 m popredding) van die Tygerberg Aquatics klub. Louw en Liné Griffiths, Marguerite Morkel en Jenifer Swanepoel van die Bellville Aquarama klub het die SA meisies o.16-wisselslag- aflosrekord verbeter. Ook die WP se meisies ope aflosspan, met Marissa Rossouw (Tygerberg Aquatics) in hul geledere, het die SA rekord in die nommer oortref.

Die WP se meisies o.16-swem mers was die toppresteerders in hul ouderdomsafdeling by vanjaar se kampioenskapsgala. Jadine Louw, Louise Coetzee, Lize Daneel, Marzanne le Roux (tygerberg Aquatics), Liné Griffiths, Marguerite Morkel, Katherine Rabie en Jenifer Swanepoel (Bellville Aquarama) was lede van die suksesvolle groep. Drie swemmers, almal lede van die Tygerberg Aquatics klub, is aangewys as die Victor en Victrix Ludorum in hul ouderdomsafdelings. Hulle is Daniel Erasmus (S.o.10) , Jadine Louw (M.o.16) en Jaco Rossouw (mans ope), almal van die Tygerberg Aquatics klub.

Jaco Rossouw, Jadine Louw van die Tygerberg Aquatics klub, Lize-Ahn Loubser, Marguerite Morkel, albei van Bellville Aquarama, en Shaun Booking van Tygerberg Aquatics, het die spanne gehaal wat aan proewe gaan deelneem vir die kies van 'n SA span.

More in this category: « 1997 Germiston 1999 Durban »

            NEW CONTENT

UA-55917683-1