1999 Durban

12 Maart 1999

       
  Men       Women    
 
Free            
50            
100            
200            
400            
800            
1500            

Back            
100            
200            

Breast            
100            
200            

Fly            
100            
200            

IM              
200            
400            

Free relay              
200            
400            
800            
             
 
Medley relay              
200            
400            

Diving              
1m            
3m            
         
 
Synchronised swimming       Figures      
Synchronised swimming       Duets  

Water Polo Currie Cup     Northern Transvaal        
               
Ellis Brown Trophy            

WP kies yslike span vir nasionale swemgala

KAAPSTAD. Die Westelike Provinsie het 'n yslike swemspan afgevaardig na aanstaande maand se nasionale gala in Durban, maar eintlik rus sy groot hoop op medaljes vierkant op die skouers van Sarah Poewe, Simon Thirsk en Renate du Plessis. . . as laasgenoemde weer haar ou self kan wees.
Maar eers rus daar 'n byna meer gedugte taak op Poewe en Thirsk albei is ingesluit in die Suid-Afrikaanse span wat 'n dag voor die nasionale gala begin, nog eers in Hongkong aan die Wêreld-kortbadgala deelneem.
Boonop sal dié twee, vlugvoos of te nie, in Durban vir die Pan Pasifiese gala in Augustus in Sydney en die Afrika Spele ('n paar weke later in Johannesburg) moet kwalifiseer. Deelname in Durban is 'n voorvereiste vir swemmers wat vir dié internasionale galas wil kwalifiseer.
Du Plessis, verlede jaar Suid-Afrika se top-vlinderslagswemmer, kan in Durban ook haar kleim vir 'n plek afsteek op 'n plek in die span wat aanstaande jaar Sydney se Olimpiese swembad op die proef wil stel.
Die WP sal vanjaar sonder sy kaptein van die afgelope twee jaar, Ingrid Theunissen, moet klaarkom. Theunissen, wat meen sy is nie behoorlik op dreef nie, het haar aan die WP span onttrek.
``Ek het besluit om eerder nie na Durban te gaan nie, omdat ek tans nie heeltemal op peil is nie. Dit sal nie regverdig wees om deel te neem as ek nie my beste kan lewer nie, veral omdat ek die afgelope twee jaar goed gevaar het,'' het Theunissen gesê.
Die 23-jarige Theunissen het verlede jaar 'n bronsmedalje in die 100 rugslag verower en was by dié geleentheid saam met Thirsk, Du Plessis en Poewe die WP se groot helde. Die WP het verlede jaar sy beste vertoning gelewer sedert die gloriedae van Marianne Kriel, Annette Cowley en Sedon Keyter by die 1992 gala in die einste King's Park swembad.
Die spanne is:
Mans: Jarryd Botha, Andrew Hogg, Philip Hough, Jonathan Hugo, Daniel Kiepfer, Kenton Kirkwood, Steven Loubser, Angus Macdonald, Jeremy Macdonald, Marius Momberg, Raazik Nordien, Tariq Nordien, Michael Paulus, Brendon Pienaar, Jaco Rossouw, Anthony Shuttleworth, Jean Smyth, Alain Tardin, Simon Thirsk, Christopher Twycross, Heinrich Ungerer, Alan van Gysen, James Wilcox, Brett Wood. Vroue: Romy Altman, Natalie du Toit, Ciska du Plessis, Renate du Plessis, Jadine Louw, Anouk Miedema, Kathleen Moore, Camille Palacio, Sarah Poewe, Shani Silove, Carien Strauss, Julie Thomson, Eloise van Gysen, Belinda Wood, Ziada Jardien. Bestuurder: Richard Nurse, Clara Aurik. Chaperone: Kay Bales.


Penny sal Japanse sterre fyn dophou


HONGKONG. Japan is die nuwe gevaar. Só het die Suid-Afrikaanse swemmer Penny Heyns, dubbele Olimpiese kampioen in die borsslag, hier gewaarsku ná haar deelname aan die Wêreld-kortbadgala.
Heyns, wenner van die goue medaljes in die 100 en 200 borsslag in 1996 in Atlanta, is hier in die tweede plek gedwing deur die nuwe Japanse ster Masami Tanaka.
Tanaka het skoonskip gemaak in die borsslag. Sy het goud in die 50, 100 en 200 verower voordat sy die Japanse span gehelp het om ook die 4x100 wisselslag-aflos te wen.
Die Japanner se tyd in die 200 borsslag is ook die beste vanjaar ter wêreld. Japan se oes van ses goue medaljes het hom boonop tweede in die medalje-wedloop geplaas.
``Ek was al voorheen by byeenkomste waar ek gesien het hoe hul afrigters video-opnames maak van swemmers om meer inligting oor hul tegniek en oefenmetodes te bekom,'' het Heyns vertel.
``Ek is seker hulle het na 'n swemmer soos ek gekyk en daarvan geleer. Jy moet hulle krediet gee, want hulle het hul huiswerk gedoen en dit is besig om resultate te lewer,'' het Heyns bygevoeg.
Net aanvaar kan word
Heyns het gesê dit is nog te vroeg om van Japan as 'n swemkrag te praat en dat hul swemmers eers in die langbad hul staal sal moet toon.
``Hulle was altyd daar om die eindrondes te haal by Wêreldgalas en die Olimpiese Spele, maar kon nie konstant mik na medaljes nie,'' was die Suid-Afrikaanse ster se mening.
Heyns waarsku dat daar ook nie net aanvaar kan word dat die Japanners nie goed in die langbad gaan vertoon nie.
``Ek sal hulle beslis in die toekoms dophou,'' het Heyns gesê.
Die Suid-Afrikaner het Tanaka geprys nadat sy deur haar in drie eindrondes verslaan is. ``Haar peil was fantasties en dit was háár byeenkoms wat die borsslag betref. Sy het baie potensiaal,'' het Heyns gesê.
Tanaka was nie die enigste ster onder die Japanse vroue nie. Mai Nakamura het in die rugslagnommers uitgeblink met goud in die 100 en 200 en silwer in die 50 meter. (Sapa-AFP)


Top-swemmers slaags


KAAPSTAD. Suid-Afrika se top-swemmers nog uitasem ná twee agtereenvolgende weke van wêreldklas swem op twee kontinente neem van vandag in Durban deel aan Telkom se nasionale kampioenskapsgala.
Dit beloof om een van die opwindendste galas in baie jare op plaaslike bodem te wees.
Penny Heyns en die room van Suid-Afrika se swemmers het net betyds in Durban aangekom nadat hulle die naweek in Hongkong by die wêreldkortbadgala in aksie was.
Benewens die aanpassing van 'n 25 meter swembad na 'n standaard 50 meter bad, moet die swemmers ook by die nuwe tydsone aanpas.
Suid-Afrika se voorste drie manswemmers, Ryk Neethling, Brendon Dedekind en Roland Schoeman, het hulle aan die Hongkong gala onttrek omdat hulle net tien dae gelede hul spanne by Amerika se Universiteite gala moes verteenwoordig.
Die verkorte program het 'n paar vinger-lek vooruitsigte vir die eerste dag.
Neethling verdedig vandag sy nasionale titel. Herman Louw en Nicholas Volker is sy vernaamste teenstanders.
Die stryd tussen Heyns en haar kroonprinses, Sarah Poewe, wat die afgelope ses dae in Hongkong afgespeel het, word in die 100 borsslag voortgesit.
Vuurwerke word ook in die 200 vlinderslag vir vroue verwag met Amanda Loots van Sentraal-Gauteng wat 'n reuse aanslag van die twee Kapenaars Renate du Plessis en Natalie du Toit kan verwag.
Loots behoort nog stokflou te wees ná aar ekskursie in Hongkong, terwyl die jong Turke van die Kaap na Sydney en die Pan Pasifiese Spele mik.
Theo Verster behoort sy titel in die 200 vlinderslag met gemak te behou, vlugvoos of te nie. Die WP spog met drie swemmers wat in dié nommer onder die top tien gekeur is met die 16-jarige Alan van Gysen (5de) wat saam met Raazik Nordien (agste) en Brett Wood (10de) sake om 'n plek op die podium sal uitspook.
Nordien het met 'n blink vertoning in Hongkong gewys sy aansien nog 'n yslike hupstoot gegee.
Charlene Wittstock en Simon Thirsk, gunstelinge in die 100 rugslag is in dieselfde bootjie as hul spanmaats by die wêreldkortbadgala, maar op hul kwalifiserende tye geoordeel behoort hulle steeds strate beter as hul teenstanders te vaar.
Nordien se ouboet Taariq (7de gekeur) sal saam met die Kampsbaaier Thirsk, die WP se vaandel dra.
Anthony Shuttleworth van die WP is vierde gekeur in die 100 borsslag waar Brett Petersen, Chris Stewart en Terence Parkin waarskynlik die pas sal aangee.
Maar al die hoogtepunte waarna op die eerste dag uitgesien kan word ten spyte, wag byna net soveel lekkerte op die tweede dag met Du Plessis, Loots en die ewe vaardige Julia Russell in die 100 vlinderslag.
Maar dit is die 100 vlinderslag vir mans wat die polsslag van meer as die swemmers gaan opjaag met die briljante Brendon Dedekind en Roland Schoeman wat mekaar aandurf.
 


7 April 1999

Thirsk laat rekord spat


DURBAN. Simon Thirsk van die Westelike Provinsie het gister gesorg dat Telkom se nasionale swemgala op 'n hoogtepunt begin toe hy sy eie Suid-Afrikaanse en Afrika rekord in die 100 meter rugslag twee keer verbeter het.
Thirsk het gisteroggend in die uitdunne sy rekord van 57.03 sekondes tot 56.65 verbeter.
Gisteraand het hy in die halfeindronde die rekord tot 56.41 verbeter.
Greg Main-Baillie (WP), wat in die ander been van die halfeindronde geswem het, was tweede in 58.08.
Thirsk het verlede week aan die Wêreld-kortbadgala in Hongkong deelgeneem en tot die halfeindronde van die rugslag deurgedring.
``Ek is baie gelukkig met my tye. Ek het vanoggend gemakliker geswem as nou,'' het Thirsk gisteraand gesê.``Wie weet, met 'n dag se rus môre (vandag) kan ek weer probeer om my tyd verder te verbeter,'' het die student aan die Universiteit van Hawaii gesê.
Penny Heyns, die dubbele Olimpiese kampioen in die borsslag nommers, het haar voorbereiding vir vanaand se eindstryd in die 100 meter borsslag goed begin toe sy die uitdunne gisteroggend gemaklik met 1:09.32 gewen het. Sy het gisteraand die een been van die halfeindronde met 1:08.82 gewen.
Dit is 'n tyd wat nie baie ver van haar wêreldrekord van 1:07.02 is nie en een van haar beste tye sedert die Welwillendheidspele verlede jaar in Julie in New York is.
Die aand het goeie swem opgelewer toe nie minder as tien swemmers die kwalifiserende tyd vir die Pan Pasifiese byeenkoms oortref het nie. Dié tyd kan alleen lik in die eindstryde van die nommers geswem word.
Ryk Neethling van die Vrystaat het in die 200 meter vryslag net-net nie daarin geslaag om sy eie Suid-Afrikaanse en Afrika-rekord van 1:50.08 in die 200 meter vryslag te verbeter nie.
Neethling dié nommer in 1:50.61 gewen.
``Ek is 'n bietjie teleurgesteld, maar gaan alles insit om dit dalk in die aflos te verbeter. Ek is nog 'n bietjie moeg ná die NCAA-kampioenskappe,'' het die student aan die Arizona-universiteit gesê.
Neethling het by die NCAA-byeenkoms geskitter en het goue medaljes in die 200, 500 en 1 650 treë gewen.
Mandy Loots van Sentraal-Gauteng het haar eerste goue medalje by die byeenkoms ingepalm toe sy die 200 vlinderslag in 2:13.66 gewen het.
Sy het haar pas goed dopgehou in dié nommer en het die eerste 100 meter nie voluit geswem nie. Renate du Plessis van die Westelike Provinsie het vinniger geswem oor die eeste 100 meter en Loots het die krane oopgedraai oor die laaste 100 meter en het gemaklik in 2:13.66 gewen.


8 April

Petersen swem Afrika rekord

DURBAN. Brett Petersen van die Grens het gister hier by Telkom se Suid-Afrikaanse swemkampioenskapsgala sy eie Afrika rekord verbeter in die eindronde van die 100 meter-borsslag.
Penny Heyns het haar nasionale titel in die 100 borsslag herwin in 'n kragmeting waarin Kaapstad se tienersensasie Sarah Poewe die verdedigende kampioen, Julia Russell, se kollig gesteel het.
Petersen, die verdedigende kampioen, het getoon hy is steeds die koning van dié borsslag-nommer. Hy het só bespiegelinge dat Chris Stewart van Sentraal-Gauteng hom dalk kan onttroon, uit die weg geruim.
Dié student aan die Florida State University het in 1:02.45 gewen en met meer as drie-tiendes van 'n sekondes op sy vorige beste tyd verbeter.
Stewart, 'n voormalige Suid-Afrikaanse rekordhouer in dié nommer, het 1:03.74 aangeteken. Greg Owen van Sentraal-Gauteng het in 1:04.00 klaargemaak en die dowe Durbaniet Terence Parkin, die kampioen in die 200, was vierde in 1:04.51.
Heyns, wat verlede jaar se byeenkoms misgeloop het, het 'n vinnige 1:08.01 aangeteken byna 'n sekonde stadiger as die 1:07.02 wat sy in 1996 by die Olimpiese Spele behaal het.
Die sestienjarige Poewe, wat verlede jaar ná Russell met die silwer tevrede moes wees, het die sielkundige grens van 1:10 oorgesteek en in 1:09.91 geëindig. Russell, van KwaZulu-Natal, se tyd was 1:11.30. Al drie het gekwalifiseer vir die Pan Pasifiese Spele in Augustus. (Sapa)

 


Heyns skitter, Neethling steel kollig


KAAPSTAD. Dié rekord wil Penny Heyns eintlik vir aanstaande jaar se Olimpiese Spele in Sydney bêre, maar dit was so hittete of Suid-Afrika se goue meisie het gisteraand in Durban by Telkom se nasionale gala met 'n rekord in die 200 meter borsslag 'n speek in haar eie langtermynplanne gesteek.
Ryk Neethling, nog 'n swemmer met Olimpiese aspirasies, het ondanks Heyns se sterstatus, die kollig gesteel met 'n skitterende vertoning in die 100 vryslag.
Die Vrystater, wat meer bekend is vir sy vertoning in die 1 500 vryslag, het gewys daar skort ook nie veel met sy spoed nie. Hy het oor die laaste 50 meter 'n agterstand van 'n hele liggaamslengte uitgewis om in 50.13 sekondes ('n nuwe Afrika en SA rekord) te seëvier. Hy het ook die 400 vryslag in 3:53.97 gewen.
Heyns kon nie nog 'n wêreldrekord by haar poging in 1996 in die 100 borsslag in die einste King's Parkse swembad voeg nie.
Sy het eergisteraand in die 100 borsslag gewen met 'n fenomenale 1:08.01 haar vinnigste tyd sedert sy drie jaar gelede goud in 'n wêreldrekordtyd by die Olimpiese Spele in Atlanta gewen het.
Gister was sy weer op haar vernietigende beste die keer in die 200 m borsslag.
Haar wentyd van 2:25.84 in die eindronde is óók haar vinnigste sedert Atlanta.
``My vertoning het darem gewys dat ek op die regte pad is met my voorbereiding vir Sydney aanstaande jaar,'' het sy gesê. (Erika Potgieter)


Dedekind swem blitstyd

KAAPSTAD. Brendon Dedekind het hom eergisteraand by Telkom se nasionale gala in Durban as een van die vinnigste swemmers in die wêreld gevestig met 'n skittersege in 22.22 in die 50 vryslag.
Die 23-jarige KwaZulu-Nataller, wat reeds met 'n silwermedalje by die Statebond Spele spog in sy gunsteling-nommer, het met sy vertoning in Durban gewys dat hy aanstaande jaar by die Olimpiese Spele in Sydney 'n werklike bedreiging vir die Russiese Tsar Alex Popov en sy Aussie oefenmaat Michael Klim inhou.
Dedekind het die Afrika rekord van 22.25 verbeter en ook klaargespeel met Peter Williams se SA rekord van 22.50. Williams, wat in 1988 kort voor die Olimpiese Spele in Seoel die wêreldrekord in die 50 vryslag met 'n tyd van 22.18 opgestel het, se rekord is destyds weens Suid-Afrika se isolasie nooit as sulks erken nie.
Williams is egter die eerste om te erken dat die super-talentvolle Dedekind, deesdae 'n student aan die Universiteit van Florida, oor al die skietgoed beskik om een van wêreldswem se heel grotes te word.
``Hy is een van daardie swemmers wat vertroetel moet word om die beste uit hom te bring, maar hy het alles. Hy gaan dit nog baie ver bring,'' het Williams nog voor die nasionale gala voorspel.
``Nadat Ryk (Neethling) my in die 100 vryslag geklop het, het ek geweet ek sal met iets baie spesiaals in die 50 vorendag moet kom,'' het Dedekind geskerts.
Maar hoewel dit aan motviering niks geskort het nie, het Dedekind erken dat hy maar effens tam gevoel het ná die NCAA (die prestigeryke Amerikaanse gala 'n dag of tien gelede in Indianapolis), gevolg deur 'n strawwe reeks toetse terug by sy universiteit in Florida.
``Ek was effens verras met my tyd hier, maar ek is verheug. Lyk darem of ek op koers is met my voorbereiding vir die Olimpiese Spele.''
Neethling, een van die groot uitblinkers die afgelope week in Durban, het sy drie titels in Amerika by die NCAA gala met 'n vierkuns in Suid-Afrika opgevolg toe hy eergisteraand die 1 500 vryslag in tweede rat in 15:40.34 gewen het.
Die span wat Suid-Afrika by die Pan Pasifiese Spele gaan verteenwoordig, is ná afloop van die nasionale gala aangekondig. Ses swemmers van die Westelike Provinsie is in die uitsoekgroep opgeneem.
Die span is: VROUE: Christine Cech, Candice Crafford, Renate du Plessis, Natalie du Toit, Penny Heyns, Ziada Jardine, Mandy Loots, Tanya Naude, Candice Netheroott, Sarah Poewe, Julia Russell, Kirsten van Heerden, Kim van Selm, Charlene Whittstock, Stacey Bowley. MANS: Brendon Dedekind, Nicholas Folker, Martin Fredericks, Ryan Kelly, Herman Louw, Ryk Neethling, Raazik Nordien, Greg Owen, Terence Parkin, Brett Petersen, Chris Stewart, Theo Verster, Simon Thirsk, Grek Main-Baillie.


12 April

Swemmers lui stilweg 'n nuwe era in vir SA

KAAPSTAD. Die Aussies, meesters van grootspraak, hou daarvan om elke dan en wan 'n nuwe goue era in swem te voorspel soos met Michael Klim, Grant Hackett en Ian Thorpe wat swempuberteit bereik het maar so in die stilligheid, sonder die fanfare, lyk dit of Suid-Afrika ook besig is om 'n blink nuwe era in die swembad in te lui.
En dit lyk of al die positiewe opslae wat Penny Heyns, Brendon Dedekind en Ryk Neethling verlede week by die nasionale gala in Durban gemaak het, ook die Westelike Provinsies se swemmers meegesleur het.
Die WP het sy suksesvolste nasionale gala in jare afgesluit met vier individuele goue medaljes, 'n rits silwermedaljes en nog 'n paar bronsmedaljes én ses swemmers (Renate du Plessis, Natalie du Toit, Sarah Poewe, Ziada Jardine, Raazik Nordien en Simon Thirsk) is in die span wat later vanjaar aan die Pan Pasifiese Spele in Sydney gaan deelneem.
Die Kapenaars het ook in die aflosse meer as hul man gestaan met ses medaljes (silwer en brons vir die vroue in die 4x100 wisselslag aflos en 4x200 vryslag aflos en twee silwer- en twee bronsmedaljes vir die mans met Jeremy Macdonald, James Willcox en Kenton Kirkwood) wat 'n reuse-bydrae tot dié sukses gelewer het.
Thirsk het gewys sy krag sit nie in sy hare nie. Dié aspirant-chiropraktisyn aan die Universiteit van Hawaii het met kortgeknipte hare sy titels in die 100 en 200 rugslag met sukses verdedig.
Twee keer verpletter
Thirsk het doodmoeg in Durban aangekom ná sy deelname aan die Wêreld-kortbadgala in Hongkong, maar hy het nietemin die SA en Afrika rekord in die 100 rugslag twee keer verpletter voor sy stoom eindelik in die eindronde van die 200 m rugslag opgeraak het.
``Ek is baie tevrede met my vertoning in Durban, net effens teleurgesteld dat ek nie in die 200 die rekord kon verbeter nie . . . maar teen daardie tyd het die vlugvoosheid my ingehaal,'' het Thirsk, wat weer na Hawaii vertrek het, gesê.
Du Plessis en Du Toit het albei 'n kans gekry om 'n hoogs gemotiveerde Mandy Loots te troef. Du Plessis, toegegooi onder die skoolwerk in haar matriekjaar, het haar tweestryd met Loots in die 100 vlinderslag gewen en op die koop toe haar eie SA rekord tot 1:01.43 laat krimp. Loots, medalje-gewys die suksesvolste vroue-swemmer by die gala, was tweede in 1:01.52.
Du Plessis was ook derde in die 200 vlinderslag en vierde in die 50 vryslag in haar beste tyd nog van 26.96.
Du Toit, die vreeslose 15-jarige skoolmeisie van Wynberg Girls High, het haar groeiende aansien 'n hupstoot gegee toe sy die einste Loots in 'n naelkou-stryd in die 400 wisselslag om die goud geklop het. Du Toit was ook tweede in die 200 vlingerslag in 2:15.02 Loots het hier en in die 200 wisselslag die bordjies verhang.
Poewe het weliswaar net twee silwermedaljes gewen, maar dié 16-jarige skoolmeisie aan die Deutsche Schule het die ondankbare taak gehad om Heyns in die borsslagnommers te tem. Poewe het nietemin met wêreldklasvertonings in die 100 borsslag (1:09.91) en 2:28.64 in die 200 borsslag haar opmars na 'n plek onder die wêreld-elite begin.
Poewe se vertoning in die 200 borsslag is op sewe na die vinnigste vanjaar in die wêreld, terwyl net twaalf swemmers vanjaar beter gevaar het in die 100 borsslag.
Romy Altman, ook net 'n brose 15, het goed gevaar in die 200 rugslag en die 100 rugslag.
Daniel Kiepfer het 'n goeie derde plek in 2:21.28 in die borsslag behaal. Hy was ook vierde in die 200 wisselslag.
Imponerendste gesig
Wilcox, Wood en Marius Momberg het ook in die 400 vryslag die WP se vaandel hoog gehou.
Maar die imponerendste gesig was waarskynlik die drie blou WP swempette op die wegspringblokke vir die 200 vlinderslag. Alan van Gysen (2:09. 42), Brett Wood (2:09.70) en Raazik Noordien (2:10.02) het uiteindelik vyfde, sesde en sewende klaargemaak, maar die langejare oorheersing van KwaZulu-Natal en Sentraal-Gauteng is geknak.

 


Aquarama swemmer (17) wen medaljes in Durban

VIR Renate du Plessis, die talentvolle 17-jarige swemmer van die Bellville Aquarama klub, het die afgelope SA senior swemkampioenskapsgala in Durban se Kingspark swembad medalje- én rekordsukses ingehou.
Renate, die enigste vroulike lid van die WP span wat 'n goue medalje kon verower, het haar prestasie te danke aan 'n oorwinning in die  100 m-vlinderslag wat sy in 'n skittertyd van 1:01.43 afgelê het en daarmee haar eie SA en Afrika rekord in dié nommer verbeter het.
Renate het ook sukses behaal in die 200 m-vlinderslag waarin sy die bronsmedalje ingeoes het in 2:15.37. In die 50 m-vryslag, waarin sy vierde geëindig het, het sy haar beste tyd nóg (26.96 sek.) behaal.
Sy het ook gekwalifiseer vir die finaal van die 100 m-vryslag, maar het haar aan dié nommer onttrek omdat dit kort voor die 100 m-vlinderslag-finaal afgehandel is.
Renate is opgeneem in die SA span wat in September na Australië reis om deel te neem aan die Pan Pasifiese Spele in Sydney. Sy word vir die afgelope 11 jaar reeds deur Heinz Dittrich afgerig.
James Willcox van Tygerberg Aquatics het uitgeblink in die 400 m-vryslag vir mans waarin hy die tweede plek behaal het. 'n Tyd van 4:03.69 het aan hom die silwermedalje besorg. In die 200 m-vryslag het hy vyfde geëindig in 1:54.81.

 


 


Medals for
UH swimmers

Simon Thirsk takes gold and
Nicholas Folker bronze at the
University Games

Star-Bulletin staff
Tapa

PALMA DE MALLORCA, Balearic Islands -- South Africa's depleted team gained its first two medals, thanks to two swimmers from the University of Hawaii at the University Games yesterday.

Simon Thirsk draped himself in South Africa's colorful flag after winning the 100 backstroke in 55.97, and Nicholas Folker was third in the 100 freestyle.

 

art
Several South Africans in swimming, tennis, fencing and volleyball, as well as the country's entire soccer team, withdrew on the eve of competition because of financial reasons. South African team chief Malumbetle Ralethe said Thirsk paid $1,500 out of his own pocket to come to Mallorca.

"This is a great win for Hawaii," UH swim coach Sam Freas said in a press release. "It's the first time the university has had individual winners in the University Games. We can be proud to share the award between the university and their country."

Thirsk also will compete in the 200-meter backstroke final tomorrow and Folker will swim in the 50-meter freestyle on Friday.

Thirsk and Folker, also will compete in the Pan Pacific Games next month.

 


http://archives.starbulletin.com/1999/07/07/sports/story3.html

More in this category: « 1998 Durban 1994 Durban »

            NEW CONTENT

UA-55917683-1