Eunice GHS - Bloemfontein

Springbokke Jeanine Steenkamp (1984, 1986, 1987, 1992), Amanda Markgraaff (1986), Lezelle Markgraaff (1986, 1987) en Alice Escreet (1987). Hierdie vier meisies het in die goue jare van Eunice-swem saam 30 Suid-Afrikaanse senior titels en 'n handvol aflostitels ingepalm. Hul afrigter was Santa van Jaarsveld.


Eunice se swemsaamtrek een van hoogtepunte

Deur Frikkie van Rensburg, wat bykans 30 jaar verslag oor swem vir Die Volksblad gedoen het en wat nou betrokke was in die Hoër Meisieskool Eunice se goue era in die jare sewentig en tagtig van die vorige eeu.


DIE Hoër Meisieskool Eunice in Bloemfontein vier vanjaar sy 125ste bestaansjaar én een van die hoogtepunte is die swemsaamtrek op 3 Februarie.
 As deel van Eunice se 125ste verjaardagvieringe gaan swem op 3 Februarie sy sterre van die verlede vereer. Op dié dag sal die skool se jaarlikse swemgala plaasvind, sal daar ook 'n waterpolowedstryd wees en die duikers sal ook hul kans kry om te wys waartoe hulle in staat is.
 Mnr. Gideon Sam, president van Swem Suid-Afrika, sal die feesvieringe op 3 Februarie bywoon. Al Eunice se Springbok-swemmers, -waterpolospelers en nasionale afrigters sal die feestelikheid bywoon.
 Dié bekende Bloemfonteinse meisieskool het in dié tyd oor 'n breë front skitterende prestasies gelewer, en veral op swemgebied het Eunice deur die jare heelparty bekendes in Suid-Afrikaanse swem opgelewer.
 Hier dink 'n mens vinnig aan meisies soos Jill Beyers (1963), Martie Pepler (1978 en 1979), Jeanine Steenkamp (1984, 1986, 1987, 1992), Amanda Markgraaff (1986), Lezelle Markgraaff (1986, 1987) en Alice Escreet (1987), wat almal swem-Springbokke was.
 In die waterpolobad het Desireé Dickinson (1996) en Jeanine Steenkamp (1997) hul Springbokkleure verwerf, terwyl Santa van Jaarsveld (1980 swem) en Nona Keet (1998 duik) nasionale afrigters was.
 As 'n mens die twee topswemmers van Eunice moet uitsonder, kan dit Jeanine Steenkamp en Lezelle Markgraaff wees. Jeanine Steenkamp kan met haar 14 Suid-Afrikaanse swemtitels en streep SA senior rekords die gesogte topplek ``verwerf'', met Lezelle Markgraaff met haar vyf SA senior titels in die tweede plek.
 Jeanine Steenkamp het ook uitgeblink in hokkie, waterpolo, twee- en driekamp. Sy was die eerste, en tot dusver die enigste, SA swemmer wat op die nasionale senior kampioenskap (1987) die vryslagtitels van 100 tot 800 ingepalm het. Sy het die volgende 14 SA senior swemtitels in ses verskillende nommers in haar loopbaan gewen: 100-vryslag (1986: 59.44; 1987: 59.03); 200-vry slag (1987: 2:04.25); 400-vryslag (1986: 4:20.49; 1987: 4:17.31; 1992: 4:19.64); 800-vryslag (1984: 9:07.63; 1985: 9:04.50; 1987: 8:49.94 - SA rekord; 1992: 8:48.41 - SA rekord); 200-vlinderslag (1990: 2:21.93; 1992: 2:18.06); 400-wisselslag (1990: 5:08.56; 1992: 4:56.38 - SA rekord).
 Sy het in 'n stadium die SA senior rekords in die 400- (4:17.28), 800-vryslag (8:48.41) en die 400-wisselslag (4:56.38) gehou. Haar SA rekord van 4:17.28 in die 400-vryslag, wat sy op 18 Desember 1985 in Port Elizabeth opgestel het, staan steeds en is die oudste bestaande SA senior rekord onder die mans en die vroue!
 Jeanine Steenkamp het in 1987 en wéér in 1992 elke keer vier SA senior titels ingepalm, terwyl Lezelle Markgraaff dié prestasie in 1988 vermag het.
 Jeanine Steenkamp is 'n driedubbele Springbok, want sy het ook in waterpolo en tweekamp haar land verteenwoordig.
 Eunice se swem het gereeld sy stem op die jaarlikse Vrystaatse tussenskoolse galas vir laer- en hoërskole dik gemaak, maar die goue tydperk was ongetwyfeld in die jare tagtig van die vorige eeu.
 Tot watter mate Eunice se swemmers in die jare tagtig in 'n stadium die Suid-Afrikaanse swemtoneel oorheers het, die volgende statistieke:
 In 1986 en 1987 het Jeanine Steenkamp, Amanda en Lezelle Markgraaff, saam met Alice Escreet Suid-Afrikaanse swemtitels ingepalm asof dit uit die mode raak.
 'n Swemmer soos Kerryn Matthews, tweeling-suster van Bronwyn, het moontlik nie 'n SA titel in dié tyd ingeoes nie, maar sy het daarvoor gesorg dat sy met plekke in die eindstryde 'n hele klompie punte ingesamel om die Vrystaat in daardie jare die voorste vroueprovinsie in Suid-Afrikaanse swem te maak.
 Sedertdien kon die Vrystaat nog nie weer dieselfde hoogtes bereik nie.
 En dit was ook geen ongewone gesig om in daardie jare drie Eunice-swemmers ná 'n eindstryd op die wennerspodium in die eerste, tweede en derde plek op die SA senior swemkampioenskap te sien staan nie.
 In 1986 het Jeanine Steenkamp (59.44 sek.) en Amanda Markgraaff (59.69) eerste en tweede in die 100-vryslag geëindig.
 In dieselfde jaar was Amanda Markgraaff (2:05.18), Lezelle Markgraaff (2:05.57) en Jeanine Steenkamp (2:06.08) onderskeidelik eerste, tweede en derde in die 200-vry slag en in 1987 was Jeanine eerste in 2:04.25, met Lezelle toe derde in 2:06.03. Lezelle was in 1988 (2:06.15) en 1990 (2:07.72) die SA 200-vryslagkampioen.
 Net só het Eunice-swemmers in die 400-vryslag sake in dié tyd oorheers. In 1985 was Amanda Markgraaff (4:24.34) die SA kampioen, Jeanine Steenkamp (4:24.64) was tweede, met Lezelle Markgraaff vyfde in 4:32.61. In 1986 was Jeanine die SA kampioen in 4:20.49, gevolg deur Lezelle (4:21.34) en Amanda Markgraaff (4:25.15) onderskeidelik tweede en derde. Alice Escreet was in dié nommer sesde en Kerryn Matthews sewende! Vyf van die tien finaliste in dié nommer was dus Eunice-swemmers!
 In 1987 het Jeanine weer die SA titel gewen (4:17.31), met Lezelle Markgraaff tweede in 4:22.18, Kerryn Matthews vierde (4:25.97) en Amanda Markgraaff sesde (4:32.20). Lezelle Markgraaff het in 1989 die 400-vryslag (4:23.28) gewen en Kerryn Matthews was derde in 4:29.52. Amanda Markgraaff was toe vyfde in 4:32.83.
 Die 800-vryslag is in 1984, 1985 en 1986 heeltemal deur Eunice-swemmers oorheers: in 1984 was Jeanine Steenkamp eerste in 9:07.63 met Amanda Markgraaff tweede (9:08.31). In 1985, 1986 en 1987is die eerste drie plekke deur Eunice ingeneem: 1985 Jeanine Steenkamp (9:04.50), Amanda Markgraaff (9:12.36) en Lezelle Markgraaff (9:16.67); 1986: Amanda Markgraaff (8:54.83), Jeanine Steenkamp (8:56.25) en Lezelle Markgraaff (9:02.30), met Kerryn Matthews wat vyfde in 9:30.48 was.
 Die bonkige Alice Escreet, wat doer in die Noordelike Provinsie se Bosveld grootgeword het, het in 1986 en 1987 groot eer aan Eunice en Vrystaatse swem gebring. Sy het in daardie jare die vlinderslag- en wisselslag-toneel in SA swem oorheers. Sy was in dié jare die SA kampioen in die 100- en 200-vlinderslag, asook in die 200- en 400-wisselslag.
 In die wisselslag het Lezelle Markgraaff (400) en Jeanine Steenkamp (400) ook die SA titels ingepalm. Kerryn Matthews het haar ook in die wisselslag deeglik laat geld, soos haar bronsmedalje in die 400-wisselslag (1986) van getuig.
 Jill Beyers het in 1963 Eunice se eerste Springbok-swemmer geword toe sy haar kleure vir 'n internasionale byeenkoms teen Nederland verwerf het. Dit was egter nie weer voor die jare sewentig dat Eunice wéér 'n Springbok-swemmer opgelewer het nie: Martie Pepler.
 Wie sal ooit haar eerste deelname aan ``Currie Cup'' in 1977 in die Nuwelandse swembad in Kaapstad vergeet. Sy het as 12-jarige haar pad in die oggend se uitdunne tot in die eindstryd oopgeswem. Niemand het verwag Martie moes só presteer nie. Voor die skoot vir die eindstryd geklap het, het die ander meisies senuagtig rondgedraai en -getrap, maar die jonge Martie het daar gestaan geen teken van senuwees wat knaag nie.
 Moontlik was dit die kinderlike onskuld, wie weet? Maar toe die skoot klap, was dit duidelik dat hierdie jong Eunice-meisie ander planne het.
 Sy het derde in die 200-borsslag gekom en in die volgende jaar dié SA titel ingepalm. Sy het haar Springbok-kleure in 1978 en 1979 verwerf. Sy het ook drie keer in die 200-wisselslag die bronsmedalje op die SA senior gala ingeoes.
 In tweekamp het die Markgraaff-susters, Amanda en Lezelle, en Jeanine Steenkamp ook hul Springbokkleure verwerf. Amanda het in 1985 die wêreldkampioenskap in Switserland gewen en in 1986 die wêreldrekord van 2 547 punte in tweekamp behaal. Sy was ook tussen 1986 en 1989 Springbok-tweekampkaptein.
 Maar as dit nie deur die jare die onvermoeide ywer, harde werk én toewyding van afrigters soos Penny (Barlow) Prideaux, Melanie Pienaar, Leonie Schonegevel, Antoinette Brink, Santa van Jaarsveld, Jeanine en Colleen Steenkamp was nie sou Eunice se swemmers moontlik nie vir dié groot prestasies in die swembad kon sorg nie.



Eunice celebrates its 125th anniversary Aquatic gala, banquet part of celebrations

EUNICE SCHOOL in Bloemfontein will be celebrating its 125th anniversary this year.
 Eunice is the Greek for ``happy victory'' and the school's motto, Vincit qui se vincit, means ``she conquers who conquers herself''. At Eunice, education and the challenge of preparing oneself for a life of work and service is regarded a ``happy victory''.
 Swimming is the school's primary summer sport and receives much attention.
 According to Mrs Colleen Steenkamp, project co-ordinator, swimming has been a source of great achievements for Eunice during the past 50 years and all past pupils, parents and teachers share vivid memories of the Eunice, Grey College and inter high galas.
 It has been decided to celebrate the school's history by means of an aquatic gala.
 To honour and to pay tribute to all people who have played a part in the establishment of the school's proud record, aquatic events will be organised.
 Springbok and provincial swimmers and waterpolo players produced by the school will be honoured on Thursday, 3 February.
 All aquatic aspects will be honoured, the traditional march past, inter-house rivalry, two swimming galas, waterpolo, a diving display and competition and synchronised swimming displays.
 The primary school gala starts at 12:00. At 15:30, spectators will be treated to a magnificent diving display in which primary as well as high school pupils will take part. The diving is to be followed by a waterpolo match and a cocktail party. The evening is reserved for the high school gala.
 Plaques with the names of Springbok swimmers Jill Beyers, Martie Pepler, Jeanine Steenkamp, Amanda Markgraaff, Lezelle Markgraaff and Alice Escreet will be unveiled at the Eunice swimming-pool.
 Springbok waterpolo players Desireé Dickinson and Jeanine Steenkamp, Springbok swimming coach Santa van Jaarsveld and Springbok diving coach Nona Keet will also have plaques unveiled in their honour.
 The school's celebrations include a banquet in the Boet Troskie Hall on the campus of the Technikon Free State, the site of the old Eunice, a school birthday service, a former pupils' cocktail party and hockey, netball and tennis celebrations.


Lezelle se Olimpiese droom lê aan skerwe

Frikkie van Rensburg

BLOEMFONTEIN. Dis geen maklike tydjie wat die 22-jarige Lezelle
Markgraaff, dubbele Springbok van die Vrystaat, die afgelope paar
maande moes deurmaak nie.
Markgraaff en haar Matie-oefenmaat, die Springbok en gewese SA
kampioen, Petro Nortjé, was wel vir die Olimpiese span na Barcelona
gekies, maar is vandeesweek weens 'n besnoeiing van getalle
uitgelaat.
Lezelle, wat op haar dag een van die voorste tweekampers ter
wêreld was, het haar studies aan die Universiteit van Pretoria teen
die einde van 1991 gestaak om haar heeltyds aan haar swem te wy ''
om die span na die Spele te probeer haal''.
En om by haar afrigter van kindsbeen, mev. Santa van Jaarsveld,
op Stellenbosch te wees, het sy 'n klein, koue kamertjie in die
Eikestad gehuur. Wanneer die spaargeld van pa (mnr. Archie
Markgraaff) opgeraak het, het sy deeltyds in 'n restaurant teen
sowat R3 per uur gewerk vir 'n ekstratjie.
In haar kamertjie was darem 'n bed, 'n eenplaatstofie wat op
die grond gestaan het, 'n yskas van die jare toet, 'n waskom waarin
sy haar gesig kon was, en 'n stort!
''Maar ek het nie omgegee nie, want die eer om vir jou land by
die Olimpiese Spele te gaan deelneem, was alles. Daarvoor was ek
bereid om die gerief van my ouerhuis in Bloemfontein vir 'n eensame,
klein, koue vertrekkie op Stellenbosch te verruil en baie ontberinge
te verduur,'' sê die Springbok.
Dié beskeie meisie en oud-leerling van Eunice lê feitlik elke
dag van die week, behalwe Sondae, sowat 16 000m in die koue af.
''Gelukkig is die water in die Stadion-swembad in Bloemfontein,
asook dié waarin ek op Stellenbosch geoefen het, verhit''.
Markgraaff wat al dikwels as Springbok-tweekamper in die
buiteland opgetree het, vertrek vandag saam met tien ander
''ongelukkiges'' van Suid-Afrikaanse swem vir 'n geskiedkundige toer
na Hongarye waar hulle van 21 tot 26 Junie aan die Hongaarse
kampioenskap in Boedapest sal deelneem.
Hoewel die Olimpiese Spele nie vir dié elf swemmers beskore is
nie, sal hulle altyd onthou word as die span wat amptelik 'n einde
aan dekades se isolasie gemaak het.
''Volgens my oefentye kan ek in die 400 baie na-aan 4:15,00 kom
en in die 800-vryslag wil ek baie graag my beste tot ongeveer
8:40,00 verbeter,'' sê sy.
Maar dié groot oomblik in haar sportloopbaan, om op 25 Julie
saam met die SA span te marsjeer tydens die openingseremonie in die
Olimpiese stadion in Barcelona . . .
Dit is net 'n droom, wat met die aankondiging vandeesweek dat
sy by die huis moet bly, aan skerwe lê!
* Haar groot hartseer is gister verlig toe sy hoor dat die
Vrystaat se Vereniging van Sportskrywers skenk R2000 om haar
reiskoste van R8000 (R6000 reis- en R2000 verblyfkoste) na Boedapest
te help betaal.

More in this category: « 1938 Empire Games Ted Wearin »

            NEW CONTENT

Click on  to turn various layers on/off. Click on  to view larger map. Zoom into each coloured dot.